4 minute read
DOGTERTJIE SE 57c BOU KERK KOM
Ewe gedwee stap hy saam tot ons by die parkeerarea kom waar daar motors geparkeer was. Hy stop skielik, kyk skielik na my op ‘n manier wat my toe laat besef het dat die ou nou eers regtig besef ek is die polisie. Die volgende oomblik tref n vuishou my teen die kakebeen en ek val op die grond. Hel, maar toe was ek kwaad, want jy slaan nie aan my nie. Ek vlieg op, doen n kick boxing skop teen hom maar toe tref die tweede vuishou my teen die bors en ek slaan bollemakiesie oor ‘n kar se bonet. Ek vlieg daar op om hom te tackle maar voor jy kon mes sê is die hele gemeenskap in n sirkel om ons. Dit is toe dat ek sien die verdagte lê op die grond en ‘n klomp vrouens vloek en skop hom. Ek het geweet nou moet ek vinnig keer want o hemel ek kan nie toelaat dat hulle die ou so opneuk nie.
Ek storm op hulle af, probeer keer en gaan sit op die ou se rug met my een knie in sy nek en probeer hom onder beheer kry. Nou ja teen dié tyd het die hele taxi-staanplek ons omsingel. Die volgende oomblik klop iemand op my skouer en die ou sê vir
Advertisement
DOGTERTJIE SE 57c BOU KERK KOMPLEKS
“my mam, don’t worry, we will sort him out”. Ek keer en sê nee, asseblief wag net.
Ek bel gou die polisiestasie om iemand te stuur om hom te kom haal. Ek bel toe op my sel maar dis so n lawaai om my ek hoor niks aan die ander kant nie en ek skree net “send someone to help at the taxi rank”. Een van die honde manne kom help om die ou stasie toe te vat.
Hy het darem een jaar tronkstraf gekry Die volgende paar dae was ek blou, pers en groen op my bors en my kakebeen was geswel en blou.
Estelle Krause
Baie jare gelede in die stad Philadelphia in Amerika, was daar n dogtertjie wat voor n klein kerkie gestaan het, en sy het bitterlik gehuil. Sy wou so graag Sondagskool toe gaan maar sy is weggewys omdat daar geen plek meer was vir nog iemand nie.
Die pastoor van die gemeente het daar verby gestap, en gesien die ou dogtertjie staan so eenkant en huil. Op sy vraag wat fout was het sy gesnik: "Ek kan nie Sondagskool toe gaan nie want dit is te vol." Die pastoor het na haar verwaarloosde kleertjies gekyk en die toestand van die haartjies, en hy het geraai dat dit dalk een van die redes was dat hulle vir haar gesê het die Sondagskool is oorvol.
Hy het haar aan die hand geneem, en saam met haar die kerk ingestap en vir haar plek gekry waar sy kon sit. Die dogtertjie was so aangeraak oor wat daardie dag gebeur het, dat sy daardie aand nie kon slaap nie, sy het bly dink aan al die kinders wat nie kan Sondagskool toe gaan omdat daar nie vir hulle genoeg plek was in die Huis van Aanbidding nie.
Twee jaar later het die ouers die pastoor laat roep omdat hulle dogtertjie altyd van die pastoor gepraat het. Hulle dogtertjie het gesterf, en hulle het hom gevra
(Continued from page 23)
om asseblief die begrafnis waar te neem. Toe hulle haar liggaampie opgetel het, het hulle onder haar ‘n verflenterde beursie gekry, wat lyk soos iets wat van n vuilgoed hoop gered is. Binne in die beursie was n Sondagskoolofferhande-koevertjie met 57c daarin, en n handgeskrewe nota wat deur haar geskryf is wat sê: " Hierdie is n bydrae om die kerk groter te bou sodat meer kinders die Sondagskool kan bywoon" Dit het haar twee jaar geneem om die 57c bymekaar te maak. Dit was n liefdesoffer. Toe die pastoor die nota lees die dag met haar begrafnis, het trane oor sy wange gerol, hy het almal die verhaal van haar toewyding en liefde vertel. Hy het vir die kerkleiers gesê, hier is 57c, ‘n dogtertjie se totale besittings, en hy het hulle daardie dag uitgedaag om fondse in te samel sodat die kerk vergroot kon word, ter nagedagtenis aan n baie pligsgetroue dogtertjie. Maar die verhaal eindig nie daar nie. ‘n Koerant het van die dogtertjie se skenking van 57c gehoor, en haar verhaal in die Sondaguitgawe gedruk. Daardie Sondag toe lees ‘n eiedomsmagnaat van haar onselfsugtige daad en hy kontak die kerkleiers en offer hulle ‘n stuk grond wat duisende dollars werd is, sodat hulle daarop ‘n nuwe kerk kon bou. Die kerkleiers het die offer van die hand gewys want hulle was ‘n klein gemeente en het nie soveel geld gehad vir die stuk grond nie. Die grondmagnaat offer toe om die grond aan hulle te verkoop vir 57c.
Die gemeente het begin werk en fondse insamel en offergawes het van oral oor begin instroom. Binne vyf jaar het hierdie dogtertjie se 57c gegroei tot n bedrag van $250,000, ‘n baie, baie groot bedrag in die 1900s. ‘n Arm dogtertjie se 57c het gegroei en die gemeente het begin bou. As jy ooit in die stad Philadelphia kom, gaan soek Temple Baptist Church. Dit het sitplek vir 3 300 siele. Daar is ook Temple Universiteit waar honderde studente opgelei word, en ook die Good Samaritan Hospital was alles gebou uit ‘n arm, verwaarloosde dogtertjie se 57c.