R A HOËRSKOOL A J 0 14 E I HOOPSTAD N U RE Die skool se 140 jarige reunie se datums het geskuif, Dit sal plaasvind: Naweek van
Skoolvakansie Die skool begin Vrydag 26 Junie 2015 om 07:30 en sluit om 09:30.
21 en 22 Augustus 2015
Die skool heropen Maandag 20 Julie 2015 om 08:00 en ons begin by Dag 4.
Spesiale uitgawe van Sandvelder: Die Sandvelder het ‘n spesiale bylaag wat uitgegee gaan word die naweek van die 140 jaar reunie van die skool. In hierdie uitgawe sal van die skool se geskiedenis wees, stories van oud leerlinge, fotos en geselsbydraes van die kontrei. U kan vir ons inligting stuur as u in Hoopstad skool gegaan het en ook fotos na bleuheaven@iburst.co.za of skakel Suzette by 083 447 4535. Net skool relevante inligting.
winterkoue. • Gratis merk van die kombersies. • Palette wat aan ons geskenk is om boekrakke en plakkaat rame te maak. • Kontant skenkings ontvang om klere aan te koop vir inwoners wat dit nie self kan bekostig nie. • “Silo bag” om die kragopwekker te beskerm teen die koue. • Johan Barnard wat die inwoners se harte warm gesing het op `n koue middag. • Die borge geld van Callie Snyman wat steeds inbetaal word – ons dankbaarheid is groot.
HOOPSTAD SENTRUM VIR BEJAARDES Die Beheerraad, Personeel en Inwoners wil weer sê Baie Dankie vir alles wat vir die Sentrum vir Bejaardes gedoen word en vir alles wat ons ontvang het die afgelope maand – weet asseblief dat ALLES opreg waardeer word.
Ons is baie bevoorreg om in hierdie gemeenskap te bly. Mag ons Hemelse Vader elkeen van u seën vir al die omgee en uitreik op verskillende wyses na die inwoners van Hoopstad Sentrum vir Bejaardes.
• Die mense wat gereeld dienste lewer hier by die Sentrum vir Bejaardes. Die Predikante wat gereeld biduur hier kom hou en ons inwoners besoek. Die Bybelstudie leiers vir Bybelstudie sessies. Die Dokters wat kom om ons inwoners te sien wat siek is. Die mense wat kom om Boek Voorlesings vir die inwoners te doen. Die mense wat kom om die Voete kliniek te hanteer. Die N.G. Vrouediens en Dorkas groep sowel as Bybelstudie groepe in die dorp wat inwoners besoek, bederf met eetgoed en sorg vir maandelikse pakkies vir Bejaardes wat nie alles vir hulself kan koop nie. Boerevereniging wat elke kwartaal `n braai hou vir die inwoners – Saterdag 20 Junie was weer so `n geleentheid en weereens baie aangenaam!!
Groete. Phillipa Visser. Bestuurder Hoopstad Sentrum vir Bejaardes
• Knie kombersies wat vir die inwoners van Afdelings B,C en D geskenk is – almal sit met vrolike kombersies oor die bene in die
SANDVELDER
7
NG gemeente Bultfontein Die NG gemeente Bultfontein is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Vrystaatse dorp Bultfontein. Met sy stigting was dit die 20ste gemeente in die Vrystaat, maar nadat Bethlehem se moedergemeente by Bethlehem-Wes ingelyf is, het dit die 19de oudste gemeente in die provinsie geword. In November 1873 het die Ring tot die stigting van 'n gemeente op Bultfontein besluit. Die eerste doopsbediening het op 11 Januarie 1874 onder 'n bokseiltent plaasgevind. Omdat die kerkargief feitlik geheel en al gedurende die Anglo-Boereoorlog vernietig is, is nadere bepaling van die stigtingsdatum onmoontlik. Die gemeente het 200 lidmate getel. Die gemeente is genoem na 'n sterkvloeiende fontein uit 'n nabygeleë bult. Die eerste erwe op die kerkplaas was dan ook waterlei-erwe. Op 6 Februarie 1876 is die eerste kerkie, op £11 na, kontant ingewy. Die prediker was ds. Van Heyningen en sy teks was 2 Kron. 3:7 en 8. Die gemeente was herderloos tot 6 Desember 1879 toe ds. P.A. Winter hier bevestig is. Op 11 Januarie 1896 is die hoeksteen van 'n nuwe kerkgebou gelê wat op 22 Januarie 1897 ingewy is. Die prediker was ds. Robertson; sy teks was Gen. 28:19. Op 14 Maart 1897 het ds. Winter van die gemeente afskeid geneem. Prop. J.A. Pienaar is op 29 Januarie 1898 hier georden en bevestig. Kort hierna breek die oorlog uit en word die pastorie as 'n fort en die kerk as 'n hospitaal gebruik.
Ds. J.A. Pienaar was leraar van die moedergemeente Bultfontein van 1898 tot 1942. Dit was sy enigste gemeente
Ds. Paul August Winter, van 1879 tot 1896 Bultfontein se eerste NG leraar
Ds. Pienaar het die gemeente 44 jaar lank bedien en onder sy leiding is die huidige pastorie, sendingkerk en kerkkoshuis opgerig. Ná hierdie buitengewone lang en vrugbare bediening tree hy op 1 Maart 1942 af. Die volgende leraar, ds. J.D. Cilliers, is op 1 Augustus 1942 hier bevestig; dit was sy voorreg om die teenswoordige kerk te sien verrys wat ingewy is op 13 Mei 1950. Die koshuis is onder sy leiding verder uitgebrei. Van 1949 tot 1951 het die gemeente £29,300 vir hulle kerklike fondse byeengebring. In die eerste 77 jaar is die gemeente deur slegs drie leraars bedien, en in die tyd is 'n tiental gemeentes geheel of gedeeltelik van die wyd uitgestrekte gemeente afgestig. Die sendinggemeente is in 1888 gestig. Ook die eerste sendingkerkie is in die Anglo-Boereoorlog deur die vyand verwoes. Op 23 Junie 1951 is die nuwe orrel ingewy. In 1952 kon Ons gemeentelike feesalbum berig: "Die distrik het ontwikkel tot 'n florerende landbougebied en die gemeente munt uit in sy milddadigheid. Daarvoor is ons die Here dankbaar." Twee jaar later, in 1954, kon Bultfontein-Oos van die moedergemeente afstig. In 2015 het die moedergemeente 131 doop- en 457 belydende lidmate gehad en die Oos-gemeente onderskeidelik 148 en 575.
Ds. J.D. Cilliers was van 1942 tot 1951 slegs die derde leraar in die gemeente se 77-jarige
SANDVELDER
16
Ds. Francois Albertus Dreyer, leraar van 1957
i e r t n Ko s i u b m Ko Geen-bak Amarula Kaaskoek ? Stap 5: Plaas die likeur in 'n bak en
sprinkel die gelatien bo-oor. Laat staan vir 3 min. Sit dan die bak in 'n pot met warm water sodat die likeur stadig verhit. Roer liggies totdat al die gelatien gesmelt het.
? Stap 6: Gebruik 'n elektriese menger
en klop die suiker en roomkaas saam tot lig en donsig. Bestandele (Maak 'n 23cm ronde kaaskoek) 200 gram beskuitjies (about 13 McVities) 100 gram botter, gesmelt 200 ml whipping cream(very cold) 150 ml Amarula room likeur 4 tl gelatine poeier 500 gram roomkaas, versag teen kamertemperatuur 130 gram strooisuiker 30 gram donker sjokolade, gesmelt Voorbereiding
? Stap 1: Gebruik 'n voedselverwerker om die beskuitjies krummels te maak. Indien jy nie 'n voedselverwerker het nie, plaas die beskuitjies in 'n bak en druk dit fyn met 'n glas.
? Stap 7: Gooi die gelatien en likeurmengsel deur 'n doek in die kaasmengsel en vou dit liggies in.
? Stap 8: Vou die geklopte room liggies en
by en maak seker dat alles goed gemeng is.
? Stap 9: Haal die basis uit die yskas en gooi die mengsel in die springpan. Maak seker dat die mengsel eweredig versprei is.
? Stap 2: Smelt die botter oor 'n lae
hitte en voeg by die krummels. Die tekstuur moet soos die van nat sand wees. ? Stap 3: Druk die krummelmengsel
onder in 'n 23cm springpan vas. Plaas dit in die yskas terwyl jy die res van die koek voorberei.
? Stap 10: Smelt die donker sjokolade in 'n
bak oor 'n warm pot sodat die sjokolade nie brand nie. Sodra die sjokolade gesmelt is, plaas 10c grootte druppels op die kaaskoek en gebruik 'n tandestokkie of sosatiestokkie om lukraak “swirls” te maak. Moenie die stokkie uithaal totdat al die “swirls” gemaak is nie. ? Stap 11: Plaas die koek in die yskas vir ten
? Stap 4: Klop die room tot sagte
punte vorm. Maak seker die room is baie koud en ook die gereedskap sodat die room nie botter vorm nie.
minste 5 ure maar verkieslik oornag om te stol. Om uit te haal, plaas 'n mes in warm water en maak dit droog. Sny al in die rondte om die rand van die koek en verwyder die rand van die pan versigtig.
SANDVELDER
17
Jongspan
Spel dit maklik! Spel dit dubbeld so maklik ONMIDDELLIK dubbel-d en dubbel-l AKKOMMODEER/AKKOMMODASIE dubbel-k en dubbel-m Baie mense in hotelle slaan nie graag woordeboeke oop nie. Onthou, die klinkers is kort, dus is die medeklinkers dubbeld. MILLENNIUM Weer 'n dubbeldoor: dubbel-l en dubbel-n. In Afrikaans en Engels word dit dieselfde ge-spel – geen verskoning vir hierdie foutjie nie.
Wenk: Een of twee medeklinkers? As 'n klinker (a, e, i, o of u) kort klink, is die medeklinkers daarna meestal dubbeld wanneer jy die meervoud maak. As die woord lank klink, is daar gewoonlik net een medeklinker daarna wanneer jy die meervoud maak. Byvoorbeeld: bom (kort klinker) se meervoud is bomme (dubbele medeklinker); boom (lang klinker) se meervoud is bome (een medeklinker).
KLEURE: los en vas Die kleur van iets word los geskryf: 'n blou blom, 'n groen blaar, 'n rooi kersie.
Galery In Afrikaans word gallery dikwels verkeerd gespel, want ons sien baie die Engelse woord gallery wat met twee ll'e gespel word. Dink net so daaraan: ons wil nie oor gal praat nie, en daarom is dit nie gal-le-ry nie, maar ga-le-ry .
Veras en Verras Onthou: Wat is die verskil tussen 'n zombie en jou meisie? 'n Zombie moet veras word – brand daai monster! (Onthou ook: Veras en brand het albei een r, en het iets te doen met mekaar.) Jou meisie moet verras word – verkieslik met blomme. Dalk kry jy twee klapsoene! (Een vir elke R)
Waardeur en Waardeer Onthou: 'n Deur is iets waardeur jy loop, moeilike tye is iets waardeur jy gaan. Waardeur is 'n proses om van een punt tot 'n ander te beweeg. As iemand jou met 'n kompliment of present of hulp eer, waardeer jy dit. Jy's baie gelukkig dat hulle jou so bederf of gehelp het. Die ee-klank klink ook lekker opgewek en gelukkig!
Woorde soos olyf, roos en salm word ook los geskryf wanneer dit olyfkleurig, rooskleurig of salmkleurig beteken, soos olyf romp of salm kussing, asook appelkoos hemp en ivoor bekleedsel. Die kleur word slegs vas geskryf wanneer die hele woord iets anders beteken, soos Bloubul (nie 'n verwysing na 'n regte bul nie, maar na 'n rugbyaanhanger), of rooikop (verwys na 'n persoon, of vurigheid van geaardheid), of silwermedalje (verwys na 'n tweede plek, en nie die spesifieke medalje nie).
lose en loose vs. verloor en los Onthou Lose beteken verloor: een o in Engels, twee o's in Afrikaans. Jou juffrou gaan haar humeur verloor as jy nie daai ekstra o lose nie! Loose beteken los: Twee o's in Engels, een o in Afrikaans. As jy jou broek ná pouse se baie snoepiekos probeer losmaak deur dit te lose gaan jou klasmaats jou vreemd aankyk ... Veral as jy 'n Batman-onderbroek aanhet! Don't lose your temper because your pants are too loose!
