1 minute read
Tel met heelgetalle
Tel met heelgetalle
In graad 3 en 4 het jy geleer om met heelgetalle te tel. Kan jy nog onthou hoe om in 2’s te tel?
Kom ons kyk weer daarna.
Wanneer ons in 2’s tel, tel ons elke keer 2 by die vorige getal om die volgende getal te kry.
+ 2 + 2 + 2 + 2 + 2
2 4 6 8 10 12
Ons kan selfs op ander plekke begin.
Kyk na die getalle. Sien jy dat jy by enige getal kan begin en in heelgetalle kan tel?
+ 2 + 2 + 2 + 2 + 2
63 65 67 69 71 73
In die boonste twee voorbeelde het ons vorentoe getel of aangetel.
Ons kan ook agteruit met heelgetalle tel.
Ons gebruik verskillende woorde om dieselfde ding te vra. Maak seker dat jy al die verskillende woorde ken. Die woorde hieronder beteken dieselfde.
agteruit tel = terugtel = agtertoe tel
Kyk na die volgende getalle en vul die regte getalle in die blokkies in.
Tel terug (agtertoe of agteruit) in 3’s.
– 3 – 3 – 3 – 3 – 3 – 3 – 3