Pieter vertel hierin hoe mans en vroue op verskillende maniere dink. Mans dink baie meer eenvoudig en een ding op ‘n slag terwyl vrouens meer vloei soos tee. ‘n Vars perspektief oor hierdie kwessie elkeen waarmee kan identifiseer.
Dit is nie genoeg om net ons harte vir die Here te gee nie; Hy vra ons koppe ook. In hierdie reis leer ons uit die Bybel en vanuit nuwe kennis, hoe om ons DENKE in die hande van die Here te plaas en om vars en nuut te dink.
Almal van ons ontvang net 24 uur se opleef-tyd elke dag. Ons moet dit effektief gebruik tot eer van die Here.
‘n Oopkop gesprek oor die eindtyd en die boe van Openbaring deur Stephan Joubert.
Wie is Satan regtig? Agter al die kerklike bygelowe, vrese en persepsies is dit nodig dat ons ‘n slag die naakte Bybelse feite raakloop en hom ontbloot vir wie hy regtig is. Kom reis saam en raak vry van onnodige misverstande oor wié en wát die bose is.
• So lees ek die Bybel as Woord van God • So lees ek die Bybel aan die hand van gesonde Skrifuitlegbeginsels • So lees ek Bybelboeke reg • Lewensbelangrike beginsels vir die regte verstaan van die Bybel
Wat sĂŞ die Skrif oor: - vervulling met die Heilige Gees? - die vrug van die Gees? - die gawes van die Gees? Wil jy sy stem leer ken? Die Heilige Gees is dieselfde God van wie ons in Handelinge lees. Ervaar opnuut die krag en werking van die Gees en beleef hoe Hy deur jou werk!
Godsdiens en die evangelie word dikwels verwar met mekaar. Jesus het gereeld hierdie probleem aangeroer. Uiteindelik is Hy selfs gekruisig deur die sogeaamde godsdienstiges wat meer besorgd was oor uiterlike reinheid en hulle godsdienstige reëls as oor die reinheid van ons harte voor God. In hierdie kort Grow Café reeks wil ons besoek aflê by Jesus se lewensveranderende verstaan van reinheid. Ook wil ons leer hoe om prakties te verskuif vanaf blote godsdienstiges na voltydse navolgers van Christus.
Johan Smith gesels oor die uitdagings en druk wat kinders op die huwelik kan hê. Die spreekwoord sê mos: “Ouerskap is nie vir sissies nie” en dis baie waar. Min mense dink aan die eise wat kinders stel in die huwelik. Jou lewe is nooit weer dieselfde nie. Kry feite van navorsing, raad van kenners en ook baie praktiese hulp om jou huwelik gesond en sterk te hou, terwyl jy gesinwees geniet en dit sien as jou eerste prioriteit in jou lewe.
Kommunikasie • Die oorsprong van kommunikasie • Verskillende komponente van kommunikasie • Vlakke van kommunikasie • Krag van woorde • Om reg te luister • Boustene vir goeie kommunikasie
Konflik • Waarom verskille? • Verskillende style • Wenke vir konflikhantering
• Wat bekende geestelike leiers oor ouerskap sê • Die Woord oor ouerskap • Die Woord oor kinders • Tyd en kommunikasie • Die belangrike rolle van Pa en Ma
• Christo Ryan se getuienis • Maak vol die tenks • Belê geestelik in jou kind
Soms moet jy die NATUURLIKE doen, voordat God die BONATUURLIKE doen. • Die wynmaker • Die choreograaf • Die rebel • Die God van algebra
• Die waterloper • Die oogspesialis • Die grafdief
As ons bid, dan met krag. As ons bid, dan met geloof.
Kyk nuut: • •
na God na binne
• •
na ander na die kwaad
Ontwaak en ontdek God se bedoeling vir jou lewe; jou ware identiteit. Word geĂŻnspireer tot jou roeping, in outoriteit en heerskappy saam met Jesus - die Kruis was ‘n sukses!
Die Carry His Name-DVD’s fokus daarop om elke vrou te bemagtig in optimale funksionering van vrouwees, hul unieke bestaansrede en om voluit die energie wat daagliks geleef en uitgedeel moet word, opnuut in God te vind. Hierdie vrouekonferensies het gelei tot getuienisse vanom vars denke, nuwe lewe en om te weet: jy is Die lewe is béter asverskeie ons genoeg ruimte het werklik in God se hande! asem te haal en te lééf. Kom ons kyk van nader na dié idee van ruimte vind, om asem te haal en te lééf!
CARRY
HIS
NAME
Die Carry His Name-DVD’s fokus daarop om elke vrou te bemagtig in optimale funksionering van vrouwees, hul unieke bestaansrede en om voluit die energie wat daagliks geleef en uitgedeel moet word, opnuut in God te vind. Hierdie vrouekonferensies het gelei tot verskeie getuienisse van vars denke, nuwe lewe en om te weet: jy is in God se hande!
Opnames van die DaniĂŤl mannekonferensies met verskye bekende sprekers wat saamdink oor manwees in vandag se tyd en wat dit beteken om ‘n man na God se hart te wees.
Een God Een Lewe Een Kans Almal op aarde het een lewe. Wat is sentraal in jou een lewe? Waarop fokus jy? Jy het iets om te bied, jou lewe is ‘n geskenk tot eer van God en ook ter aanwins vir ander mense. Die gedagte van “een wees” en “saam”, is belangrik tot die uitbreiding van ons groei asook ons rol in ons families, gemeenskap en ons land.
Israel
’n geestelike reis
17 Boodskappe opgeneem in Israel. Dit kan gebruik word vir peroonlike Byblestudie of vir ‘n kleingroep bespreking.
[stories]
Almal gaan deur moeilike tye. Hier is 13 lewensveranderende stories van mense soos ek en jy.
In hierdie eerste-van-sysoort-produk wil Moreletapark Gemeente poog om hul eie en ander gemeenteleiers van `n hulpmiddel te voorsien wat Kleingroepbediening nog verder sal uitbou. Neem mense dieper saam op hul pad van geestelike groei!
Meeste van ons produkte is ook in CD-formaat beskikbaar. 012 997 8141 | boekwinkel@moreleta.co.za moreleta.org