1 minute read
KROONJUWELE: Marie Snyman
have a weapon to declare”. Almal wat naby hom in die ry gestaan het se aandag was onmiddellik op hom gevestig: “Where is the weapon sir?” het ek gevra.
Ek hoef julle nie te vertel van die lang rye tydens die eerste demokratiese verkiesing nie. Almal van ons wat daar was, weet dit by die stembusse gelyk het. Vuurwapens was verbode op die verkiesingsterreine, maar daar was 'n paar kiesers wat hul vuurwapens saamgebring het wat vir veilige bewaring by die polisie ingehandig moes word. Dan was daar ook die kiesers wat, wanneer hulle uiteindelik ná ure voor in die ry gekom het, nie hul identiteitsdokument gehad het nie. As die diensoffisier wat daar aan diens was, het ek probeer om voorkomend op te tree. Ek het langs die lang rye afgestap om seker te maak elke kieser het 'n identiteitsdokument by hulle. Ek het aan hulle die prosedure ten opsigte van die inhandiging van hul vuurwapens verduidelik. Ek het toe gevra indien daar enig iemand is wat ‘n vuurwapen by hulle het moet hulle dit asseblief inhandig. Daar het ‘n erg onversorgde jongman in 'n verslonsde T-hemp en 'n besondere kort jogger short my genader. Kliphard sê hy “I Almal het teen die tyd in spanning gestaan en wag vir die verslonsde man om sy vuurwapen aan my te oorhandig. “Here” sê hy en lig sy kroonjuwele tussen sy bene op dat dit byna uitval. Dit was my ‘n groot verleentheid vir my gewees en boonop het almal in die ry uitgebars van die lag. Ek het eers rustig ‘n paar tree weggestap met my hande agter my rug, maar toe draai ek stadig om, loop tot voor hom, kyk hom in die oë en se hard vir almal om te hoor. “Sir I am talking about a real firearm not a very small and dirty water pistol.” Die omstanders het gejuig en hande geklap. Ons vroue van die Suid-Afrikaanse Polisie is mos geleer om nie op ons te laat trap nie en ten alle tye met waardigheid uit die stryd te tree.
Advertisement