
1 minute read
Aktiwiteit 214: Beantwoord vrae
verstom – speechless uitgespreide – spread out skedel – skull versplinter – shatter doodse stilte – deadly silence vrees – fear gevaar – danger versigtig – carefully kalm – calm woedende – raging skommel – (in context) bounces huilende – howling bedaar – subsides
Gesels saam oor deel 2 van die storie. Skryf die antwoorde later in jou werkboek.
1. Wie is die twee karakters in die storie? 2. Wie het die storie geskryf? 3. Wat is in die houtkissie? 4. Wat was heilig vir die Muisca-stam? 5. Wat gebeur as die skedel breek (versplinter)? 6. Wat beteken “doodse stilte”? 7. Die verteller gly op ’n hoop skedels. Waar dink jy kom dit vandaan? 8. Waarom dink die verteller dat hulle die uil daar moet los? 9. Wat gebeur as die uil terug is in die kissie? 10. Wat bedoel die verteller met sy laaste woorde: “Darem het ons nou ’n goeie storie om te vertel!”?
Bonus
• Het jy van die storie gehou? Verduidelik. • Is daar enige iets wat jy omtrent die storie sou verander? Verduidelik.
Aktiwiteit 214: Beantwoord vrae
Lees weer deel 2 van “Die goue uil” en beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Som kortliks op wat in deel 2 van die storie gebeur. Onthou, jy moet net die hoofgebeure gee.
2. Soeklees om die antwoorde te kry. Onthou, jy soek na spesifieke woorde in die teks om die antwoord op te spoor.
2.1 Waarvan is die uil se oë gemaak? 2.2 Vir wie was die goue uil heilig? 2.3 Wie sê: “Wel, dit was nou ’n mors van tyd.”?
3. Uit wie se oogpunt word die storie vertel?