Grootword

Page 1

Grootword Angus Buchan


GROOTWORD

Alle regte voorbehou Š 2010 deur Angus Buchan.

ISBN: 978-1-9203631-6-1

Omslagontwerp deur Lourensia Pretorius.

Alle Skrifaanhalings is geneem uit die Afrikaanse Nuwe Vertaling, behalwe wanneer anders aangedui. Kopiereg Š 1983 deur Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Uitgegee deur: Maranatha Christian Publishers Private Bag X32823 Menlyn 0063 South Africa www.maranatha.co.za


Hierdie boek word opgedra aan hulle wat die pad byster geraak het.


Erkennings Ek sê vir God dankie vir Ann Roux wat, weereens, die Engelse weergawe van hierdie boek na haar beste vermoë geredigeer het, al beleef sy nou beproewende tye omdat haar man, Pete, glad nie gesond is nie. Baie dankie, Ann, vir die uitstekende gehalte van jou werk wat dit help moontlik maak het dat hierdie boek kon verskyn. Ek wil ook vir God ons hemelse Vader baie dankie sê vir Yvonne Ashwell, wat die oorspronklike Engelse manuskrip so noukeurig getik het. Knap gedaan, Yvonne! Dankie dat jy ’n ware vriendin is en die ware boodskap van hierdie boek ingesien het. Ek waardeer jou, Les en Duane so baie. Dankie aan Patrick Royal vir die asemrowende foto’s wat jy voorsien het. Soos altyd is die gehalte van jou werk werklik verstommend. Ek wil my opregte waardering uitspreek teenoor Rod en Lyn Samouilhan van Pinetown Printers, wat nou meer vriende as sakevennote is. Dankie, Jilly Hull (my jongste dogter), vir jou noukeurige en harde werk, en vir jou vermoë om die dinge wat jou pa begin, klaar te maak. Ek weet nie wat ek sonder jou sou gedoen het nie. Laastens wil ek vir my dierbare vrou, Jill, sê: Dankie, Jill, dat jy deur God in my glo. Ek dink nie eens ek sou nog geleef het om hierdie boek te kon skryf as dit nie was vir jou liefde en toewyding aan God en vasberadenheid om my te versorg en my selfs te probeer vasbind sodat ek ’n slag kan rus nie. Ek is regtig baie lief vir jou en waardeer jou baie. Noudat ek grootgeword het, waardeer ek jou soveel meer as toe ek jou al daardie dekades gelede ontmoet het. Bowenal sê ek vir die Here Jesus Christus dankie dat Hy aan my die voorreg gegee het om hierdie verhaal te deel met sy kinders, van wie vele steeds soekend is na die oomblik van grootword.

vi


Voorwoord “Haai, hallo, hallo! Is dit jy, Tortoise? Waar was jy? Ek sukkel om jou in die hande te kry.” “Hallo, Buchan-Hare, ek was maar die hele tyd hier. Goed om jou stem te hoor.” Die Buchan-Hare-sage het baie jare gelede begin. Buchan-Hare is altyd haastig; Tortoise draal agterna en word alewig aangejaag. Ek en Angus stap al baie jare lank saam deur die lewe, byna vanaf die oomblik toe ons ontmoet het by die gemeente waaraan ons albei behoort. Angus en Jill het gou hulle merk as twee waardevolle mense gemaak. Angus is tot ouderling verkies kort nadat hulle by die gemeente aangesluit het. Die leierseienskappe in hom is gou raakgesien. Met Angus se tweede veldtog, wat in Port Elizabeth gehou is, het ek as ’n lid van die span saamgegaan, sonder dat ek die vaagste idee gehad het wat hulle van my sou verwag of wat ek moes doen. Ek dink dit het vir die hele span gegeld. Ons is aan die diepkant ingegooi en ons het waardevolle lesse geleer, wat ons almal voorberei het vir al die ander veldtogte wat Angus sou hou. Tog vreemd hoe die eerste poging altyd die een is waardeur jy die meeste leer. Waarskynlik omdat dit is waar jy die meeste probleme moet oorkom! Die pad waarlangs ons gereis het, herinner my soms aan ’n ou Ford-motor wat op ’n gelykpad ry, maar dan stampend en krakend en stotterend die klippe en slaggate in die pad begin tref. Dan beur die motortjie teen die seepgladde opdraande uit, maar bereik altyd die spits – daar is altyd ’n hoogtepunt om mee af te sluit. Mense word gered, genees, bemoedig. Dit geld vir die span én vir die mense vir wie ons gebid het. Ja! God se hand rus beslis op Angus. Om daar te kon wees en die wonderwerke wat gebeur het met my eie oë te kon sien, was vir my ’n ervaring wat ek my lewe lank sal onthou. Ek sal dit verruil vir niks wat hierdie wêreld my kan bied nie. Ek kon in ’n ander dimensie leef, en daarvoor sê ek vir my Here en Verlosser baie dankie. Ek het die Mighty Men-konferensie van 2009 op die Sondag bygewoon. Ons het gesit in ’n motor wat ’n entjie van die verhoog af gestaan het, maar ek kon alles duidelik sien en hoor. Twee groot skerms was reg voor ons. Ek het gesien hoe Angus na die mikrofoon toe stap en ek het hom hoor sê: “Ek het grootgeword.” Dit was die stelling wat hy gemaak het. Dit het my soos ’n voorhamerhou getref, want net daar het ek besef dat ek, soos Angus, grootgeword het. Hierdie boek is geskryf vanuit die hart van my seun in die geloof, Angus, en ek bid dat dit die lewe van elke man en vrou en kind wat dit lees, sal verander. Dit spruit voort uit egte lewenservaring. Aan God al die eer! Peggy O’Neill

vii


Ook deur Angus Buchan Faith like Potatoes DVD MMCDVDs Grassroots series DVDs Faith like Potatoes Aartappelgeloof The Seed Sower Jesus a farmer, and miracles Is Jesus enough? Hard-core Christianity Passing the baton A Farmer's Year Daaglikse geloof A Mustard seed 'n Mosterdsaad Fathers and sons Pa en seun A people saturated with God MMC 08 Coffee Table Book MMC 09 Coffee Table Book Grassroots Volume 1

viii


Inleiding Grootword was vir my ’n baie opwindende boek om te skryf. Dit is amper asof die skille van my oë afgeval het sedert ek die dag inmekaargesak het aan die onderkant van die verhoog by die Mighty Men-konferensie van 2009 op my plaas, Shalom. Dit is asof “’n vreemde warmte nou my hart vul” (John Wesley), en ek kan die lewe en die kosbaarheid van die lewe in ’n totaal nuwe lig aanskou. Ek kan nou eerlik, dalk ongelukkig, sê dat daar geen kortpad is na hierdie uitsig op die ware betekenis en heerlikheid van die kosbare lewe nie; die pad daarheen loop net deur beproewings en die ervaring om die dood letterlik in die oë te kyk. Ek sê vir God dankie vir hierdie ervaring in my lewe, want dit het my by die punt in my lewe gebring waar ek glo dat ek werklik grootgeword het. Hoe angsbevange moet iemand wees wat in hierdie lewe al volwasse geword het, maar nog nie die Meester van aangesig tot aangesig ontmoet het nie! Toe ek daar op die grasperk gelê het, nie in staat om te beweeg of te praat nie, kon ek alles sien en alles hoor. En daar was geen vrees in my hart nie. Een van die grootste komplimente wat my familie ontvang het, het gekom van die paramedikus Hans Hartmann, wat saam met die dokter en vele ander helpers op die toneel was. Hy het gesê dat hy nog nooit in die byna 20 jaar dat hy mediese hulp in krisistye verleen, soveel vrede en kalmte en volkome beheer onder ’n hele familie gesien het terwyl hulle moes staan en toekyk hoe hulle geliefde so te sê die einde van die pad bereik nie. Weereens gee ons alle eer aan ons dierbare Verlosser, Jesus Christus. Terwyl ek hierdie inleiding skryf, stap ek rond op die plaas wat my seuns nou besit en bestuur. Ek voel waarlik en volkome vervuld. Ek is gereed om enige tyd my Skepper te ontmoet. Maar ek is ook heeltemal tevrede om hier op aarde te bly solank Hy my hier nodig het. Paulus het gesê: “Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê” (Gal 2:19-20). In alle nederigheid wil ek sê dat dit presies is hoe ek in hierdie stadium van my lewe voel. Ek het grootgeword, en ek is gereed vir enigiets wat Christus vir my en my familie beplan. My gebed is dat jy hierdie boek sal lees en dat ook jy hierdie vrede, hierdie vreugde en hierdie vervulling sal ervaar wat in jou hart kom lê wanneer jy Jesus Christus in ’n baie intieme en persoonlike verhouding leer ken. Angus Buchan Shalom Januarie 2010 ix


Inhoud Erkennings . ..................................................................................... vi Voorwoord ...................................................................................... vii Inleiding .......................................................................................... ix Hoofstuk 1. Grootword................................................................ 1 Hoofstuk 2. Hoe ouer die gek, hoe groter die gek........................ 31 Hoofstuk 3. Wie sal langs jou graf staan?...................................... 41 Hoofstuk 4. Die bruilofsfees......................................................... 45 Hoofstuk 5. Tyd........................................................................... 53 Hoofstuk 6. Openbaring ............................................................. 59 Hoofstuk 7. Tye van beproewing ................................................ 69 Hoofstuk 8. Langtermynbeplanning ............................................ 75 Hoofstuk 9. Oor niks spyt nie....................................................... 85 Hoofstuk 10. Kies om God te dien................................................. 105 Hoofstuk 11. Straf vs tug................................................................ 109 Hoofstuk 12. Kameraderie.............................................................. 117 Hoofstuk 13. Swaarkry................................................................... 129 Hoofstuk 14. Armoede................................................................... 135 Hoofstuk 15. SĂŞ wat in jou hart is................................................... 145 Hoofstuk 16. Hoe het die magtiges geval!...................................... 151 Hoofstuk 17. Geduld..................................................................... 159 Hoofstuk 18. Die Weerman........................................................... 163 Hoofstuk 19. Die wag.................................................................... 173 Hoofstuk 20. Niks sal vir jou onmoontlik wees nie ....................... 177 Hoofstuk 21. Aanvaar jou verantwoordelikhede............................. 181 x


Hoofstuk 22. Vlieg uit die nes........................................................ 191 Hoofstuk 23. Buitengewone mense................................................ 195 Hoofstuk 24. Raak stil, en doen minder.......................................... 207 Hoofstuk 25. Bittersoet................................................................... 211 Hoofstuk 26. Laat die jong manne praat......................................... 221 Hoofstuk 27. Nuwe idees............................................................... 235 Hoofstuk 28. Die werklikheid van God.......................................... 239 Hoofstuk 29. Herlewing................................................................. 247 Hoofstuk 30. Eerste dinge eerste.................................................... 255 Hoofstuk 31. Ek glo in wonderwerke............................................. 263 Hoofstuk 32. Die omkeer............................................................... 269 Hoofstuk 33. Om die pad byster te raak......................................... 277 Hoofstuk 34. Mense....................................................................... 287 Epiloog ............................................................................................ 301

xi


HOOFSTUK 1

GROOTWORD

D

aar is ’n woord waarvan ek die betekenis nog nooit werklik gesnap het nie. Ek verstaan hierdie woord nou baie goed. Kortstondigheid. Veral die kortstondigheid van die lewe. Ek het in die woordeboek gaan soek na ’n definisie van dié woord nadat my vrou, Jill, vir my verduidelik het wat dit beteken. Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal sê die woord kortstondig beteken “kort van duur”. Dit is afgelei van die woord kort. Met ander woorde, die kortstondigheid van die lewe sê vir ons die lewe is kort. Ek het in die afgelope drie weke ten volle ontdek wat dit beteken om te sê die lewe is kortstondig. Ek is 61 jaar oud terwyl ek hierdie boek skryf, en dit het my 61 jaar gekos om groot te word. Hoe vreemd is dit tog dat ’n mens kan voortgaan om vir ander oor die belangrikheid van die lewe te preek, om jou kinders, jou gemeente, jou vriende en die hele wêreld te leer hoe kort die lewe is, maar as die Heilige Gees die ware betekenis daarvan nie op ’n baie drastiese manier aan jou openbaar nie, sal jy nooit regtig verstaan wat dit beteken dat die lewe soos ’n gedagte verbyskiet nie. Dit is soos die gras van die veld. Vandag is dit nog hier en môre is dit al weer verdroog. Veral wanneer jy jonk is, dink jy die lewe gaan vir ewig voortduur. Ek raak elke dag al hoe hartseerder omdat dit lyk of daar meer jongmense as bejaarde mense sterf, veral in ons geliefde Afrika. David Kain is ’n bejaarde man vir wie ek oneindig baie respek het. Ek onthou nog so goed die dag toe hy weer getrou het. Sy eerste vrou het gesterf, en hy was al diep in die 80 toe hy weer getroud is. Hy het my na sy troue genooi. Ek het doelbewus ’n bietjie laat by die troue opgedaag, in die hoop dat ek heel agter sal kan gaan sit en net deel van die bruilofviering sal kan wees, wat by African Enterprise gehou is. Daar was ongelooflik baie mense. Ook sy seuns, sommige self verkondigers van die Woord, was daar. Toe ek daar instap, het David reeds voor die kansel gestaan, gereed

1


GROOTWORD

om sy huweliksbeloftes af te lê. Hy het sy duim na my kant toe gelig en daar was ’n vonkeling in sy oë. Die plekaanwysers het my en Jill letterlik kom arresteer en ons tot voor gesleep sodat ons in die heel voorste ry kon sit. David het ’n week of twee vroeër vir my gesê hy wil graag hê ek moet by sy troue wees. En, het hy gevra, as die Here ’n boodskap uit die Woord in my hart sou lê, sou ek dit met die gemeente deel? Dit was al wat hy gesê het. Jill was daardie dag glad nie gelukkig nie, want sy het gedink ek het alles só gereël. Ek het nie. Ek het regtig probeer om uit die openbare oog te bly. Maar daar sit ons toe, in die heel voorste ry saam met die hele familie en die vele besoekende leraars. David is immers ’n baie gewilde man. Skielik het sy seun Russel, wat die diens behartig het, gesê: “Ons vra nou vir Angus Buchan om die boodskap te bring.” Een ding wat ek baie jare gelede al geleer het, is dat jy altyd ’n preek in jou baadjiesak met jou moet saamdra. Daardie dag het dit my gered, want ek moes opstaan en die boodskap by David se troue bring. David Kain is ’n man wat grootgeword het. Hy en sy dierbare vrou, Winks, geniet die lewe in oorvloed. Hulle albei is al diep in die 80, maar het waarskynlik meer lewe in hulle as die meeste jongmense wat nog nie eens 21 is nie. Hulle waardeer elke dag, en ek is seker hulle geniet elke sonsopkoms en sonsondergang. David het eenkeer uitgekom plaas toe om my te bemoedig om aan te hou om die evangelie van Jesus te verkondig. Hy het daardie dag iets gesê wat ek nooit sal vergeet nie: “Angus, ek kan nie meer in die put afsak nie, maar ek kan die tou vashou.” Met ander woorde, ek moet aanhou om in die put af te gaan, en hy kan aan my standvastigheid gee en my help deur die tou aan die bokant vas te hou. Dit is ’n uitspraak van ’n man wat grootgeword het. Dit is hoekom God David so uitermate geseën het en hom steeds elke dag kragtig gebruik. Ek dink baie van ons, toe ons nog jonk was, het gedink ons is al volwasse, maar baie later eers ontdek dat ons so pas eers grootgeword het. Ek het dit op die ouderdom van 61 ontdek. Ek is versot daarop om Israel toe te gaan. Een van my gunstelingplekke daar is Petrus se Landingsplek (“Peter’s Landing”). Dit is die een plek waar niks verander het nie. Dit was langs die See van Galilea dat Jesus die grootste deel van sy bedieningsjare deurgebring het. Daar is ’n plek met die naam Tabaga, waar sewe fonteine uit die grond opborrel en in die see vloei. As boer en natuurliefhebber kan ek verstaan hoekom die vissermanne in daardie gebied visgevang het. Al die voedingstowwe uit 2


GROOTWORD

die grond en al die voedselbronne sou net daar in die see gevloei het. Ek dink so dikwels aan Simon Petrus, die groot visserman, die seun van Johannes. Ná die kruisiging het die dissipels almal uitmekaargespat en uit vrees die Here in die steek gelaat. Hulle was hoogs ontsteld omdat hulle held, hulle kampvegter wat hulle van die onderdrukkers – die Romeine – sou bevry, doodgemaak is. Hulle het hoop verloor en teruggekeer na die een ding wat hulle geweet het hoe om goed te doen – visvang. Hulle was immers vissermanne van beroep. Petrus se Landingsplek is waar Jesus die Sondagoggend ná die kruisiging op die trappe gestaan het, en dié trappe is steeds daar, in rots uitgekap. Ek was daar en het baie emosioneel geraak, want ek glo die Here het my op daardie selfde plek ten diepste uitgedaag. Jesus het ná sy opstanding op daardie trappe gestaan en geroep na die manne wat sowat 50 meter van die kus af besig was om vis te vang. Ek neem aan dit was ’n mistige oggend, want dit is duidelik dat hulle nie die Here se gesig of sy silhoeët baie goed kon uitken nie. Hulle het net die stem hoor roep: “Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?” “Nee.” “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit” (Joh 21:5-6). Hulle het Hom gehoorsaam, en hulle het 153 groot visse gevang. Hierdie tilapia is pragtige visse, ’n soort kurper met heerlike wit vleis. Ek self het al daarvan geëet. Uiteindelik het Johannes vir Jesus herken en gesê: “Dit is die Here!” (21:7). Die Bybel sê op daardie oomblik het Simon Petrus, die groot visserman, sy hemp aangetrek en oor die rand van die boot tot in die water gespring. Hy moes half hardloop en half swem na die strand toe. En daar was Jesus! Hy het vir hulle ontbyt gemaak, soos Hy dikwels gedoen het. Hy het varsgebakte brood daar gehad en vis gebraai. Hy het altyd in hulle behoeftes voorsien, soos Hy vandag nog in ons behoeftes voorsien. Toe hulle klaar geëet het, het Jesus vir Petrus gevra: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief …?” “Ja, Here.” “Laat my lammers wei.” Jesus het hierdie vraag drie keer vir Petrus gevra. Ek dink Petrus was al erg ontsteld en bekommerd teen die tyd dat Jesus hierdie vraag die derde keer gevra het. Ek kan my indink dat hy gehuil het. Hy het die Here vroeër drie keer verloën, maar nou het hy geantwoord: “Here, U weet alles.” 3


GROOTWORD

Jesus het gesê: “Laat my skape wei” (21:15-17). Ek glo vas dat Petrus, die groot visserman, op daardie oomblik grootgeword het, want sy lewe is radikaal verander. Voorheen was hy die grootprater. Hy was die een wat vir die Here gesê het: “Ek sal my lewe vir U aflê” (13:37). Hy was die leier van die groep. Hy het die groot mond gehad. Hy was waarskynlik ’n man wat baie gedrink het, rof en gehard. Hy het die Here in die steek gelaat deur Hom drie keer te verloën, maar nou was hy ’n totaal ander mens. Nadat Petrus op die Pinksterdag met die Heilige Gees gedoop is, het sy lewe nog meer radikaal verander. Hy het sy eerste toespraak gelewer en 3 000 mense het daardie dag in Christus begin glo. Jesus Christus was die hoof van die kerk, maar Petrus het die leier geword. Volgens oorlewering is Petrus uiteindelik in Rome gevange geneem en gekruisig. Voordat hy grootgeword het, wou hierdie man nie eens erken hy was ’n volgeling van Jesus Christus nie. Maar aan die einde van sy lewe het hy gevra dat hulle hom onderstebo moes kruisig, “want,” het hy gesê, “ek is dit nie waardig om soos my Verlosser te sterf nie”. Hulle het sy vrou vóór hom gekruisig. Terwyl sy gesterf het, het hy die hele tyd vir haar gesê: “Onthou die Here.” Ja, Petrus het grootgeword. Ons moet grootword, want daar is nie meer tyd oor om te dink alles is ’n speletjie nie. David Kain het gesê hy kan nie meer in die put afgaan nie, maar hy kan nog die tou vashou. Hy het grootgeword. Die Baptiste het Charles Haddon Spurgeon as die prins van predikers beskou. Toe hy 21 jaar oud was, het hulle die Metropolitan Tabernacle in Londen vir hom gebou. Daar kon 1 000 mense inpas. Hierdie ongeleerde man – Spurgeon wat nooit aan ’n Bybelkollege gestudeer nie – het meer Christelike boeke geskryf as enige ander mens. En tog het Spurgeon, toe hy diep in die 50 was en siek geword het, gesê: “Deur minder te probeer doen, hoop ek om meer te bereik.” Daar kom ’n tyd in ons elkeen se lewe dat ons die waarheid moet erken, dat ons moet besef ons sal nie vir ewig hier wees nie, en dat ons, terwyl ons hier is, iets betekenisvol met ons lewe moet doen. Ek sê vir God dankie vir die onrus, die loutering en die beproewing waardeur ek ’n ruk gelede moes gaan, want dit het my laat grootword. Die tragedie is dat sommige mense nooit grootword nie. My dierbare vriend wat nou hierdie boek lees, ek hoop jy is nie een van hulle nie. Ek het onlangs gehoor van ’n man wat vir die sesde keer geskei het. Toe hy by die hof uitstap, het iemand hom hoor sê: “Ag, ek is tog so 4


GROOTWORD

jammer. Sy het haar bes gedoen om my gelukkig te maak, maar sy kon dit net nooit heeltemal regkry nie.” Het jy al ooit so ’n kinderagtige uitspraak gehoor? ’n Man wat reeds vyf vroue gehad het, wat vir die sesde keer geskei is, het steeds gesê: “Sy het so hard probeer, maar sy kon my nie gelukkig maak nie.” Dit klink soos ’n tweejarige kind wat hier praat, nie ’n volwasse man nie. Daar is mense wat so baie het in terme van geld, roem en mag, en tog wil hulle dit met niemand anders deel nie. God het eendag vir my ’n visie gegee: ’n Tweejarige seuntjie het op die mat gesit, omring deur honderde speelgoed. Hy sou in ’n jaar nooit met alles kon speel nie. ’n Maatjie het by hom kom kuier, maar die seuntjie wou hom nie met een van die speelgoed laat speel nie. Ek het ’n kleinseun wat nou twee is, en ek sê vir die Here dankie dat hy nie soos die seuntjie in my visie is nie. Dit is so ’n kinderagtige gesindheid. En tog, hoeveel keer sien ons nie volwassenes presies só optree nie? Iemand het so baie geld dat hy dit nie eens in drie leeftye sal kan opgebruik nie, en tog wil hy nie van sy geld vir ander gee nie; hy wil nie ander mense help nie. Natuurlik is hy op die ou end die verloorder. ’n Paar weke gelede het ek die ongelooflikste ervaring ooit in my lewe beleef. Elke keer dat God iets in my lewe doen, sê ek: “Here, U kan dit nie oortref nie.” En tog kry Hy dit elke keer reg om iets groters te doen. Ses jaar gelede het God my geroep om al my optredes en al my evangelisasie-uitreike te kanselleer en net daarop te fokus om ’n mentor vir jong mans te wees. Hy het vir my gewys dat daar in hierdie tyd so min geestelike vaders onder hierdie volk, en in werklikheid in die wêreld, is. Ek was by die Mkuze-wildreservaat in Noord-Zoeloeland, waar ek saam met my vrou, Jill, gerus het. God het my ernstig bestraf en gesê: “Julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat!” (Op 2:4-5). Die lamp is die simbool van lig, en aangesien die Heilige Gees die lig in my lewe is, het ek presies geweet wat hierdie woorde beteken. Ek was gehoorsaam. Ek het teruggegaan huis toe en gemaak soos God my beveel het. Die eerste wonderwerk was dat niemand vir my kwaad was nie, al het sommige van hierdie mense my ’n jaar of selfs twee jaar vroeër reeds gevra om by hulle byeenkomste op te tree. Vele het selfs al die byeenkomste begin adverteer. Maar deur dit alles heen het ek besef: 5


GROOTWORD

Wanneer jy iets op God se manier doen, werk dit altyd reg uit. In daardie jaar, 2004, het ek die eerste konferensie vir mans gehou. Daar het 240 mans opgedaag, wat vir ons ’n enorme wonderwerk was, want ons het die byeenkoms glad nie geadverteer nie. Ons het een brief per e-pos uitgestuur, en hierdie klomp mans het opgedaag. Die volgende jaar het 600 mans die konferensie bygewoon; in die jaar daarna het die getal na 1 060 gestyg, daarna na 7 400, toe na meer as 60 000 en uiteindelik na meer as 150 000 mans (tussen 150 000 en 200 000 mans). Die konferensie van 2009 was die grootste byeenkoms waar ek nog ooit opgetree het. En die mans was nie net vir een byeenkoms daar nie; hulle het vir ’n hele naweek gekom. Al sou die byeenkoms eers die Vrydagaand begin, het ons die hekke die vorige Maandag reeds oopgemaak sodat daar nie ’n verkeersopeenhoping sou ontstaan nie. Teen die Donderdag was daar reeds meer as 100 000 mans wat op die plaas kamp opgeslaan het. Dit was die grootste oomblik van my lewe. Ons het die grootste verhoog wat ons kon vind, gehuur. Die maste het agt verdiepings hoog gestrek. Ons het talle groot skerms opgesit sodat almal ons op ’n afstand van 240 meter kon sien. Die skerms was nie net reg rondom die verhoog nie, maar ook 100 meter van die verhoog af sodat die mans wat verder weg gesit het, alles kon sien gebeur. Dit sou ’n verstommende byeenkoms wees. Daar is pype met ’n deursnee van 15 sentimeter oor ’n afstand van 8 kilometer onder die grond gelê vir die water, storte en toilette; 23 000 toilette is vir die byeenkoms gebou, en 340 000 liter water per uur was nodig net sodat die mans kon stort. ’n Grondverskuiwingsmaatskappy het ’n maand lank op die plaas gewerk om die paaie te bou. Ek onthou dat ek ’n paar jaar gelede, as ’n jong boer, byna nagmerries gekry het as ek één padskraper moes huur omdat dit so duur is. Nou was daar letterlik ’n maand lank padskrapers, trugrawers, stootskrapers, hyskrane, kompakteerders en takelaars op die plaas. Hulle het goeie, versterkte paaie oor die drie plase heen gebou om al die voertuie vanaf Kaapstad, Johannesburg en van oral in Suidelike Afrika te kon hanteer. Ses maande voor die konferensie het Joe Niemand, een van my seuns in die geloof en ’n ongelooflike gospelsanger vir Christus, spesiaal van Johannesburg af daarheen gevlieg om vir my te sê hy het gevas en gebid, en God het vir hom gewys die heerlikheid van God sou oor hierdie spesifieke Mighty Men-konferensie neerdaal, die sesde konferensie wat 6


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.