22 NOVEMBER 2012
VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG
GRATIS
TEL. 0543313482
SOOS ’n waterval uit die hemel het die reën, donder weer en blitse Donderdagmid dag oor Raaswa ter en Kanon eiland uitgestort. Met temperature wat die kwik by 38 °C laat draai het, was die nat tigheid ’n prentjie mooi lafenis.
Laat Laat snikhete snikhete middag middag blitsig blitsig afkoel
Foto: Anena Burger
Senders verhelder lewe Bring TV- en radiokanale die 1ste keer na die Kalahari Wally Cloete DIE eerste keer nog kan die mense van die Kalahari sonder die hulp van skottels en ander ingewikkelde tegnologie televisie kyk. Verlede week is ’n radiokanaal en drie televisiekanale simbolies op Ashkam aangeskakel en het die Kalahari die televisie-era betree. ’n Droom is bewaarheid toe die inwoners van Askham, Welkom, naby die Kgalagadioorgrenspark, Groot en Klein Mier, Rietfontein, Andriesvale, Noenieput, Riemvasmaak en Vredesvallei eindelik verlede Maandag na hul gunsteling-televisie- en -radiokanale kon kyk en luister. Die Noord-Kaapse regering het vele probleme ervaar om doeltreffend met dié ge-
meenskappe te kommunikeer. In samewerking met die SAUK, SENTECH, die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (ICASA) en die nasionale departement van kommunikasie is twee soortgelyke senders op Heuningvlei en Vanzylsrus in die John Taolo Gaeshewe-distriksmunisipaliteit reeds aangeskakel. In haar toespraak het die waarnemende premier van die Noord-Kaap, Griszelda Cjiekella, die volgende boodskap aan die gemeenskap oorgedra: “Sonder radio- en televisiedienste is dit onmoontlik om van die wêreld rondom jou bewus te wees, maar belangriker is dat dit aan ons noodsaaklike opvoedkundige inligting oor onderwerpe soos onderwys, gesondheid en sosiale aangeleenthede verskaf en help om besluite te neem wat lewens
kan verander.” Die gemeenskap kan hulle nou verlustig in SAUK-kanale, wat insluit SABC 1, SABC 2, SABC 3, en RSG wat op 103.1 FM uitgesaai word. Om die kroon te span het die RSG-aanbieder Fritz Klaaste op die geleentheid as seremoniemeester opgetree en die radiokanaal amptelik met ’n regstreekse oorskakeling geopen. In sy bedankings het Gift van Staden, burgemeester van die Siyanda-distriksmunisipalteit, gesê: “Met die toegang tot RSG kan matrikulante ook die geleentheid kry om vraestelle wat bespreek word te kan beantwoord en regstreeks na die ateljee in te skakel vir hulp en leiding.” Die SAUK het boonop as deel van sy gemeenskapsverantwoordelikheid ’n groot-
skermtelevisie en DVD met radiotoegang aan die Sonstraal-gemeenskapskleuterskool in Rietfontein oorhandig. Piet Rooi, pensioentrekker van Askham, het die SAUK geprys vir die geleentheid om in die gemak van sy woning na sy gunstelingtelevisiekanaal te kan kyk en na RSG te kan luister. Baie inwoners kan nie ’n satelliet-skottel bekostig nie en dus is die ontwikkeling ’n waardevolle toevoeging tot die gemeenskap.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
Sentrum rugsteun onderwys
Vier oorhandiging
VAN links is Elizabeth Van Staden (praktisyn) en Qendoline Mienies (praktisyn) van die Sonstraalgemeenskapskleuterskool in Riet fontein, Vader Gift van Staden (burgemeester van die Siyandadistriksmunisipaliteit), Pula pula Mothibi (waarnemende provinsiale hoof bestuurder van die SAUK vir die Vrystaat en NoordKaap), Magrietha Eiman (burgemees ter van die Miermunisipaliteit) en Frederik Louw op die oorhandiging van ’n grootskerm televisiestel en DVDspeler met radioop vangs. Die SAUK het dit aan die Sonstraalge meenskapskleuterskool oorhandig om die geskiedkundige dag te vier.
Wally Cloete en Anena Burger
Foto: Wally Cloete
Oorsaak van brand nog onbekend Anena Burger ’n VERWOESTENDE brand het Maandag omstreeks 12:40 in die veevoermaatskappy Veekos op Upington uitgebreek. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie, maar dit het vermoedelik ontstaan weens mense wat nabygeleë droë kafbale, wat op Veekos se perseel staan, gestaan en rook het. Puff van Wyk, wat toevallig saam met sy neef by Distell langs Veekos was en ’n video op sy selfoon van die voorval gemaak het, sê daar kan duidelik gehoor word hoe personeellede van Veekos mekaar oor rokery op die perseel beskuldig. Volgens Van Wyk het die brand redelik stadig begin en toe skielik vinnig versprei. “Dit was eers net een of twee bale wat gebrand het en toe het ’n klomp bale sommer skielik aan die brand geslaan,” het Van Wyk aan Volksblad gesê. Joernaliste en lede van
DIE veevoermaatskappy Veekos op Upington was Maan dag in vlamme. Bale kaf en lusern het aan die brand ge slaan. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Foto: Anena Burger
die publiek is inderhaas vir hul eie veiligheid van die perseel verwyder, aangesien die gevaar te groot was. Bestuurders van die maatskappy het in die chaos gegil daar is gasbottels wat kan ontplof en alle mense moes onmiddellik die terrein verlaat. Luidens ’n verklaring
deur kapt. Jacques September, woordvoerder vir die polisie op Upington, is nog geen formele klag ingedien nie. Sodra die polisie verdere inligting ontvang, sal ’n verklaring uitgereik word. Die omvang van die skade is nog nie bepaal nie.
