11 APRIL 2013
VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIテ記SKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG
Vier twee jaar op Upington
GRATIS
TEL. 054ツュ331ツュ3482
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
Koerant groei gesond in 2 jaar Lizette Slabber OP 13 April is die Kalahari Bulletin: Upington twee jaar oud en die koerant het ongekende groei in die afgelope twee jaar getoon. In die afgelope twee jaar het die Kalahari Bulletin gegroei van ’n koerant wat slegs 10 000 eksemplare op Upington, Kakamas, Keimoes en Groblershoop versprei het na ’n groter, dikker koerant wat nou 20 000 eksemplare in ’n gebied feitlik dubbel so groot versprei. Sedert die samesmelting met die Kalahari Bulletin: Kuruman versprei die Kalahari Bulletin-koerante op Upington, Keimoes,
Kakamas, Kenhardt, Groblershoop, Askham, Augrabies, Kuruman, Kathu, Postmasburg, Daniëlskuil, Lime Acres, Deben, Olifantshoek, Blackrock, Hotazel, Dingelton, Mothibistad, Grootdrink, Lemoendraai, Progress, Morning Glory en Bezalel. Daarby het die Kalahari Bulletin ook aan die einde van 2012 sy eie webtuiste gekry en dié webtuiste het onlangs die vinnigste groei van alle tuiskoerantwebtuistes in die Media24-groep getoon. In net vier maande het die webtuiste reeds ongeveer 4 000 besoekers gehad en is meer as 20 000 bladbesoeke op die webtuiste geregistreer. Danksy die suksesse wat die afgelope twee jaar behaal is, word baie groter dinge vir die volgende jaar beplan. Lesers kan uitsien na ’n groter teenwoordigheid op die internet en ander verwikkelinge in die gedrukte koerant. In antwoord op Sharon Minders, voorsitter van die Dierebeskermingsvereniging op Upington se woorde: “Baie geluk met jul verjaardag en moet asseblief nie weggaan nie.” kan daar geantwoord word dat die Kalahari Bulletin beslis hier is vir nog jare van plesier.
MARLÉ VAN NIEKERK (links) en Yolandé du Toit van Swannies-spoedvervoer het ook hul gelukwense oorgedra. Foto’s: Anena Burger
10/29
14/32
16/33
N10
N25
NW20
REGS: JD Jacobs van Gascity was een van die Kalahari Bul letin se gereelde adverteerders wat die koerant baie geluk gewens het met sy tweede verjaardag.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
3
ACVV bedien wyd
DIE bestuurslede van die ACVV is van links Marthie Swiegers, Rina Liebenberg (voorsitter), Connie van Staden, Tharien Steenkamp en Lucy van Rooyen. Foto’s: Lizette Slabber
DIE personeellede van die ACVV is van links Nina Bekker, Elmaré Smit, Elsabe Human, Maretha Kennedy en Marika Louw.
DIE vrywilligers van die ACVV is van links Zettha Moya, Hanna Dukhwe, Elvona Alwyn, Katriena van Wyk, Elizabeth Gaobose en Katrin Klaaste.
DIE Afrikaanse Christen-Vrouevereniging (ACVV) Upington het op Vrydag 5 April sy algemene jaarvergadering by die NG Moedergemeente gehou. Dié jaarvergadering het ’n blik gegee op al die werksaamhede van die ACVV in 2012. Die ACVV-tak op Upington fokus op dienslewering aan alle lede van die gesin, van die voorskoolse kind tot die grootouer, as deel van die uitgebreide gesin. Daarby verleen hulle ook ’n diens aan eensame enkelinge soos padlopers en hawelose ouer persone. Die ACVV se missie is om dienste toeganklik te maak vir almal in nood, ongeag ras, geslag, kultuur, ouderdom of ekonomiese status. Hulle poog om met dié dienste die mense sodoende te bemagtig dat hulle lewenstandaard kan verhoog, hul lewensgehalte kan verbeter en hulle kapasiteit kan bou. Om in dié behoefte te kan voorsien het hulle twee maatskaplike werkers, twee maatskaplike hulpwerkers en twee gemeenskapsontwikkelingsbeamptes. Daar is egter ’n behoefte na meer personeel omdat die bedieningsgebied van die ACVV oor byna 90 km strek. Hulle bedieningsgebied sluit Uap, Straussburg, Leerkrans, Karos, Lamprechtsdrift, Louisvaleweg en Upington in. In elkeen van die gebiede het hulle ’n satlietkantoor wat deeltyds deur die maatskaplike werkers en -hulpwerkers beman word. Pleegsorgkeuring en -toesigdienste maak
’n groot deel van die maatskaplike werkers se dienslewering uit, maar materiële nood, kinderverwaarlosing en gedragsprobleme onder kinders verg ál meer aandag. ’n Groot uitdaging is die verarming van mense en die behoefte aan noodleningsdienste. Die ACVV op Upington se geld vir dié doel is heeltemal uitgeput. Die ACVV bied verskeie dienste aan die mense in hul bedieningsgebied. Hy bied ondersteuningsgroepe aan vir pleegouers en -kinders in Louisvaleweg en lewensvaardigheidsprogramme by die Intermediêre Skool Leerkrans. Daarby bied hy ouerleidingsprogramme en vakansieprogramme vir kinders aan. Op die vakansieprogramme het hy die Wolanani-kindermolesteringsprogram gebruik en sy eie poppekas-program gaan vanjaar by die Wolanani-program aansluit met sy storie Die slegte geheim. Sy Winterhoop-projek samel klere, komberse en nie-bederfbare kos in en versprei dit onder behoeftiges. Die meeste Upingtonse skole is hierby betrokke. Daarby bestuur die ACVV drie kleuterskole op Leerkrans, Lamprechtsdrift en in Freedom Square. Hy is ook verantwoordelik vir die Oranjehof-tehuis vir bejaardes en die Oranjehofdienssentrum. Volgens Rina Liebenberg, voorsitter van die ACVV het hy geld nodig en wil graag hê mense moet by hul R20-projek betrokke raak. Rig navrae aan 054-332-1402.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
Is brief skryf nou heel uit? IN ’n Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, wat verlede week verskyn het, het Johanna van Eeden, redakteur van die Volksblad, ’n rubriek oor briewe geskryf. In die rubriek het sy ’n brief aan ’n vriendin se dogter geskryf en die mooi van brief skryf uitgelig terwyl sy ook die hartseer van die einde van die briefskryf-era aangeraak het. Dié rubriek het heelwat reaksie ontlok van lesers wat hul gevoelens oor brief skryf en die verlede en toekoms daarvan gedeel het. In die meeste van die terugvoer was almal dit eens brief skryf se dae is getel. Dit laat ’n mens egter wonder of dié tendens na skole deurgesypel het. Leer kinders op skool vandag nog hoe om ’n formele en informele brief te skryf? Is dit nog vandag deel van ’n eksamenvraestel soos in die “goeie ou dae”? Toe moes almal nog ’n opstel en ’n brief in die
eksamen skryf en die brief was meestal ’n formele brief aan ’n hotel om te vra dat hulle ’n verlore artikel moes aanstuur. Leer kinders dan vandag hoe om ’n formele of informele e-pos te skryf en hoe sal dit lyk? Is daar enigsins iets soos ’n formele e-pos? In die “goeie ou dae” is briewe begin met ‘Geagte meneer De Beer’ terwyl daar in vandag se e-posse selde meer geskryf word as ‘Hi, Sarel’. Die digitale era is hier om te bly en daarmee saam ’n informeler manier van kommunikeer. Hoe goed of sleg dit is, is maar net ’n persoonlike mening. Wie wil die era van bloomers of boomboxes terughê en enige tiener sal vir seker dink briewe en bloomers is op dieselfde vlak. Tog, as mens ’n boek soos The Guernsey Literary and Potatao Peel Pie Society lees, dan val die mooiheid van brief skryf ’n mens op en weet jy iets het verlore gegaan die dag toe e-posse briewe onttroon het.
Wag geduldig op God Philip van Vuuren WANT die gesig sal nog voortduur tot op die vasgestelde tyd, maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie.As dit mag vertoef, wag daarop, want alte seker sal dit kom en nie versuim nie. – Habakuk 2:2 Ons moet ’n verwagting in geloof hê dat die Here met ons sal praat. Sy stem is Sy woord. Hy gee jou ’n gedagte en dit word deur Sy woord bevestig. Ons het nodig om van God te hoor. Ons het nodig dat ons gebede beantwoord sal word. Besluitneming: Wanneer ons besluite neem, en veral wanneer dit ander mense se lewe raak, is dit uiters belangrik om leiding van die Heilige Gees te kry. Dikwels het mense klaar besluite geneem en dan wil hulle eers die Here raadpleeg. Net om hul gewete te streel. Jy het besluit jy gaan iets koop soos ’n huis of ’n motor, jou werk bedank of jy besluit om te skei. Maar net om jou gewete te sus gaan raadpleeg jy eers ’n berader of ’n predikant. Kom wat wil, koop gaan jy koop, bedank gaan jy bedank, skei gaan jy skei. Hoeveel keer het ons opgetree sonder om régtig die Here na Sy wil te vra? Wag: As ons in ’n verhouding met die Here staan en verwag dat Hy sal praat/antwoord, sal ons geduldiger moet wees. Op Sy tyd sal Hy ons antwoord. Die Skrif gee vir ons duidelike opdrag wanneer dit kom by wag: Ek wag op die Here: my siel wag en hoop op Sy woord. – Psalm 130:5 Jesus gee vir Sy dissipels ’n belof-
te en die belofte gaan ’n invloed tot in die ewige op die hele mensdom hê. En dit was die belofte van die Heilige Gees. Maar die ontvangs van die belofte gaan met ’n opdrag gepaard. En, kyk, Ek stuur die belofte van My Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte. – Lukas 24:49 Vyftig dae daarna word die belofte bewaarheid. Hoekom? God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ’n mensekind dat dit Hom sou berou nie, Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waarmaak nie. – Numeri 23:19 . . . maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag, hulle vaar op met vleuels soos die arende, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. – Jesaja 40:31 Op die regte tyd: Die Here weet wat die beste vir elkeen van ons is. En Hy wil net die beste vir Sy kinders hê. En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. – Galasiërs 6:9 Liewe leser, skep moed en bly in verwagting. Jou antwoord kom . ) Past. Philip van Vuuren is ’n leraar van die AGS gemeente Oasis op Kuruman.
DIE pragtige Iceberg-roosbome wat voor die Kalahari Bulletin se kantoor op Upington groei, sal een van die dae hul laaste rose laat val wanneer die herfs in volle gang die Kalahari in rooi en oranje gaan klee.
Foto: Lizette Slabber
Tehuis sê vir hulp dankie MIMOSAHOF–OUETEHUISBESTUUR, Kuruman: HIERMEE wil ons graag almal bedank wat van ons basaar op 2 Maart ’n reuse-sukses gemaak het. Ons waardeer elkeen se bydrae, harde werk en gebede. Sonder jul ondersteuning kan die Mimosa-ouetehuis nie voortbestaan of sy tariewe so bekostigbaar hou nie. Dit maak ons harte warm dat die hele Kuruman-gemeenskap saamstaan en van hulself vir die tehuis se groot dag gee. ’n Spesiale woord van dank aan dr. Muller wat haar diens gratis aan die ouetehuis bied. Dankie ook aan die Kalahari Bulletin wat ons altyd goedgesind is. Mag ons Vader julle almal ryklik sëen. ) Kontak gerus die nuwe matrone, Ronelle du Plessis, by 082-413-0408 vir besonderhede oor die tariewe van die tehuis.
Trots op Vanzylsrus COEN VISSER, oudleerling van die Laerskool Vanzylsrus: OOR die afgelope amper 12 maande het ons gepraat, gedroom en gewonder. Want dis wat ’n mens doen voor ’n skool se reünie. Maar hierdie was nie ’n gewone reünie nie – want die Laerskool Vanzylsrus is nie ’n gewone skool nie. Al woon ons nie meer daar nie, is dit steeds “ons skool”. Van toeka tot nou se leerlinge het Saterdagoggend van elke hoek van ons land daar opgedaag – meer as 300 mense. Alles was die plan van Chummy en Willie de Bruin van die plaas Nerap. Vanzylsrus het reggestaan met warm hartlikheid en styl soos net die Kalahari-vroue kan doen.
Met puik reëlings en smaakvolle aanbiedings was die tyd hopeloos te vinnig verby, en moes ons ou kamerade met ’n traan groet . . . dalk vir die laaste keer, want baie van ons was presies 50 jaar gelede daar op skool. Die oudste oorlewende leerling teenwoordig was oom Johannes Momberg (92), vroeër van Middelplaas, Vanzylsrus. Oudskoolhoof mnr. Cecil de Villiers en oom Giel de Bruin het staaltjies uitgepak. Thom Duvenhage het ons laat kraai van die lag en Monique Schoeman, kleinkind van mnr. en mev. Karsten, het met haar lieflike stem vir ons gesing. Ons skool se leuse – Die woestyn sal Bloei – het voor ons oë in vervulling gegaan terwyl ons Hemelse Vader die dorre sandland geseën het met van 50 mm tot meer as 100 mm reën vir die naweek. Ons bring hulde aan almal wat ons ontval het en almal wat deel gehad het aan ons opvoeding in ons vormingsjare en eer hul nagedagtenis. Vir ons as gaste was dit ’n onvergeetlike belewenis. Ons is so trots op Vanzylsrus.
MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.
‘Ek ken die intensiteit van ’n ouma se liefde’ Annerie Louw DIE rede vir my koms na Amsterdam het toe op 1 April sy opwagting gemaak – die presiese datum wat die dokter voorspel het. Paasmaandagmiddag sit ek en Belangrikste in hul huis vir haar pa en ma en wag. Ons het sonder probleme die roetine van bad en aandete agter die rug. Tussen halfses en sesuur het ek ’n SMS van skoonseun gekry dat Lohan gebore is en dat dit goed met ma en baba gaan. Belangrikste het dit nie heeltemal verstaan nie, maar wel die op-
gewondenheid sodanig aangevoel dat sy nie wou gaan slaap nie. Ouma moet ’n DVD op die televisie speel. Ai, pleks dat ek beter opgelet het toe ek die les oor die rekenaar en televisie twee dae gelede by skoonseun gekry het, want nou is dit net ek wat moet knoppies druk. Belangrikste probeer help en ek is verbaas oor haar tweejarige kennis van die elektroniese toerusting. Tussen my en haar kry ons die kinderstorie Ratatouille op die skerm, maar helaas, sonder klank. Ek is bang om vir klank verder
knoppies te druk, want netnou verdwyn die beeld en dan het ons niks nie. Dit is darem ook nou nie asof ek so dom is nie, maar dit is hul toerusting wat so gespesialiseerd is, want haar pa is ’n spesialis op die gebied. Gelukkig het sy vrede daarmee dat haar ouma dom is en dat ons die storie klankloos verder kan kyk. Ouma is ook gelukkig dat Belang-
rikste die storie ken en nie te veel uitvra wat nou gebeur nie. Om ongeveer 21:30 daag die twee trotse ouers met ’n bondeltjie mensie op – ongelukkig te laat vir sy sussie wat toe al voor die klanklose rotstorie aan die slaap geraak het. ’n Mens vergeet hoe verskriklik klein ’n pasgebore babatjie is en die bang dat hy iets gaan oorkom. Die eerste nag is dus verby met min tot geen slaap nie tussen ons drie volwassenes. Toe die son die volgende dag weer skyn, lui die deurklokkie en kraamsorg meld aan. Wat ’n voorreg.
Die volgende agt dae ná die geboorte van die baba word sy ses uur van ’n dag deel van die huishouding. Sy help die nuweling bad, weeg hom, meet sy koors, maak tee en eetgoed, doen die wasgoed en maak die huis aan die kant. Intussen is sy opgelei en kan sy enige vrae oor die baba of die welstand van die moeder beantwoord. Ook die vroedvrou maak ’n draai by die huis om te kyk of alles wel is. Om die waarheid te sê voel ek amper oorbodig, maar Mooiste verseker my dat my teenwoordigheid uiters noodsaaklik is. Ek glo haar, want ek ken die intensiteit van ’n ouma se liefde.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
Reünie lok hulle van oral VAN heinde en ver het hulle gekom. Al die oudleerlinge wat van toeka tot 1994 in die Laerskool Vanzylsrus was. Van die Kaap tot op Kakamas – van Gauteng tot KwaZulu-Natal. Vanzylsrus het uit sy nate gebars. Altesaam 320 oudleerlinge met hul gades en kinders het opgedaag. Op hul beurt het hulle die kosbaarste DIE Karsten-tweeling. Van links is Dorothy en Marelie (regs) saam geskenk saamge- met kleinsus, Berdine Schoeman (middel). bring – strome van seën van Bo. Daar het die naweek tussen 60 mm en 140 mm reën geval en almal het geseënd gevoel. Vir twee dae is daar teruggeloop in die verlede deur toneelopvoerings, komiese vertellings, dansnommers, staaltjies, stories en wonderlike sang. Monique Schoeman en haar broer, Johan, kleindogter en kleinseun van die eens bekende oudskoolhoof, B.F.P. Karsten, het gewys dat sang en die liefde daarvoor in die gene is. Oorspronklike liedere diep uit die hart van Coen Visser en oorspronklike gedigte deur Johan Wessels en Francine Noeth oor die besonderse Kalahari is ook aangebied. Die oudste leerling teenwoordig was Hannes Momberg (92) wat al die pad van Kimberley gekom het. Hoewel hy geen van sy tydgenote hier gevind het nie, was hy ’n inspirasie, penorent en vol fut. Daar is gedans, geëet en gelag. Daar is selfs ’n ou skoolbank opgeveil en dit het die mooi bedrag van R7 500 vir die skool opgelewer. Die Sondag het een van die oudleerlinge, dr. Gawie Thirion, die naweek se verrigtinge afgesluit met ’n baie besonderse preek oor nostalgie – die “siekte” waaraan die meeste van ons nou begin ly. Die oudleerlinge het mekaar gegroet met die hoop om gou weer na “ver in die ou Kalahari” terug te keer.
DIE skoolsaal van die Laerskool Vanzylsrus, propvol oudleerlinge.
