1 minute read

AFDELING 1: LUISTER EN PRAAT

AFDELING 1

SECTION 1: LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 208: Luister na ’n storie

Interessante feit: In 1993 het die Franse skrywer Max Valentin ’n beeld van ’n uil, wat van goud en silwer gemaak is, iewers in Frankryk weggesteek. Hy het leidrade (clues) in ’n boek gepubliseer, Sur La Trace De La Chouette d’Or (On The Trail of The Golden Owl), maar niemand het die beeld al ooit gevind nie.

Daar is baie skatte (treasures) in die wêreld wat nog nooit gevind is nie, waarvan die Kruger-miljoene een is. Doen navorsing oor hierdie soorte skatte.

Die storie in die les is gebaseer op ’n ware verhaal van ’n Franse man wat ’n beeld (statue) van ’n uil, wat van goud en silwer gemaak is, iewers in Frankryk weggesteek het. Soos in die interessante feit genoem, het hy leidrade in ’n boek gepubliseer (1993). Nog niemand het die beeld opgespoor nie.

Sinonieme vind – opspoor (gevind – opgespoor)

Gesels saam oor avontuurverhale en skatte (adventure stories and treasures).

• Ken jy enige stories vol avontuur? Byvoorbeeld in die Indiana Jones-flieks is daar soeke na skatte. • Het jy al van verlore skatte gehoor? • Watter skatte sal jy graag wil vind? Teken prentjies daarvan.

Luister na die storie wat die fasiliteerder lees. Onthou, jy mag tydens die tweede en derde lees notas maak.

Beantwoord die vrae mondelings.

1. Wat is die titel van die storie? 2. Hoeveel karakters is daar in die storie? 3. Ons weet nie wat die verteller se naam is nie. Wat is sy ouboet se naam? 4. Die storie word uit die jonger boetie se oogpunt vertel. Hoe weet jy dit? 5. Waar speel die storie af? 6. Wat soek hulle daar? 7. Beskryf die grot in drie woorde.

This article is from: