Eenheid
1
Fasiliteerdersgids G05 ~ Wiskunde
Plekwaarde Plekwaardes is uiters belangrik vir getalbegrip. Indien leerders se getalbegrip nie vasgelê is nie, gaan hulle sukkel om berekeninge te doen. Later in die kwartaal vereis berekeninge reeds die konsep van plekwaarde, daarom moet daar genoeg tyd aan hierdie onderwerp spandeer word. Maak seker dat leerders hierdie konsep goed vaslê. Gebruik addisionele hulpbronne om met die vaslegging van plekwaarde te help: • 100-kaarte • Spreikaarte • Dienes-blokkies
Verskillende metodes word hier behandel. Leerders moet van al die metodes bewus wees, maar tydens assessering hoef hulle slegs een metode te ken. Besluit saam met hulle watter metode die beste vir hulle werk (nie alle leerders sal dieselfde metode verkies nie). Besoek bit.ly/2WzJEV1 om ekstra oefeninge te genereer.
Plekwaarde help ons om op die waarde van ’n syfer te besluit. Ons getallestelsel (die getalle waarmee ons werk) bestaan slegs uit die syfers 0 tot 9.
Wat doen ons as ons met ’n getal groter as 9 moet werk?
Ons gebruik plekwaarde om aan te dui wanneer ons met getalle groter as 9 werk. Dit beteken dat ’n syfer se waarde deur sy plek in die hele getal bepaal word. Wanneer ons met plekwaarde werk, kan ons aan ’n hokkie dink.
Honderde
Tiene
Ene
Die syfers 0 tot 9 kan in elke blokkie staan. Sodra ’n getal groter as 9 word, spring hy oor die hekkie na die volgende hokkie toe. © Impaq
22