21 MAART 2013
VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG
GRATIS
TEL. 0543313482
HOEWEL die krieketveld talle uitdagings gebied het en die son by tye genadeloos gebrand het, het kapteine hul veldwerkers soos regte Proteas op die veld rondgestuur om sesse te keer. Die veldwerkers het nes Jonty Rhodes nader gestap, mekaar met handeklap aangemoedig en in die stof neergeplof om die lopietelling laag te hou terwyl die kommentator toeskouers met fyn kwinkslae laat lag het. Sien nog foto’s op bl. 9. Foto: Anena Burger
Sand, sesse waar jy kyk Lizette Slabber
OP dié krieketveld word lekker sesse geslaan, maar geen viere nie, want die rooi krieketbal plof net in die rooi sand neer en lê daar waar hy geval het. Dié gesig is iets wat ’n mens net een keer in ’n leeftyd sien. ’n Bloedrooi Kalaharisand-krieketveld met ’n oase-groen kolfblad. Die rooi krieketveld word met swart pype van die rooi “graswalle” geskei, waar toeskouers soos by elke krieketwedstryd sit en krieket kyk terwyl hulle ’n biertjie drink. Maar dié graswalle het geen gras nie, net
kameeldoringbome, perde, donkiekarre, baie bakkies en, natuurlik, boerbokke wat saam krieket kyk. Die SANParke-kriekettoernooi is die eerste keer op Welkom net buite die Kagalagadi-oorgrenspark aangebied. Die afgelope sewe jaar vind dit op Skukuza in die Kruger- Nasionale Park plaas nadat die Kgalagadipersoneel die Skukuza-personeel vir ’n krieketwedstryd uitgedaag het. Vanjaar is die kriekettoernooi na die rooi duine van die Kalahari verskuif nadat lede van die SANParkeforum besluit het hulle is lus vir
iets anders. Van die forum-lede het selfs van lande soos Switserland, Australië, Frankryk en die Midde-Ooste gekom om na die rooi skouspel te kom kyk. Anne-Marie Rosset van Switserland het spesiaal na die Kalahari gekom, omdat sy al twee keer die krieket op Skukuza bygewoon het, forum-vriende gemaak het en nou die Kalahari die eerste keer wou sien. Jenny Anderson van Australië het selfs vir die Forum-vrouespan gespeel. “Toe ek die veld die eerste keer
gesien het, het ek gevra: ‘Wanneer bring julle die gras?’ In die sand kan jy nie vastrap of hardloop nie en jy kan nie die rooi bal in die rooi sand sien nie.” Sy was al tien keer hier en beskou die Kgalagadi as haar gunstelingdeel van Suid-Afrika. Die Forum-vrouespan het die Kgalagadi-span met een lopie gewen. Al die geld wat met die kriekettoernooi ingesamel is, sal gebruik word om ’n mediasentrum vir die Laerskool Welkom te bou. Daar is op die forum ’n stil veiling gehou om geld in te samel en selfs die Pro-
teas het krieketkolwe en hemde geteken om opgeveil te word. Volgens Yolandy Mouton wat op Welkom grootgeword het, nou by die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park werk en vir die Kgalagadi-vrouespan speel, het dié kriekettoernooi Welkom bekend gemaak. “Niemand sal ooit weer vra waar is dié Welkom nie. Hulle sal nooit weer dink ons is in die Vrystaat nie. Ons is op die map geplaas. En ek het twee wickets gevat.” As enigiemand ’n bydrae vir die mediasentrum van die laerskool wil lewer, kan hulle ’n e-pos na louislemmer@telkomsa.net stuur.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Uitnemendheid in SAPD word beloon
JULIUS GATYENI met sy goue eerbewys vir die beste gemeenskapspolisiëringsforum in die Noord-Kaap.
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Paballelo is op Nasionale Polisiedag met sewe eerbewyse bekroon. Dit is nie net ’n verbetering op verlede jaar se prestasie nie, maar ook die meeste eerbewyse wat enige polisiekantoor in die omgewing ontvang het. In 2012 het die SAPD op Paballelo vier eerbewyse ontvang; een goue, twee silwer- en een bronseerbewys. Vanjaar het hy twee goue, vier silwer- en een bronseerbewys ontvang. Die goue eerbewyse is ontvang vir die beste gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die Noord-Kaap en vir die beste reservis in die Noord-Kaap. Julius Gatyeni, voorsitter van die Paballelo GPF, het die eerbewys namens sy komitee ontvang. Dié komitee is aktief by misdaadbestryding betrokke. Hy het veral in die feestyd gereeld patrollies in en om misdaadsones gedoen. Konstabel Manuel Mdelomba het die goue eerbewys vir die beste reservis in die NoordKaap ontvang. Volgens adjudant-offisier Marina Brewis, woordvoerder van die Paballelo SAPD, het hy amper ontelbare ure gewerk en is hy een van daardie lede op wie ’n mens dag of nag kan staatmaak. Luitenant-kolonel Ronell Visagie, kaptein Koot Visser, inspekteur Wilna van den Heever en Brewis het elkeen ’n silwereerbewys ontvang. Visagie is as die beste stasiebevelvoerder in
RESERVIS-KONSTABEL MANUEL MDELOMBA ontvang sy goue eerbewys as beste reservis in die Noord-Kaap van generaal Basson. Foto’s: Verskaf die Noord-Kaap aangewys. Volgens Brewis is sy nie net ’n goeie leier nie, maar is ook die moeder wat al die kuikens bymekaarhou. Visser is as die beste speurtakbevelvoerder in die Noord-Kaap aangewys en Van den Heever as die beste speurder. Hulle het albei jare se ondersoek-ondervinding en deel graag hul kennis met jonger lede. Brewis het haar silwereerbewys vir beste sigbare polisiëring ontvang. Sy lewer dienste
as sektorbestuurder in sektor drie, ook in die sosiale misdaadvoorkomingseenheid, en help met kommunikasie. Sy is ook naweke by misdaadvoorkomingsaksies betrokke. Tersia Rossouw het ’n bronseerbewys vir beste administrasieklerk ontvang. Dié eerbewys het sy vir die insameling en verwerking van inligting ontvang. Sy is gemoeid met profielsamestellings en -ontledings en is ’n deskundige wanneer dit by samestellings kom.
2039
1939
1737
NW25
NW15
W10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Sterretjie soek nuwe heenkome
Tyd min vir inskryf Annerie Louw DIE sluitingsdatum vir inskrywings vir Kuruman die Oog se omgeeprojek is die einde van Maart. Die kompetisie se kriteria is: Wat sou jy doen as jy R5 000 gehad het om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak? Die vorige keer dat die kompetisie plaasgevind het, was dit ’n gemeente-omgeeprojek. Die geld is van buite die gemeente verkry. Die opleiding van huishulpe was die wenprojek en dit is uitgevoer. Altesaam 14 mense is opgelei en in poste geplaas. Dié keer is dit ’n gemeenskap-omgeeprojek. Dit beteken enigeen kan inskryf. Dit is nie net vir gemeentelede bedoel nie. Die geld word uit die Eidon-trust verkry. Die trust het drie meenthuise ontwikkel wat tans verhuur word. Die huurinkomste word aangewend om barmhartigheidswerk te doen. Daar is pryse van R5 000, R3 000 en R2 000 op die spel en die sluitingsdatum is einde Maart. Inskrywings kan aan ds. Christo Jonck gestuur word by cjonck@xsinet.co.za of gepos word na Posbus 162, Kuruman.
Lynn-Mari Olivier DIE Sterretjie-kleuterskool in Wrenchville gaan ’n nuwe heenkome in Middelweg soek nadat hy 13 jaar in die AGS-kandelaar-kerkgebou gehuisves is. Die gemeente het nou self die gebou nodig en die kleuterskool moet teen einde Maart ander huisvesting soek. Maudi Corner, skoolhoof, sê sy is dankbaar dat hulle haar nog die laaste drie jaar gehuisves het. Sy het ’n leë erf in Middelweg bekom en het verlede Vrydag gekies om die amptelike skoonmakery te begin. Teen 09:00 het die kleuters gewapen met speelgoedgrawe by die ou skool gereed gestaan om letterlik en figuurlik die moeilike pad na die nuwe gebied te stap. By Middelweg aangekom is onder die gazebo bymekaargekom om die verrigtinge met gebed te open. Toe Corner vir die nuwe plek gebid het, was al die hande in die lug waarna die kleuters die Onse Vader-gebed gebid het. Terwyl die kleuters kastig rondgeskoffel het, het volwassenes wat by die skool betrokke is bymekaargekom om planne van aksie te bespreek. Corner sê die entoesiastiese ouers, asook voormalige ouers, is baie behulpsaam met skenkings. ’n Ouer het byvoorbeeld die vetkoek en koeldrank wat Vrydag verkoop is, geskenk. Nogtans het hulle baie geld en ondersteuning nodig om die kleuterskool se struktuur op te rig. Hulle gaan moontlik tydelik ’n garage by iemand huur om net eers te kan voortgaan. Enigiemand wat belang stel om by die Sterretjie-kleuterskool betrokke te raak vir enige vorm van hulp kan Corner by 082491-3681 bel. “Ek wil graag die bos ’n paleis maak,” sê Corner.
