Kalahari bulletin 25 julie 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg

25 JULIE 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Upington GRATIS

TEL. 054­331­3482

Viva, Madiba!

STUDENTE en personeellede van die Upington­kampus van die NCR­VOO­kollege het op 18 Julie ’n groot 67 op hul sportterrein gevorm. Terwyl ’n girokopter oorgevlieg het om die foto te neem het die studente en personeellede langer as ’n uur gestaan en waai terwyl hulle die volkslied gesing het. Op dié dag is Internasionale Mandeladag gevier deur 67 minute aan liefdadigheidswerk af te staan. Verskeie Upingtonse instansies het hul deel hiervoor gedoen. Foto: Stolpers en seuns

Kyk op bll. 8 tot 10 wat op Upington gebeur het en vertel die Kalahari Bulletin op Facebook hoe jy jou 67 minute bestee het.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Upington-DBV-sake uitgeklaar VANWEË navrae en om enige wanvoorstelling of verwarring uit die weg te ruim weens die skielike bedanking van die Upingtonse Dierebeskermingsvereniging (DBV) twee maande gelede en die stigting van ’n nuwe dierewelsynsinstansie op Upington wil die Nasionale Raad van DBVs (NDBV) ’n paar aangeleenthede duidelik maak. ’n Ad-interim komitee – bestaande uit vyf senior inspekteurs van die NDBV – was in beheer van die Upington-DBV se take en verantwoordelikhede sedert Mei 2013. Insp. Cornel Daries is die enigste mens op Upington wat toegelaat word om die Upington-DBV amptelik te verteenwoordig en op te tree. Johan van Zyl, Evelyne van Zyl en Olivia Daries is die enigste vry-

willigers gemagtig deur die NDBV om sekere take en pligte namens die Upington-DBV te verrig. Die DBV bestaan om diere te help en te beskerm. Die NDBV en DBV prys ander instansies met soortgelyke doelwitte en wat werk om wreedheid teenoor diere te voorkom. Die NDBV en DBV het ’n trotse geskiedenis van samewerking met mede-dierewelsynwerkers wat wedersydse ondersteuning en selfs gesamentlike ondernemings insluit. Dit gesê, beklemtoon die NDBV die DBV-naam (en logo) is as handelsmerk geregistreer. Die NDBV besef in Suid-Afrika is dit nie ’n wettige vereiste om as ’n nie-winsgewende instansie te registreer nie, maar die gebruik van die DBV-

naam – regstreeks of onregstreeks – word ferm en wettig beheer. Dit is dalk ’n algemene opvatting dat DBV net “dierewelsyn” beteken en indien wel, voel die NDBV en DBV geëerd deur die aansien. Maar aangesien dit welbekend is, kom die gebruik van ’n geregistreerde naam met vereistes en ver van burokrasie is dit om individue teen wanvoorstellings te beskerm. Die Upington-DBV is amptelik geregistreer as ’n nie-winsgewende instansie en is ook by die SAID geregistreer wat onder meer die Upington-DBV in staat stel om be-

lastingsertifikate uit te reik vir skenkings ontvang. Boonop werk Daries heeltyds as ’n gekwalifiseerde DBV-inspekteur en het die magtiging om onder meer wettig in gevalle van wreedheid of nalatigheid teenoor diere op te tree, om indien nodig magtiging van die magistraat te verkry en om inspeksies uit te voer op trokke wat lewende hawe vervoer, asook slagplase, troeteldiere, plase en enige ander plekke waar diere betrokke is, te inspekteer. Daar is net twee DBV’s in die Noord-Kaap (die ander een is in

Kimberley); dus is ’n DBV van groot belang in die Upington-omgewing. Aangesien dit nie geldelik van die NDBV afhanklik is nie, hang die Upington-DBV se bestaan dus uitsluitlik van openbare ondersteuning en skenkings af. Enigiemand kan die algemene jaarvergadering van die UpingtonDBV op 27 Julie om 14:00 by die Naba Lodge bywoon. Die Upington-DBV kan slegs by 078-853-7096 gebel word. Vir enige navrae kontak Daries by die genoemde nuwe nommer.

DBV hou jaarvergadering DIE Dierebeskermingsvereniging (DBV) op Upington se jaarvergadering vind Saterdag om 14:00 by die Naba Lodge plaas. Dié vergadering is ’n gulde geleentheid om mede-diereliefhebbers te ontmoet en om oor ’n verskeidenheid onderwerpe, verwant

aan ’n gemeenskaplike passie vir diere, te praat. Drankies en kos sal ná die jaarvergadering bedien word. Rig navrae aan Johan van Zyl by 083-685-4351 of Cornel Daries by 078853-7096 of Maggie Mudd by liaison4@nspca.co.za.

4/24

6/25

4/20

NNW-10

NW-10

WSW-5

DIE Animal Welfare Society op Upington bied weer opleiding vir honde aan. Kom leer hoe om jou hond te hanteer sodat hy of sy met ander honde en kinders oor die weg kan kom en jou as sy eienaar sal aanvaar. Die kursus strek oor vyf werksessies. Die eerste sessie is slegs inleidend waarna die volgende vier sessies prakties van aard is en die fisieke opleiding insluit. Die kursus kos R150 vir die volle vyf sessies. Rig navrae aan Sharon Minders by 072­229­7392. Foto: Lizette Slabber


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Skrywer kom praat NEIL STEMMET, bekende kosskrywer en oudUpingtonner, is die gasspreker op die Vroue-Landbouvereniging Oranjevallei se Vrouedagsjampanjeontbyt. Die VLV Oranjevallei vier vanjaar op 3 Augustus nasionale Vrouedag met ’n lekker sjampanjeontbyt op die Bezalel-landgoed. Neil Stemmet, wat die Le Must Manor & Residence op Upington besit, is alom bekend vir sy werk as fotojoernalis, wynplaas- en restaurantkonsultant, gastehuiseienaar, interieurkonsultant, versamelaar en reisiger. Hy het ook die kookboek Sout & Peper geskryf en gaan as gasspreker op die vroue-ontbyt optree en oor kontrei-kookkuns praat. Volgens Stemmet sien hy baie uit om al die ou bekendes daar te sien en “ ’n lekker hartsgesels – sout & peper-styl – met ook sommer ’n klomp leef en huiswenke.” Chrisna Roos gaan skoonheids- en gesonde leefstylwenke met die vroue deel. Kaartjies kos R120 per persoon en sluit ’n ligte ete met lekker vonkelwyn en sap in. Koffie en ’n soet dingetjie gaan agterna bedien word. Elke gas ontvang ook ’n geskenk. Verskeie stalletjies gaan beskikbaar wees waar die vroue ’n lekker bederfie kan koop. Die geselligheid begin om 10:30 en tafels van tien is ook beskikbaar. Vir meer inligting kontak Lauren Bezuidenhout by 084-512-5315.

NEIL STEMMET is die gasspreker op die Vrouedagsjam­ panje­ontbyt van die VLV Oranjevallei wat op 3 Augustus gehou word. Foto: Verskaf

Gewilde wedren gehou DIE 14de Gemsbok die boonste rak geRally vind van 26 tot kuier. 28 September op Saterdagoggend Upington plaas. vind die kwartmyl Die gewilde motorplaas en Saterdagfietswedren wat moaand sal die prystorfietsryers van oor trekking vir die Suid-Afrika en buursplinternuwe Suzuki lande heen lok, word plaasvind. weer vanjaar deur Die naweek word die Wildbulls MCC met ’n kerkdiens van Upington aangeSondagoggend afgebied. sluit. Nie eens die koue Mense wat slegs hou motorfietsliefdie kwartmyl wil byhebbers weg van dié woon, moet die volgeleentheid om hul gende toegangsgeld liefde vir motorfietse betaal: kinders voor te deel nie. skool is gratis, skoolDie hoogtepunt gaande kinders bevan die wedren bly taal R20 en volwassedie kwartmyl Saternes betaal R50. dag wat jaarliks op Om aan die kwartdie lugmagterrein myl deel te neem kos net verby die lughaR20. we plaasvind. Mense wat hulle Dagbesoekers vir die naweek inword nie op die wedskryf se laerskoolrenterrein toegelaat kinders gaan gratis nie, maar almal kan DIE splinternuwe 1300 GSXR Suzuki Haya­ by die terrein in as hulle vir die naweek busi wat op die Gemsbok Rally gewen kan hulle deur hul ouers word. Foto: Lizette Slabber inskryf. vergesel word. Om jou vir die naHoërskoolkinders week in te skryf kos R225 en sluit gratis toe- moet hulle vir die hele naweek inskryf. gang na die terrein en kwartmyl in, ’n lapwaDie Wildbulls gaan weer van die geld in die pen en metaalwapen (solank voorraad hou) gemeenskap terugploeg deur skenkings wat en die kans om ’n motorfiets te wen. ná die wedren gedoen sal word. Vanjaar is ’n splinternuwe 1300 GSXR SuBelangstellendes kan die Gemsbok Rally se zuki Hayabusi op die spel. Facebook-blad of sy webtuiste www.wildVrydagaand word Mnr. en Mej. Gemsbok bullsmcc.co.za vir navrae besoek. Die ingekies. skryfvorm is ook op die webtuiste beskikDaar word ook ordentlik met musiek van baar.

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Is dit nodig om ou wonde oop te krap? HANSIE CRONJÉ is nou 11 jaar ná sy dood weer van wedstrydknoeiery in Indië aangekla. In 2000 het die wedstrydknoeiery die krieketwêreld geskud nadat dit aan die lug gekom het dat krieketspelers geld ontvang het van beroepswedders om wedstryde in ’n sekere rigting te stuur. In daardie stadium was Hansie Cronjé die krieketheld van talle Suid-Afrikaanse krieketliefhebbers en veral ook van ’n magdom jong krieketspelers wat na dié held opgekyk het. Die King-kommissie het gewys dié held het egter voete van klei. Sy dood in 2002 het sy beeld in ’n mate herstel, soveel so dat mense gerieflikheidshalwe vandag terugkyk

en hom steeds kan prys oor sy voortreflike krieket terwyl hulle sy rol in die wedstrydknoeiery doelbewus miskyk. Nou kan gevra word hoekom dit nodig is om ná 13 jaar weer die wonde oop te maak en ou koeie uit die sloot te skop. Daar kan egter met reg gesê word dat die gevoel is dat die volle waarheid nie met die King-kommissie uitgekom het nie. Daar is nie volle rekenskap oor al die geld en al die betrokkenheid gegee nie. Is dit nodig om ná 13 jaar die goeie herinneringe wat nog aan Hansie kleef te verswart. Wat sê jy? Gaan lewer kommentaar oor die nuwe aanklag teen Hansie by www.facebook.com/kbulletin.

Ware liefde gaan oor dade aan medemens André de Villiers LIEFDE is ’n werkwoord. – Lukas 10:25-37 Om vir ander mense lief te wees blyk een van die moeilikste opdragte op aarde te wees. Ons kan vir ons familie lief wees (ook nie eens altyd nie), ons kan vir ons kinders lief wees (die naaste wat ons waarskynlik aan opofferende liefde kom), maar om vir mense lief te wees wat baie anders as ons is, is bykans onmoontlik. Dit was van die vroegste tye af so. Miskien daarom dat God so baie klem daarop gelê het in sy reëlings wat Hy met die volk Israel (en ons daarna) getref het. In die verhaal vra ’n wetsgeleerde, wat veronderstel was om die antwoord te ken, vir Jesus hoe hy die ewige, ware, volle lewe kan verkry. Jesus het hom daarop gewys dat hy gewoon moet lees wat die wet voorskryf (as wetsgeleerde sou hy dié antwoord uit sy kop ken). Met sy hele wese vir God en sy naaste lief moet wees. So eenvoudig soos dit. Die probleem word dan duidelik: Hy wéét wat om te doen, maar is nie gereed om tot die daad oor te gaan nie. Hy probeer nog uitkom deur te kyk of hy nie die naaste kan definieer nie. Dalk net is daar “kategorieë” van mense by wie hy nie betrokke hoef te raak nie. Dan kom die gelykenis waarin Jesus duidelik maak dat dit glad nie kan gebeur nie. Die voorbeelde wat Jesus in die gelykenis gebruik, is soos volg: Die Leviet en priester was “kerkmense” wie ons sou verwag dat hulle sou help. Tog doen hulle dit nie, moontlik met goeie redes wat hulle betref. Die priester kon bv. onrein word as hy aan ’n (moontlik) dooie mens raak en dan kon hy volgens wet nie die gemeente gaan bedien

TARTENDE hoë wit duine wat wag om uitgeklim te word. Só lyk dit in die Witsand­natuurreservaat, ’n mooi kuierplek met baie fotogeleenthede. Foto: Ilse Watson

Malema and Mugabe alike VINCENT WARD, Kuruman:

nie. Dan kom die Samaritaan, die een van wie ons die minste sou verwag om te help. Die twee volksgroepe het mekaar nie in die oë gekyk nie. Tog stop hy, help hy en doen selfs meer: Hy laat die man verder versorg word en betaal vir sy rekening, beloof om nog uitgawes te betaal indien dit nodig sou wees. Hy loop die ekstra myl, hy gee die onderkleed as die persoon die bokleed vra. Met die voorbeeld sou die wetgeleerde hom kon verbind. Hy sou die gelykenis nie kon misverstaan nie. Maar dan kom die verrassende teenvraag: Wie het ’n naaste geword van die man wat beseer was? (Nie: “Wie is my naaste?” nie, maar: “Vir wie kan ek ’n naaste wees?”.) Die wetgeleerde moet kies om ’n naaste te word en meelewend te raak. Ware liefde vir God gaan oor dade van liefde teenoor ons medemens. Ons “sien”, maar ons kry nie meer innig jammer nie. Dit roer nie ons hart nie. Die Samaritaan kry dit reg om sy vooroordele te laat staan. Hy suspendeer al sy oortuigings oor hoe die verhouding tussen Jode en Samaritane behoort te werk, hy skuif dit uit die pad, ignoreer dit, gaan daarby verby en word ’n medemens en help ’n medemens. Hier is selfs ’n waarskuwing: As jy nie oorgaan tot dade nie, sal jy die wonderlike lewe nie kry (ervaar) nie. Ons probleem is dikwels dat ons nie die nood raaksien nie, of dat die omvang van die nood ons oorweldig. Begin klein, doen net dit wat jy kan. ) Ds. André de Villiers is ’n leraar aan die NG kerk op Kathu.

JULIUS MALEMA born, trained, used in the ANC and now sponsored by the ANC in his new political debacle. How does the ANC sponsor the chief in command as Julius calls himself now? The language that he is using and the ridiculous political ideas we all have heard long time ago, are the words of Robert Mugabe. Mugabe is his political father and mentor in how to become a dictator and claiming the land for yourself. Not so long ago the ANC wrote of almost R600 million on fuel delivered to Robert Mugabe that he could

not pay. So far the ANC government is donating millions and millions to Mugabe for every election that is taking place even if Mugabe is the only party taking part in the election. Recently R1 milliard was donated to Robert Mugabe for the up-coming elections that will take place. Now the question is: Where do you think Julius Malema is going to get sponsors from to help him? The answer is right in front of our eyes. Robert Mugabe is going to sponsor him, because the two share the same ideas and political views. Who is looking like a bunch of fools? Our own ANC government.

They have created their own enemy in Julius Malema and they cannot see that by donating to Robert Mugabe. They are creating a political environment for Julius Malema to give them a run for their money in the up-coming elections.

Dankie vir goeie diens PIETER VAN ZYL, Kuruman: IN ’n tyd van swak dienslewering wil ek die werkers van die Ga-Segonyana-munisipaliteit, wat ná ure noodherstelwerk aan kragdrade gedoen het, bedank. Wanneer ons kla dat ons in die donker moet sit, moet julle die koue trotseer en reël dat daar weer lig in ons lewe is. Dankie dat julle dit so vinnig doen.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Onsigbare dade en stories se fluisterstem die soetste ’n PAAR jaar gelede terwyl ek my graad aan ’n (nie-so-goedkoop) universiteit voltooi het, het ek ontdek dat my ma se maandelikse salaris direk in ’n afsonderlike rekening gedeponeer word. Hierdie rekening was net geskep om vir my onderrig te betaal, vir niks anders nie. Die vier jaar dat ek op universiteit was, was ek egter salig onbewus hiervan. Ek het nooit daarvan geweet nie, want ek het met behulp van ’n studielening gestudeer en die aanvanklike plan was om dié groot bedrag terug te betaal die oomblik dat die dekaan my met daardie stokkie op die skouer geslaan het en ek my graad in die hand het. Op daardie dag, in my finale jaar, het dit vir my gevoel asof die

wind uit my seile was. Die dag toe ek moes hoor dié enorme rekening is reeds vereffen. Vir ’n oomblik het ek eers onwaardig gevoel dat so ’n groot geskenk aan my gegee is en daarna was ek so verstom dat dit so stilletjies gedoen is. Geen trompette het geblaas nie. Geen bohaai is daaroor gemaak nie. Geen kyk-watter-goeie-ma-is-eksoeke vir erkenning nie. Net my ma wat elke dag by die werk opdaag sodat ek universiteit toe kon gaan. En toe ek haar daaroor uitvra, antwoord sy: “Dit is wat ma’s vir hul kinders doen.” Net dit. Terwyl sy in die kombuis staan en kosmaak. Ek kon nog nooit ophou dink aan

hierdie ongelooflike daad nie, en veral – dat dit so ongesiens en stilletjies aan my gegee is. Ek het nog nie kinders nie, maar ek kan met alle eerlikheid sê dat ek nog nooit iets so onselfsugtigs vir iemand gedoen het nie. Gewoonlik wanneer ’n mens iets doen, soek ’n mens erkenning daarvoor. Ek, soos baie ander mense, is bang om onsigbaar te wees. Dit is snaaks hoe ’n mens so aan jou grootste vrese vasklou dat jy dit begin uitleef en jy jou eie werklikheid skep.

Daar is oomblikke dat ek versigtig met mense omgaan, konflik ten alle koste vermy net sodat ek op niemand se tone trap nie, sodat ek nooit in die kollig beland en te veel ruimte inneem nie. En dan is daar oomblikke, seker wanneer ek te moeg is om so stil te wees, dat ek luidrugtig wíl wees, net sodat iemand my hoor. Ons almal het ’n storie. Om eerlik te wees, ek wou nog altyd hê my storie moet ’n bietjie raserig wees. Dat dit nie te stil en ongesiens verbygaan nie. Maar as ek dink aan my ma en honderde ander se stil, mooi, eenvoudige en onsigbare stories kan ek nie anders as om te besef nie: ’n Stil storie is nie ’n slegte storie nie.

Trouens, dit mag net dalk die beste storie in die boek wees. Daar is mense wat nooit vir erkenning vra nie, wat nooit hul naam in neonligte wil sien flikker of in hoofopskrifte wil raaklees nie. Hulle daag net elke dag op om hul individuele stories te skep en doen wat reg is – dade van moed en liefde, sigbaar of nie. Daar is helde in my storie, helde in hul eie storie en helde in die groter Storie wat geskryf word, al kyk niemand. Dan begin jy kyk vir daardie mense wat ’n stil lewe lei terwyl hulle pragtige stories skryf. En dan gebeur die vreemde ding as ’n mens hulle begin raaksien: Jy is nie meer bang om self onsigbaar te wees nie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 DIE dramaleerlinge wat aan die Reza de Wet­tienertoneel­ fees in Bloemfontein deelge­ neem het, is van links Zaskia Pain, Dennis Hoft, Samantha Jansen, Reuben Murphy, SZ Minnaar, Jana Lategan en Sue­Ellen Pretorius. Foto: Verskaf

Vertonings vaar goed op fees DIE Hoërskool Upington se twee dramaproduksies van 2013, Grens en Kliek, het hul debuut op die Reza de Wet-tienertoneelfees op die Vryfees in Bloemfontein gemaak. Dié tienertoneelfees is die eerste dramafees waaraan Upington vanjaar deelgeneem het. Sowel Grens as Kliek het goeie repliek van die beoordelaars ontvang. Grens het tweede geëindig en Reu-

ben Murphy is as die belowendste akteur op die fees vir sy vertolking van die karakter Samuel aangewys. SZ Minnaar is as die beste akteur op die fees vir sy rol as David aangewys. Albei leerlinge speel in die produksie Grens. Kliek gee ’n deurdringende kykie na die digitale wêreld waarin vandag se tieners hulle bevind. ’n Wreed ontnugterende stuk wat demonstreer

hoe maklik dinge kan verkeerd loop. Grens is die verhaal van David en Samuel, twee seuns wat aan verskillende kante van die apartheidsregime grootword. Hartverskeurende, intieme teater op sy beste. albei dié dramas sal weer aan die Upington-gemeenskap vertoon word. Hou Upington se Facebook-blad, die Kalahari Bulletin en reklameborde vir dié vertonings dop.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

7

Topkunstenaars op kuierfees DIE Kalahari-kuierfees gaan vanjaar topvermaak op Donderdag 26 September verskaf. Van die land se beste sangers gaan op die Donderdag op die Nashua Mobile-eiland-hoofverhoog optree. Daarby is die Donderdag die goedkoopste dag om die fees by te woon. Dit maak Donderdag 26 Sep-

BOBBY VAN JAARSVELD

FREDI NEST

KARLIEN VAN JAARSVELD

Foto’s: verskaf

tember ’n feesdag om nie mis te loop nie. Op die Donderdag kos kaartjies vir die Kalahari-kuierfees slegs R50 vir volwassenes en R20 vir kinders. Op dié dag tree Fredi Nest, Nadia Louw, Rooies, Armand Hofmeyer, Karlien van Jaarsveld en Bobby van Jaarsveld by die hoofverhoog op.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

OM Mandela­dag te vier het Zelco­motors vir 67 minute gehelp om die babas van die Jogébed­babahuis te versorg. Hulle het ook doeke, formulemelk en geld aan die babahuis geskenk. Van links is Wilhelmi­ na Nieuwergeldt (Jogébed), Barnard du Toit (Zelco­motors) en Retha Agenbag (Jogébed­huismoeder). Foto: Lizette Slabber

Verbly kinderharte op Madiba­dag DIE Kalahari Bulletin het op 18 Julie ook sy 67 minute vir Madiba gegee deur kos­ pakkies aan die kleuters van die Rakker Akker­kleuterskool te gee. Dié kleuter­ skool van die ACVV is in Leerkrans en die kleuters is tog te slim en soet. Hier is personeellede van die Kalahari Bulle­ tin by die kinders en hul twee onderwy­ sers. Van links is Charmaine Jacobs (on­ derwyser), Anna Strauss, Retha­Marie Hall en Mercia Horn (onderwyser). Foto’s: Lizette Slabber

REGS: DIÉ drie mensies in hul pienk kle­ re het tog te vriendelik vertel Nelson Mandela verjaar en “hy maak vandag 95 jaar oud”. Van links is Nitha­lene Davids, Sharifa Links en Rudwané Bock.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

9

Kollege gee met oorgawe Lizette Slabber DIE Upington-kampus van die NCR-VOO-kollege het vanjaar met oorgawe sy 67 minute aan Madiba gegee deur verskeie projekte vir Mandeladag aan te pak. Buiten die reusagtige 67 wat die groep op hul sportterrein gevorm het, het die studenteraad en die personeellede ook op 18 Julie die inwoners van die Oranjehof-tehuis vir bejaardes en die Jogébed-pleeghuis bederf. Die personeellede en studente het geskenkpakkies aan die inwoners van Oranjehof gegee, terwyl die studenteraad beddens en matrasse aan die kinders van die pleeghuis gegee het. Die studenteraadslede het ook allerlei takies in en om die pleeghuis verrig.

DIE personeeledel en studente van die Upington­kampus laai ge­ skenkpakkies by die Oranjehof­tehuis vir bejaardes af.

RACHELLE DE WET (links), een van die do­ sente aan die Upington­kampus, het ’n ge­ skenkpakkie aan tannie Aletta van Niekerk oorhandig. Foto’s: Lizette Slabber

DIE studente het die pakkies aan die bejaardes uitgedeel, omdat hulle die ouer garde wou bedank vir die rol wat hulle in opvoeding gespeel het. Van links is Marianna Pretorius, Bonolo Gaonathebe en Hester Kotze.

DIE studenteraad van die Upington­kampus van die NCR­VOO­kolle­ ge het beddens en komberse aan die Jogébed­pleeghuis oorhandig. Die beddens is deur personeellede van die kollege gemaak. Voor sit Hannie Botha, pleegmoeder van die pleeghuis.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

DIE personeellede van die Lughawensmaatskappy saam met lede van die ACVV en inwoners van die Oranje­ hof­tehuis vir bejaardes. Foto’s: Lizette Slabber

Kuiertjie verbly harte Lizette Slabber PERSONEELLEDE van die Lughawensmaatskappy het op 18 Julie hul 67 minute ter viering van Mandeladag saam met die inwoners van die Oranjehof-tehuis vir bejaardes deurgebring. Hulle het aan elke inwoner ’n pakkie met eetgoed en ’n kniekombersie geskenk en die res van die tyd gesels, die inwoners se hande met room ingevryf en allerlei takies vir hulle verrig. Die personeellede van Oranjehof is ook elkeen met ’n geskenkpakkie bederf om hulle te bedank vir die

Department

of

versorging van die bejaardes. Die Lughawensmaatskappy het besluit om vanjaar iets vir bejaardes te doen omdat hy voorheen altyd iets vir kinders gedoen het. “Die bejaardes is grotendeels ’n vergete deel van ons samelewing en daarom wou ons vanjaar iets vir hulle doen,” het Anna Scholtz van die Lughawensmaatskappy gesê.

ANNA SCHOLTZ van die Lugha­ wensmaatskappy het heerlik met die inwoners van Oranjehof gesels. Van links is Anna Taljaard, Scholtz en Bessie Liebenberg.

economic Development, environment, conservation

anD

tourism

Bid Invitation

The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism invites suitable, competent and experienced service providers who have rendered services in similar fields to deal with the following projects: Bid No

Description

Evaluation Criteria

Compulsory Briefing Session

Closing Date

Enquiries

NWDEDECT 1/13/14

Security Services at Taung Skull World Heritage Site

90/10 90-Price only 10-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing session will be held on 1 August 2013 at 10:00 at Taung Heritage Skull Site

27 August 2013

Technical information: Mr Swayi Mokoena, tel. (018) 387-7877 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 2/13/14

Security Services at: • Rustenburg Regional Offices • Lotlamoreng Dam • Industrial Site, Mafikeng • NWDC building at Head Office

90/10 90-Price only 10-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing 27 August 2013 session will be held on 2 August 2013 at 10:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

