
6 minute read
Aktiwiteit 3: Luister na ’n storie
Nadat die leerders in aktiwiteit 8 geleer is hoe om ’n woordeboek te gebruik, moedig hulle aan om die woorde hier onder self op te soek, asook ander woorde in die teks wat vir hulle nuut of moeilik is.
Leerders kan die gedig later in die week of volgende week weer voordra, om te kyk of hulle dit kan onthou.
Vertalings
vang – catch heeldag – the whole day gepluk – (in context) picked
Aktiwiteit 3: Luister na ’n storie
30 minute
Die storie wat jy vir die leerders gaan voorlees, is ’n oorvertelling van ’n mite wat Amerikaanse Indiane (native Americans) oor die reënboog vertel het. Die storie gaan oor hoe die kleure van die reënboog saam ’n mooi reënboog vorm.
Verduidelik die luisterproses vir die leerders. Dit gaan elke keer gebruik word as luisterbegrip getoets word (tot in graad 12).
Die luisterproses
• Lees die teks drie keer voor. Leerders mag die eerste keer net luister. • Hulle moet luister na hoe die woorde uitgespreek word – spreek dus duidelik en hard met die regte ronding uit (byvoorbeeld “deur” en nie “deer” nie). • Verduidelik moeilike woorde ná die eerste lees. na – to ná – after
• Daar is gewoonlik vrae, wat die leerders nou mag lees (lees dit vir hulle). • Lees die teks ’n tweede en derde keer voor, waartydens die leerders notas mag maak. • Leerders kan die notas in hul werkboek maak, byvoorbeeld:
15 Januarie 2021 Aktiwiteit 3
1. Notas Groen – die belangrikste, teken van lewe en hoop, is orals Blou – water en lug is blou ... Vrae
Lees die teks met gevoel en skep die regte atmosfeer – oefen eers om dit hardop te lees. Leerders moet na die gebeure en besonderhede oplet en notas maak, soos in die luisterproses uiteengesit. Gaan deur die woordeskat ná die eerste lees om seker te maak die leerders verstaan die teks.
Die uitspraak van sommige woorde in die teks word gegee. Hierdie woorde is in die teks onderstreep.
Die uitspraak is Afrikaanse klanke. Waar i gegee word, klink dit soos ’n (nie “ie” nie).
• Die eu in “kleure” moet mooi gerond wees. • Die e in “duidelik” word amper nie gehoor nie. Dit word uitgespreek as “dui-dlik”. • Soms dui ’n akuutteken (ˊ) aan dat ’n woord met klem uitgespreek moet word (with emphasis, dit word harder as die ander woorde in die sin gesê), soos in “Ék”. • Die twee e’s in “teken” klink verskillend – dit klink soos “tee-kin”. • “Wêreld” klink soos “wê-rilt”. • “Oranje” word uitgespreek as “oo-ran-ji”. • Ons hoor nie die tweede e in “beuel” nie – “beul”. • Die u in “skaduwee” klink soos “die” wat oorrond is; nie soos oe nie – “skaa-du-wee”. • “Indigo” klink soos in Engels – “ien-die-ghou” (die gh-klank is soos die “gh” in gholf, golf in Engels). • Ons kan hoor daar is twee g’s in “saggies”. • Die a in “dwase” klink lank – “dwaa-si”.
Die storie van die reënboog
Aangepas van Anne Hope se vertelling
Eendag lank, lank gelede het die kleure begin stry oor watter een die beste is.
Groen het trots gesê: “Duidelik is ek die belangrikste! Ék is die teken van lewe en hoop. Ek is gekies vir die gras, die bome, blare, plante ... sonder my sou diere nie kon leef nie. Kyk net uit oor die vlaktes, en jy sal sien ek is orals!”
Blou het hom in die rede geval: “Jy dink net aan die aarde. Wat van die lug en die see? Water is die belangrikste vir alle lewe op aarde en sonder mý sou daar geen groen gewees het nie!”
Geel het uit sy maag gelag: “Julle is te ernstig! Ek bring geluk en warmte ... tot die son is geel! Ek maak die wêreld helder en gelukkig!”
Oranje het ook haar eie beuel begin blaas: “Ek is die kleur van sterkte en gesondheid. Al die belangrike vitamiene is in oranje groente en vrugte, soos lemoene, wortels en pampoen. Ek kom dalk nie so gereeld voor nie, maar met elke sonopkoms en sonsondergang, slaan my prag mense se asems weg!”
Rooi was sommer bloedrooi van woede en het geskree: “Ek is nodig vir almal se bestaan, ek’s die lewensbloed – letterlik! Ek is ook die kleur van woede en dapperheid, en ook van liefde, waarsonder niemand kan bestaan nie!”
Violet het opgestaan, sy groot lyf het ’n skaduwee oor almal gegooi. “Ek is die kleur van koninklikheid en mag. Konings en stamhoofde het my nog altyd gekies as ’n teken van gesag en wysheid.”
Indigo het die hele tyd stil gesit en gekyk hoe almal praat. Sy het saggies gesê: “Julle moet eerder aan my dink. Ek verteenwoordig denke en refleksie. Ek is nodig vir balans en kontras, en ook vir vrede.”
So het die kleure aangehou stry oor wie die beste was. Skielik was daar ’n helder weerligstraal en die donderweer het hard geslaan. Die harde stem van Reën het gedreun: “Julle dwase kleure! Weet julle dan nie dat julle elkeen gemaak is om uniek te wees nie? En elkeen se uniekheid dra by om ’n mooi reënboog te vorm. Van nou af, elke keer wat dit reën, sal julle oor die lug strek om ’n groot boog van kleure te vorm. En mense sal onthou dat almal belangrik en uniek is!”
Woordeskat
in die rede val (idioom, to interrupt someone): jy begin praat terwyl iemand anders praat jou eie beuel blaas (idioom, blow one’s own trumpet): jy prys jouself; praat jou asem word weggeslaan (idioom, take one’s breath away): wanneer jy iets sien wat so mooi/ skokkend is dat jy vir ’n oomblik ophou om asem te haal indigo (indigo): kleur tussen blou en pers (violet)
Vertalings
stry – argue trots – proudly duidelik – clearly die belangrikste – the most important teken – sign gekies – chosen vlaktes – landscape ernstig – serious geluk – happiness warmte – warmth helder – bright gelukkig – happy sterkte – strength gesondheid – health vitamiene – vitamins sonopkoms – sunrise sonsondergang – sunset prag – beauty woede – anger lewensbloed – lifeblood dapperheid – bravery skaduwee – shadow koninklikheid – royalty mag – power konings – kings stamhoofde – chiefs gesag – power wysheid – wisdom saggies – softly eerder – rather verteenwoordig – represents denke – thoughts refleksie – reflexion balans – balance kontras – contras vrede – peace weerligstraal – flash of lightning donderweer – thunder reën – rain gedreun – boomed dwase – fools uniekheid – uniqueness strek – stretch boog – bow
Nadat die leerders drie keer na die teks geluister het, gesels eers met hulle daaroor.
1. Waaroor gaan die storie?
Die kleure stry oor watter een die beste is. Terwyl hulle stry, verskyn Reën en sê dat elke kleur uniek is en dat al die kleure saam die reënboog sal vorm.
2. Hoeveel kleure is daar in die reënboog?
Sewe
3. Wie was bloedrooi van woede?
Rooi
4. Wat leer ons uit die storie?