15/32
12/26
16/32
NW30
W35
SW20
ONDERWYS sal nooit weer dieselfde wees nie danksy ’n vennootskap tussen die departement van onderwys en die kommunikasiereus Vodacom. Die Noord-Kaapse departement van onderwys het Woensdag in samewerking met Vodacom ’n Sentrum vir Inligtings- en Kommunikasietegnologiehulpbronne in Rosedale op Upington geopen. Die sentrum het ten doel om jaarliks nagenoeg 1 400 onderwysers van ongeveer 72 skole van oor die Noord-Kaap heen in die sentrum op te lei. Gebiede wat gedek gaan word, sluit in die gebruik van internettegnologie wat onderwysers toegang tot leermateriaal sal verleen. Onderwyshulpmiddels sal deur die nuwe wolkrekenaartegnologie, wat basies ’n internetpakstoor van opvoedkundige inhoud en inligting is, aan onderwysers beskikbaar wees. Die Sentrum vir Internetkommunikasietegnologie is een van nege wat oor die provinsies heen geopen gaan word. Die sentrum op Upington is die sewende hiervan. Dit is met 50 rekenaars, waaronder skootrekenaars, toegerus. In samewerking met Microsoft, Cisco en Mindset het elkeen van die rekenaars volledige internetkonneksie. Laasgenoemde organisasies het ook sagteware, opleiding en leerhulpmiddels vir onderwysers en leerlinge verskaf. Altesaam 58 lede van die gemeenskap is reeds opgelei en vyf jeugdiges het reeds die werkomgewing betree. Altesaam 20 skole in die provinsie het reeds skootrekenaars, interaktiewe witborde en ’n dataprojektor ontvang. Grizelda Cjiekella, LUR van onderwys en die waarnemende premier van die NoordKaap, het op die geleentheid gesê: “As regering is ons verheug wanneer die private sektor tot die vooruitgang van onderwys as ’n geheel bydra. “Onderwys is ’n gemeenskaplike saak en alle belanghebbendes moet deelneem om die onderwysstelsel te ontwikkel.”
DIE LUR vir onderwys en waarnemede pre mier van die NoordKaap, Grizelda Cjiekella, het Woensdag so ’n bietjie “hersiening” ge doen toe die nuwe interaktiewe witborde, wat deur Vodacom aan skole in die NoordKaap geskenk is, op die proef gestel is. Cjiekella was geweldig beïndruk en het by tye heerlik gelag oor die “towerkrag” van die nuwe ma nier van onderwys gee. Foto: Anena Burger
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
3
Brand rig groot skade by Red Sands aan Annerie Louw DIE Red Sands Country Lodge op die Kathupad ongeveer 15 km uit Kuruman is erg deur ’n veldbrand beskadig. Omtrent die helfte van die plaas het tot teen die lodge afgebrand. Een van die huise, ’n grasdak teen die kop, het afgebrand. Alan Morisson, die bestuurder van die spyseniering en sjef van die lodge, is in die brandeenheid van die Mediclinic Kimberley waar hy vir brandwonde behandel word. Morrison het 22% brandwonde opgedoen in ’n poging om die brand te bestry. Hy word vir eerstegraadse brandwonde aan sy kop, derdegraadse brandwonde aan albei arms van sy elmboë tot by sy hande en agter sy regterbeen behandel. Richard Kaufmann, bestuurder by Red Sands, sê dit lyk vir hom asof die Eskomlyne op Frans Scheepers se plaas oorkant Red Sands van die wind aan mekaar geraak het en die vonke toe die brand moontlik kon begin het. Die sterk wind het die brand tot oorkant die pad aan Red Sands se kant versprei.
ONGEVEER die helfte van die plaas by Red Sands het afgebrand. Foto: Verskaf
’n GEBOU op Red Sands wat deur die brand verwoes is.
MENSE maak groepies om vir reën en uitkoms te bid.
Foto: Lynn-Mari Olivier
Mense byeen, bid om reën Lynn-Mari Olivier DIE lug is gevul met swart bolle rook en vlamme word deur die wind aangepor. As mense staan ons magteloos en toekyk hoe tonge vlamme die veld verwoes en diere verbrand. Die pogings om die brande te blus is nietig teenoor die mag van die vuur. Dié brande woed nou al ’n paar dae en die gemeenskap van die omliggende streek is op sy knieë gedwing. Op 20 November is die gemeenskap byeengeroep om in gebed vir reën te smeek. Ds. Graeme Kumm van die El Gibborgemeente op Kuruman het die skare toegespreek deur te benadruk dat die Here in sy woord sê dat waar twee of meer in Sy naam bymekaarkom daar is Hy.
Daarna is groepies gevorm en hande is gevat om die Here vir reën te vra. Vuurslaners slaan dag en nag vuur in ’n poging om die brande onder beheer te kry. Alan Morrison, sjef en bestuurder van die spyseniering by die Red Sands Country Lodge naby Kuruman, het brandwonde opgedoen terwyl hy gehelp het om vuur te slaan. Volgens dr. W. Reyneke, chirurg van die Mediclinic Kimberley, het Morrison graad 2A- en 2B-brandwonde opgedoen. Hy het brandwonde aan albei arms, ’n gedeelte van sy regterbeen en bo-op sy kop opgedoen. Reyneke het bevestig dat geen ander organe enige skade opgedoen het nie en dat Morrison ’n paar dae daar gaan aansterk alvorens hulle enige verdere besluite gaan neem.
Bedank vir sy aandeel DIE Kurumanskou komitee het ’n sken king aan die Laer skool Seodin ge maak vir sy betrokkenheid in die aanbieding van van jaar se skou. Hier ontvang Jan Louw (links, skoolhoof) die tjek van Kobus Kampfer (voorsitter van die skoukomi tee), terwyl die leer linge van die skool toekyk. Foto: Marnus Byleveldt
Foto: Verskaf
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
Skok-nuus het wel ’n doel SUID-AFRIKA het vanjaar ’n swaar jaar gehad. Dit was ’n jaar waarin ’n reeks grusame moorde en verkragtings die voorblaaie van koerante vir maande aaneen oorheers het. Die Modimolle-monster, die Sondagverkragter, die Grafmoorde, die Griekwastad-moorde en nou onlangs die Harrismith-moorde het een ná die ander die land aan die praat gehad en almal tot op die been geskok. Dit was asof daar nie eens asemskep-kans tussen die grusame detail van die moorde en verkragtings op die voorblaaie was nie. Is dit werklik nodig om die duidelike uiteensetting van presies wat aan elke slagoffer gedoen is op so ’n grafiese manier te lys vir almal om te lees? Wanneer verander nuus in sensasie en wanneer word die fyn lyn van goeie joernalistiek oorgesteek en verval koerante in sensasie-soekende, doelbewus skokkende skin-
derblaaie? Van al die voorblaaie wat vanjaar verskyn het, was een van die treffendste seker die voorblad van die Volksblad van Saterdag 17 November. Die volwasse kinders van die Brits-egpaar, wat wreed op Harrismith vermoor is, huil hartverskeurend by die graf van hul pa, ds. Willem Brits. Rou emosie is duidelik op hul gesigte te sien. Die beeld is roerend en gryp die siel ten diepste aan, maar is dit nuus? Is dit nuus om só ’n intens private oomblik vir die wêreld te wys? Tog dra die onderskrif die boodskap van vergifnis uit, wat seker in vandag se gebroke wêreld belangrik is en getuig dit van ’n liefdevolle pa wat net sy bes vir sy kinders gedoen het, wat selfs belangriker is wanneer ’n mens sien hoe kinders al hoe meer in verwronge gesinne grootword. Dan sien ’n mens die silwer randjie, al is hy hoe flou.
Woorde wek, maar voorbeelde trek VERTROU geheel en al op die Here en moenie op jou eie insig staatmaak nie. Hou Hom in gedagte by elke ding wat jy doen, dan sal Hy sorg dat jou lewe reg verloop. (Spreuke 3:6). Ons troos ons soms daaraan dat baie mense in ons land Christene is. Maar is dit so? Of is baie van ons, in die woorde van Overduin, soos ’n kwaksalwer wat op ’n mark ’n onfeilbare middel teen rumatiek aanprys terwyl hyself so krom soos ’n hoepel is en met die dood in sy voete staan? Vir so ’n gesmous sien niemand kans nie. Sommige Christene, het iemand tereg gesê, kan vergelyk word met sekere voorwerpe wat ons byna gereeld om ons sien: . Kruiwaens: Nutteloos behalwe as hulle gestoot word; . Vlieërs: As jy hulle nie vashou nie, verdwyn hulle; . Katte: Hulle is net gelukkig as jy hulle gedurig streel; . Voetballe: Jy kan nooit sê waarheen hulle die volgende keer wip nie; . Ballonne: Vol wind en altyd reg om te bars; of . Sleepwaens: Hulle moet getrek word. Gelukkig is sommige soos ’n goeie horlosie – sigbaar, en tog be-
sig om in stilte hard te werk. Wat help dit as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie?’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood. (Jakobus 2:14 en 26). Ek is bevrees dat baie van die Christene in ons land oor die jare te gewoond daaraan geword het dat die owerheid met wette ons Christelike lewenswyse moet beskerm. Intussen het baie van ons doodgelukkig, maar onbetrokke elke Sondag kerk toe gegaan en daarna elkeen sy eie gang. Dit laat ’n mens dink aan wat die duiwel in een van C.S. Lewis se boeke oor ’n jong Christen sê: “Laat hy hom maar verlustig in sy vroomheid, solank hy net nie aktief word nie.” In die Ou Testament word ’n verskriklike ding oor koning Joram gesê. Hy was ’n nikswerdkoning en ons lees: . . . Sy heengaan is nie betreur nie . . . (2 Kronieke 21:21). Wat ’n treurige in memoriam. Dit kon so anders gewees het. Wat sal eendag van my en jou gesê word?
Inskrywings word ingewag Annerie Louw SKRYWERS het die geleentheid om die volgende vyf weke aan ’n skryfkompetisie van die Kalahari Bulletin deel te neem. Die kompetisie behels die skryf van ’n gedig van ses versreëls met die tema Kersfees. Die gedig moet oorspronklik wees en nie meer as ses versreels nie. Faks inskrywings na 053-7120303, e-pos dit na annerie.louw@volksblad.com of lewer die skryfwerk by die kantoor van die Kalahari Bulletin in Hoofstraat af. Die wenner wen ’n hardebandeksemplaar van Kuier in ’n Plaaskombuis deur Nico Moolman (verkoopprys: R239,95.)
Belofte vervul deur Theo de Wet Dis ’n lang stille nag in ’n stal hou Maria die wag want God het belowe Hy stuur ’n Verlosser van Bowe so aan sy belofte te verbind met geboorte van die Jesuskind
DAAR is niks mooier en rustiger as ’n kampvuurtjie in die Kalahari nie. Sien nog meer Kalaharifoto’s op ons webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za Foto: Stefan Louw
Bejaardes heerlik bederf ANTON ESTERHUYSE, Kuruman: DIE senior burgers van die NGK Moedergemeente is met ’n heerlike ete in die kerksaal bederf. Daar was heelwat seniors, sommige ondersteun deur kieries en ’n rolstoel, maar die geesdrif het nie ontbreek nie. Die oudste senior was die 93-jarige tannie Mckay Hattingh. Dit was ook ’n geleentheid om ou vriende weer in die oë te kon kyk, gesels en grappe te maak. Die vroue het in pragtige uitrustings met kunstig versorgde kapsels opgedaag. ’n Geleentheid om weer waarlik vrou te voel. Ons innige dank aan die NGK-bestuur wat die byeenkoms moontlik gemaak het. Bo en behalwe die heerlike kos kon die seniors luister na die skoolkoor van Elsa Straten en is die koor aan die einde staande toegejuig. Begaafde kinders uit die gemeenskap kon hul talent deel. Elke senior is met ’n geskenk bederf. Dankie, Moedergemeente, dat julle ons onthou, vir ons omgee en menswaardig laat voel.
Skynheiligheid oor hoof skok VERONTWAARDIG, Kuruman AS ouer en oud-onderwyser is dit met blydskap, maar ook verontwaardiging, dat ek die Kalahari Bulletin se voorblad gelees het. Bly omdat mnr. Tommie terug is en verontwaardig oor die manier waarop hy deur die huidige skoolbeheerliggaam behandel is. My vraag aan die skoolbeheerliggaam (SBL) is: Het hulle gedink voor hulle gehandel het? Soos ’n onderwysers gesê het: ’n Mens weet nie wat so iets aan kinders doen nie. Maar het die SBL ooit gedink wat dit aan die gemeenskap, onderwysers, ’n skoolhoof se gesondheid en ook aan hulle eie kinders doen? As die SBL dan so ingelig is soos hulle voorgee, het hulle ooit gedink wat ’n voortydige aftrede aan ’n skoolhoof se pensioen gaan doen? Verder kan ek nie glo watter
voorbeeld sommige van die SBL-lede aan leerlinge gestel het toe hulle baie skynheilig en met groot gebaar mnr. Tommie omhels en terug verwelkom het nie. Dink hulle kinders, ouers en onderwysers sien nie deur hul optrede nie? Is dit die regte voorbeeld om so skynheilig voor leerlinge op te tree? (Brief is verkort – Red.)
Dank vir hulp met brande KAUFMANN-FAMILIE, man
Kuru-
BAIE groot dankie aan almal wat gehelp het met die brande hierdie week. Julle is almal groot helde en ons dank die Here vir vriende soos julle wat onselfsugtig jul tyd, werk en lewe opgeoffer het om te help. Baie dankie vir almal se gebede en ondersteuning. Julle weet wie julle is en ons waardeer dit baie. Ons wens vir Alan, Gary en Frank van Red Sands wat brandwonde opgedoen het ’n spoedige beterskap en sterkte toe.
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per epos ontvang word, sal voorkeur geniet.
Blou Maandae gaan ook verby Annerie Louw ’n BLOU MAANDAG begin gewoonlik met ’n wekker of selfoon wat die verkeerde tyd afgaan: of te vroeg of heeltemal te laat. Maar dit is nie hoe my blou Maandag begin het nie. Ek was ’n uur voor my normale opstaantyd reeds wakker en gereed om die nuwe week se uitdagings te pak. Op ’n blou Maandag kan dit wees dat ek Dierbaarste se motor ’n onverwagte stampie kon gee, maar sy motor was ongedeerd. Die eerste teken van blou het ek in die leë koffieblik se boom gesien. Ook die leë melkhouer en enkele lepeltjie suiker wat nog in die suikerpot oor was moes my toe reeds die blou in die Maandag laat herken het en laat besef het dat hierdie dag nie gewoonweg gaan verloop nie. Geen voorbodes op pad werk toe nie, want ek was lekker vroeg. Dit is eers toe ek my rekenaar aanska-
kel dat ek ooreenkomste tussen die leë koffieblik, melkhouer en suikerpot sien. Ek het skaars begin tik toe blaas hy net so ’n ligte asempie uit en dood is hy. Weer van vooraf aanskakel, aanmeld en kodes invul voordat ek op die program kan werk. Ek is net lekker besig om my berig te tik toe die telefoon lui. Met die antwoord daarvan weet ek uit ondervinding van die lekkerste woorde wat ek gedink het sal nou weg wees voordat hulle neergeskryf is. Toemaar, dalk is dit ’n goeie storie, troos ek myself toe ek baie vriendelik groet. Die Edgarsbemarker praat Engels, maar ek lei af dit gaan oor my rekeningstaat. Volgens hom skuld ek baie geld. Ek weet my rekening
staan al vir vier jaar op R4,98 nadat ek my vererg het vir ’n fout wat hulle gemaak het en ons ses maande geneem het om dit op te los. Nog nooit het ek weer op rekening gekoop nie en dit neem my heeltemal te lank om te verduidelik dat iemand dalk dieselfde naam het as ek het, maar met ’n ander adres. Sowat 20 minute se kosbare tyd is deur die verduideliking ingesluk. Die nuwe woorde van die berig is net mooi ingespan toe gaan die krag af. Ek maan myself tot kalmte deur ’n paar gedagtes met pen neer te skryf, maar dit is net nie dieselfde nie. Dan maak ek noodsaaklike oproepe. Baie naby aan trane gaan die krag weer aan. So het die blou Maandag sy aaklige blou tentakels in elke skryfpoging ingewurm en ook my derms wat deur die senuwees beïnvloed word, geknoop. Wat my darem moed gegee het, is iemand se wyse woorde: Ook dit sal verbygaan.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
5
Sluit die jaar op ’n hoë noot af UPINGTON se gewilde dorpskoor, Siyanda Can tando, het ’n bedrywige jaar met ’n puik optrede in die Laerskool Oranje Noord se skoolsaal afge sluit. Die uitvoering Sing Afrikaans het talle gewilde Afrikaanse liedere soos Tafelberg, Bloubergstrand en Reënvoel inge sluit. Die koormeester is Johan Engelbrecht en die begeleier Neville Schu bach. Foto: Amorine Strydom
Trots op naambord DIE Klenasobisentrum in Freedom Square het verlede week sy splinternuwe naambord onthul. Klenasobi is ’n samevoeging van die eerste letters van die woorde kleuterskool, nasorg, sopkombuis en biblioteek en dit is waarna dié klein sentrum, wat deur die ACVV op Upington begin is, streef. Daar is sowat 12 kleuters wat die skooltjie bywoon en 3 dae per week dien die sentrum ook as ’n sopkombuis. Van links is Marika Louw (gemeenskapsont wikkelingsbeampte van die ACVV), Bereline Ntoba (onderwyser) en Rina Liebenberg (ACVVvoorsitter) by die kinders en hul splin ternuwe naambord. Foto: Lizette Slabber
Make the Gro-e-Scheme work for you @ prime less 3%
Doeke, geld ingesamel
The IDC has established the Gro-e-Scheme to facilitate the creation of sustainable employment by start-up and existing businesses. Who qualifies t &YJTUJOH QSPöUBCMF DPODFSOT PS WJBCMF TUBSU VQ CVTJOFTTFT t .BYJNVN 3 DPTU QFS KPC DSFBUFE PWFS UIF GVOEJOH QFSJPE t ###&& DFSUJöDBUJPO GSPN BO BDDSFEJUFE WFSJöDBUJPO BHFODZ t #VTJOFTTFT PQFSBUJOH PS FYQBOEJOH JO 4PVUI "GSJDB How it works t 'VOEJOH PG 3 NJMMJPO UP 3 CJMMJPO QFS QSPKFDU t Interest at prime less 3% t 'VOEJOH BWBJMBCMF PWFS ZFBST PS VOUJM UIF TDIFNF JT FYIBVTUFE
t 'JSTU ESBXEPXO NVTU CF XJUIJO POF ZFBS PG BQQSPWBM t 5IF GVOEJOH QFSJPE DBO CF TUSVDUVSFE UP NFFU DBTI øPX OFFET t $BQJUBM BOE JOUFSFTU QBZNFOU IPMJEBZT DBO CF BQQMJFE BDDPSEJOH UP OFFE t 4UBSU VQ GVOEJOH DBO CF VTFE GPS CVJMEJOHT NBDIJOFSZ BOE XPSLJOH DBQJUBM Other support t 8IFSF OFDFTTBSZ CVTJOFTTFT BSF FODPVSBHFE UP VTF *%$ #VTJOFTT 4VQQPSU 4FSWJDFT
Chillibush8485IDC
DIE Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) op Upington werk aan sy Nappy Run-projek waarop hy geld en doeke vir veral gestremde kinders wil insamel. Die Nappy Run is ’n jaarlikse veldtog om bewusmaking vir die probleme van ouers van gestremde kinders te kweek, veral wat inkontinensie betref. Met dié veldtog wil die vereniging ook geld insamel om doeke vir gestremde kinders, wat inkontinent is, te koop. Inkontinensie is ’n probleem wat algemeen by kinders met gestremdhede voorkom. Doeke is egter ’n groot uitgawe en die meeste ouers het nie die geld om dit te koop nie. Die aantal gestremde kinders wat in uiterste armoede woon, is baie hoog en in die meeste gevalle het die ouers ook nie toegang tot die ondernemings wat die doeke verkoop nie. Kinders met gestremdhede gebruik doeke vir ’n langer tydperk of selfs lewenslank en dus is die behoefte aan doeke ’n langdurige uitgawe. Dagsorgsentrums en tehuise vir kinders met gestremdhede het ook ’n baie groot behoefte aan doeke. Dit is weens dié nood dat die Nappy Run begin is. Die APD wil graag in gastehuise, hotelle en ander ondernemings of winkels ’n houer en blikkie saam met ’n plakkaat plaas wat mense aanmoedig om ’n skenking in die vorm van doeke of geld te gee. Mense watby die veldtog betrokke wil raak of ’n blikkie en plakkaat in hul ondernemimg wil plaas, kan Inge Reichert by 073-914-6055 bel.
IDC in Action
Telephone: 086 069 3888 Email: callcentre@idc.co.za To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
LEEFSTYL/LIFE STYLE
ACVV sê geweld die stryd aan DIE ACVV op Upington wil vanjaar tydens die veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders alle besighede en organisasies aanmoedig om hul werkplek in wit te tooi en só die “seer te keer”. Die ACVV vorm deel van die 16 dae van aktivisme met hul Keer die seerveldtog. Die 16 dae van aktivisme is ’n internasionale veldtog teen geweld teenoor vroue en kinders. Dit strek van 25 November tot 10 Desember. Die ACVV se veldtog sluit hierby aan en begin op 26 November en almal op Upington word gevra om op dié dag òf ’n wit strikkie te dra òf heeltemal wit aan te trek. Daarby gaan die ACVV op verskeie punte mense vra om hul Keer die seerbelofte te onderteken. Met die teken van dié belofte onderneem mense om te help om die mishandeling van vroue en kinders stop te sit deur te sê: “Nee vir gesinsgeweld, verkragting, moord, mishandeling, kinderpornografie en handeldryf in kinders.” Die ACVV sal op 26 November by die Upington-landdroshof, 27 November by die Louisvaleweg-kliniek, 28 November by die //Khara Hais-munisipaliteit, 29 November by die Karos-gemeenskapsaal, 4 Desember by die Lambrechtsdrifgemeenskapsaal en 6 Desember by die Leerkrans-gemeenskapsaal wees. Mense kan van 09:00 tot 12:00 hul Keer die seer-beloftes teken. Daar sal ook van 25 November tot 10 Desember tydens kantoorure (07:30 tot 16:00) beloftes en inligtingbrosjures by die ACVV Upington-kantoor in Schröderstraat beskikbaar wees.
Middel glo meer kwaad as goed Lynn-Mari Olivier OORGEWIG verbruikers koop goedgelowig verslankingsmiddels oor die toonbank en glo dat die bestanddele wat op die pakkie aangedui is, ware inligting is. Só word hulle ook deur die nuwe verslankingsmiddel Kangmei om die bos gelei. Kangmei, ’n Chinese verslankingsmiddel, is oor die land heen, asook op Kuruman, vrylik te koop. Dit word as ’n absolute natuurlike produk bemark en waarborg gewigsverlies van tot 1,5 kg tot 3 kg in een week met geen newe-effekte nie. ’n Anonieme bron bevestig dat dié verslankingstablette vir R20 op straat verkoop word en ook by ’n plaaslike apteek vir R49,95. Sy was nuuskierig en wou weet waarom die vroue op Kuruman só in die tablette glo. Sy het die tablette vir slegs twee dae gebruik en moes dit toe onmiddellik ophou drink. Volgens haar het sy erge hartkloppings gekry en vreeslik dors geraak. Sunette de la Rey, ’n plaaslike apteker, is van mening dat die Kangmei-verslankingstablette beslis iets bevat wat verdag is, omdat die verbruiker glad nie homself voel nadat hy die pille gedrink het nie. Na aanleiding van ’n berig in Beeld op 4 November het dr. Harris Steinmann klagtes oor die produk ontvang en die produk by ’n forensiese toksikologielabratorium by die Universtiteit van Pretoria se chemiese afdeling laat toets. Dit is bevestig dat die kapsules sibutramien bevat. Volksblad berig dat nóg ’n verbode middel , ’n sogenaamd 100%- natuurlike Chinese verslankingsmiddel, is in die pille gevind – dié keer ’n lakseermiddel wat tot kanker kan lei. Dit is fenolftaleïen, wat meer as tien jaar gelede aan die mark onttrek is nadat studies op rotte en muise getoon het dit veroorsaak kankergewasse.Verdere toetse toon daar is fenolftaleïen en sibutramien in LeanGenie van Gauteng se JS Slim-verslankingskapsules. Volgens die webtuiste www.thoughtleader.co.za is sibutramien ’n skedule 5-bestanddeel wat slegs op voorskrif deur ’n mediese dokter verkry mag word. ’n Dokter sal sibutramien voorskryf om gewigsverlies aan te help. “Sibutramien is in November 2007 deur
die Food and Drug Administration (FDA) vir die behandeling van vetsug goedgekeur, maar is in 2010 uit die meeste wêreldwye markte onttrek weens die newe-effekte daarvan,” sê dr. Abri Bezuidenhout, ’n dokter in Pretoria. Volgens Bezuidenhout is die chemiese molekules van sibutramien verwant aan amfetamiene wat onder meer dwelverwante stimulante insluit. Bezuidenhout bevestig dat CAT ook aan hierdie groep behoort. “Hoewel sibutramien-bevattende verslankingsmiddels van die mark onttrek is, vind ons dat die middel nog dikwels sy verskyning maak. Dit is kommerwekkend. Onlangs was dit in die vorm van ongelisensieerde ‘natuurlike’ verslangkingsmiddels, soos Pai You, Guo Slim-kapsules, Payouji-tee en dan ook Kangmei-verslankingstablette,” sê Bezuidenhout. Bezuidenhout is dit eens dat sibutramien lewensgevaarlik is en dat medici reeds bewys het dat die bestanddeel die verbruiker se kans op ’n hartaanval met tot 28% verhoog en ’n risiko vir ’n beroerte nog 36% hoër is.
MOLLER VAN ZYL en Petri Cilliers is by Red Sands deur ds. Pieter van Zyl in die huwelik bevestig. Die paartjie is vir hul wittebroodva kansie na Inhambane in Mosambiek. Foto: Stefan Louw
“Hoewel hierdie twee newe-effekte die hoofrede vir die onttrekking van die soort middels was, is dit net die punt van die ysberg op ’n ellelange lys van newe-effekte,” sê Bezuidenhout. Volksblad berig dat volgens Andy Gray, senior lektor by die Nelson Mandelamediese skool aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, het Amerika fenolftaleïen in 1999 as oor-die-toonbank-middel verbied. Die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) het dit kort daarna ook gedoen. Luidens die VSA se 12de verslag oor karsinogene het rotte en muise kwaadaardige gewasse gekry toe hulle fenolftaleïen gevoer is. Laboratoriumtoetse het getoon fenolftaleïen veroorsaak genetiese skade in hamsterselle, maar dié gevaar is nog nie in studies op mense bevestig nie. De la Rey verduidelik dat die produkte steeds verkoop kan word en dat as alle toetse bevestig word, die Mediese Beheerraad van Suid-Afrika dit op skrif sal stel en sodoende verkopers van die produk sal dwing om verkope te staak. Beeld berig dat Shirley Hanson van www.theleangenie.com aan Beeld gesê het dat sy haar Kangmei by plekke in Crown Mines koop. Sy het “geen idee” waar dit vervaardig word of wie dit invoer nie, maar glo die verkope is “massief”.
ROBERT GROENEWALD en sy pragtige bruid, Daleen, is op 10 November op Upington getroud. Hulle is oorspronklik van Upington en woon en werk nou op Kathu. Robert is die seun van Naomi en Lukas Steenkamp en Daleen die dogter van Kotie en wyle Ar nold Combrinck. Foto: Anena Burger
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
7
Beleef plesier in die natuur DIE gr. 3leerlinge van die Laerskool OranjeNoord het ’n heerlike uitstap pie na DuinindieWeg by Grootdrink gehad. Dit is ’n jaarlikse belewenis waarop die leerlinge nie net baie pret het nie, maar ook baie waardevolle natuurlesse leer.
DIE leerlinge hier wat hul kanovaart op die Oranjerivier terdeë geniet het, is van links Daniél Rossouw, Johandri Jacobs, Elseri Pienaar, Simoné Ger ber en Alheit Krüger.
DIE hindernisbaan het geen pro bleem vir dié seuns ingehou nie. Van links is Joachim du Plessis, Ray Barlow, Kevin Cory en André Lange.
MCSA/OLD MUTUAL/KALAHARIB/4287/E
RIZE LIEBENBERG pak die hangmat voetjie vir voetjie aan.
PAULA BURGER hang vir al wat sy werd is, maar dit bly lekker om so wild te swaai. Alice Burger wag haar kans af. Foto’s: Verskaf
A GOOD LOAN MADE SPECIALLY FOR YOU IS BETTER THAN A FAST LOAN
The Mashonisa’s quick loan approval seems nice, but he’s not actually helping you, he’s just helping himself to your money. At Old Mutual, we may take a little longer to give you a loan because we want to make sure you’re getting the right loan, one that you can afford. A loan that suits your needs. Because if you borrow responsibly, there is such a thing as good debt.
GET A LOAN THAT’S RIGHT FOR YOU – VISIT A BRANCH, SMS YOUR NAME TO 41575 OR VISIT WWW.OMFINANCE.CO.ZA
Finance Old Mutual Finance is an Authorised Financial Services and Registered Credit Provider
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
JOHAN STRYDOM (links), Josef Botes en Jan Becker (regs) hou die brug dop terwyl Elu Fullard die laaste gewig in plek sit. Foto’s: Verskaf
Stryd in brugbou beslis DIE Hoërskool Duineveld en die Laerskool Oranje-Noord het kragte gemeet in ’n brugboukompetisie wat deur Duineveld aangebied is. Onstabiel IV van Amourie Becker, Hanneré Compion en Dilene Fokkens het net 274,4 gram geweeg, maar kon 64,6 kg dra voordat dit gebreek het. Dié gewigtige brug het aan die span die eerste plek besorg. Knuppeldik, wat deur Caro Uys, Abrie Visagie en Liam Griebenauw gebou is, was tweede. Die brug het 186,3 gram geweeg en kon 35,4 kg dra. Awe Ma se kind, ’n brug deur Johan Lamprecht, Jaendré Truter en Ruaan Kempen, was in die derde plek. Hul brug het 289,3 gram geweeg en kon 52,9 kg dra.
VAN links is Gerhard Jacobs, NJ de Kock, Jacques van Zyl en Adriaan de Kock (Lumber City).
DIE nuwe bestuurskomiteelede van die Hoërskool Upington se ATKVjeugtak is van links, voor: Chante Neels, Marianke May (voorsitter) en Corlia Rupping; agter: Frederique de Bruyn, SZ Minnaar (ondervoorsitter), Rohan Coreejes (tesourier) en Chantelle van Niekerk (sekretaris). Afwesig: Hanneri Roux (be marker). Foto: Verskaf
ATKV-komitee al vroeg doenig DIE nuut aangestelde ATKV-bestuurskomitee van die Hoërskool Upington is skaars aangestel of hy het klaar aan die werk gespring. Voordat sy termyn in 2013 begin het, het hy reeds gewys dat hy in sy gemeenskap wil wys dat hy vir sy taal en medemens omgee. Hy het 40 skoenbokse vir die Santa Shoebox-projek gevul. MARIANKE MAY en Rohan Coreejes Hy het al die by die skoenbokse wat afgelewer voorgeskrewe inhoud gaan word. Foto: Verskaf vir die skoenbokse versamel en aan Sandra Thirion, die Santa uitdagende omgeeprojekte Shoeboxvir die nuwe jaar en nooi koördineerder, oorhandig. alle Uppies om deel van die Dié jeugtak beplan tak te word.
Verdien goue eerbewyse SEWE van die Laerskool Sentraal op Kakamas se leerlinge het goue eerbewyse vir hul akademiese prestasies verwerf. Leerlinge van gr. 4 tot gr. 7 kan goue eerbewyse vir akademie verwerf indien hulle in gr. 7 meer as 80% vir al hul vakke en in gr. 4 tot gr. 6 meer as 85% vir al hul vakke behaal. Die leerlinge wat dié besondere prestasie behaal het, is van links André van Zyl, LaraMari Geldenhuys, Marna van Wyk, JanWillem Nel, Elanie Brand, Minette van Zyl en Nina Acker man. Foto: Verskaf
Oranje-Noord vereer sy toppresteerders DIE Laerskool Oranje-Noord het op sy prysuitdeling sy akademiese presteerders vereer.
HURTER KIRSTEIN is as die top akademiese presteerder in gr. 7 aangewys. Foto’s: Verskaf
DIE duxleerlinge van die Laerskool OranjeNoord is van links Alicé Maritz, Connie Conradie en Hurter Kirstein.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
DIE Laerskool OranjeNoord het sy nuwe oueronderwyserver eniging (OOV) gekies. Die nuwe voorsitter van die OOV is Cor nay Grové. Sy neem by Lorraine Nel oor. Van links is Pierre van der Merwe (skoolhoof), Grové en Nel. Foto: Amorine Strydom
’n HEERLIKE Kersmark gaan van 29 November tot 1 Desember by The Mill plaasvind.
Foto: verskaf
Kersmark beloof genot Lizette Slabber ’n HEERLIKE Kersmark en verskeidenheidskonserte om die vakansie te vier en die Kerstyd mee te begin vind van 29 November to 1 Desember by The Mill plaas. Op Donderdag 29 November en Vrydag 30 November kan Upingtonners na ’n verskeidenheidskonsert by The Mill kom luister. Verskeie plaaslike kunstenaars en leerlinge van die Hoërskool Duineveld gaan op dié twee aande met hul sang- en musiektalent die gehoor bekoor.
Dié twee konserte sal Donderdag- en Vrydagaand van 18:00 tot 21:00 plaasvind. Die Kersmark vind elke dag van 08:00 tot 21:00 plaas. Volgens Maryna Bruwer, eienaar van The Mill, is daar ’n groot verskeidenheid plaaslike kunstenaars wat produkte te koop aanbied. “Van die ou bekendes sal daar wees, maar heelwat nuwe kunstenaars het ons gehelp om ’n blink nuwe baadjie vir die Kersmark aan te trek. Besoekers aan die Kersmark kan heelwat nuwighede soos die nuutste handwerk, huisde-
Beskerm diere teen trauma Lizette Slabber ELKE jaar in die Kerstyd en met Nuwejaarsvierings word vuurwerk geskiet. Dit veroorsaak erge spanning vir diere en kan lei tot getraumatiseerde honde en katte wat wegraak en selfs doodgaan. Daarom het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington ’n inkleurkompetisie begin om bewusmaking te kweek van die nadele van vuurwerk en die gevare wat dit vir troeteldiere inhou. Kinders kan inkleurprentjies by die OK-Mini-Mark-Middelpos gaan haal, dit inkleur en voor 9 Desember terugneem. Elke kind wat ’n inkleurprentjie terugbring, gaan ’n klein prys ontvang. Daar is heerlike pryse vir die beste drie inkleurprentjies. Deur dié bewusmakingkompetisie wil die DBV mense ontmoedig om die Kerstyd vuurwerk te gebruik en ook aan mense raad te gee oor hoe om hul diere teen die spanning wat vuurwerk veroorsaak te beskerm. . Bly met vuurwerkvertonings by die huis. . Maak diere in die huis in die kombuis of badkamer toe waar die vensters te klein en te hoog is vir hulle om by uit te spring. . Maak die gordyne en vensters toe en speel musiek of skakel die televisiestel aan om die geluide en ligte te verbloem. . Gee vir hulle iets om hulle mee besig te hou. ’n Bekende speelding of sappige been is ideaal. . Maak seker die hond of kat het ’n identifikasiebandjie. . As jy weet jou troeteldier reageer negatief, kry raad by ’n veearts, maar moet nooit menslike medisyne vir ’n hond of kat gee nie. . Gee vir hulle ’n lekker ete net voor donker. Dit sal hulle slaperig en kalm maak.
kor, deli-produkte, tuisgebak en selfs braaivleis verwag.” Van die plaaslike
kunstenaars wat hul handwerk te koop gaan aanbied, sluit Helani
Delport, Karin Oberholster, Lynette Gagiano en Jumarie du Toit in.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
HOEWE TE KOOP: 1 840 vk m. Klaar onderverdeel vir 6 woonstelle, werkende boorgat, bestaande huis wat in twee woonstelle verdeel kan word. Prys onderhandelbaar. Vir navrae, skakel Karel 082 651 2775.
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their career. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape
Electrician Mamatwan Mine
Ref. 752648 In this role, you will inspect, replace and maintain all electrical equipment in a safe and efficient manner at the Sinter and DMS plants. Some of your functions will include electrical construction and commissioning of Low, Medium and High Voltage networks, electrical installations, performing electrical inspections, conducting electrical fault find and repair duties in order to analyse and solve electrical problems as well as general electrical maintenance duties. To be considered, you will need a valid Electrician Trade Certificate plus an N3 qualification, coupled with 3 years’ experience as an electrician. A Wiremen’s Licence and Medium and High Voltage experience and certification will be advantageous while it is imperative that you are medically fit, possess a valid Code 08/EB driver’s licence and have good interpersonal skills. Problem-solving skills will also stand you in good stead.
Apprentices Department: Human Resources
Ref. 752731 Ensuring compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, you will have an opportunity to be trained as an Artisan. If you strive for high work standards of performance, are able to complete the theoretical and practical parts of the training course within the pre-defined training period and are interested in qualifying as an Artisan, then apply for apprenticeship in one of the following disciplines:
• Electricians • Fitters • Diesel Mechanic • Millwright Formally, you’ll need a Grade 12 with Mathematics and Science and NCV Level 4 (with Mathematics and Science, minimum 40% each) OR an N2/N3 technical qualification (N3 is compulsory for Millwrights and Electricians). You will be subjected to a pre-assessment test and you must have a valid Code 08 driver’s licence and be medically fit. We require team players who are good at building and maintaining relationships as well as delivering quality results. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 30 November 2012. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
www.humanjobs.co.za
Human Communications 93595
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012 SECURITY GUARDS NEEDED with PSIRA grades. Only men neede. Fax CV to 086 773 6409.
EK HET 5 TWEESLAAPKAMER studentewoonstelle, ten volle gemeubileer (beddens, stoof, yskas, mikrogolf, TV, wasmasjien, lessenaar, rusbank, betaalkrag, onderdakparkering, tuimeldroĂŤr) met uitstekende sekuriteit in die Uniloftblok. Loopafstand vanaf UV. Ek wil dit verkoop: R750 000 elk. Skakel Andre Badenhorst 082 461 8544.
ADMIN-DAME BENODIG IN KURUMAN: So gou moontlik diens aanvaar. Kandidate met ondervinding sal voordeel trek. Salaris onderhandelbaar. Faks of epos CV met afskrif van ID na 053 712 2523. k.e.s.@vodamail.co.za Experienced Construction Site Agent needed.Available immediately.Email CV to fire27677@gmail.com.
WANTED: GUEST-HOUSE receptionist with experience. Also knowledge of MS Word and Excel. Prefer lady of 40 years or older. Phone 079 798 3970.
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
Uppiespelers pootjie Velties DIE Hoërskool Upington se eerste krieketspan het in die Siyanda-skoleliga sy wedstryd teen die Hoërskool Duineveld met sewe paaltjies gewen. Duineveld het eerste gekolf en 142 vir die verlies van ses paaltjies aangeteken.
Jaco Zietsman was Uppies se beste bouler. Hy het drie paaltjies geneem en net 22 lopies afgestaan. Upington het daarna gekolf en 143 vir die verlies van drie paaltjies aangeteken. Gert Rupping het 69 lopies (nie uit nie) aangeteken en Jaco Zietsman 50 lopies.
DIE eerste krieketspan van die Hoërskool Upington is van links, voor: André Share, Gert Rup ping, AJ Qumza, Gert Nel en Johan van der Ryst; middel: William Briekwa, PJ Smith en Marcel van der Westhuizen; agter: Jaco Zietsman, Franco Swart, Aubert Ntsane en Shaquille Cloete. Foto: verskaf
DIE Laerskool OranjeNoord het tydens sy prysuitdeling vir Alicé Maritz as sy sportmeisie vir 2012 aangewys. Die sportseun vir 2012eerbewys word deur Rikus Pretorius (links) en Thinus Oppermann gedeel. Foto: verskaf
Duineveld presteer in tennis
Hokkiekliniek uiters suksesvol
DIE Hoërskool Duineveld se eerste meisiestennisspan het aan die Auto Niche Bloemfontein-uitdaagbekertoernooi deelgeneem. Spanne van oor die hele sentrale streek (Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes) heen het aan dié toernooi deelgeneem. Duineveld het vierde geëindig.
DIE Hoërskool Upington het ’n hokkie-afrigtingskliniek aangebied. Elsie Coetzer het Upington met dié kliniek in ’n fees van kleur met meer as 70 hokkieballe, bakens, spanne in kleurvolle bibs, mondskerms en sokkies verander. Spelers van die Hoërskool Namakwaland op Springbok, die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas, die Hoërskool Duineveld en verskeie laerskole het dié kliniek bygewoon. Die glimlagge het Upington oortuig om dié fase 1-kliniek met ’n fase 2-kliniek in Februarie 2013 op te volg.
VAN links is Tiaan Serfontein (afrigter), Elmoné Botha, Anja Steen ekamp, Ané Dippenaar, Deanke van Zyl, Danielle Nel en Sharlene Venter (spanbestuurder) van Duineveld se eerste meisiestennisspan.
BYRON LINKS, ’n leerling aan die Hoërskool Upington, het op die provinsiale karatekampi oenskappe op Upington ’n silwermedalje in kata en ’n goue medalje in kumite verwerf. Foto: verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
15
Skool oorheers Upington Extreme DIE Hoërskool Upington het vanjaar op groot skaal aan die Upington Extreme deelgeneem. Nie net het ses van die skool se spanne aan die skole-afdeling deelgeneem nie, ’n onderwyserspan het ook vanjaar aan die moordende wedloop deelgeneem. Twee van die spanne het onderskeidelik tweede en derde in die skole-afdeling geëindig. Die onderwysers het hul staal getoon en met die derde plek in die gemengdespan-afdeling weggestap.
VAN links is Spannie Boshoff, Alouwna van der Westhuizen en Johan van der Ryst. Foto’s: Verskaf
VAN links is DJ Dry, Jana Lategan en Alvin Steenkamp.
VAN links is Jana Victor, Christo Engelbrecht en JJ Lieben berg.
IN die tweede plek in die skoleafdeling is van links Ulrich Lategan, Alyssa Ekkerd en JanHendrik Boshoff. LEDE van die span wat algeheel derde in die skoleaf deling is, is Lali Lamprecht en Louw Scholtz. Afwesig: Zinzan Sonnekus.
VAN links is Danwill Petro, Earl Delie en Byron Links. VAN links is André Kapnoudhis, Leeme Jansen van Rensburg en Allen Jacobs.
DIE onderwyserspan is algeheel in die derde plek van die gemengde spanafdeling. Van links is Leaticia Booysen, Francois le Roux en Christine Esterhuizen.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 NOVEMBER 2012
Nicolas slaan ’n slag NICHOLAS McGREGOR, ’n leerling aan die Hoërskool Duineveld, was vyfde in die Prince-Kloppers Masters Cup-toernooi in Bloemfontein. Ná die Kloppers-tennistoernooie in Januarie, Maart en Julie in Bloemfontein is pun-
te op grond van prestasie aan elke speler toegeken. In elke ouderdomsgroep is die agt topspelers dan genooi om sake in die Masters Cup uit te spook. Nicholas is as een van die agt topspelers aangewys en genooi om deel te neem. Hy was vyfde in die toernooi.
Uppies-7’s is bobaas DIE o.15-sewesrugbyspan van die Hoërskool Upington het onlangs aan ’n sewestoernooi van die United Rugby Club deelgeneem. Uppies het al hul wedstryde met oorweldigende sukses gewen. In die eindstryd het hulle met ’n reusetelling van 57 – 0 gespog. Dié span staan nou ’n goeie kans om as streekspan gekies te word wat teen Kimberley-skole in ’n toernooi sal speel.
Gekies vir GWspanne
NICHOLAS McGREGOR in aksie op die tennisbaan. Foto: Megan
Loots
ANDRÉ ROUX (links) en JayD van Zyl van die Hoërskool Duineveld is albei vir GriekwalandWesse krieketspanne gekies. André is vir GriekwalandWes se o.17platteland gekies en JayD vir die GriekwaDiamante se o.17span. Dié span gaan van 12 tot 16 Desember aan KSA se o.17 toernooi in Kaapstad deelneem. Die span het opwar mingswedstryde op 11 November teen Noordwes in Kim berley en op 17 November teen die Vrystaat in Bloemfon tein gespeel. Albei spelers word deur Noël Jansen en Barend Groenewald afgerig.
DIE wenspanspe lers is van links, voor: Sheldon Losper, Dian Dry, Henry Wickens (kaptein) en Joe Lythen Willemse; middel: Marcel van der Westhui zen en Cobus Wiese; agter: Franco Snyders, Austin Sckeffers, Adrian Oranje, Dominique Wil lemse, JEll Slab bert (afrigter) en Altys van den Heever (afrigter). Foto: Verskaf