14 MAART 2013
VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG
GRATIS
TEL. 0543313482
Polisiehoof besoek NK Anena Burger GENL. RIAH PIYEGA, nasionale polisiekommissaris, het Upington verlede Woensdag besoek om Nasionale Polisiedag saam met verskeie sektore van die Noord-Kaapse polisie te vier. Die verskillende sektore van oor die Noord-Kaap heen het hulle uitgedos om die verskillende kulture van Suid-Afrika uit te beeld. Piyega het elk van die verskillende sektore se stalletjies besoek waar sy deur ’n lid van elk van die eenhede ingelig is oor die kultuur wat hul groep voorgestel het. Die Port Nolloth-sektor, wat as plesierige Afrikaners uitgedos was, kompleet met koeksisters en Voortrekkerkappies, kon nie die geleentheid weerstaan om Piyega op ’n stywe mampoertjie te trakteer nie. Die kommissaris se kiewe en oë het vir ’n oomblik getrek tot die groot vermaak van die polisielede wat saam met haar die dag terdeë geniet het. Piyega het later die oggend die personeel van die verskillende sektore toegespreek. In haar toespraak het sy gesê: “Dit is ’n belangrike dag vir ons (die polisie) omdat ons die geleentheid gegun word om te weerspieël wie ons is en presies waar ons in hierdie demokrasie staan. “Ons is bewus daarvan dat die geveg teen misdaad nie maklik is nie. Dit was nog nooit en dit gaan ook nie makliker raak nie,” het sy gesê terwyl sy die lede aangemoedig het om hul bes te doen. Piyega het ook na die brutale moord en verkragting van die 17-jarige Anene Booysen van Bredasdorp verwys en gesê: “Hierdie soort misdaad kan nie in ons gemeenskappe geduld word nie. Hierdie voorvalle laat ons weer besef dat ons nie ’n maklike taak het om te verrig nie. Ek sê weer, ons werk moet met professionaliteit en dissipline uitgevoer word.” Piyega het gister 24 dubbelkajuitbakkies aan die Noord-Kaapse speurdiens oorhandig.
“BLAAS op die dolosse, generaal, want dit is hoe die Ndebeles dit doen.” Die nasionale polisiekommissaris, genl. Riah Piyega, is verlede week deur die verskillende polisiesektore van die NoordKaap aan die verskillende kulture van SuidAfrika bekend gestel. By elke stalletjie het sy tradisionele kos geproe en hier en daar saam ’n tradisionele dans gedoen. Hier wys konst. Zalmaria Zacharia van die Springboksektor hoe ’n Ndebelesangoma sy ding doen. Foto: Anena Burger
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
Skool het baie verryk Egpaar kry berading ná aanval
Lizette Slabber CHRIS JOOSTE was die eerste bestuurder van die Uizip-buitelugskool sowat 25 km van Upington af. Dié buitelugskool het van 1979 tot 1997 duisende leerlinge geleer om met ’n pyl en boog te skiet, veldplante, klippe, diere en voëls uit te ken terwyl hulle heerlike pret in die natuur en op die Oranjerivier gehad het. Die Kalahari Bulletin het met hom gesels oor die eerste paar jaar van dié gewilde buitelugskool. Volgens Jooste was die oorspronklike doel van Uizip om ’n plek buite die kerk en dorp te stig waar volwassenes en jong mense geestelik bedien kon word. “My taak was om die sentrum winsgewend te bestuur en ’n buitelug- of veldskool te begin.” Jooste was vroeër by die WesKaapse Jeugtrust betrokke en het in die hoedanigheid buitelugkampe en jeugseminare op Uizip aangebied. “Ek moes in my eerste jaar op Uizip enkele skoolkampe reël, maar moes weekliks bemarking by skole doen. Vir baie mense was die idee vreemd en hulle was skepties.” Jooste moes uit die onderwys bedank om die pos op Uizip te vul, maar die onderwysdepartement het hom
Anena Burger
DIE Uizipbuitelugskool het duisende leerlinge en onderwysers verwelkom en só hul lewe verander. Foto: Verskaf die versekering gegee as minstens 600 leerlinge per jaar gehanteer word, sou ’n onderwyspos geskep word. “Ek het die tweede jaar meer as 1 500 kinders deur die skool gestuur.” Jooste het geen leermateriaal van die departement ontvang nie en moes meestal sy eie uitgewerkte programme gebruik. Alles is in spanverband gedoen met voortdurende kompetisie tussen die spanne. “Menige onderwyser wat die groep vergesel het, was verstom oor die reaksie en deelname van die kinders.” Elke span het ’n werkboek gemaak van al die aktiwiteite wat dan saam terug is na die skole om as verslag te
dien en is dan in die skole uitgestal. “Een van die hoogtepunte vir my was die besoek van die De la Batskool vir dowes van Worcester. Dit was ’n reuse-aanpassing om die program vir hulle te doen, maar wat ’n fees was dit nie.” Volgens Jooste het die positiewe belewenisse wat elke kind daar ervaar het en die herinneringe wat hulle oorgehou het enige negatiwiteit oorskadu. “Baie lewens is aangeraak en verander of verryk. Baie vriendskappe is gesmee en verhoudings gered of verbeter. “Veel is beleef, geleer en ervaar. Daarom is dit tragies dat dit tot ’n einde moes kom.”
“EK is nie ’n mens wat baklei nie, maar wat moes ek doen? Ek moes my vrou beskerm.” Só het Albert Strauss (81) gesê oor die plaasaanval verlede week waarin hy die aanvaller doodgeskiet het wat hom en sy vrou, Chrissie (72), in hul huis op die plaas Toekoms beseer het. Riana Strauss van Bloemfontein het aan Volksblad, Kalahari Bulletin se moederkoerant, gesê dit is vir haar pa baie moeilik om die gebeure te verwerk. “My pa is in trane oor elke boodskap van ondersteuning wat van oor Suid-Afrika heen ingestroom het. Ons dank en loof die Here dat Hy Sy hand oor hulle gehou het.” Albert Strauss het die rower te midde van ’n bloedige geveg doodgeskiet om sy vrou te beskerm. Volgens kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie op Upington, is die verdagte as André Isak Domingo (29) geïdentifiseer en hy is vermoedelik van Kakamas. Die polisie kan nog nie verdere besonderhede bekend maak van hoe die verdagte op die plaas gekom het nie. September het gister gesê die polisie het ’n deeglike ondersoek gedoen en die gebied en veld op die plaas vir enige leidrade gefynkam. Riana het gister gesê dit gaan in die omstandighede goed met haar ouers. “Hulle kry traumaberading. Enigeen wat so iets deurmaak, moet hulp ontvang. Dit is nie iets wat jy op jou eie kan verwerk nie.”
‘Ek is nie ’n mens wa t b a k l e i n i e , maar wat moes ek doen? Ek moes my vrou be skerm.’ – Albert Strauss Riana het van Bloemfontein gekom om haar ouers te kom ondersteun. Haar twee broers, Johan en Nico Strauss, boer in die Upington-omgewing. Riana sê sy het elke boodskap wat deur lesers op Volksblad se Facebook-blad en -webwerf gepos is aan haar pa voorgelees. “Ek het nie geweet hy het dit in hom nie, maar ek kon sien elke boodskap het na hom deurgedring. Hy waardeer elkeen se ondersteuning en medelye. Hy het dit ook vanoggend aan die sielkundige genoem.” Honderde boodskappe van ondersteuning van die egpaar het Dinsdag op dié webwerwe ingestroom. Riana sê haar ma, Chrissie, hanteer die situasie baie moeilik. “Dit gaan elke dag ’n bietjie beter,” sê Riana. Brig. Paul Cengcane, gebiedsbevelvoerder van die polisie, het sy medelye met die Strauss-egpaar uitgespreek. Hy het ook die polisiebeamptes bedank vir hul deeglike werk en verseker dat dié personeellede alles moontlik gedoen het om die toneel vir leidrade te fynkam. Die saak word verder ondersoek.
19/38
16/35
15/34
NW20
W15
SW10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
3
Basson sterf in ongeluk Anena Burger JAMES (JIMMY) BASSON (66), ’n dosent aan die Upington-kollege vir Voortgesette Onderwys, het Vrydag op pad terug van ’n vergadering naby sy huis verongeluk. Sy vrou, Joyce, die adjunk-streekdirekteur van onderwys in die distrik Siyanda, sê hy was van ’n vergadering in Kimberley op pad terug huis toe en het eers op Postmasburg aangedoen om by hul kleinkinders te kuier. Hy was kort ná 20:00 buite Upington en is moontlik om ’n draai deur aankomende vragmotors se ligte verblind, sê sy vrou. Sy bakkie is van die pad af, het die muur van die gastehuis die Naba Lodge getref en omgeslaan. Joyce sê dit is vir haar moeilik om die ongeluk en haar man se skielike dood te verwerk. Die ongeluk was skaars 5 km van hul huis in Rondomstraat. “Hy was amper by die huis. “Hy was so erg oor sy kleinkinders en het hulle verskriklik bederf,” het sy gister hartseer gesê. Hul een seun, Wandile, se huis is naby die plek waar sy pa verongeluk het. Basson word deur nog drie kinders, Peacemaker, Faith en Gladys, oorleef. ’n Roudiens sal vandag om 16:00 in die Upington-kollege gehou word. Basson sal Saterdag uit die Paballelo Congregational Church begrawe word.
JAMES (JIMMY) BASSON is Vrydagaand dood toe hy vermoedelik deur aankomende vragmo tors se ligte verblind is en beheer oor sy voertuig verloor het. Foto;s: Anena Burger
N/u-taal-prater sterf Anena Burger ANDRIES OLYN, die laaste manlike N/ u-taal-spreker, is verlede Sondag op 79 jaar dood. Hy kon nooit sy hartsbegeerte om weer in die Kalahari te gaan woon, uitleef nie, het sy dogter, Maria Hoorn (35), gesê. “Oupa is nou by sy koedoes en elande in die jagveld waarvoor hy so bitter lief was.” Andries Olyn is in die Kalahari naby Askham gebore en het sedert sy kinderdae op plase in die Kalahari gewerk. In die 1960’s het hy na Upington gekom en vir die munisipale besproeiingsraad gewerk.
“Hy het later op die erwe gewerk en toe hy ouer was ook in die boere se tuine. Hy was baie lief vir werk en moes altyd besig bly.” By handwerk het dit egter nie opgehou nie. Olyn was bekend vir sy werk om die byna uitgestorwe N/u-taal te laat herleef. Saam met Aenki Kassie, wat vroeër vanjaar oorlede is, en Katrigwa (Katriena) Esau het hy waardevolle werk verrig om die taal te laat opteken met die hulp van linguiste van Duitsland en Amerika. Volgens National Geographic se projek Enduring Voices sterf daar elke 14 dae nog ’n taal in die wêreld uit. Teen 2100 sal meer as die helfte van die 7 000 tale in die wêreld uitgestorwe wees. Baie van die tale is nog nie vir bewaring opgeneem nie. Volgens Enduring Voices is die bewaring van tale uiters belangrik, omdat waardevolle kennis oor geskiedenis, kultuur en die natuurlike omgewing van die mensdom saam met tale uitsterf. Op Upington veg Katrigwa Esau verbete voort om ’n stukkie grond van die //Khara Hais-munisipaliteit te kry waarop ’n formele skool opgerig kan word om die San-kultuur en die N/u-taal aan kinders te leer. “Enige kind kan hier kom leer, nie net Sankinders nie,” het sy vroeër gesê. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) het verlede jaar R1,5 miljoen aan Katrigwa se projek vir die oprigting van ’n skool bewillig. Dié geld sal egter eers gegee word wanneer die munisipaliteit ’n erf beskikbaar stel vir die oprigting van ’n skool.
MARIA HOORN kyk na ’n foto van haar pa, Andries Olyn (79), wat verlede Sondag in sy huis op Raaswater oorlede is. Foto: Anena Burger
FAITH BASSON met ’n foto van haar pa, Ja mes (Jimmy) Basson, wat Vrydagaand in ’n ongeluk oorlede is toe hy beheer oor sy bak kie verloor het en teen die muur van die Naba Lodge net buite Upington gebots het.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
Maak tyd vir gesonde balans DIE afgelope naweek het een van die beoordelaars by die Hoërskool Martin Oosthuizen se danskompetisie die belangrikheid van deelname aan sport in enige vorm benadruk. Sy het gesê dit leer mens so ’n groot hoeveelheid en baie belangrike lewenslesse wat van belang is vir die vorming van jou menswees. Dié stelling is al ’n jaar of wat gelede beaam deur ’n onderwyser aan die Hoërskool Duineveld. Haar siening was dat die kinders wat aan buitemuurse aktiwiteite deelneem makliker maats maak, inskakel en oor die algemeen skool positiewer ervaar as kinders wat aan niks deelneem nie. Dit is egter nie net waar vir skoolgaande kinders nie. Volwassenes raak so maklik verstrik in ’n roetine van werk toe gaan en huis toe gaan dat baie geen deel het aan hul gemeenskap nie. Die waarde daarvan om te behoort aan ’n sportklub, boekklub, tuinbouklub, ’n skool se ouer/onderwyservereniging of
selfs net op een of ander manier betrokke raak by jou kerk, is van groot belang. Die intellektuele stimulasie wat verkry word van ’n boekklub, die gedeelde swaarkry by die sportklub of die uitruil van kennis, teleurstellings en opwinding by ’n tuinbouklub, dra alles by die ontlading van spanning en die skep van ’n meer gebalanseerde mens. Dit is ook uiters belangrik om betrokke te wees by jou kind se skool. Dit gee perspektief in die doen en late van die onderwysers wat vir jou kind skoolhou en dit gee weer ’n groter verdraagsaamheid teenoor die skool. Die ander kant van die munt is egter die vraag: Waar moet ons die tyd daarvoor kry? Dit is so dat tussen werk, die kinders se huiswerk, buitemuurs en al die ander verpligtinge, mense se lewens tot oorlopens toe vol is. Maar dink net aan die verryking wat deelname aan ’n mens se lewe kan gee en dan kan mens dalk tog ’n plekkie daarvoor in ’n besige program vind.
Moenie uitstel nie: Gee vandag liefde Christo Jonck ROMEINE 13:8: Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. ’n Man met die naam Charles Dickens het geskryf: Jy moet ’n hart hê wat nooit verhard nie, ’n humeur wat nooit oorkook nie en ’n aanraking wat nooit seermaak nie. Charles C. Colton het weer geskryf: Soos goeie gesondheid waardeer ’n mens ’n kosbare verhouding eers wanneer jy dit verloor het. Die tyd van die jaar bevestig ek baie huwelike. So is daar in April reeds drie huwelike. Op die een se uitnodigingskaartjie staan die woorde van CJ Langenhoven: Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het en die liefde wat ek gekry het. Wat ’n wonderlike ding. In ’n huwelik en in ’n gesin moet dit tog so werk. Dit is die een plek in die deurmekaar wêreld waar ons liefde moet kry en liefde kan gee. ’n Veilige ruimte waar liefde kan blom en jy dit kan uitdeel. Om liefde te gee. Ons skuld mekaar dit. In alle verhoudings, maar veral in gesinne. Daardie
mense wat die naaste aan jou leef, wat vir jou liefde gee, wat God deel van jou lewe gemaak het. Tog raak ons mekaar so maklik gewoond. Ons aanvaar mekaar as vanselfsprekend. Dikwels moet mense op krummeltjies liefde oorleef. Ons moet mekaar liefhê. ’n Mens is ’n mens deur ander mense. Jy kan nie alleen die lewe deur gaan nie. My lewe kry meer betekenis en sin wanneer daar mense is vir wie ek liefde kan gee. Wie in jou lewe het dalk vandag liefde nodig? Moenie uitstel nie, gee liefde. Paulus sê mos: Ons mag niemand iets skuld nie, behalwe om mekaar lief te hê. Vanoggend het ek wakker geword. My vrou het in my arm gelê. Boetie het my ’n stywe druk kom gee en die meisiekinders het kom môre sê. Ek het geweet: Ons is reg vir die dag, want liefdevolle verhoudings is ’n gesin se beste beskerming teen die uitdagings van die lewe. Vandag gaan ek liefde gee.
MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.
LESERS word versoek om foto’s van ’n mooi hoekie in hul tuin of ’n mooi plant, struik of blom uit hul tuin vir die Kalaharifotoruimte in die koerant te stuur na joanie.bergh@volksblad.com. Foto: Annerie Louw
Die waarheid oor Dingleton BRIAN BRIESIES, Dingleton: GRAAG wil ek as inwoner van Dingleton kommentaar lewer op die berig wat in die Kalahari Bulletin van 14 Februarie was. Ek wil mev. Ilse Watson vra hoe seker sy is Dingleton moet einde 2014 plat wees. Ek wil haar net reghelp wanneer sy sê mnr. Mclean sê die hele gemeenskap, met skool en al, word na Kathu oorgeplaas. Ons gaan nie almal Kathu toe nie, net 90% tot 95% van die inwoners gaan Kathu toe. Daar is net ’n paar van ons wat nie in ’n moderne Kathu belang stel nie. Voorts word gemeld elke inwoner gaan ’n huis van dieselfde grootte as op Dingleton kry. Ek help net weer reg. Elke inwoner kry nie dieselfde grootte huis nie. Kumba Iron Ore betaal elke huiseienaar per vierkante meter vir kleiner huise en grond uit. Enigiemand wat kommentaar wil lewer, kan my gerus by 073-1133086 bel.
Spanbestuur nie so swak ATLETIEKLIEFHEBBER, thu:
Ka-
EK reageer graag op Venice van Zyl se kommentaar oor die swak bestuur van die JTG-atletiekspan in Volksblad van 5 Maart 2013. ) Alle atlete wat by die spanbestuurders (mnr. J. van Wyk en me. Gumbu) gesit het, was betyds by hul punte. ) Atlete is later gestop, omdat hulle te vroeg was. ) Geen JTG-atlete is gesoek nie. ) Die twee spanbestuurders het reeds 03:00 van Kuruman af saam met die bus vertrek. Ek dink hulle verdien ’n dankie. ) Atlete wat by die spanbestuurders gesit het, het wel water en kos gekry. Daar was baie oor. Seker die wat nie daar gesit het nie s’n. ) Alle inligting is met al die skole gekommunikeer, die Laerskool Ku-
ruman se e-pos werk nie of het nie gewerk nie. Die inligting is toe na ’n personeellid se private e-posadres gestuur. ) Die departementele bus het wel gery, en dit nogal van Kuruman af, maar die Laerskool Kuruman het aangedui dat hy sy atlete self gaan vervoer – soos hy gemaak het. ) Die twee spanbestuurders moes op eie koste van Dingleton af op Kuruman kom om met die departementele bus te vertrek. Voorwaar ’n opoffering. ) Die datums van die byeenkomste is in 2012 aan skole gekommunikeer, maar ook na die personeellid se private e-pos-adres gestuur, omdat die skool se e-pos nie gewerk het nie. ) Die meisie is gediskwalifiseer volgens reël 162 wat streng toegepas is. Alle skole is per brief oor die reëlings gewaarsku, wat ook na die personeellid se e-pos gestuur is. Dus, om die JTG-reëlings as swak af te maak is ’n bietjie verregaande. Ons weet die departement van onderwys het baie foute, maar ’n mens moet darem nie veralgemeen nie. Ja, die reëlings op die provinsiale byeenkoms was nie goed nie, maar daaraan kon die JTG niks doen nie.
Om bruikbare goed weg te gooi Annerie Louw EK sal moet begin sorteer aan die opgaargoed in my huis. En dit is nie dinge wat onbruikbaar is nie. Nee, elke spykertjie en elke skuifspeldjie het ’n doel, maar hoekom moet hulle nou juis in my huis in al wat ’n leë houer is, voorkom? Goed soos ’n knopie wat iewers afgebreek het, ’n gordynhakie wat uitgehaak het, ’n los speldjie of haarknippie, ’n pleister waarvan die houer weggegooi is en hope ander goedjies wat jy nodig kan kry. Gelukkig is daar darem tussenin ou inkopiestrokies, lekkergoedpapiertjies, inkopielysies, ’n ver-
dwaalde pynpil wat vir die pyn moes help, ’n ou naamkaartjie en ander goetertjies wat lankal weggegooi kon gewees het, maar in ’n houer geprop is. Die sleg daarvan is die uitsoek. Jy kan nie die hele houer in die rommelblik omdop nie, want jy wil eers kyk wat waarde het en wat weggegooi kan word. Tydrowend, veral as die onderdele klein en soms onbekend is. Toe Mooiste terug is Amsterdam toe het sy ewe soet gevra: “Ma moet
maar kyk wat weggegooi kan word en die ander asseblief bêre totdat ons weer kom kuier.” Ek was hartseer oor die weggaan en het net gedwee geknik. Die gevolg is baby wipes, baba-rooibosteesakkies, baba-muskietafweermiddel, babasjampoe, babaseep, en meer wat tóé deernis gewek het, maar nou die huis deurmekaar en die verlange baie maak. Ek pak die emmer uit. Binne is ’n skoon babadoek, een van Belangrikste se te klein skoentjies, Barbie se armband, Ken se been en sagte speelgoed waarvoor ons nie plek het nie. Toe Jongste terug is Pretoria toe het hy niks gesê van uitsoek en weggooi nie. Dus word al sy goed gebêre: van ’n hoed waarmee hy musiekvideo’s doen tot die lappe wat hy vir agtergrond gebruik, die spoorstawe waarmee hy video’s skiet en sy drie skaatsplanke waarvoor hy baie lief was. Ons pak hulle in ’n houer en skryf sy naam op. Middelkind is die maklikste, want hy was lanklaas by die huis. Hy het net ’n paar waardevolle goedjies, maar wat moet ons met die seil van die lugballon maak wat hy op ’n leierskamp moes bou? En Dierbaarste? Soos die jare van saamwees toeneem, raak ’n mens seker maar soos mekaar. Hy begin nou, soos ek vroeër, versamel en ek begin nou, soos hy vroeër, minder maak. Nou haal ek onnodige goed uit om van ontslae te raak, net om dit later weer in ’n ander houer te kry. Ons gaan nooit die goed gesorteer kry nie.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
5
PROMOTION
New concrete plant for Kathu 3Q MAHUMA CONCRETE recently opened their 12th fully operational plant in Kathu. With an already established footprint in the North-West province, Limpopo and Mpumalanga the 3Q footprint expanded to the Northern Cape. 3Q forms part of the Capital Africa Steel (CAS) group of companies which is partially owned by WBHO. Charl Marais, the managing director, is excited about the new addition to the company’s portfolio. The decision was taken after extensive market research which indicated that the Kathu market is an expanding and fast-growing market. To open a plant in Kathu also fits in with 3Q’s vision of becoming the most admired concrete supplier in Southern Africa. “We will be achieving this using disciplined people, disciplined thought and disciplined actions,” Marais added. Martin Kruger, the marketing and sales manager, explained that the 3Q’s in the name stand for quality, quantity, quickly. “This is our promise to all our valued clients and we live by this,” says Kruger. Quality: This is ensured by strict process controls at the batch plant. The whole batching system is computerized. The concrete batched by the systems is made from quality products – from the cement powder to the admixtures. Strict quality control measures are adhered to ensure that only the highest quality raw materials are used in the processes. The mixes are designed by a contracted concrete technologist, Clive Sofianos. Strict adherence to the quality management system (QMS) as prescribed the South African Ready Mix Association (SARMA) of which the company is a member ensures unquestionable quality. Quantity: The computerized systems captures the process and produces a batch report for control purposes. Together with the regular calibration of scales the client can have total peace of mind that the concrete is 100% correct in composition and volume. No matter how big or small your order, you will get the exact volumes ordered with documented proof if requested. Quickly: The 3Q model are based on decentralization from a head office. Although all quotes and administration are done at the Rustenburg head office, the scheduling of loads and trucks are done at plant level by the plant manager. In the case of Kathu, Herman Swart will personally take care of you (no call centre inbetween) and ensure that your needs are met in terms of delivery times, etc. As he is just a phone call away, he will also quickly respond to any queries you might have. 3Q is currently supplying concrete to the Kusile power station project, the Komati water augmentation project, the Mogol Dam water augmentation project at Medupi, several waste water treatment plant projects in Thabazimbi, Northam, Emalahleni and Middelburg, housing projects in North-West, Mpumalanga, Limpopo and now in Kathu with
BATCH PLANT in Kathu. Note the filters on top of the silos that are state of the art and part of 3Q Green practice contributing to a sa fe environment. Foto: Supplied
the Matlapeng housing project and the Rapid Bus Transport System in Rustenburg to name but a few. Most of these projects call for high specification concrete, making 3Q a preferred supplier to many construction companies. 3Q can also supply other specialised concrete that is suitable in the construction of swimming pools and polished concrete floors. To enquire about all the services and products offered by 3Q, please contact Martin Kruger at martin@3qconcrete.co.za.
ONE of the Mercedes Axor trucks operating in Kathu – out of a total fleet of aproximately 100 trucks. Foto: Supplied
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
Centres receive new classrooms TWO new classrooms and ablution facilities were recently officially opened at two early childhood development (ECD) centres in Olifantshoek. The project to upgrade the facilities of Simba-kleuterliefies and the Mmabana ECD centres was a partnership between Kumba Iron Ore and Joyglobal. Kumba upgraded the facilities while Joyglobal funded the fencing and supplied furniture, blankets and educational toys. Kumba became involved in the project after a need had been identified by the management of both ECD centres to address the overcrowding problem and
the lack of ablution facilities. The safety of children was also a concern since the fencing was insufficient. Educational toys were also limited; hence the developmental capabilities of the children were limited. Rina Botha, local economic development manager at the Sishen Mine, Oduetse Kolberg, local economic development practitioner at the Sishen Mine, Humphrey Makoe, human resources director at Joyglobal, and Mpho Maseko, Joyglobal transformation unit, were present at the unveiling of the billboards. More children
who are at home can now also register at these centres because of the enabling environment that was created. “Kumba is very grateful to enter into a partnership with Joyglobal because these projects will go a long way in the development of children by preparing them and making them ready to easily fit into the school system,” said Botha. Proper management structures are in place and the Department of Social Development oversees and monitors the operations of both centres. Both schools were overjoyed by the developments and thanked Kumba and Joyglobal for their
initiative in aiding the ECD centres. The schools also pronounced that these investments were not in vain and the community would take care of the structures to demonstrate how much the sponsorship was valued.
HUMPHREY MA KOE (Joyglobal), Mpho Maseko (Joy global) and Rina Bo tha (Sishen Mine) at the billboard of Sim bakleuterliefies. Photos: Supplied
THE happy children at the Mmabana ECD Centre.
Droom ná ses jaar bewaarheid KALAHARI JAG & KAMP, wat begin het as ’n stokperdjie, is vandag een van die gewildste winkels op die dorp. In 2006 het Esjee Koortz begin handel dryf in jagtoerusting en hengelgerei uit ’n buitekamer by sy ouerhuis. In 2010 het ’n 50 m²-perseel in Hoofstraat op Kuruman Kalahari Jag & Kamp se tuiste geword. Die winkel het in baie se jagbehoefte voorsien en ’n verskeidenheid toerusting en benodigdhede aan jagters,
hengelaars en buitelewe-entoesiaste verskaf. John Lancaster het die droom met Esjee gedeel en het aangebied om ’n perseel te bou volgens die nodige vereistes vir ’n wapenwinkel. Die winkel met ’n vloeroppervlakte van 150 m² is gebou en Kalahari Jag & Kamp het amptelik op 1 Augustus verlede jaar op die nuwe perseel in Stewartstraat 48, Kuruman, geopen. Ná baie swoeg en sweet om die perseel op peil te kry soos versoek deur
die polisie, is Kalahari Jag & Kamp se aansoek om in vuurwapens en ammunisie handel te dryf op 31 Januarie vanjaar goedgekeur. ’n Droom van ses jaar is uiteindelik bewaarheid en die gemeenskap van Kuruman kan weer hul wapens, ammunisie en herlaai-komponente plaaslik verkry. Hiermee wil Esjee graag al sy getroue kliënte van die afgelope ses jaar hartlik bedank vir hul volgehoue ondersteuning en geduld tydens die lang wag op ’n volwaardige wapenhandelaar.
LINKS is Marc Doubell, wat die eerste vuurwapen by Kalahari Jag & Kamp gekoop het, saam met Esjee Koortzen. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
PLUS VERDIEN PUNTE
WEEKLIKSE WENNERS Produk is gestileer vir fotografie
4499 per kg
Grootmaat Stowebeesvleis (Been in)
879
2499
per kg
Elk
Parmalat of Yum Chum Laevet Gladde Jogurt Multipakke Verskeie 6 x 100g
County Fair Vars Heel Hoender met Binnegoed
7499 Jacobs Krönung Koffie 200g
KOOP2
29
15
79
99
PnP Sonneblomolie 2 liter
Snowflake Koekmeelblom 2.5kg
6999
VIR
2400 Coca-Cola Gewone 2 liter
2899
Elk
Firstwatch Whisky 750ml
Twinsaver Enkellaag Toiletpapier 10s
Alkohol Nie Te Koop Aan Persone Onder die Ouderdom Van 18 Nie. Drink Verantwoordelik.
Altyd daar vir jou PRYSE SLEGS GELDIG 12 - 17 MAART 2013 BY ALLE PICK N PAY SUPERMARKTE, FAMILIEWINKELS, MINIMARKTE EN HYPERS IN GAUTENG, VRYSTAAT, NOORDWES, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN EN VRYBURG. BOTSWANA, NAMIBIË, SWAZILAND, LESOTHO EN EXPRESS WINKELS UITGESLUIT. ‘smart shopper’ punte is steeds geldig in Express en Daily Winkels.
www.picknpay.co.za
Herwin Asseblief KLANTHULPLYN TOLVRY: 0800 11 22 88
(SLEGS LANDLYN. SELFOONTARIEWE GELDIG)
Pick n Pay poog om aan die aanvraag vir hierdie promosie-items te voldoen, maar voorrade is beperk. Sommige winkels mag dalk nie party van hierdie produkte in voorraad hê nie. Gaan asseblief beskikbaarheid na: tolvry: 0800 11 22 88 (slegs landlyn of selfoontariewe geldig). Ons streef daarna om te verseker dat alle gedrukte inligting korrek is, maar aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige drukfoute wat mag plaasvind nie. Geadverteerde pryse sluit BTW in waar toepaslik. Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. ‘smart shopper’ bepalings en voorwaardes geld. Sekere produkte is uitgesluit uit die ‘smart shopper’ program. Kyk asseblief in die winkel of gaan aanlyn vir nog besonderhede.
1176504B_A
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
Dansers ken hul passies Lizette Slabber VAN die statige wals, die pronkerige cha-cha tot die vrolike jive is op die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas se tweejaarlikse danskompetisie gedans. Rian Rautenbach en Anica Prinsloo het as wenners van die jive en die ope afdeling gewys hulle is waardige algehele wenners ook. Die dans-
paartjies moes drie dansstyle met die hulp van professionele danser Pieter Smith aanleer. ’n Maand lank is die paartjies intensief afgerig en kon hulle die gehoor verstom met die gehalte van hul danspassies. Veral in die ope afdeling, met die tema Toeka tot nou, het die danse ’n hoogtepunt bereik met die dansers wat meer in die lug as op die dansbaan was. Hulle is deur drie beoordelaars, Natasha Zealand, Rudolph
Scheepers en Gene van Niekerk, beoordeel. Marzanne Janse van Rensburg is as die elegantste vrou op die dansbaan aangewys, terwyl Faan Lerm as die seun met die meeste wikkel in sy heupe aangewys is. Die paartjie met die meeste pizzaz is Fourie van Zyl en Johanri Papenfus. Faan Lerm en Karien Janse van Vuuren was die paartjie wat die meeste vordering getoon het, terwyl Charl Koortzen en Niki Kotze as die bes geklede paartjie volgens hul ooreenkomstige liedjie aangewys is. Hulle was ook algeheel derde. Adri du Plessis en Marzanne Janse van Rensburg was die gehoor se gunsteling. Christoff Loubser en Carli Brandt is as die wenners van die wals aangewys en Adri du Plessis en Marzaan Janse van Rensburg het nie net die cha-cha gewen nie, maar was ook algeheel in die tweede plek. ) Gaan kyk na nog foto’s van die danskompetisie in ’n fotogalery op die webwerf www.kalaharibulletin.co.za.
CHRISTOFF LOUBSER en Carli Brandt het met dié wals die walsafdeling gewen.
GERBER VAN ROOYEN en Nicola van Niekerk dans die jive.
NIKI KOTZE en Charl Koortzen doen die wals.
JOHANRI PAPENFUS en Fourie van Zyl in aksie in die ope afdeling.
Foto’s: Lizette Slabber
RIAN RAUTENBACH en Anica Prinsloo was die algehele wenners.
MARZANNE JANSE VAN RENSBURG en Adri du Plessis was algeheel tweede.
FAAN LERM en Karien Janse van Vuuren het dié dans behoorlik geniet.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
Dié wyn perfek vir elke geleentheid MET ’n mens se eerste paar gereelde besoeke aan die wynlande van die Oranjerivierwynvallei begin die versoeke instroom van wynmakers en -liefhebbers wat nie die voorreg het om daardie lieflike wêreld gereeld te besoek nie: Bring vir ons ’n paar bottels van die Oranjerivier-wynkelder (OWK) se Colombard. Waarom? Want dié wyn is een van die versteekte juwele van die Suid-Afrikaanse wynkroon. Aanplantings van colombard, eens volop oor die Kaapse wynlande heen, het die afgelope paar dekades afgeneem soos die wynbedryf meer modieuse kultivars bevorder het. Maar in die Oranjerivierstreek, waar die uitgestrekte wingerde van die OWK lê, is die druifsoort nog volop en word van die land se aangenaamste, verfrissendste en suiwerste wit wyne gemaak. Diegene wat dalk die tyd van die jaar in die Upington-streek – tuiste van die OWK – is, kan die colombard-wingerde nie misloop nie. Dit is dié met die groot, driehoekige trosse wat van die groen stokke met hul welige, groen blaarkleed hang, byna soos ’n Bybelse toneel van
landbouvrugbaarheid. Die heerlike, sonnige klimaat van die Oranjerivier-wingerdgebied en die diep, vrugbare grond aan die oewer van die land se grootste rivier bied die ideale toestande vir die colombard-druif om perfek ryp te word sodat die wynmakers gehalte-vrugte het om mee te werk. In die OWK se vyf kelders – geleë op Upington, Kakamas, Keimoes, Grootdrink en Groblershoop – word die colombardwyn berei om die skoon essensie van die vrug vas te vang: Die sap gis in koel omstandighede met geen houtveroudering nie, want die wynmakers se doelwit is om die suiwerheid van die druif aan die wyndrinker te bied. Die resultaat is ’n onopgesmukte, vrugtige, droë witwyn met die perfekte balans tussen ’n verfrissende skoon suurstruktuur en vol, lipklaplekker geure wat die drinker aan verskeie vrugtesoorte sal herinner. Gedink dit is net die wyn-
kundiges wat geure soos peer, lietsjie en pomelo in ’n wyn proe? Wel, proe ’n glasie koue OWK Colombard en jy sal beslis die geure self identifiseer, en wie weet: Miskien is dit jou eerste stap tot die ryk van wynkenners. Maar nes al die wyne in die OWK-reeks is die Colombard gemaak om te drink en te geniet. Langs die kampvuur, op ’n piekniek, of sommer net wanneer die dors na ’n glasie goeie wit wyn toeslaan. Die wyn is heerlik vir daardie stil, eensame oomblikke van rustigheid en kan geniet word met ’n verskeidenheid kosse soos braaihoender, vis, Thai-geregte en soesji. Teen die sakpasprys van R27 (voorgestelde kleinhandelprys) is daar sommer ’n bykomende rede om die OWK se Colombard deel van jou inkopielys te maak. Die OWK-wynreeks is oor die land heen verkrygbaar. Onthou ook om by die kelder ’n draai te maak wanneer jy in die omtrek is. Soos die OWK-mense sê: “Ek wag vir jou hier by die rivier”. Vir meer besonderhede besoek www.orangeriverwines.com.