Hier is vir julle ‘n nuwe kopkrapper. Watter twee stukke is gebruik om nommer 3 te vorm? Ons wil graag van julle hoor. Laat weet ons wat julle dink van die jongmense se artikels en aktiwiteite en wat sal julle graag wil sien in die tydskrif. Julle kan ons e-pos by: bleuheaven6@gmail.com.
SANDVELDER
26
Die antwoord: twee en nege
r i v
e i d
Vrystaat Landbou 2015
Jongboer van die Jaar “Ons beste handleiding op Uitkyk is die Bybel. Geloof maak ons suksesvol.” Dis een van die antwoorde wat die wenner van Vrystaat Landbou se 2015 Jongboer van die Jaar, Barend Grobler, in sy inskrywingvorm verskaf het. Grobler is op 16 April 2015 tydens ’n glansgeleentheid in Bloem-fontein as wenner van die 19de VL Jongboer van die Jaar kompetisie aangewys. Vroeër die dag het die organisasie se Jongboerkomitee hul 30ste bestaansjaar gedenk tydens hul jaarlikse Jongboer Konferensie. Grobler en sy vrou, Juanita, boer vanaf 2011 voltyds. Hy sê hy moes alternatiewe oorweeg vir die boerdery, aangesien hy nie ekonomies met slegs vee kon boer nie. “Uitkyk is 3 jaar later, met baie genade en seën, in produksie van braaikuikens, beeste en ook varke. Die plaas se infrastruktuur vir hoenders is in 2011/2012 nuut opgerig en die boerdery is van die grond af begin in Mei 2011.” Volgens Grobler verdeel hy risiko in sy onderneming in twee groepe, nl. volhoubaarheids risiko’s en operasionele risiko’s. Rondom volhoubaarheids risiko’s neem hy grondregte en kwessie daarrondom, volhoubare watervoorsiening en energiekostes in ag. “Dit is noodsaaklik om betrokke te wees by landbou instellings om te verseker dat die grondkwessie op Regeringsvlak aangespreek word.” Met die boerdery se braaikuiken produksie afdeling moet Grobler ook fokus op die kragkwessie en die probleme wat dit kan voortbring.
Wessel Hatingh (uittredende voorsitter), Barend en Juanita Grobler en Stefan Hanekom (vorige vise-voorsitter en nuwe voorsitter)
Wat operasionele risiko’s betref, fokus Grobler op natuurlike rampe, toegang tot finansiering asook toegewydheid van personeel en goeie arbeids-praktyke. “Die arbeidskwessie is deel van ons boerdery en moet nie gesien word as ’n risiko nie, eerder as ’n geleentheid. Arbeid is slegs toegewyd aan hulle werkgewers indien hulle verantwoordelikheid gegee word op die plaas en dienoor-eenkomstig vergoed word Die boerdery is tans in ’n groeifase en die 650ha grond het nog baie potensiaal wat ontgin kan word, met die verskillende vertakkings wat mekaar kan ondersteun om volle benutting van die grond te bewerkstellig. Van die Groblers se toekomsplanne sluit ’n ekstra vier hoenderhuise oor vyf jaar in, indien die mark dit toelaat. Hulle wil ook die vark-vertakking uitbrei na die slag van 60-100 varke per week binne die volgende 48 maande. Verdere waarde-toevoeging is ook in hul visier rondom die varkvertakking deur bewerkings geriewe op plaas in te rig en vleis self te bewerk tot ’n verdere produk. Die beesvertakking gaan fokus op afronding van kalwers tot slag of lewering aan voerkrale, afhangende van marktoestande.
Van die sprekers was Dan Kriek, Theo Vorster, Boeboe Louw, Danie Minnaar, Danie Slabbert, Jan Scheepers
SANDVELDER
27