Kalahari bulletin 27 junie 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg

27 JUNIE 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Upington GRATIS

TEL. 054­331­3482

Eensame, vreedsame wêreld . . . DIÉ pragfoto van ’n Kalahari­huisie met sy uitgestrekte “tuin” is deur Henk de Klerk geneem. Die omgewing waarin ons woon, is die perfekte plek om wonderlike foto’s te neem. As jy ’n liefde vir fotografie het en mooi foto’s van dié wêreld hier om ons geneem het, stuur dit na lizette.slab­ ber@volksblad.com. Dit sal óf in die gedrukte koerant, óf op ons webtuiste vertoon word. Foto’s moet in jpg­formaat wees en nie kleiner nie as 100 KB of 300 dpi wees. Foto: Henk de Klerk

Zuma verken Upington André Botha PRES. JACOB ZUMA het Upington Saterdag besoek om hier te kom kyk hoe dit op grondvlak gaan as deel van die ANC se proses om in voeling met die mense te bly. Die ANC het besluit om volgende jaar, wanneer hy 20 jaar aan bewind is, ’n verslag uit te reik waarin eerlik uiteengesit word wat die organisasie in die tydperk bereik het, het Zuma Saterdag hier gesê. ’n Verrassing was die teenwoordigheid van Patrice Motsepe, mil-

joenêr-sakeman, en Danny Jordaan, wat aan die stuur van sake met Suid-Afrika se aanbieding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi gestaan het, aan Zuma se sy. Hoewel hy ’n paar keer gesê het hy is nie op die dorp om stemme vir 2014 se algemene verkiesing te werf nie, was dit duidelik hy was wel daarmee besig. Die amptelike doel van sy besoek was om die ANC se vrywilligerskorps vir die verkiesing amptelik bekend te stel. Zamani Saul, provinsiale sekre-

taris van die ANC, het vroeër gesê in die Siyanda-distrik is daar 5 000 vrywilligers, en in die provinsie 30 000. Zuma, vergesel van onder andere John Block, provinsiale voorsitter, en Sylvia Lucas, premier, het sy toer in die dorp begin toe hy ’n kleinerige skare in Louisvaleweg buite Upington toegespreek het. Hoewel die ANC in 2011 se munisipale verkiesing in Louisvaleweg gewen het, was dit naelskraaps en word die nedersetting steeds as een van Cope se sterk steunpunte beskou.

Hy wou ook kom kyk of die mense gereed is om volgende jaar te stem, en of hulle identiteitsdokumente het en geregistreer is vir die verkiesing, het hy aan die Louisvaleweg-mense gesê. Hy sal later vir hulle kom sê vir watter party hulle moet stem, “die een vir wie ek ook stem”. Hy het hulle gemaan dit is ’n vermorsing van jou stem om vir kleiner partye te stem. In sy toespraak voor die vrywilligers later die dag in ’n stampvol gemeenskapsaal in Progress het hy

gesê ondanks “aanhoudende negatiwiteit oor die ANC” is die ANC steeds die enigste party wat groei. “Die ANC is ’n besonderse organisasie. Ons neem besluite om die uitdagings en werklikhede te hanteer waarmee die ANC op ’n gegewe tydstip te make het.” In Paballelo het Zuma by ’n paar huise aangedoen, onder meer die huis van die 102-jarige Samuel Mdepe, waar hy lank met Mdepe gesels het, al was dit met die hulp van Selina Mhlali, die hardhorende Mdepe se kleindogter.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

Leier se kleinseun (12) sterf Anena Burger

DIE 12-jarige kleinseun van die Khomani-sanleier, Petrus Vaalbooi, is verlede Woensdag tragies dood nadat hy selfmoord gepleeg het. Pieter Vaalbooi het Woensdag omstreeks 16:00 sy eie lewe geneem deur homself met ’n gordel aan ’n wasgoedlynpaal buite die huis van sy oupa, Andries Bok, op die plaas Miershooppan op te hang. Volgens Petrus Vaalbooi kon die seun nie die dood van sy ma, Hannah Vaalbooi, wat sowat drie weke gelede oorlede is, verwerk nie. “Hy was baie stil en met tye het hy baie kwaad geword. Hy kon nie die ding verwerk nie. Hy moes gevoel het asof daar nie vir hom

’n ander uitweg is nie,” het Vaalbooi gister gesê. Hannah Vaalbooi was, volgens Petrus, baie siek en het weens komplikasies by die geboorte van haar babaseun gesterf. Hy sê sy was ’n tuberkulose- en MIV-lyer. Die babaseuntjie, wat op sewe maande prematuur gebore is, is ’n paar dae later in die Gordonia-hospitaal op Upington dood. Hannah en haar baba is verlede Saterdag op Witdraai begrawe. Die seun se pa, Cedrick Bok, is ook drie jaar gelede oorlede en Pieter en sy jonger boetie en twee sussies is wees gelaat. Volgens kapt. Martiens de Wee, bevelvoerder van die Witdraai-polisiekantoor, het die seun homself opgehang terwyl sy oupa en ou-

ma die middag geslaap het. “Hulle het die seun gevind toe hulle wakker geword en na buite gegaan het,” het De Wee gister gesê. Paul Swartbooi, ’n digter en kulturele leier van die Bondel-swarts op Steinkopf, het Petrus Vaalbooi Woensdagaand na Kaapstad vergesel waar hulle gisteroggend ’n konferensie oor grondhervorming en later die dag die parlementsitting oor die Wet op Naturelle-grond van 1913 bygewoon het. Swartbooi sê Vaalbooi is platgeslaan. “Hy was heelpad op pad na Kaapstad baie stil en het net af en toe gesug. “Hy vra net aanmekaar wat dit is wat die Vader vir hom wil sê, want hy verstaan nie.”

In ’n roerende skrywe het Swartbooi Woensdagaand op die sosiale netwerk Facebook geskryf: “Toe die rooidag deur die donkernag breek en die son hoog bo sit en die duinesand warm word, het hy, kaalvoetseun van die duine, in sy hartseer na sy moeder, ’n paar dae gelede in die sagte sand van die duine weggebêre, gesoek. “Terwyl dit dag was, het sy son ondergegaan en saggies sal ons hom langs sy mammie en bababoetie in die rooisand neerlê terwyl Oupa Petrus sy trane sal droog.” Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie op Upington, het die voorval bevestig en gesê ’n geregtelike ondersoek word gedoen.

Praat sy hart uit SAMUEL NKEBANA, ’n inwoner van Pa­ ballelo, was baie ingenome met pres. Ja­ cob Zuma se besoek aan sy huis. Hy het die geleentheid behoorlik benut om sy mening te lug, dikwels tot groot vermaak van Zuma. John Block (links), provinsiale ANC­voorsitter, en Zuma lag hier oor een van sy kwinkslae. Foto: Anena Burger

2/24

4/25

3/24

NO-5

N-5

NW-5

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

Parke kry eerbewyse DIE Kgalagadi-oorgrenspark en die Augrabies-waterval- Nasionale Park het verskeie pryse op die SANParke-ariedestreekprestasie-eerbewysgeleentheid ontvang. Albert Bojane en Petrus Schreuder is as veldwagters van die jaar aangewys. Bojane is van die Kgalagadi-oorgrenspark en het ondanks die verlies aan ’n ledemaat weens ’n leeuaanval ’n uitmuntende diens as veldwagter gelewer. Schreuder is van die NamakwaNasionale Park. Rawline Bezuidenhout van die Kgalagadi-oorgrenspark is vir uitne-

mende diens by die werkplek vereer. Die Streekbestuurder-eerbewys is aan Katrina Neels van die AugrabiesNasionale Park toegeken. Neels is vir haar uitnemende kliëntediens, doeltreffendheid en omdat sy altyd haar bes lewer, vereer. Die eerbewyse is in die MokalaNasionale Park oorhandig. Deon Joubert, parkbestuurder van Mokala, het op dié aand gesê die eerbewyse is ’n manier om dankie te sê aan die personeellede wat sonder ophou werk om SANParke ’n markleier te hou.” Die eerbewyse is deur die ariede-

streekbestuurspan toegeken en werknemers is op gebiede soos algemene prestasie, inwerkingstelling van stelsels, finansiële prestasies en -bestuur, hantering van gaste en klagtes, inagneming van beleide en algemene netheid van die park beoordeel. Die eerbewyse is aan mense wat op alle gebiede gepresteer het, toegeken. Joubert het ter afsluiting gesê die wenners is ’n voorbeeld van die soort diens waarna SANParke daagliks streef en dat dié wenners ’n voorbeeld sal stel en inspirasie sal wees vir die mense met wie hulle elke dag te doen het en wat hulle elke dag ontmoet.”

