1 minute read

1957: KALKBANK-POLISIESTASIE

Ek het Driepoot in die draadkampie wat langs my kantoor vir skilpaaie gemaak is, gaan neerlê, vergesel van my twee teatersusters. So paar minute later het hy kop opgelig en probeer opkom maar butterfly het nog so bietjie met sy kop gesmokkel. Na nog ‘n paar minute het hy dit reggekry om op te staan. Die eerste keer het hy omgeval maar dadelik weer opgekom en so hinkepink na die draad van die kampie toe gestap.

Met ‘n groot tevredenheid het ons drie in die kantoor gaan koffie drink en Ouma-beskuitjies ge-eet om ons sukses te vier.

Advertisement

Driepoot se wond is elke derde dag weer met Betadine behandel en toegedraai. Op dag een-zero is sy steke uitgehaal. Die vel het mooi toegegroei met geen komplikasies nie. Driepoot is weer tussen die ander diere vrygelaat waar hy so hinkepink gestap het. As hy moes spoed aansit het hy op die drie lang bene gehardloop dat mens nie eers kon agterkom dat daar een shortie was nie.

Driepoot het nog twee jaar in die basis gebly…. in hoogte toegeneem tot ‘n volgroeide Duiker. Onder sy bokpêlle het hy gespog dat hy tydens Grensdiens gewond is, geopereer is en op ligte diens geplaas is. Hy het almal teen Ruben se venynigheid gewaarsku.

In sy tweede jaar na sy been se amputasie het George die volgroeide bobbejaanmannetjie uit sy hok gebreek. George het Driepoot uitgekies om so bietjie skrik op die lyf te jaag oor gedurige gebrag met sy grensdiensbesering. Driepoot het tot agter in die basis tussen die boumateriaal vir George probeer afskud. In die proses het hy sy ander agter been en een voorbeen gebreek. Arme Driepoot. Ek het sy toestand ge-evalueer. Een van die opsies was om al drie lang bene af te sit soos die eerste een. Dan sou hy soos ‘n Worshond gelyk het … lyf laag bokant die grond. Dan kon ons hom Worsbok noem. Die ander opsie was om hom uit sy pyn en ellende te verlig en te slag. Die tweede opsie is ter wille van menslikheid …of is dit nou dierlikheid … gevolg. Toe maak ons Bokwors! Dicks Dietrichsen Skrywer (en chirurg) 11 Januarie 2022

This article is from: