Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman,Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg
Upington
20 JUNIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS TEL. 0543313482
Verspot op speletjiesdag DIE Laerskool Sentraal op Kaka mas het ’n prop vol kwartaal vol belangrike skool aktiwiteite met ’n heerlike verspotte speletjiesdag af gesluit. Wian van Zyl (links) en Lley ton Taylor pro beer elkeen om ’n kussinguitklop hou in te kry. Sien nog foto’s op bl.9. Foto: verskaf
Theresa hou naam hoog
Wys in kookkompetisie NK kan by enigiemand kers vashou Lizette Slabber
ONS wêreld is lankal bekend vir sy unieke tradisionele kosse soos skuinskoek, roosterkoeke en njammas en danksy Theresa de Vries van Brandvlei weet die res van Suid-Afrika dat niks by die Noord-Kaapse kokke en hul tradisionele kos kan kers vashou nie. Theresa kook al van 11 April saam met die ander kokkedore op kykNET se program Kokkedoor. Dit is ’n werklikheidsprogram waar tien kinkelkokke en tien onthoukokke elke week ikon-geregte kook en só met hul nostalgiese geregte kykers terugneem na Ouma se
kombuis en die lekker eet van toentertyd. Theresa en die kokkedore het in Februarie en Maart op Prins Albert in die Kokkedoorstoor se kombuis gekook om as die kykNET-Kokkedoor van 2013 aangewys te word. Sy het op die nippertjie op die advertensie gereageer en is uit meer as 1 000 inskrywings vir ’n oudisie genooi. “Die oudisie was ’n ervaring op sy eie, want dit was vir my fantasties dat daar mense was wat net so fanaties oor tradisionele kos is soos ek.” Theresa het skuinskoek en suurdeeg na die oudisie geneem en die beoordelaars was in ekstase oor veral die suurdeeg. “Hulle het glad
nie suurdeeg geken nie . . . en daar besorg die oudisie my die bynaam tannie Skuinskoek.” Volgens Theresa was dit moeilik om gewoond te raak aan die kameras wat om die kokkedore gedraai het. “Dit was moeilik om te konsentreer as ’n kamera opduik en ’n vraag uit die bloute gevra word, maar later het dit makliker geraak.” Die deelnemers het goed oor die weg gekom en daar is selfs resepte uitgeruil. Hulle het op ’n plaas gebly waar geen elektrisiteit was nie en vir die deelnemers was dit soms moeilik om soggens mooi genoeg te lyk vir ’n dag van kook in die Kokkedoor-stoor. “Sommiges het al 04:00
opgestaan om die betroubare blou krullers in die hare te sit sodat ons darem respektabel kon lyk. Maar ons is ook lekker met manikure, pedikure en masserings bederf.” Theresa sê sy het die hele ervaring vreeslik geniet omdat die konsep vir haar ’n dryfveer was. “Ek wou wys dat ons wat van die NoordKaap kom op ’n gelyke vlak met enigiemand op enige plek in die land kan meeding. Dis nou buiten vir die taal en uitspraak wat soms tot groot vermaak vir die span gelei het.” ) Sien foto’s van Theresa se Kokkedoor-ervaring op bl. 3 en kry haar melksnyselresep waarmee die ergste koue verdryf kan word.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
Groot eer 2de keer vir lughawe Anena Burger DIE Internasionale Lughawe Upington het die tweede jaar die eerbewys as beste streeklughawe in Afrika in die kategorie 0 tot 2 miljoen passasiers ontvang. Die eerbewys is deur die Internasionale Lughaweraad (ACI) vir Diens en Gehalte aan Upington toegeken. Esmaralda Barnes, oudbestuurder van dié lughawe, en nou die nuwe bestuurder van die Internasionale Lughawe Bram Fischer in Bloemfontein, het die eerbewys namens die lughawe op ’n glansgeleentheid in Istanboel ontvang. Sowat 200 lughawens van oor die wêreld heen neem sedert 2006 jaarliks aan die opna-
me deel. Die Internasionale Lughawe Upington ding op internasionale vlak mee in ’n groep met lughawens soos Guayaqui in Suid-Amerika, Southampton in Brittanje, Bram Fischer in Bloemfontein en Kimberley. Die lughawens word met ’n puntetelling van vyf gegradeer. Die opnames word deur die ACI gedoen. Oudits word kwartaalliks op persele uitgevoer. Daarna word die resultate verwerk en in Switserland deur die ACI geëvalueer. Die proses word deur ’n eksterne maatskappy gedoen om deursigtigheid en regver-
digheid te verseker. Barnes het trots uit Istanboel gesê: “Dankie vir die geleentheid wat aan my gegun is om die lughawe tot die hoogtes te kon bring. “Dit is regtig ’n eer.” Sy sê die warmte van die Upingtonners wat haar van hul gemeenskap deel gemaak het, het haar net aangespoor om nog harder te werk sodat hulle die soort erkenning kon kry. Barnes is deur Bangani Maseko, besturende direkteur van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa), Busi Mazuka, voorsitter van die Acsa-direksie, en Deon Cloete, hoofbestuurder van die Internasionale Lughawe Kaapstad, na die prestigegeleentheid vergesel.