VAN links is Marianke May (spankaptein), Alyssa Ekkerd (Rai sing Hopespan), Christie Schalekamp (Kultuurdiere) en Benna Nieuwoudt (raakrugbywenners van die Raising Hopespan).
Foto: Verskaf
Leerlinge stap saam vir Kansa TWEE spanne van die Hoërskool Upington het aan vanjaar se Kansa Relay for Life deelgeneem en kan nou met drie trofeë spog. Die Uppies Raising Hope-span en die Uppie-kultuurdiere het gewys gees, omgee en entoesiasme is deel van die Uppie-kultuur. Hulle het blik geskud, broodjies gemaak, gestap, gedans en gesing alles ten bate van Kansa en só gewys dat Uppies uithouvermoë, passie, positiwiteit, integriteit, entoesiasme en
spangees het. Teen Sondagoggend vroeg was hulle steeds aan die gang en hierdie uithouvermoë het gehelp dat hulle heelwat geld vir Kansa kon insamel, maar ook dat hulle drie trofeë kon verower. Die Kultuurdiere het die geesbeker gekry, terwyl die Raising Hope-span as beste jeugspan onder leiding van Marianke May aangewys is. Hulle is ook as die raakrugby-wenners aangewys.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
Hospitaal byna voltooi Lecrecia Prins
Nuwe gelukbringer bekend gestel DIE Hoërskool Duineveld spog met ’n splinternuwe gelukbringer. Saam met die nuwe gelukbringer is van links Hanro Visagie (eerste rugbyspan), Hendrik en Jeanetta Kies (borge) en Christiaan du Plessis (eerste rugbyspan).
Foto: Verskaf
Raak die pad byster
Veterane vergader DIE Nasionale Beweging vir Militêre Veterane hou Sondag ’n massavergadering in die Danie Kuysstadion. Veterane moet hul magsnommer, identiteitsnommer en kontaknommers saambring. Bel Mattheus Mouers by 074-995-9782, Don van Staden by 079-1677777 of Bernard Cloete by 079-158-0884.
‘n KONSTRUKSIEVRAGMOTOR van Ludickgrondverskuiwers het verlede Maandag van ’n brug by Kanoneiland afgetuimel en op ’n klipbank beland. Volgens Hein Ludick (eienaar) het die vragmotor se ewenaarslot op die brug begin lol en veroorsaak dat die vragmotor na links geswenk en deur die veiligheidsversperring gebars het. Die bestuurder, Hendrik Wiese, is ongedeerd, maar was geskok. “Hy het darem net ’n bietjie suikerwater nodig gehad,” het Ludick gister gesê. Links is Hein Ludick en sy werknemer Johannes Makobe by die vragmotor wat van die brug afgetuimel het. Foto: Anena Burger
DIE bouwerk aan die nuwe hospitaal op Upington is 98% klaar, sê die gesondheidsdepartement. Die datum vir die verhuising van die Gordonia-hospitaal na die nuwe hospitaal is nog nie vasgestel nie. Dié hospitaal gaan 17 eenhede hê wat ’n neonatale hoësorgeenheid en eenhede vir spraakterapie en arbeidsterapie insluit. Lulu Mxekezo, woordvoerder van die provinsie se gesondheidsdepartement, sê die eenhede sal geleidelik geopen word. “Die departement werk nou aan die verkryging en aanbring van kliniese apparaat. Die ou hospitaal sal vir mediese hulpdienste gebruik word.” Vroeër is bespiegel dié gebou kan as satellietkampus vir die Noord-Kaapse universiteit dien. Die departement bepaal nog hoeveel personeellede nodig sal
wees om die nuwe hospitaal heeltemal aan die gang te kry. Gesprekke oor die naam word ook gevoer. ) In haar provinsiale rede het Grizelda Cjiekella, waarnemende premier, gesê die nuwe hospitaal op Upington sal in die derde kwartaal voltooi wees. Cjiekella sê die regering het in gesondheidsinfrastruktuur en beter diens belê deur gesondheidsentrums op te rig en ambulanse te verskaf. “Altesaam 29 mobiele klinieke, 47 satellietklinieke, 130 klinieke en 33 gemeenskapgesondheidsentrums verskaf basiese gesondheidsdienste. Die hospitaalinfrastruktuurtoelae is toegeken om voorsiening te maak vir die opknapping, instandhouding van gesondheidsgeriewe en bou van nuwe hospitale in die provinsie. Tot dusver is die ontwerp van die Kuruman- en Postmasburghospitale ook aan die gang.
Iets van als op dag MET 45 stalletjies waarby handgemaakte dekorprodukte vir die huis, souse, speserye, vars produkte, ingelegde produkte, konfyte en brode vir die kombuis, braaivleis, kerrie-en-rys, pasteie, pannekoek en worsbroodjies vir die honger mae gekoop kan word, kan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington se DBV-markdag beslis nie misgeloop word nie. Saterdag van 10:00 tot 18:00 vind ’n heerlike markdag in Kwessiestraat af oor die kanaal aan die linkerkant van die ou
Heyns-boerdery plaas. “Kom eet spookasem, drink gemmerbier en onderneem ’n heerlike wandeling tussen die stalletjies deur terwyl jy jou huis kan versier, jou koskaste kan volmaak en vir ’n dag nie hoef kos te maak nie. Met 45 stalletjies is daar vir seker iets om in almal se smaak te val,” sê Sharon Minders, voorsitter van die DBV. Rig navrae aan Minders by 072229-7392 of Mary-Anne Miskey by 082-783-9472. Vir navrae oor stalletjies bel Maritsa van der Merwe by 083-542-0556.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
G.G. Moseki Aandag:LP Cloete Eienaar van 93 Corolla 1300 reg.BYY930NC.Indien voertuig wrak nie teen 20/3 af gehaal word nie,sal wrak verkoop word om kostes uitstaande (R13 000) te verhaal.Kontak 054 441 0064
INDRUKWEKKENDE 2slaapkamer dubbelverdiepinggrasdakhuis met groot tuin, besproeiing en onderdakparkering. R7 000 p.m. water uitgesluit. Koopkrag. Beskikbaar 25 Maart 2013. Skakel Ettian van Zyl 082 882 4943.
INDIEN MNR FH SWANEPOEL nie binne sewe (7) dae na hierdie kennisgewing sy tweerigtingtoerusting by Kuruman Radio kom afhaal nie, sal dit verkoop word om onkoste te dek.
In die boedel van wyle Gomotsanyang Gibson Moseki, identiteitsnommer 640921 5779 080, van Pholoholostraat 53, Mothibistad 8474, boedelnommer: 10149/2011. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 15 Maart 2013 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Mafikeng en van die Landdros, Mothibistad. Geteken in Kuruman op die 27 dag van Februarie 2013. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.
1-SLAAPKAMER-woonstel te huur teen R5 000 p.m. Water en ligte ingesluit. Skakel 083 448 9125. H12-DIESELENJIN te koop. Moet 'oorgedoen' word. Enjin pas by H100 Hyundai-bakkie. Skakel 072 358 3613.
LARGE ONE-BEDROOM flat. Situated close to shops and in a beautiful garden setting. Secure parking with electric gate, R4 500 p.m. 072 492 4144.
TREADMILL TE KOOP: R3 000. Skakel 083 448 9125.
Duvenhage & Van Der Merwe Ing.
OPREGTE SWART LABRADOR-hondjies: R650 elk. 8 weke oud en ingeënt. Skakel 084 651 3000.
