Graad 6 Handleiding 1/2 Wiskunde

Page 16

Eenheid

Handleiding 1/2 G06 ~ Wiskunde

1.1

Les 1.1: Heelgetalle BELANGRIK Heelgetalle en telgetalle beteken dieselfde. Dit is net ’n ander naam, net soos byvoorbeeld plus, optel en bymekaartel, wat almal dieselfde betekenis het. As ons begin om te tel, tel ons van 0 af. Daarom praat ons van telgetalle wanneer ons by 0 begin tel. Wanneer ’n mens praat, sê jy nie jy het “nul” appels nie. Dit klink nie natuurlik of reg nie. ’n Mens sê jy het niks appels nie, of jy het geen appels nie. Daarom praat ons van natuurlike getalle wanneer ons by 1 begin tel. ’n Heelgetal kan ’n ewe getal of ’n onewe getal wees. Ewe getalle Ewe getalle eindig altyd op 2, 4, 6, 8 of 0. Wanneer ’n ewe getal deur 2 gedeel word, word dit in gelyke dele opgedeel sonder ’n res. Byvoorbeeld: 8 ÷ 2 = 4 Onewe getalle Onewe getalle eindig altyd op 1, 3, 5, 7 of 9. ’n Onewe getal kan nie deur 2 gedeel word nie. Wanneer jy onewe getalle deur twee deel, kry jy breuke. Byvoorbeeld: 7 ÷ 2 = 3,5 Plekwaardes Die waarde van ’n syfer is afhanklik van die posisie of plek in die getal. Byvoorbeeld: D, H, T, E D = Duisende H = Honderde T = Tiene E = Ene Byvoorbeeld: 2 496 D 2

© Impaq

H 4

T 9

E 6

14


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.