CALLING ALL ENTREPRENEURS
GOT WHAT IT TAKES TO BE A CELL C DEALER? CELL C INVITES YOU TO TAKE UP A GREAT BUSINESS OPPORTUNITY IN THIS REGION. LL CELL C POSTPAID SE TO R LE EA D A S A SIGN UP AND SERVICES, TS C U D O R P ID A EP AND/OR PR : AND BENEFIT FROM resale d for ll C products purchase • Discounts on all Ce • Annuity income
JHB 41206/R
APPLICANTS MUST: with Cell C fiess to sign a contract qualifie at th y tit en al leg a ating expenses • Be l investment and oper tia ini e th r ve co to e ce nc an fina • Have the fin
CONTACT: • Gauteng North, Mpumalanga, Limpopo: Melanie Raitt 084 174 5000 • Gauteng South: Sean van der Westhuizen 011 324 8000 • Free State, North West and Northern Cape: Dirk van der Walt 084 777 8205 • KZN: Dino Naicker 031 570 6000 • Eastern Cape: Rob Ermes 084 567 5555 • Western Cape: Francois van Zyl 021 935 7000
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
NOORDKAPENAAR VAN DIE JAARKOMPETISIE
Benoem inwoners van Noord-Kaap VOLKSBLAD, Kalahari Bulletin se moederkoerant, en Kumba Iron Ore se kompetisie vir die NoordKapenaar van die Jaar en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is goed op dreef. Kumba Iron Ore is vanjaar weer die hoofborg van dié prestige-kompetisie. Benoemings om uitblinker-inwoners van die Noord-Kaap te vereer word nou ontvang. Dié projek, ook in samewerking met GWK as een van die borge, bereik op 28 Mei ’n hoogtepunt op ’n glansgeselligheid in die Horseshoemotel in Kimberley. Die doel van die kompetisie is om individue en instansies te vereer wat ’n verskil maak. In die lig van die groot belangstelling word die basiese reëls en kriteria weer verskaf. Wat betref benoemdes as NoordKapenaar van die Jaar, geld die vol-
gende riglyne: Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonderse sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vereer vir besonderse diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap. Die diens wat verrig word, mag deel wees van die benoemde se werk, maar moet dan verband hou met besonderse toewyding en prestasie waarby die provinsie baat gevind het. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit die hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie.
In die beoordeling sal die beoordelaars, wat deur die borge saamgestel word, aan die volgende kriteria aandag gee: Interne impak: Die verskil wat die persoon maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waarin die persoon sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die persoon se werk wees, die mate waarin die persoon buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die persoon lewer om die NoordKaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder.
Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Weer moet die werk wat gedoen, word ’n positiewe impak hê op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie. Die beoordelaars sal in dié kategorie veral kyk na die impak wat die organisasie in die gemeenskap maak. ) Om ’n individu of instansie te benoem, stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat aan lecrecia.prins@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die sluitingsdatum is 10 Mei om 17:00.
VOLKSBLAD en Kumba Iron Ore se kompetisie vir die Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is in volle gang. Van links is Mashilo Mokotong, bestuurder: volhoubare ontwikkeling van Kumba Iron Ore, Ina Knot, hoofbestuurder van Volks blad, Hannes Cronjé, waarnemende hoofbestuurder van Kumba Iron Ore, Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad, en Tanya Aucamp, kommunikasiebestuurder van Kumba Iron Ore. Foto: Mandi Jordaan
NEIL DE KLERK, uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking van GWK. Foto: Ruan Bruwer
Rubriek in boek saamgevat WAT ’n rubriek met verhale oor Dollie en Dirk se doen en late in Kroonnuus, susterpublikasie van Kalahari Bulletin op Kroonstad, op Dinsdae was, het uitgebrei om vir Sus en Daan by die Sentrale Volkskool op Kroonstad met ’n leesreeks vir junior primêre leerlinge te vervang. Die leesreeks is ook op Overvaal Stereo voorgelees. Annelize Bester, die skrywer, is ’n raakvatter om vir kinders verhale met ’n lessie te verwoord. Sy spog met talle eerbewyse vir haar kinderboeke wat onder meer ATKV-veertjies insluit. Volksblad het pas ’n kinderboekie, Vat 5 met Dollie en Dirk, uitgereik. Die boekie handel oor die avonture van ’n groep diere en dan veral Dollie en Dirk, twee vriendelike seekoeikinders.
Hoewel die stories kinders van alle ouderdomme sal vermaak, behoort leerlinge in gr. 2 en ouer dit self te kan lees. Die boekie word ook teen
R40 by Volksblad se kantoor en al sy takkantore te koop aangebied. Om bestelling van meer as tien boeke te plaas, bel Bianca Prins by 051-404-7721.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
PLUS EARN POINTS
WEEKLY WINNERS Producst have been styled for photography
32
31
Nescafé Ricoffy in Tin 750g
75
99
Olof Bergh Brandy 750ml
34
99 Each
Nescafé Cappuccino Assorted 12s, 10s, 8s or 6s
CASE PRICE
136
99
per case
Castle Lager Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml
49
15
89
79
Each
EverFresh Full Cream, Low Fat or Fat Free Long Life Milk 6 x 1 litre
17
99
Tastic Rice 2kg
per kg
Bulk Beef Mince
Sasko Cake Wheat Flour 2.5kg
NOW ONLY
56
per kg
Bulk Pork Pack (Consists of Roast, Chops, Rashers & Stew Cuts)
PnP no nameTM Frozen Chicken Braaipak 2kg
99
49
99
99
99
9995
per pack
SAVE 25.00
Huggies Dry Comfort Bulk Pack Mini 66s, Midi 58s, Maxi 50s or Junior 44s
Always there for you PRICES VALID 9 - 14 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS
IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
1177049B_E
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