Vele redes om dié wyn te kies AGT REDES om vandag Orange River Cellars se wyne te drink: 1. Die wêreld se bekendste wynstreke is langs ’n rivier geleë omdat die grond en klimaat in die valleie perfek is vir die maak van hoëgehalte-wyn. Dink maar aan die Douro-rivier in Portugal, die Loire en Rhône in Frankryk en die Margaret-rivier in Australië. As Suid-Afrika se grootste en bekendste rivier, met ’n veelvoud klimaatgebiede perfek vir wingerdbou, is dit logies dat die Oranjerivier-wynstreek die geografiese potensiaal het vir die maak van uitstekende wyne. 2. Die aanbod van skoon, vars water uit die Oranjerivier verseker goeie opbrengste vir druiweboere op hul wingerde. Dit beteken dat daar genoeg druiwe is om ’n hele jaar se wyn te maak, só jy sal altyd iewers ’n bottel Orange River Cellars-wyn raakloop. 3. Nie net is die water skoon nie – die lug is vars, met sonnige dae en koel aande. Dit beteken dat die wingerde besonder gesond is, geen siektes dra nie en dit lei tot suiwer wyne wat pronk met vrugtegeure. Omdat die wingerde heelwat druiwe dra, beteken dit dat Orange River Cellars sy wyne teen ’n sakpasprys aan die mark kan bied. 4. Orange River Cellars het vyf wynkelders

en byna 30 wynmakers. Veelsydigheid is die ding. En dit beteken dat die wynreeks van so ’n diverse aard is dat enige wyndrinker ’n wyn sal vind wat in sy of haar smaak val. Vrugtige colombard. Delikate chenin blanc. Robuuste cabernet sauvignon en sappige shiraz. Die naam Orange River Cellars beteken: Hier’s iewers in ons reeks ’n wyn in jou smaak en wat jou sak sal pas. 5. Dit is ’n besonderse wynstreek. Orange River Cellars se wyne word gemaak van druiwe wat verbou word in een van die wêreld se besonderste wynstreke. Die groen tapyt wingerde strek oor 300 km langs die Oranjerivier en staan in ’n natuurparadys. Voëls en ander diere skep ’n ware wildernis en met die bekoring van die Kalahari op die voorstoep en die dreunende Augrabies-waterval, het die Oranjerivierwynstreek net nie sy gelyke nie. En elke keer wanneer een mond vol van die wyne gedrink word, neem dit jou terug na dié stukkie hemel op aarde. 6. Die aard van die natuur bied wyne wat

natuurlik laag is in alkohol sonder om enige geur in te boet. En in hierdie moderne tye, waar wyn as deel van ’n gesonde leefstyl aanvaar word, is wyngenieters attent op wyne wat laer alkoholvlakke bied. Orange River Cellars se wyne val so reg in hierdie kraal. 7. Ons drink so lekker, want ons eet so lekker. Orange River Cellars se wyne is perfekte tafelmaats vir die kranige kok en sy of haar gaste. Wildsvleis of skaapboud sal net nie dieselfde wees sonder ’n glas Orange River Cellars Shiraz of Cabernet Sauvignon nie. Diegene wat hoender, kerrie, pasta en slaai verkies, sal versot wees op die vrugtige colombard en chenin blanc-wyne. Oosterse geregte, wat tans so gewild is, word perfek aangevul deur die Orange River Cellars Rosé aangesien ’n soeter wyn die woema van die sterk spesery kan hanteer. 8. Wie hou nie van ’n soet wyn vir die koue nie? Wel, Orange River Cellars maak nou amptelik die land se beste muskadel. Ons rooi muskadel is pas op die Suid-Afrikaanse Muskadel-eerbewysgeleentheid aangewys as die land se beste muskadel, terwyl die wit muskadel ’n goue medalje verower het. Een sluk en jy sal sien waarom.

Gaan kyk gerus na die Kalahari Bulletin se profiel op Facebook

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

Reëls is om ’n rede daar HOU jy by die reëls van die samelewing of steur jy jou glad nie daaraan nie? Reëls in die samelewing of by jou werk is daar om ’n rede. Dit hou die massas in toom. Sonder reëls sal daar redelike chaos wees. Ongeag van waar jy jou bevind, reëls is onvermydelik en dit is deel van ons daaglikse lewe. Reëls is soos riglyne en dit help mense om te besef waar is die grense, wat is aanvaarbaar en wat is nie. In enige omstandighede moet daar reëls wees. Selfs in jou huishouding is daar reëls. Daar is ook reëls in jou sport wat jy beoefen. Of jy nou bewus is daarvan of nie, reëls is van groot waarde, persoonlik en op professionele gebied. Die eerste reël van die dag is seker jou wekker. Dit is ’n self-opgelegde reël en dit dwing jou om reg te maak vir die dag. En vir die res van die dag gaan jy nog baie reëls en regulasies teëkom. Het jy al probeer om ’n dag deur te gaan sonder om enige reëls te volg? Dit veroorsaak redelike cha-

os as jy dit doen. Dus, reëls is ’n baie belangrike deel van ons daaglikse lewe. Jou kind kan nie skool toe gaan wanneer dit hom/haar pas nie. Jy kan nie by die werk arriveer net wanneer jy lus het nie. Jou kind gaan uit die skool geskors word en jy gaan jou werk verloor as julle nie die reëls nakom nie. Ons bestuur ons motors aan die linkerkant van die pad terwyl ons die padreëls streng volg. Sou jy dit nie doen nie plaas jy jouself en ander motors in groot gevaar. Dink net hoeveel chaos en spanning daar op die paaie sal wees as almal net maak soos hulle wil. Daar is wel ’n gevoel by sommige mense dat reëls jou pret bederf en dat die nakoming van reëls alle kreatiwiteit, ondervinding en vaardighede belemmer. Die gevoel is ook dat jy dan soos ’n robot optree en nie soos ’n kreatiewe, besonderse mens nie. Of jy nou daarvan hou of nie, daar is reëls en jy gaan jou daarby moet hou.

Travel ancient paths Chris van Staden JER. 6:16: Thus says the Lord: “Stand by the roads and look; and ask for the eternal paths, where the good, old way is; then walk in it, and you will find rest for your souls.” But they said: “We’ll not walk in it.” A road is meant to be walked on. Not just to be admired and looked at. A road serves a purpose. It is supposed to take you somewhere. Our relationship with God is like a road well travelled. A road that is less travelled will get stones, bushes, grass and rocks in it that will make travelling dangerous or impossible. In our walk with God we sometimes pick up offences. We realise something is wrong, but it’s ok. I get around this obstacle in my relationship with God, I just don’t have to think about it. It’s not long and we realise that there are some people that don’t treat us well. Because we don’t forgive so easily there’s another obstacle on this road in our relationship with God. We struggle around it, but we carry on. Eventually something happens that brings us to a place of having the chance to grow better or become bitter. Bitterness will just add another stone on our road. The path is now littered with obstacles and problems. Our relationship becomes a religious ritual and having a relationship with God is work not pleasure. To maintain this ancient road to find rest for our souls we need the following: 1. Love – Love is an antidote for hate

and bitterness. Love keeps us tender and roots out all the roots of bitterness in our lives. Heb.12:15. Real Godly Love is the antidote for bitterness. It will destroy the roots of bitterness in our lives. 2. We need hope. Hope is this assurance that lives in us that God can and will change everything around us. Hope is that active ingredient that makes faith real. Hopelessness causes people to give up trying. It destroys life around us. Heb.11:1 encourages us to have hope. 3. We need faith. Faith is the result of an active hope. Faith produces the unseen to be seen. Faith pleases God and and it keeps us active in our relationship with God. 4. We need truth. It is Jesus. Jesus said in Joh.14:6: “I am the Truth, the Way and the Life.” Relationship with the Truth will root out all the lies. Don’t rely on things, gadgets and programmes to serve your relationship with God. They become substitutes. Try for one week to go without watching a religious programme or getting an SMS from someone. Rely on God and your relationship with Him to speak to you and to walk on this path of building your relationship with God. Deal with the bitterness. Embrace his love. Enjoy the well-travelled road in your relationship with Him.