3
DR. JANICA RETIEF tuis in haar nuwe werkplek.
Foto: Lynn-Mari Olivier
Tandarts verwelkom Lynn-Mari Olivier KURUMAN is ’n tandarts ryker. Dr. Janica Retief het onlangs as tandarts by Dr. Stofberg en Vennote begin werk. Retief is van Bloemfontein, maar het haar graad by Tukkies behaal. Wat is jou droom vir jouself en dan jou droom vir jou beroep? My droom vir myself en my beroep is om oor ongeveer vyf jaar oorsee te gaan. Ek wil graag Wallis of Ierland
toe verhuis en ’n praktyk daar begin. My kêrel studeer medies en hy is deel van my toekomsplanne en dus is dit ons albei se droom om ’n gesamentlike praktyk te open waar die pasiente mediese en tandheelkundige dienste kan kry. Ek wil ook graag in verskeie velde soos ortodonsie en estetiese tandheelkunde my vaardighede en kennis uitbrei. Ek wil graag later vanjaar begin om ortodonsie te doen en
ook hopelik vanjaar of volgende jaar Botox. Hoe ervaar jy Kuruman? Kuruman is ’n klein gemeenskap met baie vriendelike mense. Ek kan eerlik sê dat ek van die begin af welkom gevoel het. Wat is jou gunsteling-tydverdryf? Ek hou baie daarvan om na rolprente en reekse te kyk. Ek hou ook van lees en om tyd saam met my hondjie, Ava, deur te bring.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Verskoning vir vergissing
’n Vreugde om hier te woon HOE heerlik is dit nie om in die Kalahari te woon nie. Dit voel asof daar deesdae vinnig van die een wonderlike party, geselligheid of sportaktiwiteit na die volgende beweeg word. En die een is net lekkerder as die ander. Die afgelope naweek is die SANParke-kriekettoernooi op Welkom in die Kgalagadi-oorgrenspark se hek gehou. Die kommentator, wat eintlik een van die grootkoppe van SANParke is, was duidelik mal oor dié wêreld en sy werk as kommentator. Elke nou en dan het hy in gebroke Afrikaans vertel hoe mal hy oor die Kalahari en sy Afrikaans is. “Hier sê julle ’n ding soos hy is. As ek by die huis is, gaan ek vir my kinders sê: ‘Hardloop! Kom aan!’ Hoor net hoe lekker klink dit.” Dié kriekettoernooi was iets wat almal lank sal bybly. Die krieketspelers het alles nes hul nasionale kollegas gedoen, maar op ’n rooi stofbaan.
Ná al die lekkerte bly die ander lekkertes net aanhou kom. Dié naweek vind die tweede Groen Kalahari-kanowedvaart plaas. En soos die krieket Welkom op die map gesit het, doen die kanowedvaart dit vir Upington. Die wedvaart is werklik ’n sportgeleentheid wat die potensiaal het om een van die groot kanowedvaarte in Suid-Afrika te word. Roeiers roei deur asemrowende natuurskoon op een van die mooiste riviere in Suid-Afrika. Tesame hiermee vind die eerste Sanfees in die Kalahari plaas. Dit is asof daar deesdae ’n opgewondenheid is oor alles wat dié wêreld bied, en nie net aan toeriste nie, maar ook aan inwoners. Dan praat ons nie eens van die Kalahari-kuierfees wat Upington een van die dae weer gaan opvrolik nie. Upington is werklik nou dié plek om te wees.
BRIAN BRIESIES, Dingleton: GRAAG wil ek mev. Ilse Watson om verskoning vra vir my brief wat verlede week in Kalahari Bulletin verskyn het. Die brief was nie vir haar bedoel nie. Ek erken dat ek ’n groot fout begaan het deur haar aan te vat. Die brief was eintlik bedoel vir die verslaggewer van Volksblad wat op 14 Februarie ’n paar sakies rakende Dingleton kwytgeraak het. ) André Botha, verslaggewer van Volksblad, se kommentaar: Dit is ’n jammerte dat mnr. Briesies nie die moeite gedoen het om die artikel behoorlik en met aandag te lees nie. Dat hy een van verskeie mense wat in die artikel aangehaal word met die skrywer verwar het, is genoegsame bewys hiervoor. Ek sou voorstel dat mnr. Briesies hom ook van die feite rondom Dingleton se verskuiwing vergewis.
Byeenkoms chaoties SELFS al is Valentynsdag lankal verby sal ’n romantiese skemervaart op die Oranjerivier met jou geliefde altyd onvergeetlik wees. Foto: Anena Burger
Paasfees bewys God Só diep my spore . . . gee vir almal om Annerie Louw
HOE weet ek God gee vir my om? Paasfees help ons. As daar een woord is wat ek meen alle Christene gereeld moet gebruik, is dit geloofsonderskeiding (discernment). Dit verwys daarna dat ons voortdurend in ’n proses is waar ons God se plan met ons lewe probeer raaksien en verstaan. Prakties beteken dit dat ons in die verskillende omstandighede van ons lewe Godsvrae moet vra oor wat gebeur. Wanneer ons krisistye soos siekte, dood, verlies van werk of geldelike nood beleef, moet ons vra wat God in sulke tye vir ons probeer leer. Net so wanneer ons goeie tye beleef, moet ons ook vra wat God dan vir ons wil sê. God wil hê ons moet te alle tye van sy teenwoordigheid en betrokkenheid in ons lewe bewus wees. Ons moet geloofsonderskeiding toepas om in pas en in voeling te bly met hoe God met ons elkeen werk. Dit is nie maklik om God se bedoeling met ons te verstaan nie. Ons sien hom mos nie self nie en ons hoor hom nie noodwendig praat nie. So, waarna kan ons kyk wat ons met redelike sekerheid kan aanvaar as Sy wil vir ons? Die Bybelse getuienis oor God Die Bybelverhale verwys na twee groot feeste wat wys wat God vir ons as mense gedoen het: Kersfees en Paasfees. Dit blyk God het van die skepping af bedoel dat die mens waarlik gelukkig moes wees en Hy
skep die ideale omgewing daarvoor (paradys). Wanneer alles verkeerd loop weens ons ongehoorsaamheid en eie wil kom God telkens tot ons redding. Hy gee eindelik Homself in Jesus (Kersfees) en laat toe dat Jesus sterf sodat ons oortredinge ons nie meer toegereken word nie, maar dat ons gered sal word (2 Kor. 5:19-21) (Paasfees). Die optrede van Jesus Die Bybel vertel dat niemand God kan sien nie, maar dat ons Hom wel in Jesus leer ken het (Kol. 1:15, 1920). Deur wát Jesus doen en hóé Hy dit doen, kan ons dus God se bedoeling raaksien. Jesus se optrede teenoor mense is altyd begripvol en met medelye. Hy luister, hy interpreteer en probeer mense na selfbegrip lei. Hy praat met straatvroue en met korrupte amptenare. Hy raas nie. Trouens, hy kom op vir hulle wanneer die “goeie” mense hulle veroordeel. Mag Paasfees jou weer op ’n spesiale manier herinner dat God se plan vir jou lewe goed is. Mag dit jou aanmoedig in jou daaglikse proses van geloofsonderskeiding sodat jy nie twyfel nie, maar opnuut sekerheid van Sy goedgesindheid teenoor jou vind.
MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.
EK praat die laaste tyd so baie van my spore wat ek hier in die Kalahari agterlaat. Baie mense sal nie weet hóé diep die spore lê nie. Om die diepte te illustreer is dit nodig dat ek die volgende noem: Ockie Bester se ma was my sub B-juffrou in die tyd toe mnr. Malherbe die skoolhoof was. Tannie Eerwaarde du Plessis het vir my praktiese musiek gegee en tannie Hanna Lubbe musiekteorie. Die gevolg van my musiekonderrig was dat ek in vier verskillende kerke op Kuruman tydens eredienste, begrafnisse en troues begeleiding gedoen het. Lizette Hauman was my trompoppie-peloton se leier en haar skoonsuster, Tanya, was ’n gimnas in my gimnastiekklub. Suster Christa Kuhn se dogters, mnr. Flip Crouse se dogter, die Strydom-dogters en Marthie Janse van Rensburg was onder andere ook deel van die gimnastiekklub. Liana Deetlefs, Jan Lubbe, Jan Lombard en Martin Lamprecht was leerlinge in my eerste st. 6-klas aan die Hoërskool Kalahari. Ek is hier gebore, gedoop in die Hervormde kerk (wat toe nog die NG kerkgebou was), deur ds. Lessing aangeneem, deur ds. Gert Nel getroud. Ons twee seuns is in die NG Moedergemeente gedoop en Mooiste is hier getroud. Haar eersteling is in die Ooggemeente gedoop. Al drie
kinders is hier aangeneem en het aan die Hoërskool Kalahari gematrikuleer. Van ’n plaaskind (op Kriekbult) wat oorbekend was met veilings en landbouskoue tot ’n dorpskind wat aflewerings gedoen het vir my pa se Seodin-melkery en vakansies in hul KTK-meubelwinkel gewerk het, het ek Kuruman beleef en geleef: Gefco en KCBA se boom en sy val. In 1971 was ek in die trompoppie-peloton wat vir BJ Vorster met sy besoek aan Kuruman erewag gestaan het. In 2012 was ek ’n joernalis toe Jacob Zuma die oorskot van Klaas en Trooi Pienaar kom herbegrawe het. Op Kakamas aan die HMO was Vlok Hanekom my kollega, Charl van Rensburg my vakhoof en Estelle Crafford my trompoppie-peloton se leier. Riaan van der Vyfer, skoolhoof van Duineveld, was my buurman in die koshuis toe ek daar skoolgehou het. In my onderwysloopbaan op Blackrock het ek koor, trompoppies en blokfluitspelers met modelleerlinge soos Robin en Wendy Shandler, Í’Louise Prinsloo, Leané van der Merwe afgerig. Goeie sportmanne soos Freddie en Madré Swanepoel is deur my hande. Baie van die oudleerlinge is al ouers. Ek dink dit was tyd vir aftree.
ATLETIEKLIEFHEBBER, thu:
Ka-
INDIEN Atletiekliefhebber mooi gelees het, sou hy gesien het die artikel in Volksblad was die insette van verskillende ouers, skole en afrigters en nie net my mening nie. Volksblad het my ook gekontak en gevra oor die provinsiale byeenkoms, waarna ek toestemming gegee het dat my naam gebruik mag word. Terugvoering: ) Nie KPS of die spesifieke personeellid het nie enige e-posse oor ’n departementele bus vir vervoer ontvang nie en dus is ook geen briewe of e-posse gestuur om aan te dui dat ons nie van sogenaamde diens gebruik sou maak nie. ) In Kimberley was die paviljoen nie weer soos verlede jaar met ’n bordjie gemerk waar die JTG-span moes sit nie, en ons atlete, asook ander skole se atlete van die JTGstreek, het gesit waar ons laasjaar gesit het. Hoekom het die spanbestuurders nie vir ons kom sê ons sit op ’n verkeerde plek nie? ) Is dit nie reeds deel van die spanbestuurders se plig om toe te sien dat al die atlete van die JTG-span bymekaarsit sodat al die atlete water en kos kan kry en sodat al die atlete betyds by hul nommers kon aanmeld nie? ) Ek weet van vier atlete, onder andere my dogter, wat in ons groep gesit het wat laat was vir hul nommers en dit sou mis indien ’n veldbeampte van Kuruman nie na ons gekom het en gevra het vir die spesifieke atlete nie. ) Volgens Atletiekliefhebber is die byeenkoms gestop omdat hulle vroeg was – ek wonder of ons op dieselfde byeenkoms was, want ons het ’n driekwartier laat begin en ná ’n paar nommers is die byeenkoms vir byna ’n uur gestop omdat daar nie tydkaarte was nie. Daarna is die byeenkoms kort-kort gestop, omdat beamptes nie op hul poste was nie en volgens die aankondiger om ’n few hickups uit te klaar. ) Almal was bewus van die false start-reël. Die ontevredenheid was oor die swak organisering, en van veral die betrokke hekkiesnommer, en nie oor die reël wat toegepas is nie. Die betrokke atlete het al in hul wegspringposisie gesit toe hulle moes opstaan en weer aantree waarna hulle weer moes terugstaan sodat die hekkies van die baan verwyder kon word, omdat dit eintlik die 80 m-nommer moes wees. Die kinders het toe omtrent ’n uur in die son gesit terwyl die hekkies verwyder is, die 80 m-uitdunrondes afgehandel is en daarna is die hekkies weer gepak – toe kon die hekkiesatlete weer twee maal aantree om te begin.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
5
Mark groot pret Lizette Slabber WAT ’n reuse-sukses. Met motors wat in lang rye weerskante van die ingang opgehoop het en mense wat geselsgesels tussendeur die stalletjies gestap en daarna met armsvol geskenke en eetgoed na hul motors teruggegaan het, kan ’n mens die DBV se eerste markdag net as ’n sukses beskou. Meer as 50 stalletjies was Saterdag deel van
die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington se markdag en daar was werklik iets vir almal. Kinders het rondgehardloop, mense het geëet en die hele tyd moes die stalletjie-eienaars bontstaan om mense te help. Die helderkleurige DBV-T-hemde met hul vrolike pootspore op is deur klein en groot gedra en dit het beslis die hele mark in ’n kleurryke feesterrein omgeskep. Die mark kan beslis ’n jaarlikse instelling word.
WAT is ’n DBV-markdag sonder ’n stalletjie waarby ’n mens allerlei oulike goed kan koop om die woefie in jou lewe mee te bederf? Dié stalletjie van Classic Feeds het lekkernye, troeteldierkos en selfs jassies vir die winter verkoop. Hier wys Swiegers en Mia Benadé hoe stylvol Vlekkie en Kolle dié winter kan lyk. Foto’s: Lizette Slabber
DIE hardwerkende lede van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington voor die pragtige T-hemde wat hulle verkoop het. Die sukses van die markdag het dié groepie vrywilligers breed laat glimlag. Van links is Sharon Minders (voorsitter), Lumarie van Zyl, Alicia Malan, Mary-Anne Miskey (organiseerder van die markdag), Andrew Miskey en Maritsa van der Merwe (organiseerder van die markdag).
CARIN STRYDOM (links) en Susan Huxham van Maminka Art het die pragtigste dekor-artikels verkoop.
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Roeiers kom weer rivier tem DIE tweede Groen Kalahari-kanowedvaart wat op die waterweë van die Oranjerivier se wynlande beslis sal word, het behoorlik die verbeelding van Suid-Afrika se roeigemeenskap aangegryp. Vanjaar se wedvaart vind van dié naweek af plaas en meer as 80 inskrywings is reeds ontvang, vergeleke met die 48 pionier-roeiers wat verlede jaar
’n KANOVAARDER tem die Oranjerivier tydens die eerste Groen Kalahari-kanomarathon.
die eerste Groen Kalahari aangedurf het. Volgens Koos Visser, die bemarkingsbestuurder van Oranjeriver-wynkelder (OWK), een van die hoof borge, is die toenemende belangstelling in die kanowedvaart ’n aanduiding dat die natuurskoon van die Noord-Kaap al hoe meer Suid-Afrikaners bekoor. “Ongeag die mededingende aard van die wedvaart wil deelnemers en hul ondersteuners ook ons wonderlike wildernisgebied ervaar,” sê Visser. “Die beste manier om dit te doen is ongetwyfeld van ’n kano op die rivier, van waar jy die wingerde, verskillende diere en die inheemse plantlewe kan besigtig.” Die blootstelling wat deur die Groen Kalahari-kanowedvaart gegenereer word, is volgens hom ’n ideale bemarkingsinstrument vir die streek tussen Upington en die Augrabies-waterval wat een van die mees besonderse wynstreke ter wêreld is. “Hoewel die kanovaarders die Oranjerivier moet tem, sou ’n mens kon sê dat die plaaslike wingerdboere reeds hul kant gebring het deur die landskap te tem en dit te omskep in ’n pragtige landbou-oase waar wingerdstokke druiwe lewer vir die uiteenlopende reeks wyne van OWK. Ons is wel
800 km van die tradisionele wynstreek van die Wes-Kaap, maar ons besonderse wildernisstreek het bewys dat dit wyne oplewer wat met die heel beste in Suid-Afrika kan meeding. “Die volgende uitdaging is om wyntoerisme in ons streek te ontwikkel aangesien ons besienswaardighede heelwat verskil van enigiets wat ’n mens elders in die wêreld sal aantref. Ons glo dat hierdie eiesoortigheid ook die holistiese toerisme-aanbod van die Suid-Afrikaanse wynstreek uitstekend aanvul.” Deelnemers sal ook tussen skofte die geleentheid kry om verskeie plaaslike besienswaardighede te besoek insluitend ’n wynproesessie by OWK se Kakamas-kelder, een van die vyf wynkelders waar hierdie handelsmerk geproduseer word. “Ons is baie bly dat, afgesien van die topkanovaarders, verskeie groepe ontwikkelingsroeiers van KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap ook aan vanjaar se wedvaart gaan deelneem,” sê Visser. “Die Groen Kalahari-wedvaart word sodoende die ideale borgskap-geleentheid aangesien dit sportuitnemendheid, ’n leefstyl-ervaring, toerisme-trefkrag en sportontwikkeling kombineer. Vorentoe kan dit slegs groei en gedy.”
OP dag twee van verlede jaar se kanomarathon maak die deelnemers reg om weg te spring. Foto’s: Jacques Marais
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
7
Bestuurskomitee aangewys DIE nuwe bestuurskomitee van die ATKV-Rooiduin op Upington is gekies en Armand Burger is as die nuwe voorsitter aangewys. Volgens René van der Merwe, ondervoorsitter, is die ATKV die Afrikaanse kultuurtuiste vir almal in Suid-Afrika. “Die ATKV se jeugdige en eietydse projekte, kursusse en ander kultuurdienste sal jou ’n jaar se brandstof vir jou brein gee.”
Vir die ATKV is die Afrikaanse kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel van ’n suksesvolle Suid-Afrika. ATKVprojekte se vername kenmerke is dié van gehalte, kreatiwiteit, opwinding en gesogtheid. Die ATKV-Rooiduin wil almal in 2013 nooi om al hul inhibisies oorboord te gooi en hul kultuurpassie vir die wêreld te wys. “Kom skitter saam in Afrikaans en neem deel aan dit wat ons vir Upington beplan,” sê
VAN links is Mianke May (jeugtakvoorsitter: Upington) en Carla Kruger (jeugtakvoorsitter: Duineveld).
Babas kan nog ingeskryf word ’n LAASTE beroep word op mammas en pappas gedoen om hul skattige kleingoed vir die Jogébed-babahuis en die Waterfront-gastehuis se babafotokompetisie in te skryf. Inskrywings kos R100 en kan nog tot môre in Cool Baby’s gedoen word. Daar is drie kategorieë waarvoor ingeskryf kan word: jonger as twee jaar, twee tot vier jaar, en pappa, mamma of ouma saam met kleinding. Alle geld gaan aan die Jogébed-babahuis. Die kroning is op Saterdag 23 Maart in die Waterfront-gastehuis. Toegang kos R20 en kaartjies is by die deur te kry. Rig navrae aan Fransolien du Plessis by 082-4722-377 of Linda Louw by 072-3796064.
Van der Merwe. ATKV-projekte gaan hom in 2013 beywer vir die skep van en blootstelling gee aan ’n substansiële kuns- en taalbelewenis deur te fokus op die taal, kunste,
gemeenskap en onderwys. As enigiemand reeds ’n ATKVlid is, sien hulle daarna uit om hulle vanjaar te dien, beter te leer ken en sommer net heerlik saam as gesinne in Afrikaans te
kuier. Die ATKV wil diegene wat nog nie ’n lid is nie, uitdaag om by die organisasie aan te sluit. Besoek www.atkv.co.za vir meer inligting.
DIE uittredende en nuwe bestuurskomitee-lede van die ATKV-Rooiduin op Upington is van links, voor: Beatrice Venter (jeugtakleier: die Hoërskool Duineveld), Saretta du Toit (2013-sekretaris), Madelein May (jeugtakleier; die Hoërskool Upington) en René van der Merwe (2013-ondervoorsitter); agter: Arnold Human (2012-sekretaris), Abrikus Agenbag (2012-voorsitter), Armand Burger (2013-voorsitter) en Danie Theart (2012-ondervoorsitter). Foto’s: Lizette Slabber
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
PROMOSIE
Graatjie kom Upington en sy mense rooi verf
JOHANN HUIZEN, laarshoof.
ESTERhande-
THYS STRYDOM, verkoopspersoon.
WILLA LIEBENBERG, verkoopspersoon.
DANZIL KLAASSEN, verkoopspersoon.
Kry droommotor in nuwe Kia-tak “KOM ontmoet ons vriendelike verkoopspan en toetsbestuur ’n paar Kia-voertuie, veral ons splinternuwe Optima en Sorento.” Só sê Johann Esterhuizen, handelaarshoof van die nuwe Kia-handelaarstak op Upington. Kia het aan die begin van die jaar oopgemaak en spog nie net met splinternuwe Kiavoertuie nie, maar ook met ’n afdeling vir tweedehandse voertuie waar enige fabrikaat voertuig ingeruil kan word. Volgens Johann kan hulle alle fabrikaat voertuie in hul nuwe werkwinkel versien teen ’n spesiale prys van R350, BTW ingesluit, per uur (arbeidsure). Let wel: Die bedrag geld voertuie wat nie meer onder waarborg is nie. Al die verkoopspersoneellede het meer as ses jaar ondervinding en dié Kia-tak op
Upington bedien die hele Noord-Kaap. Dié tak vorm deel van ’n groep wat takke op Bethlehem, in Welkom en op Port Shepstone het en hul advertensies word landwyd op televisie uitgesaai. Kia Upington is by Van Coppenhagenstraat 2 op pad na die hof en die nuwe hospitaal geleë met oorgenoeg parkeerplek vir mense wat die nuwe Kia-voertuie wil kom besigtig. “Organisasies word genooi om ons te kontak sou hulle ’n byeenkoms hê waarby ons dan uitstallings vir hulle kan doen,” sê Johann. Johann word deur sy bekwame verkoopspersoneellede, Danzil Klaassen (079-6857993), Willa Liebenberg (072-730-8844) en Thys Strydom (082-770-6259) bygestaan. Skakel Johann by 082-569-9899.
VANJAAR gaan Graatjie en die Kalahari-kuierfees Upington en sy mense rooi verf. Vanjaar is die Kalahari-kuierfees, wat van 26 tot 28 September plaasvind, in rooi getooi om saam met die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) op Upington mense van die gevare van rook bewus te maak. Kansa en die kuierfees span soos gewoonlik saam om kanker en sy oorsake te beveg. Verlede jaar was die kuierfees geel getooi om die gevare van die son en velkanker uit te lig en vanjaar word rook en rookverwante kankers beveg. Alle vorms van tabak hou ’n GRAATJIE is vanjaar in rooi getooi om saam met gesondheidsrisiko in. Tabakge- Kansa en die Kalahari-kuierfees alle vorme van rook Foto: Verskaf bruik is vir een uit elke tien en rookverwante kankers te beveg. sterftes wêreldwyd verantwoordelik. te rook is nie ’n veiliger alternatief vir taDit bly die grootste oorsaak van voorty- bakgebruik nie. Die rook wat in ’n tipiese dige, vermybare sterftes in Suid-Afrika hookah-sessie (45 minute) ingeasem word, met meer as 44 000 sterftes jaarliks. bevat 36 keer meer teer en agt keer meer Behalwe vir die nikotienhoudende ta- koolstofmonoksied. bakblare word tot 1 400 chemikalieë by siTabakgebruik is die enkele mees voorgarette gevoeg waarvan 81 karsinogene is. kombare oorsaak van baie gesondheidsRook of blootstelling aan tweedehandse probleme soos hartaanvalle, beroertes, rook tydens swangerskap word aan mis- bloedvatsiektes, emfiseem, chroniese krame, lae geboortegewig en doodgebore brongitis, maagsere, impotensie, boonste babas gekoppel. Babas wat aan tweede- lugwegsiekte, kankers van die long, keel, handse rook blootgestel word, het ’n hoër mond, tong, pankreas, blaas, serviks, nierisiko vir wiegiedood. re en maag. Kinders wat aan tweedehandse rook Daarom sê Graatjie en die kuierfees: blootgestel word, het ’n groter kans op ver- “Wees slim, moenie begin nie, jy kan al koue, asma, allergieë en middeloor-infek- met die eerste trek verslaaf raak”. sies wat die algemeenste oorsaak van Moenie toelaat dat rokers om jou of jou doofheid by kinders is. kinders of in jou huis rook nie. “Lae teer”, “matige” en “ligte” sigarette Moedig rokers aan om op te hou. Bel is misleidende terme, aangesien dit steeds Kansa vir inligting oor sy eKick Butt-proskadelik vir die gesondheid is. gram tolvry by 080-022-6622 of besoek Om hubbly bubbly (hookah of waterpyp) www.cansa.org.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Krieket soos nooit Lizette Slabber DIE SANParke-kriekettoernooi wat die afgelope naweek op Welkom in die Kalahari plaasgevind het, was ’n wonderlike ondervinding vir die krieketspelers wat van heinde en ver gekom en ook vir die mense van die Kalahari. Almal wat daar was, was dit eens só iets is nog nooit voorheen beleef nie.
DIE toeskouers, wat Australiërs, Switsers en Franse ingesluit het, het saam met die mense van Welkom elke oomblik van die krieket geniet. DIE kommentator Reynold Thakhuli is eintlik een van SANParke se bestuurders.
SAKKIE PHILANDER (links) en Neels Bosch van die SANParke-forumspan stap van die veld af terwyl die spanlede van die Kgalagadispan eers koppe bymekaarsit. Bosch is die vorige aand in die Kalahari getroud.
REON ESTERHUIZEN probeer die bal raakslaan terwyl die toeskouers op hul bakkies en perde hom toejuig.
GERHARD DE BEER (links) en Deon Grobler nael oor die rooi sand agter die bal aan. Gelukkig het die sand die bal vinnig gestuit. Foto’s: Anena Burger
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Soek dringend huis
DIÉ Boston-terriër is op die dorp gevind. Die oulike hondjie soek dringend ’n huis. Foto: Sonja Grobler
Rape and abuse must be stopped VIOLENCE against women and children in our communities is a concern and needs to be addressed accordingly. It is of great concern that in many instances it is the very people who should be trusted as mothers, fathers, friends and relatives who are perpetrators of these heinous crimes. The fight against crime is an integrated approach which includes addressing decent values. Rape and sexual abuse of women and children are sensitive and serious issues and the police are calling on the community, parents and schools to strengthen learning and bonding at schools by addressing aggressive behaviour and poor concentration in partnership with the police. The police in the Northern Cape are concerned over the number of rape and sexual-related cases being reported. In most cases, children as young as 15 years are either the perpetrators or victims of crime. Adult women and female children are also being targeted when they are leaving taverns during the early hours of the morning. As the guardians of public safety, the SAPS has a huge role to play in preventing, detecting and combating crimes against women and children, therefore, they will not hesitate to
charge tavern owners who are operating outside the stipulations of their liquor licence. Tavern owners will be brought to book if children are found in the bars either drinking or in the company of adults. Rape is a crime that mainly happens behind closed doors and out of the public eye. Parents need to know where their children are at all times. Parents will also be charged in terms of the Child Care Act if their children are found in bars and taverns. It is difficult for children to report sexual abuse as in most cases, the child is very young and does not even understand that what has happened is not normal or acceptable therefore parents have an obligation to report to police any forms of alleged sexual abuse against their children. Failure to do so will also result in criminal cases being opened against them. Police will be embarking on social crime prevention initiatives with other departments in creating awareness among the women and children in the province. Everyone has a role to play in combating this scourge and we urge the community not to “turn a blind eye”, but to report the alleged abuse as well as the abusers.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
11
EEN van dié Matrieknooi-finaliste van die Hoërskool Upington gaan op 26 Maart as die Matrieknooi 2013 aangewys word. Van links is, voor: Marica Loots, Carla Kuys en Anthea Jacobs; agter: Marianke May, Michelle Visagie, Kristie Schalekamp, Sue-Ann Titus, Elna Burger, Mitzico September en Elmarie Carsten. Foto: Stolper en seuns
Jonges wys vernuf met seep en spons DIE gr. 11-leerlinge van die Hoërskool Duineveld het hul slag met seep en spons op die jaarlikse Veltie-karwassery gewys. Dié geldinsamelingsprojek van die gr. 11-leerlinge word gebruik
om geld vir die matriekafskeidgeselligheid bymekaar te maak en is deel van vier groot projekte wat oor die jaar heen plaasvind. Die karwassery is seker verreweg die lekkerste van die vier
projekte, omdat dit ’n lekker gees onder die kinders aanwakker en waar Ma en Pa ook ’n bietjie met ’n nat spons bygekom kan word. Tydens die karwassery beoor-
AS daar nie voertuie was om te was nie, het die gr. 11-leerlinge gehelp dat almal waternat bly.
deel die kinders mekaar se wasstasies en vanjaar was die Foamy Fairies die gelukkige wenners. ’n Gelukstrekking vind ook plaas en danksy vele borge kry elke kind darem ’n gelukspak-
kie. Van 07:00 tot 12:30 is 216 voertuie gewas en hoewel die voertuie Duineveld blinkskoon verlaat het, was die gr. 11-leerlinge lekker nat en vuil.
DIE Foamy Fairies is as die span met die beste wasstasie bekroon.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Help met huiswerk DIE ATKV-tak van die Hoërskool Duineveld het as deel van hul onderwysfokus besluit om vanjaar aan laerskoolleerlinge studiehulp aan te bied. Onder leiding van Carla Kruger, voorsitter van dié jeugtak,
help hulle al van die begin van die jaar die gr. 1- tot gr. 3-leerlinge van Huis Klein Duin elke middag met hul huiswerk. Huis Klein Duin is ’n koshuis waar leerlinge van die Laerskool Oranje-Noord tuisgaan.
Vir die ATKV-Velties is dit heerlik om die kleintjies met hul huiswerk te help en Ronel Kotzé, koshuismoeder van Huis Klein Duin, sê dié leerlinge is baie vriendelik en hulpvaardig.
KLEURVOL vir Kansa.
Foto’s: verskaf
VAN die gr. 1- tot gr. 3-leerlinge wat met hul huiswerk gehelp word. Van links is, agter: Christopher Payne, Ronel Kotzé (koshuismoeder), Karli Moore, Janet Brand en Bianca Pretorius. Foto’s: Lizette Slabber
ANNELIZE VAN SITTERT, ’n Kansa-vrywilliger, het almal gehelp om net so ’n kleurvolle kop soos hare te kry.
VAN links is Jenine Mans, Marco Barnard, Jolene Capitao, Marius Kruger en Johan Fourie.
ANNA DE BRUIN, ’n Kansa-vrywilliger en hulpsekretaresse van Kansa: Keimoes, is baie opgewonde oor die helder kleure.
Verf vir Kansa KANSA se Keimoes-tak het op Saterdag 9 Maart dié dorp pienk, pers, rooi en oranje geverf, gespuit en gejel. Oud en jonk het dié Keimoestak van Kansa se Shavathon ondersteun.
Om aan te meld as ’n kankerpasiënt of as ’n vrywilliger, kontak Brenda Mouers (voorsitter: Kansa Keimoes) by 079-874-0169 of Anthony Titus (tesourier) by 078-2722-773 of die streekkantoor by 054-332-4937.
HARD aan die werk. Van links is René Steyn, Carla Kruger, Juné Goosen en Jano Barnard.
ALFRED SMITH het ’n splinternuwe gehoorapparaat van Siemens Hearing Solutions ontvang. Siemens het in 2012 ’n Kerswenslys-projek begin waardeur gratis gehoorapparate aan behoeftige mense met gehoorverlies verskaf word. Oudioloë van oor Suid-Afrika heen kon mense vir dié gehoorapparate benoem. Smith is deur Magda Leibbrandt, oudioloog en spraakterapeut, op Upington benoem en is vir ’n skenking goedgekeur. Hier ontvang Smith sy gehoorapparaat nadat dit suksesvol gepas is. Foto: Verskaf
DIE Hoërskool Duineveld spog nou met nege leerlinge wat gemiddelde A’s in die 2012-eindeksamen behaal het. Lizani van Tonder het haar gr. 12-vraestelle laat hernasien en sy het nou ’n gemiddelde A met vyf onderskeidings. Sy het onderskeidings in Afrikaans (huistaal), wiskundige geletterdheid (99%), rekeningkunde, ekonomie en lewensoriëntering behaal. Sy studeer van vanjaar af vir ’n B.Ed.-graad aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkampus.
Leerlinge tem Argus-fietswedren VYF leerlinge van die Hoërskool Duineveld het die Argus-fietswedren aangepak. Juan Horn (3:50), Jaco Lategan (4:28), André Nel (4:03), Elani Strydom (3:53) en Wilco Strydom (4:20) het maklik Chappies en Suikerbossie getem. Hier staan Jaco en André moeg, maar tevrede ná hul Arguswedren. Foto: verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Maak seker van regte bouer DIT is geen maklike taak om ’n bouer te kies om jou huis of kantoorkompleks te bou nie. Die bouer moet betroubaar wees en eindelik al jou en die argitek se planne in ’n bevredigende gebou omskep. Baie van die goed wat op ’n bouterrein verkeerd loop, het met die keuse van ’n bouer te make. As jy ’n eienaar-bouer is of beplan om ’n boukontrakteur te huur of sekere dele van die projek te laat subkontrakteer, moet jy eers alles weet wat nodig is. Die webwerf www.allaboutbuilding.co.za gee die volgende wenke. Volgens die webwerf kan jy nooit te versigtig wees as jy ’n kontrakteur of ’n subkontrakteur kies nie. Kry ’n bouer: ) Gaan kyk in publikasies en koerante vir bouers met ’n goeie reputasie. ) Vra ander mense met bouprojekte en praat met huiseienaars oor hul mening van hul bouer. ) Kry goeie verwysings van argitekte. ) Kry goeie verwysings van familielede en kennisse. ) Maak ’n kortlys van drie bouers en kry kwotasies van hulle. Gaan die bouer se geloofwaardigheid na: ) Kry ’n potensiële bouer se verwysings. Kry adresse en kontaknommers van minstens drie vorige projekte waaraan hy gewerk het. Moenie ’n bouer aanstel as hy nie aan jou verwysings kan verskaf nie. ) Vra hom oor die projek waaraan
DIE regte bouer sal die verskil tussen baie frustrasie en ’n gladde bouervaring beteken. Foto: Lizette Slabber hy op daardie oomblik werk. Besoek die perseel en praat met die eienaar. As die bouer geldelike probleme ondervind met die projek waaraan hy werk, is dit moontlik dat hy jou geld nodig het om die projek eers te voltooi. ) Vind uit waar die bouer geregistreer is – by die Meesterbouersvereniging of by die NHBRC. ) Maak seker jy het die volle besonderhede van die bouer se sakeen woonadres, asook kontaknommers. ) Maak seker die bouer het ’n geldige versekeringspolis wat die projek, sowel as persoonlike aan-
spreeklikheid, dek. ) Vind uit waar jou bouer die meeste van die materiaal koop en gaan sy kredietwaardigheid by die verskaffer na. ) Maak seker of daar nie dalk ’n gesondheids- en veiligheidsplan vir die projek benodig word nie en of die bouer oor so ’n plan beskik en dit in werking kan stel. ) Gaan die registrasiebesonderhede van die elektriese subkontrakteur, loodgieter en ander mense na saam met wie die bouer werk. ) Maak seker jy werk ’n betaalskedule uit voordat die projek begin.
15
Kies versigtig wie ontwerp WANNEER dit kom by die bou, restourering of aanbou van ’n huis of ander gebou moet jy goed oorweeg wie die ontwerp daarvan gaan behartig. Net soos ’n mens nie jou swaar verdiende geld vir ’n dobbelaar gee om te belê nie, so moet jy ook nie jou bouplanne aan ’n vriend se broer toevertrou wat planne goedkoop teken nie. Volgens Les Abbott, ’n argitek en samesteller van die webwerf www.allaboutbuildings.co.za, is die keuse van ’n argitek een van die belangrikste besluite wat jy gaan neem. “Hul kundigheid – of tekort daaraan – sal jou projek en die toekomstige waarde van jou projek regstreeks beïnvloed.” Hy sê ontwerp behels meer as die teken van planne en die verkryging van ’n bouer om die planne te laat realiseer. “Kyk net om jou na die talle ontwerprampe in jou woonbuurt. ’n Goeie ontwerp sal nie noodwendig meer as ’n swak ontwerp kos nie, maar die resultaat kan heeltemal anders wees.” Van die argitek se kant af verwag hy of sy van jou om hom of haar regverdig te behandel en te hou by die voorafbepaalde betaling-ooreenkoms – veral wat die verskillende fases van die projek betref. Jy verwag van jou argitek om ge-
kwalifiseerd te wees vir die projek wat hy of sy aanpak. Hy of sy moet by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argiteksprofessie geregistreer wees. Hy of sy moet beskik oor ’n geldige, professionele vrywaringsversekeringspolis wat alle aspekte van die ontwerpwerk van die projek dek. Dit is ter beskerming van die argitek, en van jou, indien iets weens ontwerpfoute sou verkeerd gaan. Die ervaring wat jou argitek al opgedoen het, is baie belangrik, omdat daar geen plaasvervanger vir jare se ondervinding is nie. Jy gaan eindelik in die gebou wat ontwerp is, bly; daarom moet die ontwerp rondom jou leefstyl gedoen word. Die argitek se ervaring en visie, asook sy raad en sy vermoë om prakties te wees, sal beslis bepaal of die doelwit bereik sal word. Enige goeie argitek sal die volgende in gedagte hou met die ontwerp van ’n projek: ) die topografie van die erf, asook elemente soos wind, son en reën, en die invloed van die elemente op die posisie van die gebou; ) die leefstyl en die smaak van die kliënt; en ) alle aspekte van dreinering en loodgietersontwerp, elektrisiteit en beligting, die keuse van boumateriale en produkte wat met die afwerking gebruik word, moet gepas wees vir die projek en jou smaak.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Skuldlas beperk huisprysgroei Elma Kloppers HUISHOUDINGS se skuldlas gaan huisprysgroei vanjaar tot enkelsyfers beperk. Dit blyk uit Standard Bank se nuwe huisprysindeks gegrond op die waarde per vierkante meter van eiendomme waarvoor hy huisfinansiering verskaf het. Volgens die nuwe indeks het nominale huisprysgroei van 5% in Januarie tot 6,6% op ’n jaargrondslag in Februarie versnel. Die groei in die pryse van vrystaande eiendomme het van 5% tot 7,1% versterk en dié van deeltitelei-
endomme van 5,1% tot 5,2%. Sibusiso Gumbi, navorsingstrateeg van Standard Bank, voorsien enkelsyfergroei in huispryse die res van vanjaar op grond van die makro-ekonomiese omgewing. “Huishoudings se skuld as persentasie van hul besteebare inkomste was in die vierde kwartaal van verlede jaar steeds hoog op 75,8%,” sê hy. Hoewel dit effens beter as die 76,2% van die derde kwartaal is, laat dit verbruikers bitter min ruimte om bykomende skuld aan te gaan, sê hy. In 2003 was skuld as persentasie van be-
steebare inkomste 54,5%. Gumbi sê die hoë skuldvlakke werk die voordele van die lae rentekoerse teen. Swak verbruikersvertroue sal ook verhinder dat huispryse teen dubbelsyfers toeneem. Die reële waarde van nuutgeboude residensiële eiendom het verlede jaar oninspirerende groei van 1,8% op ’n jaargrondslag behaal, sê hy. Sowat die helfte van die residensiële eenhede wat opgerig is, was vrystaande eenhede kleiner as 80 m². Die woonstel- en meenthuiskategorie het die sterkste gegroei; 11 454 eenhede vergeleke met 9 545 eenhede in 2011.
17
Herstel getoon, al kom bulte voor Ingé Lamprecht DIE vervaardigingsektor bly herstel, maar het steeds sy kwota uitdagings. Volumes van vervaardigingsproduksie het volgens Statistieke Suid-Afrika in Januarie met 3,9% op ’n jaargrondslag verbeter. Christie Viljoen, senior ekonoom van NKC Onafhanklike Ekonome, sê die groei was nie ’n verrassing nie. Hy meen die syfers toon die negatiewe gevolge van die mynboustakings is uitgewerk. Die swakker rand het ook vervaardigers wat uitvoer, ondersteun. Twee faktore wek egter nog kommer, sê Elna Moolman, ekonoom van Renaissance Capital. Hoewel die vervaardigingsektor sy positiewe herstel al geruime tyd volhou, is die volumes gemiddeld sowat 5% laer as in 2008, voor die resessie, sê sy. Net twee sektore – petroleum en chemiese produkte, en voedsel en drankies – vervaardig groter volumes as in 2005, sê sy. Hoewel die momentum dus positief is, is vervaardigingsvlakke nog onder druk. Viljoen meen die ander probleem vir die sektor is kragvoorsiening.
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
19
ALPHA AUTO ELECTRICAL - Betrekking beskikbaar vir 1. Ontvangs/Admin pos en 2. Drywer - kode EC1/EC & PDP Belangstellendes kan jul CV inhandig by ontvangs of Epos na: alphaauto@telkomsa.net SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.
INDIEN MNR FH SWANEPOEL nie binne sewe (7) dae na hierdie kennisgewing sy tweerigtingtoerusting by Kuruman Radio kom afhaal nie, sal dit verkoop word om onkoste te dek.
CORTINA 1.6 BAKKIE: 1987. Beige, towbar, rollbar, radio, canopy. R17 500. Phone 072 472 8686.
BRAAIHOUT TE KOOP: Skakel 078 442 4103 of 053 712 3646.
MAZDA 1800 BAKKIE: 1995. White, SWB, rails. R27 500. Phone 072 472 8686.
VOËLSAAD TE KOOP: Kanarie, papegaai, kokketiel, budgie, gemengde voëls. Skakel 078 442 4103 of 053 712 3646.
PEUGEOT 1.6 BAKKIE, 1980. White, good original condition, tralies. R16 500. Phone 072 472 8686.
KANARIES TE KOOP: Skakel 078 442 4103 of 053 712 3646.
BMW 318i: 1990. Fullhouse, metallic blue, very nice mags.R20 000. Phone 072 472 8686. FORD ESCORT 1.8i, 1998. Turbo diesel, many extras, white. R22 500. Phone 072 472 8686.
053 712 1961 053 712 2068
FORD SAPPHIRE 2.0: 1989. A/t, light blue, radio, towbar. R13 500. Phone 072 472 8686. TOYOTA CAMRY 200i: 2000. Manual, fullhouse, 155 000 km. R23 500. Phone 072 472 8686. COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
Columbia Carpets/ Blinds
VERKOOPSKLERK: Jong, dinamiese manspersoon met sober gewoontes. Moet pos so spoedig moontlik vul. Verkieslik met eie vervoer. Faks CV na 053 712 2523 of e-pos na: k.e.s.@vodamail.co.za
DE HOEK OORNAGKAMERS KURUMAN. R300 per nag. Skakel Dirk 079 877 7134.
UNO 1.1: 3-DOOR, 2001. White, CD. R17 500. Phone 072 472 8686. UNO 1.1 5-DOOR, 1993. Red, full service history, good condition. R19 900. Phone 072 472 8686. VW JETTA FOX 1.6, 1987. 15-inch mags, CD. R16 500. Phone 072 472 8686.
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. FLORCARE-MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse. (Aubrey 072 747 1991 HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon-maak teen die beste prys! (Aubrey 072 747 1991. SUKKEL JY? BEL VIR TOBIE! Noem dit en ek doen dit! 'Dry walls', plafonne, teëls, verf, muurpapier, plaveisel, ens. Skakel 072 056 6504 of 053 712 2338. junox109@gmail.com
GESOEK VIR KONTANT: R20 000. Golf, Uno of Cortina-bakkies. Skakel 071 967 0285.
KURUMAN TE HUUR Eenmanwoonstel R3 630 Meenthuise 2 slaapkamers. Water en elektrisiteit ingesluit R7 700 2 slaapkamers, enkelmotorhuis. Huishulptoilet. Water ingesluit. Koopkrag R8 250 3 slaapkamers, 2 badkamers. Enkelmotorhuis R8 800 Gemeubileerde woonstel 2 slaapkamers. Skoonmaak een keer per week R8 250 Winkelruimte Netjiese, groot winkelruimte. 200 vk m. Baie parkering. Nagwag ingesluit R15 500 p.m. Werkswinkel 600 vk m in hoofstraat Skakel Lizette 083 273 3852
Verskeie huise te huur. Moderne 4-slkhuise. R14 300
M.M. Sebopelo
Benodig 3-slkhuise te huur en te koop. Erwe gesoek vir kontantkopers.
Duvenhage & Van Der Merwe Ing.
Luukse woonhuise te koop.
Skakel Susan 082 423 6311
EENMANWOONSTEL te huur: R2 800 p.m. krag en DStv ingesluit. Sentraal geleë en loopafstand van dorp. Skakel 084 800 7779.
PRIVATE HOME SALE: Modern. Yard 1 200 sq m. 3 bedr, 2 bathr kitchen, scullery, TV/dining-room with lounge. Swimmingpool, brand-new lapa/enter. Plus big flat with R7 500 income. Phone 053 712 0246. WINSKOPIE! R199 000. Tree af in 'n stil, misdaadvrye dorp. Netjiese 3-slkhuis met tuin en vrugtebome. 2 900 m² en heining. 120 km oos van Bloemfontein. Skakel 051 983 0022/ 071 595 7715.
856-HA-PLAAS tussen Kuruman en Daniëlskuil. Goeie weiding met 6 kampe en goeie hanteergeriewe. Skakel Coenie 072 209 5151.
In die boedel van wyle Mokaimang Michael Sebopelo, identiteits-nommer 440506 5482 082 getroud binne gemeenskap van goedere met Senyaditswe Mary Sebopelo, identiteitsnommer 510607 0747 084 wat woonagtig was te Huis No A63, Bendell Village, distrik Kuruman. Boedelnommer: 3291/2011 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mmabatho en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 22 Maart 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Department
of
economic Development, environment, conservation
anD
tourism
Bid Invitation
The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism invites suitable, competent and experienced services providers who have rendered services in similar fields to deal with the following projects: Bid No
Description
Evaluation Criteria
DEDECT 01/12/13
Compilation and publication of the North West Provincial Environment Outlook (2013)
90/10 90-Price only 10- B-BBEE status level of contribution The bid will also be evaluated on functionality
Compulsory Briefing Closing Date Session A compulsory briefing 18 April 2013 session will be held on 3 April 2013 at 10:00 in the Consumer Boardroom, NWDC Building, Mmabatho
Enquries Technical information: Ms T Boshoff, tel. (018) 389-5656 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790
A non-refundable deposit of R100.00 is payable by deposit to FNB Bank, Account no 6225802818, Ref no: Bid number. The payment should be effected before the closing date and time. The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism and its client or stakeholders do not bind themselves to accept the lowest or any other bid as a whole or in part. Bid documents are available at the Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism, Office Number 273 and 265, 2nd Floor at NWDC at a non-refundable deposit of R100.00 per bidding document, corner of University Drive and Provident Street, Mmabatho from 08:00 to 16:30 from Monday to Friday before the closing date and time. Important Notice: Should the original Tax Clearance Certificate bearing the legal trading name of the bidding company not be attached by the closing date of the bid, the bid will be declared invalid. Kone Solutions K20126
North West DepartmeNt of ecoNomic DevelopmeNt, eNviroNmeNt, coNservatioN aND tourism
Cancellation of Bid
Bid Number DBAC APP 06/2010/11: The installation of CCTV cameras and biometric system in Departmental Head Office for effective access control We apologise for any inconvenience caused.
Kone Solutions K86822
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
BETREKKINGS
21
22
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
Hokkie vaar goed
DJ VAN DEN HEEVER in aksie op die sportdag. Foto: Verskaf
Ál 5 spanne wen op Hartswater DIE Hoërskool Upington se rugbyspanne het aan die Hoërskool Hartswater se sportdag deelgeneem. Dié vyf spanne het al hul wedstryde gewen. Die o.19A-span het met 24-17 teen die Hoërskool Wolmaransstad gewen. Die o.19B-span het met 32-7 teen Wolmaransstad gewen. Die o.16A-span het die Hoërskool President Steyn met 92-0 gewen. Die o.15A-span het die Wolmaransstadspan met 60-0 gewen en die o.14A-span het met 45-0 teen Wolmaransstad gewen.
DIE meisie- en seunshokkiespanne van die Hoërskool Upington het 2013 op ’n hoë noot op die Hoërskool Hartswater se sportdag begin. Die o.18-meisiehokkiespan het drie wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen en een gelykop gespeel het. Leandra van der Westhuizen, die kaptein van die naweek, was die speler van die wedstryd. Die o.18-seuns het twee wedstryde gespeel en met 3-0 teen die Hoërskool Kalahari gewen. In hul tweede wedstryd teen Kathu het hulle gelykop gespeel. Daar is geen doele aangeteken nie. Julio Jantjies was die speler van die wedstryd.
VAN links is, voor: Dionne Visser, Franco Snyders, Liané van Niekerk en Austin Andreas; agter: Kobus Swanepoel, Gerrit Wickens en Christo Engelbrecht. Foto: Verskaf
Upington-atlete ryg sewe medaljes in SEWE medaljes is deur die tien atlete van die Hoërskool Upington wat die Noord-Kaap-atletiekbyeenkoms in Kimberley bygewoon het, ontvang. Franco Snyders het ’n silwermedalje in die 100 m-hekkies gewen.
Austin Andreas het ’n goue medalje in die hoogspring gewen. Dionne Visser het ’n bronsmedalje in die spiesgooi ontvang en Kobus Swanepoel het ’n silwermedalje in die diskusgooi gewen.
Liané van Niekerk het ’n silwermedalje in die 200 m gewen en Gerrit Wickens het ’n silwermedalje vir die 100 m ontvang. Christo Engelbrecht het ’n goue medalje in gewigstoot gewen.
Swemmers na Kby VYF swemmers van die Hoërskool Upington het vir die vlaktwee-byeenkoms wat van 22 tot 26 Maart in Kimberley plaasvind, gekwalifiseer. Lize-Mari Groenewald (gr. 8), Alicé Maritz (gr. 8), Suezette Steenkamp (gr. 9), Derik Steenkamp (gr. 12) en Jandré Steenkamp (gr. 12) het die prestasie behaal.
VAN links is, voor: Alicé Maritz, Suezette Steenkamp en Lize-mari Groenewald; agter: Jandré Steenkamp en Derik Steenkamp. Foto: Verskaf
PUBLIC NOTICE CALLING FOR INSPECTION OF VALUATION ROLL AND LODGING OF OBJECTIONS
PUBLIEKE KENNISGEWING: INSPEKSIE VAN WAARDASIEROL EN INDIEN VAN BESWARE.
Notice is hereby given in terms of Section 49 (1)(a)(i) of the Local Government: Municipal Property Rates Act, 2004 (Act No 6 of 2004), hereinafter referred to as the ‘Act’, that the valuation roll for the financial years 1 July 2013 to 30 June 2017 is open for public inspection at the Kgatelopele Municipality Civic Centre, Barker Street, Daniëlskuil from 22 March 2013 to 23 April 2013. In addition the valuation roll is available at website www.kgatelopele.gov.za
Kennis geskied hiermee in terme van Artikel 49 van die Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelastingwet, 2004 (Wet no. 6 van 2004), hierna verwys na ‘die Wet’ dat die waardasierol vir die finansiële jaar 1 Julie 2013 tot 30 Junie 2017 ter insae lê gedurende kantoorure vanaf 22 Maart 2013 tot 23 April 2013 by die Munisipale Kantore, Burgersentrum, Barkerstraat, Daniëlskuil. Die waardasierol is ook beskikbaar op die webtuiste www.kgatelopele.gov.za
An invitation is hereby made in terms of Section 49(1) (a) (ii) of the Act that any owner of property or other person who so desires should lodge an objection with the Acting Municipal Manager in respect of any matter reflected in, or omitted from, the valuation roll within the above-mentioned period.
Eienaars van eiendomme of enige ander persone word hiermee in terme van Artikel 49 (1) van die Wet, uitgenooi om enige besware (indien enige) in te dien by die Waarnemende Munisipale Bestuurder teen enige aangeleentheid rakende die waardasierol of wat weggelaat is uit die waardasierol, binne die voorgeskrewe tydperk.
Attention is specifically drawn to the fact that in terms of Section 50(2) of the Act an objection must be in relation to a specific individual property and not against the valuation roll as such. The form for lodging of an objection is obtained at the Kgatelopele Municipality Civic Centre, Barker Street, Daniëlskuil or website www.kgatelopele.gov.za The completed forms must be returned to the following address no later than 23 April 2013.
U aandag word daarop gevestig dat in terme van Artikel 50(2) van die Wet, dat enige besware moet wees ten opsigte van ‘n spesifieke individuele eiendom en nie teen die waardasierol as sulks nie. Die voorgeskrewe beswaarvorm is verkrygbaar by die Munisipale Kantore, Burgersentrum, Barkerstraat, Daniëlskuil of op die webtuiste www.kgatelopele.gov.za Die voltooide vorm moet aan die onderstaande adres gestuur word nie later as 23 April 2013 nie.
Postal address: Acting Municipal Manager Kgatelopele Municipality PO Box 43 Daniëlskuil 8405
Physical address: Acting Municipal Manager Kgatelopele Municipality Barker Street Daniëlskuil 8405
For enquiries please phone Mr J Morebodi / Ms M Swarts at 053 384 8600.
Posadres: Waarnemende Munisipale Bestuurder Kgatelopele Munisipaliteit Posbus 43 Daniëlskuil 8405
Fisieke adres: Waarnemende Munisipale Bestuurder Kgatelopele Munisipaliteit Barkerstraat Daniëlskuil 8405
Vir enige navrae skakel asseblief Mnr J Morebodi / me. M Swarts by 053 384 8600.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
23
Goed begin is half gewin DIE Hoërskool Upington se netbalspanne het 2013 op ’n hoë noot begin. Hulle het reeds aan sportdae op Vryburg, by die Hoërskool Fichardtpark en op Hartswater deelgeneem waar veral die o.16- en o.19-spanne uitsonderlik gevaar het. Die o.16A-span het gewys ’n wonderlike seisoen wag op hulle deur by Fichardtpark en op Hartswater al hul wedstryde te wen. Op Vryburg het die o.14A-span vier van sy ses wedstryde gewen. Die o.16A-span het vyf van sy ses wedstryde gewen en hy het die Kuruman se o.19C-span met 22 – 2 geklop. Die o.19B-span het drie van sy vier wedstryde gewen en teen Vryburg gelykop ge-
speel. Op Fichardtpark se sportdag het die o.16A-span al ses sy wedstryde gewen. Hy het die Hoërskool Aliwal-Noord se span met 30 – 5 gewen. Op Hartswater het die o.14A-span sewe van sy agt wedstryde gewen, terwyl die o.16A-span al sewe sy wedstryde gewen het. Die o.16A-span het die Hoërskool President Steyn met 27 – 12 gewen en teen die Hoërskool Douglas met 24 doele teen 5 gewen. Die o.19A-span het al vier sy wedstryde gewen. Hulle het die Hoërskool Postmasburg met 52 doele teenoor 7 gewen.
DIE o.10- en o.11-atlete is van links Ansuné Smit, Gideon Breedt (bronsmedalje in die 1 200 m), Michaela Ruiters (silwermedalje in die 70m-hekkies), Nel Hanekom en Bernedette van Zyl (goue medalje in die 70 m-hekkies). Foto’s: Lizette Slabber
DIE o.12- en o.13-atlete is van links, voor: Leandré Hanekom, Carli Thomas (bronsmedalje in die gewigstoot) en Nicolene Loots (bronsmedalje in die 70 m-hekkies); agter: Al-delene Grewar (silwermedalje in die verspring), Jan Duvenhage en Melisa van Zyl (bronsmedalje in die hoogspring).
Atlete presteer Lizette Slabber ALTESAAM 16 atlete van die Laerskool Oranje-Noord het aan die Noord-Kaap-atletiekbyeenkoms vir laerskole in Kimberley deelgeneem.
VAN links is, voor: Heidi-Jane de Wee, Mariandré Williams en Beaumieze Ndhlovu; middel: Simoné Nickel, Leemé Janse van Rensburg, Ray-Ann Snyders, Elso-Maré van Wyk en Elmarie Teessen; agter: Johan Teessen. Foto: Verskaf
Ses gaan die raket swaai SES tennisspelers van die Hoërskool Upington is gekies om van 20 tot 24 Maart as deel van die o.15- en o.19Noord-Kaapse tennisspanne aan die Suid-Afrikaanse hoërskoletennistoernooi in Pretoria deel te neem. Esmarie Ferreira (o.19), Stephanie Zealand (o.19), Loupie Nieuwoudt (o.19), Franco Swart (o.19), Johan Joubert (o.15) en Fran- VAN links is, voor: Francois Joubert, Stephanie Zealand, Esmarie Fercois Joubert (o.15) reira en Johan Joubert; agter: JB Giliomee (afrigter: o.19), Franco gaan aan die toer- Swart, Loupie Nieuwoudt en Liesel Heydenrych (spanbestuurder: o.15). Foto: Verskaf nooi deelneem. Loupie beklee die eerste plek in die o.19-span met Franco wat plek op die ranglys beklee. nommer twee op die ranglys is. Esmarie is Op die toernooi sal ’n nasionale span, wat vierde op die ranglys, terwyl Johan en Fran- in Junie na Skotland en Engeland toer, gecois onderskeidelik die tweede en vierde kies word.
DIE Hoërskool Duineveld het Carltonians-krieketspan met net 1 lopie geklop. Duineveld het eerste gekolf en 117 lopies aangeteken. Indien die Carltonians 116 aangeteken het, sou hulle na die eindronde deurgedring het. In die laaste boulbeurt het SJ Becker 3 lopies verdedig. Hy het egter drie paaltjies geneem en die Carltonians met 115 almal uit laat struikel. SJ is as die man van die wedstryd aangewys. Hier is die seëvierende Veltiesspan. Foto: Verskaf
Vyf van die atlete, Jannie Visser, Marí Slabber, Brenda du Toit, Handré Bruwer en Melinke Blaauw, is gekies om aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms vir laerskole op Sasolburg te gaan deelneem.
24
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 21 MAART 2013
VAN links is Adam Visagie, Du Toit Visser, Kyle de Klerk, Tinus Opperman, Jacques Page, Charel Swarts, Gideon Coetzee, Louis Kotzé, Julian Titus en Stefan van Zyl.
Foto’s: Megan Loots
VAN links is Anna-mart Fourie, Cornell Kuhn, Anmari Hugo, Anna-Lize Botha, Elzandri Fourie, Danelle Maritz, Tammy-Lee Visagie, Anelda Venter, Mona Kotzé, Jacqueline Kuhn, Marné Visser, Anri van Schalkwyk, Gloudine Visagie en Chantelle Kuhn.
Duineveld ryg medaljes in
ATLETE van die Hoërskool Duineveld het besonder goed op die Siyanda-distrik-hoërskole-atletiekbyeenkoms gevaar. In die meisies o.15-afdeling het Elzandri Fourie ’n goue medalje in die 3 000 m gewen. Tammy-Lee Visagie het ’n goue medalje in die diskus en ’n silwermedalje in die gewigstoot gewen. Jacqueline Kuhn het silwermedaljes in die 300 m- en 70 m-hekkies gewen en Annamart Fourie het ’n goue medalje in die gewigstoot gewen. Anri van Schalkwyk het ’n silwermedalje
in die spiesgooi gewen. In die seuns o.15-afdeling het Stefan van Zyl ’n goue medalje in die spiesgooi en ’n silwermedalje in die diskus gewen. Jacques Pages het ’n goue medalje in die 3 000 m en ’n bronsmedalje in die 800 m gewen. Adam Visagie het ’n bronsmedalje in die verspring gewen en Louis Kotzé het ’n goue medalje in die 300 m-hekkies gewen. Tinus Opperman het ’n bronsmedalje in die 100 m gewen. In die meisies o.17-afdeling het Anna-Lize Botha ’n goue medalje in die gewigstoot ge-
The t n e d n e indep e h t f o voice y t i c r e v Ri
wen. Anelda Venter het ’n silwermedalje in die gewigstoot en ’n bronsmedalje in die spiesgooi gewen. Marné Visser het ’n goue medalje in die diskus gewen. In die seuns o.17-afdeling het al drie seuns goue medaljes gewen: Kyle de Klerk in die driesprong, Du Toit Visser in die spiesgooi en Julian Titus in die 400 m-hekkies. In die meisies o.19-afdeling het Cornell Kuhn goue medaljes in die spiesgooi en hoogspring gewen. Cloudine Visagie het ’n bronsmedalje in die diskus gewen en Danelle Maritz het ’n
silwermedalje in die gewigstoot gewen. Mona Kotzé het ’n goue medalje in die 3 000 m en ’n silwermedalje in die spiesgooi gewen. Chantelle Kuhn het ’n silwermedalje in die 400 m gewen. Anmari Hugo het ’n goue medalje in die 100 m- en die 400 m-hekkies en ’n silwermedalje in die 800 m gewen. In die seuns o.19-afdeling het Gideon Coetzee ’n silwermedalje in die 400 m-hekkies en ’n bronsmedalje in die 110 m-hekkies gewen. Charel Swarts het goue medaljes in die gewigstoot en die diskus gewen.