Kalahari bulletin 14 aug 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

15 AUGUSTUS 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Tussen die pale! Duineveld kraai koning op die Groot Interjol Francois Slabber DIE Groot Interjol op Upington tussen die Hoërskool Upington en die Hoërskool Duineveld het weer groot vermaak aan die toeskouers verskaf en die twee skole het die geleentheid om hul talent op die sportveld ten toon te stel uitstekend gebruik. Die twee eerste rugbyspanne het sake in ’n klipharde wedstryd uitgespook en dit was Velties wat hier koning gekraai het. Dit was vroeg al duidelik dat Uppies swaar gaan leef in die vaste fasette van die spel met ’n Veltie-pak wat hulle in dié deel van die spel laat kreun het. Uppies het egter geklou vir al wat hul werd was en die

eerste punte, ’n strafskop deur die Velties, het eers ná die eerste kwart van die wedstryd gekom. Hierna het die Velties beheer begin neem en van die afskop af met ’n hoë skop en goeie opvolgwerk tot in die Uppie-gebied gevorder en ’n strafskop afgedwing. Die daaropvolgende lynstaan het die Velties gewen, die bal deur die fases gevat en toe die haker oorval vir die drie, was die skrif aan die muur. Met die telling 10-0 is ’n periode ingelui waar die Uppies kort-kort op die Velties se doellyn was net om elke keer in die losskrums gestraf te word. Die Velties het egter die druk verwerk en het kort voor rustyd nog ’n drie gedruk om die rustydtelling 15-0 te maak. Die tweede helfte het goed begin, maar het uitgerafel en die

laaste kwart van die wedstryd moes vir albei spanne se toeskouers ’n frustrasie gewees het. Die middag se rugby is ’n bietjie versuur deur ’n skeidsregter wat soms die kluts kwyt was. Die Velties is gestraf vir ’n hoogvat en hul speler is tereg ’n geelkaart vir die oortreding gegee. Tog kan hulle te na gekom voel aangesien twee soortgelyke hoogvatte deur die Uppies in die eerste helfte net met strafskoppe gestraf is. Die Velties het nog ’n drie gedruk om die telling 22-0 te maak voordat die Uppies op die aanval nie kon deurkom nie en hul senter uit radeloosheid ’n skepskop deur die pale gestuur het om die telling 22-3 te maak. Die Velties het die laaste kwart van die wedstryd op die Uppies se

doellyn gekampeer. Die Uppies het egter bygedra tot die druk wat hul ervaar het deur nie verligting te neem nie, maar eerder te probeer hardloop van hul eie doellyn.

Dit was selfmoord. Die Velties kon weens swak hanteerwerk nie hierdie onbesonne spel uitbuit nie. Die Velties het egter genoeg gedoen om welverdiend te wen.

THEUNIS VISSER van die Hoërskool Duineveld druk die derde drie van die dag tussen die pale tydens die Groot Interjol wat Vrydag tussen die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington plaasgevind het. Duineveld het die o.19­wedstryd met 22­3 gewen. Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Hoërskool vier sewe dekades

Verras ‘oulike susters’ met geskenke DIE vrywilligers van Kansa op Upington het tydens Kankerweek twee susters in die Gordonia­hospitaal se onkologie­afdeling met geskenkies verras. Vol­ gens Chrisna Roos van Kansa doen sr. Naomi du Plessis en sr. Anna Lacelot besonder baie vir die kankerpasiënte en “twee ouliker susters kry jy nie som­ mer nie”. Van links is Du Plessis, Janine Ruzaan Babu (Kansa­vrywilliger) en Lacelot. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Carlton van Heerden hou op 30 en 31 Augustus ’n reünie om die skool se 70ste bestaansjaar te vier. Op Vrydag 30 Augustus kan oudleerlinge hulle van 16:00 af vir die reünie registreer. Die registrasie kos R70 per persoon en vind by die River City Lodge in Extension plaas. Op Saterdag 31 Augustus word die feesviering van 10:00 af by Reitzpark voortgesit. Die hekgeld is R15 per persoon. Die skool sal roosterbrood met sous, hout vir die vure en musiek verskaf. Aandenkings, skyfies en ys sal te koop aangebied word. Mense wat die verrigtinge by Reitzpark wil bywoon, moet hul eie vleis, ekstra bykosse, stoele en kampeertoerusting saambring. Die gala-aand vind ook die Saterdag plaas. Kaartjies hiervoor kos R250 en die drag is streng formeel. Die geleentheid begin om 18:30 en sal in die VGK-saal in Davidstraat, Extension, plaasvind. Die reünie word op Sondag 1 September met ’n dankseggingsdiens afgesluit. Die diens begin om 09:00 in die VGK in Davidstraat. Rig navrae aan 073-006-1984 of bel die skool by 054-339-0817.

Sessie was híéroor 0/18

2/22

1/18

WNW-5

WNW-10

SSO-5

IN “Grondeise op sessie bekyk” (Kalahari Bulletin, 8 Augustus) is verkeerdelik berig dat die inligtingsessie gehou is oor ontevredenheid oor die manier waarop grondsake en inheemse regte deur die regering gehanteer word. Die Bulletin is daarop gewys dat dit wel gehou is uit kommer oor die uitbuiting deur verskillende komitees wat die gemeenskap benadeel. Die Bulletin vra om verskoning.

Wys mooistes aan DIE NCR­VOO­kollege se Upington­kampus het op 2 Augustus sy Mej. Kampus 2013 gekroon. Die gewilde Ymmarencia Kubas (middel) is as Mej. Kampus aangewys met Aloise Olyn (links) as haar eerste prinses en Shirlene Strauss (regs) as die tweede prin­ ses. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Kry wenke vir spesiale liefde PETRA SNYMAN, skrywer van die boek Wegsteekliefde, tree op 17 Augustus as gasspreker by Naba Lodge op. Snyman, wat bekend is om haar boek en praatjies oor geheime verhoudinge in die huwelik, gaan om 09:30 oor Wow-liefde praat en hoe mense hul huwelik kan sterker maak. Met hierdie praatjie wil Snyman mense se harte met ’n kwas van omgee, liefde en verstaan verf. Sy sê om suksesvol in enige verhouding te wees moet mense betyds die duwweltjies en duiweltjies herken en bestraf. Met die praatjie wil sy aan mense ’n paar wenke gee om ’n “wow- liefde” in hul huwelik te vestig en met dié liefde enige kans op ’n wegsteekliefde te vermy. Snyman is ’n boervrou van Keimoes wat jare gelede as maatskaplike werker gewerk het en ’n passie het om mense met veral emosionele probleme te help. Jare gelede al wou sy ’n boek skryf wat baie mense se harte sal raak. Die boek moes gaan oor wegsteekliefde en die hartseer en gevare van buite-egtelike verhoudings, maar die boek moes ’n Christelike inslag hê. In 1998 het sy in ’n bekende tydskrif gevra dat mense haar moes vertel van hul wegsteekliefde en Foto: Verskaf hoe hulle beplan om daar uit te PETRA SNYMAN kom. Die briewe het ingekom, party met die hand geskryf en ander netjies getik. maar ook op dít wat vroue kan doen om hul huUit die briewe het sy baie ooreenkomste raakge- welike sterker te maak en hoe om “wow-liefde” sien vir die redes waarom mense dié verhou- in die huwelik te vestig. dings begin, die vrae rondom skei of bly en konKaartjies kos R100 en is by die Upington- boekfrontasie van die derde party. So het die boek winkel by 054-332-3252 of by Naba Lodge by 084Wegsteekliefde ontwikkel. 517-0732 beskikbaar. Die geselligheid vind ten Die praatjie wat Snyman op 17 Augustus gaan bate van Jogébed plaas en daar sal ook Migliolewer, gaan gedeeltelik fokus op wegsteekliefde, juwele uitgestal word.

Spog met anderste vere BELINDA ROSSOUW, ’n gr. 8-leerling aan die Hoërskool Duineveld, het op 27 Julie op Buffelspoort baie goed in die Modelcup July 2013-kompetisie presteer. In haar ouderdomsgroep, 13 tot 15 jaar, was sy algeheel vierde. Sy was vierde in die afdeling vir die besgeklede uitrusting van die dag in die kategorie vir alle ouderdomme en geslagte. Die deelnemers aan die afdeling moes ’n uitrusting van papier of plastiek dra wat op die Durban July gegrond is. Vir Freeze Modelling eindig sy tiende onder al die ouderdomsgroepe en geslagte wat dié dag deelgeneem het.

NATASHA ROSSOUW in die rok van papier of plastiek wat op die Durban July geskoei moes wees en aan haar ’n vierde plek be­ sorg het. Foto: Verskaf

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Paaie kry nou ook gradering ’n STERGRADERING vir paaie gaan binnekort ’n werklikheid in SuidAfrika word. En met die hoof- en deurpaaie wat vragmotors op Kathu en Kuruman gebruik, word dié nuus beslis verwelkom. ’n Eenster-pad beteken ’n motoris loop gevaar om in ’n padongeluk te sterf of ernstig beseer te word, terwyl ’n vyfster-pad die minste risiko inhou. Noord-Kapenaars sal verskoon word as hulle met sinisme op dié projek van die Padverkeerbestuurskorporasie reageer. Wetstoepassers en die land se paden vervoerowerhede kon immers die afgelope dekade nie ’n noemenswaardige duik in die land se duiselingwekkende hoë padsterftesyfer maak nie, ondanks verskeie duur veldtogte wat met fanfare begin is.

’n Stergradering werk goed vir hotelle omdat hotelle meestal in private besit is en die eienaars gewoonlik hard werk om die standaarde in hul hotelle hoog te hou. Openbare paaie is ’n ander saak omdat die regering se belastinginkomste nie verband hou met die standaard van dienslewering nie. Verbruikers kan ook kies watter hotelle hulle wil gebruik, maar het nie ’n keuse om swak paaie te gebruik waar geen alternatief bestaan nie. Dit is met die deurpad op Kuruman wat daagliks deur swaar voertuie en vragmotors gebruik word wat ’n groot frustrasie vir motoriste is, want daar is nog nie voorsiening gemaak vir ’n ompad nie. Die jongste veldtog het meriete, mits die uitslag van die padevaluering nie net ’n dokument word wat op regeringsamptenaar-rakke stof vergader nie.

Om te kan vergewe, ook ons eie foute Philip van Vuuren VERHOUDINGE en vriendskappe is dit waarom die hele lewe draai. Dit is wat mense aan mekaar verbind. Huwelik- en gesinsverhoudinge, die verhoudinge tussen pa-enseun, ma-en-dogter. Verhoudinge is onderlinge betrekkinge – vennootskappe. Verhoudinge is ’n proses om mekaar te leer ken, mekaar te vertrou. Waar goeie verhoudinge en gesonde verhoudinge is, is daar groei. Ons groei in die liefde. Ons geestelike lewe groei. Ons geluk hang daarvan af. En so kan ek aangaan. Bedreigings ’n Goeie persoonlike verhouding met die Here staan altyd onder bedreiging. ’n Gesonde huwelik is altyd onder bedreiging. ’n Goeie gesinsverhouding, waar ouers gesond met hul kinders leef, is altyd onder bedreiging. ’n Eerlike, gesonde venootskap is altyd onder bedreiging. ’n Gemeente met goeie onderlinge verhoudinge, waar liefde invloei en uitvloei, is altyd onder bedreiging. Daar gebeur altyd net iets om hierdie verhoudinge te ontspoor. Kwaliteite van ’n verhouding Vriendelikheid, hartlikheid, besorgdheid, omgee, ontferming, eerlikheid, opbouing, bemoediging, gasvryheid en liefde is die eienskappe van ’n gesonde verhouding. Maar seerkry en teleurstelling is

onvermydelik in hierdie gebroke wêreld met al die sonde, seerkry en teleurstellings. Om seer te kry is niks, maar om seer te bly is ’n ander ding. Ek sou wat gee om mense wat ek in die huwelik bevestig, te kon verseker daar gaan nie teleurstellings wees nie. Of dat die dood hulle nooit sal skei nie. Ek sou nuwe bekeerlinge en lidmate wou verseker hulle gaan nie seerkry of teleurgesteld raak in die gemeente nie. Of as ek ’n baba toewy, die ouers wou verseker geen ellende gaan hulle tref met die kind nie. Dis die droom dat geen huwelik in die egskeidingshof sou beland nie. En dat geen kind van God ooit teleurgesteld sal wees in die kerk nie. Vergifnis Dit is die rede waarom Jesus aan die kruis kom sterf het en opgestaan het uit die dood: Om vir ons vergifnis te bied. Sodat ons dan weer ander kan vergewe. En meer nog: Onsself mag vergewe. Hierdie vergifnis stel ’n nuwe krag en nuwe energie in ons lewe vry. Dit gee aan ons ’n nuwe begin. Dit is net moontlik deur Jesus Christus wat ons die krag gee. . Philip van Vuuren is ’n leraar van die Oasis-gemeente (AGS) op Kuruman.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

EEN van die bekendste gesigte en so eie aan die Kalahari: Rooi duine waarop ’n mens kan speel of rustig kan wees in die natuur. Hierdie foto is op ’n plaas naby Hotazel geneem. Foto: Ilse Watson

Die groot vreugde van interjol INTERJOL is beslis die twee dae van die jaar waarop ek die hardste werk. Op 38 is ek nie meer so fluks, fiks of viets soos ek was op die sportdae wat ek as netbalspeler bygewoon het nie. Toe het soortgelyke dae in ’n waas van sportkrete, harde spel op die baan en klipharde ondersteuning van die ander spanne verbygevlieg en al “besering” wat ek oorgehou het, was ’n hees keel van al die skreeu en dalk ’n verstuite vinger. Deesdae woon ek sportdae as fotograaf by. Ek staan net langs die baan en druk die regte knoppie om hopelik êrens ’n goeie voorbladfoto te neem. Net my hande werk: Die linker-

hand om die lens te draai en die regterhand om die knoppies te druk. Tog is ek pootuit en lam van moegheid as ek by die huis kom. As my fiksheidsvlakke hoër was, sou ek dalk die lang dag op my voete beter kon hanteer. Maar dit voel ook vir my asof die son hier in my laat 30’s erger brand as wat dit in my tienerjare gebrand het.