DIE rooiduin by Vanzylsrus is selfs in die middel van die winter ’n mooi prentjie en het waardering van die besoekers uitgelok met hul besoek aan Vanzylsrus se kerkbasaar. Foto: Annerie Louw

Vriend sal in ons hart bly DADA-KINDERS, Kuruman: ONS het op 10 Junie ’n ware steunpilaar, ’n anker, ’n held en wonderlike vriend aan die dood afgestaan. Hy was ’n barmhartige man van sy woord wat uit sy pad vir ander sou gaan. Enige probleem of situasie het hy met soveel stilte gehanteer en wanneer dit afgehandel was, kon hy daaroor lag. Die ergste storm wat hom probeer platdruk het, het hy met soveel geloof in God stilgemaak. Ons sal hom onthou aan sy liefde vir gospel-musiek en die voetspore wat hy vir ons uitgetrap het. Sy kliënte kan maar gerus wees dat ons sy beloftes sal nakom en sy wense sal vervul en hulle met eer sal behandel. Sy heengaan sal nogtans ’n leemte laat. Baie dankie aan almal se ondersteuning in ons hartseertyd.

Dankbaar vir ondersteuning MAGRETH DADA, Kuruman: BAIE dankie aan dr. Renier Basson en sy vrou wat altyd daar vir

ons was. Al was dit laat in die aand het julle nie slegte omstandighede ontsien om ons te help nie. Julle het nooit vir die slegste toestand gewag nie. Wanneer ons in die spreekkamer ingestap het, het Dokter altyd die omstandighede beter as alles gehanteer. Daar was tye wanneer jy jou bed moes verlaat om my man vir ’n tweede mening in Bloemfontein te kry en dit was nooit in jou praat om te wag vir môre nie. Ek waardeer alles wat julle vir ons beteken het en om my man altyd so gemaklik moontlik te kon laat voel. Mag God se rykste seën oor julle heers sodat deure van sukses vir julle onophoudelik sal oopgaan. Ons waardeer julle baie en dra my dank met eer aan julle oor. (Magreth Dada is die eggenote van Dennis Mohammed Dada van Rekathusa wat op 16 Junie op Kuruman ter ruste gelê is.)

Opdok vir dié diens betaal ANTON ESTERHUYSE, Kuruman: EK wil ’n dankbare lansie vir Koos de Ridder en sy Mapogospan breek. Mapogo is ’n veiligheidsorganisasie wat die strate van Kuruman snags patrolleer om die inwoners teen

misdaad te beskerm. Woensdagoggend is my bakkie uit my erf gesteel. Die rowers het die slot en ketting by die hek afgeknip, die bakkie oop geforseer en by die hek uitgestoot. Om 05:00, op hul ronde, het die Mapogo-mense ’n voertuig – met die enjinkap oop – in verdagte omstandighede naby die Seodin-begraafplaas sien staan. Twee mans het probeer om die voertuig aan die gang te kry. Met konfrontasie deur Mapogo het hulle weggehardloop. Mapogo se mense het Koos de Ridder gebel. Hy het die registrasienommer afgeskryf en by die polisiekantoor het hulle vasgestel wie die eienaar is. Om 07:00 het speurder Barnes my gebel om te sê my bakkie is gesteel en staan by die begraafplaas. Was dit nie vir die oplettendheid van Mapogo se mense nie was ek die voertuig kwyt. Die maandelikse geld wat aan Mapogo betaal word, was in my geval oor en oor die moeite werd. Met hul patrollering het hulle al menige inbraak voorkom. Ek beveel hulle ten sterkste aan.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Dié lirieke sinvol, sielvol Lizette Slabber SONDAGOGGEND vroeg terwyl die res van my gesin nog slaap, skakel ek die televisie aan en die eerste kanaal waarop ek is, wys Searching for Sugarman. Sedert dié Suid-Afrikaanse dokumentêre fliek ’n Oscar gewen het, wou ek dit bitter graag sien. Ek was van my varsity-dae af al mal oor Rodriques. Dié uitstekende verhaal van hoe twee Suid-Afrikaners hom in 1998 in Detroit opgespoor het en na SuidAfrika gebring het om in ses uitverkoopte konserte te sing het my klip-

hard op my sitkamerbank laat snik. In die fliek beweer hulle dat kunstenaars soos hy die Voëlvry-toer van Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis geïnspireer het. Volgens die dokumentêr het lede van die Voëlvry-toer ook aan sy eerste toer in Suid-Afrika deelgeneem. Ná die fliek het ek dadelik my stowwerige CD uit die kas gaan haal en heeldag op ’n nostalgiese Rodriques-reis gegaan. Ek het die goeie ou idealistiese dae onthou toe ’n mens nog gedink het jy kan die wêreld verander. Voordat kinders en huispaaiemen-

te ’n mens oud laat voel het. Daarna het ons die CD’s sommer uitgepak en Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis geluister en gepraat oor ons varsity-dae en hoe onverbeterlik góéd hul musiek was. Waar is daardie musikante vandag? Wanneer het Afrikaanse musiek so gekommersialiseerd geraak? Vandag, voel dit vir my, is die

aantal kere dat die woord baby in ’n refrein gebruik word ’n goeie aanduiding van die hoeveelheid geld wat vir die kunstenaar gaan inrol. Alles klink dieselfde . . . asof musikante voorsien word van ’n resep wat geld maak en almal moet volgens daardie musiekresep sing. Dis asof die musiekbedryf sy diepte verloor het en soos ’n worsstopper die een swak treffer ná die ander probeer uitspoeg sonder om die intelligensie-vlakke van mense in ag te neem. Cold Fact van Rodriques is in 1970 opgeneem. Ek is in 1975 gebore.

In 1994 het ek my Cold Fact-CD gekoop. Dus, 24 jaar nadat dit opgeneem is en ek 19 was. In 2013 het hy in ses uitverkoopte konserte in Suid-Afrika opgetree. Dus 43 jaar nadat Cold Fact opgeneem is. Gaan iemand oor 23 jaar nog na Lianie May en Ray Dillon se musiek luister? Of oor 43 jaar ’n konsert van MoniQue bywoon? ) Gaan sê jou sê by www.facebook/kbulletin.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

Werner is streekwenner Annerie Louw WERNER LOUW is die Kalahari Bulletin se Spontaanwenner vanjaar. Die 24jarige Werner, ’n verkoopsklerk by Electric City, het nege maande gelede saam met sy ouers van Kimberley na Kuruman verhuis. Toe die lang, lenige rooikop verlede Donderdagmiddag op die Laerskool Kuruman se verhoog sy liedjie van Arno Jordaan sing, was daar waardering op die gesigte van die twee ervare beoordelaars, Elsa Strating en Lisma Botha, te sien. Werner sing reeds van kleins af koor en solo en sy ma en suster ondersteun hom in sy passie. Sy repertoire sluit ’n verskeidenheid van ligte klassieke liedjies van Josh Gro-

DIE naaswenner, Nicolette Segwai. ban, asook populêre liedjies en countryliedjies van onder andere Pat Green, in. Nicolette Segwai is as die naaswenner aangewys. Dit was die sesde jaar wat Kalahari Bulletin ’n streekwenner na die Spontaankompetisie stuur. Die wenner uit al die streekkoerante word op Saterdag 12 Julie op die Vryfees in Bloemfontein aangewys. Vorige

wenners was Elize (van Zyl) Oertel (2007), Meliça Vorster (2008), Ju-Aan van der Poll van Kathu (2009), Nicole Aucamp (2010), Helouise Gericke (2011) en Carien Oosthuizen van Upington (2012). ) Gaan luister op die webblad by www.kalaharibulletin.co.za na die video van die wenner en naaswenner van vanjaar se kompetisie.

DIE Kalahari Bulletin se wenner van Spontaan is Werner Louw.

Annerie Louw

Foto’s:

DIE beoordelaars is van links Lisma Botha en Elsa Strating.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

Investigation leads to arrest

Smul aan seekos op Vryfees

Ilse Watson

POSTMASBURG recently experienced an escalation in the theft of solar panels. Businesses, mines and farmers were mostly the victims and solar panels worth millions of rands were stolen over a period of time. Detectives of the Postmasburg detective branch tried their best to find the thieves, but for a while didn’t have any luck. It was clear that a gang was behind the thefts. Through hard work and dedication, the detectives finally made positive identifications and arrested two men. The team, consisting of Capt. John Stapleton, branch commander at the Postmasburg detectives, and two colleagues, Det. Const. Thabiso Mosalanyane and Const. Thebogo Sekwe, extended their investigations into Gauteng. They searched dangerous areas such as Mabopane, Shoshanguwe and Tembisa. After two nights without sleep, two Zimbabwean nationals were arrested. The two suspects will appear in court soon.

Madelein Venter

FROM the left are Const. Thebogo Sekwe, Det. Const. Thabiso Mosalan­ yane and Det. Capt. John Stapleton of the Postmasburg Detective Branch. Photo: Supplied

SAPS operation a success THE South African Police Service (SAPS) in Kuruman, with the assistance of Public Order Police (POP) from Kimberley and the K9 Unit, held an operation during the early hours of Friday morning, 14 June. Two houses in the Kuruman CBD were searched and ten illegal immigrants were arrested for not having the proper residential permits, the SAPS said in a press release. A 37-year-old man was charged for selling liquor without a licence. Other suspects were charged with crimes ranging from attempted robbery, assault with intention to do grievous bodily harm and house-breaking and theft. The police have confiscated the following items: suspected stolen goods, alcohol and boxes of cigarettes. The operation was a success and police will continue with these type of operations to ensure that the community is safe and secure, according to the release. The police are requesting community members who have reported cases of house-breaking and theft to visit the police station to identify items. Proof of ownership and an identification document is required.

STOLEN goods at the Kuruman Police Sta­ tion. Photos: Supplied

DIE Vryfees vind weer van 9 tot 14 Julie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) plaas en een van die groot trekpleisters – De Vette Mossel – is ook weer terug. Dié outentieke seekosrestaurant bied ’n seekosbuffet met ’n volle agtgangmaaltyd, asook ’n à la carte-spyskaart. Voorafbesprekings is noodsaaklik vir die buffet en vir R250 kan jy aan die smullekker seekosgeregte en varsgebakte potbrood smul totdat jy trommeldik is. Daar sal ook ’n kontantkroeg wees om die ergste koue te verdryf. Lewendige vermaak word deur Henning Joubert en Anton Botha verskaf. Joubert is ’n Bloemfonteinse kunstenaar wat al wye draaie in die musiekwêreld gestap het. Hy was een van die stigterslede van die Afrikaanse groep Beeskraal en kan ’n hele string instrumente bespeel. Hy het al saam met al wat ’n bekende kunstenaar in die land is, opgetree en werk nou aan ’n solo-album. Hy is ook in die Vryfees-produksie Fyngeslyp te sien. Botha is al ’n bekende in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy

musiekvideo’s word gereeld op kykNET vertoon. Hy skryf die meeste van sy eie musiek en kan blitsvinnig ’n partytjie aan die gang kry. Kaartjies vir dié eetplek is by Spotted Apple beskikbaar. Skakel 051-447-1086 of stuur ’n e-pos na info@spottedapple.co.za om jou plek te bespreek of vir meer inligting.

HENNING JOUBERT vermaak besoekers aan De Vette Mossel op die Vryfees.

Kitaar bly gunsteling

COMMUNITY MEMBERS who ha­ ve reported cases of house­brea­ king and theft can visit the Kuruman Police Station to identify items.

BOXES of cigarettes were found and is now at the Kuruman Police Station.

JY sal verskoon word as die naam Henning Joubert nie dadelik ’n klokkie lui nie. As jy egter na sy CV kyk, sal jy gou besef dié man het wel al jou pad gekruis. Daar is min instrumente wat dié 31-jarige Bloemfonteinse musikant nié kan bespeel nie. Voeg daarby ’n fantastiese stem en dan besef jy Henning is die hele pakket. Hy is op Klerksdorp gebore, maar is gek na Bloemfontein. “Ek’s mal oor die mense. Hulle is baie vriendelik en warm.” Hy het op skool sy buiging as konsertinaspeler gemaak en daarna aan die jazz-departement van die Tswane-universiteit vir Tegnologie gestudeer. Hy bespeel ook die kitaar, mandolien, baskitaar, blues-harp, banjo, klavier en trekklavier. “My gunsteling bly egter die kitaar,” sê Henning. “Dit is so veelsydig, baie verskillende genres,

style en aanslae.” In 2001 het hy die Sakkielangarm-boereorkeskompetisie op kykNET gewen en die album wat hy daarna opgeneem het, is met ’n Sama-eerbewys vereer. Henning was een van die stigterslede van die Afrikaanse rockgroep Beeskraal en ook permanent lid van Dozi en Robbie Wessels se orkeste. “Ek sou baie graag saam met Coenie de Villiers, Vusi Masashela, Tony Cox en PJ Powers wou optree,” sê hy. Hy het ook al in Londen, Nieu-Seeland, Kanada en Indië opgetree. Hy is boonop ’n talentvolle liedjieskrywer en werk nou aan sy solo-album wat later vanjaar uitgereik sal word. Hy het die meeste van die liedjies op die album self geskryf. Vir meer inligting of besprekings, bel Spotted Apple by 079-504-3912 of 051-447-1086.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

9

DA reik uit na die ie jeug Annerie Louw DIE Demokratiese Alliansie (DA) het op Jeugdag na die jeug van Kuruman en Kathu en die onmiddellike omgewing uitgereik. Die kommunikasiebestuurder van die DA in die Noord-Kaap, Clivé Burger, sê die organiseerders het verseker dat daar sportgeleenthede en genoeg aktiwiteite vir die jeug is om by te woon. Op Kathu het Wyk 1 se raadslid, Gerrit Vos, saam met die raadslede Faith van den Heever en Johannes Kaars, sowel as Shiraaz Suliman, gemeenskapsoperasionele bestuurder vir die Kalahari-kiesafdeling, saam met die jeug die strate rondom ’n besige kettingwinkel skoongemaak. Op Heuningvlei het raadslid

Marcus Nlhapo ’n sokkertoernooi aangebied en op Seven Miles het die kiesafdelingsvoorsitter, Braam van der Westhuizen en Floors Byleveld, raadslid van Wyk 1: Ga-Segonyana-munisipaliteit, ’n rolstoel aan die 23-jarige Dimpho Dibe oorhandig. Dibe se rolstoel was stukkend en verslete. Haar ouma Betty Malgas het gesê sy is dankbaar teenoor die DA vir die mooi gebaar en gesê hy bewys daardeur hy maak nie net beloftes nie. Volgens Van der Westhuizen het ’n inwoner, Liesbeth Bagananeng, hom genader oor die moontlikheid om ’n rolstoel aan Dibe te skenk. “Ons is maar net te bly dat ons ook op só ’n wyse die lewe van iemand kon vergemaklik,” sê Van der Westhuizen.

JEUGDAG op Seven Miles saam met die DA.

Foto: Verskaf

Project completed

PIETIE ESTERHUIZEN cutting the red ribbon to officially open the switching station. From the left are Heyns van Rooyen, Ben Nel, Pietie Esterhuizen on be­ half of the Gamagara Municipa­ lity, George Lockhart and Leon Redelinghuys.

KATHU is currently experiencing a housing need due to the development and expansion in and around the Sishen Mine. To address this need, the Sishen Mine has embarked on a housing development project, one of which is the phased development of the Phase 4 Lakhutshona Housing Development. The new 11kV Switching Sta- tion no. 2, with its supply cables, was commissioned to provide for the bulk electrical supply to this housing development. The Sishen Mine

appointed Heyns van Rooyen Consulting Electrical Engineers as the consultants on the project and ML Nkosi Electrical as the electrical contractors. The project was successfully completed within a very tight schedule of five months, and was completed at the end of May. This project had an impeccable safety performance without any LTIs reported. The completed project was handed over to the Gamagara Municipality to become part of the Gamagara electrical infrastructure on 30 May.

JUN E2 01 3

THE team representing the Sishen Mine, Heyns van Rooyen Consulting Electrical Engineers, ML Nkosi and TWP. Photos: Supplied

D.I.Y

Generator

WINTER WARMERS

RG-1200 • 1200W • Unleaded petrol • Built-in overload current protection • Compression ratio: 8:1 • Rated voltage: 230V • Recoil pull start

Industrial Impact Drill

0601217190/GSB13RE • 600W, 13mm Chuck • Variable & reversible action • Drilling capacity: - Wood: 25mm, - Steel: 10mm - Masonry: 15mm

39999

20-32240 • Safety lock-off switch • 40cm Oregon chain bar • 2200W ball bearing motor

89999

Solar Panel Light Kit • Consists of 5W solar panel with cable, 12V 4AH battery kit, 2 x 3W LED bulbs, 2 x 5m cable with bulb holder, on/off switch, connection pin & user manual

Industrial Angle Grinder 0601376260/GWS 5-115 • 580W, 115mm Disc • Spindle lock for quick & easy disc changes

599

• 2 Lights

each

FSPKL2

• 4 Lights - FSPKL4...

99

VISIT US TODAY!

3 Seodin Avenue, Kuruman

CS-3635 • 355mm Bar length • 36cc • 2 Stroke • Petrol

Masonite Hollowcore Interior Door

Infrared Radiant Gas Heater

ONLY 99 59999 999

Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117

599999 99999

Switches Off Gas at Control Switch

TM

THE NAME YOU CAN TRUST

OR

RG-6900 • 5.5KVA • 4 Stroke, air cooled

Petrol Chainsaw

Electric Chainsaw

Blower Vacuum 20-12800 • Vacuuming or blowing • Mulching ratio 10:1 • 2800W

199999

Generator

GH310S • Fits all 9Kg industrial cylinders • Switches off at gas flow control valve • Safety sensor with flame protection

HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm • Exposed edges

14999

699

99

TRADING HOURS Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:

07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00

• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 25 June - 07 July 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za

1 Year Guarantee


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

FABRI­ANN VAN ROOYEN lyk dalk onhandig met ’n bof­ balkolf, maar sy kán ’n kolhou slaan.

GIDEON NEL probeer hard om die bal sekuur terug te slaan.

LEYELLEN LODEWYK kyk die bal agterna na­ dat hy ’n gróót bof­ balhou in­ gekry het.

Byeenkoms groot pret

“DÍT is hoe ’n mens hande in die lug vir ’n netbalbal wag.” Daniel Ferreira wys Kyla Swiegers hoe ’n mens op die netbalbaan oorge­ haal moet wees vir enige aksie wat kan plaasvind.

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) se LSK-klub het in die tweede kwartaal weer ’n baie geslaagde byeenkoms aangebied. Leerlinge het die dag met Bybelstudie met die tema ’n Hond blaf begin. Hulle het geleer dat ’n Christen nie iets of iemand anders kan wees as hy of sy ’n Christen is nie. Dus moet alles wat jy doen aan die standaard van ’n Christen gemeet kan word. Ná die Bybelstudie het die leerlinge lekker saam gekuier. Seuns en meisies is in vlugbal-, bofbal-, sokker-, rugby- en netbalspanne verdeel en dié gemengde spanne het groot pret en plesier op die sportvelde gebied.

WHITNEY FARMER (links) en Haylen Boer ge­ niet dié wedstryd terdeë.

JADEN BOBANIE konsentreer kliphard om dié bal nes Lionel Messi ver te skop. Foto’s: Verskaf

DIE wenspan met hul Smar­ tie­medaljes. Dié medaljes proe lekkerder as enige goue medalje.

IS dit netbal of sokker? Dit lyk dalk soos ’n cha­ os, maar dié netbal­sokker­wedstryd was groot pret.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

CHRISTO DAVIDS en Jody Abrahams vertel die skreeusnaakse verhaal van Duran wat moet bewys sy groot-oupagrootjie was op die Titanic sodat hy kan erf. Foto’s: Liza van Deventer/foto24

BO en regs is tonele uit Titanik wat op Saterdag 28 September in die Meerkatgat opgevoer word.

‘Titanik’ sal jou laat skater VANJAAR gaan Jody Abrahams (SemiSoet) en Christo Davids (7de Laan) die lagspiere op die Kalahari-kuierfees oortyd laat werk. Op Saterdag 28 September tree dié twee in hul teaterproduksie, Titanik, in die Meerkatgat op. Titanik vertel die storie van Duran Sage McNeil O’Sullivan Fielies AKA Duran AKA Boetie Durrie wat sy werk verloor.

Dan ontvang hy ’n brief uit Engeland. Dit wil voorkom of sy groot-oupagrootjie op die Titanic was en dat hy nou sy erfporsie ontvang. “Dissie laaste Vrydag vannie maand, sonder geld, niks bier, sy rent is drie maande laat en Aunty Kitty is moeg vir sy verskonings. Couriers arriveer, nogal innie Athlone, en gee hom ’n brief allie pad vannie Southampton. Hy moet bewys dat sy

groot-oupagrootjie oppie RMS Titanic was sodat hy sy erfporsie ka’gaan haal,” is hoe Duran self sy penarie beskryf. Titanik is ’n prettige, interaktiewe opvoering waarin die gehoor ook rolle vertolk en die akteurs lekker lag. Kaartjies is van 2 September by die Kuierfees-kantoor teen R150 beskikbaar. Die prys van die kaartjie sluit ook ’n kaartjie na die fees in.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

AWS skenk dierekos, komberse Lizette Slabber DIE Animal Welfare Society of Upington (AWS) het op Saterdag 22 Junie hondekos en -komberse aan troeteldiereienaars in Freedom Square en Paballelo uitgedeel. Volgens Sharon Minders van die AWS het hulle ongeveer 60 komberse en 100 kg hondekos uitgedeel. “Die diere was om die waarheid te sê oor die algemeen in ’n goeie toestand,” het Minders ná die tyd gesê. “Ons het nog sowat 40 komberse wat ons nou op ’n volgende uitreikgeleentheid kan gebruik.” Indien mense by die AWS betrokke wil raak of navrae het, skakel 079-986-3635.

DIE komiteelede van die Animal Welfare Society of Upington wat hondekos en ­komberse uitgedeel het, is van links Glenda le Roux, Kelvin Riley, Michael Pluck, Pam Moult, Sharon en Leané Minders en Jeanné Gleimius. Foto’s: Lizette Slabber

DIE AWS het ook opvoedkundige inkleurprentjies oor troeteldier­ versorging aan die kinders uitgedeel. Hier deel Michael Pluck prentjies uit terwyl kinders kom kyk wat hiér aangaan.

YUGEN DRAAIER en sy hond Jessica. Jessica en haar vier babas het ekstra hondekos en ­komberse gekry.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

Ingesluit in NK­span GUSTAV SCHON­ BORN, ’n gr. 9­leer­ ling aan die Hoër­ skool Upington, het as deel van die Noord­Kaapse o.16­ skaakspan in Mei aan ’n interprovinsia­ le skaaktoernooi deelgeneem. Die na­ sionale skaakspan sal ná ’n tweede in­ terprovinsiale skaak­ toernooi in die vierde kwartaal aangewys word. Foto: Verskaf

LEERLINGE aan die Hoërskool Upington is van links, voor: Shahiema Engelbrecht, Marika Coetzee en Chante Simboya; agter: Cobus Wiese en Heinrich Jaar. Foto: Verskaf

Leerlinge gekeur

ALTESAAM 15 hoërskoolleerlinge is gekeur vir ’n program van die Sishen-myn om geleenthede te skep vir jong leerlinge wat in loopbane in die mynbedryf belang stel. Die gedagte is om myningenieurs, tegnici en spesialiste op te lei om poste aan die Sishen-myn te vul en só werkgeleenthede en spesialiste hier te vestig.

Die eerste groep gr. 10-leerlinge is vanjaar op grond van hul belangstelling en prestasie in wiskunde en wetenskap gekies. Hulle moes ook psigometriese toetse aflê. Die gekose leerlinge is in van die voorste skole in die Noord-Kaap – die Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley en die Hoërskool Upington op Upington – geplaas.

Die myn delg alle koste: skoolgeld, koshuisverblyf, skool- en sportbenodigdhede, sakgeld, klere en reisgeld om een keer per maand huis toe te kom. Die leerlinge se akademiese vordering word deurentyd dopgehou. Aan elke skool is ook voog-onderwysers wat hulp verleen wanneer nodig.

Carla op kongres

CARLA KRUGER

Foto: Verskaf

CARLA KRUGER, voorsitter van die Hoërskool Duineveld se ATKV-jeugtak, het die ATKVkongres bygewoon. Die ATKV se kongrestema vir 2013 was Afrikaans sonder grense. Carla was een van meer as 400 afgevaardigdes wat die geleentheid op Hartenbos bygewoon het. Op die kongres is Carla-hulle in groepe verdeel en het temas bespreek soos die brabbelmix, die gemengde vorm van Afrikaans, Afrikaans in die kunste, buiteland en media. Bekende sprekers soos Zelda le Grange (persoonlike assistent van oud-president Nelson Mandela en nou by die Mandela-stigting

betrokke), Bun Booyens (redakteur van Die Burger), Eben Venter (skrywer), Brett Piper (KKNK), Adinda Vermaak (WKOD) en prof. Willem Botha (WAT en Universiteit van Stellenbosch) het as fasiliteerders opgetree. Die hoogtepunt van die kongres was ’n glansaand waar ’n saal getooi in silwer die afgevaardigdes begroet het. Eerbewyse is aan takke met besondere prestasies oorhandig. Kim Cloete was die seremoniemeester en Die Heuwels Fantasties het as gaskunstenaar opgetree. Die Upington-afgevaardigdes het met hul buur-tak Ariamsvlei kontak gemaak en beplan om in die toekoms saam te werk.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

’n KALAHARI­ROOIDUINROETEBORD met ’n kenmerkende rooi duin daaragter. Foto: Steve Newbould

KENMERKEND van die Kalahari­rooiduinroete is, wel, sandduine wat die geleentheid vir asemrowende foto’s bied.

