Fasiliteerdersgids 1/2 G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Eenheid
1
Nadat die leerders in aktiwiteit 8 geleer is hoe om ’n woordeboek te gebruik, moedig hulle aan om die woorde hier onder self op te soek, asook ander woorde in die teks wat vir hulle nuut of moeilik is. Vertalings vang – catch heeldag – the whole day gepluk – (in context) picked
Leerders kan die gedig later in die week of volgende week weer voordra, om te kyk of hulle dit kan onthou.
Aktiwiteit 3: Luister na ’n storie 30 minute
Die storie wat jy vir die leerders gaan voorlees, is ’n oorvertelling van ’n mite wat Amerikaanse Indiane (native Americans) oor die reënboog vertel het. Die storie gaan oor hoe die kleure van die reënboog saam ’n mooi reënboog vorm. Verduidelik die luisterproses vir die leerders. Dit gaan elke keer gebruik word as luisterbegrip getoets word (tot in graad 12). Die luisterproses • Lees die teks drie keer voor. Leerders mag die eerste keer net luister. • Hulle moet luister na hoe die woorde uitgespreek word – spreek dus duidelik en hard met die regte ronding uit (byvoorbeeld “deur” en nie “deer” nie). na – to • Verduidelik moeilike woorde ná die eerste lees. ná – after • Daar is gewoonlik vrae, wat die leerders nou mag lees (lees dit vir hulle). • Lees die teks ’n tweede en derde keer voor, waartydens die leerders notas mag maak. • Leerders kan die notas in hul werkboek maak, byvoorbeeld:
15 Januarie 2021
Aktiwiteit 3
Notas Groen – die belangrikste, teken van lewe en hoop, is orals Blou – water en lug is blou ... Vrae 1. Lees die teks met gevoel en skep die regte atmosfeer – oefen eers om dit hardop te lees. Leerders moet na die gebeure en besonderhede oplet en notas maak, soos in die luisterproses uiteengesit. Gaan deur die woordeskat ná die eerste lees om seker te maak die leerders verstaan die teks. 13
© Optimi