Borrels gee ekstra drinkgenot DIE kenmerkende popgeluid van vonkelwynbottels wat oopgemaak word, het onlangs deur Upington, Kakamas en Keimoes getrek en dit was nie net vanweë die gehalte van die Oranjerivier-wynkelder (OWK) se vonkelwyn en die mense se dors nie. Nee, dit was oor die tweede Groen Kalahari-kanowedvaart wat verlede maand plaasgevind en hom as een van die streek se voorste sportgeleenthede gevestig het. Kanovaarders en hul ondersteuners het van oor die land heen gekom om aan die drie dae lange vaart tussen Upington en Augrabies deel te neem én om die streek te ervaar. En wat ’n wonderlike tyd van die jaar was dit nie om die wynlande van die Benede-Oranjerivier-
wynstreek te ervaar nie: sonnige dae, koel nagte onder ’n kombers, skittersterre en met die reuk van geparste druiwe en nuwe wyn in die lug. Want die sportgeleentheid val saam met die parstyd en vanjaar was daar weer ’n slag ’n gesonde hoeveelheid druiwe om kelder toe te ry en te verwerk. Elke dag se skofwenners, tam geroei, is onder meer met ’n yskoue bottel van die OWK se vonkelwyn verwelkom; heel gepas, aangesien die wynkelder een van die geleentheid se hoofborge is. Die borgskap het gehelp dat die streek se wyne omtrent op almal se lippe was – letterlik én figuurlik – aangesien baie van die deelnemers en hul ondersteuners nog nie voor-
heen met die wyne kennis gemaak het nie. En, ja, veral die vonkelwyne was ’n gesprekspunt en nie net vir die wenroeiers beskore nie. Die OWK maak drie vonkelwyne: die brut, wat fris en droog is, ’n vrugtige doux vol kenmerkende Noord-Kaapse sonskyngeure en ’n romantiese pienk rosé. Sommer so uit die ysbak of die yskas gepluk is vonkelwyn om verskeie redes een van die wynwêreld se groot vreugdes. Eerstens is daar die, wel, die vonkel in die wyn. Miljoene borrels word in die wyn vasgevang, borrels wat nie net help dat
die prop sommer oor die rivier sal skiet as ’n mens hom nie reg oopmaak nie, maar wat ook aan die wyn ’n heeltemal ander smaak gee as wat stilwyn doen. Borrels prikkel die tong, gee die wyn ’n lewenslustige, genotvolle aanslag en maak die drink-ervaring ’n verfrissende plesier. En omdat vonkelwyn laer in alkohol as stilwyn is, kan hy behoorlik die hele dag deur geniet word. Dit is mos waar die “vonkelwynontbyt” vandaan kom. Hoewel die kanovaarders hul skofseges met vonkelwyn gevier het – en het hulle dit geniet – is dit belangrik om te onthou dat vonkelwyn nie net vir spesiale geleenthede en vierings daar is nie. Nee, von-
kelwyn is veelsydiger as ’n Griekwas-losvoorspeler. Laatoggend les hy die dors. Vir middagete kan die wyn saam met enige gereg genuttig word, aangesien sy skoon, fris geure perfek pas by enige gereg, hetsy dit vleis, vis, slaai of nagereg is. En is daar nou ’n beter sundowner as een van die OWK se vonkelwyne? Die veelsydigheid, asook dat vonkelwyn vars en koud geniet word, het gehelp dat vonkelwyn SuidAfrika se snelgroeiendste wynstyl is. En onthou, jy hoef nie noodwendig ’n kampioen-kanovaarder te wees om jou bottel vonkelwyn van die OWK te geniet nie. Die plesier is alles joune.
Pas op vir dié aankope DIE speurtak van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington ondersoek die diefstal van skootrekenaars. Die vermoede bestaan skootrekenaars word gesteel om later verkoop te word. In die meeste gevalle dink mense wat dié skootrekenaars koop hulle koop dié rekenaar teen ’n winskoopprys en is nie bewus daarvan dat hulle ook betrokke raak by die oorspronklike misdaad wat gepleeg is om die skootrekenaars onwettig te bekom nie. Mense wat in besit gevind word van artikels wat moontlik gesteel is, kan aangekla word vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. In so ’n geval word op die artikel beslag gelê en die mens verloor ook die geld wat hy vir die artikel betaal het. Daar is dan ook ’n strafregtelike klag teen hom. Die wet op gebruikte goedere bepaal handelaars in gebruikte goedere moet die polisie inlig as hulle iets onwettigs vermoed. Let dus veral op na die adres en naam van die verkoper en of daar met die voorkoms van die goedere gepeuter is, soos reeksnommers wat verwyder is. Mense met inligting oor skootrekenaars wat gesteel is of enige ander vermoedelik gesteelde artikels moet onverwyld 054-337-3457 skakel. ) Die SAPD op Upington ondersoek die verdwyning van Katriena de Wee (34) wat sedert verlede Woensdag vermis word. Sy het dié dag om 18:30 haar huis in Bazilstraat 30, Louisvaleweg, verlaat en is nie weer gesien nie. Sy het tydens haar verdwyning ’n rooi langbroek en rooi strepiesbloes aangehad. Enigiemand met inligting moet sers. Conlee Koopman by 054-337-3400 of by 076-857-7338 bel.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
DAWIE ROODT, bekende ekonoom, gaan die gasspreker op Nokki se jaarvergadering wees.
WILLEM BASSON sal as seremoniemeester optree.
DAWIE ROODT, bekende ekonoom, gaan op 7 Mei op die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) se jaarvergadering as gasspreker optree. Roodt is die hoof-ekonoom van die finansiëledienstegroep die Efficient Group en die aanbieder van Ontbytsake wat op kykNET uitgesaai word. Hy is al vir meer as 20 jaar ’n gerekende ekonoom en politieke analis. In sy loopbaan was hy vir nege jaar ’n ekonoom by die SuidAfrikaanse Resewebank en was ook die ekonomiese redakteur van die finansiële tydskrif wat nou as Finweek bekend staan. Hy het ’n meestersgraad in ekonomie en is veral bekend vir sy uitsonderlike kennis van die Suid-Afrikaanse ekonomie, asook vir sy analitiese eienskappe en kommunikasievaardighede. Hy het die vermoë om ingewik-
kelde ekonomiese inligting in ’n verstaanbare vorm aan te bied. Hy is ook ’n welsprekende aanbieder en sy gereelde televisie-optredes, radio-aanbiedings en bydraes in die gedrukte media maak van Roodt een van Suid-Afrika se bekendste ekonome. Op Nokki se jaarvergadering gaan Roodt bygestaan word deur Willem Basson wat ook as seremoniemeester gaan optree. Basson, ’n finansiële adviseur by die Efficient Group, is ook baie in sakekringe bekend. Die jaarvergadering vind om 18:30 in die Desert Palace Casino se konferensiegeriewe plaas. Vir verdere navrae en besprekings bel Mari Richmond by 054-332-3955 of 071-473-3730 of stuur e-pos na pa.famsaupt@mweb.co.za.
Roodt, Basson praat by Nokki
YOUR
HELPING HAND AROUND
THE
HOUSE!
SERVICES WE OFFER
0022413
aterials M g in d il u B • ls o o T r e w o • Deliveries • P t Tinting in a P • g in tt u C y e K • g in b • Plum • Electrical • Outdoor
VISIT US TODAY
3 Seodin Avenu e, Kuruman Tel: 053 712 3114/6 /8
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
ORANJEHOFTEHUIS VIR BEJAARDES
Oranjehof hou modeparade DIE Oranjehof-tehuis vir bejaardes het ’n konsert en modeparade aangebied om geld vir die tehuis in te samel. Die konsert en modeparade is self deur die inwoners van Oranjehof onder leiding van Wessie de Jager gereël. Op die modeparade het inwoners van Oranjehof self as modelle opgetree en trourokke, swemdrag en selfs tradisionele drag vertoon. Plaaslike sangers het opgetree en Xavier Louw het selfs sy Michael Jackson-danspassies gebruik om die skare aan die beweeg te kry. Ná die konsert is tradisionele kermispoeding as deel van die geldinsameling verkoop en volgens Marie Crafford, bestuurder van Oranjehof, het die kermispoedings behoorlik van die tafels af gevlieg.
DIE vroue sit agter die skerms en wag vir hul beurt op die loopplank. Van links is Jenny Maritz, Susara Fourie, Hester Kotze en Johanna de Klerk. Foto’s: Verskaf
JOHANNA DE KLERK het die modeparade op ’n hoogtepunt laat eindig met haar besonderse trourok.
DIÉ “dame” was mooi getooi met halssnoer en blom om pragtig in pienk haar uitrusting op die loopplank te wys. Nick Benson het kort ná die modeparade sy snor afgeskeer.
KLEIN Xavier Louw het sy Michael Jackson-danspassies gebruik om die inwoners van Oranjehof te bekoor.
PETRA VAN WYK het namens die Vrouediens van die NG kerk Grootdrink twee gebreide lappieskomberse aan Marie Crafford, bestuurder van die Oranjehof-tehuis vir bejaardes, oorhandig. Dié komberse is gedurende die winter deur lede van die Diens aan Beharmhartigheidsgroep gebrei en deur Bertie Coetzee aanmekaargewerk.
JENNY MARITZ maak haar draai op die loopplank terwyl die toeskouers haar aanmoedig.
VAN die personeellede van die Oranjehof-tehuis vir bejaardes het die vroue op die biddagviering toegesing. Van links is Anna Basson, Anna Kroon, Katrina Morris en Ramona Joodt.
DIE vroue van die Oranjehof-tehuis vir bejaardes het die Wêreldbiddag vir Vroue gevier. Hulle het die dag van sang en geestelike boodskappe geniet.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
MORNING STAR DAYCARE: Children from 1 to 6 years. From 08:00 to 13:00, R200 p.m. From 08:00 17:00. R400 p.m. Good foundation for a bright future. Contact person: F. Goliath 073 501 9992. French Avenue 4, Wrenchville.
DE HOEK OORNAGKAMERS KURUMAN. R300 per nag. Skakel Dirk 079 877 7134.
HILUX 3000 KZTE Raider R/B, 2001. White, rails, rollbar, nudgebar, towbar. 180 000 km. Exceptional condition, serviced. Very popular, scarce. R99 500 (not negotiable). Tel. Christo 083 255 4701.
PLATINUM TRAINING PTY. REG 2012/202008/07. Excavator, dump truck, mobile crane. L.H.D. Scoop. Drill rig. Front-end loader. Overhead crane roller. Utility vehicles. Phone 083 314 3397 or 014 784 4425 Kuruman and Rustenburg. Free accommodation and transport.
ISUZU 250, 1995: -R35 500. 1993 Bantam: R26 500. 1994 Courier: R18 500. Phone 072 472 8686. ISUZU 250, 2003: R49 500. 1999 Isuzu 250: R46 500. 2000 Isuzu 280: R42 500. Phone 072 472 8686. ISUZU KB300 D-TEQ E/Cab, 4 x 4, 2008. Canopy, white, 117 000 km, FSH. Very neat. Once-in-a-lifetime offer! R187 500. Tel. Christo 083 255 4701.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
TOYOTA 2400: 1996. Many extras. R48 500. 1996 Toyota 1800: R39 500. Phone Thinus 072 472 8686 SchweizerReneke.
100+ CARS AND BAKKIES available below R50 000. Phone Thinus 072 472 8686/071 967 0285 or 053 963 1409.
COMPRESSOR 100LT for sale. Price R3 500. Phone 082 538 5639 or 053 773 1377.
AUDI A4 1.8T (B8), 2008, Attraction, Multitronic. 113 000 km, silwer, soos nuut. R185 000 (nie ohb), boekwaarde R228 000. Skakel Christo 083 255 4701.
Labrador/great dane- kruising. 5 maand oud, opgelei, reun. R550. Skakel 084 651 3000
CORSA, 1998: R29 500. 2005 Mazda: R29 900. 2001 Golf: R29 900. Phone Thinus 072 472 8686 SchweizerReneke.
SCOTTISH TERRIERbabahondjies. Skakel 082 920 0857.
053 712 1961 053 712 2068
Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse.Aubrey 072 747 1991 Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991
42-VK M-stoor. Industriële gebied, Kuruman. Huur R1 600 p.m. Skakel 083 524 4995.
KONTANTKOPER soek 3slaapkamer-huis in Kuruman. Skakel 083 524 4995.
1-SLK-woonstel in stil area. Badk. Oopplan-kombuis/sitk. Onderdak-parkering. Koopkrag. R3 500 p.m. Skakel 083 384 1250 3 SLAAPKAMERS, 2 badkamers, enkel motorhuis. Veilig. R14 000 p.m. Skakel Lizette 083 273 3852/Elretha 083 561 6705 of 053-712 3123. House to rent in Kuruman 3-bedr house, 2 bathr, 1 garage, 3 carports and an established garden with automated sprinkling system to rent for R10 500, neg. Please phone 082 776 4945 or 082 332 4788 Huis te huur in Kuruman vanaf 1 Mei 2013. 3 slk met 2 badk, sitk, eetk, TV-k, kom-buis, opwaskamer met swembad en lapa - R11 000 p.m. Skakel 076 703 3675 KATHU: 4 slk, 3 badk, 2 m/huise, opwasarea, groot leefarea, binnebraai, groot erf. R19 000. Beskikbaar einde April 2013. Skakel Pieter 083 771 7431. KURUMAN: 3 slk, 1 badk, sitk, kombuis, eetk, enkelm/h, afdak en buitekamer met toilet. Skakel 082 522 6865 vir verdere inligting.