Natuurskoon op sy beste

DIE Kalahari-rooiduinroete het ontstaan nadat ’n groep gastehuiseienaars van die distrik Askham in 2001 met Henriëtte Engelbrecht (in daardie stadium sosio-ekoloog aan die Kgalagadi-oorgrenspark) geskakel het om hulle met die stigting van die Kalaharirooiduinroeteforum te help. Sedertdien het die ledetal gegroei van 3 na 18 en sluit dit ook die San-gemeenskap in. Die roete begin 50 km buite Upington op die R360 en vertak na Askham, Vanzylsrus, Andriesvale (Khomani-san), onder om die ingangshek na Kgalagadi by Tweerivieren, die R31 (Inkbospan), asook die Mier-Rietfonteingebied. Die roete is 300 km tot 350 km in radius. Rooiduin-roeteborde maak dit vir die toeris maklik om die Rooiduinroete te identifiseer en dit te ondersteun. Dit is vir seker ’n goeie plan om op pad na die Kgalagadi-oorgrenspark die mense van die rooi duine van nader te leer ken en sommer jou besoek verder aan te vul met dinge wat die park nie bied nie.

Foto: Verskaf

Die aktiwiteite sluit in kameel- en donkiekarritte, pan-etes, gholf speel op ’n groot pan, selfryviertrekroetes/wildbesigtiging/jagpakkette, sandplankry, skemerkelkies op die rooi duine met asemrowende sonsondergange oor ’n groot wit soutpan, aasvoëlkolonies, begeleide dag- en naguitstappies om die verborge wonders van die Kalahari saam met prof. Anne Rasa te beleef en begeleide natuuren erfenisroetes met San-gidse en spoorsnyers met boogskiet soos net hulle dit doen. Kyk uit vir die Rooiduinroete-grondgeitjie(barking gecko) borde wat aandui die betrokke gasteplekke is deel van die Kalahari-rooiduinroete. Die geitjie, wat in die somer teen skemeraand na sy maat roep, vorm ’n koor van geluide (’n welbekende klapgeluidjie) wanneer die son agter die duine inskuif. In die volksmond staan hy as die klipkappertjie bekend, want sy vrolike klanke klink presies soos twee klippies wat teen mekaar gekap word. Rig navrae aan Retha Stadler by 082-4923469.

EEN van die moet­doendinge op die Kalahari­ rooiduinroete is kameelritte. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

MIS TE KOOP: Kuruman Skouterrein. Agter kleinveekrale. R15/sak of R150/ bakkievrag. Skakel Albie 083 440 1355.

Develop your business! Services Seta funded training for registered SMMES and CO-OPS. Reguest your application form by sending your CIPC Document and ID copy to: info@cbacademy.co.za or Fax 086 558 2692 closing 1 July 2013 for enquiry call Marianna at 051 447 5882

SALON FINESSE I thank my Heavenly Father for all the clients he gave me throughout the years. May you all be blessed. LOVE, JUDY.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

BUL-HONDJIES TE KOOP 1 teef en 2 reuns teen R3 500 elk. Skakel 082 098 7101

NISSAN SENTRA 16v, twin cam, 1996. Photo available via sms. R23 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285 GEBOU TE HUUR: Industriële area. Skakel Johan 082 572 9995.

KURUMAN MOTOR OF BAKKIE GESOEK vir kontant. Skakel Muriel 082 068 0929.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292.

ISUZU 250: 1995. Long base. Photo available via SMS. R32 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. ISUZU 250: 1997. Long base. 2 available. R39 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

MANY DOUBLE CABS available. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

FORD GRANADA 2.0: 1980. Radio, towbar, good condition. R11 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

TE HUUR Woonstel 2 slaapkamers. R6 000

Meenthuise 3 slaapkamers 2 badkamers Enkelmotorhuis R9 900 – R11 000

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

BELONING! Enige van my gesteelde goedere. Kia-motorsleutels - waarborg goeie beloning. ID-boekie. Lisensie en enige ander artikels wat aan my behoort, sal elk 'n goeie beloning in kontant kry. Handig in by polisiestasie, Kuruman, of skakel 073 451 8384.

HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035.

KURUMAN: 3 slk, 2 badk, ingeboude kaste, 2 sitkamers, eetk, kombuis. Verkieslik kontrakteurs. Skakel 078 477 7392.

Huise 3 slaapkamers 2 badkamers R12 100 – 15 000 4 slaapkamers 2 badkamers Swembad 3 motorhuise R16 500 Skakel Elretha 083 561 6705 053 712 3123 078 513 6570

OOP RUIMTE TE HUUR: Langs haarsalon. Geskik vir skoonheid- of gekwalifiseerde naeltegnikus. Skakel Maronell 082 491 5595. STORAGE AVAILABLE 3 x 800 m² or 1 x 2 500 m². Please contact me for further details. 053 723 4659.

Veritas Eiendomme

Rita's

Eiendomme Properties

Te koop: Kuruman 4 slk, 2 badk, baie ruim klinkerhuis, dubbelgarage. R1 250 000. Kleinhoewe 1,813 m² R870 000

2 WOONSTELLE in Bechuanastraat, Kuruman. 2 slk, 1 badkamer, oopplan kombuis/sitkamer, asook 2 lugreëlaars. Onderdak- parkering. Koopkrag en ongemeubileerd. R5 500 p.m. Skakel Hans Kruger 053 712 1064/5/6. EEN-SLAAPKAMER- gemeubileerde woonstel beskikbaar vanaf 1 Julie. Eie tuin, toesluitafdak, veilige, stil kompleks, Koopkrag, water uitgesluit. R5 500 p.m. Ettian 082 882 4943. NETJIESE WOONSTELLE te huur. Groepe ook welkom. Ten volle gemeubileer, veilige sluit- parkering. Kombuise, sitkamers, DStv. Dubbel: R10 000 Enkel: R7 500 Eenman: R5 000 Skakel 084 517 0481.

GOEIE 4-SLAAPKAMERHUIS te koop. 2 badk, dubbelgarage. Duvenhagestraat 1. R1 650 000. Skakel 084 517 0481.

15

3 slk, 2 badk, baie groot oopplan, dubbelgarage. R1 340 000. 3-slk-enkelgeriewe-huis. R930 000 Te koop: Kathu 3-slk-/2-badk-meenthuis met dubbelgarage. R1 440 000. 3-slk-/3-badk-meenthuis. Huurkontrak van R170 000 kan oorgeneem word. R1 550 000.

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za

TE KOOP Skakel Elize 083 383 8372 Skakel Estelle 072 359 0781 313 - 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, TV-kamer met Jaccuzi, dubbelm/h. R1 350 000. 318 - 3 slk, 2 badk, oopplankombuis/sitkam er, dubbelm/h, nuwe uitbreiding. R1 550 000. 319 - 3 slk, 2 badk, sitkamer, eetkamer, kombuis, swembad, dubbelm/h. R930 000. Grond vir ontwikkeling beskikbaar. R3 400 000. (Skakel Elize) TE HUUR Skakel Juanita 078 159 7426 H84 - 3 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, kombuis, enkelm/h. R11 000 p.m. H104 - 3 slk, 2 badk, oopplankombuis/sit/eetkam-er, TV-kamer. R9 900 p.m. Nog baie meer beskikbaar! Dringend op soek na erwe en huise om te verkoop. Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendomme .co.za

Skakel ons gerus vir enige eiendomsbehoeftes.

‘Ons help graag’.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

BENODIG INSLAAPHUISHULP. Salaris R3 000. Verwysings van vorige werk 'n vereiste. Skakel 071 361 2527.

de boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf Datum:28 Junie 2013 hul eise te bewys en hul skuld te betaal by die ondergetekende. Geteken te Kuruman op die 11de dag van Junie 2013.

