5 minute read
AFSTERWE VAN AO PHILIPPA NEL
NG Gemeente Oudshoorn
Sy was nie net die “moeder” van die polisielede in Oudshoorn nie, maar sy was ook die “moeder” van die dorp. Sy het liefde in oorvloed van God af ontvang en sy het daardie liefde in oorvloed weer uitgedeel. Haar plekkie in die NG Moedergemeente op die dorp, is nou vir die eerste keer sedert 1964 leeg. Dieselfde plekkie daar agter in die hoekie van die kerk. Dit is hoe AO Philippa Nel onder haar kollegas, vriende en familie beskryf is nadat sy op 13 Julie dood is terwyl sy feitlik op pad was om in die hospitaal opgeneem te word met ernstige brongitis. Terwyl haar beste vriendin in die kamer besig was om vir haar ‘n tas te pak om te ry hospitaal toe, het tannie Fil, soos sy bekend gestaan het, in die badkamer inmekaar gesak. Volgens die dokter het sy aan ‘n massiewe hartaanval gesterf. In ‘n direkte uitsending (life stream) van haar gedenkdiens, het ds. Smuts van Rensburg,
Advertisement
(Continued from page 151)
gesê Filippa het reeds in 1991 ‘n brief geskryf waarin sy haar verhouding met Jesus beskryf het. Sy het ondermeer gesê: “Ek wil eerstens net sê dat die wonderlik is om aan die sy van Jesus te leef. Alles wat het en wat ek is, is net genade van Bo en alle kom Jesus toe want Hy is my hele hart. Ek weet dat ek eendag saam met sal wees.” Sy het nie hierdie brief op daardie dag in 1991 geskryf nie, maar sy het ook haar eie begrafnisbrief geskryf. Sy het dit begin deur te skryf: “Asseblief, groot asseblief, moet nie huil nie want ek is veilig by Jesus.” Sy het ook verskeie mense in die begrafnisbrief bedank. Eerstens aan haar moeder, tannie Anna bedank vir alles wat sy as moeder vir haar beteken en gedoen het (Filippa het haar ma versorg tot met die se dood ongeveer vyf jaar gelede. Haar ma sou op 26 Julie 98 gewees het.) Sy het ook haar twee susters en haar broer, al haar kollegas by die Suid-Afrikaanse Polisie op Oudshoorn, waar sy tot met haar vroeë aftrede weens mediese redes, bedank vir hul liefde en steun. Laastens het sy ook die volgende boodskap in die begrafnisbrief gehad vir ‘n vorige leraar van die gemeente. “Aan my ander pa en ma, ds. en mev. Louw, ‘n baie groot dankie vir alles, ek is lief vir al sy my kinders (die pastoriekinders). Ek het julle vooruit gegaan maar sal julle tog eendag weer sien.” Nie alleen het sy hierdie twee geskrifte lankal geskryf nie, sy het ook die twee skrifgedeeltes wat by haar begrafnis gebruik moet word, vooraf op papier neergepen. Johannes 14 en Psalm 42. Sy het ook die twee liedere wat tydens die diens gesing moet word, lankal duidelik gemaak. Ds. Van Rensburg het uit Johannes 14 in sy afskeidsboodskap gesê: “Julle moet nie ontsteld wees nie, glo in God glo ook in my want ek gaan julle vooruit na die huis van my Hemelse Vader om vir julle te plek voorberei in die ewige Huis van die Vader. As ek vir julle plek voorberei het, sal weer op die wolke terugkom om julle te kom haal.” Hy het gesê God het gekom en hy het vir Filippa kom haal. Die skielike dood, wat alles so vinnig gebeur het was ‘n skok, dit is te verstane dat almal daaroor ontsteld is. As ons egter luister na die voordele van Sy Hemelvaart, dan kry ons rus. Hy het weggegaan om ‘n voorspraak by God die Vader vir ons te wees. “Om iemand te groef vir wie jy lief is, is nie maklik nie, dit is seer, ons weet daar is lewe, ons kyk deur die muur van die herinneringe die toekoms in. Moet nie ontsteld wees nie, Filippa is ok!” Marlene van der Hoven het in haar huldeblyk gesê: “Ek wil nou vir die Here sê, Here hou my bymekaar. Ons was 42 jaar vriende. Flip was die reguitste mens wat ek geken het, sy was streng, maar net goddeloos stout ook. Sy het graag ander mense gehelp, sy het graag vir ander mense gegee. Met die onluste in die tagtiger jare moes ons polisiedames toebroodjies maak vir die manne wat die onluste beveg het, dan het ons ander vriendin, Una die toebroodjie so plat geslaan met haar hand. Dit kon Filippa nie aanskou nie sy het altyd gesê, “Una dit is brrrood daarrrrdie, mens doen dit nie met brrrood nie!.” Nog ‘n staaltjie uit haar lewe wat Marlene aangehaal het, is dat sy toe hulle nog almal saam
gewerk het, een van hulle kollegas, oom Vollie se toebroodjies gegaps en geëet het maar natuurlik die onskuld vanself was. Wanneer oom Vossie se dogter egter die dag stilletjies laat weet het daar is purgasie op die toebroodjies, dan het die toebroodjies nooit verdwyn nie, iets wat oom Vossie net eenvoudig nie kon verstaan nie. Filippa was nooit getroud nie, maar die dorp se kinders, was haar kinders. Almal was lief vir haar, aldus Marlene in ‘n selfoon -onderhoud na die gedenkdiens gesê. Sy kon die heerlikste beskuit bak en dan het sy begin bakkies beskuit uitdeel vir veral die oumensies in die dorp. “Sy was baie lief vir papegaaie en het self ‘n pragtige papegaai gehad met die naam van Mike. Maar na veertien jaar toe begin Mike skielik op ‘n dag eiers lê. Flip ongelooflik opgewonde. Sy het my gebel en uitbundige gelag en net gesê: ‘Mike het ‘n eier gelê, hy het ‘n eier gelê!’ Ons het so lekker gelag. Mike staan nou hier in my huis.” AO Nel het in 1976 by die polisie aangesluit. Sy is na haar opleiding in die polisiekollege in Pretoria na Oudshoorn verplaas waar sy ongeveer ses jaar gelede medies ongeskik met pensioen getree het. Sy was ‘n geesdriftige sportmens gewees, en het aan menige sport deelgeneem. Die een sport wat die groot liefde van haar lewe was, was ook die oorsaak van haar vervroegde aftrede. Sy vlugbal-suid gespeel maar ligament wat sy jare gelede met ander sportbedrywighede in haar linkervoet geskeur het, het ten spyte daarvan dat die ligament weer geheg is, ‘n infeksie in haar linkervoet veroorsaak waarmee sy lank geworstel het en wat uiteindelik die einde van haar polisieloopbaan veroorsaak het. Sy het haar lewe daaraan gewy om ons ma te versorg, het haar susters gesê. Sy het ook baie vir die bejaardes in die dorp gedoen. Sy het gereeld vir hulle lekkernye gebak. Sy was opsigter by ‘n klein woonstelblok op die dorp en haar lekkerste ding was om gereeld vir die oumensies in die woonstelle vleis te braai. Ds. Van Rensburg het ook gesê “nie alleen sal haar plek in die gemeenskap leeg wees nie, maar vir die eerste keer sedert 1964 is haar plekkie in die kerk ook leeg. Daardie plekkie waar die Nel families as kinders en Filippa en haar ma en later net Filippa gesit het, is ook nou leeg”.