Graad 4 Fasiliteerdersgids Lewensvaardighede

Page 20

Fasiliteerdersgids G04 ~ Lewensvaardighede

2

Eenheid

EENHEID 2: Uitvoerende kunste LEERDOELWITTE Nadat die leerders die eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen: • Te kan opwarm deur bewegings op die ritme van musiek te doen. • Kreatiewe speletjies kan ontwikkel en speel. • Die basiese note kan lees en interpreteer. • Ritmiese patrone met bewegingsaktiwiteite kombineer. • Die verskillende slaginstrumente kan identifiseer. INLEIDING In die Uitvoerende Kunste gebruik ons ons liggame, musiekinstrumente en stemme op verskillende wyses om stories te vertel en lekker te speel! Ons gaan in die eenheid lekker sing en dans en speel. BELANGRIKE TERMINOLOGIE • • • • • • • • • •

Ritme: ’n Herhalende patroon van ritme of beweging. Ritmiese patrone: ’n Opeenvolging van herhalende note. Poliritme: Twee of meer ritmes in dieselfde musiekstuk. Notasie: Die manier waarop ons musiek skryf. Rekwisiete: Voorwerpe wat gebruik word in ’n opvoering. Repetisie: Die inoefening van ’n opvoering. Opvoering: Die aanbieding van ’n vertoning. Snaarinstrumente: Die klanke van die instrumente kom van vibrerende snare, soos bv. die viool. Blaasinstrumente: Die klank van die instrumente word voortgebring deur daarin te blaas, bv. ’n fluit. Perkussie- of slaginstrumente: Die instrumente se klank word voorgebring deur daarop te slaan, bv. dromme.

18

© Optimi


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.