04 aalwurms%20in%20steenvrugte junie%202013

Page 1

Aalwurms in Steenvrugte Praktiese riglyne vir die kort- en langtermyn beheer van aalwurms Saamgestel vir die Sagtevrugtebedryf Sheila Storey www.nemlab.co.za

INLEIDING

Appelkose

Appels

Pere

Wingerd

Tabel I: Die gasheer-aalwurmverwantskap van die belangrikste aalwurms op vrugte Pruime

Perskes is van die min meerjarige gewasse wat kan vrek van aalwurms. Dit is veral boompies jonger as 18 maande wat vrek weens baie hoë getalle knopwortelaalwurm. Ringaalwurm is ook ‘n baie groot probleem by steenvrugte (Fig 1.). Ringaalwurm se skade is egter nie maklik waarneembaar nie.

rede vir die uithaal van jong wingerd of bome ‘moeë stokke of bome’ agv aalwurmskade. Die behandeling van nuwe bome na vestiging gee dan dikwels onbevredigende resultate. Inboet boompies vrek ook malik. Verskeie aalwurms val verskillende vrugte aan (Tabel I).

Perskes

Aalwurms is mikroskopiese, wurmagtige organismes wat die wortels van plante aanval. Beskadigde wortels veroorsaak dat min voedingstowwe en water opgeneem word.

Letselaalwurm*

xx

xх?

х

хx

x

х

Dolkaalwurm***

xx

хх

х

хxx

xx

хxx

х

x

хx

xx

Spiraalaalwurm Stompwortelaalwurm

x

Speldaalwurm

х

х

х

Knopwortelaalwurm*(**)

ххх

хxx

х?

хxx

Ringaalwurm***

ххx

ххх

хxx

хxx

Sitrusaalwurm

x

Sleutel: Tabel I

Fig 1. Meloidogyne sp. (knopwortelaalwurm)

Daar is verskeie redes vir die toename in aalwurmprobleme oor die afgelope paar jaar. Die eerste rede is die groter bewuswording van aalwurmskade. ‘n Tweede rede is die toenemende druk om grond te hergebruik. Die feit dat daar binne 4 maande na die uithaal van steenvrugte of wingerd weer steenvrugte op dieselfde gronde gevestig word, is die grootste oorsaak. Gepaardgaande hiermee is die feit dat min produsente dit oorweeg om hulle grond te berook of besef hoe noodsaaklik dit soms is. ‘n Ander praktyk wat baie gevaarlik is, is om tussen die wingerd of steenvrugte, wat uitgehaal gaan word, nuwe bome te vestig. Dikwels is die

xxx

Baie belangrik, kan erge skade aanrig, kom redelik algemeen voor

xx

Belangrik, kan soms erge skade aanrig wanneer getalle hoog is, kom redelik algemeen voor

x

Veroorsaak selde ‘n probleem, min bekend oor hoeveel skade hulle aanrig

*

Endoparasiete

**

Behalwe vir knopwortelaalwurm weerstandbiedende onderstamme

***

Ring- en dolkaalwurms kan weens hul lang stekels aan die wortels vasklou

?

Genoegsame kennis ontbreek om die gasheerstatus te bevestig

Bladsy 1 van 4


Aalwurms word in twee groepe verdeel volgens hulle voedingsgewoontes, nl endo- en ektoparasiete (Tabel II). Tabel II: Endo- en ektoparasitiese aalwurms op steenvrugte

Endoparasiete

Indien enige van lg. gewasse ‘n gasheer was vir die reeks aalwurms wat op steenvrugte voorkom sal die bevolking baie vinnig onder die steenvrug toeneem en sodoende skade aanrig.

Ektoparasiete

(voed binne in wortel)

(voed buite op wortel)

Knopwortelaalwurm

Ringaalwurm

Letselaalwurm

Dolkaalwurm

MONITERING Neem altyd beide grond- en wortelmonsters om die besmetting in die boord te bepaal.

Stompwortelaalwurm

Voor vestiging Die monsters moet geneem word terwyl daar nog ‘n gewas aanwesig is, dws voordat die bome, stokke of ander gewas van die grond verwyder word. Sodra die gasheer verwyder word gaan die aalwurms oor in ‘n eierstadium wat onmoontlik is om op ‘n kommersiële skaal te bepaal.

Spiraalaalwurm Speldaalwurm

BESMETTINGSBRONNE Daar is drie moontlike besmettingsbronne nl water, plantmateriaal en grond. Water Water afkomstig vanaf veral vinnig-vloeiende riviere met heelwat landbouaktiwiteite (veral groenteverbouing) kan as ‘n besmettingsbron vir aalwurms dien. Die water is egter ‘n baie klein bron van besmetting vergeleke met die ander twee bronne. Die persentasie aalwurms wat uit die water gepomp word is minimaal. Die opbou in die grond is dan stadig. As daar goed (skoon) begin word, sal die bome hierdie opbou oor tyd kan ‘weerstaan’. Plantmateriaal Slegs gewortelde plantmateriaal kan ‘n moontlike bron van besmetting wees. Dié besmetting geld veral vir die migrerende endoparasiet, letselaalwurm en die sedentêre endoparasiet, knopwortelaalwurm. Beide aalwurmsoorte leef binne in die wortel. Dit is egter ook so dat ring- en dolkaalwurms met hulle lang stekels geneig is om aan die wortels “vas te klou” en kan dan saam met plantwortels vervoer word. Die huidige sertifiseringskema vereis dat plantmateriaal visueel skoon moet wees. Slegs een aalwurm, nl knopwortelaalwurm, se simptome is visueel sigbaar. Afgesien van die huidige sertifiseringskema is daar wel riglyne in plek wat probeer verseker dat kwekerye redelike skoon plantmateriaal verskaf. Die plantmateriaal is dus nie die oorsaak van die aalwurmprobleme in die steenvrugbedryf nie. Inlê gronde by produsente Inlê gronde by beide die kwekery EN die produsent moet gemonitor word en indien nodig moet daar dienooreenkomstig opgetree word. Dieselfde reëls geld hier soos vir alle gronde waar vestiging gaan plaasvind (sien Beheer: Voor vestiging). Grond Die grond is die belangrikste besmettingsbron. Die besmetting in die grond word bepaal deur die vorige gewas, dekgewasse, onkruide of natuurlike veld (fynbos) wat op die grond teenwoordig was.

Kort na vestiging Aangesien die meeste aalwurms slegs uitbroei in die teenwoordigheid van wortel-uitskeidings neem dit ongeveer 8 maande voordat aalwurmgetalle hoog genoeg is om in monsters waargeneem te word. Bestaande boorde Monsters kan dwarsdeur die jaar geneem word. Die getalle is op hulle hoogste in die somermaande en daal namate die grond kouer word. Die aanbevelings van die resultate word aangepas volgens die tyd van die monsterneming. Gronde wat uitermatig droog of nat is moet verkieslik nie gemonster word nie. Water Die monitering van water is onprakties en word nie aanbeveel nie.

BEHEER VOORKOMING IS BETER AS BEHEER! Die resultaat van die aalwurmontleding bepaal watter beheermaatreëls toegepas word. Voor plant/vestiging van nuwe bome Dit is van uiterste belang om die aantal aalwurms tot ‘n minimum te beperk voor die aanplant van die nuwe bome. Identifiseer minstens een (of meer) jaar vooruit watter blokke gaan hervestig word. Bepaal dan die risiko van die grond tov die aalwurmbesmetting deur die grond te laat ontleed (sien Monitering). Dit is veral ou steenvrug- en wingerdgronde wat probleme skep omdat dieselfde reeks aalwurms hierdie gewasse aanval (Tabel I). Ander gewasse wat moontlike risikos inhou sluit in die meeste groentes, rankgewasse, Port Jackson, Acacia, ‘black wattles’ (swart wattelboom of Australiese Akasia) en rog. Behalwe vir rog is meeste van hierdie gewasse uitstekende gashere vir knopwortelaalwurm. Rog is weer ‘n goeie gasheer vir letselaalwurm.