Technical information: Mr Swayi Mokoena, tel. (018) 387-7877 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 3/13/14

Supply and Delivery of Furniture

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

28 August 2013 A compulsory briefing session will be held on 2 August 2013 at 12:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

Technical Information: Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 4/13/14

Integrated Waste Management Plans for Vredefort Dome World Heritage Site

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing session will be held on 6 August 2013 at 12:00, at Vredefort Dome, Potchefstroom

Technical information: Ms Lebo Diale, tel. (018) 389-5751 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

NWDEDECT 5/13/14

Maintenance and Data Management of Seven Provincial Air Quality Monitoring Stations

90/10 90-Price only 10-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

28 August 2013 A compulsory briefing session will be held on 2 August 2013 at 14:00, at Head Office, NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho

NWDEDECT 6/13/14

Impact Heritage Assessment for Taung World Heritage Site

80/20 80-Price only 20-B-BBEE status level of contribution Functionality will be used to prequalify bidders

A compulsory briefing session will be held on 1 August 2013 at 14:00 at Taung Heritage Skull Site

29 August 2013

29 August 2013

The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism and its clients or stakeholders do not bind themselves to accept the lowest or any other bid in whole or in part. Bid documents are available at the Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism, Office Numbers 273 and 265 at the NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho from 08:00 to 16:30 from Monday to Friday before the closing date and time, at a non-refundable deposit of R100.00 per bidding document. Important Notice: Should the original Tax Clearance Certificate bearing the legal trading name of the bidding company not be attached by the closing date of the bid, the bid will be declared invalid. Kone Solutions K21008

GWEN WESSELS (regs) van die Lughawensmaatskappy het ouma Ida Malan se hande met room behandel.

Technical Information: Ms Thokozile Ramoroa, tel. (018) 389-5952 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704 Technical information: Ms Lebo Diale, tel. (018) 389-5751 Bid documents (SCM): Happy Mokone, tel. (018) 387-7790/808/704

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MEV MARI OLIVIER (LOCKE) , skakel asseblief vir Barbara Bouwer by 011 825 3655/ 6/7/8 i.v.m. Carel Marais. 2013SPILPUN Tmielierest ebale, plus minus 180 kg. R160 per baal. Met netomhul sel. Bloemfon teinomgewin g. Skakel Fourie 083 309 3 008. AANDA G: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in

winkel beskikbaa r. Kontantaf slag gewaarbo rg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouh emde R100 Kortbroek e - R150 The NuShop, Palm Gatesentrum, Hoofstraa t, Kuruman. Tel. 053 712 1 264.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MIS TE KOOP: Kuruman Skouterre in. Agter kleinveekrale. R15/sak of R150/ bakkievra g. Skakel Albie 083 440 1 355.

fessionele geakredit eerde installasies. Skakel Francois 072 156 4 035. HEKMO TOR HERSTE OPREGT L E EN LABRAD INSTALL ORASIES. hondjies Geakredit te koop. eerde 8 weke installeer oud en ders. ingeĂŤnt. Skakel R990 elk. Okker 082 829 0 Skakel 292. 084 651 3 000. YORKIE- AUBREY REUNTJI 'S INDUST ES te koop.Kan AANDAG KUSA ALLE registreer. ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter "A", leestekens soos "!"

Skakel 082 819 0 767.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

ELEKTR IESE HEININ GS Beveilig u eiendom. Vir pro-

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

SMALLS NOTICE

RIAL SERVICE & PROJEC TS CC Your homemaintena nce problems solved. Specialisi ng in: New buildings, renovatio ns, painting, paving, tiling, plastering , roofing and ceilings. FREE QUOTAT ION Aubrey 071 926 5 455 or 082 063 0 281. Joseph 071 094 8 677. 3242


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

13

KENNIS VAN OMGEWINGSGOEDKEURING

ARRIESFONTEIN GEKONSENTREERDE SONTERMIESE KRAG AANLEG. DOS-VERW.: 12/12/20/2646

Kennis word hiermee gegee kragtens die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies wat verskyn in Regeringskennisgewings Nr. R543 tot 546 (2010), afgekondig ingevolge Artikel 24(5) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet Nr. 107 van 1998) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval (Wet Nr. 59 van 2008) van die goedkeuring van die bogenoemde projek. Na aanleiding van die hersienning van die Omgewingsimpakbepalingsverslag vir die projek het die Departement van Omgewingsake (DOS), ‘n Omgewingsgoedkeuring uitgereik gedateer 14 Julie 2013. ‘n Kopie van die Omgewingsgoedkeuring, met die redes vir die goedkeuring asook die projek voorwaardes, is verkrygbaar by die WorleyParsons veteenwoordiger by die kontak besonderhede hieronder.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

Persone wat will appeleer teen die goedkeuring van die projek, kan so doen in terme van die voorsienings van Hoofstuk 7 van OIB R 543. Die voorneme om te appelleer mag geplaas word by die Minister binne 20 dae (3 Augustus 2013) vanaf die datum van die uitreiking van die goedkeuring deur enige van die onderstaande metodes: Faks:

012 320 7561;

Pos:

Privaatsak X447, Pretoria, 0001; of

Afgelewer: 2de Vloer, Fedsure Gebou, North tower, Hoek van. Lillian Ngoyi (Van der Walt) and Pretorius Strate, Pretoria Kontak WorleyParsons gerus indien u enige navrae sou he oor die goedkeuring van die projek. WorleyParsons RSA Mr. Francois Humphries Posbus 22 Menlyn, 0063 Telefoon: 012 745 2090 Faks: 012 745 2001 E-pos: francois.humphries@worleyparsons.com


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

BERTIE STEENKAMP wys die groep kinders hoe om ’n setstok reg vas te hou.

JOSHUA VISAGIE (links, 5) en Delwen Brandt (6) was die jongste deelnemers aan die gholf­ ontwikkelingstoernooi. Dié twee nefies kan glo al ’n barshou speel. Foto’s: Lizette Slabber

Jong spelers swaai stokke Lizette Slabber

OP Vrydag 19 Julie is ’n gholf-ontwikkelingstoernooi vir 60 kinders van skole op Upington, Kakamas en Keimoes aangebied. Altesaam 145 leerlinge word al sedert 2012 deur die Noord-Kaap-gholfontwikkelingsraad en die departement van sport se gholfkoördineerder, Edwin Boer, afgerig. Boer en Bertie Steenkamp het die beste 60 van dié kinders Vrydag afgerig en die kinders het tussendeur ook aan die Mayor’s Golf Challenge deelgeneem. Die Mayor’s Gholf Challenge is deur Gift

van Staden, burgemeester van die ZF Mcgawu-distriksmunisipaliteit, begin. Die 20 topkinders wat aan Vrydag se gholfontwikkelingstoernooi deelgeneem het, gaan in September in Kimberley aan die Spur Golf Challenge deelneem. Die wenners in die afdeling vir kinders van vyf tot tien jaar was Delwen Brandt, Maverick Links en Joshua Visagie. Keesha Jansen het die meisiesafdeling gewen. In die 11- tot 16-ouderdomsgroep was Nashwill Mazima eerste, Ricardo Lovegrove tweede en Gewin Saaiman derde. Die meisiesafdeling is deur Denice van Rooi gewen met Irizantia Pienaar in die tweede plek.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Sportfees gesien in eindstryde

DIE Laerskool Seodin het onlangs die jaarlikse Van Druten- rugby- en -netbaleindstryde op Seodinpark aangebied. Altesaam 18 rugby- en 20 netbalspanne van oor die streek heen het aan die eindstryde deelgeneem. Al die spelers het hul talent ten toon gestel en rugby en netbal van hoogstaande

gehalte is gespeel. Dié dag was ’n reuse-sukses.Elke speler het ná elke wedstryd ’n medalje ontvang en die wenspan het ’n skild gekry. Living Ball, ’n organisasie wat die Woord onder sportmanne en -vroue versprei, het ekstra kleur aan die eindrondes gegee.Daar is ook in die eindstryde geskiedenis gemaak. Die eerste keer in Van Druten-laerskole se geskiedenis het ’n laerskolemeisiehokkiewedst ryd plaasgevind. Die eerste spanne van Seodin en Kathu het teen mekaar kragte gemeet en Seodin het dié geskiedkundige wedstryd met 2-1 gewen. Ná die wedstryd het die Laerskool Seodin, namens SuidAfrikaanse hokkie, ’n sak met hokkietoerusting aan die Laerskool Kathu oorhandig. Ná die dag se wedstryde het die eregaste en beamptes saam in die skoolsaal gekuier.Hier volg die dag se uitslae:Rugby: Aliga:o.9: Seodin 7 – Kathu 0o.11: Seodin 20 – Kathu

DIE eerste netbalspanne van die Laerskole Seodin en Kathu het ’n spanningsvolle wedstryd opgelewer. Foto’s: Joanie Bergh

HIER speel die Laerskole Seodin en Kathu se eerste rugbyspanne teen mekaar.

DIE Laerskool Seodin klop die Laerskool Kathu met 10-5.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.