Eenheid
• •
1
Fasiliteerdersgids 1/2 G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Leerders kan eers hul fisiese eienskappe (physical characteristics) noem, soos hul haarkleur, of dit krullerig of reguit is, hul lengte (kort of lank), of hulle sproete het, ens. (hair colour, whether it is straight or curly, whether they are short or tall, if they have freckles, etc.). Die leerders noem dan enige van hul karaktereienskappe (qualities), byvoorbeeld bedagsaam (dink aan ander), geduldig, vriendelik, goedhartig, behulpsaam (jy help ander) en betroubaar (considerate, patient, friendly, kind, helpful and trustworthy).
Die leerders maak beurte om hul eienskappe te noem. Hulle teken dan ’n prentjie van hulself en skryf hul eienskappe langsaan.
Indien die leerders nie weet wat die Afrikaanse woord is nie, kan hulle dit in hulle huistaal gee en sê dan vir hulle wat die regte Afrikaanse woord daarvoor is. Dit is belangrik om die leerders nie te ontmoedig (discourage) nie – help hulle om die regte woord te vind eerder as om te raas. Let wel: Die leerders doen later in die afdeling ’n aktiwiteit oor hul karaktereienskappe.
Aktiwiteit 2: Dra ’n gedig voor 20 minute
Lees die gedig “Reënboog vang” vir die leerders voor. Hulle gaan dit oefen en die woorde leer, om môre of later die week as ’n klas (of in groepe) voor te dra. Oefen eers ’n paar keer saam met hulle. Die leerders kan bewegings saam doen, soos tussen hakies aangedui, of hulle kan hul eie bewegings in byvoorbeeld groepies van vier uitdink en die gedig dan in groepe voordra. Die doel van die aktiwiteit is om die uitspraak van woorde te oefen en om te kyk of hulle ’n eenvoudige gedig kan onthou.
Reënboog vang Philip de Vos
Ons sal vir jou ’n reënboog vang om heeldag bo jou kop te hang. Die geel en groen die rooi en blou is almal gepluk net vir jou.
(gebruik jou hande om te maak asof jy iets vang) (hou jou hand bo jou kop asof jy iets laat hang)
(hou jou hande teen jou bors by “gepluk” en wys vorentoe met jou wysvingers [index fingers] by “vir jou”)
Woordeskat Gaan ná elke teks saam met die leerders deur die woordeskat. Die woorde is in vetdruk in die teks. Die definisies van moeiliker woorde word gegee, terwyl slegs die Engelse vertaling van makliker woorde gegee word.
© Optimi
12