2 minute read

KOMIESE STAALTJIE UIT MY LOOPBAAN Marlene Olivier

Next Article
Nawoord

Nawoord

Marlene Olivier

Ek was deel van die tweede groep vrouens. Ons opleiding was van Februarie tot Julie 1973. Ons het in Rosehof gebly en ek was in peloton 17. Ek het na my opleiding op ‘n paar stasies gewerk, meestal in uniform gewerk en ek het altesaam 23 jaar ononderbroke diens gehad. My laaste diensjare was in die 1990’s by speurtak Worcester met ‘n uitmuntende takbevelvoerder, kol Willie Neethling, en net so ‘n goeie span onder hom. Persoonlik was dit vir my die beste en lekkerste jare. Ek wil graag ‘n komiese staaltjie deel wat gebeur het tydens my dienstyd op Worcester. As mens aan diens was die naweek, was die roetine gewoonlik dat jy op ‘n Sondagoggend voor jy op nuwe sake uitgaan, jou verdagtes wat Vrydag en Saterdag gearresteer was, uit selle gaan haal en aankla om die dossiere gereed te kry vir hof Maandag. Dié Sondagoggend sit hier ‘n regte ou plaaswerker voor my. Hy vertel sy storie, want hy wil ‘n verklaring maak. Die boer het al die werkers dorp toe geneem die Saterdagoggend. Hy en sy vrou en skoonpa was ook op die vragmotor. Kossies gekoop en voggies ook. Maar dit het al in die dorp begin goed gaan met die voggies. Met skoonpa meer as met hom. Nou, toe hulle by die huis kom sê sy vrou hy moet die “groceries” huistoe bring en sy is vort, maar hy sien dat skoonpa dit nie alleen gaan maak nie, toe help hy hom eers huis toe en het bietjie langer vertoef as wat hy seker moes. Toe hy by huis kom was die vrou toe moeilik en besig met haar mond en hy het kwaad geword omdat sy nie rede wil verstaan nie en toe klap hy haar. Polisie gekom en hy is gearresteer: Nou hier volg sy eie woorde waarmee hy afsluit, wat ek nooit sal vergeet nie: “Maar mevrou,

Advertisement

mevrou weet, my vrou is nie soos ander mans se vrouens nie, mevrou weet, ander mans se vrouens bring vir hulle mans koffie en brood na die land toe, mevrou weet, maar nie my vrou nie. En weet mevrou, as ek nou met my vrou wil gesels soos ‘n man met n vrou wil gesels, mevrou weet... dan is my vrou altyd moeg of sy is vaak of haar kop is seer!”

Ek wonder of daar iemand is wat nie sal weet waarvan die arme man praat nie. Die manne sal hom dalk sommer self vrygespreek en ontslaan het.

This article is from: