Kalahari Bulletin 21 Feb 2013

Page 1

21 FEBRUARIE 2013

VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG

GRATIS

TEL. 054­331­3482

Stoom dalk in die NK

STOOMTREINE soos dié een wat op die Upington­stasie staan, kan dalk eersdaags Keimoes langs tussen Kakamas en Upington loop. Die stroomtreinkonsep Gems on Track is ’n plan van die Noord­Kaapse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap en sal as ’n toerismepakket aangebied word. Lees volledige berig op bl. 2. Foto: Lizette Slabber

Lone kelder dalk bedryf Wyn- en rosyntjieboere oorweeg nou ander gewasse Charné Kemp DIE nuwe minimum loon van R105 per dag vir werkers kan die einde van die gesogte bedryf vir goue sultanas, sowel as die einde van derduisende werkgeleenthede, wees in ’n gebied waar landbou die grootste werkverskaffer is, sê boere in die Benede-Oranjeriviergebied. Wyn- en rosyntjieboere in dié gebied sê hulle vrees die dag dat hulle weens die nuwe loon gedwing word om na ander gewasse en meganisasie oor te skakel. Johannes Fourie, voorsitter

van Droëvrugte Tegniese Dienste, sê 90% van die land se rosyntjies word tussen Groblershoop en Blouputs verbou en gedroog. “Sowat 80% daarvan word uitgevoer. Ons produk is baie gesog vanweë die hoë gehalte. Die grond, son en voldoende water is uiters gunstig vir die goue sultana. Die inkomste uit rosyntjie-uitvoer is tussen R600 miljoen en R800 miljoen per jaar. Die uitvoer van tafeldruiwe is tussen R1,5 miljard en R2 miljard. Wyn-, tafel- en droogdruiweboere benodig ongeveer 1,5 werkers per 2 ha wingerd. “Tussen Boegoebergdam en Blou-

puts verskaf ons werk aan sowat 50 000 mense. Alles wat ons doen, berus op intensiewe handearbeid – snoei, oes en plant. “Ons lone vorm gemiddeld 45% van die algehele boerdery-uitgawes. Dit is nie winsgewend as die lone met meer as 50% styg nie. Verlede jaar op die sultanakonferensie het Amerikaanse en Australiese boere oor meganisasie gepraat. Dit sal vir ons duur wees om oor te skakel. Al die wingerde se opleistelstels sal verander moet word, want dit is nie geskik vir masjienoes nie. Die Amerikaners sny die loot op die wingerdstok met ’n masjien. Die trosse

droog dan aan die stok waarna ’n masjien die rosyntjies van die trosse af skud. Wynboere sal druiwe met masjiene moet oes. Die alternatief is om na ander gewasse soos koring, pekanneute en mielies oor te skakel waar jy meer masjiene gebruik. Die hele rosyntjiebedryf en uitvoermark kan platval. Boonop het die prys van rosyntjies vanjaar met 10% gedaal. “Ons bepleit ’n loonsubsidie van die regering. Ons stem beslis vir ’n beter loon van R85 per dag. Dit sal steeds meer werkgeleenthede aan mense verskaf. Werkers voel menswaardiger eerder as om van die ka-

rige staatstoelae te leef. Die werkloosheid hier is reeds 40%. Dit sal drasties verhoog as boere nie meer lone kan betaal nie. Dié verhoogde werkloosheid sal tot meer opstande lei. Boere doen nou aansoek om kwytskelding van die verhoogde loon. “Ons wil graag baie meer hektare vir rosyntjies beplant. Dié bedryf bestaan reeds meer as 70 jaar langs die Oranjerivier. Dit sal jammer wees as ons bedryf ook so verklein soos in Australië weens ’n tekort aan arbeid.” ) Lees ook hoe loonverhoging die wynbedryf gaan raak op bl. 2.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Goeie oesjaar verwag DIT lyk asof die Oranjerivierwynstreek ná twee ondergemiddelde oesjare vanjaar ’n goeie oes gaan lewer. Ná die vloed van 2011 en die swak oes wat in 2012 behaal is weens wingerde wat nog gesukkel het ná die vloedskade sê Henning Burger, bestuurder: wingerdkundige dienste van die Oranjerivier-wynkelde (OWK), die parsseisoen sal aan almal se verwagtinge voldoen. “Hoewel die amptelike algehele oesskatting van ons ses kelders – Upington, Keimoes, Kanoneiland, Kakamas, Groblershoop en Grootdrink – net oor die 135 000 is, hoop ons die eindtotaal sal nader aan 140 000 wees,” sê Burger. “Die wingerde het ’n goeie ruskans gehad in ’n winter waarin dit veral saans sommer lekker koud was en die aanvang van die somer was ook koel. Dit beteken die druiwe het stadiger ontwikkel ná ’n gelyke en eweredige bot-en-setperiode,” sê hy. “Hoewel geringe rypskade weens die koel lente voorgekom het, is die wingerde blakend ge-

sond. Dit is een van die kenmerke van die Oranjerivierstreek.” Die eerste vername getalle druiwe is in die eerste week in Februarie ontvang en noudat dit weer warmer is, verwag Burger die kelderpersoneel sal moet bontstaan soos die druiwe vinnig ryp word. “ ’n Mens begin maar so ’n bottelnek bereik soos die vroeë wit kultivars en sommige rooies – soos pinotage – later rypheid bereik en dan lei die hitte tot die vroeë rypwording van die rooi druiwe wat gewoonlik later is.” Burger sê die 20 000 ton tafeldruiwe wat vir die maak van sap aan die kelder gestuur is, is ’n onverwagte meevaller wat sal help om sap- en konsentraatproduksie te verhoog. “Ondanks die hindernisse van die afgelope twee jaar wat die kelders se volumes ingeperk het, bly die gehalte van die druiwe wat die OWK van die lede kry van hoë gehalte wat jaar ná jaar verbeter. Dit is die resultaat van uitstekende strategiese samewerking tussen die wingerdboukundiges en lede.”

19/38

19/39

21/41

SW­15

SW­10

0

Treine terug in NK André Botha “KIMBERLEY se trein” gaan weer oor die Noord-Kaapse vlaktes stoom. Daarmee saam sommer ook De Aar se trein én Upington se trein. Dit is as ’n plan van die NoordKaapse Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap werklikheid word. Dié plan sal stoomtreine, ’n bekende gesig in die Noord-Kaap lank nadat dit elders in die land reeds verdwyn het, weer op spoorlyne in die provinsie plaas. In die jaarverslag van die agentskap, wat gister aan die komitee vir openbare rekeninge en die komitee vir ekonomiese ontwikkeling en fi-

nansies voorgelê is, word vyf beplande roetes genoem. Dit is Kimberley na Douglas via Delmont, Kimberley na Mcfairlain en Fieldsville, De Aar na VictoriaWes, De Aar na Hanoverweg, en Upington na Kakamas via Keimoes. Luidens die verslag is die stoomtreinkonsep – Gems on Track – geskep om ’n toerismemengsel van die diamant- en mynbougeskiedenis met ander besienswaardighede as deel van ’n pakket aan te bied. ’n Projekkonsep is al opgestel, die provinsiale regering se ondersteuning gekry en ’n lewensvatbaarheidstudie is gedoen. Nou moet onder meer ’n sakeplan opgestel word en natuurlik Trans-

net se amptelike toestemming gekry word. Infrastruktuur sal ook opgekikker moet word. Maxie Compion van die Kokerboomroete het gesê die plan is goed, maar daar sal baie mooi na volhoubaarheid gekyk moet word. “Die stoomtrein in George het misluk en daar is baie meer voete as wat ons in die Noord-Kaap het. “Ons het ’n groot behoefte aan geld op plekke waar ons weet dit goed gebruik kan word, maar ons loop ons teen mure vas. Daarom moet hulle eers seker maak die treine is volhoubaar, want as dit nie is nie kan die geld soveel beter elders aangewend word,” het sy gesê.

Lone kan ook staat se inkomste knou DIE nuwe minimum loonvlak van R105 per dag wat op 1 Maart in werking tree, is meer as 50% hoër as die vorige bedrag van R69 en word as heeltemal onvolhoubaar beskryf. Volgens Herman Cruywagen, hoofbestuurder van die Oranjerivier-wynkelder (OWK), kom die loonverhoging op ’n tyd dat wingerdboere weens verhoogde kragtariewe, duurder brandstof, hoër inflasie en die jaarlikse styging van ander insetkoste reeds vuisvoos is. “Vir die meeste boere verteenwoordig die loonrekening reeds hul vernaamste uitgawe en met ’n skielike verdubbeling hiervan het die gevaarligte vir die toekoms van die streek se wynproduksie begin flikker,” sê Cruywagen. Cruywagen sê die gevolg mag wees dat wingerdboere voortaan ander gewasse sal moet aanplant. Volgens hom sal die verwydering van wynwingerde ’n enorme uitwerking op die regering se inkomste uit aksyns tot gevolg hê.

“Die regering het nou letterlik die gans wat die goue eiers lê, gaan staan en nek omdraai,” sê Cruywagen. “Indien ’n hektaar wingerd 30 ton druiwe produseer en jy 600 liter wyn uit ’n ton druiwe kry, beteken dit teen ’n aksyns van R2,50 per liter wyn die staat gann R45 000 per jaar verloor vir elke hektaar wyndruiwe wat uitgehaal word. Die verminderde aksyns beteken die staat sal die verlies van die belastingbetaler op ander maniere moet verhaal.” Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die impak wat toenemende meganisering en afdankings op die gemeenskap van die benedeOranjerivierstreek sal hê. “Daar is ongeveer 15 000 heeltydse werkers in die wynwingerdbedryf betrokke met nog 50 000 tydens die oestyd. Afdankings sal ’n enorme sosiale rimpeleffek op die gemeenskap van Upington en die omliggende dorpe hê. Danksy die loonverhoging is afleggings onafwendbaar,” sê

Cruywagen. Albert Brink, voorsitter van die direksie van die OWK wat self buite Keimoes boer, meen die loonverhoging gaan daartoe lei dat elke boer radikaal na sy onderneming moet kyk en dat die plaaslike wynbedryf hom sal moet herposisioneer. Hy sê wynboere sal ook verder moet meganiseer en maniere vind om arbeid doeltreffender aan te wend. “Dit sal veral mense raak wat in oestyd tydelik in diens geneem word, wat weer ’n negatiewe uitwerking op die sosiale profiel van die Upington-streek sal hê. “Dit is jammer dat die besluit oor die sektorale loonverhoging so eensydig en vinnig deurgevoer is. Op 1 Maart, wanneer die verhoging in werking tree, staan die boere van die Oranjerivier kniediep in die oes en die verhoogde insetkoste gaan hul beplanning van verlede jaar heeltemal tot niet maak. Myns insiens moes wyer konsultasie en beplanning gedoen gewees het.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

3

Bevoegdheid nou verklaar

Skenk rekenaars aan skole in Daniëlskuil­omgewing SKOLE in die Daniëlskuil­omgewing het skootrekenaars van die myngroep PPC Lime ontvang. Van links is Danie Slabbert (hoof, Hoër­ skool Daniëlskuil), Martin Arendse (PPC Lime), Sylvia Bartlett (hoof, Finsch Primêr) en Frits Steenkamp (hoof, Hoërskool Kuilsville) en Con Schoombie (mynbestuurder: PPC Lime). Die rekenaars word vir administratiewe take gebruik. Foto: Nadia van Wyk

Ouma Bi oorlede Annerie Louw

ANNE­BIANCA NEL. Foto: Verskaf

SR. ANNE-BIANCA NEL (63), bekende verpleër en klinieksuster op Kuruman, is verlede Sondag omstreeks 04:30 oorlede. Ouma Bi (soos sy ook genoem is) is in haar huis op Kuruman aan natuurlike oorsake oorlede. Sy was 47 jaar in die

verpleging waarvan ongeveer 30 jaar op Kuruman. In Junie verlede jaar het sy afgetree. Haar enigste dogter, Donna, sê sy was eers in die ortopediese afdeling van die Kuruman-hospitaal en later die kliniekhoof. Ouma Bi was bekend daarvoor dat sy baie lief vir katte was en, behalwe vir

haar eie katte, het sy ook vir die kliniek se katte gesorg. Haar begrafnisdiens is Vrydag deur past. Philip van Vuuren van die AGS Oasisgemeente op Kuruman gehou. Sy word deur drie broers, twee susters, haar dogter, Donna, skoonseun, Japie, en kleinkinders, Lourens, William en Annalene-Bianca (Nina), oorleef.

AFRIFORUM het ’n nuwe veldtog aangekondig. Hierin sal die organisasie munisipaliteite in sy takgebiede wat amptenare in diens het wat nie voldoen aan die minimum bevoegdheidskriteria soos uiteengesit in die munisipale regulasies oor minimum bevoegdheidsvlakke nie, gaan versoek om sodanige werknemers onmiddellik uit hul poste te verwyder. “Dienslewering in Suid-Afrika gaan agteruit, omdat te veel munisipale amptenare nie opgelei is om die werk te doen waarvoor hulle aangestel is nie. Munisipaliteite moet dié mense uit hul poste verwyder en mense aanstel wat die nodige voorgeskrewe kwalifikasies het,” sê Ivan Herselman, AfriForum se adjunkhoof vir plaaslike regeringsake. Op die konferensie van die Instituut vir Munisipale Finansiële Amptenare op 8 Oktober in Emperor’s Palace het die minister van finansies, Pravin Gordhan, dit duidelik gestel die keerdatum van 1 Januarie 2013 vir voldoening aan die regulasies is nie onderhandelbaar nie. Voorsitters van die 100 AfriForum-takke sal dokumente op sowat 60 munisipaliteite beteken waarin hulle versoek sal word om bewyse te verskaf dat amptenare aan die minimum bevoegdheidsvlakke voldoen. Die munisipaliteit het tot 4 Maart om op aansoeke te reageer. As munisipaliteite nie reageer nie, sal AfriForum die hof nader om hulle te dwing om bewys van kwalifikasies te lewer. Muggie van der Westhuizen, woordvoerder van die plaaslike regering van die Kurumantak, sê die skrywe is op 6 Februarie aan die persoonlike assistent van die munisipale bestuurder van Ga-Segonyana oorhandig.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Soet jaar vir rosyntjieboere WAT ’n wonderlike rosyntjiejaar beleef boere langs die Oranjerivier nie vanjaar nie. Van die begin van die rosyntjieseisoen af het op Sondag 17 Februarie die eerste keer reën geval. Van die boere sê dit is die eerste keer in 18 jaar dat die son elke dag geskyn het en nie ’n druppel reën geval het om graderings te verlaag en die droogtydperk uit te rek nie. Ander boere wil nie ’n jaartal sit by die laaste keer dat ’n reënlose rosyntjieseisoen beleef is nie, maar een boer het gesê hy weet daar gaan nog lank oor die somer van 2013 gepraat word. Hy weet sommer jong kinders van vandag gaan eendag sê: “My pa het vertel in 2013 het geen druppel geval vandat ons die eerste sultanas neergelê het totdat die laaste rosyntjies opgetel is nie.” Dié reënlose jaar was broodnodig ná die afgelope paar jaar waarin boere gebuk gegaan het onder swak oeste, swak weersomstandighede en twee vloede ná mekaar. Natuurlik is daar in 2012 oor ’n wye deel van die Oranjerivier-

streek eers hael, toe ryp en later weer hael ervaar, maar dié negatiwiteit word darem in ’n mate verlig deur die gemak waarmee boere rosyntjies kon droog. Selfs die Oranjerivier-wynkelder (OWK) is baie in sy skik met vanjaar se oes tot sover. Die koue winter en die koel weer waarmee die somer begin het, het die druiwe pragtig laat ontwikkel en hulle verwag dat die oes volume- en gehaltegewys goed gaan wees. Met al die positiewe nuus ná ’n lang tydperk van negatiwiteit is dit dus hartseer dat die loonverhoging nou soos die swaard van Damokles oor die boere se koppe hang. ’n Mens kan verstaan dat werkers dié loonverhoging broodnodig het en dat hulle sukkel om kop bo water te hou, maar dié streek het die afgelope paar jaar baie seergekry. Dit begin nou eers kop bo water hou en dit laat ’n mens wonder of die loonverhogings nie dalk weer daardie kop onder water gaan dompel nie.

Become the truth and see the light Chris van Staden THERE is not a day that goes by that we are not bombarded with shocking news and things that drain the very life from us as humans. We read of gruesome murders that don’t make sense, people that are supposed to hold high moral values do incredible things that shock us to the very core. Steep price increases in food, petrol and commodities are an everyday thing. Somehow I feel it is like our senses have been dulled and we just open our eyes and get up and carry on with our daily lives. It feels like: What does it matter what I think or feel, these things will keep on happening anyway. Everyone has a worldview. Whether or not we realize it, we all have certain preconceptions and biases that affect the way we view all of life and reality. A worldview is like a set of lenses which taint our vision or alter the way we perceive the world around us. Our worldview is formed by our education, our upbringing, the culture we live in, the books we read, the media and movies we absorb, etc. For many people their worldview is simply something they have absorbed by osmosis from their surrounding cultural influences. They have never thought strategically about what they believe and wouldn’t be able to give a rational defence of their beliefs to others. Somewhere in all this, the true Christian purpose and the Biblical worldview tends to get lost and we lose a consistent cohesive Biblical worldview. As a Christian I believe we should believe that God exists (Heb. 11:6) and that He is the standard by which we measure everything else. God created everything that exists (Gen.1:1) and everything is held together by Him (Col. 1:17). We should believe that the Bible is God’s divinely inspired Word, revealed to mankind (2 Tim. 3:16). We should believe that the

fullness of God came to earth and lived in the human body of Jesus Christ of Nazareth 2 000 years ago (Col. 1:19). We should believe that mankind chose to rebel against God in the Garden of Eden and because of that act of rebellion, sin and death entered the world (Rom. 5:12-14). We should believe that believing in (John 3:15-19, 5:24) God did not send his Son into the world to be judge of the world; he sent Him so that the world might have salvation through Him.) and obeying (Luke 8:21, John 3:20-21, John 14:21, 23-24). The light is hated by everyone whose acts are evil and he does not come to the light for fear that his acts will be seen. But he whose life is true comes to the light so that it may be clearly seen that his acts have been done by the help of God. Jesus Christ is the only way to have eternal life or to be reunited with God (Acts 4:10-12). Maybe if we sit down for a minute and think about this: “What is my purpose on this earth?” Instead of thinking or living like everybody owes you something, can’t we begin to think higher of the person next to us and we start to act that out. Then we will begin to see a difference not in the person, but in ourselves! Jesus Christ of Nazareth still is the answer to every problem, but somebody must present that answer to the specific problem. Someone must become that truth (flesh Jesus) that will touch humanity and change attitudes around them. I pray that you will choose to be the answer and not just read about it. ) Chris van Staden is a pastor at the Kuruman Christian Church.

