3 minute read
2.1. Les 6: Wes Afrika voor die Europese slawehandel (30 minute
EENHEID 2: Transatlantiese slawehandel
LEERDOELWITTE
Nadat hierdie eenheid voltooi is, moet leerders in staat wees om die volgende te doen:
Onderskei hoe inligting vanuit verskillende sienswyses beskou en gebruik kan word. Oor die vermoë beskik om twee of meer verskillende oogpunte oor dieselfde persoon of gebeurtenis te kan vergelyk. Sien hoe historici, handboekskrywers, joernaliste en ander tot verskillende gevolgtrekkings kom en in staat wees om ʼn rede(s) te verskaf waarom dit so is in ʼn besondere onderwerp van die geskiedenis.
INLEIDING
Sluit aan en verwys terug na die vooruitstrewende Mali-ryk en hoe dit deur handel beïnvloed is. Leerders moet ook verstaan dat mensehandel en slawehandel deel hiervan gevorm het.
ʼn Kort geskiedenis en agtergrond oor slawe moet aan leerders verskaf word deur te verwys na antieke slawehandel aan die hand van die Romeine en die Antieke Grieke, maar dan klem te plaas op die meer moderne slawehandel van die 15de eeu tot en met die vroeë 19de eeu en hoe die moderne slawehandel vanuit Afrika geskied het. Die leerder moet ook bewus wees dat daar verkillende tipes slawe was en dit hoofsaaklik afgehang het van hoe en waar die slawe bekom is. Slawe was ʼn bate waaraan rykdom gemeet kon word, alhoewel daar tog ook state en ryke was wat nie van slawe gebruik gemaak het nie.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE Slawe as eiendom: slawe behoort as eiendom/bate aan ʼn eienaar en kan deur die eienaar gekoop en verkoop word. Huisslaaf: werk hoofsaaklik in die huis en is die eiendom van die huiseienaar en kan verkoop word, maar dit het baie selde gebeur. Pandslaaf: ʼn persoon wat ʼn slaaf is totdat die skuld afgewerk is. Militêre slawe: slawe wat as soldate opgelei word en diens doen.
Die leerinhoud in hierdie eenheid sluit aan by Eenheid 1, maar fokus veral op die slawehandel vanuit eens ontwikkelde en geletterde gemeenskappe. Dit is belangrik om te fokus op die vergrype van menseregte van gemeenskappe ten koste van ander.
2.1. Les 6: Wes-Afrika voor die Europese slawehandel (30 minute)
Gee ʼn kort oorsig oor die slawehandel van antieke Afrika – die soorte slawehandel en die gebiede waar dit geskied het.
Brei uit oor die ryke van Wes-Afrika en veral Mali, Ghana en Songhai – hulle rykdom en gevorderdheid asook totstandkoming en val.
2.1.1 Ghana-ryk
DEFINIEER Soninke en Mande: inwoners wat die Ghana-ryk gestig het. Stadstate: stede wat hulle eie regering het. Goedere: klaarvervaardigde produkte.
Bespreek hoe die Ghana-ryk gevorm is, handel en uitbreiding en ook hoe dit later tot ʼn val gekom het en binnegedring is.
2.1.2 Mali-ryk
KERNINHOUD Die groot ryke van Wes-Afrika. Die verskillende tipes slawerny wat in Afrika voorgekom het voor die Transatlantiese slawehandel. Handel, tegnologie en kultuur in Wes-Afrika.
Kort oorsig van die geskiedenis van Mali – hoe dit tot stand gekom het, die hoogtepunt bereik het en ʼn middelpunt vir studente geraak het omdat die Universiteit van Timboektoe gebou is.
2.1.3 Songhai
VIR DIE NUUSKIERIGES
Kies enige twee soorte van slawerny wat reeds bespreek is. Vergelyk die twee soorte in die vorm van ʼn Venn-diagram (50 – 60 woorde).
1 2 3 4
Verskaf voldoende opskrifte Definisies van die soorte slawehandel Kort verduideliking van hoe dit gefunksioneer het Verskaf verskille en ooreenkomste Netheid en korrektheid van die Venn-diagram
of
Korrekte formaat van dagboekinskrywing Beskrywing van eienaar se optrede Relevansie van die inhoud Gebruik van datums en die relevansie daarvan Toepaslikheid en netheid van sketse
of 1 2 3 4 (20)
(20)
Gebruik dieselfde ontwerp vir replika wat gebruik is vir die oorspronklike kwartiere Voldoende byskrifte Materiaal is dieselfde of simboliseer die oorspronklike materiaal wat vir die oprigting van slawekwartiere gebruik is Netheid en algemene uitstalling van replika
1 2 3 4 5
(20)
Bespreek die val van Mali en hoe dit handel en die dominasie van ander ryke in WesAfrika beïnvloed het. Die totstandkoming van die Songhai-ryk, wat tot die val daarvan aanleiding gegee het en veroorsaak het dat die oorheersing van Wes-Afrika in alle gebied tot ʼn einde gekom het.