Grade 4 Fasiliteerdersgids 1/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 10

Voorwoord

Fasiliteerdersgids 1/2 G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Die handleiding en fasiliteerdersgids dek al die werk van graad 4 Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT). Die boek is opgestel in lyn met die KABV-riglyne wat die Departement van Basiese Onderwys vereis. Die KABV gee ’n uiteensetting van die minimum werk wat gedek moet word. Die handleiding en fasiliteerdersgids bevat soms meer inligting as wat die KABV vereis.

Die boeke is in vier eenhede en 18 lesse verdeel. Elke les word oor ’n tydperk van twee weke behandel (10 uur), en elke eenheid strek oor ’n kwartaal. Eenheid 1 en 2 is in fasiliteerdersgids 1/2, en eenheid 3 en 4 is in fasiliteerdersgids 2/2. (Die handleiding is in vier boeke verdeel, elke eenheid op sy eie.) Aan die einde van eenheid 2 en eenheid 4 (kwartaal 2 en 4) skryf die leerders eksamen (verwys na die portefeuljeboek). Eenheid 1 bestaan uit vyf lesse. • Les 1: Jy is ’n reënboog! • Les 2: Waar wil jy woon? • Les 3: Onder my bed ... • Les 4: In die winkel • Les 5: Taai tongknopers

Eenheid 3 bestaan uit vyf lesse. • Les 10: Geheime skatte • Les 11: Vreemde vlieënde voorwerpe • Les 12: Boomhuise • Les 13: Grawe die geskiedenis op • Les 14: By die teater Eenheid 4 bestaan uit vier lesse. • Les 15: Wonderhonde • Les 16: Besoedeling om ons • Les 17: Die towertrui • Les 18: Vakansie!

Eenheid 2 bestaan uit vier lesse. • Les 6: Ware vriende • Les 7: Voor hulle vir ewig verdwyn • Les 8: Wees werklik, wees jouself • Les 9: Speel met sintuie

Die lesse is in aktiwiteite opgedeel, wat die leerinhoud en vrae daaroor bevat.

Elke les bestaan uit vier afdelings: • Luister en praat • Lees en kyk • Skryf en aanbied • Taalstrukture en -konvensies

Afdeling 1: Luister en praat Luister en praat is integraal in alle tale. Hoe meer ’n nuwe taal gehoor en gepraat word, hoe makliker word dit aangeleer. Elke les begin met die bespreking van ’n onderwerp, wat die les inlei. Dit is belangrik dat leerders in die tweede taal praat en dit hoor. Hulle selfvertroue sal verbeter hoe meer hulle die taal praat. Dit is belangrik om woorde duidelik en korrek uit te spreek wanneer tekste hardop gelees word. Help leerders ook reg indien hulle sinskonstruksie of woordgebruik verkeerd is wanneer hulle praat. Moedig leerders aan om een keer ’n week ’n Afrikaanse televisieprogram te kyk of na ’n Afrikaanse radioprogram te luister. Dit is verder belangrik om kennis van die luisterproses te neem, wat veral in hoër grade tydens © Optimi

2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.