2 minute read

KOL. BELINDA WATTERS NOG ‘N COVID

KOL. BELINDA WATTERS NOG ‘N COVID SLAGOFFER

Martinette Piek

Advertisement

Om 12:55 op Dinsdag 27 Julle lui my foon, en die naam Damian Watters verskyn op die skerm, ek het dadelik die gentle giant se gesiggie in my geestesoog. Damian is kol Belinda Watters se seun. Die jongman vra hoe dit met my gaan maar ek hoor dadelik daar is iets fout, hy klink nie lekker nie. Toe kom die skok en ongeloof toe die jongman met trane in sy stem seker heel moontlik die moeilikste boodskap ooit vir my begin gee. “Tannie ek bel tannie net om te sê my mamma is vanoggend oorlede en ek weet julle was close”. Ek het dadelik gedink aan die dag toe ek self my steunpilaar in die lewe vroeër vanjaar ook moes groet en aan die mooi boodskappie en die gereelde incheck van Belinda Watters. Belinda was vir meer as 10 jaar ‘n rugby vriendin wat altyd die seuns so passievol ondersteun het en so proud was op Damian. Dit is ook hier waar ons die stil sussie Jenna-leigh Watters leer ken het, langs haar ma het sy haar boetie kom support. Wat die mooiste was, was die suiwer liefde van ‘n seun vir sy ma, hy het altyd gevra “mamma het jy dit of dat gesien.” Vandag is ‘n moeilike daggie want in een dag verloor ek twee liewe mense. My hart is verpletterde - is ek kwaad oor die jaar 2021 wat soveel eina gebring het, soveel groot geeste wat ons verloor het Maar weet ek so seker as wat daar water in die oseane is, dat beide Belinda en Andre Moller op die beste plekkie is vanaand, al is daar soveel seer en sinkgate in plaas van harte in ‘n hele paar mensies se bors, wil ek jul graag net vertel dat beide larger than Life lewens veg gehad het. Beide is verlos van hul aardse reis - al was die reis nie altyd maklik nie was beide altyd gelukkig en het hul so baie mense se lewens aangeraak en verlig. Vanaand is moeilik en ek weet jul harte in stukkies maar weet ook dat jul vertroosting sal kry in die krag van die wonderlike support stelsel om julle. Ek weet jul weet nie hoe julle more gaan aanpak nie, maar weet dat julle nooit alleen is nie en dat Pappa Jesus julle styf vashou Amalia Moller baie sterkte vir jou en die kinders en klein kinders. Dink aan julle en baie liefde. Tot weersiens.

This article is from: