Kalahari bulletin 13 jun 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg

13 JUNIE 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Upington GRATIS

TEL. 054­331­3482

Koue gooi sy missluier oor DIE koue het Upingtonners dié week behoorlik laat bibber. Koue oggende wat mense lank in baadjies en jasse gehou het, was ’n skok ná die onge­ kende warm weer van Mei. Dié koue wat die mis oor die Oranjerivier laat lê het, het eg­ ter die pragtige fotogeleentheid geskep. Foto: Wollie Burger

Virus rede vir gastro

Rota-virus nie in dorp se drinkwater gevind Charné Kemp DIE dood van ses babas en meer as 400 gevalle van gastro-enteritis op Upington is deur die rota-virus veroorsaak wat deur swak higiëne vererger is. Mxolisa Sokatsha, LUR van gesondheid, het die nuus Donderdag op ’n nuuskonferensie bekend gemaak nadat die uitslae van toetse ge-

kry is. Toetse het ook bewys dat die virus nie in die dorp se drinkwater is nie. “Ons het verskeie pasiënte se stoelgang vir die oorsaak van die siekte laat toets. In die meeste gevalle (43%) was dit die rota-virus. “Pasiënte, van wie die meeste kinders onder een jaar oud was, het erg gebraak en diarree ondervind. Hulle was ontwater en het baie lig-

gaamsoute verloor. Die virus is nie onbekend nie. Dit kom gewoonlik in die koeler maande voor. Ons was wel onkant gevang deur die aantal gevalle. Op Woensdag en Donderdag is twee nuwe pasiënte opgeneem en nog 20 ander behandel.” Die departement toets steeds die virus om te bepaal wat die genetiese samestelling daarvan is. “Die presiese oorsprong kon nog

nie bepaal word nie. Ons doen gereeld inenting teen die virus. Dit voorkom nie die siekte nie, maar voorkom die ergste simptome en komplikasies.” Die departement is besig met ’n oudit van die inentingsprogram om te bepaal waar dit aangepas moet word. “Ons opvoedingsveldtog het intussen verdiep. Dit is belangrik dat

inwoners sorg dat hulle nie met stoelgang in aanraking kom nie en gedurig hul hande was. Dit geld veral ma’s wat babadoeke moet omruil. “Mense wat siek en ontwater is, moet ’n mengsel van water, sout en suiker aanmaak om elektroliete te help vervang. Intussen hou ons ’n wakende oog oor die situasie en behandel nuwe gevalle onmiddellik,” sê Sokatsha.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Vyf jaar later en pad verbrokkel DIE pad tussen Hakskeenpan en die Rietfontein-grenspos het sedert sy onthulling in 2008 lelik verbrokkel. Inwoners van Rietfontein en Mier is ontsteld oor die agteruitgang van die pad sedert die bou daarvan slegs vyf jaar gelede. In net vyf jaar het die pad

verbrokkel en is dit vol slaggate. Die afgelope tyd het voertuie van die departement van paaie en openbare werke die pad geïnspekteer en is daar werkers wat plek-plek die pad lap. Volgens Meris Kocks van Rietfontein is inwo-

2/22

1/22

1/21

W-5

NW-5

W-5

ners besorg dat die langtermynoplossing eerder sal wees om die pad oor te doen eerder as om dit net keer op keer te lap.

IN 2008 het die destydse premier van die Noord­Kaap, Dipuo Pieters, die pad amptelik geopen.

NOU is die vyf jaar oue pad verbrokkel en vol slaggate en word daar plek­plek aan die pad gewerk om van die gate te vul. Foto’s: Meris Kocks

Pienk Bome-projek vorder goed DIE Pienk Bome vir Pauline-projek op Upington het al R47 065 ingesamel waarmee 7 800 meter pienk lap gekoop kon word. Die Pienk Bome-projek se doel is om met die verkoop van die pienk lap geld in te samel om kankerpasiënte op Upington mee te help. Die pienk lap gaan in Oktober om bome op Upington gedraai word om geld in te samel, asook vir kankerbewusmaking. Upington het 21 000 bome en die Pienk Bome-projek wil graag vanjaar 8 000 van die bome met pienk lap toedraai. Die lap is nou by die De Duine-apteek en Pro Packaging te

koop. Die lap is beskikbaar teen ’n minimum bedrag van R20 per meter, maar mense kan enige bedrag vir die lap betaal. Op Graaff-Reinet het een sakeonderneming R10 000 per meter betaal. Van Augustus af sal pienk vlaggies ook beskikbaar wees wat in die vensters van sakeondernemings opgehang kan word. Die meerderheid van die geld wat ingesamel is, word op Upington aangewend vir behoeftes soos die verskaffing van pruike, prostese en rolstoele, vervoer van kankerpasiënte, tuisverpleging en verblyf tydens behandeling.

) Die rede hoekom pienk as kleur vir die lap gekies is, is omdat pienk ’n vermenging van rooi en wit is. Wit simboliseer die potensiaal vir volheid en afhandeling, terwyl rooi help om die potensiaal te bereik. Pienk omvat albei die eienskappe en pienk simboliseer ook gevoelens soos omgee, sagtheid en selfwaarde. Daarby is die eerste bloeisels in die lente ook pienk en dit simboliseer ’n nuwe lewe. Die projek wil juis ’n nuwe lewe begin deur gemeenskappe saam te bring om kanker te beveg.