Bladsy 2 van 4


Verwyder altyd soveel as moontlik van die ou wortels van die vorige gewas. Dit is veral die endoparasitiese, letselen knopwortelaalwurm wat skuiling in die wortels vind.

vestiging dieselfde resultate as beroking bied. Dit is egter nie waar nie. Beroking kan slegs voor vestiging plaasvind.

Daar is vier beheer opsies wat op hierdie stadium oorweeg kan word en hulle word grootliks bepaal deur die besmetting in die grond en die tydsverloop tussen aanplantings: •

Die bestaande gewas kan behandel word om sodoende die getalle van die aalwurms in die grond af te bring. Dikwels is meer as een behandeling nodig en daar moet vroegtydig op hierdie opsie besluit word (ongeveer 2 jaar voor die nuwe aanplanting). Hierdie opsie moet oorweeg word indien daar in dieselfde jaar hervestig word.

Waar knopwortelaalwurmgetalle besonder hoog is en beroking nie ‘n opsie is nie, moet ‘n weerstandbiedende onderstam oorweeg word. Die meeste steenvrugte (weerstandbiedende onderstamme uitgesluit) is uiters vatbaar vir knopwortelaalwurm (Tabel III). Hierdie weerstand is net geldig vir knopwortel-aalwurm en die bome sal dus nog steeds deur die ander aalwurms aangeval word.

Die volgende berokingsmiddels kan oorweeg word: metielbromied; 1,3-D + chloropicrin (Telopic); etileendibromied (EDB); furfural (Protect) en metham natrium (Herbifume). Elkeen van hierdie berokingsmiddels het baie spesifieke voorvereistes om suksesvolle werking te waarborg. Die vereistes sluit in temperatuur, grondsoort, vog, organiese materiaal inhoud ens. Bepaal dus altyd vroegtydig wat hierdie vereistes vir elke middel is. Die vereistes is by Nemlab of die landbouchemiese maatskappye beskikbaar.

Tabel III: Knopwortelaalwurm weerstand op steenvrugonderstamme

Onderstam GF 677 Kakamas Viking SAPO 778 Maridon Marianna Nemaguard Flordaguard Nemared Tsukuba

Fig 2. C. xenoplax (ringaalwurm)

Weerstand 1 1 1 2 5 5 5 5 5 5

Ander moontlike opsies sluit solarisasie en bioberoking in. Solarisasie is ‘n metode om grondgedraagde organismes en patogene te beheer deur die gebruik van verhoogde grondtemperature. Die temperatuur word verhoog deur dun, deursigtige poli-etileen plastiek oor ‘n vogtige grond-oppervlak te plaas. Solarisasie verlaag drasties die aalwurmbevolking maar sal dit nie totaal uitwis nie.

1 = baie gevoelig; 5 = weerstandbiedend

‘n Rusperiode van een jaar maar verkieslik meer (3 jaar) met die vestiging van swak- of niegashere in ‘n rotasiestelsel kan oorweeg word. Nie-gashere sluit in Tagetes en Crotalaria spp asook Eragrostis vir langtermyn vestiging. Gewasse wat as swak gashere beskou word sluit in hawer, korog en koring. Waar letselaalwurm teenwoordig is moet rog vermy word. Heelwat navorsing word benodig om die presiese omvang van hierdie dekgewasse se vatbaarheid vir die verskeie aalwurms te bepaal. Hierdie is een van die groot leemtes in ons kennis. Dit is belangrik om weer ‘n bepaling te doen van die aalwurmbesmetting net voordat die dekgewas dood gaan of ingeploeg word. Indien die populasie uitermatig hoog is en daar nie ‘n braak periode gaan wees nie is dit soms noodsaaklik om die grond te berook voordat die nuwe bome gevestig word. Sommige produsente glo dat chemiese behandeling na

Bioberoking of biologiese beroking is ‘n tegniek wat sommige plante se eie beskermingsfunksies gebruik om ‘n reeks organismes en patogene insluitende swamme, bakterieë, aalwurms, insekte en sekere onkruid te beheer. Die plante produseer spesiale vlugtige verbindings waarvan die belangrikste glukosinolate is. Plantsoorte wat veral geskik is vir bioberoking, is van die familie Brassicaceae (kopkool, blomkool, broccoli, beeskool, kanola en mosterd) en van die familie Moringaceae (peperwortel en serkere soorte radyse). Die plante word groen geoes, fyngekap en in die grond ingewerk. Die land lê daarna 10 tot 14 dae voor die volgende gewas aangeplant word. Moenie probeer om die aalwurmprobleem na vestiging te probeer oplos met chemie nie. Dit is ‘n kortsigtige benadering.

