6 minute read

BESPREKINGSPUNT: SEPTEMBER 1981

Next Article
Nawoord

Nawoord

Saamgestel deur Sarie van Niekerk

Groot dele van die land, insluitende die noorde van die land, is vasgevang in ‘n ysige greep van koue. Ryp lê soggens spierwit oral, waterpype en selfs damme is gevries en die gebied het ookal swartryp gehad Dit het Belinda Nel die vraag laat vra: Wie kan die sneeu onthou wat in September 1981 oor groot dele van die destydse Transvaal (Gauteng) en Oos-Transvaal (Mpumalanga) uitgesak het. Ons klomp het soos kiddies gespeel en skoon vergeet om te werk. Ek het een van die manne se jasse aangetrek oor my boepens, want ek was hoog swanger. Antoinette Boshoff: Ek was in Benoni gestasioneer gewees Dit was beautiful gewees.

Advertisement

Suzette Hitge: Sjoe ek het nog foto’s wat ek in Springs geneem het, ek moet dit net soek. Dina Van Rooyen Smit: Ek was op Veiligheidskursus in Pretoria en het net somersklere saamgevat. Moes terugkom Springs toe om wintersklere te kom haal. Dit was so onverwags. Koud en nat. Sarie Van Niekerk: O ja, ek onthou baie goed, want ek was daardie jare was 'n joernalis by Beeld en 'n kollega, wyle Louise Laubscher en myself is dié oggend toe ons in die kantoor instap deur die nuusredakteur na die destydse Oos-Transvaal (Mpumalanga), gestuur vir nuus en foto’s met ons eindpunt Standerton, want daar het die gedurende die nag vreeslik baie gesneeu. Nie een van ons van warm aangetrek nie, dit was 10 September en regtig nie koud nie. Ek onthou goed ek het die oggend ‘n romp met ‘n ligte bloese en hoëhakaanglipskoene aangehad. Sover as wat ons gery het, het dit gesneeu, die wêreld rondom ons was reeds onder sentimeters dik sneeu bedek. Dit was maar net eenvoudig nie ons dag gewees nie. By Heidelberg het ons reënveërs het begin ingee en ons motor se enjin was so ysig dat ons dit op Heidelberg by ‘n motorhawe moes laat warm maak met kookwater. Ek het behoorlik gebibber van die koue. Op Greylingstad, waar dit behoorlik gesneeu het en die kinders mekaar met sneeuballe gegooi het, het ons besluit om dit ons eerste stop te maak. Baie braaf is ek met my hoëhakskoene in die sneeu in, maar ek moes baie vinnig van my skoene ontslae raak. Ek het deur die sneeu voortgestrompel en foto’s geneem en nota’s gemaak met Louise in ‘n ander rigting. Dit is hier waar die noodlot toeslaan, toe ek net eenvoudig nie meer kon loop nie. Louise en van die dorpie se vriendelike mense het my behoorlik gedra tot in ‘n huis voor ‘n kaggelvuur. Ysvoete! Ja ek het ysvoete opgedoen. Gelukkig was daar 'n baie behulpsame dame wat my voete warm gemaak het en goed gevryf het voor ons weer die pad kon aandurf. Intussen is alle paaie na Greylingstad toegemaak en ons het toe nooi ons oorspronklik bedoelde bestemming bereik nie. Toe ek laat aand van Johannesburg af huistoe ry in Germiston, het ‘n droom prentjie my begroet toe ek die Geldenhuys-wisselaar nader. Die deurpad was daardie tyd met oranjekleurige ligte verlig saans, aan die linkerkant van die pad kon die bome van die Primrose-begraafplaas gesien word. Die spierwit sneeubedekte wêreld rondom my, die lang regop bome in die omgewing van die begraafplaas wat spierwit dit lug ingetoring het en

die oranjekleurige ligte se skynsel op die spierwit sneeu. Dié tonele wat ek oral in die loop van die dag gesien het was net ongelooflik en onvergeetlik. My kind wat toe pas drie jaar oud geword het, was in haar element want sy was die heeldag saam met ons en dit was die eerste keer dat sy sneeu gesien het. Ja dit was 10 September 1981! Blommie Grobbelaar: Ek kan die sneeu goed onthou, ek was ook nog in die polisie gewees. Venessa Dupont: Jinne ek was nog so jonk gewees. Was maar in gr. 3 (std.1). Ek het in Kempton Park gebly. Ek onthou dit, ek het toe nog nie eers gedink aan werk nie. Sarie Van Niekerk: Blommie kom vertel bietjie vir ons wat julle alles gedoen het hoe dit die plek waar jy gewerk het laat lyk het julle nie bietjie sneeuballe gegooi nie. Skryf vir ons 'n lekker lang storie en bring sommer jou lewe in die polisie daarby in. Wat van bietjie foto's Venessa Dupont: Sarie Van Niekerk ek was nog op skool. Eers 1987 vir my pa gesê ek gaan polisie toe. Ek gaan met honde werk. Toe is ek standerd 7, (gr. 9). Sarie van Niekerk: Skryf vir ons 'n lekker storie oor jou lewe in die polisie en begin dit met die boodskap wat jy nou vir my hierbo vertel het. Koppel dit aan die 1981 se sneeu en dan vertel jy verder van alles wat jy ondervind en gedoen het sedert daardie tyd, jou polisielewe ingesluit. Wat 'n lekker inleiding vir 'n lekker lees verhaal

Venessa Dupont: Sarie Van

Niekerk maak so. Ek sal dit op word sit en e-pos vir jou. Marcelle Du Plessis: Ek was in grand 11, dit het ook daardie jaar in Greytown gesneeu, op ons eerste atletiek byeenkoms van die seisoen Annerie De Reuck: Ons het sneeu in Secunda ook gehad, ek was in gr. 2 Ida van Zweel: Ek onthou hoe het ons mekaar met die sneeu in Boksburg-Noord gegooi het. Een van my vriende het ook nog daardie dag verjaar. Marie Mostert: Ek was ‘n hofordonnans en die hof het vroeg verdaag. Ek het groentewinkel toe gegaan, sopgroente gekoop en my heel eerste pot sop gekook. Dit was die eerste keer wat ek sneeu gesien het. Helena Engelbrecht: Dit het daardie jaar ook in die Outeniqua-bergpas gesneeu, Ons het daardie leerhandskoene waarmee ons saam met ons uniforms uitgereik is aangehad en mekaar met sneeuballe gegooi. Die arme handskoene was daarna stokstyf gewees. Sarie Van Niekerk: Het iemand nie 'n lekker sneeufoto nie ek wil al hierdie kommentare saam met 'n mooi foto in die Nongqai gebruik. Nog kommentare is welkom ek sal die Lize Visser: Dit het net so gesneeu in Witbank! Ek onthou nog ek kon nie buite speel nie, ek was agt jaar oud, want my boetie, toe ses jaar oud, was siek met verkoue en dit sou unfair teenoor hom wees. Ons het darem het vinnig uitgaan om tog net aan die sneeu te vat. Sarie Van Niekerk: Daar is so baie herinneringe aan daardie dag maak nie saak hoe oud jy was nie ons kan 'n lekker blad saamstel, ek sal sommer in die argiewe kyk vir sneeufoto's Joan Drotskie: My tweede dogtertjie was net gebore en ek was so verwonderd oor die sneeu Jonina van Zyl: Ek was gestasioneer by Petit polisiestasie, wat vandag nie meer bestaan nie. Wyle AO Bill Clarke was op daai stadium bevelvoerder van die stasie. Ons het sneeumanne op die perseel gebou. Ek glo nie ons het daardie dag gewerk nie. Nelda Kachelhoffer: Hoe kan ek ooit daardie dag vergeet, ek het daardie aand nog hekwag

gewerk. Ons spring 40 jaar vorentoe en is terug in 2021, die land weer een van die koudste Juliemaande in volgens kenners in meet as 20 jaar Sneeu het in vyf van die nege provinsies geval. Minimum temperature het tot ver onder vriespunt geval en dagtemperature sukkel om bo 10 te kom. Dele van die land bibber behoorlik weer van die koue. In provinsies soos die Wes-Kaap, Oos-Kaap, NoordKaap, KwaZulu-Natal en dele van Mpumalanga het dit weer erg gesneeu. Dele van die land loop ook deur onder erge ryp.

This article is from: