Kalahari Bulletin 13 December 2012

Page 1

13 DESEMBER 2012

VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG

GRATIS

TEL. 054­331­3482

Goue gloed oor rivier

AS die son oor die water sak, skilder dit ’n onvergeetlike prentjie. Die pragtige sonsondergang is op 28 November van die brug oor die Oranjerivier by Upington afgeneem. Foto: Cindy Theron

Nuwe name onthul Lizette Slabber

DIE nuwe name van vyf strate op Upington is verlede Woensdag amptelik deur Limakatso Koloi, burgemeester van //Khara Hais, onthul. Brugstraat is nou Z.F. Mgcawulaan, Rondomstraat is nou Ds. Aubrey Beukesstraat en Swartmodderweg sal nou as Anton Lubowskiweg bekend staan. Lemoenweg, van die ingang van Keimoes oor Le Rouxstraat en Malherbestraat tot by Schröderstraat, sal nou as Dr. Nelson Mandela-rylaan bekend staan. Die straat van ou Keimoesweg af deur Hill-

straat tot by Schröderstraat by Absa sal nou as Upington 26-laan bekend staan. Op die onthullingseremonie het Thomas Basson, speaker van //Khara Hais, gesê: “Ons moet ’n //Khara Hais bou wat die kulturele agtergrond en diversiteit van sy mense weerspieel.” Hy het bygevoeg dat “ons nie verskoning kan vra daarvoor dat ons ’n Suid-Afrika wil bou wat beter sal wees vir almal wat hier bly nie. Daarom moet ons erkenning gee aan almal wat bygedra het om Suid-Afrika ’n demokratiese land te maak.” Op die onthulling van ZF Mgcawulaan het

Getty Xabendlini, suster van Fatman Mgcawu na wie die straat genoem is, gesê. “Ek wil vandag sê ek is baie, baie bly, want wat hy gedoen het, was vir die breër wêreld en as die breër wêreld dit erken, dan maak dit ons familie baie bly.” Mgcawu was die eerste demokraties verkose burgemeester van //Khara Hais en was van 1987 af vir die opbou van ANC-strukture in Siyanda verantwoordelik. Met die onthulling van Dr. Nelson Mandelarylaan het Basson gesê: “Hoe verduidelik ons aan ons kinders dat byna elke dorp in SuidAfrika ’n Nelson Mandelastraat het, maar ons

het nie een nie?” Anton Lubowski se familie het die onthulling bygewoon van die straat wat sy naam gaan dra. Hy was die bekende Namibiese prokureur wat die Upington 26 onder andere verteenwoordig het. Op die onthulling van die Upington 26-laan het Koloi gesê dié straat gaan vir “ons en ons nageslag as ’n simbool dien van die opofferings wat die Upington 26 gemaak het”. Ds. Aubrey Beukes was ’n lid van die United Democratic Front en het as woordvoerder vir die 14 lede van die Upington 26, wat ter dood veroordeel is, opgetree. Sien foto op bl. 2.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

VAN links is, voor: Gustav Wilson, Grace Molatedi, Subashini Moodley, Ruth Kgaile en Valerie Modiragale; agter: Moses Plaatjies, Lionel du Preez, Vusi Sibeko, Mandla Mkhwanazi en Magadima Masia. Foto: Lizette Slabber

Woon onthulling by GETTY XABENDLINI (links), suster van Fatman Mgcawu, en Limakatso Koloi, burgemeester van //Khara Hais, met die onthulling van die ZF Mgcawu-laan. Foto: Lizette Slabber

Vigs-dag gedenk Lizette Slabber

WÊRELD-VIGS-DAG is op Dinsdag 4 Desember deur die Korrektiewe Dienste op Upington gedenk. Al die sewe bestuursgebiede van die Noord-Kaap en Vrystaat het die herdenking en bewusmaking van vigs bygewoon. Volgens Subashini Moodley, streekskommissaris vir die Vrystaat en NoordKaap, herdenk Korrektiewe Dienste Wêreld-Vigs-dag omdat hulle sterk voel daaroor om die verspreiding van die MI-virus en vigs te verminder. Moodley sê hulle het heelwat MIV-positiewe oortreders wat met MIV in die tronke inkom. Daar word baie ge-

doen om dié oortreders met mediese hulp by te staan. In die Noord-Kaap en Vrystaat het hulle anti-retrovirale behandelingsentrums in Kimberley, Kroonstad, Grootvlei en Groenpunt. In die ander tronke is daar hulp-ooreenkomste met die plaaslike hospitale.

Daarby word oortreders opgelei as eweknie-opvoeders. Dié oortreders versprei die boodskap onder hul mede-oortreders om veilig en gesond te lewe. Moodley sê hulle wil graag die gemeenskappe motiveer om te beweeg na ’n staat waar geen infeksie en geen diskriminasie

teen MIV-positiewe mense en geen sterftes weens vigs sal plaasvind nie. “Oortreders kom van gemeenskappe en gaan terug na hul gemeenskappe. Daarom moet almal verantwoordelik en veilig lewe sodat verspreiding van die siekte gestop kan word.”

17/34

19/36

19/37

NW­10

W­10

W­20


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

3

DIE minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson, het Vrydag op Keimoes aangekondig sowat R1 miljard sal vir vloedhulp aan boere voorsien word. Sy het ook trekkers aan plaaslike boere oorhandig. Die 72 trekkers word geskenk vir 58 projekte in die Noord-Kaap. Foto: Anena Burger

Hulp vir boere op pad André Botha ’n KERSGESKENK van R1 miljard vir die herstel van vloedskade in die Oranjerivier-gebied met byna 70 000 werkgeleenthede wat daardeur geskep word, is verlede week op Keimoes deur Tina JoematPettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, aangekondig. Benewens die hulp aan die gebied wat in die vloed van Januarie 2011 deurgeloop het, is dit dus ’n enorme ekonomiese inspuiting vir die provinsie. Vir die boere van die Koopmansfontein- en Kurumangebied wat onder verwoestende veldbrande deurgeloop

het, was daar ook die belofte van hulp vorentoe. In Joemat-Pettersson se Kersfeessak was ook 72 splinternuwe trekkers wat in 58 projekte in die provinsie gebruik gaan word. Joemat-Pettersson, wat dié aankondigings op die Blocuso-Trust se landbouprojek buite Keimoes gedoen het, het gesê die geld is reeds aan die provinsiale regering oorgedra en moet dadelik bestee word. Altesaam 55 000 tydelike en 15 000 permanente werkgeleenthede sal hieruit spruit, het sy gesê. Dit sal vir sowel kommersiële boere as nuwelingboere gebruik word. Die regering het ’n verplig-

ting teenoor albei groepe. Die gebied waarin dit aangewend sal word strek van Boegoeberg anderkant Groblershoop tot by Onseepkans digby die Namibiese grens. Sowat R800 miljoen is bestem om grondskade op plase te herstel. Nog R80 miljoen sal gebruik word om skade aan waterinfrastruktuur by Onseepkans te herstel. Vir die herstel van paaie weens die vloed is daar R21 miljoen en vir die instandhouding van keerwalle R76 miljoen begroot. Dit was duidelik dat die skerp kritiek op haar die laaste tyd nie maklik in haar klere gaan sit het nie. Sy het gesê daar

was kritiek op haar oor die brandskade op Koopmansfontein nog voordat sy enigiets kon doen. “Nog voordat ons kon reageer, was mense klaar negatief. “Toe ek hier ingevlieg kom, toe kry ek boere wat kla.” Almal kan nie net met die nasionale minister praat nie. Die provinsiale regering kan ook help. Sy het gesê 82 boere het om vloedhulp aansoek gedoen. Net dié boere gaan hulp kry. Dit sal egter nie moontlik wees om al die geld vir werk wat reeds gedoen is, aan die boere terug te betaal nie. Oor hulp aan die boere wat brandskade gekry het, het sy

gesê sowat R3 miljoen is vir onmiddellike hulp beskikbaar gestel. Daar word egter aan ’n beter pakket vir dié boere gewerk. Sylvia Lucas, LUR vir omgewingsake, het in ’n opmerking van die verhoog af gesê baie boere het nie sedert die vloed stilgesit nie, maar reeds baie gedoen om skade te herstel.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

Beleef Kerstyd vreugde van gee IS jy een van diegene wat die Kerstyd gebruik om ander mense uit te buit en in die tyd die meeste geld te maak deur jou pryse te verhoog? Of is jy een van diegene wat die Kerstyd gebruik om aan die minderbevoorregtes, die agtergeblewenes, die eensames wat deur hul mense vergeet is, onvoorwaardelik te gee? In die omgewing wil dit tog voorkom asof mense die ware gees van Kersfees beleef. Dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe die gemeenskap na hul bejaardes omsien. Besoeke aan die Mimosahof-ouetehuis op Kuruman is algemeen. Die motorfietsklubs het onlangs vir die bejaardes skenkings en ’n ete gegee. ’n Paar kinders van die kinderkoor in Wrenchville het die tehuis besoek met geskenke en ’n opvoering en ander kindertjies het ook in dieselfde week die bejaardes met gesken-

kies en drukkies bly gemaak. Bejaardes kan so maklik in ’n tehuis geplaas en vergeet word, terwyl hulle die pioniers en geskiedenismakers van die verlede is. Die huidige geslag moet juis uit die ouer mense se lewenservaring leer. Gelukkig word die gees van Kersfees oral ervaar. ’n Kersparty word vir die weeskinders van die omgewing beplan en skenkings aan minderbevoorregtes word in die feestyd gemaak. ’n Man in ’n rolstoel meld by ’n gastehuis aan om te rus en slaap oor omdat mense omgee. Iemand skenk ’n wasmasjien en ’n stofsuier vir minderbevoorregtes. Klere word by die Kalahari Bulletin se kantoor afgelaai om mense bly te maak. Op dié manier kan ’n gemeenskap die vreugde van gee in die feestyd ervaar.

Iets moes gesê word, maar almal was stom Schalk Theart ONGEMERK ry ek verby ’n ou bord: ‘Welkom in die Groen Kalahari.’ Roes en rook het dit byna onleesbaar gemaak. Telefoondrade hang in die roet. Die pale en ankers is verkool. So ’n skroeiende vuur is nog nooit gesien nie. Selfs die verskroeide aarde-beleid kon dit nie ewenaar nie. Vaalbos, olien, swarthaak en enige vorm van gras is verskroei. Warrelwinde wil die wreedheid van ’n tot-as-verbrande land wegwaai. In die warm son strek ’n koedoebul hom uit om ’n paar blare te vreet. Beeskalwers trap spore in die swartgrys as. Hulle bulk vir hul ma’s. Niks keer hul rigting nie. Grensdrade lê soos spinnerakke verskeur. Weerskante van die pad en verder is alles tot as. Dit wat die oog sien, kan die verstand nie begryp nie. Totius se gedig oor Die Godsbesluit dwaal deur my kop. Al die vrae draai net vaster. By Koopmansfontein staan boere, werkers en vuurvegters rond. Hulle wag vir die diens om te begin. Almal deel hul ervarings van die afgelope 11 dae. “Dit was hel!” vertel ’n jong boer. Vir baie was dit ’n eerste ervaring. Iets moet gesê word, maar almal is stom.

Jesaja smeek: Laat die reën uitsak hemel, laat redding reën, wolk breek op aarde, laat voorspoed ontkiem . . . Ons sê gedemp: Ons glo in God die Vader, ons glo in Jesus Christus en ons glo in die lewendmakende Heilige Gees. Langs my sit ’n prediker uit Uganda. Hy lees saam met ons ’n onverstaanbare taal. Ons gesels later oor Uganda, Idi Amin, armoede en hongersnood. Ons ruil e-posadresse uit en groet. Ek ry stadig weg asof van ’n roudiens. Die aarde lê begrawe onder roet. Voordat ek by Daniëlskuil afdraai, sien ek hope lusern en hooi. Dit het saggies begin reën. Vir ’n paar dae val die reën 8 mm, 15 mm, 20 mm en selfs 60 mm, sê die meters. Die profeet sê: Reën kom uit die hemel en dit gaan nie daarheen terug nie, maar dit deurweek die aarde en laat plante bot. So belowe Hy: “My woord sal nie onverrigter sake terugkeer nie, maar sal doen wat Ek gedoen wil hê, en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.” Ek word gevra: Jou tema vir Sondag? Jesus sê: Hiervoor het ek mens geword! . Ds. Schalk Theart is leraar van die NG gemeente op Daniëlskuil.

Verf met sy laaste strale die Kalahari mooi DIE laaste oranje gloed van die ondergaande son bo-op ’n duin op die plaas Lushof naby Vanzylsrus. Foto: Annerie Louw

Doen dinge eerder self CHAEL TERBLANCHE, Kuruma: EK het die week besef hoe belangrik dit is dat gemeenskappe betrokke moet wees met veral die werking van hul munisipaliteite, aangesien dit hoofsaaklik wanfunksioneel is. Ons het die week agtergekom dat die munisipaliteit ons merendeels meer vir krag laat betaal as wat hy mag. Die mense en instansies wat die ergste hierdeur geraak word, is skole, kerke, ouetehuis en nie-winsgewende organisasies. Indien ’n mens hulle sou indeel in die sektor van besigheidskragverbruikers betaal hulle tot 53c per eenheid meer vir krag as nodig. Dit het byvoorbeeld vir party mense verbruik van tot meer as R6 000 per maand se krag tot gevolg. Al die verbruikers trek geldelik noustrop en word deur die munisipaliteit uitgebuit. Ek weet ek het hierteen op die begrotingsvergadering beswaar gemaak. Daar is belowe dat aandag aan die saak geskenk sou word, maar, helaas, al die besware is geïgnoreer. Wat vir my hartseer is, is dat daar geeneen van die organisasies se leiers teenwoordig was om toe te sien dat hulle nie ingeloop word nie. Ons gemeenskap dink mos

daar sal altyd ander wees wat na hul belange sal omsien. Ek dink regtig dat ons ons verantwoordelikheid moet nakom en ophou om ander daarvoor verantwoordelik te hou. Ek is ook teleurgesteld in ons opposisie omrede dit duidelik iets is waarmee hulle ons gemeenskap moes help, maar helaas ook verniet. Dinge sal nie beter gaan tensy jyself iets daaromtrent doen nie.

Bly positief in moeilike tye ROSS CHAPMAN EN HENNIE JOUBERT, Kuruman: HOE donkerder die wolke, hoe groter die reënstorm . . . As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde . . . (Prediker 11:3). Ons as boere in die distrik Kuruman beleef op die oomblik donker tye. Veldbrande, vee- en voerverlies . . . Die lys is baie lank, maar ek wil hiermee vir julle ’n boodskap van hoop bring. Daar sal altyd storms in ons lewe woed, want dit is die lewe, maar dan sal die son deurbreek en dit sal ’n nuwe dag wees. Sonder die donker wolke kan daar nie reën wees nie. ’n Positiewe houding in die

moeilike tye maak ’n groot verskil. Spreek die goeie dinge in die lewe toe oor jou plaas, gesin, familie en vriende. Die tong het krag. Ons as mense faal soms hiermee, maar ek weet dat ons nie die storm in ons lewe hoef te vrees nie. Ons dien ’n Almagtige God vol wonderwerke. Niks is vir God onmoontlik nie. God beloof in Sy Woord om ons in moeilike tye te dra. Hy sal ons nooit verlaat of in die steek laat nie. God sal aan al ons behoeftes voldoen. Stel vandag jou vertroue in die Here en onthou: “Elke dag hou die moontlikheid van ’n wonderwerk in”.

Dankbaar vir alle bydraes LENA MOOS, Wrenchville: NAMENS die Emmanuel-dagsorgsentrum vir gestremdes wil ons graag vir almal hartlik bedank vir elke bydrae groot en klein wat deur hierdie jaar aan ons gemaak is. Wees verseker dat al hierdie bydraes nie ongesiens verbygegaan het nie en dat ons dit baie waardeer. Ons wil julle ook in kennis stel dat ons van 3 Januarie af na ons tydelike gebou in Lewerinkiestraat verskuif. Ons wens almal ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar toe.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

Engeltjie, duiweltjie, engeltjie – in enkele minute Annerie Louw EK het al gehoor van tantrums en terrible two’s, maar nooit in my wildste drome kon ek glo dat ons eie Belangrikste met haar engelgesiggie ook daardie stadiums sou bereik nie - totdat ek ene beleef het. Die ergste vir my is dat sy in die hitte van so ’n “vloermoer” niks met die simpatie van haar toegewyde ouma te doen wil hê nie. Mind you, ook nie met haar super-oulike ma nie. Met niemand nie! Iemand het iets verkeerd gedoen en al probeer ons

hoe hard, sy bly onverbiddelik. Niks wat jy aanbied, belowe of mee dreig, beïndruk vir klein tornado’tjie nie. Sou jy enigsins in haar rigting kyk, draai sy die krane van skreeu-huil voluit oop en hoop jy net die bure dink nie jy rand die kind aan nie. Wie gaan jou in elk geval glo met die klem nou op die 16 dae-aktivisme teen kindermishandeling?

Ek het haar liefdevol probeer optel, maar is met ’n hol rug en erge geskoppery begroet. Was dit vroeër jare sou ek maar ’n houtjie op die boud gegee het, maar ek oorweeg dit nie eens nie, want eerstens is dit nie my eie kind nie en tweedens word die kinders nie vandag met houtjies grootgemaak nie. Daar word met die kinders van twee jaar gepraat en verduidelik en geredeneer en almal pas maar daarby aan. Inaggenome dat ek ’n ouma is wat haar kleinkind min sien, wil ek ook graag hê dat sy moet weet dat ek haar onvoorwaar-

delik liefhet en dat sy my nie vir ’n heks moet onthou nie. Mooiste sê ons moenie kommer nie: Dit hou een of ander tyd op. Daarom ignoreer ek die toestand omdat ek nie weet hoe anders om dit te hanteer nie. Dierbaarste is ook stil geskrik, want ons onthou nie ons eie kinders se tantrums nie. So vinnig en so intens soos dit gekom het, is dit verby. Niemand het iets daaraan gedoen nie. Die toestand het homself op sy eie tyd uitgewoed. Ongelooflik hoe so ’n klein tornado weer in ’n oulike, opvreet-

bare dingetjie kan verander. Jy kan nie glo dis dieselfde kind nie. Gelukkig het die klein gemoedjie weer gekalmeer en kry Ouma en Oupa weer drukkies en met Mooiste “Mammatjie” word geselsies gemaak. Asof sy weet sy het haar ouma te nagekom, kom sit sy stroopsoet met haar warm lyfie op my skoot en ek ruik die babaseep aan haar lyfie. Ons kan weer kommunikeer en sy is weer haar oulike self. Ek kan nie help om te wonder hoe ander ouers sulke tantrums hanteer nie. Hopelik het hulle ook geduld.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

Receives R4 000 donation for relay THE Oasis Lodge in Kuruman donated R4 000 to the Cansa Relay for Life function to be held in March 2013 to help pay for one of the entertainers, Pieter Smit. The donation comes out of the member’s pockets. “We always have charity on our minds,” said past master of Oasis Lodge and district grand warden of SA Central Division, David Holden. Chantal Farinha of the Relay receives the donation from Holden. Photo: Annerie Louw

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

FOKUS OP PALERMO

Groter, beter Palermo open Vrydag Annerie Louw ’n VERANDERDE Palermo-restaurant in die Hoofstraat van Kuruman word op 14 Desember amptelik geopen. Die reeds bekende gasvryheid word met vernuwing aan die gebou en verbetering van geriewe verder voortgesit. Met die insluiting van die aanliggende onderneming se winkelruimte word ’n groter eetplek ingerig om gesellighede te kan aanbied. Die eerste verdieping word beter benut deur ’n bykomende kroeg met tafels en stoele wat by die buitestoep aansluit. Die stoep het sproei-verkoeling en skadunet. Die kombuis is vergroot om die aangepaste spyskaart met Jacqui la Grange (voorheen van Palms Coffee Shop) se spesialiteite en ook spesiale aanbiedinge vir kinders te kan behartig. Kinders sal binnekort ook Slush Puppies daar kan koop. ’n Speelplek vir kinders van verskillende ouderdomme word ingerig. Behalwe vir ’n trampolien met beskerming om en ’n springkasteel gaan ’n pophuis ingerig word. Vir die kinders tot 4 jaar oud sal daar sagte speelgoed, balle en toesig wees. Dan word ’n Scratch Patch be-

plan waar klippies uitgesoek kan word. “Dit is sommer leersaam terwyl dit lekker opwindend is,” sê die mede-eienaar, Sarita Roux, opgewonde oor al die kindervriendelike veranderings. ’n Air Hockey-tafel en Hoop-Ball met mandjies waarin die balle gegooi word, staan reeds in die vertrek. Vir die groter kinders is daar Play Stations en X-Boxes waar deelnemers teen mekaar kan speel. “Ons beplan later kompetisies in rekenaarspeletjies vir die deelnemers,” sê Dawid Roux, eienaar, “asook kinderpartytjies om van te droom”. Die bekendstelling vind môre van 18:00 af plaas. Besoekers gaan deur die sanger Jeffrey de Bruyn en ander plaaslike kunstenaars vermaak word. Daar word 50% korting op die kosrekening gegee. Boonop kan mense lekker in die ope lug dans op Palermo se parkeergebied wat toegespan gaan word.

DIE uitsig van die Palermo-restaurant se stoep af waar jy deesdae in sproei-mis kan sit om af te koel en steeds die buitelug te geniet. Foto: Stefan Louw


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

Verkies tot senior raad

DIE lede van die senior raad van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas vir 2013 is van links, voor: Rian Rautenbach (ondervoorsitter), Hannie Carstens-Nel (skakelonderwyser), Charl Koortzen (voorsitter), Katrien Janse van Vuuren (voorsitter), Jacques Kotze (skoolhoof) en Niki Kotze (ondervoorsitter); agter: Diederi Venter, Elzanne Myburgh, André Agenbag, MP van Rooyen, Faan Lerm, Geraldo de Wee, Mieke Prinsloo en Marzanne Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Marli met ’n string eerbewyse beloon MARLI NEL van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas het dié skool se hoogste eerbewys op die jaarlikse prysuitdeling ontvang. Marli het ’n kontantprys, asook die Hendrik Liebenberg-duxtrofee ontvang. Sy behaal al van gr. 8 af die eerste klasplek in haar graad. Hiermee is sy ook op die akademiese ererol in die skoolsaal geplaas. Buiten vir haar akademiese

MARLI NEL.

Foto: Verskaf

prestasie is Marli vanjaar ook as die veelsydigste matriekleerling aangewys. Hierdie eerbewys word aan die leerling met die veelsydigste bydrae op akademiese en buitemuurse gebied gegee. Marli was vanjaar die voorsitter van die skool se senior raad. Sy het die eerste plek in die Noord-Kaap op die Nasionale Verbruikerstudie-olimpiade gehaal. Op die sportveld was sy deel van die skool se eerste netbalspan. Op kultuurgebied was Marli ’n top-redenaar wat na die provinsiale eindronde van die landwye ATKV-redenaarskompetisie deurgedring het. Sy het ook vanjaar kontantpryse vir die beste leerling in rekenaartoepassingstegnologie, Afrikaans huistaal, verbruikerstudie-prakties, verbruikerstudie-teorie en lewenswetenskappe ontvang. Sy het verder ’n kontantprys vir beste taalgebruik in redenaars ontvang. Sy het die Volkskas-wisselbeker vir senior redenaar van die jaar verower, die Radie Kotze-Afrikaan-trofee vir die gr. 12-leerling wat in sy of haar hoërskoolloopbaan die beste volgehoue prestasie in Afrikaans gelewer het. Sy het ook die trofee ’n Slag met die woord vir die gr. 12-leerling met ’n besonderse skryftalent ontvang. Marli beplan om in 2013 verbruikerswetenskappe aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkampus te gaan studeer.

DIE Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas het vanjaar heelwat kultuur-eerbewyse toegeken.

DIE Johannes Loubser- beste akteur-trofee is aan Mariza Theron toegeken. Mariza het die afgelope seisoen etlike goue eerbewyse op die onderskeie toneelfeeste ontvang, waaronder ’n goue eerbewys in die streekeindronde van die nasionale ATKV-tienertoneelkompetisie in Springs. Sy het ook vroeër vanjaar deurgedring tot die top60ronde van die Stad Kaapstad se dramakompetisie

DIE beste akteur- goue penning van die Vryfees se Reza de Wet-tienertoneelfees is aan Jeandré Janse van Nieuwenhuizen toegeken. Jeandré het die eerbewys op die Vryfees, wat in die Junievakansie in Bloemfontein aangebied is, ontvang. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die eerbewys aan ’n akteur van Martin Oosthuizen toegeken is.

Vereer as beste redenaars DIE Volksblad-wisselbeker vir die beste senior redenaar is aan Marli Nel (regs) toegeken en die CS Williams-wisselbeker vir die beste junior redenaar aan Hananja Jordaan. Hananja het vanjaar tot die eindronde van die nasionale ATKV-redenaarskompetisie deurgedring. Foto’s: Verskaf

DIE Barnie Mans-kultuurtrofee is aan Estie Longland toegeken. Die eerbewys gaan aan die leerling wat op ’n wye gebied van kultuur gepresteer het. Estie het vanjaar onder meer tot die top30-ronde van die Stad Kaapstad se dramakompetisie deurgedring en het ook verskeie goue eerbewyse op die onderskeie toneelfeeste ontvang.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

9

Sterre kry krone MNR. EN MEJ. TWINKLESTAR is by die Voorbereidingskool Fanie Malan aangewys. In die ouderdomsgroep drie tot vyf jaar is Minke Barendse as die wenner

aangewys met Jobrey Oberholzer as eerste prinses en Michelle Dryer as tweede prinses. In die ses tot agt jaar-ouderdomsgroep is Chrina du Raan as die Mej. Twinklestar aangewys met Sharonay Esterhuizen as eerste prinses en Narike Hoft as tweede prinses. In die seunsafdeling is Kyle Barendse as Mnr. Twinklestar aangewys met Vohn Heydenreich as eerste prins en Rolan Louw as tweede prins. Lyndon Ferns, ’n bekende Suid-Afrikaanse swemmer, was een van die beoordelaars.

DIE wenners is, voor: Minke Barendse; middel: Jobrey Oberholzer en Kyle Barendse; agter: Michelle Dryer, Chrina du Raan, Lyndon Ferns (beoordelaar), Sharonay Esterhuizen en Rolan Louw.

VOHN HEYDENREICH (links) en Kyle Barendse stap vol selfvertroue op die verhoog.

Foto’s: Anena Burger

CHRISNA ROOS, aanbieder, saam met Michelle Dryer.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

Vereer redenaars DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het eerbewyse gegee aan die leerlinge wat vanjaar aan hul interne redenaarskompetisies deelgeneem het. Van links is, voor: Elze Becker, Danel Hayes, Michelle Schreuder, Zandri Thirion en Handré Nel; tweede ry: Christoff Loubser, Le Roux de Vos, Heila Hayes, GT Geldenhuys en Koot Becker; derde ry: Andri Longland, Carmi Victor, Charlotte van Wyk, Jo-Marie Jayes, Annetia Calitz en Mea Swart; agter: Shania Koortzen, Nina Ackerman, Marna van Wyk, Anelsje de Vos, Lara-Mari Geldenhuys, Ané Koortzen en Jacoline Hayes. Foto: verskaf

Wen bewys om lekker te koop

HIERDIE leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas het almal pryse tydens die ATKVspelolimpiade ontvang. Van links is, voor: Abrie Ollewagen (gelukstrekking vir leerlinge wat meer as R100 ingesamel het), AJ Koch (gelukstrekking vir leerlinge wat 100% vir die toets gekry het) en Fabri-Ann van Rooyen (leerling wat die meeste geld ingesamel het); agter: Jacoline Hayes (gelukstrekking vir leerlinge wat 100% vir die toets gekry het), DB Schreuder (gelukstrekking vir leerlinge wat meer as R100 ingesamel het) en Rey Fourie (voorsitter van die Kakamas-ATKV-tak). Foto: verskaf

CHARLENE STYGER het die Agrimark-kompetisie wat in die Kalahari Bulletin verskyn het, gewen. Kliënte moes die advertensie wat in die Bulletin verskyn het, na Agrimark neem om vir ’n geskenkbewys in aanmerking te kom. Hier oorhandig Ockert Heyns, junior takbestuurder, die koopbewys aan Styger. Foto: verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

11

Storm ruk bome uit grond ’n BOOM wat op die sypaadjie in Moss-straat, Kuruman, gestaan het, het met verlede Donderdagmiddag se storm oor die heining op die dak van Ronnie en Sandra Viljoen se huis geval. Sandra sê hulle het nog buite gesit en kuier toe die storm losbars en hulle die huis in moes vlug. Die volgende oomblik het hulle net ’n slag gehoor. Die rondeblaarbloekom, wat gewild is vir blommerangskikkings, is uit die grond geruk. Die heining, die huis se dak en ’n binnemuur is beskadig. Foto’s: Annerie Louw

NOG ’n boom lê wortels in die lug langs die hoofpad na Hotazel net buite Kuruman. Die doringboom het met sy takke op die grasperk geval. Van die huise se dakke in die nedersettings buite Kuruman het ook weens die skielike sterk wind afgewaai.

PROMOSIE

Vier eerste jaar op Kuruman DEBONAIRS KURUMAN het op Maandag 10 Desember sy eerste verjaardag gevier. Die personeel en bestuur is dankbaar vir die lojaliteit van gereelde kliënte op Kuruman, Kathu en omliggende dorpe. Hulle is veral dankbaar teenoor hul klante vir die ondersteuning tydens hul eerste jaar op Kuruman. Hulle gaan steeds goeie diens aan al die getroue klante lewer en wens almal ’n vreugdevolle feestyd toe. Foto: Solomon Jacobs


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

SAPD rig posbus vir klagtes, wenke in DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington het ’n paar maande gelede borde waarop misdaad aangemeld kan word in twee supermarkte op Upington aangebring. Die doel van die borde is om die publiek die geleentheid te bied om klagtes of wenke anoniem te verskaf. ’n Gleuf soortgelyk aan die van ’n posbus is by die borde aangebring waarby mense die klagtes of wenke kan ingooi. Die sektorbestuurder van die gebied besoek die borde gereeld en gee onmiddellik aandag aan enige klagtes of wenke wat só ontvang is.

Kapt.Jacques September, woordvoerder van die SAPD, vra dat mense veral in die Kerstyd van die borde gebruik sal maak om misdaad onder hul aandag te bring. “Ons wil die Kerstyd graag mense met die borde help deur nie net veiligheidswenke te verskaf nie, maar ook deur aandag te gee aan die klagtes en wenke wat in die posbus geplaas word.” Die borde maak ook voorsiening vir advertensies van plaaslike ondernemings. Daar word ook gereeld wenke oor misdaadvoorkoming op die borde aangebring. Die wenke word gereeld verander sodat mense op die hoogte van nuwe ontwikkelings kan bly.

PIETER VAN WYK (links), areabestuurder: misdaad rapporteringsborde, en kapt. Jacques September by een van die misdaad-rapporteringsborde. Foto: Verskaf

Drinkers vasgevat DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington gaan die Kerstyd verskerpte optrede teen begin mense wat drank in die openbaar gebruik. Volgens Jacques September, woordvoerder van die SAPD, gaan veral streng opgetree word teen mense wat drank vanuit voertuie se bagasieruim gebruik. “Die nuutste neiging is dat voertuie oral op sypaadjies voor die nagklubs parkeer. “Verkeersreëls word blatant geïgnoreer en ander motoriste word hierdeur geïntimideer,” het hy gesê. Ingevolge die drankwet is dit ’n oortreding om drank in die openbaar te gebruik. Die oortreding is strafbaar en oortreders stel hulself bloot aan vervolging. September sê lede van die SAPD gaan veral oor naweke die plaaslike nagklubs besoek en streng optree teen mense wat drank buite die nagklubs gebruik. Kol. Henk van Heerden, die stasiekommissaris van die Upington SAPD, sê die optredes by nagklubs is daarop gemik om verantwoordelike drankbeheer te bevorder en dat die polisie nie sal skroom om oortreders vas te vat nie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

Executor concerned within 30 days (or as indicated) from date of publication hereof. J.J. LOFTY-EATON c/o BOTHA NEL ATTORNEYS 1030 Saxby avenue, Centurion Tel. 012 654 0544.

VOLKSWAGEN JETTA 4: 2001-model. R65 000. Skakel 083 653 7931. LITTLE MIRACLES DAYCARE/Babies from 3 months to 4 years. R650 monthly. Phone Melanie 073 342 7152. CASH FOR CARS AND BAKKIES. Phone 071 967 0285. AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. GRATIS: Christelike DVD's oor die Bybel en Bybelstudie. SMS jou naam en besonderhede na Johan: 076 878 0468.

H. ORREN

In the estate of the late Harris Orren, identity number 430428 5073 088, of 1 Reservoir Street, Wrenchville, Ku-ruman. Estate number: 945/2012 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 14 December 2012. Signed at Kuruman on 5 December 2012 KBVS ATTORNEYS PO Box 565 Kuruman 8460.

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10, Kuruman.

4-SLK-HUIS TE HUUR in goeie area. R12 000 p.m. Skakel Susan 082 423 6311.

M.A. Galeboe

ARIBA-SKADUNETTE: Vir die oprig van skadunette in enige vorm asook staalafdakke, die maak van diefwering en veiligheidshekke. Skakel Zelda 079 941 5057.

SWEMLESSE VIR hoërskoolleerlinge en volwassenes. Kan dadelik begin met kursus. Skakel Riana 082 308 2067.

Selfsorg Woonstelle Parow Noord.Kaapstad Naby Canalwalk Panorama Hosp. Leona 083 339 6939 NUWE 3-SLK-HUIS te huur in veilige kompleks. R14 000 p.m. Skakel Susan 082 423 6311.

COROLLA 140i, 2005 R53 000. 2007 Golf 130i R43 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. FIAT 1400, 2003 - R16 500. 1991 Sentra 1600 - R21 00. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. FORD ESCORT,1300, 1986 R15 500. 1988 Opel 1800 R13 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. GOLF 140i, 2002 R32 500. 1999 Golf 1.6 - R29 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

RUIM 3-SLK-HUIS in veilige kompleks. R13 000 p.m. Skakel Susan 082 423 6311. TE HUUR: 5-slk-/2-badkhuis. Sentraal geleë. R15 500 p.m. Skakel 076 445 4041. TE HUUR: Moderne 4-slkhuis, naby skole. R16 500 p.m. Skakel Susan 082 423 6311.

NEW LDV'S Isuzu-Ford-Mazda. S/C, D/C and X/CAB and any other new vehicles. Financing available if you are creditworthy. Please call Cois 082 940 9461 NEW LDV'S Isuzu-Ford-Mazda. S/C, D/C and X/CAB and any other new vehicles. Financing available if you are creditworthy. Please call Adrie 084 615 6681 NEW LDV'S Isuza-Ford-Mazda. S/C, D/C and X/CAB and any other new vehicles. Financing available if you are creditworthy. Please call Khwaza 083 392 4317

In die boedel van wyle Tsatsi Piet Chiri, identiteitsnommer 400106 5533 089, getroud binne gemeenskap van goedere met Martha Chiri, identiteitsnommer 500725 0316 080, in lewe van Huis 2873, Slagpaal, Batlharos, distrik Kuruman. Boedelnommer 10328/2011. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Desember 2012. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

SECURITY GUARDS NEEDED with PSIRA grades. Only men neede. Fax CV to 086 773 6409.

In die boedel van wyle Modisagarekwe Andries Galeboe, identiteitsnommer 190603 5147 088, getroud binne gemeenskap van goed met nagelate eggenote Kebitsamang Nellie Galeboe, identiteitsnommer 340903 0284 087, woonagtig in Huis 78E, Dithakong, distrik Kuruman. Boedelnommer: 13937/2010. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 14 Desember 2012. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Tlapi Sarie Choenyane, identiteitsnommer 240916 0202 082, in lewe van Huis E7, Dinokaneng- seksie, Tsening, Distrik Kuruman. Boedelnommer 8818/2011. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Desember 2012. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

M.M. Sebopelo

KP Morometsi/LT Morometsi C.R. Monchwe 2-SLK-MEENTHUIS te huur, R12 000 p.m. Skakel Susan 082 423 6311.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. PAKHUIS IN KURUMAN: Industriële gebied. 3-fasekrag. 380 vk m. Beskikbaar Januarie 2013. Skakel 083 524 4995.

JETTA 180 CLi, 1997 R28 000. 1992 Cressida 2800 GLi - R24 000. Phone 072 472 8686. NEW LDV'S Isuzu-Ford-Mazda. S/C , D/C and X/CAB and any other new vehicles. Financing available if you are creditworthy. Please call Stefanie 076 944 0676

Duvenhage & Van Der Merwe Ing.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing.

HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292.

ISUZU 220, 1988 R26 000. 1997 Mazda 2200 - R25 000. 1995 Bantam - R25 000. Phone 072 472 8686.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit.

T.S. Choenyane

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035.

HILUX 2400, 1995 R43 500. 1992 Hilux 2400 - R37 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

T.P. Chiri

EENMANWOONSTEL te huur: R4 000 p.m. krag ingesluit. Baie lekker sentraal geleë. Skakel 084 800 7779.

BEKENDE TAKE-AWAYkafee in Kuruman te koop. Eienaar het te veel ander belange. Skakel Piet 083 390 0870.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!"

TOYOTA TAZZ 130: 2002. A/c, mags, CD, gearlock, full service history. Ideal student car. R49 900. Phone 082 302 7485.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

UNO PACER: 1996. Goeie toestand, met mags. Te koop. R27 000. Skakel 076 077 6261.

SMALLS NOTICE

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Chaletse Richard Monchwe, identiteitsnommer 610303 6405 088 ongetroud en in lewe woonagtig te Huis No 160, Lokaleng Village, distrik Kuruman. Boedelnommer: 13378/2010 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 14 Desember 2012. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460 D.R. Booysen

NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATE

In the estate of the late Daniel Reginald Booysen, identity number 551014 5047 083 and surviving spouse Sarah Booysen, of 20 Bo Street, Postmasburg. Estate number: 1095/2012 All persons having claims against the undermentioned estate must lodge it with the

In die boedel van wyle Mokaimang Michael Sebopelo, identiteitsnommer 440506 5482 082, met nagelate eggenote Senyaditswe Mary Sebopelo, identiteitsnommer 510604 0747 084, in lewe van Huis A63, Bendell Village, distrik Kuruman. Boedelnommer: 3291/2011. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Desember 2012. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460. P. van der Walt In die boedel van wyle Pedro van der Walt, identiteitsnommer 380726 5021 084, getroud buite gemeenskap van goed, van Houtstraat 23, Postmasburg 8420. Boedelnommer: 2601/2011 Neem asseblief kennis dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê vir 'n periode van 21 dae vanaf 21 Desember 2012 by die Landdroskantoor, Postmasburg en die Meesterskantoor, Kimberley. ANDRE DE BEER Posbus 18 Bostraat 24 Postmasburg 8420. Tel. 053 313 0508

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. Behoorlik gelas daartoe deur die verdeler in die egskeidingsaangeleentheid van KP Morometsi (Eiseres) en LT Morometsi (Verweerder), sal die ondergemelde eiendom op Vrydag 15 Februarie 2013 om 10:00 per openbare veiling aangebied word vir verkoping by Catalpalaan 7, Kuruman. ERF: 2157 GELEË: In die GaSegonyana Munisipaliteit, Afdeling Kuruman, Provinsie Noord-Kaap. GROOT: 1 000 (eenduisend) vierkante meter. Die eiendom is verbeter met 'n woonhuis. Die eiendom word voetstoots aangebied vir verkoping en 10% van die koopprys sal by die toeslaan van die bod betaalbaar wees deur die koper. Vir die balans koopprys sal die koper 'n aanvaarbare bankwaarborg aan die Verdeler lewer binne 7 (SEWE) dae na datum waarop die bod deur die Verdeler aanvaar is. Die Verdeler sal 'n tydperk van 7 (SEWE) dae hê om te besluit of die hoogste bod op die veiling aanvaarbaar is al dan nie. NAVRAE: JOHAN CALITZ DUVENHAGE & VAN DER MERWE Tel. 053 712 1064 JACO MOORCROFT Balju-kantore Tel. 053 712 0630.

13

Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine

Finsch Diamond Mine is situated in the town of Lime Acres 165km west of Kimberley in the Northern Cape. The Mine is currently mining at a depth of 630 meters using mechanised trackless block-cave mining.

Clerk of Works Tasks and responsibilities: • Oversee the contractors working within area of responsibility • Be responsible for the on-site coordination, quality control, supervision and progress reporting of civil, mechanical and structural work done within area of responsibility • Monitor and control contractor performance according to plans and contracts • Perform on-the-job audits, comparing work in progress against contractual requirements • Perform final handover inspections of completed work • Plan and schedule allocated work taking into account customer requirements • Develop and submit ongoing action plans • Initiate orders for materials required in order to execute work • Monitor waste control and environmental aspects. Minimum requirements: • Qualified as an Artisan with 5 years’ experience OR Blasting Certificate Holder for Scheduled Mines with 5 years’ experience • A Code 08 driver’s licence • 3 years’ experience as an Engineering Foreman OR Shiftboss • Computer literacy. Other skills/competencies: • Good knowledge of civil, mechanical and structural construction pieces • Experience in maintenance workshop supervision • Good verbal and written communication in English • Budgeting and cost control skills. (Ref. FINSCH053) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer and reserves the right to appoint. Preference will be given to EE applicants. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearances form part of the minimum requirement and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to passing on-mine induction and the aforementioned criteria. Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax to 086 692 2442. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. Closing date: 2 January 2013. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. www.humanjobs.co.za

Human Communications 94180


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het die eerste keer ’n landloopbyeenkoms aangebied. Die suksesvolle byeenkoms is met ’n sosatiebraai-kompetisie vir die ouers gekombineer. Oud en jonk het aan die landloopbyeenkoms deelgeneem en ná die tyd is lekker gekuier. Die leerlinge, ouers en onderwysers is dit eens dat dié dag groot pret was. Foto: Verskaf

Stappers sweet vir Kansa FIGHT like a girl was die boodskap wat Upington Toyota en Kansa op hul Pienk Stap vir Kanker-staptog uitgedra het. Bykans al die ondernemings op Upington het saam met Elsabé en Riël Gresse van Upington Toyota skouer aan die wiel gesit om van die 5 km en 1 km se stap ter bewusmaking van borskanker DIE Upington Toyota-span wat die 5 km en 1 km se stap ter bewusmaFoto: Verskaf ’n reuse-sukses te king van borskanker gereël het. maak. Pathcare het swart-en-pienk T-hemde vir worsbroodjies voorsien. die stappers laat maak, Trans-Oranje-drukDie stappers het verskeie pryse gewen. kers het ’n verfrissende halfpadwaterpunt Die hoogtepunt vir die 240 stappers was die beman en Capitec Bank het die vure laat strate wat in pienk getooi was met die boodbrand vir ’n feestelike atmosfeer en het ook skap Fight like a girl wat oral te sien was.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

Tenniskamp in Januarie gehou DIE Serfontein-tennisakademie het ’n ontwikkelingstoernooi vir leerlinge van die distrik Siyanda aangebied. Die toernooi, wat nou elke kwartaal aangebied sal word, was ’n reuse-sukses en leerlinge is geleer om vinniger te ontwikkel en ’n liefde vir die spel te ontwikkel. Die Serfonteintennisakademie beplan om op 14 en 15 Januarie 2013 ’n oefenkamp vir die tennisspelers aan te bied. Rig navrae aan Tiaan Serfontein by 083-462-7179 vir meer inligting oor die kamp.

DIE tennisspelers van Siyanda wat die Serfontein-tennisakademie se ontwikkelingstoernooi bygewoon het.

Foto’s: Verskaf

Eindig 2de in sy afdeling

LIEBEN ENGELBRECHT (links) en Stefan Joubert het die gr. 1- tot gr. 3-afdeling gewen.

ANDRÉ VAN ZYL (links) en Pieter Nel het die gr. 4- tot gr. 7-afdeling gewen.

DANEL HAYES van Kakamas reik na die bal.

SJ CORBET van die Laerskool Oranje-Noord was tweede in die gr. 1- tot gr. 3-afdeling van die STAtennistoernooi vir beginners. Hy is in gr. 2 en ontvang afrigting aan die Anta-tennisakademie. Foto: Verskaf

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

ANKE (regs) en Micke Engelbrecht van Kakamas is albei eerste in hul ouderdomsgroepe gekeur. Foto’s: Verskaf

STEPHAN (links) en Francois Joubert is albei eerste in hul ouderdomsgroepe gekeur.

LOUPIE (links) en Lihann Nieuwoudt is albei eerste in hul ouderdomsgroepe gekeur.

Siyanda kies tennisspanne TENNISSPELERS van oor Siyanda heen het aan die Siyanda-tennisproewe deelgeneem. Hier is ’n span gekies wat van 24 tot 26 Januarie in Kimberley gaan speel. Bea Engelbrecht (o.9) en Jolise Swanepoel (o.10) van die Voorbereidingskool Fanie Malan is gekies. Van die Laerskool Sentraal op Kakamas is Danel Hayes (o.9), Anke Engelbrecht (o.10), Heila Hayes (o.11), Elani Brand (o.12), Ilse Schreuder (o.12), Le Roux de Vos (o.10), Jean Pierre Louw (o.10), Tiaan Viviers (o.11), Lohan van Zyl (o.11), André van Zyl (o.12), Kobus van Zyl (o.12), Micke Engelbrecht (o.13),

Joline van Zyl (o.13), Jo-Mari Hayes (o.14), Carli Brand (o.14) en Christin Fox (o.14) gekies. Van die Laerskool Oranje-Noord is Janice Avenant (o.11), Melisa van Zyl (o.12), Christel van Zyl (o.12), Lieben Engelbrecht (o.9), Lombaard Conradie (o.9), Johandré Terblanche (o.9), Stefan Joubert (o.10), Ian Erasmus (o.11), Ané Jonas (o.13), Chané Avenant (o.14), Benré Engelbrecht (o.13), Lemley Mulder (o.13), Francois Joubert (o.14), Johann Joubert (o.14) en Thinus Opperman (o.14) gekies. Van die Primêre Skool op die Voorpos is

Ona Lamprecht (o.11), Berna Killian (o.11), Geo Engelbrecht (o.10), Hein Neser (o.12), JoNel Neser (o.13), Zoë Strauss (o.13), Lihann Nieuwoudt (o.13) en Albert van Niekerk (o.13) gekies. Van die Laerskool Postmasburg is Stefan Swart (o.11) en Scholz Oberholster (o.12) gekies. Van die Hoërskool Duineveld is Deanke van Zyl (o.15), Ané Dippenaar (o.16), Danielle Nel (o.16), Mia Strauss (o.16), Elmoné Botha (o.17), Duncan McGregor (o.15), Connie Conradie (o.15), Edgar Zealand (o.16), Joahan de Klerk (o.16), JayD van Zyl (o.17), Be-

andré Swart (o.17), Nicholas McGregor (o.19) en Jan-Louis Basson (o.19) gekies. Van die Hoërskool Upington is Christine Becker (o.15), Jana Becker (o.15), Liané van Niekerk (o.16), Esmarie Ferreira (o.17), Salome Hanekom (o.17), Marica Loots (o.19), Gustav Loots (o.16), Gert Rupping (o.17), Eduard Kilian (o.17), Loupie Nieuwoudt (o.19) en Franco Swart (o.19) gekies. Van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas is Christi van Niekerk (o.15), Sonette Oosthuizen (o.17), Gerber van Rooyen (o.15), Frikkie van Tiddens (o.15) en Adri du Plessis (o.16) gekies.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.