Aalwurm Analiseerder
Oorsig – Die gebruik van aalwurms as bio-indikators van grondgesondheid
Sheila Storey www.nemlab.co.za
INLEIDING Grafiese voorstelling van die strukturele- en verrykings toestand van die grondvoedselketting, die sg. Aalwurm Analiseerder (Figuur 1), is gebasseer op die relatiewe gewig van die hoeveelheid aalwurms in die verskillende voedingsgroepe. Die indekse, afgelei van die aalwurm gemeenskap struktuur, gee vir ons 'n aanduiding van die voedselketting se struktuur, verryking en die spoed waarteen afbreking plaasvind. Meeste eenjarige aanplantings sal aangedui word aan die linkerkant (Sektor A en D) van die grafiek waar volgehoue versteuring (bv. ploeg) struktuur sal voorkom (dus sal dit ‘n laer Struktuurindeks (SI) tot gevolg hê). Meerjarige gewasse sal meestal aangedui word aan die regterkant (Sektor B en C) van die grafiek waar minimale inmenging/versteuring plaasvind (dus ‘n hoër SI). Verryking, deur die toevoeging van bv. kompos, deklae of lewende deklae (onkruid en dekgewasse), word gereflekteer op die vertikale as.
AALWURMS AS BIO-INDIKATORS GRONDGESONDHEID
VAN
'n Gesonde grond word beskou as 'n stabiele grond, ryk aan biologiese diversiteit, met hoë vlakke van interne siklusse van voedingstowwe en met 'n goeie weerstand teen stresfaktore. Aalwurms is alomteenwoordig in alle gronde wat organiese koolstof as voedingsbron bevat. Hulle kom voor in alle omgewings, van erg besoedel tot heeltemal ongerep, in alle tipes gronde en onder enige klimaatstoestande. Aalwurms in die grond het sleutel posisies in die afbreek voedselketting en kan in minstens vyf trofiese (voedings) vlakke of funksionele groepe verdeel word. Hulle voed meestal op organismes in die grond (swamme, bakteriëe, ander aalwurms, myte, eensellige alge en mos) en is ook self 'n bron van voedsel vir sommige van hierdie organismes. Die meerderheid aalwurms het 'n voordelige rol in die ekosisteem en is nie parasiete of plae nie. Die aalwurm gemeenskapstruktuur en funksies verander in reaksie op grondbestuurspraktyke soos voedingstofverryking deur die toevoeging van kompos, deklae, kunsmis (bv. organise of anorganiese stikstof) en kalk, verandering in dreinering, die plantgemeenskap se samestelling en ouderdom en die toevoeging van gifstowwe soos swaar metale en plaagdoders.
FIGUUR 1: Aalwurm Analiseerder
Die voordelige aalwurms speel 'n belangrike rol in die grondvoedselketting deurdat dit die voedingsmineralisasie en die graad van ontbinding beheer, en die gedrag van die mikrobiese gemeenskap reguleer. Hierdie aalwurms speel ook 'n belangrike rol deur organiese materiaal af te breek in verskeie minerale en organiese voedingstowwe.
Bladsy 1 van 2
Laasgenoemde is ook 'n bron van voedsel vir swamme, bakteriëe, alge, protozoa en kleiner organismes soos myte. Die populasie van hierdie mikrobes en organismes vermeerder en dus ook die aalwurms wat voed op hierdie mikrobes en organismes. Tydens hierdie proses absorbeer die aalwurms meer voedingstowwe, veral koolstof en stikstof, as wat hulle nodig het. Die oorbodige voedinstowwe word dan deur die aalwurms uitgeskei in die grond wat dan weer beskikbaar is as bron van voedsel vir die mikrobe, ander organismes en plante. Dit is bekend dat nie-parasitiese aalwurms tussen 19% en 30% van die totale oplosbare stikstof in die grond bydra. Die rol van aalwurms oor hulle leeftyd is van plofbare koloniseerders (opportuniste) tot aanhouers (konserwatiewe oorlewendes). Die skaal wissel van vroëe koloniseerders van uiterste verryking (soos rou mis) tot algemene opportuniste (van nuwe hulpbronne) tot aanhouers (in ongerepte omgewings). Aanhouers toon 'n groter sensitiwiteit vir besoedeling en ander versteurings. Hierdie strategiëe en die trofiese groepe word gebruik om die verskeie indekse te bepaal.
Voorgestelde literatuur om meer inligting oor die onderwerp te bekom: Ferris, H., Bongers, T. and De Goede, R.G.M., 2001. A framework for soil food web diagnostics: extension of the nematode faunal analysis concept. Applied Soil Ecology 18:13-29. Neher, D.A, 2001. Role of Nematodes in Soil Health and Their Use as Indicators. Journal of Nematology 33(4):161-168. Neher, D., Bongers, T. and Ferris, H., 2004. Computation of Nematode community indices. Society of Nematologists Workshop, Estes Park, Colorado. Yeates, G.W., Bongers, T., De Goede, R.G.M., Freckman, D.W. and Georgieva, S.S., 1993. Feeding Habits in Soil Nematode Families and Genera – An Outline for Soil Ecologists. Journal of Nematology 25(3):315-331.
Die Struktuurindeks (SI) (horisontale as) reflekteer 'n oorvloed van hulpbronne en dit is waar die herstel van stres plaasvind. Die voorkoms en oorvloed van organismes hoër op in die trofiese vlakke is bewys van die verband tussen trofiese vlakke in 'n sisteem. Grondvoedselkettings word verryk (Verrykingsindeks (VI)) wanneer 'n versteuring plaasvind deur die toevoeging van 'n hulpbron. Dit is 'n maatstaf van die teenwoordigheid van opportunistiese bakteriese- en swamvoedende aalwurms. Op die Verrykingsindeks (vertikale as) word funksionele groepe geweeg volgens hulle groei en metabolisme of hulle verbruik van hulpbronne, terwyl hulle op die Struktuurindeks (horisontale as) geweeg word na aanleiding van hul sensitiwiteit vir versteuring. Die gebruik van aalwurms as bio-indikators van grondgesondheid kan nie alleen as maatstaf gebruik word nie, maar vorm deel van 'n geïntegreerde stelsel van metings.
Bladsy 2 van 2