JETTA, 1992: R19 500. 2000 Sting: R18 500. 1980 Datsun: R8 500. Phone Thinus 072 472 8686 SchweizerReneke. KIA SORENTO 2.5 CRDi, 4x4, 2007, silver, grey leather. Chrome nudge and side bar, T/B. 130 000 km, FSH. Excellent condition. R154 000. Phone Christo 083 255 4701.
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
Columbia Carpets/ Blinds
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10, Kuruman.
2-SLK-woonstel met sitk, kombuis en eie badkamer, onderdakparkering. R7 800 water, krag en DStv ingesluit. Skakel 084 552 9161 of 082856 1216. BATCHELOR WOONSTEL TE HUUR @ R4 000 p.m. Skakel Lizette 083 273 3852/Elretha 083 561 6705 of 053 - 712 3123.
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
Een slpkamer w/stel te huur w/l ingesluit.Kathu Bergdoringstr 46.Skakel 082 976 3964 Eenslaapkamer, stapafstand van besigheid. DSTV ingesluit. R4 400 p.m. Skakel 084 651 3000. GEMEUBILEERDE WOONSTEL - 2 Slaapkamers @ R8 350 p.m. Skakel Lizette 083 273 3852/Elretha 083 561 6705 of 053 - 712 3123.
16 ERWE en PLOT EN PLAN vir 10 x 3- slaapkamer-woonstelle met huis met 2 woonstelle. Klaar gehersoneer en goedgekeur in Kuruman naby Hoërskool en te koop. Kom maak 'n aanbod. Skakel 082 841 6585.
EXPERIENCE SALESMAN for a spares shop required - experience in Motor Spares & Accessories will be beneficial. Market related salary & benefit's incl. To start immediately. Fax CV to 086 654 5919.
POLO, 2002: R28 500. 1999 Golf: R28 500. 1996 Jetta: R25 000. Phone Thinus 072 472 8686 SchweizerReneke. POLO, 2007: R64 500. 2007 Corsa: R49 500. 2004 Corsa: R33 500. Phone Thinus 072 472 8686 SchweizerReneke.
REYA-AA GRAVELROAD (Ck. No.
2009/069172/23) of the following registered address House B46, Padstow Village, Kuruman 8460, has applied for restoration after it has been deregistered due to failure to pay annual fees. Anyone who has objections must contact the Companies and Intellectual Property Commission at 086 100 2472 or an appointed consultant at ALDABRI 439 (PTY) LTD, 33 Bearestreet, Kuruman 8460 within 21 days from the date of this advert. Tel. 053 712 2482. Cell 072 384 7493.
VOLKSWAGEN CITY GOLF 1.4L, 2006-model, 82 000 km. Petrol, blue. R45 000 egotiable. Phone Milena 071 703 9270
FORD 6600 TRACTOR: R42 500. Slattery-stroper: R8 500. Slattery-dorsmasjien, R5 500. Phone 072 472 8686 Schweizer-Reneke.
K.M. Moncho
MEENTHUISE: 2 Slaapkamer, enkel badkamer R5 700 - R9 900. 3 Slaapkamers , 2 badkamers - R8 800 - R11 000. Skakel Lizette 083 273 3852/Elretha 083 561 6705 of 053 - 712 3123.
In the estate of the late Keikantsemang Maggie Moncho, identity number 511113 0613 086 who resided at House No. B69, Bothetheletsa Village and who passed away on 7 February 2013. Estate number: 1954/2013 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 12 April 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE PO Box 63 Kuruman 8460
Duvenhage & Van Der Merwe Ing.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine
Finsch Mine is located in the town of Lime Acres which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.
Mine Design and Scheduling Engineer The incumbent will be responsible for constructing mine excavation layouts for short-, medium- and long-term planning and control purposes in compliance with statutory and company requirements. Tasks and responsibilities: • Compile the project input to the strategic business plans for the Mine • Interpret the mining operational plan and production results to develop a monthly operation plan • Liaise with other related disciplines to gather information necessary to fulfil duties • Be responsible for the planning/coordination/liaising of planning meetings at pre-determined frequency • Highlight deviations to the plan and identify opportunities to catch up or exceed the plan • Portray a true reflection of mining operations and geological features on the plan • Monitor modifying factors through technical analysis • Perform duties of technical assurance. Minimum requirements: • Degree or diploma in Mining • Code EB driver’s licence • Sound knowledge of mechanised mining methods • Proficiency in Microsoft Office • Sufficient experience in mine planning, design and scheduling • Intermediate level user of mining-related drafting software. Other skills/competencies: • Microstation, Mine CADD, Mine 2-4D, EPS and GEMCOM background • Managerial/supervisory experience • Technical design and analysis • Technical knowledge of mining operations • Planning, coordinating and prioritising • Analysing and interpretation of information • Applicable legal knowledge and understanding • Decision-making ability in a fast-changing environment. (Ref. FINSCH065) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. Closing date: 19 April 2013 If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful.
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape
Process Controller – Sinter/DMS Mamatwan Mine
Ref. 757418 In this role, we need you to monitor and control the safe and efficient execution of production and processing activities at the Sinter and DMS plants. Duties will include overseeing the crushing and screening operation in the metallurgical plant, transferring material by means of a belt conveyor, crushing material by means of a cone-type crusher, monitoring and controlling waste storage (steel, domestic, rubber, brick yard) and generally maintaining housekeeping standards. Success demands a Grade 12, 3 years’ experience in a mining or similar environment and a valid driver’s licence (Code EB), while an Ore Preparation Certificate and experience in the smelting industry would be considered advantageous. You will be required to pass the pre-employment medical examination. Good interpersonal, problem-solving and decision-making skills will count in your favour. Please forward your CV (max 3 pages) to: Hotazel.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 19 April 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za
Human Communications 97681
www.humanjobs.co.za
Human Communications 97780
Engen. Let’s make GREAT happen. • Staff supervision • HSEQ awareness
Key Responsibilities To monitor and drive all related HSEQ policies and procedures at Upington Depot. To undertake the physical maintenance operation in order to optimise the physical assets at Upington Depot. To manage third party / contractor upliftments at the Depot. To manage the receipt, storage, handling and distribution of bulk fuel.
