5 minute read

MY KENNISMAKING MET MY EERSTE DOOIE DIEF: Esmarie van Dyk

Next Article
Nawoord

Nawoord

Esmarie van Dyk

Ek was drie maande uit die kollege uit.

Advertisement

Potblou, blou, gat en vuur en vlam om net te werk. En groot was my opgewondenheid om saam met ‘n sersant te gaan ry om ‘n wegloop kind by sy huis te gaan af laai. Uit gevat in my blou romp en toppie (want toe was lang broeke nog ‘n skaarste) is ons op pad met die kind in die kar.

Op pad na die kind se huis toe hoor ons op die radio van ‘n huisbraak in aanvang, brekers op perseel, en die sersant besluit om daar te stop. Dit voel nie vir my reg nie en vra dat ons dit liewer los vir iemand anders want die kind is in die kar maar die sersant weet beter.

Ons stop by die huis maar sien niks. Ek loop na die buurhuis om oor die muur te kan kyk en loop binne in vyf huisbrekers vas. Met wapens in die hand hardloop hulle letterlik oor my en spring oor die muur na agter. My beste vriend kom verby gery en ek beduie dat hulle oor die muur moet spring en hy en sy boetie verdwyn om die hoek. Die volgende oomblik klink dit soos oorlog soos almal skiet en ons jaag na die agterkant van die huis. Hulle kar staan in die straat, boetie lê voor die kar met verskeie skietwonde in die bors en maatjie is weg. Ek hardloop om die blok en trek myself teen die muur op om te soek vir my maat en sien hom waar hy teen die muur by my sit. Maar met die verdomde romp kan ek nie oor die muur kom nie. My arms raak moeg en ek los. Ek trek myself weer op en sien twee polisiemanne nou besig met kunsmatige asemhaling. Maar my maatjie het so ‘n vreemde gryskleur. Ek hardloop weer om die blok terug kar toe en die eerste ding wat ek sien is sy groot nommer 12 skoene wat eerste met die paadjie op kom. My maatjie het dit nie gemaak nie.

Ek onthou ek het net op die sypaadjie gaan sit. Nie geweet wat nou nie. Iemand het my huistoe gevat waar ek my ma moes sê hoekom ek vroeg huis toe kom. nog nooit ervaar nie.

Die volgende dag het die speurders my gevat en is al die klagtes teen die huisbrekers vir my gegee en moes ek eerste die perseel betree om seker te maak ek raak nie bang nie. My ontlonding.

My eerste begrafnis. My eerste dood. My eerste verlies en my eerste kennismaking met die werklikheid van die polisie.

Na 30 jaar diens is die stories baie maar die gemis van die wat dit nie gemaak het tot hier nie, soveel meer.

KOMMENTAAR

Estelle Rothmann: Onthou ons nie almal daardie dag. Jammer dat jy op so n jong ouderdom die trauma moes beleef maar jy was gekies om ‘n rede want jy het in latere jare n baie positiewe verskil gemaak in baie mense se lewens. Ai ou Stella. En daar sit ek vandag en wonder hoe weet jy of jy al die doel in jou lewe vervul het. Hoe weet n mens wat is jou doel. Het ek dit al bereik. Ek hoop dat ek iewers langs die pad my lewens doel al effens

bereik het. Dankie vir wat jy sê.

Gerda van Niekerk: Michell

Burger dis twee polisielede wie se dood ek nooit sal vergeet nie polisievoertuig gerol het. Het die lid se hand vas gehou tot die einde toe.

Nadine Brink: Sjoe, dis verskriklik hartseer.

Joan Drotskie: So hartseer, Ai so hartseer, ons huisvriend in 1986 tydens onluste oorlede. Patrolliewa was omgegooi en hy was onder patrolliewa met pangas aangerand en op die ou end het hulle hom aan die brand probeer steek. My man het nog by hom gekuier net voor hy aan diens gegaan het. My baba twee dae oud sy vrou agt maande swanger. Die begrafnis het aan my hart geruk. Elke lid is ons familie

Gerda van Niekerk: Joan

Drotskie was dit Koekemoer en Daantjie se voorval

Michell Burger: Gerda van

Niekerk klink vir my so na hulle storie Gerda. Ek weet my destydse man...Leon Janse van Rensburg, was ook veronderstel om saam met hulle te gaan, maar hy moes my by Ontdekkers hospitaal gaan haal het, ons baba was toè ses maande oud. Dit was genade van Bo vir ons, maar my hart was so seer vir die gesinne van daardie twee kollegas

Michell Burger: Gerda van

Niekerk : dis verseker

Ansie Van Der Merwe: Joan Michell en Gerda ek myself ook nie Tina Greyling Landman: Ai dis hartseer. So leer mens. Ons elkeen n verhaal van sy/haar eie. Raak nie makliker met jare nie. Mens raak net beter om jou eie gevoelens weg te steek.

Joan Drotskie: Jip dit was. Die in die kraamsaal het nog vir my die oggend voor ons die nuus gehoor het gevra of ek Daantjie ken want hy was haar spesiale vriend. Halfuur daarna het Danie by die hospitaal aangekom en my vertel van hom en Koekies.

Mariana Van Heerden: Wat ’n onaangename ervaring in jou jong dae van polisievrou wees. Ek weet nie watter jaar dit was nie, maar ek onthou dit was in die koerant destyds. My hart is nou sommer bitter. seer.

Susan Groesbeek: Ons almal het deur sulke trauma gegaan. Ons moes maar op ons manier leer om te “cope” en te swem.

Sharon Solomons Lewis: Baie hartseer ons het baie hartseer en trauma op n jong ouderdom ervaar!

Coralie Nel: My eerste strafbare manslag toneel was waar 'n Michelle Els: Ek voel saam met jou. Nog nooit so iets ervaar nie, maar weet sekere insidente bly Altyd by n mens.

Joan Drotskie: Ek glo ons het almal sterker karakters ontwikkel wat geweet het hoe om hartseer, huisgeweld en trauma met elegansie te kon hanteer. Ons harte het gehuil, ons en ons handelinge het vertroue ingeboesem. Ek glo ons het as beter mense uit die stryd getree.

Gerda van Niekerk: Joan dis waarheid ‘n polisielid word gebore en nie gemaak nie ons is baie spesiaal om deur al hierdie gebeurtenisse heelhuids te kan uitstap en oorleef. Ons Hemelse Vader het ons die gawe gegee om alles te kan oorleef. Daar moet mense soos ons spesie wees.

Marda Van Rensburg: Dit was 'n nare, maar baie goeie

This article is from: