Graad 4 Fasiliteerdersgids Lewensvaardighede

Page 16

Fasiliteerdersgids G04 ~ Lewensvaardighede

1

Eenheid

KWARTAAL 1

EENHEID 1: Persoonlike en sosiale welsyn LEERDOELWITTE Nadat die leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen: • Hul eie persoonlike sterkpunte kan identifiseer, ondersoek en waardeer. • Suksesvolle en minder suksesvolle ervarings kan identifiseer. • Minder suksesvolle ervarings in positiewe leerervarings omskep. • Respek toon vir hul eie, sowel as ander persone se liggame. • Gepaste strategieë kan toepas om konfliksituasies te vermy en te hanteer. INLEIDING ’n Persoon se selfbeeld is baie belangrik omdat dit bepaal hoe jy oor jouself voel. Dit is ook belangrik in jou optrede teenoor ander mense. Jou selfbeeld bepaal ook of jy suksesvol sal wees in dit wat jy aanpak. Die terugvoering wat jy van ander persone kry, kan positief of negatief wees. Dit is belangrik om dié terugvoer op die regte wyse te kan hanteer. Jy moet ook weet hoe om terugvoer te gee aan ander persone op die korrekte wyse. Dit is dus belangrik vir die leerder om die nodige leiding te ontvang. Emosies is baie belangrik in die fase van die leerder se lewe. Die leerders se emosies is baie sensitief en soms voel hulle deurmekaar. Dit is daarom belangrik om te weet hoe om emosies korrek te bestuur en uit te druk. Dit is belangrik om in die moeilike tye te kan staatmaak op vriende. Laastens gaan ons kyk na verhoudings met ander persone. Die leerder moet kan leer onderskei tussen slegte en goeie verhoudings. Die ondervindinge kan die leerder later in die lewe help as hulle belangrike besluite met betrekking tot verhoudings moet neem. Persoonlike sterkpunte • Identifiseer eie en ander se sterkpunte. • Gebruik sterkpunte op ’n positiewe wyse. • Lees oor rolmodelle of suksesvolle persone. 14

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.