Grade 4 Handleiding 2/4 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 13

Eenheid

2

Handleiding 2/4 G04 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Kriteria Het jy die woorde reg uitgespreek? Het jy vlot en met gevoel gelees? Het jy die leestekens gehoorsaam?

Punt (omkring) 1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Wenke vir hardop lees • • •

Spreek die woorde reg uit. Lees vlot en met gevoel. Gehoorsaam die leestekens.

Kyk mooi na hoe om die volgende uit te spreek: • Die tj in “fluitjie” klink soos ’n k – “flui-kie”. • “Erns” klink soos “êrens”, maar korter – “êrins”. “Juffrou Jones het haar fluitjie in die klas vergeet, toe vra sy dat ek dit gaan haal. En toe lê dié papier op haar tafel. Weet jy wat dit beteken?” Jason se opgewondenheid borrel oor. “Jason, dis die antwoorde van môre se Wiskundetoets! Dis nie reg nie,” sê Alex geskok en teleurgesteld in Jason. “Hoe bedoel jy? Dis die beste ding ooit! Jy weet hoe ek met Wiskunde sukkel en hoe sleg my punt vir die kwartaal sover lyk. Die antwoorde kan my mos help!” “Nee, vat dit terug na juffrou Jones se klas toe, nou dadelik.” Alex kyk met erns na Jason. “Dis oneerlik en verkeerd, en jy weet dit.” Woordeskat teleurgesteld (disappointed): ongelukkig omdat iets waarop jy gehoop het, nie gebeur het nie, of omdat iemand/iets nie so goed is as wat jy gedink/verwag het nie erns (seriously): om ernstig te wees

Vertalings fluitjie – whistle geskok – shocked

Aktiwiteit 126: Speel ’n taalspeletjie Luister na die fasiliteerder se instruksies en speel saam. © Optimi

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.