2 minute read
Les 1.1: Heelgetalle
BELANGRIK
Heelgetalle en telgetalle beteken dieselfde. Dit is net ’n ander naam, net soos byvoorbeeld plus, optel en bymekaartel, wat almal dieselfde betekenis het.
As ons begin om te tel, tel ons van 0 af. Daarom praat ons van telgetalle wanneer ons by 0 begin tel.
Wanneer ’n mens praat, sê jy nie jy het “nul” appels nie. Dit klink nie natuurlik of reg nie. ’n Mens sê jy het niks appels nie, of jy het geen appels nie. Daarom praat ons van natuurlike getalle wanneer ons by 1 begin tel.
’n Heelgetal kan ’n ewe getal of ’n onewe getal wees.
Ewe getalle
Ewe getalle eindig altyd op 2, 4, 6, 8 of 0. Wanneer ’n ewe getal deur 2 gedeel word, word dit in gelyke dele opgedeel sonder ’n res. Byvoorbeeld: 8÷2=4
Onewe getalle
Onewe getalle eindig altyd op 1, 3, 5, 7 of 9. ’n Onewe getal kan nie deur 2 gedeel word nie. Wanneer jy onewe getalle deur twee deel, kry jy breuke. Byvoorbeeld: 7÷2=3,5
Plekwaardes
Die waarde van ’n syfer is afhanklik van die posisie of plek in die getal. Byvoorbeeld: D, H, T, E D = Duisende H = Honderde T = Tiene E = Ene Byvoorbeeld: 2 496
D H T E 2 4 9 6
Uitgebreide notasie of vorm
Daar is drie maniere waarop ’n getal in uitgebreide notasie of uitgebreide vorm geskryf kan word.
Byvoorbeeld: 35 974 1. 30 000 + 5 000 + 900 + 70 + 4 2. (3 × 10 000) + (5 × 1 000) + (9 × 100) + (7 × 10) + (4 × 1) 3. 3TD + 5D + 9H + 7T + 4E
Afronding
Afronding beteken dat ’n getal na die naaste 10, 100 of 1 000 toe gevat word.
Tot die naaste 10
Wanneer ’n getal op 1, 2, 3 of 4 eindig, gaan dit na die vorige 10. Wanneer ’n getal op 5, 6, 7, 8 of 9 eindig, gaan dit na die volgende 10. Byvoorbeeld:
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
Tot die naaste 100
Wanneer ’n getal van die Tiene op 1, 2, 3 of 4 eindig, gaan dit na die vorige 100. Wanneer ’n getal van die Tiene op 5, 6, 7, 8 of 9 eindig, gaan dit na die volgende 100.
Byvoorbeeld:
0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100
Ewe getal + ewe getal = ewe getal Ewe getal + onewe getal = onewe getal Onewe getal + onewe getal = ewe getal
Priemgetalle
’n Priemgetal is ’n getal wat net deur 1 en homself kan deel. Bv. 1, 2, 3, 5, 7, 11 11 ÷ 1 = 11 ✓ 11 ÷ 11 = 1 ✓
× met 10
Enige getal × 10 = sit ’n 0 agteraan die getal. Byvoorbeeld: 8 × 10 = 80 112 × 10 = 1 120
× met 0
Enige getal × 0 = altyd 0 Byvoorbeeld: 1 × 0 = 0 999 × 0 = 0
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
= : is gelyk aan > : groter as < : kleiner as ≠ : is nie gelyk aan nie ≈ : is ongeveer gelyk aan & : en 2D vorm : tweedimensionele vorm 3D voorwerp : driedimensionele voorwerp