1 minute read
WAS DIE TUINSLANG GIFTIG? Esmarie van
Esmarie van Dyk
Snaaks hoe jy in jou jong dae altyd die idee gehad het dat mense wat in howe werk, veral die landdroste. baie slim is.
Advertisement
In my loopbaan in die polisie. werk ek toe by die speurtak en het ek n saak ondersoek waar n man homself in sy kar vergas het deur ‘n tuinslang te gebruik om dit te doen. Hy het die tuinslang in die uitlaatpyp gedruk en toe die ander punt in die motor. Hy het al die vensters toegemaak en die motor aangeskakel.
Die dossier gaan hof toe maar word teruggestuur met die navraag: “was die tuinslang giftig?”
Hierdie een sal ek nooit vergeet nie, dit was nogal in rooi geskryf!