BELOWENDE reënwolke in die Kalahari lyk mooi teen die sonsondergang naby Vanzylsrus waar dit nog baie droog is. Foto: Annerie Louw

Prostitusie nie tuis in Kalahari INWONER, Kuruman: EK stel voor dat iemand oor prostitusie hier op Kuruman ondersoek instel. Dit is verskriklik wat saans gebeur (en ek praat maar net van wat ek sien voor my hek in Rooslaan gebeur).Ek staan snags op en doen my eie “hekpatrollie” en vind hulle doen sommer hul sake in die straat. Wanneer ek die kind skool toe bring, moet ek en hy verby hope gebruikte kondome loop. Partymaal begin die bedrywighede sommer so vroeg soos 10:00 wanneer baie mense nog wakker is. Ek het al die polisie gevra en dié sê dit is nie wettig nie, maar doen dan ook niks daaromtrent nie. Ek weet nie waar ons gemeenskap oor die probleem kan kla, of wie die

probleem in die kiem gaan smoor nie, maar dit is ’n bekommernis. Saam met die prostitusie verskyn die inbrekers. Die vroue van die nag sien hoe huise beroof word, maar sê niks nie – raak net weg wanneer die polisie nader kom om diefstal te ondersoek (wat op my werf gebeur het). Magtie, dit is Kalahari-wêreld en ons is nie sulke goed gewoond nie.

Kragtariewe ’n duister saak KRAGTELOOS, Kuruman: KAN iemand dalk vir my

verduidelik hoe werk die munisipaliteit se glyskale vir elektrisiteit? Een maand word die meter vroeg gelees en is die verbruik ver onder die gebruik vir die “goedkoop”-tarief. Die volgende maand word die lesing diep in die maand gedoen en moet teen ’n hoër tarief betaal word. En dan word weer vroeg gelees. Indien meters elke maand op dieselfde tyd gelees word, kan ’n mens deur beplanning dalk altyd onder die perk vir die laer tarief probeer bly, maar nou is daar geen sin in beplanning of besparing nie, want iewers gaan die munisipaliteit jou bykom. ) Die munisipaliteit het nie voor druktyd op navrae van die koerant gereageer nie. – Red.

MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.

Nommertjie én sjokolade werk nie Annerie Louw VANOGGEND was weer een van daardie oggende dat ek voor die klerekas staan en niks sien wat ek lus het om te dra nie. Een van die redes is omdat ek die laaste week ontstellende ekstra rolletjies om my middellyf bespeur het. Daar was die onmiddellike twee redes vir my verkeerde eetgewoontes. Eerstens het ek my vergryp aan die heerlike kersligete op Valentynsdag. Dan is daar die verskoning van die geskenke wat meestal sjokolade is. Waarom ’n mens nou ook sjokolade tesame met ’n skrapse nagkabaaitjie moet kry, gaan my verstand te bowe. Die twee is glad nie pasmaats nie, want hulle werk nie saam nie. Hoe kan ’n mens nou ná sjokolade vaartbelyn bly? Die tweede rede was my verjaardag wat mense nie sommer vergeet nie, want dit is net ná Valentynsdag. En dit was juis die jaar so verskriklik lekker

om te verjaar met al die boodskappies en oproepe en besoeke. Maar daarmee saam gaan elke keer ’n eet- of drinkdingetjie en dan bedoel ek nie noodwendig slaaiblare en water nie. Die nuwe kurwes van my lyf maak dat ek nie goed lyk in die ou, geliefde uitrustings nie – wat nog te sê in dié nommertjies wat in die kas lê en wag vir wanneer ek weer eendag my jong lyf gaan terughê nadat ek my natuurlik eendag by die gym aangesluit het. Ander redes waarom ek nie lus is vir die kas se inhoud nie is omdat daar klere in my kas is wat lankal nie meer daar moes gewees het nie. Sommiges daarvan hang van die een seisoen ná die ander daar. Ek hoor van vroue wat hul voorraad ná elke seisoen sny en dit met nuwes vervang. Myne word alles

in tasse weggepak met die idee om dit vóór die volgende seisoen uit te haal en dan eers weg te gee. Dit is nie so suksesvol nie, want met die uitpak is ek weer bly om my ou goedjies wat drie maande weggepak was te sien – en ook dankbaar, want die nuwe goed is duur. Dan gee ek net so 10% weg. Gevolglik sit ek met klere uit vorige dekades wat nog vir my net te mooi is, maar ook nie meer geskik is nie, want die mode verander ook mos. Ek haal dus my wydste rokkie uit, want dit is te warm om selfs aan ’n langbroek te dink. Tog vreemd hoe groot ’n mens in ’n wye rok lyk. Nee, hy werk nie. Nadat ek my vierde uitrusting aangepas en onderstebo op die bed gegooi het, besluit ek op ’n ou staatmaker: die pers rokkie. Met net genoeg selfvertroue stap ek die trappe af waar Dierbaarste al televisienuus kyk. “Het jy nie die rokkie gister ook aangehad nie?”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

ELSABÉ VISAGIE

Foto’s: verskaf

DEON VAN NIEKERK

AMANDA REYNEKE VAN DEN BERG

kunste word in die jaar se program verteenwoordig. Alida Auret en Elsabé Visagie se avant garde-juweelstukke gaan uitgestal word. Dit gaan saam met hulle etse van voorwerpe, plekke en omgewings uit Auret se verlede wat ’n indruk gelaat het op haar geheue en gevoel en temas soos klein landskappies uit die Karoo asook fietse, strate, vensters en deure waarna Visagie gek is. Deon van Niekerk se meesterlike tekeninge uitgevoer in pen en ink en ander werk waarin hy streef om die toevallige en lukrake merke en teksture van die natuur uit te beeld, asook Amanda Reyneke van den Berg se “geskilderde tekeninge” in vermengde medium en collage gaan te sien wees. Brian Macaskill se groot vragmotors met ’n korporatiewe inslag is ook op die lys. Uitstallings van verskeie tegnieke waarmee die kunswerke geskep is, is gelys by Maud’s Place se galery soos Sylvera Engelbrecht se aalwyne, uitgevoer in klassieke akrielverf-tegniek, passend by haar temperament. Vir Engelbrecht vra aalwyne so min, maar gee so veel. Vreedsame straattonele en huisies van

Karen Visser, semi-ekspressionisties uitgebeeld in ryk aardse kleure en versterk met belangrike elemente soos lig en lyn, tot die abstrakte foto’s van Jaco Bruwer, waar toeval ’n groot rol speel en oomblikke van betowering vasgevang is met ’n kamera, is bespreek. Deur sy foto’s vergeet hy van alles om hom en hy “verdwaal in my eie mooi wêreld”. Dan is daar die realistiese tot semi-abstrakte blomstudies in waterverf, uitgevoer in ryk, helder kleure waarmee Charlotte Junius die delikaatheid en varsheid van haar onderwerp vasvang en so uit die dorre landskap van dié wêreld ontsnap. Lana Barnard se semi-figuratiewe beelde, geskilder op en met gepaste teksture is te sien en die groot modern impasto skilderye van figure en gesigte deur Esmé du Toit in akriel, wat haar styl van skilder komplementeer, gaan vertoon word. Die kunstenaars breek en buig reëls en elkeen gee uitdrukking aan hul unieke kunssinnigheid deur die skep van ’n visuele taal van vorm, kleur en tekstuur. Die uitstalling open amptelik Vrydag. Vir verdere inligting bel Elaine Vivier by 073-735-4772.

ALIDA AURET

Nuwe reeks uitstallings begin NÁ die sukses van 2012 se kunsuitstallings by Maud’s Place in Schröderstraat gaan die reeks kunsuitstallings in 2013 voort. Die kunsuitstalling word met ’n voorskou uitstalling begin en dié voorskou uitstalling sal verteenwoordigend wees van al elf van die kunstenaars wat gedurende die loop van die jaar solokunsuitstallings by Maud’s Place gaan hou. Die uitstalling duur van Maandag 18 Februarie tot Sondag 17 Maart waarna elke kunstenaar ’n solo-uitstalling bespreek het. Die solo-kunsuitstallings sal elk oor vier weke plaasvind. Die kunswerke wat uitgestal word, is van die kunstenaars se onlangse werk, asook kunswerke was nog nie voorheen uitgestal is nie. Die kunstenaars is almal van die omgewing. Daar is nuwelinge wat vir die eerste keer gaan uitstal, kunstenaars wat nog net groep-uitstallings gedoen het en ou hande wat reeds die pad van solo-uitstallings gestap het. Vanjaar is daar weer jong mense wat hul debuut tot die kunswêreld maak en kunstenaars wat reeds ’n bestaan daaruit maak. Verskeie genres van die beeldende

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Expo promotes handling safety THE official opening ceremony of the Material Management Expo took place on Wednesday at the Kathu Rugby Club. The expo was the brainchild of the Kumba executive committee in response to the increasing number of hand and finger injuries due to material handling. “Remember, there is only one way to do the job – the safe way – if it is a do-it-yourself project at home or at work,” said Karen Geerthsen, safety and health manager, Kumba Iron Ore, in her keynote address. She warned that by using your hands in stead of machines made for the purpose you could loose a very precious tool.

“The dexterity of our fingers sets us apart from most mammals and enable us to use tools effectively. There is no supplier of spares at Supply Chain for these very complex, extremeley specialised tools like our hands and fingers,” she warned. “It is our hope that you, the suppliers of today, will become our partners of tomorrow,” she said to the exhibitors. Mayor Maria Diniza, Hannes Cronjé, acting general manager (GM) of Sishen Mine, and Aart van den Brink, GM of Kolomela Mine, and other members of the leadership team of the mine attended the opening ceremony.

HUGE cranes at the expo on the sports veld in Kathu with the dancers of the Kuruman Field­ band in front. Photos: Annerie Louw

MASHILO MOKOTONG, manager: Sustainable Development, delivered his welcome speech in very hot conditions. The brass band of the Kuruman Fieldband stood in front.

RIAS RABIE, branch manager of Esco, Kathu, showed interested bystanders how the hammer­ less equipment works. It will cut out the dangerous hammer when replacing part of the earth­ moving machinery every five to 14 days.

THE drummers of the Kuruman Fieldband gave rhythm to the opening of the Materials Handling Expo.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

BIG PRICE THE

DROP

79

99

Bulk Lamb Braai Chops Per kg

Decor and garnish not included

Decor and garnish not included

BUY 2 FOR

2000

PnP Washed Baby Potatoes 1.5kg

+

+

BUY 2 FOR

2000

PnP Pears 1.5kg Econo Pack

1249 Each

BUY 2 FOR

5699

2000

Ultimate Braai Master Boerewors Per kg

PnP Sweetcorn 4s

1999

999

PnP White Grapes 1.5kg

PnP Loose Plums Per kg

2149

1199

Each

Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 Litre

McCain Crispy Oven Chips Assorted, 750g

4799

3899

Each

First Choice Long Life Milk Assorted, 1.5 Litre

BUY 3 FOR

PnP Carrots 1kg

Sunlight 2 in 1 Auto Washing Powder 2kg

139

99

Become a smart shopper points millionaire See in store for the weekly participating products Terms and conditions apply.

1175812_390 X 260

www.pnp.co.za

11 February – 10 March

Pampers Active Baby Jumbo Pack Nappies Size 2 New Baby Mini 94s, Size 3 Midi 82s, Size 4 Maxi 70s, Size 4+ Maxi Plus 62s, Size 5 Junior 58s or Size 6 X-Large 54s Per Pack

Always there for you

PRICES VALID 19 – 24 FEBRUARY 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO, EXPRESS AND DAILY STORES. smart points will still apply in Express and Daily Stores. LIQUOR NOT FOR SALE ON SUNDAYS IN KZN, GEORGE, KNYSNA, MOSSEL BAY AND WESTERN CAPE EXCLUDING CANAL WALK LIQUOR STORE.

PnP Toilet Tissue Assorted, 9 x 2 Ply Per Pack

99

99

Addis PVA Butterfly Mop and Rectangular Bucket

NOW ONLY

2000

19999 SAVE 100.00

House of York Deluxe Ironing Board

PLUS EARN POINTS www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88

(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Tot 800 km/h is vervelig – Noble Elsabé Brits

DIE bestuurskomitee van die Boegoeberg­eko­roete is van links, voor: Ryna Blaauw, Spook de Witt, Carin Hüsselman, Linda Burger, Wollie Burger, Chris Voster en Quinten Taljaard; agter: Francois Slabber (fasiliteerder van die werksessie). Foto: Lizette Slabber

Plan vir roete goed op koers Lizette Slabber

DIE bestuurskomitee van die Boegoebergeko-roete het op Saterdag 16 Februarie ’n werksessie gehad om te kyk na die doelwitte wat gevolg moet word om dié omgewing van Boegoeberg af tot naby Upington te bemark. Volgens Carin Hüsselman, voorsitter van die bestuurskomitee, was dit nodig om koppe bymekaar te sit om eerstens op die regte pad te kom wat bemarking van die omgewing betref en ook hul kort- en langtermyn doelwitte

te bepaal. “Ons kry geen geldelike hulp van die regering af nie en is ’n nie-winsgewende organisasie. Daarom moet ons seker wees van dit wat ons aanpak. “Ons het nie die tyd of die geld om op projekte te mors wat nie vir ons omgewing gaan werk nie.” Vir enige inligting oor die Boegoeberg-ekoroete besoek die webwerf www.boegoebergecoroute.co.za. Rig ook navrae aan Hüsselman by 082-445-8984.

OM teen ’n supersoniese spoed te jaag voel aan die einde van die rit asof “jy deur die kern van die aarde beweeg”. Richard Noble, projekleier van die Bloodhound- supersoniese motor (SSC) wat nou ontwikkel word, weet hoe dit voel om regtig te jaag. Hy was van 1983 tot 1997 die landspoedrekordhouer nadat hy in die Black Rock-woestyn in Amerika 1 020,406 km/h met Thrust2 behaal het. Bloodhound is die vierde landspoedrekord waarby hy betrokke is met Andy Green agter die stuur. Hoe voel so ’n lopie? “Van nul tot so 450 km/h gly die kar baie na die kante. Daarna, tot by 800 km/h, is dit vervelig. Dán begin jy elke stukkie detail op die grond sien, elke spikkel. Dit is asof alles in stadige aksie afspeel terwyl jy voortsnel. Jy gaan vinniger en vinniger. “Sodra ’n mens begin rem, gebeur iets vreemds. Dit voel kompleet asof jy deur die middel van die aarde – deur sy kern – ry. Jy sien dit. “Die eerste keer toe ek dit ervaar het, was ek so bekommerd. Ek het gedink iets is verkeerd met my. Dit is egter deel van die skielike vermindering van spoed,” het hy telefonies aan Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, gesê.

Hulle is egter nougeset dat die projek klinies moet wees. Dit gaan nie om opwinding nie. “Die bestuurder moet glad nie ’n sensasiesoeker wees nie.” Bloodhound SCC sal waarskynlik teen die einde van die jaar na Hakskeenpan kom om die eerste proeflopie te doen, “maar alles hang af van hoe vinnig ons vorder. Dan mik ons net om met ’n gewone vuurpyl dalk ’n supersoniese spoed te haal”. Die span sal dan teen einde 2015 of begin 2016 terugkeer met die spesiale en nuut ontwerpte hibriedvuurpyl om die teikenspoed van 1 610 km/h te haal. “Dit is moeilik om te sê wat dit gaan kos. In dié stadium is dit £9,3 miljoen (sowat R130 miljoen) en na raming sal dit £21 miljoen (sowat R294 miljoen) wees. Soveel soos ’n Formule 1-naweek.” Die geld kom alles van borge wat publisiteit kry, want alles wat Bloodhound doen, word wêreldwyd bekend gemaak – regstreeks soos dit gebeur. Die rekords gaan uitgesaai word en mense sal selfs die data van die motor kan sien, asook die hele rit. “Om deel te wees van so ’n projek is die opwindendste ding op aarde,” het Noble gesê. Die publiek kan hul name op die motor se stertvin kry – daar is reeds 15 500 belangstellendes – deur £10 (sowat R140) te betaal.

Tesourie moet ingryp André Botha DIE nasionale tesourie moet nou ingryp in die Mier-munisipaliteit wat skynbaar op die randjie van bankrotskap staan, het Andrew Louw, Noord-Kaapse DA-leier, Donderdag gesê. Die party gaan ’n brief aan die provinsiale tesourie skryf om te vra dat afdeling 216(2) van die Grondwet teen die munisipaliteit in werking gestel word. Dié afdeling bepaal dat die tesourie die oordrag van geld na enige staatsinstelling mag stop as die betrokke instelling ’n ernstige of aanhoudende oortreding van voorgeskrewe rekenpligtige praktyke, eenvormige uitgaweklassifikasie en eenvormige tesourienorme en -standaarde begaan. Die tesourie het vroeër aangedui dat dié afdeling moontlik teen Mier ingestel kan word. Volgens Louw het die munisipaliteit in Januarie gesukkel om salarisse te betaal. Hy sê dat die munisipaliteit nie salarisse kan betaal nie, is ’n rede vir ’n ingryping op

Skep asem BY die idiliese Oranjerivier op ’n luilekker Sater­ dagmiddag met ’n uitsig op Swart­ kop. Goue sons­ ondergange be­ klemtoon die skoonheid van dié uitsig op die warm somers­ aande wat ons nou het. Foto: Anena Burger

hoë vlak. “Die munisipaliteit kan duidelik nie sy finansies bestuur nie en het dringend leiding en ’n ferm hand nodig.” Die tesourie het reeds die artikel op die Nala-munisipaliteit toegepas. Dit het vrugte afgewerp en die tesourie kon aan die begin van Februarie die opskorting van nasionale toelaes terugtrek. Dit wys doelgerigte optrede teen instansies wat nie aan die vereistes voldoen nie, werp vrugte af en is ’n goeie rede om dit by ander munisipaliteite ook te doen. ) Die nasionale tesourie het vroeër gesê verskeie stappe en prosesse moet gevolg word voordat besluit word of afdeling 216 (2) wel op die munisipaliteite toegepas sal word. Die Noord-Kaapse tesourie en die departement van samewerkende regering sal binnekort ’n strategiese ondersteuningsplan finaliseer. Dié plan sal aan die minister van finansies voorgelê word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

9

Getooi vir Valentynsdag Vier vrolik Liefiedag BY die Voorbereidingskool Fanie Malan word daar elke jaar Liefiedag met rooi­en­wit boksies vol liefde gevier. In die boksies waarmee die Fanie Malan­liefies piekniek hou op Liefiedag is allerlei lekker eetgoed. Hierdie gr. O­liefies is lief vir speel, inkleur, teken en verf, maar veral vir hul juffrouens. Hier staan ’n paar gr. O­liefies by hul onderwysers Riana Venter (links) en Carla Scholtz. Foto: Lizette Slabber

DIE Laerskool Oranje­Noord het op 14 Februarie Valentynsdag gevier deur die skoolklere by die huis te los en iets uitspattigs skool toe te dra. Die junior leerlinge moes soos ’n sprokieskarakter aantrek en die senior leerlinge moes iets snaaks voorstel. Van links is, voor: Awie Maree (senior wenner) en Louis­Jean Ferreira (junior wenner); agter: Malan Geldenhuys, Alri Brown (junior wenner), Fébé Visser (senior wenner) en Cornel Slabber. Foto: Lizette Slabber

Lig in oor kanker DIE Kankervereni­ ging van Suid­Afrika (Kansa) op Upington het op 4 Februarie Wêreldkankerdag gevier deur ’n stalle­ tjie by Checkers te beman om mense van die gevare van kanker en die voor­ koming daarvan be­ wus te maak. Vol­ gens dié Kansavry­ willigers, Jenadene Jors (links) en Bettie Ntoba, is daar baie mites en halfwaarhe­ de oor kanker. Vir meer inligting be­ soek die webwerf www.cansa.org.za of bel die tolvrye nom­ mer 0800­22­66­22.

MCSA/OLD MUTUAL/KALAHARI B/4290/E

Foto: Verskaf

OUR CONSOLIDATION LOAN COMES WITH A PLAN THAT SUPPORTS YOU

The Mashonisa doesn’t want to help you get out of debt, he just wants to keep you in debt. At Old Mutual, we don’t just consolidate, we provide you with a plan to manage your debt, based on your own financial situation. So instead of getting something that will lead to crippling debt, you get a loan that suits your needs. Because if you borrow responsibly, there is such a thing as good debt.

GET A LOAN THAT’S RIGHT FOR YOU – VISIT A BR ANCH, SMS YOUR NAME TO 41575 OR VISIT W W W.OMFINANCE.CO.ZA

Finance Terms and Conditions Apply

Old Mutual Finance is an Authorised Financial Services and Registered Credit Provider


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Sewe val by Duineveld in SEWE nuwe personeellede het hulle vanjaar by die Hoërskool Duineveld aangesluit. ) Ruan Venter gaan ekonomies- en bestuurswetenskap vir gr. 8- en gr. 9-leerlinge, ekonomie vir gr. 10’s en besigheidstudies vir gr. 10’s aanbied. Hy sal ook o.14- en 0.15-krieket en o.16-rugby afrig. Venter het aan die Hoërskool Staatspresident Swart op Brandfort gematrikuleer en ’n B.Ed.-graad aan die Universiteit van Noordwes (UNW) verwerf. ) Ulrich Richter gaan lewensoriëntering vir gr. 8- tot gr. 11-leerlinge aanbied. Hy sal ook rugby en krieket afrig. Richter het aan die Hoërskool Duineveld gematrikuleer en sportbestuur en afrigting aan die Northling College gestudeer. Hy het ook ’n nagraadse onderwyssertifikaat aan die Cape Peninsula University of Technology verwerf. ) Ettienne van den Brink gaan lewensorientering vir gr. 10- tot gr. 12-leerlinge en Engels (eerste addisionele taal) vir gr. 8’s aanbied. Hy sal ook o.14-rugby afrig en vir die o.19-rugbyspelers vir fiksheid en kondisionering verantwoordelik wees. Hy het aan die Hoërskool Voortrekker in Pietermaritzburg gematrikuleer en B.A. Sportwetenskap en NOS aan die Universiteit van Stellenbosch (US) gestudeer. Hy het vroeër aan die Hoërskool Stellenbosch skoolgehou.

) Elsanne Pool gaan lewensoriëntering vir gr. 8- en gr. 9-leerlinge, natuurwetenskap vir gr. 8’s en gr. 9’s, lewenswetenskap vir gr. 10’s en rekenaartoepassingstegnologie aanbied. Sy gaan netbal en atletiek afrig. Sy het aan die Hoërskool Upington gematrikuleer en B.Ed. Senior en nagraadse onderwyssertifikaat aan die Universiteit van Noordwes (UNW) behaal. ) Gerda Becker gaan gasvryheidstudies vir gr 10- tot gr. 12-leerlinge en sosiale wetenskappe vir gr. 8’s aanbied. Sy gaan ook vir gesellighede en spyseniering verantwoordelik wees. Sy het aan die

Hoërskool Duineveld gematrikuleer en het reeds aan Duineveld en op Ermelo skoolgehou. Sy het B. Huishoudkunde Ed., aan die Universiteit van Stellenbosch (US), ’n verdere diploma in opvoeding aan die Technikon RSA en ICDL aan die Upington- Tegniese Kollege gestudeer. ) Adél Griessel gaan natuurwetenskap vir gr. 8- en gr. 9-leerlinge en lewenswetenskap vir gr. 10’s en gr. 11’s aanbied. Sy gaan ook seunshokkie afrig. Sy het aan die Hoërskool Montana op Worcester gematrikuleer en B.Sc. Menslike Wetenskap en NOS aan die Universiteit van

Stellenbosch (US) gestudeer. Sy het al aan die Hoërskool Monumentpark skoolgehou. ) Hester Nel gaan wiskunde vir gr. 9- tot gr. 11-leerlinge en wiskundige geletterdheid vir gr. 12’s aanbied. Sy gaan ook skaak afrig. Sy het aan die Hoërskool Jansenville gematrikuleer en B.Sc. aan die Universiteit van Port Elizabeth, HOD aan Unisa, B.Sc.Hons. en M.Sc. in wiskunde aan die Universiteit (UV) van die Vrystaat behaal. Sy het al aan die Hoërskool Eldoraigne, Meisieskool Oranje, Hoërskool Noord-Kaap, Hoërskool Diamantveld en Grey-kollege skoolgegee .

DIE nuwe personeellede aan die Hoërskool Duineveld is van links, voor: Elsanne Pool, Gerda Becker, Adél Griessel en Hester Nel; agter: Ettienne van den Brink, Ulrich Richter en Ruan Venter. Foto: Megan Loots


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

LEERLINGE wat die dramakursus bygewoon het is, voor: AJ Fourie; van links, middel: Elizabeth­Ann Myburgh, Joline Human, Sharné van Zyl, Nadine van Zyl en Ilze Fienies; agter: Elske Swart, Olga Malan (aanbieder), Marilé du Plessis, Annemie Myburgh en Jessica Fourie. Foto: Lizette Slabber

Toneelspel kry aandag Lizette Slabber DIE Hoërskool Duineveld het Saterdag vir al die Veltie-akteurs ’n dramakursus aangebied. Olga Malan het op die kursus aspekte van die toneelstuk met die aspirant-toneelspelers behandel. Dié aspekte het op karakterisering, visualisering, oudisies, individuele nommers en improvisasietegnieke gefo-

kus. Die kursus word elke jaar vir nuwe leerlinge in gr. 8 en dié wat nuut by die skool aangesluit het, aangebied. Die doel hiermee is om die wêreld van kuns vir hulle oop te sluit en só hul visie te verbreed en aan hulle te wys watter kultuuraktiwiteite by Duineveld aangebied word. Meer ervare leerlinge gebruik ook die kursus om hulle vir die

Stad Kaapstad-toneelkompetisie voor te berei. Dié toneelkompetisie staan van vanjaar af as die Nasionale Toneelkompetisie bekend en word deur M-Net geborg. Die wenner slaan ’n rol in die sepie Binnelanders los. Vanjaar gaan vyf Velties aan dié kompetisie deelneem. Wilco Strydom het verlede jaar as een van die 60 topfinaliste aan dié kompetisie deelgeneem.

Base leer hoe om Woef te hanteer Lizette Slabber DIE Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington het op Saterdag 16 Februarie sy eerste honde-opleidingsklas aangebied. Altesaam 14 honde het gelukkig en gehoorsaam onder die bome gesit terwyl hul eienaars na Yaakov Arnon, wat die klas aangebied het, geluister het. Dié inleidende les, wat in die parkie langs die Gordonia-hospitaal in Schröderstraat plaasgevind het, het aan honde-eienaars hul rol in hul hond se lewe uiteengesit. Volgens Arnon sien honde hul eienaars as ’n mede-hond en nie as ’n mens nie. Sy eienaar is dus òf ’n leier òf ’n volgeling binne sy hond se “trop”. Dié kursus se doel is dus dat eienaars kan leer hoe om suksesvol met hul honde te kommunikeer, want sonder die regte kommunikasie-gereedskap sal ’n hond sy eienaar as ’n baie dom lid van die trop ervaar. Arnon het ook gesê dié opleiding sal verseker dat die hond beter verstaan wat sy eienaar se rol in sy lewe is en dat dit daartoe sal lei dat die hond beter met kinders en ander honde oor die weg sal kom. Die opleidingskursus bestaan uit vier klasse en kos R100. Belangstellendes kan Sharon Minders, voorsitter van die DBV, by 072-229-7392 kontak.

ALTESAAM 14 hon­ de, van Deense hon­ de tot yorkies, het kom leer hoe om be­ ter met kinders en ander honde oor die weg te kom. Hier sit Charmi Viljoen tus­ sen Mar­ scha en Zoë. Foto’s: Lizette Slabber

YAAKOV ARNON, aanbieder van die DBV se honde­oplei­ dingskursus, wys vir ’n eienaar hoe om sy hond te hanteer.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Laat wiel met waatlemoen DIE senior raad van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas het die jaar perfek begin deur soos gewoonlik ’n waatlemoenfees aan te bied. In dié uur van pret, plesier, lag en smeer het al die sotte behoorlik deurge-

loop, maar die beste is vir laaste gelos. Die personeellede het oudergewoonte weer goed deurgeloop onder die waatlemoenstukke en veral die nuwe HMO-personeellede is op dié wyse tot die HMO-familie verwelkom.

DIE personeelle­ de van die HMO nadat hulle goed deur die leerlinge met waatlemoen besmeer is. Foto’s: Verskaf

LEERLINGE van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas met hul Summer Lo­ ving­uitrustings waarmee hulle Valentynsdag gevier het. Foto’s: Verskaf VAN links is Wayne Warkus, Niki Kotze, Charl Koortzen, Ani­ tha Oberholzer en Rian Rautenbach.

SO tussen die smeerdery deur was daar darem tyd om aan heerli­ ke, soet waatle­ moen te smul. Van links is Vicky Springbok, Vlok van Zyl, Elzanne Myburgh en Jeandré Janse van Nieuwenhui­ zen.

Dag van liefde gevier DIE dag van liefde word altyd groot by die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas gevier. Vanjaar was die tema vir Valentynsdag Summer Loving uit die bekende rolprent Grease.

Natuurlik het dié tema gesorg dat daar heelwat pink ladies en ducktails by die skool opgedaag het. Ook die onderwysers is deur die senior raad en ouers met ’n personeelkamerpiekniek bederf.

Klein Klein skool, skool, groot groot hart hart DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas het 2013 met ’n splinternuwe visie vir die skool begin, naamlik Die klein skool met die groot hart. Die visie is aan die einde van 2012 deur die leerlinge, ouers, onderwysers en beheer­ liggaam op ’n strategie­ se beplanningsessie ge­ formuleer. Baie van die skool se aanbiedinge en projekte gaan by dié vi­ sie inskakel om dit sig­ baarder vir die skoolge­ meenskap te maak. Hier demonstreer ’n paar van die HMO se leerlinge juis hoe groot die hart van die skool is. Foto: verskaf

Tannie Judy tree af DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas het ná bykans 20 jaar een van sy geliefde personeellede gegroet. Judy Basson het ná 19 jaar en drie maande afgetree om saam met haar man, Thys, op Vanrhynsdorp te gaan bly. Tannie Judy, soos sy bekend staan, sal altyd vir haar vriendelikheid en hulpvaardigheid onthou word. Sy het alle besoekers en leerlinge – nuut of oud – tuis laat voel. Sedert sy op 1 Oktober 1993 vir die HMO begin werk het, het sy saam met drie skoolhoofde gewerk. Sy het die verandering in die onderwysstelsel saam met die koms van die nuwe Suid-Afrika beleef en by die HMO help bestuur. Sy was ook etlike jare by die prysuitdeling betrokke. Tannie Judy is ’n vurige Blou Bul-ondersteuner en het niemand ooit daarvan laat vergeet nie. Behalwe haar lojaliteit aan die Bulle is sy ook ’n groot HMO-sportondersteuner. Haar luide aanmoediging langs die sportveld en entoesiastiese ondersteuning van die skool se ‘kultuurdiere’ sal nog lank onthou en beslis gemis word. Tannie Judy was ook lank ’n trotse HMOouer en vier van haar vyf kinders het aan die HMO gematrikuleer. Die skool het op ’n ete in die skool se klubhuis van Tannie Judy afskeid geneem.

JUDY BASSON soos almal haar sal onthou.

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

Busdiens staan stil “Charné Kemp DERDUISENDE Noord-Kaapse leerlinge was Maandag by bushaltes gestrand nadat skoolbusoperateurs gestaak het omdat hulle vanjaar nog nie betaal is nie. Die leerlinge, van Prieska tot Kakamas, kon nie by hul onderskeie skole uitkom nie. Dit is glo die tweede keer vanjaar dat die departement van vervoer en veiligheidskakeling betaling beloof, maar dit nie doen nie. Ken Dugmore, voorsitter van die Noord-Kaapse Skoolvervoerdienste, sê hulle het hul dienste gestaak totdat hulle betaal word. “Sedert die begin van die jaar kon die departement nog nie kontrakte met ons sluit nie. Die departementshoof, Steven Jonkers, daag nooit by vergaderings op om probleme uit te stryk nie. “Die LUR, Patrick Mabilo, het in Januarie gevra dat ons die kinders asseblief net skool toe neem, al is die kontrakte nie gereed nie. Dit is ’n maand later en niks het gebeur nie. “Daar is steeds geen kontrakte of permitte nie. Die operateurs was dus onwettig op die pad. Geen tariewe, betaling en roetes is bevestig nie. Ons kan nie in dié soort chaos en onsekerheid werk nie. Ons is nie eens seker of ons vir Januarie betaal gaan word nie. “Intussen moet verlede jaar se probleme ook nog opgelos word. Ons het in November met die departement vergader. Nóg die LUR nóg die departementshoof het opgedaag. “Ons het ons besluite en voornemens aan hulle gestuur, sonder enige reaksie. Operateurs wat goeie dienste lewer, is vervang met nuwes van ander provinsies. “Ons is moeg gespartel, want ons kry geen antwoorde, geen reaksie en geen hulp nie. Sommige operateurs is al vyf maande nie betaal nie. “Die departement het sy kontrak met ons verbreek. Ons word nou deur skuld ingehaal en beleef ’n geldelike krisis. “Ons wil net ’n vergadering met die besluitnemers belê sodat ons verlede jaar en vanjaar se probleme eens en vir altyd kan oplos. Ons vertrou dat hulle vinnig sal reageer.” Lebogang Majaha, die departementele woordvoerder, wat op die provinsiale ANC legotla onbewus van die staking was, het gesê hy sal nog reageer.

Competition boasts skills SAGAMANG EVENTS & TRADING organized an exciting spelling bee competition at the K.P. Toto High School in Bathlaros. The manager, Naledi Seretse, says the spelling bee competition dates back to 1925 in the United States of America and many competitions has been held worldwide ever since. The competition played a significant role in the learners’ spelling skills and helped them to acquire lifelong skills.

THE winners of the spelling competion are from the left Oboitshepo Kilelo of the Remmo­ go High School, Sophia Mochwaro, teacher at the K.P. Toto Technical and Commercial High School, Masedi Kgatlhane of the Baitire­ di Technical and Commercial High School and Kagiso Mohaladi of K.P. Toto. Photo: Naledi Seretse

13

Leerlinge leer ken mekaar ELKE jaar bied die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas vir sy onderskeie graadgroepe kampe aan sodat die leerlinge mekaar beter as ’n graadgroep kan leer ken en só die jaar as ’n groep kan aanpak. Die gr. 9’s het by Die Mas

gekampeer, die gr. 10’s by Die Punt, die gr. 11’s by Khamkirri en die matrieks het by die Augrabieswaterval- Nasionale Park gaan kampeer. Almal het gelag, geswem, te veel geëet, te min geslaap en is nou reg om saam met die senior raad 2013 aan te pak.

AC JOUBERT, MP van Rooyen en André Agenbag wys hoe ’n lynstaan behoort te lyk.

AL die gr. 11’s by Khamkirri waar hulle hul graadkamp gehad het.

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

T.P. Chiri

MAK, GRYS KOKKETIELWYFIE weggeraak in Breëstraat-omgewing, Kuruman. Indien gevind, skakel 082 293 2188.

2 STORE , Industriële gebied Kuruman. 60vk meter R1 600 en 84vk meter R2 400 per maand. Skakel 083 524 4995.

1,8-M-VERTOONYSKAS: R22 000 ohb. 10-brander-gasbraai, R8 000 ohb. 530-l-Defy-vrieskas, R4 500 ohb. Yskaste onder waarborg (nog nuut). Skakel 083 963 5723.

1 SLAAPKAMER, badkamer, sit-/eetkamer, kombuis. Woonstel te huur. GEEN AGENTE. Skakel 072 477 7835.

ASSISTENT- BESTUURDER benodig vir gastehuis. Moet geen afhanklikes hê nie. Goeie menseverhoudings, onder druk kan werk. Fleksi-ure kan werk. Moet kan inwoon. Rybewys 'n vereiste. Kompeterende salaris. Stuur CV na amaziahbb@yahoo.co.uk Sluitingsdatum 4 Maart 2013. SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.

AMERICAN PITBULL Terrier puppies for sale. Both parents registered. Vaccinated. R1 200. Phone Selma 072 381 4311.

SEKURITEITSWAGTE MET PSIRA-geregistreerde Graad A, B, C of D en met geen kriminele rekord gesoek in die Noord-Kaap. Faks volledige CV na 053 831 2488 of na fs@senforce.co.za

KANARIES TE KOOP. Skakel 078 4424 103 of 053 712 3646.

WE NEED A QUALIFIED TLB operator to start work immediatly. Must have all necessary documentation and a valid licence to operate a TLB. Please fax CV and documentation to 053 712 3147.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon-maak teen die beste prys! (Aubrey 072 747 1991.

In die boedel van wyle Tsatsi Piet Chiri, identiteitsnommer 400106 5533 089, getroud binne gemeenskap van goed met nagelate eggenote Martha Chiri, identiteitsnommer 500725 0316 080. woonagtig in Huis 2873, Slagpaal, Batlharos, distrik Kuruman. Boedelnommer: 10328/2011. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 22 Februarie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

J.H. Poolman

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. FLORCARE-MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse. (Aubrey 072 747 1991

Duvenhage & Van Der Merwe Ing.

T.S. Choenyane

Big Save Pools and Lapa: Januarie special. 5x3 Pool R30 000 6x4 Pool R35 000 6x4 Lapa R15 000 8x3 Pool R40 000 Bennett:079 124 7713

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

14

GROOT, RUIM 6slaapkamerhuis, groot leefarea, eetk, stoep. Op plaas 18 km vanaf Hotazel. R22 000, krag en huishulp uitgesluit. Ideaal vir kontrakteurs. EENMAN-WONINGS te huur 18 km van Hotazel op plaas. R6 000 per woning, water en krag ingesluit. Skakel 076 805 4557. KURUMAN: 3 slk, 2 badk, sit/eetkamer, TV-kamer, swembad, d/motorhuis. R15 000 p.m. Beskikbaar 1 April 2013. Skakel Louise 083 294 6453. KURUMAN: 4 SLK, 2 badk, swembad, dubbelskadunet parkering. Sekuriteitsheining en hek. R10 000 p.m. Skakel Ernest 083 283 5568 of Jaco 078 099 9003. KURUMAN: 5/6 slk, 2 badk, 2 kombuise, ideaal vir kontrakteurs. Ook geskik vir wooneenheid en kantore. Geleë in Hoofstraat, Kuruman. Onmiddellik beskikbaar.Prys ohb, verval vir langtermynkontrak. Skakel Alta 072 761 5941.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Johannes Hendrik Poolman, getroud buite gemeenskap van goed met Anna Danielina Elizabeth Poolman, woonagtig te Plaas Langley, Kuruman. Boedelnommer: 241/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skude te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 21 Februarie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

M.A. Baruni AFFORDABLE LOANS: MONTHLY EARNERS ONLY Up to R15 000. Call/SMS 072 432 0243

1988 TOYOTA 2800D, R45 000. 1997 Toyota 2400D, R43 500. Phone Thinus 072 472 8686. 1996 HARDBODY 2500D, R32 500. 1999 Courier 2500TD, R26 500. Phone 072 472 8686 or 053 963 1409.

COROLLA 1600, 2003: R65 000. 2001 Corolla 1300: R42 500. Phone Thinus 072 472 8686. MAZDA 1600, 1996: R22 000. 1996 Sentra 1600: R24 000. Phone Thinus 072 472 8686 or 053 963 1409. MAZDA 1600, 2000: R32 500. 1999 Astra 200i: R32 500. Phone Thinus 072 472 8686. WANT TO SELL YOUR CAR? Please what's app 071 967 0285 or SMS info 072 472 8686.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Monare Alben Baruni, identiteitsnommer 190206 5166 080, getroud binne gemeenskap van goed, met nagelate eggenote Annah Seonyatseng Baruni, identiteitsnommer 530330 0222 083 woonagtig te Huis No 1110A, Takeng, Batlharos, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1626/2012. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 22 Februarie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

In die boedel van wyle Tlapi Sarie Choenyane, identiteitsnommer 240916 0202 082, ongetroud, en in lewe woonagtig te Huis No E7, Dinokaneng Seksie, Tsening, distrik Kuruman. Boedelnommer: 8818/2011 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 22 Februarie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

V.M. Kameel

In die boedel van wyle Victo-ria Motsetane Kameel, identiteitsnommer 690615 0649 087 en nagelate gade John Kameel, identiteitsnommer 600318 5065 087 van Mopanistraat 53, Kathu 8446. Boedelnommer: 2193/2011 Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 22 Februarie 2013 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros Kuruman. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

PLAAS TE KOOP PER TENDER DIBENG/KORANNABERGOMGEWING

Tenders word ingewag vir die verkoop van: Die Restant van die Plaas Lymington 423 Geleë in die Afdeling Kuruman Groot: 1722,2960 hektaar Tesame met +- 40 springbokke, +- 40 blesbokke, +- 15 gemsbokke en 'n paar volstruise. Die eiendom is verbeter met 10 kampe, 2 toegeruste boorgate, hanteringsgeriewe, 'n woonhuis en buitegeboue. Tenders moet gedoen word in rand per hektaar plus BTW en moet ingelewer word in 'n verseëlde koevert by die kantore van Duvenhage & Van der Merwe, Prokmetsentrum, Hoofstraat, voor of op Maandag 11 Maart 2013 om 14:00. Die suksesvolle tenderaar, indien enige, sal in kennis gestel word teen 15 Maart 2013. Die hoogste of enigste tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Volledige verkoopsvoorwaardes is ter insae by Duvenhage & van d e r M e r w e , Prokmedsentrum, Kuruman. NAVRAE: Fanie van Zyl 053 712 1064/5/6 of selfoon 072 376 3143. E - p o s - a d r e s : dvdm@dvdmprok.co.za Posbus 63 Kuruman 8460

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

15

Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine

Finsch Diamond Mine is situated in the town of Lime Acres, 165km west of Kimberley in the Northern Cape. The Mine is currently mining at a depth of 630 meters using mechanised trackless block-cave mining.

HR Officer The successful candidate will be responsible for the execution of a variety of processes within the HR Technical Training Section, with specific focus on service delivery, training coordination, ISO and training systems. Tasks and responsibilities: • Capture data on the training database • Generate training reports • Control data on the HR system • Gather information for WSP and ATR • Issue all certificates for licences • Capture and manage expiry dates for legal training interventions • Compile reports on total expenses for training hours lost • Conduct training needs analyses for Finsch employees and contractors • Manage the ISO 9001/208 system for audits • Maintain qualifications, IDPs and filing systems • Prepare system design specifications according to information needs • Perform system user testing (rollout of VIP training module) • Develop and write reports on VIP as required by line and training function • Undertake monthly reporting and interpretation of data, eg training events, non-conformance, legal training tracking • Examine improvements for effectiveness and efficiency of systems and processes and make recommendations (this could include examining the efficiency of data input methods and design of input forms). Minimum requirements: • A Grade 12 and a Certificate in Human Resources or equivalent • 3 years’ experience in an HR environment • Proven computer literacy in the MS Office suite • Experience in a service delivery environment • Advanced Excel skills (essential) • 2 years’ system administration experience. Other skills/competencies: • Good report writing skills • Knowledge and application of training processes • The ability to communicate effectively (written and verbal) • Training system experience would be an added advantage • Planning, coordination and prioritisation skills • Attention to detail • Trustworthiness • Sound customer relations. (Ref. FINSCH057) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidates is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele. Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies) and forward this, together with your résumé, qualifications and ID, to E2-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 659 1334. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. Closing date: 28 February 2013. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. www.humanjobs.co.za

Human Communications 95728


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

17

Staan kinders enduit by AMC FUNERALS identifiseer graag behoeftes in die gebiede waarin hul kliënte woon. Hulle het 15 minder bevoorregte leerlinge van die Sesheng­ Primêre Skool in Loopeng/Slough van nuwe rokke, hemde, broeke, baadjies en skoene voorsien. Hulle het verder onderneem om die 15 kinders elke jaar te help totdat hulle hul primêre skoolloopbaan voltooi het. Hier is van links Michael Disang (bemarkingsdirekteur van AMC) sy vrou, Lucy, en Jones Disang (skoolhoof van die Sesheng­ Primêre Skool) saam met lede van die skool se beheerraad en die 15 leerlinge. Foto: Verskaf

DIE komiteelede is van links, voor: Anja van Eeden, Chummy de Bruin, Koenie van Eeden en Annatjie du Bruyn; agter: Frans Cloete, Adele du Plessis, Johan du Bruyn, Venetia Schreuder, Japie Schreuder, Francine Noeth en Lizelle Sterley. Afwesig: Willie de Bruin, Alwyn Noeth en Org Delport. Foto: Verskaf

Skool hou reünie

“ALLE bobbejaantjies, klap jul handjies . . . daar’s ’n groot fees, daar’s ’n groot fees . . . ” Soos dié bekende liedjie dit wil hê, beplan die reëlingskomitee van die Laerskool Vanzylsrus ’n reünie op 30 en 31 Maart vanjaar. “Party dinge gebeur net een maal en ek meen dit gaan ook so ’n geleentheid wees,” sê die organiseerder Chummy de Bruin. “Daarom moet mense dit nie misloop en later spyt wees nie.” Die komitee, asook die

hele gemeenskap, doen baie moeite om geleenthede te skep om die kuierfees so gedenkwaardig en spesiaal moontlik te maak. ’n Groot tent gaan opgeslaan word. Die plaaslike Kansagroep voorsien piekniekmandjies en ds. Kobus van Tonder en sy vrou, Hannelie, sal die Saterdagaand ’n skaapbraai aanbied. Sondag sal die Hotel Vanzylsrus bewys waarom niemand meer daar verbyry nie. Plekbespreking moet voor 4 Maart gedoen word.

De Bruin doen ’n ernstige beroep op belangstellendes, want omdat die dorp so afgeleë is, moet voorsiening gemaak word. Interessante uitstappies deur die skool, koshuis en museum word beplan en oudleerlinge sal ook uitstallings hou. Die plaaslike kunsklub, sowel as die hotel, het stalletjies. Geld is dus ’n baie belangrike faktor vir die naweek. Rig navrae aan De Bruin by 082-772-4753.

Seisoen se eerste toernooi beslis Annerie Louw DIE eerste georganiseerde toernooi van die 2013-tennisseisoen is verlede Saterdag op Kathu gehou. Tien mans het in twee spanne teen mekaar in enkelspel- en dubbelspelwedstryde meegeding. Dawid van der Berg, die woordvoerder van die Kathu-tennisklub, sê: “Spel het om 16:30 begin, maar is deur ’n reënbui ontwrig. Ná die reën is die bane drooggevee en spel is hervat.”

Dit het veroorsaak dat die prysuitdeling eers om 20:00 kon plaasvind. Die formaat het behels dat vyf rondes, bestaande uit vier enkelspelpotte en agt dubbelspelpotte, gespeel is. Die wenspan was Gielie Loots, Hanru Nelson, Marinus Hanekom, Jacques Smith en Dawid van der Berg. Die naaswenners was Schoeman Botma, Jannie Loots, Wynand de Villiers, Jaco Louw en Frikkie van Tiddens.

Die organiseerders was verheug dat die junior spelers so goed ingeskakel het. Almal was dit eens dat die dag ’n groot sukses was en dat die wedstryde in ’n goeie gees plaasgevind het. Die spelers is ook baie dankbaar vir die borge wat die dag ondersteun het. “Daar word met groot verwagting uitgesien na die volgende tennisdag – die jaarlikse aandtoernooi wat teen die einde van Februarie sal plaasvind,” sê Van der Berg.

Verbeter rekords ATLETE van die La­ erskool Kuruman wat rekords verbeter het op die Ga­Segonya­ na­streekbyeen­ koms verlede Woensdag is van links, voor: Poloko Khoana (seuns o.11, 70 m­hekkies), Ser­ gio Jacobs (seuns o.13, hoogspring) en Kutlo Molema (seuns o.12, hoogspring); agter: Sabrinah Phil­ lander (meisies o.12, hoogspring) en Jové van Zyl (meisies o.11, gewigstoot). Foto: Hester Engelbrecht


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

FAK soek nasate van Groot Trek-leiers WAT is jou van? Dalk Cilliers of Maritz of Potgieter of Uys? Of miskien Pretorius, Retief of Trichardt? As deel van die Groot Trek se 175-herdenking is die FAK op soek na soveel moontlik van die jong nasate van Trekkerleiers. Die nasate moet die naam van die betrokke Trekleier dra. Elkeen van die geïdentifiseerde nasate sal op ’n FAK-glansgeleentheid op 13 Junie vanjaar ’n spesiale herdenkingsertifikaat ontvang. Skakel die FAK-kantoor voor 1 Mei vir ’n inskryfvorm. Vir verdere inligting skakel 012-301-1777 of stuur ’n epos na fak@fak.org.za )Vir diegene wat in die Groot Trek belang stel, het Maroela Media ’n sosiale mediaveldtog met betrekking tot die Groot Trek se 175 jaar-feesviering begin. Lede van die publiek

VAN links is Atie Kamper, kunstemarkorganiseerder, Marlize Beukes, bemarkingsbe­ stuurder van Vodacom vir die Vrystaat en Noord­Kaap, en Lucas Swart, terreinorgani­ seerder. Foto: Conrad Bornman

Kry nou feesstalletjie PIET RETIEF se foto op sy Facebook­blad Foto’s: Facebook kan op Facebook gaan kyk wat 175 jaar gelede met Louis Trichardt, Hendrik Potgieter, Anna Steenkamp, Piet Retief en Dingaan gebeur het.

HENDRIK POTGIETER se foto op sy Facebook­blad. Daar sal daagliks op hul Facebook-blad interaksie tussen die Trekkerleiers, Trekkers, vyandiges en ander Groot Trek-belangepartye plaasvind.

VOORNEMENDE uitstallers word aangemoedig om nou reeds aansoek om stalletjies op vanjaar se Vodacom-kunstemark van die Vryfees te doen. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 20 Maart. Vanjaar se Vryfees is van 9 tot 14 Julie. Atie Kamper, kunstemarkorganiseerder van die Vryfees, sê die Vodacom-kunstemark is ’n ware kunsmark wat op kreatiwiteit en kunssinnigheid fokus. Voorkeur word aan hand- en tuisgemaakte produkte gegee. Plaaslike kunstenaars van die streek sal sterk oorweeg word. ’n Keuringspaneel oorweeg verder ook die aanbod en vraag na die produk by die publiek tydens die keuringsproses. “Die Vodacom-kunstemark groei

jaarliks en verlede jaar is sowat 379 stalletjies gekeur. Die gratis toegang tot die kunstemarkterrein en parkering moedig sterker koopkrag van markprodukte aan,” sê Kamper. Meer as 100 000 mense besoek die kunstemark in die ses dae wat die fees duur. Marlize Beukes, Vodacom se bemarkingsbestuurder, sê hulle is opgewonde om weer betrokke te wees by die Vodacom-kunstemark en sien uit na ’n nog groter Vryfees. Pensioentrekkers ontvang 10%-afslag op die huur van stalletjies. Voornemende uitstallers kan aansoekvorms vir die kunstemarkstalletjies by die fees se webtuiste www.vryfees.co.za aflaai. Gaan na “feesaansoeke”. Onder Vodacom-kunste-

mark en kosstalletjies is drie vorms: ’n terreinkaart, kosstalletjie-aansoekvorm en ’n uitstalleraansoekvorm. Voltooi die geskikte vorm, skandeer en e-pos dit na atie.kamper@volksblad.com. Dit kan ook na 086-2490017 gefaks word. Stuur ook hiermee saam die bewys van betaling van die R100-administrasiegeld. Die vorm kan ook per hand by die Volksblad-kantoor vir die aandag van Atie Kamper afgelewer word. Belangstellendes kan Atie Kamper op weeksdae tussen 09:00 en 14:00 by 051404-7811 kontak, of per e-pos by atie.kamper@volksblad.com. Volg die Vryfees op Facebook by www.facebook.com/vryfees en Twitter @Vryfees om op die hoogte te bly van die nuutste feesgebeure.

why work there if you could work here...

with true innovation, greater technology, serious career growth.

These are just a few of the extraordinary differences that set us apart from our competitors, and upon joining Sasol, growth and opportunity is inevitable. The following permanent career opportunities are currently offered:

Site Supervisors Requirements: • Grade 12 Certificate or NQF 4 equivalent • excellent MS Office skills • statistical understanding (for report preparation) • excellent admin skills • a Code 14 driver’s licence, Blasting Certificate, Magazine Master and a qualified trade, will be advantageous. (Kolomela Mine – Ref: 11044 • Bruce Mine – Ref: 11045 • Beeshoek – Ref: 11046)

Blaster Requirements: • Surface Blasting Certificate (essential) • Grade 12 Certificate or NQF 4 equivalent (with Maths & Physical Science) • statistical understanding (for report preparation) • relevant product knowledge (explosives, explosives accessories, electronic initiation systems) • minimum 5 years’ surface mining experience • knowledge of and experience in Safety & Health Environment and relevant legislation pertaining to mining and mining operations • computer literacy • a valid Code 08 driver’s licence • a valid Red Ticket (or able to obtain one). (Beeshoek – Ref: 11047)

Should you wish to join our dynamic team, please visit www.sasol.com and then select the relevant position by using the vacancy reference number, to view full job description. Only applications received via our online career centre will be considered. In return for your contribution, Sasol offers excellent career development and growth opportunities and above average remuneration packages, incorporating large-company benefits and relocation assistance.

Closing date: 25 February 2013. Appointment is subject to the verification of credentials. Communication will be limited to short-listed candidates only. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please accept your application as unsuccessful.We thank all applicants for their interest. Sasol is committed to establishing a diverse workforce. 110766 www.ayandambanga.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

19

DIE meisie en seun wat die meeste punte op die kleure­atletiekbyeenkoms behaal het, is Marna van Wyk en Franco van Schalkwyk. Foto’s: Verskaf

DIE Oranjespan se tema was Holland. Hier stap die hollanders saam met hul rasieleiers in hul optog. Die oranjespan se rasieleiers is Liam Smit, Nina Ackerman (hoofrasieleier), Leonie van Zyl en Gideon Nel (hoofrasieleier).

Kleurryke atletiek

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het die naweek van 9 Februarie sy kleure-atletiekbyeenkoms gehou. Die Oranjespan het weer vanjaar die spankompetisie op die byeenkoms gewen. Die Blouspan het teruggeveg deur deurlopend die beste gees te

TWEE van die on­ derwysers het saam aan boord van die geesbootjie ge­ spring. Van links is Nicolene Olivier en Tersia Koortzen.

hê en die spanlede het kliphard saamgesing om die geesbeker met gemak te wen. Die Blouspanlede was vanjaar almal soos seerotte aangetrek om te pas by hul matroos-tema, terwyl die Oranjespan ’n draai in Holland gemaak het, kompleet met klompe en al.

DIE pragtig versierde paviljoen van die blouspan.

DIE hoofmatrose van die Blouspan is van links Miké Bothma, Shania Koortzen (hoofrasieleier), Franco Rossouw (hoofrasieleier) en Francois du Toit.

DIE hoofrasieleiers ontvang hul spanbe­ ker. Van links is, voor: Shania Koort­ zen, Franco Ros­ souw, Nina Acker­ man en Gideon Nel van die seëvieren­ de Oranjespan en Chrismari Visser; agter: Corné Ellis.

DIÉ paviljoen van die Oranjespan voer ’n mens dadelik van Suid­Afrika na Holland.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013

ATLETE van die Hoërskool Duineveld wat op die Hartswater­Top20­atletiekbyeenkoms medaljes gewen het, is van links Rin­Marie Coetzee, Wian van Zyl, Anmari Hugo, Adam Visagie en Isabeau Malan. Foto: Megan Loots

Vyf van Duineveld wen medaljes ATLETE van die Hoërskool Duineveld het aan die Hartswater-Top20-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Die topatlete van 26 skole het op dié byeenkoms kragte gemeet. Op die strawwe byeenkoms het vyf van Duineveld se atlete

medaljes gewen. Anmari Hugo het goud in die 100 m-hekkies en silwer in die 400 m-hekkies vir meisies o.19 gewen. Op sy beurt het Wian van Zyl brons in die 300 m-hekkies vir seuns o.17 gewen. Isabeau Malan het

brons in die 100 m-hekkies vir meisies o.17 gewen en Rin-Marie Coetzee het silwer in die 400 m-hekkies vir meisies o.17 verower. Adam Visagie het silwer in die verspring en in die 1 500 m vir seuns o.15 gewen.

HMO presteer op tennisproewe SES van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas se tennisspelers het aan die Noord-Kaap-tennisproewe in Kimberley deelgeneem. In die meisies o.14groep is Carli Brand tweede gekeur, Jo-Mari Hayes derde gekeur en Christen Fox agtste gekeur. Gerber van Rooyen was die eerste gekeurde seun in die o.15-ouderdomsgroep. Adri du Plessis (o.16) en Frikkie van Tiddens (o.14) het albei die sesde gekeurde plek in hul ouderdomsgroepe behaal. Sonette Oosthuizen was die vyfde gekeurde meisie in die o.17-ouderdomsgroep. Gerber en Carli is gekies om van die interprovinsiale spanne vir hul onderskeie ouderdomsgroepe deel te wees.

GERBER VAN ROOYEN en Carli Brand is albei op die Noord­ Kaap­tennisproewe vir die interprovinsiale spanne gekies. Foto: verskaf

Hokkiekliniek weer op Upington DIE Elsie Coetzer-hokkiekliniek vind Vrydag en Saterdag by die Hoërskool Duineveld se A-hokkieveld plaas. Dié hokkiekliniek is die tweede afrigtingskursus wat Coetzer op Upington

aanbied. Dit kos R300 en inskrywings kan Vrydag van 14:00 af by Duineveld se bane gedoen word. Die program begin Vrydag en sal om 13:00 Sater-

dag eindig. Spelers van all ouderdomme en skole in die distrik is welkom. Rig navrae aan Bea Swart by 082-215-8772 of aan Anita van Niekerk by 082-371-4731.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.