1 minute read
Afronding
Afronding
Rond af tot die naaste 5
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
Getalle wat op 3, 4, 5, 6 en 7 eindig, word tot 5 afgerond. Getalle wat op 1 en 2 eindig, word na die vorige tien afgerond (eindig dus op ’n 0). Getalle wat op 8 en 9 eindig, word na die volgende tien afgerond (eindig dus op ’n 0).
Rond af tot die naaste 10
Getalle kleiner as 5 word na die vorige tien afgerond (eindig dus op ’n 0).
Getalle wat op 5, 6, 7, 8 en 9 eindig, word na die volgende tien afgerond (eindig dus op ’n 0).
Rond 6 858 af tot die naaste 10:
Kyk na die tiene-kolom
D HTE
6 858 Die ene-kolom moet jou nou help besluit (8 is groter as 5, dus word die getal afgerond na die volgende tien, en eindig dit op ’n 0 die antwoord is dus 6 860.)
Rond af tot die naaste 100
Getalle kleiner as 5 word afgerond na die vorige honderd (eindig dus op ’n 0). Getalle wat op 5, 6, 7, 8 en 9 eindig, word na die volgende 100 afgerond (eindig dus op ’n 0).
Rond 6 858 af tot die naaste 100:
Kyk na die honderde-kolom
D HTE
6 858 Die tiene-kolom moet jou nou help besluit (5 en groter word afgerond na die volgende 100, en eindig op ’n 0 die antwoord is dus 6 900.)
Dieselfde met afronding tot 1 000. (Die honderde-kolom gaan jou nou help besluit.)