1 minute read
1.1. Les 1: Handel oor die Saharawoestyn (2 uur
EENHEID 1: Die Mali-ryk en die stad Timboektoe
LEERDOELWITTE
Nadat hierdie eenheid voltooi is, moet leerders in staat wees om die volgende te doen:
Begrip toon vir belangrikheid van erfenis en bewaring. Verduidelik hoe en waarom mense en gebeure in ʼn gemeenskap, dorp of stad, provinsie en die land op ʼn openbare wyse herdenk moet word. Ondersoek kan instel oor hoe mense en gebeure uit die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.
INLEIDING
Basislynassessering Beantwoord die volgende vrae volledig (in volsinne):
1. Noem een kommoditeit waarmee daar langs beide die ooskus van Afrika en in
Wes-Afrika handelgedryf is.
Daar is langs beide die ooskus van Afrika en in Wes-Afrika met sout handelgedryf. 2. Watter godsdiens is deur die Arabiere versprei? Waaraan kan dit gesien word?
Die Islam is deur die Arabiere versprei en dit kan gesien word in die argitektuur van die gebied en die regeringstyl. 3. Stel ʼn tydlyn op waarop die datums en die ontstaan van bespreekte ryke in suidelike en Wes-Afrika aangedui word. 4. Waarom dink jy was goud so ʼn belangrike metaal vir handel? (Doen navorsing indien nodig.)
Die leerstof wat in die eerste eenheid in Geskiedenis aangebied word, gaan hoofsaaklik oor Afrika-ryke wat ʼn hoë beskawingspeil gehandhaaf het voor, gedurende en ná die Middeleeue.
Die inhoud hiervan is so omvattend dat alles nie in die studiemateriaal opgeteken kan word nie. Om die opeenvolging van die ryke en die invloed wat hulle op mekaar en hulle buurryke gehad het, te omskryf is net nie moontlik nie. Dit is daarom van kardinale belang dat beide die fasiliteerder en leerders wyer sal lees as net die inligting wat hier verskaf word.