2 minute read

BRAAI OP MY VERJAARSDAG: Anel Geyser

Next Article
Nawoord

Nawoord

Anel Geyser

Toe ek in die kollege was besluit ons troep die dag met my verjaarsdag wat op 21 April is, ons gaan die Sondag ná my verjaarsdag wat op 29 April was, dat ons by my ouers gaan braai. Ons sit almal geld saam en gee die geld vir my ma sodat sy solank die vleis en koeldrank kan koop. Maar ons het nie almal vervoer nie. Ek besluit om ‘n munisipale bus te huur. Daar is mos darem baie plek in die bus en van die meisies nooi toe hul mansvriende saam. Ons het mos braaiers nodig. Om 10:30 die Sondag, laai die bus ons by die kerkhek op, want ons moes eers kerk toe gaan. My ouers het in Valhalla gewoon, so halfuur se ry van die kollege af.

Advertisement

Ons braai te lekker en kuier net so lekker. So lekker dat ons die een skietkunsinstrukteur, Eric Barry, in die gansdam laat swem. Hy het met Eileen Long uitgegaan en hulle is vroeg die volgende jaar getroud. My pa het nog hulle troufoto’s geneem.

Teen die einde van April word dit al bietjie vroeg donker en dit raak koud. Ons het die bus terug gereël vir 21:00. My ouers het 'n lekker dubbel motorhuis en ons besluit om die projektor op te stel en na ons foto’s te kyk wat ons in Frankryk geneem het tydens ons verblyf oorsee, ek was die kommentator. Ons kyk so lekker dat ons ons doodskrik toe die bus bestuurder op die toeter blaas. Ons oorreed hom om eers te kom koffie drink en nog foto’s te kyk. Toe ons weer sien is dit 21:30. Ons groet en bondel in die bus in.

Met die roete wat ons gekom het sou ons nooit betyds by die polisiekollege gewees het nie. Ek vra die bestuurder of ek hom 'n kortpad kan wys. Ons ry toe na die agterste hek van die kollege, aan Yskor se kant toe. Ons oorreed die wagte om vir ons oop te maak en die bus ry bo-oor die paradegrond. Ons

knyp net oë toe en maak ons so klein as moontlik. Jy loop nie eers oor die paradegrond nie, wat van nog met 'n bus daaroor ry. Hy laai ons voor Rosehof af. Gelukkig was ons op die grondvloer en ons pelotonleier, was saam met ons. Ons het dit nét betyds gemaak. Sers Myburg by die kliëntedienssentrum het ons net so gestaan en aanstaar sonder om ‘n woord te sê. Maandagoggend, tydens parade, het Kraai, ‘n instrukteur, nog ‘n opmerking gemaak oor die vermetelheid van die bus wat oor sy paradegrond gery het.

Ek is gespot oor die petalje tot ons uitpasseer het. Almal het vir Krieletjie geken. So einde Mei het 'n paar van ons weer gaan kuier maar het plan gemaak met privaat vervoer.

FOTO 16 Die dag toe ‘n hele peloton gaan braai het en te laat gekuier het.

MY MEES “EMBARASSING” OOMBLIK: BLAAI OM

Amanda Bredenkamp

This article is from: