Deel van die Onse Vader is die versoek om ons “daaglikse brood”. Hier herinner Jesus ons indirek aan die wonderwerk van die
voorsiening tydens die uittog uit Egipte toe God die daaglikse hoeveelheid manna uit die lug uit laat reën en die Israeliete opdrag gegee is om dit op daardie dag op te eet. Hulle is verbied om enigiets oor te hou vir die volgende dag. Hulle kon leef van God se oorvloedige, vars en daaglikse bonatuurlike verskaffing. Hulle oorlewing het afgehang van
hulle gehoorsaamheid.