DIE Pienk Bome vir Pauline­komiteelede op Upington is van links, voor: Helet van den Berg (voorsitter) en Fransie van Niekerk (on­ dervoorsitter); tweede ry: Melissa van der Colff, Elsebe Liebenberg en Vidi Diergaardt; derde ry: Merina Henn, Anneline Venter en Mari le Roux; vierde ry: Lynette Visser (sekre­ taresse), Elsabe Coetzee en Louise Oberhol­ ster; agter: Ria van Rooyen (mediaskakeling en bemarking), Marike Nel (tesourier) en Ilze van Biljon. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Wynkenner lê tuig neer NÁ 45 jaar se diens aan die “Dit was vir my ’n keerpunt. Ek Orange River Cellars lê Matkon sien ek kon die werk doen en thee van Schalkwyk die tuig as het besluit dit was al wat ek wou hoofbestuurder: produksie doen. Harde werk, soos alle wynmaneer. kers hier weet. Maar bevredigend is Wanneer ’n mens van ienie ’n sterk genoeg woord nie.” mand wat “alles gesien het”, In 1974 is hy as wynmaker-bepraat, dan is dit gewoonlik stuurder op Kakamas aangestel. beeldspraak. Maar wanneer “Die pars van 1976 was ’n openbadit by die Oranjerivier-wynring, omdat dit so ontsettend baie streek en die Orange River en aanhoudend gereën het. Kelders Cellars kom, kan enige waarin ander lande en ander wynstreke nemer wat met Matthee in gesou boedel oorgegee het, maar hier sprek tree dit staaf dat die had ons nie ’n keuse nie,” vertel hy. vriendelike man met die wel“Ons het druiwe ingeneem en luidende, rustige stem wel alverwerk, en tot vandag toe meen ek les gesien het. geen wynmaker ter wêreld kan uit Toe die eerste vrag druiwe druiwe haal wat die wynmakers in 1968 by die destydse Oranjevan die Orange River Cellars kan rivier-wynkelders (OWK) se doen nie. Die wingerde kan onder eerste kelder op Upington afdie vloedwater toe staan en die druigelewer is, was Matthee daar we kan in ’n haglike toestand by die om die vrag te weeg en te help kelder aankom, maar ons wynmaaflaai. kers slaag daarin om mooi, skoon “Jy onthou so iets altyd as jy wyne daarvan te maak, soos wat die lank by een plek was,” vertel geval weer in 2011 was.” Matthee. Maar die grootste oomblik wat hy “Dit was op 18 Januarie toe bly beklemtoon, was om in 2005 windie druiwe aangekom het. En gerdboukundiges by die produsente daardie jaar het ons 4 400 ton as skakel met die produksiespan druiwe afgelaai waarvoor die van Orange River Cellars te betrek. boere die rojale prys van R32 “Ons wou aanvanklik drie gehad per ton gekry het. Hoewel die het, maar vandag sit ons met vyf OWK aanvanklik begin is om wingerdboukundiges onder die oog uitskot-rosyntjiedruiwe te disvan Henning Burger, ons eerste tilleer het die eerste kelderwingerdman,” vertel Matthee. span van drie mense sommer “Ek kan nie sterk genoeg die byvan meet af aan die potensiaal drae van die mense se werk beklemvan goeie wyn gesien. Toe het toon nie in die toesien dat boerderyons in daardie eerste jaar praktyke volgens die doelwitte van wraggies 300 000 liter goeie die wynmakers en bemarkingspan wyn, bo en behalwe die stookgeskied nie.” wyn, gemaak. In 1971 is KeiBehalwe sy kollegas, het Matthee moes voltooi, gevolg deur veral ’n spesiale woord vir sy vrou, Grootdrink in 1972 en Kaka- MATTHEE VAN SCHALKWYK Marlien, die ene borrelende energie Foto: Verskaf mas en Groblershoop in 1976, aan sy sy. hoofsaaklik om vervoer uit te sny en die af- kom.” “Dit kan maar eensaam raak om ’n wynmastand tussen wingerdboer en kelder korter te Van 1971 tot 1974 was Matthee assistent- ker se vrou te wees, veral in die parstyd. maak. Dit was deel van die OWK se filosofie wynmaker op Keimoes, en weens omstandig- Maar om te kan staatmaak op die ondersteuwat vandag steeds van toepassing is: om die hede moes hy twee parstye alleen die kelder ning wat sy my gebied het, het die moeilikste druiweprodusent sover moontlik tegemoet te bestuur. dinge haalbaar gemaak,” vertel hy.

Tree by skool op STEVE HOFMEYR tree op 20 Julie om 19:00 in die Hoërskool Upington se skoolsaal op. Kaartjies kos R200 en is by 082­472­2377 beskikbaar. Foto: Verskaf

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Snelskryf-styl net pure luiheid AFRIKAANS is ’n taal waarin enigiets gedoen kan word wat taal- en letterkundig moontlik is. Afrikaanse prosa, skrywes en gedigte is uiters suksesvol. Maar in die hedendaagse lewe het mense (volwassenes en tieners) ’n baie slegte gewoonte met skryfwyses op hul selfone ontwikkel. Die SMS-taal wat gebruik word, is vir die meeste mense Grieks. Dit word beweer dat mense nie tyd het om ordentlike sinne op hul selfone te tik nie. Kommas en punte en ander leestekens word ook weggelaat. Soms is sulke boodskappe so slordig en onduidelik dat geen mens eintlik kop of stert kan uitmaak van wat nou eintlik in die boodskap staan nie. Die gebruik van die SMStaal is eintlik net ’n geval van “baie lui” wees. Niemand gaan jou vir ete nooi as jy slordig eet en morsig is nie. Hoekom is dit dan aanvaarbaar om slordig te skryf en te praat? Waarom word Afrikaans ook vermeng met allerhande slengwoorde terwyl mense nie in Engels hul taal so

vermeng nie? Die media is streng daarop ingestel om korrekte Afrikaans te skryf. Koerante gebruik wel deesdae ’n bietjie Engelse woorde in hul berigte, byvoorbeeld: “Joe was nog altyd die performer” of “ek kan nie ophou smile nie”, sê Piet. Dit is deesdae aanvaarbaarder om so in koerante (en stories vir boeke) te skryf, maar dit is beslis nie die norm nie. Taalkundige sorgeloosheid en verwaarlosing neem astronomies toe en koerante (en ander media) moet maatreëls in plek stel om die probleem aan te pak. Korrekte taalgebruik en spelling moet afgedwing word. Op sosiale media soos Facebook is daar ook ’n neiging by sommige mense om in swak Afrikaans, of SMS-taal, te skryf. Enigiemand wat taalbewus is en ingestel is op korrekte Afrikaans skryf, sal doodeenvoudig gril van irritasie as hulle dit raaksien. Skryf soos jy wil skryf, niemand kan dit van jou wegvat nie.

’n Aansteeklike positiwiteit is nodig André de Villiers ALLE bekende godsdienste is duidelik daaroor dat mense in vrede en harmonie met mekaar moet saamleef. Hulle moet ’n gemeenskap vorm waarbinne die een die ander help om ’n beter individu te word. Só help hulle ook die groep om ’n beter gemeenskap te wees. Daar is dus ’n wederkerige effek van hulpverlening en opbou. Dit is vandag moeilik om mense te motiveer om in die gemeenskap betrokke te wees. Mense is geneig om meer individualisties te leef en verkies dit om hul eie dinge te doen. Daar is baie redes hiervoor: ) Mense leef met die spanning van werkdruk. Hulle werk lang ure en het min tyd om buite die huis deur te bring. ) Mense is bang. Hulle is bang vir moontlike verwerping as hulle hul teen die gedrag van ander mense sou uitspreek. ) Mense het nie die emosionele energie om meer aan te pak as wat hulle reeds hanteer nie. Die druk om hul eie huishoudings se probleme te hanteer is groot, hulle kan nie nog ander s’n ook hanteer nie. Waar laat dit ’n mens? Kan elkeen maar sy eie ding te doen? Ek dink nie so nie. Mense moet te alle tye hul persoonlike lewe en hul gemeenskapslewe met mekaar in balans hou. Hulle moet verder as hul persoonlike sake kyk en die dinge raaksien wat in die gemeenskap gebeur, want daardie sake word eindelik ook hul sake. Wanneer hulle toelaat dat sake in die gemeenskap handuit ruk, is dit hulle wat daaronder gaan ly. Die eenvoudige boodskap van die Bybel is dat mense geskep is om in gemeenskap met ander te leef en dat hulle hul lewensdoel in en deur ander vind. God het die vrou geskep toe Hy sien dat dit nie goed is dat die man alleen is nie (Gen 2). Mense is van die begin af

bedoel om spanspelers te wees. Hulle het die verantwoordelikheid om aktiewer in hul gemeenskap te leef. Hulle moet meer betrokke wees: ) In die politiek. Hulle moet konstruktief oplossings soek vir sake wat in die land verkeerd loop. Hulle moet konstruktief deelneem, nie baklei nie. ) By die beskerming van hul planeet. Almal is groen mense. ) In skole en in die gemeenskap. Skole kry swaar, omdat ouers die verantwoordelikheid aan onderwysers en staatsdepartemente oorlaat. Mense moet die oueraande en ouerverenigings ondersteun. Hulle moet meer betrokke wees by gemeenskap-aksies wat tot voordeel en opbou is van almal wat in hul gebied woon. ) In families. Gesinne kry swaar, omdat daar nie meer genoeg tyd met mekaar deurgebring word nie. Gesinne stort in duie wanneer elkeen sy eie ding doen en mekaar se behoeftes nie in ag neem nie. Dit beteken dat hulle meer moet doen as om net te kla oor wat verkeerd is. Meer klagtes lei tot meer negatiwiteit en dit het mense nie nodig nie. Positiewe mense is nodig wat gereed is om positiewe dade te doen wat die gehalte van die lewe verbeter. Is dit moontlik? Is dit moeilik? Ja, dit is moontlik. Nee, dit is nie so moeilik nie. Met hoeveel mense kom jy daagliks in kontak? Is dit 10, 20, selfs 30? As ek en jy begin om net teenoor hulle positief op te tree en hulle op ’n positiewe manier beïnvloed, sal hulle dit oordra na die mense met wie hulle in kontak kom. Positiwiteit is aansteeklik. Wees jy daardie mens wat vandag die wêreld rondom jou positief verander. ) Ds. André de Villiers is ’n leraar van die NG kerk op Kathu.

Groet die dag DIE pragsonsondergang is naby Askham vasgevang.

Foto: Vincent Ward

Groot dinge gebeur by dié koerant Lizette Slabber DIT is altyd lekker om aan iets te werk wat heeltyd al hoe beter word. Vir my is dit sieldodend om oor en oor dieselfde ding te doen en nooit voor die uitdaging van ’n nuwigheid te staan nie. Die mengsel van bang vir die onbekende gemeng met die vrees dat dit dalk nie kan werk nie, asook die opgewondenheid dat dit dalk op iets groots kan uitloop, was nog altyd ’n gevoel waaroor ek mal was. Hier by die Kalahari Bulletin staan ons weer voor só ’n uitdaging in ons strewe om altyd iets nuuts aan ons lesers te bied. Die vernuwing van ons hoofartikelblad, ons groeiende gedrukte koerant en ons groterwordende betrokkenheid in die kuberruimte hou ons beslis op ons tone. Dit is egter ’n lekker tone-

trap, want met dié dat ons almal nou op ons tone is, sien en reik ons nou baie verder. Eerstens reik ons nou verder, want ons versprei die afgelope tyd ’n allemintige 28 000 koerante. Nie sleg vir ’n koerantjie wat in 2011 slegs 10 000 koerante versprei het nie. Daarby gaan ons van 20 Junie af nie net ’n webtuiste en ’n Facebook-blad hê nie, maar ook ’n mobi-site. Ja, van 20 Junie af kan alle lesers die Kalahari Bulletin sommer op hul selfone ook lees. Vanweë ons groter internetvoetspoor begin ons ook met ’n internetrubriek op ons hoofartikelblad. Daar kan lesers meer

uitvind oor ons internet-voetspoor en kommentaar lewer oor wat op hul dorp aan die gebeur is. Ons nooi dus almal om oor alles en nog wat op www.kalaharibulletin.co.za en op ons Facebook-blad kommentaar te lewer. Ons wil graag oor die goed en sleg van ons dorp saamgesels en sommer net lekker in die kuberruimte kuier. En hou jou oog op die gedrukte koerant ook, want dié Kalahari Bulletin gaan in die laaste ses maande van 2013 net nog groter gaan.

MEESTER. ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé. Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

5

Hou by dié reëls

AKTEURS in die toneelstuk Kinders van stilte, Zane Meas en Vicki Fourie.

Foto: Verskaf

Top-toneel op Vryfees Braam Muller

DIE Vryfees, wat van 9 tot 14 Julie in Bloemfontein plaasvind, se toneel-afdeling het vanjaar meer Engelse werk – onder meer ’n nuwe stuk deur Mike van Graan. Gaan kyk gerus na Gerben Kamper se opvoering van die Adam Small-stuk Kanna hy kò hystoe met June von Merch. ’n Ander nuwigheid is Kinders van stilte, ’n vertaling van die gewilde Children of a lesser god, waarin Vicki Fourie, ’n Mej. Dowe Suid-Afrika, saam met Zane Meas en Antoinette Louw speel. Wil jy graag sien hoe SuidAfrikaanse toneelstukke met dié van oorsee vergelyk? Kyk uit vir Die Leo’s, Die monster in die gang en Die melktrein stop nie meer hier nie. En kies dan sommer

ook The three little pigs, ’n Suid-Afrikaanse stuk met tuisspelers wat op sy “wêreldtoer” van Australië na Europa in Bloemfontein aandoen. Bekende name op die verhoog sluit in Elsabe Daneel, Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Antoinette Kellerman, Rob van Vuuren, Johann Nel, Marion Holm, Gys de Villiers en die egpare Wilson Dunster en Elize Cawood en Johan en Lida Botha. Dit is waarskynlik die jong rebelle wat gaan ontstel – maar wat is ’n fees nou sonder ’n skok. Wees dus maar bedag op Woza Andries?, VREK en Tjop en dop. Voeg hierby die gebruiklike kindertoneel, die Reza de Wet-toneelfees vir tieners, al die eetplekke en stalletjies met allerhande snuisterye en seldsame winskopies en Vryfees 2013 is daar net vir jou.

OP 20 Junie vind die oudisies vir Spontaan, Volksblad se plaaslike koerantegroep se groot sangkompetisie, op Kuruman plaas. Alle aspirant-sangers kan van 15:00 af by die Laerskool Kuruman se skoolsaal aan die oudisies vir die Spontaan-kompetisie deelneem. Reëls vir deelname: ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om te kan deelneem. ) Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kuruman, Kroonstad en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Die kompetisie is slegs vir soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streekoudisies verskaf. ) Spontaan sal die klank vir die eindronde verskaf. ) Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. ) Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie.

) Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou deur R20 te betaal. Om aan die Kalahari Bulletin se oudisie vir die Spontaan 2013-kompetisie deel te neem moet sangers dié koerant en sy webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za dophou. Rig navrae aan die Upingtonkantoor by 054-331-3482, die Kuruman-kantoor by 053-712-1472 of die Kathu-kantoor by 079-8315579.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

VADERSDAG

Pa-seun-verhouding kosbaar OUERSKAP is seker een van die grootste voorregte. Die rol van ’n vaderfiguur roep die beeld op van ’n paar groot skoene wat volgestaan moet word. Die groei van ’n doodgewone outjie na ’n groot, sterk pa is lewensveranderend. Lynn-Mari Olivier het gaan hoor wat drie manne van mekaar sê. Willie Strydom en die verhouding met sy twee seuns gee betekenis aan die band tussen pa en seun. Willie (senior) Wat was ’n kosbare oomblik jou seuns? Ek kan met eerlikheid sê dat ek nooit ’n rugbywedstryd misgeloop het nie. Ek was altyd langs die veld, ongeag of die wedstryd plaaslik of ver was. Ek moet ook ons hengel-uitstappies uitsonder. Deel jy en jou seuns eienskappe of verskil julle? Ons is baie dieselfde. Ons het beslis spontane geaardhede en is baie aanpasbaar. Vanweë

dié eienskappe skakel ons baie maklik by verskeie soorte geselskap in. Wat bewonder jy van jou seuns? Pierre ken ons as ouers in alles. Voordat hy ’n besluit neem, sal hy ons altyd in die saak ken en ons ouerlike raad vra. Ongeag die raad wat ons gee, sal hy steeds sy eie besluit neem. Willie is weer ’n baie nederige kind. Hy het ontsaglike respek vir ons as ouers, en dít bewonder ek. Ek moet byvoeg dat die broederlike liefde tussen my seuns ’n riem onder die hart is. Wat het ouerskap jou geleer? Jou kinders moet in ’n mate soos vriende wees. Daar moet beslis nog wedersydse respek wees, maar jy moet jou in hul skoene kan plaas en probeer verstaan waarmee hulle worstel of wat hulle bly maak. Kinders is immers God se juwele, hanteer hulle so.

DIE Strydom­mans is van links Willie (senior), Pierre en Willie (junior).

Pierre (22) Watter eienskap van jou pa bewonder jy? My pa was nog altyd ’n baie betrokke ouer. Ek kan nie aan een enkele rugbywedstryd dink wat hy nie bygewoon het nie. Wat is die belangrikste ding wat jy by jou pa geleer het? Om te probeer om wys op te tree. Bekyk die situasie, neem jou besluit en staan daarby. Beskryf jou pa in een sin. Hy is baie liefdevol, geestelik wys en baie betroubaar. Is daar ’n eienskap wat jy by jou pa geërf het? Die beginsel van vergewe en vergeet. Willie (junior, 20) Wat maak julle verhouding besonders?

Dat ek alles met my pa kan deel. Watter belangrike les het jy by jou pa geleer? Daar is soveel situasies waarin jy as mens benadeel kan word, maar my pa het my geleer dat die ondervinding wat jy uit die situasies leer, blywend is. Watter soort pa is hy? My pa is ’n model-pa. Hy is voorwaar ’n pa om na op te sien en om by te leer. Hy het vir my en Pierre soveel geestelike leiding gegee. Leiding wat ons daagliks in ons lewe kan toepas.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

KOMPOSISIE in blou deur Jaco Bruwer.

ABSTRAKTE studie in swart en wit deur Jaco Bruwer.

Jonge wys werke vol kleur, tekstuur

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

Over the next five years, the IDC will make available R25 billion

Department of Energy’s Renewable Energy Independent

to fund projects related to green industries.

Power Producers (REIPP) programme. The IDC is identifying and providing funding for many projects In the first round of REIPP tenders, the IDC participated in

that will contribute to building South Africa’s industrial capacity

twelve successful bids, and seven more in the second round.

and creating jobs. Visit www.idc.co.za to find out more.

solar power, photovoltaic and small hydro projects.

The power behind renewable energy

Chillibush8166IDC

JACO BRUWER (24) is die eerste jong kunstenaar wat by Maud’s Place ’n solo-uitstalling van sy kunswerke in die genre fotografie hou. Dit sit nie sommer in enige voornemende jong kunstenaar se broek om reeds op so jong ouderdom sy kuns bloot te stel aan die mening van die publiek nie. Dit verg moed, toewyding en ’n diepe oortuiging van dit wat jy deur jou kuns wil kommunikeer. Verder vereis dit baie tyd en geld, albei kommoditeite wat maar knap in ’n jongetjie se lewe is. Oor sy werk op die uitstalling sê Jaco: “My werk is presies wat die naam van my uitstalling sê: Kuns in ’n Kiekie. Ek gebruik my kunssinnigheid om my foto’s uit ’n onkonvensionele hoek te benader en op ’n besonderse, kreatiewe manier tot ’n eindproduk te bring. Ek skep byvoorbeeld abstrakte vorms in ’n drom verf, neem ’n foto daarvan, vergroot dit op papier met ’n mat afwerking of doek en raam dit.’’ Buiten kleur word Jaco deur teksture en patrone gefassineer. Hoewel hy ’n wye verskeidenheid onderwerpe in sy uitstalling insluit – van abstrakte komposisies tot mistige landskappe –is dit die teenwoordigheid van die elemente in al sy foto’s wat die uitstalling so suksesvol maak. “Ek het so drie jaar gelede in Skotland begin foto’s neem toe ’n vriend my half gedwing het om vir my ’n mik-en-drukkamera te koop en net daar het die fotografiegogga my gebyt,’’ vertel Jaco. Hoe meer foto’s Jaco geneem het, hoe meer het die wêreld gesien deur die lens van ’n kamera hom bekoor. Jaco het al met groot sukses aan verskeie fotografiekompetisies deelgeneem en die motivering het hom goed op dreef gesit en sy passie vir fotografie aangevuur. Dit is maklik om foto’s te neem, enigiemand kan foto’s neem, maar dit gaan alles oor styl. Jaco sien sy werk as ’n moderne soort kuns. Dit is geskik vir enige vertrek wat ’n bietjie optowering nodig het. Hy raam sy foto’s in ’n deftige maar eenvoudige swart raam met glas wat tot die moderne effek bydra. “My liefde vir kuns sal nooit opdroog nie. Dit is so lekker net om na ander kunstenaars se skilderye te kyk. Om ander mense se werk te waardeer en te komplimenteer. “Dit is vir my die lekkerste gevoel wanneer iemand weer my werk waardeer, om die reaksie op hul gesig te aanskou wanneer hulle my werk sien en hoor hoe ek te werk gaan om my kuns te skep en juis daarom sal dit elke dag net in my groei en altyd ’n deel van my bly.’’ Jaco se uitstalling kan van Dinsdag 11 Junie tot Saterdag 8 Julie besigtig word. Bel Amanda Reyneke van den Berg by 072-2108640 of Maud’s Place by 054-332-1089.

Foto’s: Verskaf

The IDC is the biggest supporter of tenders awarded in the

The green energy bids include wind power, concentrated

Telephone: 086 069 3888 Email: callcentre@idc.co.za To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Basaar ’n lekkerte Lizette Slabber DIE NG kerk Grootdrink het op Saterdag 8 Junie sy jaarlikes basaar aangebied. Van rou vleis tot die lekkerste

sosaties is verkoop, terwyl mense deur die interessante koek- en geskenktafels kon loop. Om die koue aan bande te hou is heerlike vleispasteie verkoop en die dag is met ’n geslaagde veiling afgesluit.

DIE geskenke­tafel het behoorlike gekreun onder al die Vadersdagge­ skenke en bederfies wat vir die hele gesin te koop was. Van links is Elma Slabber, Petra van Wyk en Lidie Goosen.

EN wat is ’n basaar sonder basaarpoeding? Van links is Babsie du Raan, Mariaan van der Westhuizen en Wilma Botma. Foto’s: Francois Slabber

OM ’n braaier op die basaar te wees verg kophou. Veral die sosaties het van die braairooster afgevlieg. Van links is Jors van der Westhuizen, Peare Liebenberg en Prop Koortzen.

DIÉ gedraaide aartappels was weer die groot wenner van die dag. Van links is Kemp Kotze, Jodri Smit, Lourens van der Westhuizen en Jan Kotze.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Maak geld op dag DIE Laerskool Sentraal op Kakamas se gr. 5-leerlinge kon op 24 Mei ’n bietjie ekstra geld vir die vakansie op hul kwartaallikse markdag bymekaarmaak.

CARLI VAN ZYL het die “Wicky Wacky”­koel­ drankbrille verkoop waarmee jy nie net jou dors op ’n vuurwarm dag kan les nie, maar sommer terselfdertyd ook jou gesig kan af­ koel. Foto’s: Verskaf

WAAR gaan my groen koeldrank nou heen? Suné de Beer is baie tevrede met dié lekker groen koeldrank wat op só ’n ver reis deur haar koeldrankbril gaan.

LOHAN VAN ZYL (links) en Tiaan Viviers het tot Marshmallow Shooters in hul stalletjie verkoop. ALIX DYKMAN (links) smul aan ’n worsjantjie terwyl Shireen Wiese warmsjokolade­melk aanmaak. Elanie Brand proe solank of Shireen darem weet hoe om warmsjoko­ lade­melk te maak. Foto: Verskaf

DIE Laerskool Sen­ traal op Kakamas spog met ses rede­ naars wat gekies is om aan die halfeind­ ronde van die ATKV­ redenaarskompeti­ sie deel te neem. Daarby is Lara­Mari Geldenhuys gekies om in Augustus aan die eindronde deel te neem. Voor, is: Da­ nel Hayes; agter: Le Roux de Vos, Marna van Wyk, Lara­Mari, Nina Ackerman en GT Geldenhuys. Foto: verskaf

ONS loop nou weg. Dirkie de Vos (links) en Domi­ nic Warkus het dié wegloopsakke verkoop.

Foto: Verskaf

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Skool vier 70 j. swierig

DIE drie mooiste meisies in Carlton van Heerden is van links Shamma de Wee (eerste prinses), Lucreshea Bahule en Miché Edwards (twee­ de prinses). Foto’s: Verskaf

DIE Hoërskool Carlton van Heerden vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar en beplan om dié besonderse mylpaal die hele jaar lank te vier. Verskeie gesellighede het al plaasgevind waarmee die skool sy makietie-hou na ’n hoogtepunt in September wil opbou. Tot dusver is ’n Groentjiekonsert, Valentynsdansparty en verskeie geldinsamelingsprojekte gehou. Mej. Carlton van Heerden is ook op ’n pragtige geselligheid aangewys. Eric Louw, tesourier van die Carlton van Heerden-bestuursliggaam, vra dat die hele gemeenskap dié heerlike vieringe sal ondersteun. “Ons is vol vertroue dat die publiek ons feesprojekte sal ondersteun en dat borge steeds soos in die verlede hul hande diep in hul sak sal steek. “Die fees is belangrik vir Carlton van Heerden, maar ook vir die hele gemeenskap.” Om op te bou na die groot feesvieringe aan die einde van Augustus en begin van September hou die skool op 27 Julie ’n Winterbal. Kaartjies kos R120 vir ’n enkelkaartjie en R200 vir ’n dubbelkaartjie. Kaartjies is by die skoolkantoor en onderwysers beskikbaar. Op 2 en 3 Augustus bied Carlton van Heerden ’n sporttoernooi aan en op 30 Augustus die reünie-aandgeselligheid. Op 31 Augustus vind die Gala-aand plaas waarna die feesvieringe op 1 September met ’n afsluitingserediens beëindig sal word. Rig navrae aan Louw by 072-986-2744.

MEJ. CARLTON VAN HEERDEN is in aan­ loop tot die Hoërskool Carlton van Heerden se 70ste bestaansjaarviering in Augustus aangewys. Die eer om as Mej. Carlton van Heerden van 2013 gekroon te word het Lu­ creshea Bahule te beurt geval.

ZERO TOLERANCE TO FRAUD AND CORRUPTION The Northern Cape Department of Social Development adopts a “zero tolerance” to fraud and corruption and declares its intention to service the Northern Cape without compromise.

BLOW THE WHISTLE ON FRAUD AND CORRUPTION and PROMOTE ZERO TOLERANCE ON FRAUD. WHAT IS YOUR RESPONSIBILITYAS AN EMPLOYEE? In terms of the code of conduct of the public service, chapter 2 of the public service regulations, you are prohibited from using your official position to get benefits and favours.

WHY SHOULD OUR SERVICE PROVIDERS CARE ABOUT FRAUD AND CORRUPTION? A service provider found guilty of dealing in tender corruption can be listed on the register for tender defaulters at National Treasury. This means that you will be banned from doing business with government for between 5 and 10 years. This register is also open to the public. Example: Corruption with service providers is where a person pays a bribe or requests a bribe to be awarded/to award a contract. The gratification is money or gifts received entertainment, loans, employment or any other benefit.

If you offer a bribe you are already guilty of corruption!

In light of the above, the Department of Social Development hereby request members of the public who suspects fraud and corruption, should contact National Anti-Corruption hotline at 0800 701 701 and Presidential hotline at 17737.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

11


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. TROUROK TE KOOP: R6 000. Grootte 34. Skakel Nicolene 082 782 2957/ 079 508 8028.

YORKTESES (YORKSHIRE EN MALTESE). Pragtig, slim, verloor nie hare nie. 7 weke, gespuit en ontwurm. Skakel Marinda 082 559 9455.

BRUCE POOLS AND THATCH ROOFS MAY SPECIAL: 4 x 3 pool and 4 x 3 lapa, R29 600 5 x 3 pool and 5 x 3 lapa, R32 000 8 x 4 pool and 8 x 6 lapa, R48 000 Phone Bruce 076 088 8595.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991/073 558 4705

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

12

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

HILUX 2.4D, 1996: Long base, rails. R45 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292. Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 072 747 1991/073 558 4705 HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035.

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

Artisan Millwright Mamatwan Mine

Ref. 758441 In this role, you will be expected to inspect, replace and maintain mechanical and electrical equipment in a safe and efficient manner. You’ll provide technical support, perform maintenance planning, undertake plant inspections and take part in mechanical installation work. Mechanical and equipment maintenance (including the conveyor), general rigging, electrical construction, installations, faultfinding and repair, and maintenance and inspection on lifting machinery and equipment are further focuses. You’ll also undertake welding and work with mobile equipment. Business improvement will be an important aspect of the role. To apply, you need a Grade 12 or equivalent qualification, a valid Trade Certificate (Millwright – Electrical/Fitting) and 3-5 years’ work experience, preferably in an underground mining environment. SAP experience would be advantageous. A valid Code 08/EB driver’s licence is essential. The role furthermore requires technical knowledge, planning and organising as well as familiarity with task reporting. We will expect you to pass the preemployment medical examination. Please forward your CV (max 3 pages) to: Hotazel.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 24 May 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 98777


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

BOMBARDIER DS 650: 2006 model, trailer included. R38 000. Phone Xavier 082 783 1462 Kuruman.

KANTOOR TE HUUR IN HOOFSTRAAT KURUMAN. 3 Kantore en ontvangs. Parkering beskikbaar. Skakel 053 - 723 3085.

Table Charm:If u want to sell and make more money. SMS your name & address to: 073 701 5214

COROLLA 1.3 12V: Red. R17 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. COROLLA 1.6 16V: 1994. Carburettor. R26 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. COROLLA 160i, 16V Twin Cam, 1995 model. R29 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

Veritas Eiendomme

FIAT STRADA EL 1.2, canopy, a/c, p/s, MP3 player, 2007 model. Phone 076 244 9298. Mazda 626 16V 200e lopende toestand teen R10000.Skakel.Oom Willem by 054 339 2139 QUANTUM SESFIKILE 2.7: 2012 model. Phone 079 525 4566. TAZZ 160i, 2002: Mags, CD. R29 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

CASH FOR CARS AND BAKKIES. Phone 072 472 8686.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

KURUMAN TE HUUR Woonstel Eenmanwoonstel R3 300 p.m. Meenthuise 3 slaapkamers 2 badkamers Enkelmotorhuis R9 900 – R11 500 Huise 3 x slaapkamer 2 x badkamer R12 100 – R14 850 p.m. 4 slaapkamers 2 badkamers Swembad 3 motorhuise R16 500 p.m. TE KOOP 3 slaapkamers Dubbelgeriewe R930 000 Skakel Elretha 083 561 6705 Lizette 083 273 3852

AIDA KURUMAN Woonstel: 1-slk, koopkrag. R4 100 p.m. 1-slk-w/stel, w en l ingesluit. R4 450 p.m. HUIS: 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TV-k, kantoor. R15 000. Huis te koop: 3 slk, 2 badk, 1slk-woonstel en swembad. R2 050 000. 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TV-k, kantoor. R1 350 000 Skakel Annatjie 076 395 9422. KURUMAN: Netjiese 4slaapkamerwoonhuis te huur. Geen agente. Keuring voorbehou. Skakel 071 764 1429. REIVILO: 3-slk-woonhuis met groot erf en water ingesluit. 1 garage, afdak vir waentjie. 1 badkamer met aparte toilet. Huis binne en buite nuutgeverf. R1 500 per maand. Skakel Gert 082 449 3774 of 082 092 3909.

RECRUITING NOW IN KURUMAN Full sales training offered to sucessful candidates. No experience required. Must be energetic and selfmotivated. Must work well in a team. Own transport an advantage. Income from R5 000 - R10 000 p.m. Extra bonusses and incentives for top performer. Phone 053 712 0162 now to arrange a personal interview.

TE KOOP Skakel Elize 083 383 8372 Skakel Estelle 072 359 0781 289: 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis, D/M/H, swembad. R1 050 000. 313: 3 slk, 2 badk, kombuis, sit-/eet-/ TV-kamer met binnebraai en jaccuzi. R1 350 000. 317: Klein hoewe: 5 slk, 3 badk, sit-/eet, kombuis, afdak en woonstel. R3 500 000. 318: 3 slk, 2 badk, sit/eetk/oopplankombuis, D/M/H. R1 650 000. 311: 4 slk, 3 badk, kombuis, sit-/eetkamer, sewmbad, D/M/H. R1 680 000. TE HUUR Skakel Juanita 078 159 7426 H31: Hoewehuis met 4 slk, 2 badk, sitkamer, kombuis, buitebraai. R12 650 p.m. H66: Hoewehuis met 4 slk, 2 badk, sit/eetkamer, E/M/H. R12 000 p.m. H77: 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis. R8 800 p.m. H96: Groot gebou vir besigheid. R33 000 p.m. H98: 3 slk, 1 badk, kombuis, sit-/eetkamer, buitekamer, e/m/h. R8 800 p.m. H102: 3 slk, 2 badk, oopplansitkamer, kombuis, D/M/H, swembad. R14 000 p.m. H105: 2 slk, oopplansitk met kombuis en afdak, R4 950 p.m. Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendom me.co.za Skakel ons gerus vir enige eiendomsbehoeftes. ‘Ons help graag’.

FRANS BADENHORSTREKENMEESTERS: Aansoeke word ingewag vir 'n Rekeningkundige klerk. Die minimum vereistes is: Beskik oor goeie Rekeningkundige agtergrond Rekenaarvaardig wees, met Pastel-, Word- en Excel- ondervinding. Moet Afrikaans magtig wees. Beskik oor goeie kliënteverhoudings en telefoonetiket. Pos u CV na Posbus 526, Kuruman 8460 of faks dit na 086 608 9888. Aansoeke sluit op 20 Junie 2013. Indien u geen terugvoer ontvang teen 27 Junie 2013 nie, was u aansoek onsuksesvol. POS BESKIKBAAR vir manspersoon met 'n bakkie. Skakel 076 605 7447.

TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone Hester 082 578 5215. It can change your life. VAKANTE BETREKKING BY CONWAY JOHNSON INTERNE VERKOPE Moet 3 tot 5 jaar ondervinding hê van verkope. Moet goeie menseverhouding kan handhaaf, moet met syfers kan werk, goeie gesondheid geniet en onder druk kan werk. As jy nie van ons hoor voor 14 Junie 2013 nie, moet jy aanneem dat jou aansoek onsuksesvol was. Handig CV in by Ronel of Cynthia by Conway Johnson, h/v Produkte- en Voortrekkerstraat, Kuruman.

13

K.J. Gasemokwena

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Khuwajane John Gasemokwena, identiteitsnommer 260616 5284 086, met nagelate eggenote Matogomane Elsie Gasemokwena, identiteitsnommer 300704 0434 088, in lewe van Huis No D470, Selosesha Seksie, Morokweng, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 379/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Junie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460. K.L.Mathidibe

D.J. Eilers

In die boedel van wyle Dawid Johannes Eilers, identiteitsnommer 361112 5097 080 ,van Gousblomstraat 117, Wrenchville. Boedelnommer: 1216/2012. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 14 Junie 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

In the estate of the late Kesentsekgotla Lucas Mathidibe, identity number 611126 5810 084, of House No 406E, Loopeng Village. Estate number: 3358/2012. All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 14 June 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Bearestreet Kuruman 8460. P.J. Khokhong

G.P. Rossouw

SYMINGTON & DE KOK ATTORNEYS • PROKUREURS • BABUELEDI In die boedel van wyle Gert Petrus Rossouw, identiteitsnommer 501003 5023 088, van Silwerboomstraat 18, Kathu. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (DERTIG) dae gereken vanaf 14 Junie 2013. EE POHL SYMINGTON & DE KOK Posbus 12012 Brandhof 9324 (MHR0084). J.C. van Rooyen

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Johannes Christoffel van Rooyen en nagelate gade Maria Susanna van Rooyen, met wie hy binne gemeenskap van goedere getroud was en wat woonagtig was by Springbokstraat 2, Kuruman, distrik Kuruman. Boedelnommer: 816/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 14 Junie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

In die boedel van wyle Pitso Jackson Khokhong, identiteitsnommer 560105 5889 083 ,van House No A143, Churchill Village 8474. Boedelnommer: 3281/2013. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 14 Junie 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

LARA VAN DEN HEEVER slaan een van die stadige balle terug tydens ’n wedstryd wat op ’n klein baan gespeel is.

DIE gr. 1­ tot gr. 7­tennisspelers van die Siyanda­distrik wat aan die ontwikkelingstoernooi van die Tiaan Serfon­ tein­tennis­akademie deelgeneem het. Foto’s: Verskaf

RIANA ARCHER was die wen­ ner van die gr. 1­ tot gr. 3­mei­ siesafdeling.

’n ONTWIKKELINGSTOERNOOI is op 1 Junie deur die Tiaan Serfontein-tennisakademie vir tennispelers in die Siyanda-distrik aangebied. Dié toernooi, wat op Upington plaasgevind het, het 55 leerlinge van gr. 1 tot gr. 5 aan die fyner kunsies van

tennis blootgestel. Van die gr. 1- tot gr. 3-leerlinge het die toernooi op kleiner bane met stadige balle gespeel. Die ontwikkelingstoernooie vind elke kwartaal plaas en die leerlinge en hul ouers was baie entoesiasties oor die heerlike tennis wat hulle gespeel het.

In die gr. 1- tot gr. 3-meisiesafdeling was Riana Archer (LON) eerste en Janeke Engels (LON) tweede. Op 14 en 15 Junie bied die Serfontein-tennis-akademie ’n uitnodigingstoernooi vir die meer gevorderde tennisspelers op Upington aan.

Jonges leer raket ken In die gr. 4- tot gr. 7-meisiesafdeling het Joline van Zyl van die Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) gewen en Elize Human van die Laerskool Oranje-Noord (LON) was tweede. In die gr. 4- tot gr. 7-beginnersgroep was Zoë Strauss van die Primêre Skool Op die Voorpos

(ODV) eerste en Madelein Dippenaar tweede. In die gr. 4- tot gr. 7-seunsgroep was Ian Erasmus (LON) eerste en JP Louw (LSK) tweede. In die gr. 1- tot gr. 3-seunsafdeling was SJ Corbett (LON) eerste en Ruan Kuhn (LON) tweede.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Duinevelders reg vir rugbyweke VERSKEIE van die Hoërskool Duineveld se o.18-rugbyspelers is gekies om as deel van die Griekwa-Plattelandspan vir die Cravenweek op Pietersburg, die Griekwa-Platteland-Akademieweekspan in Durban of as deel van die Griekwa-Platteland-Pukke-weekspan in Potchefstroom te gaan rugby speel. Corné Nieuwoudt, Chris Opperman, Liam Griebenauw, Christaan du Plessis, Barend

Geldenhuys en Petri van der Merwe is vir die Akademieweek gekies. Junior Burger, Rayno Nel, Brandon-Lee Faro, Jan-Hendrik van Wyk, Cobus van Niekerk, Hendri Nel, Ryno Carstens, Theunis Visser en Hanro Visagie is vir die Cravenweek gekies. Gideon Coetsee en Coenie Lamprecht is vir die Pukkeweek gekies.

VAN links is, voor: Christine Becker, Sunell Mostert en Jana Becker; agter: Jandré Steenkamp, Michael Becker, Jan­Hendrik Boshoff en Derik Steenkamp. Foto: Verskaf

Uppie-skuts wen medaljes

DIE rugbyspelers van die Hoërskool Duineveld wat vir die rugbyweke gekies is. Foto: Verskaf

AGT o.16­rugbyspelers van die Hoërskool Duineveld is gekies om die vakansie aan die Grant Khomo­ en Valke­rugbyweke deel te neem. Van links is, voor: Hennie Goosen, Lavien Ester­ huizen en Julian Titus; agter: Erik Jordaan, Stefan Hanekom, Adriaan Burger, Andrew Marx en David du Toit. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Upington se skuts het op 17 en 18 Mei aan die derde skoleskietkompetisie op Prieska deelgeneem. Michael Becker het ’n goue medalje in die afdeling vir o.21-sportergeweer-10 m-staan gewen. Derik Steenkamp het ’n goue medalje in die afdeling vir o.21-sportergeweer-drie-posisie en ’n bronsmedalje in die afdeling vir 10 m-staan gewen. Jandré Steenkamp het ’n bronsmedalje in die afdeling vir o.21-drie-posisie gewen.

Jana Becker het silwer in die afdeling vir o.16-sportergeweer-drie-posisie en brons in die 10 m-staan gewen. Jan-Hendrik Boshoff het twee silwermedaljes, in die afdelings vir o.21-veergeweer-10 m-staan en ook drie-posisie, gewen. Christine Becker het goue medaljes in die o.16-veergeweer-10 m-staan en die drie-posisie gewen. Sunell Mostert het ’n goue medalje in die o.16-veergeweer-drie-posisie gewen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.