Jeug bly agterweë Charné Kemp
Geniet vermaaklike konsert DIE NG kerk UpingtonOos het op 7 Junie vir Sonja Herholdt en Tjokker die hond genooi om al die kleuters van Upington te vermaak. Al die omliggende kleuterskole is genooi om dié geselligheid by te woon en die kleuters was mal oor Sonja en veral Tjokker se manewales. Die kleuters het lekker saam met die liedjies gesing. Leerlinge van die Kabouterlandkleuterskool het ook die geselligheid bygewoon en het ná die tyd foto’s saam met Sonja herholdt geneem. Foto: Verskaf
Uitbuiting met krediet ontbloot André Botha DIE Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het in ’n gesamentlike optrede met die polisie 13 kredietverskaffers in die Siyanda-
streek in hegtenis geneem nadat meer as 5 000 pensioenkaarte onder meer by hulle gekry is. Nomsa Motshegare, uitvoerende hoof van die NKR, sê die optrede op Upington,
Keimoes, Kakamas en Groblershoop se fokus was om kredietverskaffers vas te trek wat onwettig pensioenkaarte, bankkaarte, identiteitsdokumente en persoonlike identi-
5/24
3/21
1/21
NW-15
W-15
NW-15
teitsnommers (PINnommers) van hul kliënte as sekuriteit hou. “Dit is ’n oortreding van die Nasionale Kredietwet en ’n misdaad.” Altesaam 32 kredietverskaffers in die streek is ondersoek. Die ondersoekspan het 5 453 pensioenkaarte, 130 identiteitsboeke en 1 720 bankkaarte in die verdagtes se besit gekry. Motshegare het gesê dié optrede is beslis nie die laaste teen kredietverskaffers wat die Kredietwet oortree nie. Altesame 63 mense is in dié optredes in hegtenis geneem.
DIT is jammer dat die jeug, te midde van Jeugdagviering, nie eintlik die voordele van hul vryheid kan geniet nie. Andrew Louw, DA-leier in die NoordKaap, het Maandag op Upington gesê hoewel soveel jong mense toegang tot onderwys het, is hulle nie bemagtig genoeg om ekonomiese voordele daaruit te put nie. Die DA het ’n pretdag op die dorp gehou waarop die party se provinsiale voorsitter, Harold Mcgluwa, aangedring het dat ’n nasionale jeugsubsidie onmiddellik in werking gestel word. Louw het gesê werkloosheid vir 15- tot 34-jariges het in 2011 op 35% gestaan. “Die Noord-Kaapse werkloosheidkrisis is grootliks ook die jeug se krisis. Ons regering is onbekwaam en kan nie geleenthede vir ons jeug skep nie. Daar is vele voorbeelde. Daar het niks gekom van die digitale toegang tot internet in die John Taolo Gaetsewe-streek nie. Die regering het in plaas daarvan eerder sowat R160 miljoen aan die Maloof Money Cup en ander projekte bestee. “Daarom het die meerderheid van Noord-Kapenaars nie toegang tot die internet nie. Hulle kan dus nie die vaardighede van die digitale era aanleer nie. “Slegs 350 jong mense in die provinsie vind baat by ’n opleidingsprogram wat aan ’n ekonomiese geleentheid gekoppel is. Die ander programme is net die aanleer van vaardighede wat hulle reeds het. Dus word sowat R23 miljoen in die water gegooi. Die ANC-regering se ekonomiese beleid maak dit baie moeilik vir jong mense met goeie opleiding om werk te vind. “Die DA het in die Wes-Kaap bewys hoe geleenthede vir jong mense met digitale opleiding in openbare en private vennootskappe ontsluit word. Daar word baie geld in nie-regeringsorganisasies gepomp wat werklike werkgeleenthede skep. Ons het ook nie daar op ons laat wag om soortgelyke projekte van die jeugsubsidie in werking te stel nie. Die DA wil ’n boodskap van hoop aan Noord-Kaapse jeugdiges uitdra. Die jeug word hier agtergelaat deur ANCkamerade wat hulself verryk eerder as om die jeug te help,” sê Louw.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
3
Kokkedoor se resep THERESA DE VRIES het spesiaal haar melksnyselsresep met die Kalahari Bulletin gedeel. “Daar is niks wat jou só ’n lekker warm gevoel op die maag gee as melksnysels nie. “Daarom deel ek dit graag. Baie mense het hul eie weergawe, maar hier is myne.” 250 ml koekmeel 15 ml botter ½ teelepel sout koue melk
THERESA en haar spanmaat Ida hard aan die werskaf in die Kokkedoorstoor.
Foto: Verskaf
VLV leer haar van kos Lizette Slabber THERESA DE VRIES, een van die deelnemers aan die kykNET-program Kokkedoor, het op skool glad nie in kosmaak belang gestel nie. Die kookgogga het haar eers gebyt toe sy huishoudkunde as vak geneem het. “My ma was ook ’n groot inspirasie. Sy het gebak en spyseniering gedoen. By haar het
ek al die basiese vaardighede geleer. Skoonma en Kook en Geniet het ook gehelp.” Theresa beskou haar aansluiting by die Vroue-Landbouvereniging (VLV) as een van haar beste besluite. By die VLV het sy geleer hoe om produkte skougereed te kry en meet steeds haar produkte aan die standaarde. Theresa se man is ’n vleis-, rys- en-aartappelman en daarom maak sy nie verskriklike
moderne kos nie, maar “as ek onthaal, ruk ek ’n spesiale haas uit die hoed. Ek is baie lief vir bak en enige deeg is my passie. Dit is vir my terapeuties om met deeg te werk”. ) Hoe voel jy oor tradisionele geregte of het jy dalk ’n lekker tradisionele resep wat jy met ons wil deel? Gaan lewer kommentaar of deel jou resep by www.facebook.com/kbulletin.
Meng die sout en meel en vryf die botter in. Maak met DE melk aan tot stywe THERESA rolbare deeg. Rol VRIES in die Kokke deeg baie dun uit en doorstoor. strooi mildelik met koekmeel. Rol op soos rolkoek en sny in baie dun repies. Skud die repies los van mekaar. Kook 1½ -2 liter volroommelk waarby 4 groot stukke lemoenskil of pypkaneel gevoeg is en voeg die snysels by. Kook tot sag, gaar en dik. Verwyder die skil of kaneel en strooi met kaneelsuiker of wit suiker. As jy lemoenskil gebruik, voeg net gewone suiker by, maar kaneelsuiker is baie lekker. Wenk: Moenie dit te lank voor die tyd maak nie, want dit raak pap. As eiers by die deeg gevoeg word, is die snysels taai en glaserig, so laat liewer die eiers uit.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
OUERS kon saam met hul kleingoed foto’s neem om die spesiale dag mee te onthou. Van links is Os, Wium en Carin Strydom.
Foto: Suzanne Human
7
DIE personeel van die Ou Skool Gastehuis wat die Onse Kindersdag gereël het. Foto: Suzanne Human
Kinderdag suksesvol DIE Onse Kindersdag wat deur die Ou Skool Gastehuis op Neilersdrift aangebied is, was só ’n reuse-sukses dat die volgende Onse Kindersdag al vir 3 Augustus beplan word. Volgens Carin Strydom, bestuurder van die gastehuis, het die kinders van die begin tot die einde van die dag gelag. “Kinders het rondgehardloop en vir ure by die opvoedkundige speletjies vasgehaak. “Een ma het tot gekla dat sy
net vinnig na die stalletjies wou kom loer en nou sit sy al vir vier uur en wag vir haar kinders om klaar te speel,” sê Strydom. Kinders kon diere voer en streel, hulle is gewys dat ’n mens nie net groen jellie kan eet nie, maar dat dit wonderlike borrels blaas en selfs ’n skattejag is aangebied. En die ma’s kon rustig deur die stalletjies wandel of ’n ietsie eet terwyl die kleingoed met klei speel en na stories luister.
HOEWEL die dag beplan is om kinders op ’n opvoedkundige pret dag besig te hou, was daar tog ’n paar stalletjies wat vir grootmense bedoel was. Hier staan Juanita Jackson by haar stalletjie. Foto: Suzanne Human
The t n e d n e indep e h t f o voice y t i c r e Riv
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
Plaaslike nuus hier VOLGENS Christo van Staden, assistentredakteur van Volksblad verantwoordelik vir die groep se plaaslike koerante, volg die uitbreiding op Kathu op die groot sukses wat met die bestaande twee uitgawes van die Kalahari Bulletin behaal is. “Ons is bewus van die behoefte van gemeenskappe soos Kathu aan ’n plaaslike koerant wat in daardie inwoners se behoefte aan plaaslike nuus voorsien. “Ons voorsien ook in ’n belangrike behoefte van adverteerders wat nou blootstelling in al drie omgewings kry, omdat die advertensies in ’n groot mate deurgaans dieselfde in al drie die uitgawes is. “Ons sien uit daarna om ’n sterk nuuskoerant vir die mense van Kathu en omgewing uit te reik wat as hoofnuusbron en hoofadvertensiebron vir die inwoners kan dien.”
OP die bekendstel lingsgeleentheid van die Kathuuitgawe van die Kalahari Bulletin was van links Fergus Sampson, hoofbestuurder van Media24 Nuus, Ma dri Scheepers, ad vertensiekonsultant, Wilhelm Jooste, hoofbestuurder van Paarl Coldset in Bloemfontein, Tanya Aucamp, bestuurder: kommunikasie van Kumba Iron Ore se Sishenmyn, Johan na van Eeden, re dakteur van Volksblad, Ina Knott, hoof bestuurder van die Volksbladgroep, en Ilse Watson, joerna lis. Foto: Christo van Staden
Koerant kry 3de uitgawe André Botha NÁ die sukses van die Kalahari Bulletin op Upington en Kuruman was ’n volgende logiese stap om ’n uitgawe van die koerant op Kathu te vestig. “Kathu is lankal nie meer een van daardie plekke waar jy deurry op pad iewers heen nie. Kathu is nie meer net deel van ’n reis nie, dit het ’n bestemming geword,” het Johanna van Eeden, redakteur van Volksblad, hier op ’n bekendstellingsgeselligheid vir die Kathuuitgawe van die Bulletin gesê. Groot opgewondenheid heers in die Volksblad-groep oor die sukses van die Kalahari Bulletin, die jongste koerant in dié groep waarna ook verwys word as die Jong Leeu. Die Kalahari Bulletin op Kuruman is sedert 2007 een van Volksblad se plaaslike koerante in Sentraal-Suid-Afrika. Dit was voorheen die Kuruman Bulletin en is deur die groep gekoop as ’n belegging in die bloeiende Kuruman-Kathu-omgewing. Die koerant is, onder leiding van Annerie Louw, eerste re-
