Drakenstein Heemkring nuusbrief nr. 2

Page 1

Nuus van uit

OKTORBER 2012 : PRYS R5.50

DE OUDE WONING Genealogie – die families Decker en Webb van ‘the Anchorage’, Paarl. DIE HEEMKRING het ’n aansienlike versameling foto’s wat deur die Deckerfamilie nagelaat is, maar tog is daar weinig inligting oor hulle opgeskryf. Ons het byvoorbeeld geweet dat een van die Decker dogters, Erna, met ’n kaptein Webb getroud was maar van laasgenoemde het ons ook niks geweet nie. Na ’n bietjie gekrap in ons eie argief en biblioteek sowel as die Kaapse argief, begin die Decker/Webb-families al voel soos eie familie. Gustav Adolph Albert Decker, bierbrouer en vervaardiger van gebottelde mineraalwater, was ook ’n deeltydse fotograaf en het heelwat van die Paarl en omgewing se landskappe met sy kamera vasgelê gedurende die laat 1800’s vroeë 1900’s. ’n Aantal negatiewe van die eerste en tweede tol in die Bainskloofpas is onlangs geïdentifiseer. Die foto’s skilder ’n prentjie van ’n gesin wat in hul vrye tyd baie in die natuur spandeer het. Gustav, soos hy by ons bekend staan, was twee keer getroud; eers met ’n nooi Muntingh van Wellington en na haar oorlye, met Wilhelmine Mathilda Auguste Marie Fischer ... (vervolg op bl.2)

UIT DIE WETBOEK Die verkeer in Paarl se Hoofstraat bly maar ’n probleem, of gaan dit eintlik oor bedagsaamheid? Kyk maar na die volgende munisipale wet: ‘Degene die vaaten of vaatwerk of losse wielen langs de straaten draagt of rolt en ieder een die op een Bicycle rijd, zal verplicht zijn bij het naderen van een rijtuig of persoon te paard dadelijk stil te staan en zooveel mogelijk uit den weg te gaan, totdat zoodanig rijtuig of persoon te paard zal gepasseerd zijn.’ Aldus Artikel 16 van 1888.

Die Decker woning in die suid-oostelike hoek van Markplein (bo), tans deel van La Rochelle.

Gustav Decker (heel bo) en sy broer George. Gustav was ’n bierbrouer en het gebottelde mineraal-water vervaardig, en George het die Mutual Hall (bo) in Hoofstraat, Paarl besit.

OOP ELKE DAG: Ma-Vry: 10vm-12nm Woens: 10vm-3nm

gedrukte kopieë van die nuusbrief teen R5.50 beskikbaar by die Heemkring

like! ons op facebook ... en ook op ShowMe Paarl

Drakenstein Heemkring, 214 Hoofstraat, Paarl 7646 | www.drakensteinheemkring.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.