Want interjol laat my altyd ná die tyd soos ’n tamatie lyk, maak nie saak hoeveel sonskerm ek aansmeer nie. Tog bly sportdae soos interjol suiwer genot. Die 1 400 foto’s wat ek geneem het, wys hoe vreeslik baie elke kind die wedstryde geniet het. Hart en siel is in elke plettervat, doel of hoekie ingesit en tussen die grynslag, trane en seerkry, was daar loutere vreugde op almal se gesigte. Want of jou span gewen of verloor het, daardie spelers gaan op hul 38ste verjaardag steeds oor dié sportdae praat – al is hul ook nie meer so fluks, fiks of viets nie.

Jy is koerant se oë en ore DROOM jy daarvan om ’n joernalis te word? Nou is jou kans. Met Kalahari Bulletin se nuwe webontwerp bied dit jou die kans om ’n burgerjoernalis (citizen journalist) te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, geleenthede, nuuswenke, misdaadvoorvalle, ensovoorts, te laai. Jy het oë en ore waar ons nie altyd kan wees nie. Jy weet wat lesers se

harte vinniger sal laat klop. Ons het nie genoeg plek in die gedrukte koerant om elke week alles te plaas wat in die gemeenskap gebeur nie. En ons weet ook nie van alles wat daarbuite gebeur nie. Aan die web is daar egter geen einde nie. Al jou gemeenskapsnuus is steeds beskikbaar met foto’s, video’s, meningspeilings, ensomeer. Met die nuwe ontwerp verskyn die storie wat laaste gelaai is eerste.

Jy sal nie hoef te soek vir die nuutste nuus uit jou kontrei nie. Soek jy eiendom? Wil jy huur of koop? Die nuwe webontwerp bevat ’n eiendomsafdeling waarin jy ’n woonplekkie in jou gebied kan soek. Onthou Kalahari Bulletin se mobi site gee jou toegang tot jou koerant op jou selfoon. Besoek die webwerf by www.kalaharibulletin.co.za of op jou selfoon by kalaharibulletin.mobi.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé

Lesers beïndruk met verfraaiing van Kuruman; kla oor duur kos SOOS gewoonlik gons dit op die Kalahari Bulletin se Facebook-blad soos wat lesers kommentaar lewer en hul sê sê. Die vraag “Wat dink jy van die inwoners van Kuruman wat besluit het om elke ingang van die dorp mooi en skoon te maak?” lok die volgende reaksie uit: Dis regtig waar iets mooi. – Marlon Norton

As ek nie reeds betrokke en super besig was by die DBV nie, sou ek hulle gehelp het, ons dorp het dit nodig. Dis deesdae ’n mooi prentjie om

te sien wanneer ek dorp toe gaan! Well done, inwoners! – Sheldene van der Walt Op die vraag “Hoe voel jy oor die feit dat Hansie Cronje 13 jaar later weer aangekla word van wedstrydknoeiery?” sê lesers: Dis nou nonsens. Waarom? Net om die familie te ontstel! – RethaJane Duvenhage Buys Laat hom in vrede rus. My hart

gaan uit na sy ouers. Om ’n kind te verloor is nie iets waaroor jy maklik

kom nie. – Elize Botha Askies? Toppunt van onnosselheid. Regtig! – Cassie en Anette Kruger Op die vraag “Hoeveel bestee jy per maand nét aan kos?” sê lesers: Ons is ’n gesin van vier en ons gebruik meer as R5 000 net vir kos. Dis belaglik duur! – Emma Jordaan Too little! – Jolene ProMassage


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Kuierfees ‘sien rooi’ oor gevare van rook VANJAAR is die Kalaharikuierfees 21 jaar oud en oudergewoonte vat die kuierfees hande met Kansa op Upington om aan feesgangers ’n verantwoordelike fees te bied. In sy 21ste bestaansjaar is die kuierfees in rooi getooi om feesgangers bewus te maak van die gevare van rook en die gebruik van tabak. Alle vorms van tabak hou ’n gesondheidsrisiko in en tabakverwante siektes is verantwoordelik vir een uit elke tien sterftes wêreldwyd. Daarom moedig Kansa en die kuierfees mense aan om onmiddellik op te hou rook, want tabakgebruik is die enkele mees voorkombare oorsaak van ’n groot verskeidenheid gesondheidsprobleme. Deur op te hou rook of nooit te begin nie kan jy jou kans op gesondheidsprobleme soos hartaanvalle, beroerte, bloedvatsiekte, emfiseem, chroniese brongitis, maagsere, impotensie, boonste-lugwegsiekte en kanker van die longe, keel, mond, tong, blaas, serviks, niere en maag aansienlik verklein. Selfs om die waterpyp (hookah of hubbly bubbly)

DIE Kalahari­kuierfees wat van 26 tot 28 September plaasvind, vier vanjaar sy 21ste jaar en is in rooi getooi om saam met Kansa feesgangers van die gevare van rook bewus te maak. te gebruik is nie ’n veiliger alternatief vir tabakgebruik nie. Die rook wat in ’n tipiese waterpypsessie ingeasem word, bevat 36 keer meer teer en agt keer meer koolstofmonoksied as gewone rook. Bel Kansa by 0800-226-622

of besoek www.cansa.org.za vir meer inligting oor Kanse se Kick Butt-program. Rig enige ander navrae oor die kuierfees aan 054-332-1100 of besoek die webwerf by www.kuierfees.co.za of gaan “like” hulle op Facebook.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za en op facebook by www.facebook.com/kbulletin


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

GROOT INTERJOL

Duineveld seëvier DIE uitslae van die Groot Interjolseunshokkiewedstryde tussen die Hoërskool Upington en die Hoërskool Duineveld is:

o.16: Duineveld 2 Upington 0 o.19B: Duineveld 1 Upingtonuitnodigingspan 0 o.19A: Duineveld 2 Upington 1

DUNCAN SILWANA van die Hoërskool Upington in aksie op die hokkieveld. Foto’s: Lizette Slabber

GERHARD JACOBS van die Hoërskool Duineveld kyk vir watter spanmaat hy die bal kan moker.

WIE gaan eerste by die bal wees? Jaco Visser (links) van Duineveld en Julio Jantjies van Upington hardloop om eerste by die bal te wees.

RIAAN BADENHORST (links) van Duineveld veg hard om die bal van Franko Swart van Upington weg te hou.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

GROOT INTERJOL

DIE Hoërskool Duineveld het die Groot Interjol­redenaarskompetisie met punte gewen. Die Hoërskool Upington en Duineveld het gelykop met 3­3 geëindig, waarna die wenspan deur die gesamentlike punte bepaal is. Die redenaars van Duineveld is van links Anine Hanekom, André Nel, Joné Visser, Pieter Scholtz, Carla Kruger en Jan Hendrik Opperman. Foto: Megan Loots

DIE Hoërskool Duineveld het die Groot Interjol­gholftoernooi teen die Hoërskool Upington gewen. Die eerste nege putjies is volgens die Amerikaanse kiesspelreëls gespeel waarna die tweede helfte volgens die vierbal­reëls ge­ speel is. Duineveld se gholfspan is van links Nashwill Mazima, Tiaan Fourie, Pierré Nel, JayD van Zyl, Danus Kruger, Rieckert Harber, Hanro Viviers, Venco Kruger, Rossville Mazima en CJ Conradie. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Duineveld het die Groot Interjol­vasvraekompetisie teen die Hoërskool Upington gewen. Die lede van die wenspan is van links Abrie Visagie, Jan Hendrik Opperman en Nicholas McGregor.

Foto: Megan Loots


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

9

GROOT INTERJOL

ELANDIE HANEKOM (links) van die Hoërskool Upington strek om die bal by Deanke van Zyl van die Hoërskool Dui­ neveld weg te neem.

MADELEINE SWARTZ (links) van Duineveld probeer die bal weghou van Lindsey Loots van Upington.

Puntestand van hokkie VERONIQUE VORSTER van die Hoërskool Upington beheer die bal mooi. Foto’s: Lizette Slabber

DIE uitslae van die Groot Interjol-meisieshokkiewedstryde tussen die Hoërskool Upington en die Hoërskool Duineveld is: o.14-Duineveld 2 Upington 3 o.16-Duineveld 2 Upington-uitnodigingspan 1 o.19B-Duineveld 0 Upington 1 o.19A-Duineveld 1 Upington 0


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

GROOT INTERJOL

ELMONÉ BOTHA van die Hoërskool Duine­ veld. Foto’s: Lizette Slabber

ELMARIE CARSTENS van die Hoërskool Upington.

ESMARIE FERREIRA van die Hoërskool Upington.

CORLIA VILJOEN van die Hoërskool Duine­ veld.

Netbaluitslae van jol bekend DIE uitslae van die Groot Interjolnetbalwedstryde wat Vrydag tussen die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington plaasgevind het, is:

o.14B: Duineveld o.14A: Duineveld o.16C: Duineveld Upington 0 o.16B: Duineveld

14 Upington 7 22 Upington 17 27 o.15B24 o.15A-

Upington 24 o.16A: Duineveld o.19C: Duineveld o.19B: Duineveld o.19A: Duineveld

13 27 20 30

Upington Upington Upington Upington

26 6 8 24


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. R60 000 p.m. Skakel Dirk 079 877 7134.

CONDOR 2004 2.4 - R75 000; Isuzu 2.5 - R59 500. Skakel ( 072 472 8686

053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

ISUZU 1996 - R29 500, Isuzu met kappie - R48 500. Skakel ( 072 472 8686

DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600.

2 X GEMEUBILEERDE huise te huur in Kuruman. DSTV Ingesluit. Skakel ( 073 273 1762

2 SLKP WOONSTEL met koopkrag - water ingesluit by huur. Geen troeteldiere. R5000 p.m vooruit betaalbaar. Geen dep. 073 811 0654

Veritas Eiendomme

Te koop: Skakel Elize Linde by 083 383 8372 of Estelle Pieterse by 072 359 0781. E-pos: lindeelize470@gmail.com of estelleveritas@gmail.com

257 – 3-slk-huis met woonstel asook leë erf met besigheidsregte baie potensiaal vir uitbreiding, R2 210 000.

FORD CORTINA R11 500, Ford Laser R15 500. Skakel ( 072 472 8686 NISSAN SENTRA R19 500, Opel Kadette R16 500. Skakel ( 072 472 8686

327 - Pragtige 3-slk, 2 badk, oopplan, d/m/h, groot erf agter vir nog Ontwikkeling, R1 360 000.

SENTRA 2001 1600 R33 500, Golf 1600 - R38 500. Skakel ( 072 472 8686 WIT POLO 2009 - 1.4 Trendline - R105 000 onderhandelbaar. R96 000. Skakel ( 083 383 8370/1/2

329 - Netjiese 3-slk, 2 badk, 2 sitkamers, eetkamer, TV-kamer, aparte opwas, besproeiing, goeie waarde vir geld. R1 575 000.

CASH FOR YOUR car or bakkie below R40 000. SMS to (072 472 8686

Verskeidenheid erwe te koop Te huur: Skakel Juanita Koortzen - 078 159 7426 E-pos: veritaskuruman @gmail.com

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

H84 - 3 slk, 2 badk, e/m/h. R12 000 p.m. H93 - 3 slk, 2 badk, e/m/h. R12 000 p.m. H96 - Groot kantoor te huur, R33 000 p.m. H110 – Industriële werkswinkel te huur, R33 000 p.m. H112 - 5 slk, 2 badk, sitkamer, e/m/h, R11 000 p.m. H44 - Kantore te huur, R9 900 p.m. Skakel ons gerus, ons help graag. Webtuiste: www.veritaseiendomme .co.za

NOTICE

Payment to Suppliers and Service Providers within the 30-day Payment Period, as specified by the Public Finance Management Act (PFMA), Act 1 of 1999

Procurement The Northern Cape Department of Social Development encourages all suppliers and service providers to register on the Department Logis Database. If you are a registered supplier or service provider, kindly ensure that the following updated information is provided to the Department annually: • Tax Clearance Certificate • B-BBEE Certificate • NCP4 (Disclosure of Interest) • NCP8 for all transactions, including and above R10 000 • NCP9 • Annexure F for all transactions, including and above R30 000 • Correct bank details (Bank-stamped Department Entity Form) Payment The Northern Cape Department of Social Development commits to pay suppliers and service providers within the 30-day payment period, as specified by the Public Finance Management Act (PFMA), Act 1 of 1999. In doing so, suppliers and service providers are requested to submit tax invoices for goods and services delivered within a minimum of 5 days after delivery. The Department further commits to ensure that payments to suppliers and service providers are made within 10 days after receipt of tax invoices. The Department would like to express our sincere gratitude to our suppliers and service providers who assist in delivering the vision of the Northern Cape Department of Social Development. Elizabeth (Liz) Botes Head of Department

Northern Cape Provincial Government

AIDA KURUMAN Huis te huur - 4 Slpk, 2 badk, kantoor, 2 m/huise @ R15 000 p.m. Huis te koop - 5 Slpk, 1 aantrekkamer, 21/2 badk, 2 m/h, swembad R2 080 000. Besigheidsperseel en gebou te koop R2 000 000. Besigheidsperseel, gebou & toerusting R2 250 000. Skakel Annatjie 076 395 9422 of 053-712 0487.

Rita's

Eiendomme Properties

Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000. Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.

AIDS HELPLINE 0800-012-322

Human Communications 100822

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za

SOEK INSLAAP HUISWERKER. Vorige verwysings 'n moet. Moet kan lekker kos maak. Salaris R3000. Skakel (071 659 3812

D.J.G. Poolman

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Daniel Johannes George Poolman, in lewe getroud buite gemeenskap van goed en woonagtig by huis 4, Kromstraat 7, Kuruman,

Noord-Kaap, distrik Kuruman. Boedelnommer: 914/2012 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 15 Augustus 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

the High Court, Mmabatho and the Magistrate, Mothibistad. Signed at Kuruman on this 5th day of August 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460.

M.A. Molete

In die boedel van wyle Pelonomi Lebogang, identiteitsnommer 651225 2276 082, van 238 Church Street, Seven Miles 8460. Boedelnommer 6934/2013. Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 15 Augustus 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. Geteken op Kuruman op die 30ste dag van Julie 2013. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

In the estate late of Molete Armstrong Molete, identity number 690722 5816 081, of House No D79, Dendell Village. Estate number: 9166/2011. The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 16 August 2013 at the office of the Master of

11

J & L Motors/ Sea of Mountains

P. Lebogang

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING

In die Landdroshof vir die distrik Kuruman gehou op Kuruman. Saak No: 1276/2012 In die saak tussen: J & L MOTORS Eksekusieskuldeiser en SEA OF MOUNTAINS TRADING 590 T/A EAST 2 WEST CARRIERS 1ste Eksekusieskuldenaar JAN ABRAHAM MINNIE, Identiteitsnommer 880201 5072 086


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

2de Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n Vonnis gelewer op 1ste dag van Maart 2013, in die Kuruman Landdroshof en 'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop by Baljukantoor, Skoolstraat 46, Kuruman, op die 6de dag van September 2013 om 09:30 aan die hoogste bieër: GOEDERE: 1 wit vragmotorleunwa, Registrasienr. CSV172 FS. Gedateer op Kuruman op 31 Julie 2013. GJS V AN ZYL DUVENHAGE & VAN DER MERWE Hoofstraat, Prokmed Sentrum, Kuruman 8460. Posbus 63, Kuruman 8460. Tel. 053 712 1064/5/6 Faks: 053 712 0569 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za

Verw: J&L1/0001/MJJ Adres van Eksekusieskuldenaar: Sea of Mountains Trading 590 T/A East 2 West Carriers, Registrasienommer 2010/083905/23 van Ds. van Jaarsveldstraat 106, Kuruman en mnr. Jan Abraham Minnie, identiteitsnommer 880201 5072 086 van Ds. van Jaarsveldstraat 106, Kuruman.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING

BASF Coating Services/Son Safari Paneelkloppers/Jan J. Lamprecht

In die Landdroshof vir die distrik Kuruman, gehou op Kuruman. Saaknommer: 1170/2011 In die saak tussen: BASF COATING SERVICES

(EDMS) BPK Eksekusieskuldeiser en SON SAFARI PANEELKLOPPERS BK Identiteitsnommer onbekend 1ste Eksekusieskuldenaar JAN JACOBUS LAMPRECHT Identiteitsnommer onbekend 2de Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n Vonnis gelewer op 25 April 2012, in die Kuruman Landdroshof en 'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die eiendom hieronder beskryf in eksekusie verkoop op 5 September 2013 om 10:00 by die Baljukantoor by Skoolstraat 46, Kuruman, aan die hoogste bieër, met geen reserweprys. BESKRYWING: ERF: 1820, Ga-Segonyana Munisipaliteit, Afdeling Kuruman, Provinsie NoordKaap. GEHOU: Kragtens T2442/2010, 1 133 m², ook bekend as Frylinckstraat 4, Kuruman. GROOT: 1 133 vk m (EEN DUISEND EEN HONDERD DRIE EN DERTIG), gehou kragtens Akte van Transport Nr T2442/2010 STRAATADRES: Frylinckstraat 4, Kuruman. Die volgende inligting word aangegee, maar is nie gewaarborg nie. Die eiendom bestaan uit woonhuis met woonstel. Die voorgenoemde geregtelike verkoping sal onderhewig wees aan die voorwaardes van verkoping wat geinspekteer kan word by die kantore van die Balju van die Landdroshof by SKOOLSTRAAT 46, KURUMAN 8460.

Gedateer op Kuruman op 31 Julie 2013. GJS VAN ZYL Eksekusieskuldenaar se Prokureur MCINTYRE & VAN DER POST Barnardstraat 12, Bloemfontein 9301 Posbus 540, Bloemfontein 9300. p/a DUVENHAGE & VAN DER MERWE ING Hoofstraat, Prokmed Sentrum, Kuruman 8460 Posbus 63, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1064/5/6 Faks: 053 712 0569 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za Verw: MC11/0005/MJJ Adres van Eksekusieskuldenaar: SON SAFARIS PANEELKLOPPERS BK van Frylinckstraat 4, Kuruman en mnr. JAN JACOBUS LAMPRECHT van Frylinckstraat 4, Kuruman.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

BETREKKINGS

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Ongemak met dikderm kan beheer word Yolandi van Deventer PRIKKELBARE KOLONSINDROOM of ’n “spastiese dikderm” is ’n simptoomgegronde diagnose wat gepaardgaan met die volgende simptome: chroniese abdominale pyn, krampe, ongemak, swelling, verandering in stoelgange byvoorbeeld hardlywigheid en diarree (afwisselend) en die gevoel dat die derm nie ten volle geledig is tydens ’n stoelgang nie. Simptoom-gegrond beteken dat daar geen definitiewe toetse is wat die toestand kan “bewys” nie, maar dat die diagnose slegs op grond van simptome gemaak kan word. Ongeveer 20% van die algemene bevolking vervul die diagnostiese kriteria vir prikkelbare kolonsindroom, maar slegs 10% van hulle raadpleeg hul dokter oor gastro-intestinale simptome. Die aanvang van ’n spastiese dikderm kan wees nadat ’n infeksie teenwoordig was, baie stres en spanning, asook volwassenheid (ouderdom 20 tot 30 jaar). Jong vroue word oor die algemeen die meeste geraak.

Die toestand is nie gevaarlik nie, maar kan slegte gevolge hê soos pyn en moeg­ heid wat tot ’n toename in siek­ verlof kan lei. Die presiese oorsaak van prikkelbare kolonsindroom is onbekend. Die algemeenste teorie is dat daar ’n wanbalans tussen die brein en die gastro-intestinale (derm-) kanaal bestaan, hoewel daar abnormaliteite in die normale flora (goeie bakterieë wat teenwoordig is in die spysverteringskanaal wat help met balans en beskerming teen infeksie) kan wees. Die toestand is nie gevaarlik nie, maar kan slegte gevolge hê soos pyn en moegheid wat tot ’n toename in siekteverlof kan lei. Daar is geen genesing vir ’n spastiese dikderm nie, maar deur ’n paar veranderinge te maak kan dit be-

heer word, bv. leefstylveranderinge, medisyne en ontspanningstegnieke. Oefeninge soos joga, stap of draf, sowel as ’n dieetaanpassing, kan help om die invloed van ’n spastiese kolon te verminder. Daar is nie ’n spesifieke dieet vir die toestand nie, maar algemene riglyne sluit in om minder koolhidrate te eet, gasvormende kosse en speserye te vermy of te beperk en dan deur ’n proses van eliminasie agter te kom watter soort voedsel vererger die toestand en dit eerder te vermy. Prikkelbare kolonsindroom kan vir ’n tydperk teenwoordig wees, dan weer verbeter en later weer terugkeer. Hoewel ’n spastiese dikderm geen noodlottige gevaar inhou nie, het navorsing bewys dat dit wel tot depressie kan lei. Die diagnose van prikkelbare kolonsindroom moet eerder deur ’n geneesheer gemaak word, aangesien vele ander toestande met dieselfde simptome kan voorkom. ) Hierdie gesondheidswenke is deur die Mediclinic Kathu verskaf.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

GROOT INTERJOL

DJ DRY (links) en Jasper Wie­ se (regs) van Upington laat nie toe dat Brandon­Lee Faro van Duineveld verby hulle kom nie.

Plettervat

DIE uitslae van die Groot Interjolrugbywedstryde wat op 9 Augustus tussen die Hoërskool Upington en die Hoërskool Duineveld plaasgevind het, is: o.14B-Duineveld 14 Upington 31 o.14A-Duineveld 0 Upington 71 o.15B-Duineveld 8 Upington 5 o.15A-Duineveld 11 Upington 10 o.16B-Duineveld 10 Upington 15 o.16A-Duineveld 0 Upington 41 o.19B-Duineveld 19 Upington 0 o.19A-Duineveld 22 Upington 3

Foto’s: Lizette Slabber

REGS: Christiaan du Plessis (links) van Duineveld bied die nodige ondersteuning wat Junior Burger (middel) nodig het ter­ wyl hy deur Alvin Steenkamp van Upington getakel word. LINKS: Derik Steen­ kamp (links) van die Hoërskool Upington probeer Attie Brits van die Hoërskool Duineveld stuit.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 AUGUSTUS 2013

Pak uit vir Jol Lizette Slabber

IN die twee weke voor die spannende Groot Interjol het verskeie leerlinge van die omgewing op sportgebied teen mekaar meegeding. Die Hoërskool Upington, aanbieder van van-

DIE Hoërskool Upington het die Groot Interjol­ tennis teen die Hoërskool Duineveld met 10­8 gewen. Hier slaan Loupie Nieuwoudt van Upington die bal na sy teenstander.

jaar se Groot Interjol, en die Hoërskool Duineveld het kragte op skiet-, skaak- en tennisgebied gemeet. Al dié wedstryde het bygedra om die spanning tot 9 Augustus, toe dié skole mekaar op die rugby-, netbal en hokkieveld getakel het, hoog te laat loop.

DIE Groot Interjol­tenniswedstryde is op Dins­ dag 6 Augustus beslis. Spelers moes nie net hul teenstanders aandurf nie, maar ook ’n baie slegte wind. Hier is JayD van Zyl van Duineveld in aksie tydens een van die enkelspelwedstry­ de.

DIE Hoërskool Duine­ veld het die skietkom­ petisie met 82,6% teenoor 81,2% ge­ wen. Die kapteins van die Hoërskole Uping­ ton en Duineveld se skietspanne is onder­ skeidelik van links Mi­ chael Becker en Jan Hendrik Opperman. Foto’s: Lizette Slabber

DIE Hoërskool Duine­ veld het die skaak met 7­1 gewen. Hier kon­ sentreer die spelers kliphard om die regte skuif te maak. Van links is, voor: Mason Adams en Pieter le Roux; agter: Herman Brandt en Andrea Steyn.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.