Bladsy 3 van 4


Kort na vestiging Dit is uiters belangrik dat die aalwurmgetalle op hierdie stadium tot ‘n minimum beperk word. Die jong wortels is nie in staat om hoë getalle aalwurms te trotseer nie. Wortels wat op hierdie jong stadium beskadig word herstel moeilik en sal nooit hul volle potensiaal bereik nie.

ALGEMENE WORTELGESONDHEID

Indien die resultaat van die aalwurmontleding chemiese behandeling na vestiging aanbeveel kan die eerste behandeling ongeveer 6 weke na plant toegedien word en 2 maande later opgevolg word met ‘n tweede behandeling indien nodig. Monitor hierna die getalle op ‘n gereelde basis.

Verskeie wortelstimulante in ‘n biologiese of chemiese vorm kan tot die grond bygevoeg word. Enige fisiese stres faktore in die grond moet ook aangespreek word. Die toediening van ‘n ‘mulch’ bo-op die grond, ‘n goeie kompos of enige ander vorm van organiese materiaal word sterk aanbeveel.

Bestaande boorde Bepaal altyd eers die vlak van besmetting voordat daar opgetree word teen aalwurms. Die resultaat van die aalwurmontleding sal die aantal behandelings aandui. Die behandelings moet geskied net voor die wortelgroeipieke in die lente en herfs. Die optimum tyd van toediening is binne 30 dae na oes opgevolg deur die periode net voor en na bot. Daar kan dwarsdeur die jaar behandel word maar bogenoemde tye gee die beste resultate.

Nie een van hierdie byvoegings sal hoë aalwurm bevolkings beheer nie, maar sal wortelgesondheid en natuurlike vyande (voordelige grondorganismes) bevorder. Sodoende word die aalwurm skade verminder en mettertyd sal die getalle daal.

Die bevordering van wortelgesondheid is noodsaaklik. Aalwurms is strespatogene en gesonde wortels beteken dus minder aalwurm probleme.

Dit is belangrik dat die periodes tussen die behandelings tot 6 maande beperk word. Die jaar-op-jaar behandelings is nie suksesvol nie. Die ring-en dolkaalwurm is moeiliker om te beheer en dit neem langer om ‘n daling in getalle te kry. Dit is onnodig om die aalwurms heeltemal uit te wis. Daar moet eerder probeer word om die getalle na ‘n aanvaarbare vlak af te bring. Tans (Junie 2013) is cadusafos (Rugby), fenamiphos (Nemacur, Spitfire, Fenamiphos), furfural (Crop Guard) en oxamyl (Blockade, Vydate) op steenvrugte geregistreer. Dit is belangrik dat die aalwurmdoders met genoegsame water (10 – 20 mm) ingewas word. Dit is ook belangrik dat die bankies ten tye van die toediening skoon is van ‘n deklaag of enige onkruide en organiese materiaal. Weens die moontlikheid van versnelde mikrobiese afbraak, is dit belangrik om die middels met mekaar af te wissel Water Water kan nie chemies behandel word nie. Dit kan egter dmv filters gefiltreer word. Enige filter, insluitende sandfilters, sal ‘n mate van beheer gee. Filters met 5 µm openinge word benodig om aalwurms heeltemal uit die water te filtreer, maar dit is onprakties in ‘n boordsituasie. Die besmetting uit riviere kan ook drasties verminder word deur die water in damme te pomp. Die water moet verkieslik vir 48 uur staan om die aalwurms tyd te gee om af te sak en moet dan vanaf die oppervlak onttrek word..

Bladsy 4 van 4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.