Graad 5 Handleiding 2/2 Wiskunde

Page 11

Handleiding 2/2 G05 ~ Wiskunde

Eenheid

3

LES 20: MASSA

Massa meet die hoeveelheid materie (deeltjies) in ’n voorwerp. ’n Goudstaaf is byvoorbeeld net so groot soos ’n boksie Smarties (53 mm × 118 mm × 8 mm), maar het ’n massa van 1 kg. Dit beteken dat die goudstaaf baie deeltjies het.

Dit is belangrik om te onthou dat massa en gewig nie dieselfde is nie, al word die massa dikwels gebruik om gewig te beskryf. Die gewig van ’n voorwerp word deur swaartekrag bepaal, maar die massa bly altyd dieselfde. In die ruimte, waar daar geen swaartekrag is nie, het ’n baksteen byvoorbeeld geen gewig nie, maar sy massa is dieselfde as op die aarde. Massa word in gram (g), kilogram (kg) en ton (t) gemeet. In graad 5 werk ons net met gram en kilogram.

Jy het reeds in graad 3 en 4 met massa gewerk. Kom ons hersien dit.

Hoe meet jy jou massa? ’n Mens gebruik verskillende meetinstrumente om massa te bepaal. Meetinstrumente

Badkamerskaal

Kombuisskaal

7

© Impaq


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.