Requirements • Grade 12 or equivalent • Minimum NTC 4 Mechanical fitting • 3 Years of operational experience • In good health physically
• To schedule maintenance requirements of all physical assets at Upington Depot • To execute maintenance as per schedule • Product quality • Administration control
ENG130405_E
Plant Supervisor Upington Terminal
Please forward your CV to: ESMRecruitment@ engenoil.com Closing date: 18 April 2013 Should you not hear from us by 30 April 2013 please assume that your application has been unsuccessful.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
HAKSKEENPAN soos min mense hom nog gesien het.
Foto’s: Meris Kocks
Hakskeenpan nou ná reën ’n ‘dam’ REËN het die Hakskeenpan in die Hakskeendam verander en só werk aan die pan ter voorbereiding van die Bloodhound-projek aan bande gelê. Die afgelope paar jaar al berei mense die pan voor vir die landspoedrekordpoging wat aan die einde van 2013 of vroeg in 2014 hier gaan plaasvind. Maar die milde reën die afgelope tyd het dié stukkie Kalahari in ’n waterwêreld verander.
DIE Swartbasrivier wat in die Katnaeldam naby Loubos loop, vloei lekker breed oor die Kalahari-sand.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
DIE //Khara Hais Harriers-atlete wat aan die Twee Oseane-ultramarathon deelgeneem het, is van links Chester Dioka, Meris Kocks, Nathan du Plessis, Wakes Mjekula en Frans Louw. Foto: verskaf
Atlete pak taai marathon aan ATLETE van die //Khara Hais Harriers het op 30 Maart aan die moordende Twee Oseane-ultramarathon en -halfmarathon deelgeneem. Vanjaar was ’n besonder moeilike jaar weens die bewolkte en winderige toestande wat tydens die marathon geheers het.
Die Suidooster het menige atleet se planne vir dié dag goed deurmekaar gewaai. Van die //Khara Hais Harriers se atlete het die Twee Oseane gehardloop as voorbereiding vir die Comrades-ultramarathon wat vanjaar van Durban na Pietermaritzburg sal plaasvind.
DIE Noord-Kaapse o.19-spanspelers is van links, voor: Rianca Boshoff, Stephanie Zealand, Esmarie Ferreira, Carla van der Merwe, Marli Vos en Jessica du Plessis; agter: Franco Swarts, Katlego Thomas, Loupie Nieuwoudt, Odwa Saleni, Johan Erasmus en Freek Potgieter. Foto’s: Annalise Nieuwoudt
Handig met raket
TENNISSPELERS van die Hoërskool Upington het as deel van die NoordKaapse o.19-span aan die Suid-Afrikaanse hoërskole-tennistoernooi deelgeneem.
Loupie Nieuwoudt het as die nommereen-speler deelgeneem met Franco Swarts as nommer twee, Esmarie Ferreira as nommer vier en Stephanie Zealand as nommer ses.
ESMARIE FERREIRA in die pragtige, nuwe tennisrokkies van die Noord-Kaap.
LOUPIE NIEUWOUDT speel hier teen die Vrystaat se nommereen-speler. Loupie het teen Noord-Wes en Limpopo se nommereen-spelers gewen en sy wedstryde teen die Oostelike Provinsie en Vrystaat met valbylstelle verloor.
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 11 APRIL 2013
Seodin hou naam hoog
Wys sy slag in toernooi NICO PIETERSEN, ’n gr. 6-leerling aan die Laerskool Seodin, het onlangs aan die Noord-Kaapse junior gholf-ope in Kimberley deelgeneem. Ná die eerste dag was Nico in die vierde plek in die o.13-afdeling met slegs tien houe agter die voorloper. Aan die einde van die toernooi het hy die vyfde plek beklee. Nico se volgende toernooi is op 27 en 28 April op Sandveld naby Welkom.
DIE Laerskool Seodin het die afgelope vakansie met twee rugby- en drie netbalspanne na George getoer. Hier het hulle deelgeneem aan die Hollard Eden Super Series vir laerskole wat deur die Laerskool George-Suid aangebied is. ’n Aantal toprugby– en netbalskole van oor die land heen het aan die toernooi deelgeneem. Seodin se spanne het besonder goed gevaar en dit was vir elke speler ’n onvergeetlike ondervinding. Die o.11A- en o.13A-rugbyspanne het albei tweede geëindig en die o.13A-netbalspan het vierde geëindig. Vyftien spanne het in die toernooi met mekaar kragte gemeet.
THE winning team, Rovers, receive a cheque to the value of R30 000 from the mayor of Tsantsabane, Elroy Phete, and Hillarious Olyn, sports coordinator of Blinkklip Lekgotla.
Rovers victorious THE 2013 Tsantsabane Easter Football Tournament recently took place in Postmasburg and the Rovers team from Kuruman stepped out as the ultimate winners. The Tsantsabane Municipality partnered with Blinkklip Lekgotla and TSALFA to deliver a professional tournament with a developmental agenda. The games were played on the sports grounds of Newtown and Asmandia Primary.
The honourable mayor of Tsantsabane was the keynote speaker at the official opening of the tournament. A total of 16 teams participated in the tournament. Eight teams – Rovers, Tigers, Hungry Lions, Birds United, African United, Newtown Bucs, Grinaker Chiefs and Chuck United – fought their way to the top eight. The final ended in a goalless draw when both teams suffered from visible fatigue after a gruelling four-day
tournament. A well-deserved victory was clinched by Rovers, a soccer team from Kuruman, when they beat Tigers 3-1 in a dramatic penalty shoot-out. Casy Hill Anthony, coach of Rovers, was named as coach of the tournament. “Our hard work paid off,” he said. Rovers snatched the Civil Sense Trophy from Tigers to win the 2013 Easter Football Tournament in front of a packed stadium.