dakteur, en die verkoopspan omvorm in ’n interessante, kleurryke en genotvolle gemeenskapskoerant. In 2010 is die uitgawe op Upington begin om ook in lesers en adverteerders van daardie omgewing se behoeftes te voldoen. En nou het dié spogkoerant ook ’n Kathuuitgawe, die 13de plaaslike koerant van die Volksbladgroep. Die Kalahari Bulletin se Upington-uitgawe het reeds verskeie mylpale behaal. Dit is vroeër vanjaar op die Sanlam-eerbewysaand vir gemeenskapskoerante as een van die drie beste plaaslike koerante in die land aangewys. Die koerant is met die koms van die Kathu-uitgawe nou amptelik die grootste koerant in die Noord-Kaap met ’n drukoplaag van 28 000. Kalahari Bulletin Kathu en die Volksblad-
groep wil deel wees van die storie van Kathu, veral om die stories van die mense te vertel. “Want dit is wat ons doen – ons lê die geskiedenis vas, ons vermaak, voed op, speel die waghondrol en word ’n stem vir die gemeenskap. Ons bied ook adverteerders die geleentheid om met daardie gemeenskap te kommunikeer,” het Van Eeden gesê. Sy het die span van Kalahari Bulletin Kathu aan sakelui en belanghebbendes wat die geselligheid bygewoon het, voorgestel. Aan die advertensiekant is Madri Scheepers, ’n ervare advertensiekonsultant wat oorgeplaas is van die Volksblad-kantoor in Bloemfontein. Sy word redaksioneel bygestaan deur Ilse Watson, storieverteller en kind van die Kalahari. Watson het op Sishen grootgeword en het ’n passie vir die streek en sy mense.
Besoek die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) se flash mob.
Kitsroem vir HMO
DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas het “viraal gegaan”. Al die leerlinge van die HMO het op ’n sportdag tuis teen die Hoërskool Postmasburg net voor die hoofwedstryd aan ’n flash mob deelgeneem. ’n Flash mob is ’n verassingsdans waarvan ’n reuse-groep men-
se deel is. Net voor die hoofwedstryd het die leerlinge soos een man bymekaargekom en tot die groot verbasing van toeskouers aan die massadans deelgeneem. Volgens Barnie Mans, onderwyser aan die skool, het die flash mob ongelooflike gees en opgewondeheid by die skool veroorsaak en het
die geleentheid die dorp as ’n geheel saamgesnoer. Ná die opwindende vertoning het die eerste rugbyspan sommer oor Postmasburg se eerste span geloop. Die skool het die video van die flash mob op YouTube gelaai en nadat ’n verstommende aantal mense na die video op YouTube gekyk het, het Amoré Bekker van RSG
daarvan te hore gekom. Bekker het op 5 Junie ’n insetsel daaroor op Tjailatyd gedoen en die video is ook op RSG se webtuiste gelaai. Daarna is die video binne ’n paar uur 10 000 keer gekyk. Tydens die insetsel op RSG het Bekker gesê wat die video so spesiaal maak, is dat ’n hele skool en gemeenskap by só ’n aksie betrok-
9
Foto: Verskaf
ke is. Verder maak dit haar hart warm dat daar nog op die platteland skole is wat so goed funksioneer en uitsonderlik presteer. ) Gaan kyk na die video van die flash mob op www.kalaharibulletin.co.za en as iemand aan ’n mooi Afrikaanse woord vir flash mob kan dink, laat weet ons asseblief by www.facebook.com/kbulletin.
Pret en plesier DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het ’n heerlike speletjiesdag vir sy leerlinge aangebied om ’n propvol kwartaal mee af te sluit.
Al die leerlinge en onderwysers moes volgens die fliek Enchanted aantrek en daar is behoorlik op dié dag gespeel.
DIRKIE DE VOS is die Laerskool Sentraal se amptelike hoelahoep koning. Foto: Verskaf
DIE drie meisies maak reg om aan een van die danskompetisies deel te neem. Van links is FabriAnn van Rooyen, Sarlie Nel en Kyla Swiegers. Foto: Verskaf
GERHARD JANSE VAN VUUREN help vir Francois Theron om mooi met ’n blaaspyp en veerpyltjies te korrel. Foto: Verskaf
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
Vryfees is uniek in land Marietjie Gericke
DRIE besonderse aspekte laat die Vryfees bo ander kunstefeeste in die land uittroon, sê Roxanne Konco, bemarkingsbestuurder van die Vryfees. Sy sê: Dit is die enigste kunstefees in die land waarop produksies in toegeruste teaters aangebied word (nie in skoolsale nie). Vanjaar word ál die produksies op die Kovsie-kampus aangebied wat beteken ál die teaters is binne loopafstand van mekaar. Jy kan dus jou motor gratis parkeer en dit eers weer aanskakel nadat jy ’n hele dag lank alles gesien het wat jy wou. Die Vryfees is die enigste kunstefees waar jy nie toegangsgeld moet betaal om tussen die stalletjies op die kunstemarkterrein rond te drentel nie. Vir dié wat nie weet nie: Op ander feeste moet jy betaal om by die kos- en produkstalletjies te kom waar jy weer geld moet uithaal as jy wil koop en eet. Nuut op die fees Onder die nuwighede op vanjaar se Vryfees is die Township Arts Experience en ’n ware burlesk-produksie deur ’n SuidAfrikaanse geselskap wat ook internasionaal optree. Dié Big Top Burlesque toon met sang, musiek en dans die kuns van subtiele humor en prikkeling – dit is sensueel, vermaaklik, snaaks en baie sexy. Hoogtepunte Om hoogtepunte uit te lig bly ’n tameletjie, want soveel hoofde, soveel sinne. Maar ’n produksie wat op die KKNK die toets met ’n triomfantlike gejuig deurstaan het, is Laurika, Dorothy & Zoid: Liedjie vir jou. Van die land se topkunstenaars is hierby betrokke. Behalwe die drie sangers is daar Antjie Krog as teksskrywer, Anna-Mart van der Merwe as stemkunstenaar en
’n PRODUKSIE wat op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees die toets met ’n triomfantelike gejuig deurstaan het, is Laurika, Dorothy en Zoid in Liedjie vir Jou. Van die land se topkunstenaars is hierby betrokke.Foto: Verskaf
die instrumentaliste Melissa van der Spuy, Schalk van der Merwe en Henry Steel. Die produksie is ’n viering van Dorothy Masuka wat oor 60 jaar haar spoor in ons musiek-erfenis gelaat het. Ander beproefde hoogtepunte is die dansproduksie Spectacular Spectacular met onder andere
Shaleen Surtie-Richards (ja, jy lees reg), Droomland met Chris Chameleon en die Bloemfonteinse Kinderkoor en Steve Hofmeyr met sy beste liedjies die afgelope 25 jaar. Onder die dramas skop die varke modder in almal se gesigte. The three little pigs het pas die prys vir die beste drama op die
Woordfees ontvang, is gekeur vir die Edinburg-fees in Skotland en is vir verskeie pryse op die KKNK en Grahamstad-fees benoem. Maak ook regmerkies by Die Leo’s (met Sandra Prinsloo en Tobie Cronjé), Kanna hy kô hystoe (Adam Small se trefferstuk), Kinders van stilte (vertaling van Children of a lesser god) en Vrek (onkonvensionele teater oor hidrobreking, oftewel fracking). Musiekliefhebbers kan vanjaar met ’n geruste gemoed toe-oë kies. Of dit klassiek, kabaret of musiekteater is, dit beloof iets besonders, hoewel ’n Tas vol Lloyd Webber deur die Bloemfonteinse Stadsorkes dalk ’n ekstra regmerkie moet kry, omdat dit ’n klank- én visuele skouspel gaan wees. Elke liefhebber van
Ons gaan weer lag DIT is al oor en oor bewys: Komedies is die stapelvoedsel van Afrikaanse kunstefeeste en dit is te verstane, want wie wil huil as jy eerder kan lag? Jy sal nie ’n fout maak met enige van die 13 komedies op vanjaar se Vryfees nie. Elize Cawood en Wilson Dunster se eerste Vryfees-optrede gaan oor twee ou getroudes wat ’n krisis beleef. Hulle weet vandag is baie belangrik, maar nie een kan onthou wat die dessitse datum so belangrik maak nie. Ilne Fourie het die-hoe-se-wat-se-wienou-weer? vir dié teater-egpaar geskryf.
Iemand wat Strip! met Waldemar Schultz en Johann Nel op die KKNK gesien het, sê dit het baie meer gebied as wat hy verwag het. Dieselfde word van Tjop en dop gesê, ’n satire oor jonkwees en grootword, en ook van Die monster in die gang, ’n Hennie van Greunen-vertaling oor “daai vreemde mense wat daarop aandring dat hulle jou familie is”. Gys de Villiers-aanhangers kan dié akteur in sy solostuk Wit manne se wapens sien. Marion Holm bied haar sketse in HOLM: geMARIONneer, en Lida en Johan Botha is te sien in Ouma en oupa op toer.
Vir ’n local-is-lekker-geur, maak ’n regmerkie by Nico Luwes se Buite-egtelike oupa en Ilne Fourie se ValenPYNsdag, waarin sy self die oujongnooi Freda Fourie speel. Platform 9 gaan oor twee vriende, gespeel deur Theodore Jantjies en Maurice Page, se waarneming van “interessante karakters” op ’n stasie. Laastens is daar twee komedies wat nie misgeloop mag word nie: Woza Andries? en Rekmerke. Rekmerke oor die puik akteurs Stian Bam en Nicole Holm en Woza Andries? omdat dit ’n uit-die-boks-, anderste, aweregse komedie is.
’n TONEEL uit Rekmerke
KINDERS van die Stilte. kontemporêre musiek sal sy gunsteling-kunstenaar in die program vind en as daar nie ’n komedie is wat jou ten minste gaan laat giggel nie, kan jy jou geld terugvra. Fliekvlooie het vanjaar ’n fees van kortes en langes, oues en nuwes, in Afrikaans, Engels en vreemde tale, en alles ’n keur van die bestes uit onder meer die Silwerskerm- en die Kaapse Wynlandfees. Feesgangers op soek na ernstige pitkos sal dit in die boekbesprekings en diskoers-reeks vind, terwyl dié met ’n aanvoeling vir die visuele kunste vermoedelik dubbel bevredig sal word deur die Her-verbeelding van die Anglo-Boereoorlog in die Stegmann-galery.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
GWEN WIESE is die vlagleier van LSK se trompoppies.
Foto: Lucas Becker
Meisies ken hul passies DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) se trompoppies het vanjaar al vier keer opgetree. Die meisies het hul kordate passies al op die Marchand-skou, die Upington-landbouekspo, LSK se sportdag en op die NG kerk Kakamas se basaar uitgevoer.
15
DIE hele trompoppiegroep van die Laerskool Sentraal op Kakamas tydens ’n optrede.
Foto: Arlene Nel
Exciting Career Opportunities Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year’ With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Control Room Operator (Technical and Operational) (Ref. CRO(TO) 112951)
Patterson Grade C Lower based on previous experience
OTENG NOUSE, een van die vlagtrompop pies, konsentreer baie hard voordat sy deur die vlagroetine moet gaan. Foto: Lucas Becker
MINETTE VAN ZYL is die hoofleier van die trompoppies. Foto: Arlene Nel
The Control Room operator is a shift role responsible for the effective operational control and monitoring of the Process Plant through the control room control and management systems and to coordinate the general Mine situation as may be required. Responsibilities: • Mine operation within required parameters • Steady control of production circuit • React appropriately to abnormal activities and notify relevant Senior Officials and/or Operators by radio/telephone • Direct the activities of personnel on the mine to correct defects by allocating relevant tasks • Assist Engineering personnel to maintain equipment in Control Room area • Take charge during breakdowns and emergencies and notify standby personnel • Maintain and operate relevant fire/evacuation alarm system • Control entire process through utilization of relevant control systems like SCADA • Ensure that the activities in the Control Room area match the requirements of the whole mine • Maintain steady volume control of the circuit by monitoring it within entire mine parameters • Call in expertise where needed • Ensure correct procedures are followed during start up and shut down of relevant circuits and equipment • Identify and communicate possible hazards and risks to responsible and affected personnel • Promote safety awareness in allocation of all tasks over radio/telephone • Compile accurate shift report at the end of each shift • Generate report and trends for management on request • Log any incidents, instructions and important changes made in the plant and record breakdowns should they occur • Changing tasks and machine settings on the shift to minimize the effect of unexpected problems • Stopping the operation if the working conditions are unsafe and pose hazardous environment • Enter job requests into the “KARABO” maintenance system. Minimum requirements: • Matric or equivalent education • Artisan trade qualification • Minimum of 5 years’ experience as an Artisan in the mining industry • Computer literacy and role specific computer skills • Report writing and communication skills • Systematic approach • High degree of numeracy. Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability to work under pressure and be independent • System knowledge and application of relevant policies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHE knowledge • Administration skills • Self-starter • Attention to detail • Results driven • Statutory knowledge of relevant legislation.
Receptionist (Ref. R 112951) Patterson Level B Lower
ELZE BECKER en die res van die handtrom poppies doen hul roetine foutloos. Foto: Lucas Becker
ANKE ENGELBRECHT is een van die hand trompoppies. Foto: Lucas Becker
The incumbent will be responsible for providing secretarial, clerical and administrative support in order to ensure that UMK services are provided in an effective and efficient manner. Responsibilities: • Provide office support services to the Head of Department in order to ensure efficiency and effectiveness within the UMK administration building • Receive, direct and relay telephonic messages and fax messages • Greet, assist and/or direct visitors • Receive mail and distribute to the relevant staff member • Maintain the general filing system and file all correspondence • Assist in the planning and preparation of meetings, conferences and conference telephonic calls • Make preparations for UMK management meetings • Respond to immediate community inquiries • Provide word-processing and secretarial support to UMK management • Monitor the use of supplies and equipment in the UMK office complex • Coordinate the repair and maintenance of office equipment • Perform receptionist functions • Assist UMK management and other staff as requested • Perform other related duties as required. Minimum requirements: • Matric with 3 years’ relevant experience in office administration or as a receptionist • Analytical, problem solving and decision making skills • Computer skills including the ability to use spreadsheet and word processing programs at a highly proficient level • Stress management skills • Time management skills • Ability to handle more than one request at a time • Effective verbal and listening communication skills. Key attributes (amongst others): • Computer literacy with Microsoft Excel, Word, Power Point, Outlook and Internet • Mining system knowledge • Data analysis and trend reporting • Measurable value adding initiatives • Demonstrate sound work ethics • Possess cultural awareness and sensitivity. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 5 July 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED.
www.ayandambanga.co.za 112951
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 JUNIE 2013
Gimnaste behaal plekke in Bfn DIE Kalahari-Giminas-gimnastiekklub het op 8 Junie aan ’n gimnastiekkompetisie by die Helena Botha-gimnastiekklub in Bloemfontein deelgeneem. Duwannethy Bosman (vlak 1, 10 jaar en jonger) was derde in die vloer, vierde in die balk, vyfde in die rekstok, vierde in die spronge en algeheel derde met ’n gemiddeld van 8.488.
Riana Oberholzer (vlak 2, sewe jaar) was vyfde in die vloer, eerste in die balk en in die rekstok, tweede in die spronge en algeheel eerste net ’n gemiddelde van 8.91. Cornel Slabber (vlak 2, agt jaar) was vierde in die vloer, eerste in die balk en in die rekstok, vierde in die spronge en algeheel eerste met ’n gemiddeld van 8.88.
Ansuné Smit (vlak 2, nege jaar) was tweede in die vloer en in die balk, derde in die rekstok, vyfde in die spronge en algeheel tweede met ’n gemiddeld van 8.87. Nadia Goussard (vlak 2, nege jaar) was vyfde in die vloer, vierde in die balk en in die rekstok, sewende in die spronge en algeheel vierde met ’n gemiddeld van 8.76. Georgia Februarie (vlak 2, nege jaar) was eerste in die vloer, sewende in die balk, sesde in die rekstok, negende in die spronge en algeheel sesde met ’n gemiddeld van 8.61. Monja Dippenaar (vlak 2, 11 jaar) was tweede in die vloer, vyfde in die balk, eerste in die rekstok, negende in die spronge en algeheel vierde met ’n gemiddeld van 8.71.
DUWANNETHY BOSMAN
Die gimnaste is, voor: Riana Oberholzer; van links, middel: Nadia Goussard en Cornel Slabber; agter: Monja Dippenaar, Ansuné Smit en Georgia Februarie. Foto’s: Verskaf