053 712 1961 053 712 2068
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. ERF TE KOOP PER TENDER
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
Columbia Carpets/ Blinds
Onbeboude Erf geleë in Bearestraat, Kuruman, groot +- 780 vierkante meter, te koop per tender. Eiendom is gesoneer vir sakedoeleindes. Koper moet opmeting en onderverdeling op eie koste doen. Tenders in Rand moet ingedien word by Duvenhage & Van der Merwe Ingelyf, Prokmedsentrum, Hoofstraat, Kuruman, in 'n verseëlde koevert voor of op 3 April 2013 om 12:00. Die hoogste of enige tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Die suksesvolle tenderaar, indien enige, sal teen Vrydag 12 April 2013 in kennis gestel word. Volledige verkoopsvoorwaardes is beskikbaar by Duvenhage & van der Merwe Ingelyf. Tel. 053 712 1064/5/6 Faks: 053 712 0569 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za Skakel Fanie van Zyl: 053 712 1064 of 072 376 3143.
PLAAS TE KOOP PER TENDER DIBENG/KORANNABERG-OMGEWING
Tenders word ingewag vir die verkoping van:
DIE RESTANT VAN DIE PLAAS LYMINGTON 423 GELEË IN DIE AFDELING KURUMAN GROOT: 1 722,2960
HEKTAAR
Tesame met +- 40 springbokke, +- 40 blesbokke, +- 15 gemsbokke en 'n paar volstruise. Die eiendom is verbeter met 10 kampe, 2 toegeruste boorgate, hanteringsgeriewe, 'n woonhuis en buitegeboue. Tenders moet gedoen word in Rand per hektaar plus BTW en moet ingelewer word in 'n verseëlde koevert by die kantore van Duvenhage & Van der Merwe Prokmedsentrum, Hoofstraat, voor of op Maandag 18 Maart 2013 om 14:00. Die suksesvolle tenderaar, indien enige, sal in kennis gestel word teen 25 Maart 2013. Die hoogste of enige tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Volledige verkoopsvoorwaardes is ter insae by Duvenhage & van der Merwe, Prokmedsentrum, Kuruman. Navrae: Fanie van Zyl 053 712 1064/5/6 of 072 376 3143 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za Posbus 63 Kuruman 8460.
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
EIENDOMME
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. FLORCARE-MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse. (Aubrey 072 747 1991 HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon-maak teen die beste prys! (Aubrey 072 747 1991. SUKKEL JY? BEL VIR TOBIE! Noem dit en ek doen dit! 'Dry walls', plafonne, teëls, verf, muurpapier, plaveisel, ens. Skakel 072 056 6504 of 053 712 2338. junox109@gmail.com
DE HOEK OORNAGKAMERS KURUMAN. R300 per nag. Skakel Dirk 079 877 7134.
RUSTLER: 2000. R29 500. 1996 Rustler: R27 500. 1987 Cortina: R18 500. Phone 071 967 0285. TOYOTA: 1995. R45 000. 1995 Mazda: R28 500. 1994 Courier: R22 500. Phone 071 967 0285.
BMW: 1995. R17 500. 1985 Ford: R14 500. 1986 Audi: R14 500. Phone 071 967 0285. FIESTA: 2005. R45 000. 1998 Jetta: R27 500. 1995 Astra: R23 500. Phone 071 967 0285.
SOEK, KOOP, VERKOOP
11
856-HA-PLAAS tussen Kuruman en Daniëlskuil. Goeie weiding met 6 kampe en goeie hanteergeriewe. Skakel Coenie 072 209 5151.
BETROUBARE persoon gesoek vir oprigting van skadunette. Moet oor tegnie-se ondervinding en eie vervoer beskik. Salaris onderhandelbaar. Skakel Dorothy 082 948 2032. SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine
Finsch Diamond Mine is located in the town Lime Acres which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.
Applications are invited from suitably qualified applicants who will be responsible to manage and supervise construction work of contractors and site agents/foremen undertaking such work under contract to the Mine. Tasks and responsibilities: • Oversee the contractors working within area of responsibility • Be responsible for the on-site coordination, quality control, supervision and progress reporting of civil, mechanical and structural work done within area of responsibility • Monitor and control contractor performance according to plans and contracts • Perform on the job audits comparing work in progress against contractual requirements • Perform final handover inspections of completed work • Conduct inspections to ensure compliance with safety and housekeeping standards • Develop and submit ongoing action plans • Initiate orders for materials required in order to execute work • Monitor waste control and environmental aspects. Minimum requirements: • Qualified Artisan with 5 years’ experience • Code 08 (EB) driver’s licence • 5 years’ supervisory experience at a Foreman level • Computer literacy • Project management training will be an advantage. Other skills/competencies: • Decision making • Good verbal and written communication in English • Ability to function in a team and work independently • Commitment to upholding and enforcing company safety, production and policies. (Ref. FINSCH061)
Senior Stores Controller The successful candidate will be responsible to manage the operational activities and material requirement planning processes of the Supply Chain section. This includes the store areas on surface and underground as well as the explosives yard. Tasks and responsibilities: • Manage all operational staff reporting to issuing, receiving and consignment stock functions • Material requirement planning • Maintain safety and housekeeping standards and ensure adherence to Safety, Security, SHE and Company policies, procedures and legal requirements. Minimum requirements: • Grade 12 • Degree or diploma in Supply Chain or Logistics • Valid Code 08 driver’s licence • Computer literacy • 5 years’ experience in a Supply Chain environment • Materials planning experience. Other skills/competencies: • People skills • Ability to analyse and interpret information • Customer relationship building skills • Sound written communication skills. (Ref. FINSCH063)
Occupational Hygiene Officer The candidate will be responsible to initiate, assist, advise, investigate, audit and over-inspect the Occupational Hygiene and Ventilation system and associated activities within Finsch Mine. He/she will also monitor compliance in conjunction with the requirements of relevant statutory legislation and applicable Occupational Hygiene and Ventilation Programmes. Tasks and responsibilities: • Ensure inspections and reports are conducted on all matters concerning Occupational Hygiene/Ventilation • Investigate all incidents which may occur relating to Occupational Hygiene/Ventilation • Assist in internal/external audits • Coordinate Occupational Hygiene/Ventilation in the workplace • Liaise with legislative bodies and interested and relevant parties. Minimum requirements: • Grade 12 with Mathematics and Science • Chamber of Mines Air Quality Analyst/Practical Certificate • Chamber of Mines Intermediate Certificate in Mine Environmental Control • Valid Medical Certificate or fit enough to obtain one • Code 08 (B) driver’s licence. Other skills/competencies: • Independent, proactive thinker • Ability to do own job planning • Work overtime, be on standby and be available for call-outs should the need arise • Good communication and report-writing skills • Computer literacy. (Ref. FINSCH062) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualifications and ID, to E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 659 1334. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. Closing date: 20 March 2013. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za
Human Communications 96961
BETREKKINGS
Engineering Foreman (1-year fixed-term contract)
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
BETREKKINGS Opportunities with a Listed Chemical Production and Export Company. DELTA EMD, a global supplier of ELECTROLYTIC MANGANESE DIOXIDE (EMD) used primarily for the manufacture of dry cell batteries, has its manufacturing plant located in Black Rock, South Africa. We now have this opportunity for a hands-on assistant at our operation in Black Rock, Northern Cape Province:
FITTER ASSISTANT THE ROLE
DIE atlete van die Laerskool OranjeNoord wat aan die SuidAfrikaanse atletiekbyeen koms vir laerskole gaan deelneem, is van links Jannie Visser, Marí Slabber, Brenda du Toit en Handré Bruwer. Afwesig: Melinke Blaauw. Foto: Lizette Slabber
He/she will also need to control costs within the budget. The role involves being on standby and working overtime on short notice, as well as during annual shutdowns.
conveyors, mills and crushers, as well as pressure vessels, hydraulics and lubrication systems • Basic tool handling and welding skills • The ability to read and understand mechanical drawings • A valid Code EB driver’s licence • Computer literacy • Medical fitness to comply with the Code of Practice on Minimum Standards of Fitness to perform work at Delta EMD (SHEQ/04).
ESSENTIAL REQUIREMENTS
ESSENTIAL ATTRIBUTES
VYF leerlinge van die Laerskool OranjeNoord is op die Noord-Kaapse atletiekbyeenkoms vir laerskole in Kimberley gekies om dié naweek op Sasolburg aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms vir laerskole deel te neem. Jannie Visser gaan aan die diskusgooi
Reporting to the Maintenance Team Leader, the successful candidate will be responsible for the maintenance of plant, machinery and equipment with the aim of improving production throughput and plant uptime.
KEY AREAS OF ACTIVITY
• A Matric or minimum N3 qualification • Relevant qualifications as semi-skilled Fitter • 2 years’ experience in heavy industrial environment, especially with piping, cranes,
• A teamwork orientation, with good communication skills • Problem-solving ability • Flexibility and the ability to work under pressure
A highly negotiable market-related remuneration package is on offer. Human Communications has been designated to handle all responses. Please forward your application, quoting the reference number 97011, to manganese@humanresponse.co.za or fax: 086 686 1130. Alternatively, apply online at www.humanjobs.co.za Closing date for applications: 22 March 2013 For more information on Delta EMD, please visit www.deltaemd.com Human Communications 97011
www.humanjobs.co.za
VEILINGS
Vyf op pad na SA’s Lizette Slabber
deelneem, terwyl Marí Slabber gekies is om aan die hoogspring- en 70 m-hekkiesnommer deel te neem. Brenda du Toit gaan aan die 80 m, 100 m en die verspring deelneem. Handré Bruwer gaan aan die gewigstoot en die hoogspring deelneem, terwyl Melinke Blaauw aan die gewigstoot gaan deelneem.
Skole pak mekaar Saterdag UPINGTON. – Grey-kollege, die Hoërskool Upington, die Hoërskool Keimoes en die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas pak mekaar Saterdag op die rugbyveld. Die Hoërskool Duineveld, wat as die gasheerskool optree, Upington, Keimoes en die HMO gaan almal wedstryde teen verskillende spanne van Grey-kollege speel. Die tennisspanne slaan reeds Vrydag af. Netbal- en hokkiewedstryde word ook gespeel. Saterdag om 07:30 sal die rugbywedstryde begin. Wedstryde vind plaas op Duineveld en
die Laerskool Oranje-Noord se sportterreine. Die hoofwedstryd sal om 13:40 op Duineveld se veld begin. Vrydagaand is daar in Duineveld se Noordsaal ’n sokkiejol vir al die leerlinge van Duineveld en Grey. Duineveld se Ondersteunersklub bied ook ’n verwelkomingsgeselligheid vir die besoekende skole se afrigters en genooide borge in die skool se klubhuis aan. Ouers, leerlinge, besoekers en belangstellendes word genooi om ’n naweek van pragsport te kom geniet.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
15
Duineveld is baas
JAYD VAN ZYL slaan teen sy teenstander van die Hoërskool Diamantveld af. Foto’s: Verskaf
ELMONÉ BOTHA moker die bal na haar teenstander van Dia mantveld terug.
DIE Hoërskool Duineveld se tennisspelers het op Vrydag 1 Maart teen die Hoërskool Diamantveld van Kimberley tennis gespeel. Die eerste agt seuns en meisies op die ranglys is vir die kragmeting teen Diamantveld gekies. Duineveld het die toernooi met 13-11 gewen.
DIE skuts van die Hoërskool Upington wat aan die skoleskietkompetisie in Kimberley deelge neem het, is van links, voor: Raynardt Stasch, Christine Becker en JanHendrik Boshoff; agter: Jandré Steenkamp, Michael Becker en Derik Steenkamp. Foto: Verskaf
Dié skuts kán korrel
OP die skole se skietkompetisie op Kimberley het die skuts van die Hoërskool Upington nege medaljes gewen. Michael Becker het twee goue medaljes gewen, terwyl Jandré en Derik Steenkamp onderskeidelik ’n silwer- en
Presteer op die tennisbaan CONNIE CONRADIE (links) en Duncan McGregor van die Hoërskool Duineveld het op Saterdag 2 Maart in Kimberley vir die NoordKaapse tennisspan teen Noordwes gespeel. Duncan het vier van sy vyf wedstryde gewen en Connie het drie van sy vyf wedstryde gewen. Foto: Verskaf
Morné blink in hokkie uit
MORNÉ DLEPHU
Foto: Verskaf
MORNÉ DLEPHU, ’n o.14-hokkiespeler van die Hoërskool Upington, is genooi om Elsie Coetzer se elite-afrigtingskursus in die Aprilvakansie by te woon. Morné is op die eerste afrigtingskliniek wat deur Elsie aangebied is
as speler van die kursus aangewys en op die pas afgelope kursus as speler van die sessie nadat hy 10 doele aangeteken het. Hy is verlede jaar as die Primêre Skool Op die Voorpos se beste senior hokkiespeler aangewys.
bronsmedalje gewen het. Jan-Hendrik Boshoff het ’n goue en bronsmedalje gewen en Raynardt Stasch het ’n silwermedalje huis toe gebring. Christine Becker het ’n goue en ’n silwermedalje gewen.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 MAART 2013
Brenda wys sy kan BRENDA DU TOIT van die Laerskool Oranje-Noord is op die Noord-Kaap-atletiekbyeenkoms vir laerskole as die beste meisiesatleet algeheel op die byeenkoms aangewys. Sy het daarby ook twee goue en een silwermedalje gewen. Sy het goue medaljes vir meisies o.10 in die 100 m en verspring gewen en ’n silwermedalje vir die 80 m.
BRENDA DU TOIT
Swaai raket vir NK SES van die Laerskool Oranje-Noord se tennisspelers is op die Noord-Kaapse tennisproewe in Kimberley gekies om deel van die Noord-Kaapse tennisspan te wees. Lieben Engelbrecht, Johanré Terblanche en Lombard Conradie is vir die o.9-span gekies. Lieben was eerste op die ranglys met Johanré tweede en Lombard vierde. Stefan Joubert was eerste op die ranglys in die
o.10-span. Ian Erasmus was vierde op die ranglys in die o.11-span en Melisa van Zyl is vir die meisies se o.12span gekies. Lieben, Johanré en Lombard het op 2 Maart in Kimberley vir die Noord-Kaapse span teen die Noordwestennisspan gespeel en die Noord-Kaapse span het al sy wedstryde gewen. Ian Erasmus het as deel van die Noord-Kaapse span teen Noordwes en die Boland gespeel.
VAN links is Lieben Engelbrecht, Lombard Conradie en Johanré Terblanche. Inlas: van links is Stefan Joubert, Ian Erasmus en Melisa van Zyl. Foto’s: Lizette Slabber