KBVS Prokureurs Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460 8460

S.G. du Plooy

First Rand Bank/ TD Mangate/ME Mangate

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Susara Gertruida du Plooy en nagelate gade Johannes Jurie Antonie du Plooy, met wie sy binne gemeenskap van goedere getroud was, in lewe woonagtig op die plaas Kammaskroon, Kurumandistrik, Kuruman. Boedelnommer 1319/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 28 Junie 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

Volle Naam:Boedel Wyle

Cornelia Johanna Daffue. Adres: Plaas Geluk Danielskuil,8405

Boedelnommer: 1429/2013

Geboortedatum: 11/10/1950

Identiteitsnommer: 5010110001082 Volle name en van van nagelate gade:

EngelBertus Leonardus Daffue Geboortedatum: 27/06/1950

Datum oorlede: 4 Mei

2013 Skuldeisers van bogenoem-

NOTICE OF SALE IN EXECUTION IMMOVABLE PROPERY

In the High Court of South Africa, Northern Cape High Court, Kimberley Case number: 1379/2008 In the matter between: FIRST RAND BANK LIMITED (formerly known as FIRST NATIONAL BANK OF SOUTHERN AFRICA LIMITED) Plaintiff and THABELO DICKSON MANGATE 1st Defendant and MPONTHSHANG EUNICE MANGATE 2nd Defendant A sale in execution of the under-mentioned property is to be held without reserve at SHERRIF'S OFFICE, 46 SCHOOL STREET, KURUMAN on THURSDAY 8 AUGUST 2013 at 10:00. Full conditions of sale can be inspected at The Sherrif's Office, Kuruman, 46 Skool Street, Kuruman, and will also be read out by the Sheriff prior to the sale in execution. The Execution Creditor, Sheriff and/or Plaintiff's Attorneys do not give any warranties with regard to the description and/or improvements. PROPERTY: ERF 3901 (Portion of Erf 3897) Kuruman Situated in the GaSegonyana Municipality Province of the Northern Cape MEASURING: 323 square metres Known as 29B Bosman Street, Kuruman. IMPROVEMENTS: Lounge, dining-room, kitchen, 2 bedrooms, bathroom, shower, toilet, carport. HACK STUPEL & ROSS REF: GP 9269 C/O VAN DER WALL & PARTNERS Attorney for Plaintiff

Van De Wall Building Southerystreet, Kimberley REF: HONIBALL/LB/B007580 Tel. 053 830 2900.

AANDAG

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

Anri puik in 3 sportsoorte ANRI VAN ROOYEN (17) van die Hoërskool Kalahari is gekies as die Kalahari Bulletin se Supersport Let’s Play-sportster van die maand vir haar uitstekende prestasies in hokkie, tennis en atletiek. Anri is ’n uitmuntende hokkie- en tennisspeler. Sy het in 2012 vir die NoordKaapse o.16-hokkiespan gespeel en is weer vir die Noord-Kaapse o.18-hokkiespan gekies. Anri is ook in 2012 vir die Noord-Kaapse tennisspan gekies, maar kon nie die toernooie bywoon nie, omdat sy reeds vir die Noord-Kaapse hokkiespan gekies was. Sy speel ook vir Kalahari se eerste tennisspan. In 2012 en 2013 is sy in die Noord-Kaapse atletiekspan ingesluit en het sy aan die 800 m en 1 500 m deelgeneem. In 2012 is sy ook vir die Noord-Kaapse tweekampspan gekies. Voordat Anri en haar gesin Noord-Kaap toe verhuis het, was sy van 2006 tot 2011 lid van KwaZulu-Natal se atletiekspan. Anri se leuse is: Doen gewone dinge op ’n buitegewone manier. Stuur jou SuperSport Let’s Play-sportsterbenoeming vir leerlinge tussen 6 en 18 oud so gou moontlik in (benoemings wat voor die 20ste van elke maand ontvang word, sal ingesluit word in daardie maand se keuse). Benoemings kan per e-pos na supersport@zpr.co.za gestuur word, of gefaks word na 086-552-4922. Vir meer inligting kontak Lynne Landmann by Z PR, 051-430-3027.

VAN links is, voor: Elmarie Teessen en Leemé Janse van Rensburg; agter: Simoné Nickel, Heidi­Jane de Wee, Ray­Ann Snyders, Elso­Maré van Wyk, Mariandré Wiliams en Beaumieze Ndhlovu. Foto: Verskaf

Span weer beste in NK DIE o.16-netbalspan van die Hoërskool Upington is as die beste in die Noord-Kaap aangewys. Dié span het verlede Donderdag die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool NoordKaap se netbalspanne gewen om dié gesogte

ANRI VAN ROOYEN in aksie op die hokkieveld. Foto: Verskaf

titel te verower. Hulle dring nou na die nasionale kampioenskapsbyeenkoms van 2 tot 4 Augustus in Boksburg deur. Dié span was in 2012 ook die beste o.15-netbalspan in die Noord-Kaap.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

23

Spanne pak mekaar op pretdag DIE Laerskool Sentraal op Kakamas se o.9-rugbyspan en o.9A- en o.9B-netbalspanne het aan die Laerskool Newton in Kimberley se Kortvolkdag deelgeneem. Ouers en leerlinge het van die Kortvolk-sportdag ’n heerlike uitstappie gemaak. Nie net het die rugby- en netbalspanne op die sportveld gebaljaar nie, hulle het ook die Groot Gat besoek en lekker gekuier en gebraai voor die sportdag.

DIE o.9A­span van die Laerskool Sentraal is van links, voor: Jolanda van Zyl, Marcelle Schreuder en Emae Fourie; agter: Juanne Smith, Leane de Wet, Sumari van der Mer­ we en Greta Steenkamp.

DIE o.9B­span van die Laerskool Sentraal is van links Lezay Spangenberg, Moniche Diergaardt, Julinda Hayes, Danelle Koortzen, Milea Gagiano, Gena van Schalkwyk, Eljani Louw en Jo­Ann Marie Visser. Foto’s: Verskaf

VAN links is Stephan Klindt, Enrico Gagiano en Handré Nel.

DIE o.9­rugbyspan van die Laerskool Sentraal.

DIE Kalahari Bulletin begin vandag met ’n reeks sportartikels waarin die afrigters van Upington van nader leer ken kan word. Die verskillende sportafrigters van die vele Upingtonse skole be-

Om erkenning aan die onbaatsugtige gebaar te gee gaan die Kalahari Bulletin in die vakansies dié afrigters van nader leer ken en só aan hulle dankie sê vir die opofferings wat hulle maak.

Koerant gaan sportafrigters van nader leer ken stee menige uur langs die sportveld. Hulle staan tyd in die week en oor naweke af om leerlinge van die beste moontlike afrigting en geleenthede te verseker.

In die volgende jaar gaan ons probeer om soveel moontlik afrigters, sportsoorte en skole te in te sluit. Die reeks sal ná die Julievakansie weer in die September- en Desembervakansies voortgaan.

As iemand graag ’n afrigter onder die koerant se aandag wil bring of as iemand uitgelaat is, besoek www.facebook/kbulletin en laat weet die koerant wat hy of sy vir jou en jou sportsoort beteken het.

Building a world-class diamond group Finsch Diamond Mine

Finsch Diamond Mine is located in the town of Lime Acres, which is situated 160km north west of Kimberley and 109km south of Kuruman in the Northern Cape.

Projects Coordinator Contracts Expansion Projects

Applications are invited from suitably qualified applicants to coordinate project activities to ensure optimum establishment for the recovery of Diamond Bearing Ore according to production targets. Tasks and responsibilities: • Allocate and organise the availability of resources, including consumable and raw materials • Collaborate with the relevant stakeholder regarding technical issues to ensure effective integration with existing application of technology • Provide project status updates and analyse impact on overall portfolio (eg timelines, budget, resources and delays) • Develop and manage the implementation of the quality plan to ensure that the technical content and cost are within the scope of work • Direct, prepare and evaluate the technical aspects of procurement according to the project scope and organisational procedures • Identify deviations or non-conformance, and plan and implement corrective actions to ensure attainment of production plan • Manage construction and commissioning activities according to the project plan and/or requirements, organisational standards and procedures. Minimum requirements: • A Grade 12 • A Blasting Certificate for Scheduled Mines with 5 years’ experience as a Miner • 5 years’ experience within a trackless development environment • 5 years’ experience as a Shift Boss at an underground mine • A valid Code EB driver’s licence • Good verbal and written communication skills in English. A good understanding of project tracking at an underground mine will be an advantage, as will a Mine Overseer’s Certificate Other skills/competencies: • The ability to work in a multidisciplinary, cross-functional team environment • The ability to work with all levels of management and technical staff • A team player with a teamwork approach to performance • Good time management skills • A sound understanding of project management in relation to timeframes, dependencies and critical paths • Good analytical and problem-solving skills • Proficiency in relevant projects software and planning tools • The ability to remain focused and productive in a high-pressure environment. (Ref. FINSCH078) Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. Pre-screening, profile testing, on-mine assessments, medical and security clearance form part of the recruitment and selection process. Short-listed candidates will be required to attend a panel interview. Employment of the successful candidate is subject to the aforementioned criteria. Preference will be given to candidates who reside within our host labour sending area of Kgatelopele (proof of residence may be requested). Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/ careers/current-vacancies) and forward this, together with your résumé, qualifications and ID, to E1-Recruitment@petradiamonds.com or fax: 086 692 2442 before or on 5 July 2013. Please note that incomplete application forms and documentation will not be considered. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful.

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

Process Controller: Sinter Mamatwan Mine

Ref. 759588 In this role, you will be expected to monitor and control the safe and efficient execution of processing activities at the Sinter and DMS plants. You will perform supervisory functions and maintain production records for plant and equipment, oversee a metallurgical plant, transfer, crush and dewater material, as well as monitor and control waste storage (among other functions). Apply today with a Grade 12, 3 years’ experience in a mining or similar environment and valid Code EB driver’s licence. An Ore Preparation Certificate and experience in the mining or smelting industry will be advantageous. Good interpersonal, problem-solving and decision-making skills are fundamental for success. You will be expected to pass a preemployment medical examination. Please forward your CV (max 3 pages) to Hotazel.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 5 July 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za

Human Communications 100043

www.humanjobs.co.za

Human Communications 100053


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 JUNIE 2013

Liefde vir die spel is belangrik Lizette Slabber “DIT is baie belangrik dat ’n jong krieketspeler lief moet wees vir die spel en bereid moet wees om hard te werk, want vaardighede kan ontwikkel word, maar sonder ’n liefde vir krieket en harde werk sal jy nooit sukses behaal nie.” Dit is hoe Sias van Rooyen, krieketafrigter van die Laerskool Oranje-Noord, die ideale krieketspeler beskryf. Van Rooyen rig al sedert 1978 krieket op verskillende vlakke af en is sedert 1990 ’n onderwyser aan Oranje-Noord waar hy as vlakdrieafrigter krieket en mini-krieket afrig. Agtergrond As laerskoolleerlinge was Van Rooyen al lief vir krieket. Hy het sy laerskooljare op Grahamstad aan die Hoërskool PJ Olivier deurgebring. Maar dié skool het glad nie krieket aangebied nie en hy moes krieketlesse aan ’n Engelse skool op Grahamstad neem. “My pa, Ebert, was baie lief vir krieket en hy het my na afrigtingskursusse geneem. Oral waar ons gewoon het, in elke buurt, het ons ure lank straatkrieket gespeel en dit was altyd my pa wat dit aan die gang gesit het,” vertel Van Rooyen van sy kinderjare. Ná st. 5 het hy na Kaapstad gegaan om aan die Hoërskool Jan van Riebeeck skool te gaan en is in 1975 vir die o.15-WP-Nuffieldsspan gekies. Hy was die enigste Afrikaanssprekende seun in dié span. “Dié ondervinding het my geleer dat Afrikaanse seuns ook goed kan krieket speel en daarom het ek nou nog ’n passie om ’n liefde vir krieket by Afrikaanssprekende seuns te vestig.” Hy het aan die Wellington-onderwyskollege gestudeer en ’n maand lank as deel van ’n universiteit-krieketspan in Engeland getoer. Hy het ook vir die destydse Suidwes-weermag krieket gespeel en van 1980 tot 1990 vir Boland. In dié jare het Australië na Suid-Afrika getoer en het Van Rooyen teen groot name soos Mike Haysman en Kim Hughes gespeel. Hughes was kaptein van die Australiese krieketspan. Van Rooyen was ’n openingskolwer wat ook op nommer ses of sewe gekolf het en was dus ’n veelsydige speler. Afrigtingsjare Hoewel Van Rooyen al sedert 1978 krieket afrig, het hy vandat hy in 1984 as onderwyser begin werk het, merendeels met laerskoolleerlinge begin werk. In 1990 het hulle na Upington verhuis en hier het hy nie net vir die Hoërskool Upington se dorpskrieketspan gespeel nie, maar ook kinders van Upington, die Hoërskool Duineveld en selfs Kakamas afgerig. Van 1990 tot 2000 het hy ’n krieketskool op Upington gehad. Die skool het verskeie kriekettoere onderneem waarvan die 1993-toer na Kimberley en die 1998-toer na Pretoria uitstaan. Hy het sy krieketafrigting nou ook uitgebrei na mini-krieket en die vestiging van ’n Indiese Premierliga-soort toernooi wat elke jaar vir o.11-spelers op Upington aangebied word. Krieket oor die jare heen Volgens Van Rooyen het krieket die afgelope jare op skoolvlak baie verander.

“Voorheen het net die groot, gevestigde skole krieket gespeel, maar krieket het baie uitgebrei na alle skole . . . selfs plattelandse skole.” Van Rooyen sê alle skole probeer deesdae hul krieketspelers aan soveel moontlik wedstryde blootstelling gee. “In my laerskooldae het ek seker net in drie wedstryde gespeel, maar vandag word baie meer moeite gedoen.” Die groeiende belangstelling onder skoolseuns om krieket te speel skryf hy toe aan die rol wat televisie speel om aan krieket meer blootstelling te gee. “Televisie prikkel hul belangstelling in krieket en stel hulle aan groot krieketsterre bekend.” Mini-krieket Van Rooyen is nou by mini-krieket betrokke. Die doel van mini-krieket is om gr. 1- tot gr. 3-leerlinge vroegtydig vaardighede aan te leer en van krieket bewus te maak. “Dit is goed dat dié seuns van jongs af al aan krieket blootgestel word, want dit ontwikkel by hulle ’n liefde vir die spel en leer hulle die nodige vaardighede op ’n minder kompeterende vlak aan. Hoogtepunte Vir Van Rooyen was ’n hoogtepunt as krieketspeler om in 1983 vir die Suid-Afrikaanse Kollegesspan gekies te word. Hier het hy saam met toekomstige Proteas soos Brian McMillan en Mike Rindel gespeel, asook saam met die toekomstige Protea-afrigter Graham Ford. “Om in daardie stadium vir ’n span soos dié gekies te word en ’n paar jaar later is jou spanmaats Proteas, was ’n groot eer. Want dan kan jy jou aan hul standaarde meet.” Van Rooyen sonder twee hoogtepunte as afrigter uit. “ ’n Hoogtepunt as krieketafrigter is elke jaar as ’n speler wat jy afgerig het vir ’n provinsiale span gekies word. Dit is ’n bewys dat jy darem êrens iets vir die kind geleer het en dat hy geluister het en dat dit deur die keurders raakgesien is. Dit bly altyd ’n hoogtepunt.” Die een wedstryd wat hy as afrigter altyd sal onthou, was ’n o.11-wedstryd teen die South African College of Schools (SACS) in die Kaap. Oranje-Noord het die wedstryd met slegs een lopie verloor maar vir die SACS behoorlik harde bene laat kou. “Die ouers en afrigters van die SACS was verstom oor die gehalte-krieket wat by ’n skool soos Oranje-Noord gespeel word. Die afrigter het ná die tyd vir my gesê hy het nooit gedink ’n plattelandse skool kan sulke goeie krieket speel nie.” IPL-toernooi Ongeveer drie, vier jaar gelede het Van Rooyen ’n IPL-soort kriekettoernooi vir o.11spelers begin. Krieketspelers van al die skole op en om Upington word genooi om deel te neem en vyf sakeondernemings borg dan spanne. Die leerlinge word volgens skool tussen die spanne opgedeel en elke kind kry ’n T-hemp. Pryse vir man van die wedstryd word ook uitgedeel. Van Rooyen het dié toernooi begin om krieket op Upington te bevorder en ’n liefde vir krieket by laerskoolleerlinge te kweek. Dié toernooi vind gewoonlik aan die einde van die derde kwartaal plaas.

SIAS VAN ROOYEN, bekende krieketafrigter van die Laerskool Oranje­Noord, saam met die o.11­span wat die SACS in 2010 opdraande gegee het. Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.