3 minute read

Plekwaarde

Next Article
LES 1: HEELGETALLE

LES 1: HEELGETALLE

Plekwaardes is uiters belangrik vir getalbegrip. Indien leerders se getalbegrip nie vasgelê is nie, gaan hulle sukkel om berekeninge te doen. Later in die kwartaal vereis berekeninge reeds die konsep van plekwaarde, daarom moet daar genoeg tyd aan hierdie onderwerp spandeer word. Maak seker dat leerders hierdie konsep goed vaslê.

Gebruik addisionele hulpbronne om met die vaslegging van plekwaarde te help: • 100-kaarte • Spreikaarte • Dienes-blokkies

Verskillende metodes word hier behandel. Leerders moet van al die metodes bewus wees, maar tydens assessering hoef hulle slegs een metode te ken. Besluit saam met hulle watter metode die beste vir hulle werk (nie alle leerders sal dieselfde metode verkies nie).

Besoek bit.ly/2WzJEV1 om ekstra oefeninge te genereer.

Plekwaarde help ons om op die waarde van ’n syfer te besluit. Ons getallestelsel (die getalle waarmee ons werk) bestaan slegs uit die syfers 0 tot 9.

Wat doen ons as ons met ’n getal groter as 9 moet werk?

Ons gebruik plekwaarde om aan te dui wanneer ons met getalle groter as 9 werk.

Dit beteken dat ’n syfer se waarde deur sy plek in die hele getal bepaal word.

Wanneer ons met plekwaarde werk, kan ons aan ’n hokkie dink.

Honderde Tiene Ene

Die syfers 0 tot 9 kan in elke blokkie staan. Sodra ’n getal groter as 9 word, spring hy oor die hekkie na die volgende hokkie toe.

Honderde Tiene Ene 8

Die 8 in die Ene-hokkie beteken dat daar 8 Ene is. Ons kan dit ook as 8 × 1 skryf.

Sien jy dat daar geen getalle in die Tiene- en Honderde-hokkies is nie?

Dit beteken dat daar 0 × Tiene en 0 × Honderde in hierdie getal is.

Wat gebeur as die getal groter as 9 word?

Honderde Tiene Ene 18

Daar mag net een syfer in elke hokkie wees, maar nou is daar ’n 1 en ’n 8 in die Ene-hokkie.

Wat stel die getal 18 voor? Dit bestaan uit 10 + 8.

Die 8 is in die Ene-hokkie en beteken 8 × 1, wat 8 as ’n antwoord gee.

Die 10 spring nou oor die hekkie na die Tiene-hokkie.

Jy kan NIE die volle 10 oordra nie, want dit sal 10 × Tiene wees, wat 10 × 10 beteken, wat 100 is.

Daarom spring slegs ’n 1 oor.

Honderde Tiene 10 Ene 8

1 × Tiene beteken 1 × 10 = 10

As ons 18 in plekwaarde voorstel, lyk dit só:

Honderde Tiene 1 Ene 8

Dieselfde gebeur as ’n getal groter as 9 by die Tiene is.

Honderde Tiene 86 Ene 8

Omdat 8 eintlik 800 voorstel, gaan dit oorspring na die Honderde toe.

Dit beteken 8 × 100 = 800.

Honderde 8 Tiene 6 Ene 8

Dit is nie altyd so maklik of moontlik om hokkies te teken nie en dit kan lank vat. Daarom is daar ander maniere om dieselfde te doen sonder om die hokkies te teken.

Gebruik die getal 368.

Skryf waar elke getal inpas sonder om die hokkies te teken.

OPSIE 1

3 Honderde + 6 Tiene + 8 Ene

OPSIE 2

3 × 100 + 6 × 10 + 8 × 1

OPSIE 3

300 + 60 + 8

Hierdie drie opsies word uitgebreide notasie genoem. Uitgebreide notasie is wanneer ’n getal in dele opgebreek word sodat jy elke syfer se plekwaarde kan sien.

Uitgebreide notasie “wys” plekwaarde.

Jy gaan nou nóg plekwaardes leer, naamlik die DUISENDE, TIENDUISENDE en HONDERDDUISENDE.

Die metode en reëls wat jy in graad 4 geleer het, bly dieselfde. Kyk na die voorbeeld.

Voorbeeld

Skryf die getal in uitgebreide notasie. Dui die plekwaarde duidelik aan deur enige van die opsies in die hersiening te gebruik.

859 421

This article is from: