28 MAART 2013
VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG
Lizette Slabber ’n NAELBYTSTRYD het hom die afgelope naweek tydens die Groen Kalahari-kanowedvaart op die Oranjerivier afgespeel. Jasper Mocke, Andy Birkett en Ivan Kruger was van dag een (Donderdag) af kop-aan-kop. In ’n naelrit na die einde by Khamkirri was Andy Birkett met ’n haarbreedte eerste, maar Mocke se pogings oor die drie dae het aan hom die beste tyd (6:58:30.16) besorg en is hy as die wenner van die tweede Groen Kalahari-kanowedvaart aangewys. Birkett was tweede met ’n tyd van 6:58:31.54 en Ivan Kruger was derde. Die stryd tussen dié drie roeiers het al op dag een begin toe Birkett eerste by Oranjerus was, met Mocke in die tweede plek en Kruger in die derde plek. Op dag twee was Mocke eerste, Birkett tweede en Kruger derde. Michele Eray, Olimpiese roeier, het die vrouewedvaart van dag een af oorheers. Sy het elke dag eerste geëindig en op dag drie 20 minute voor Nikki Mocke Khamkirri bereik. Kirsten Penderis was derde. Volgens Eray is die wedvaart besonder mooi, veral die kloof gedeelte is “iets wat ek nog nooit voorheen gesien het nie”. Eray sê dié kanowedvaart het die potensiaal om net so groot soos die ander bekende kanowedvaarte in Suid-Afrika te word, maar dat die afstand mense kan afsit. “As dit as ’n pakket aangebied word en die afstand die moeite werd word, sal roeiers kom. Roeiers praat onder mekaar en as ons wat al geroei het daaroor praat, sal dit ook ’n groot trekpleister word. “Dit het alles wat ’n roeier wil hê – drie dae op die water, ’n rivier wat die hele tyd verander met plat gedeeltes wat afgewissel word met stroomversnellings en dan is daar natuurlik die kloof.” Daarby sê Eray die wengeld wat aan vroue gebied word, is onder die top-vyf in die land. Heinrich Schloms, wat in 2012 saam met Lance King die kanomarathon gewen het, sê dié marathon is besonders omdat die 13 toproeiers in Suid-Afrika hieraan deelgeneem het. “In die Bergrivier-marathon is dit maklik vir my om onder die toptien te eindig. Hier gaan dit baie
GRATIS
TEL. 0543313482
Wedvaart groei
DIE eerste groep roeiers nader die voetgangerbrug oor die Oranjerivier op dag een van die Groen Kalaharikanomarathon. Sien nog foto’s op bl. 2. Foto: Lizette Slabber moeilik wees vanweë die gehalte van die roeiers wat kom roei het.” Schloms skryf die sukses van die marathon toe aan die werk wat Gawie Nieuwoudt, organiseerder, doen.
“Die lekkerste ding aan die marathon is Gawie. Hy lok groot name en dan maak hy die naweek vir ons vrek lekker.” Volgens Schloms is dié wedvaart heeltemal iets anders.
“ ’n Mens raak moeg daarvoor om elke keer dieselfde wedvaarte te roei.” Eben Mocke, een van slegs vyf plaaslike roeiers, sê hy hoop die marathon veroorsaak ’n groei in
die sport onder plaaslike roeiers. “Ons hoop mense op Upington sal nou meer by die sport betrokke raak veral as hulle besef hulle kan hiér, op hul eie dorp, kwalifiseer vir A-gehalte wedvaarte.”
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Behaal 2de plek NIKKI MOCKE is die tweede vrou wat die Groen Kalaharika nowedvaart se eind punt by Khamkirri oorgesteek het. Sy was 20 minute ná die wenner, Michele Eray, by die eindpunt.
VAN links is Pauline Williams, LUR vir sport, kuns en kultuur, Petrus Vaalbooi en Grizelda Cjiekella, waarnemende premier van die NoordKaap. Foto: verskaf
Herdenking van wet vrolik gevier
JASPER MOCKE is ná ’n naelbytstryd as die wenner van die Groen Kalaharikanowedvaart aangewys. Foto’s: Jacques Marais
DIE klein Kalahari-dorpie Askham het behoorlik uit sy nate gebars toe honderde mense daarheen gegaan het om saam met die Noord-Kaapse provinsiale regering aan die provinsiale Menseregtedagvieringe deel te neem. Die departement van sport, kuns en kultuur het die 100-jarige herdenking van die
Wet op Grondbesit van 1913 op Askham gevier. Die tema van die herdenking was Die omkering van die Wet op Grondbesit van 1913. Dié herdenking is bygewoon deur lede van die Kalahari Boesmans, lede van die uitvoerende komitee, provinsiale wetgewer en die nasionale parlement.
Verwelkom reën ná droogte
18/36
16/33
14/30
NW15
–
N5
Klub gestig DIE Hoërskool Upington beoog om op Vrydagaand 26 April die stigting van die Oud-Uppiebond in die skool se klubhuis te hou. Dit beloof om ’n heerlike kuieraand vir alle Oud-Uppies te wees waarna die grondwet voorgelê en ’n bestuur gekies sal word. Alle Oud-Uppies word genooi om die aand saam te kom meemaak. Kontak die skool by 054-332-1491 of besoek Upington se webwerf by www.uppies.co.za vir meer inligting.
DIE reën wat Dinsdagoggend in die vroeë oggendure liggies begin val het, was ’n welkome verligting ná die drie maande sonder reën op Upington. Die reuk van die reën met die geluid van die sagte druppels op die sinkdak en later die effense gegrom van die donderweer was die perfekte manier om wakker te word. Volgens die Upingtonse weerkantoor het 7,6 mm die nag geval. Dié reën het Steenboklaan amper in ’n rivier laat verander. Foto: Lizette Slabber
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
3
Dans die riel op woestynfees Anena Burger
DIE Kwêdansers het ook hul tradisionele danse op die eerste Kalahariwoestynfees vertoon. Foto’s: Anena Burger
Die ding met die hare . . . Anena Burger DIT is skemer in die Kalahari en die maan skyn net so duskant oom Valie se korreltjieshare in die verre pienkpers horison. Hier word die naweek fees op Askham gehou. Die eerste Kalahari-woestynfees. Oom Valie, beter bekend as Petrus Vaalbooi, nuwe leier van die Khomani-San, beduie met sy hande. Die stories vloei uit sy krom vingers en die menigte plooie in sy gesig. Ouma Katrigwa Esau en ouma Katrina Seekoei skater van die lag terwyl oupa Tolman Vaalbooi elke detail van oom Valie se vertellings beaam. Dit is fees, ja, maar vanaand is dié ou span die celebrities, soos dit hoort. Duskant brand die braai- en kampvure hoog in die boma van die Molopo Lodge waar die oudstes eers ’n hongerte kom stil het. “Boerekos,” sê oom Valie toe sy bord voor hom neergesit word. ’n Tjop, skaapwors, aartappelslaai en ’n braaibroodjie. “Julle weet,” sê Oom Valie, en hy kyk op na die gaste en sy ou vriende. “Ek het ’n verskriklike probleem met die Afrikaanse woord ‘tradisie’.” Oom Valie is ’n ywerige skaapboer. Hy klap sy tong en verduidelik: “Die mense sê dit is nou verkjeerd om skaap oppie tradisionele grond te boer, maar ek sê die tradisie eet ook maar net so lekker aan die skaapvleis. “Tradisie, guh, ek ken net van Boesmangoed en Boesmangeid,” sê hy. Die wit tafeldoek flap so effe in die windjie wat vroegaand begin trek. Dit is nie aldag dat die groepie ou mense kans kry om so saam te kuier nie. Almal het ietsie te vertelle en die jonges om die tafel, wat nie die jare beleef het waarin oom Valie en oupa Tolman jong manne was nie, hang aan hul lippe. “Dit is nou vir jou ’n storie. Dié ding met
die brandkam,” begin oom Valie die volgende vertelling. Ouma Katrigwa frons en sê: “Die wat se ding? Dit is ’n warmkam.” “Nou ja,” sê hy en vertel verder. “Daai tyd toe kom daai ding in van relax. Dis mos nou fashion. “Hier kom ons mos nou by ’n anner ding. Hulle sê néé, néé, néé. Brandkam en warm.” Die luisteraars lag al klaar. “Nou moet jy weet, die kam word warm gemaak.” Grace Humphreys van die Suid-Afrikaanse San-instituut (Sasi) onthou en las by: “Dan word hy nou vuurwarm gemaak by die primus.” Oom Valie help reg: “Dis by die kole. Daar’s nie primus nie. “Dis nou soos hierie elektriese kamme, nou hierie is die alleminiumkam. “Nou word die alleminiumkam by die kole warm gemaak. Da word jou hare nou vol harrevet gesmeer. Dán word hy gekam. Mý suster, die vuur, die hel staan op jou kop, maar jý as jong man, jy mag nie praat nie. “Jy sit in trane. Jy mag nie skrou nie. Jy moet dit vat.” Die luisteraars vee nou al trane af met hul sakdoeke. Oom Valie lag saam. “As die hele proses nou klaar is, afgehandel is, hierie tyd namirrae,” sê hy en kyk op na die skemering. “En jy loep nou so en jy kyk jou nou so innie son da sien jy hoe waai jou hare,” en die ou hande beduie hoe die hare dan moes waai. “Die eerste water wat kom val, dan breek hulle, ghoep, af! Dan rol hulle om dat hulle weer so sit,” vertel oom Valie laggend en vou vooroor op die tafel met sy gesig in sy hande. En dan kom hy regop tussen almal se kraaie deur en kondig met sy wysvinger aan: “Dis waarom ék weet, ék is ’n Boesman!”
markiestent het kunstenaars soos Boeta Gammie en die marimba-orkes van KimberDIE eerste Kalahari-woestynfees is die na- ley menige Kalahari-voet ’n riel of twee laat week op Witdraai buite Askham aangebied. trap. Die fees is oor twee dae aangebied. Feesgangers is op ’n vol program met kunste- Handwerkprodukte soos juwele is te koop naars en tradisionele dansers van so ver soos aangebied. Platfontein, Kimberley, getrakteer. Volgens Merryl Scheepers van die SuidDie feesterrein, diep in die duine buite Wit- Afrikaanse San-instituut (Sasi) het die fees draai, kon nie met enige voertuig bereik ’n plek vir kunstenaars, musikante en handword nie. Hoofsaaklik viertrekvoertuie of werkers met tradisionele produkte geskep donkiekarre is ingespan. om hul werk ten toon te stel. Heerlike geregte soos roosterkoek en Sasi en die Noord-Kaapse departement van braaivleis is te koop aangebied. In ’n groot toerisme hoop dié fees sal ’n jaarlikse instelling word wat deel van die erfenismaandviering sal vorm. Moeë feesgangers is Saterdagaand tot met donkiekarre van die feesterrein vervoer. Een feesganger het grappenderwys opgemerk: “Ek met ’n donkiekar in die donker ry? Nooit nie.” ’n Ander een het geantwoord: “Ag, toe, Oom. Die donkies kan goed in die ’n GROOT makietie is in ’n feestent aangebied op die eerste Kalahari donker sien. Hulle woestynfees waar verskillende kunstenaars feesgangers se voete laat het darem vier headskuifel het. lights.”
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Koerant bly net groei toon DIE Kalahari Bulletin op Kuruman is nou ses jaar oud, terwyl die Upington-uitgawe nou sy tweede verjaardag vier. In die afgelope twee jaar dat die koerant op Upington is, het die koerant met rasse skrede vooruitgegaan. In die eerste paar maande van sy bestaan is slegs 10 000 kopieë weekliks versprei en was die koerant feitlik elke week ’n koerant wat slegs uit 12 blaaie bestaan het. Nadat die Upington- en Kuruman-koerante saamgesmelt het, is daar elke week ’n 16-bladkoerant uitgereik met ’n dikker koerant so elke nou en dan. Die getal koerante wat weekliks versprei word, is ook twee keer meer sodat daar nou weekliks 20 000 koerante versprei word. Met Kuruman se sewende jaar wat nou begin, het hy ’n nuwe besem op Kuruman in beheer wat beslis gaan skoonvee en stof opskop. Maar dit is nie al nuwe verwik-
kelinge wat in 2013 op die Kalahari Bulletin wag nie. Die Upington-uitgawe se derde en die Kuruman-uitgawe se sewende lewensjaar beloof om propvol nuwe uitdagings en hoogtepunte te wees. Maar wanneer ’n mens op die afgelope paar jaar terugkyk, is dit nie net die koerant wat gegroei en verander het nie, dit is ook die hele Noord-Kaap wat lyk asof dit ’n nuwe baadjie aangetrek het. Upington het die afgelope twee jaar die begin van die Groen Kalahari-kanowedvaart gesien. Daar word met groot afwagting uitgesien na die nuwe winkelsentrum op Upington en Postmasburgers geniet al lank hul nuwe winkelsentrum. Nuwighede word om elke hoek en draai gesien en ou, geliefde sportklubs sluit ongelukkig, maar as een ding waar is, is dit dat die Kalahari Bulletin in die volgende jaar net gaan groei.
Wag om sy happie te vang ’n EENSAME voël sit rustig op ’n rots in die Oranjerivier en wag op ’n kans om ’n happie te vang. Etlike sekondes later is hy van sy rots gejaag deur die roeiers wat aan die Groen Kalaharikanowedvaart deelge neem het. Foto: Lizette Slabber
God sal ons nie verlaat Pieter van Zyl “MY God, my God, waarom het U my verlaat?” (Psalm 22:2, Matteus 27:46) Die psalmdigters het al vir baie mense troos gebring in moeilike tye. Hulle kom met deurleefde geloofsvertellings wat jou moed inpraat. Maar soms kom hulle ook met rou klagtes waarin hulle hul nood voor God uitstort, baie op dieselfde trant van die moderne mens wat God bevraagteken en selfs sy bestaan betwyfel. Christus self haal aan die kruis die noodkreet van Psalm 22 aan, omdat Hy op daardie oomblik die nood van alle tye en alle mense op Hom voel druk. In die tuin van Getsemané het Hy gesmeek dat die lydensbeker by Hom verby moet gaan. Tog word Hy gevang, beskuldig en veroordeel. Hy word gespot, gegesel en geminag. Die beskuldiging: dat Hy die Seun van God is. En dit is Hy. Die Skeppingswoord deur Wie God alles gemaak het, wat skeppingsmag oor alles het, wat Regter is oor alles, word in ’n mensehof ter dood veroordeel, oor Wie Hy werklik is. Ons staan vandag op die vooraand van die herdenking van sy kruisiging. Dit is Paastyd en tyd om weer stil te word van verbystering oor die gebeure in Jerusalem en op Golgotakoppie amper 2 000 jaar gelede. Wanneer die duister op Golgota toesak en
die aarde skud, herinner dit my aan die tye wanneer dit donker word om my, wanneer die aarde skud. Dit herinner my aan die tye wat ek gedink het God neem sy Hande onder my weg en my leefwêreld val inmekaar. Maar dan besef ek dat hierdie gebeure op Golgota direkte verband het met dit wat nou met my gebeur. Jesus het aan die kruis gesterf, sodat my sonde kan vergewe word. Hy het die volle skuld vereffen. Jesus het die dood oorwin, sodat ek uit sy opstandingskrag ook nuut kan lewe. Jesus was deur God verlaat, sodat ek en jy nooit deur God verlaat sal word nie. Ek kan Hom vertrou met dieselfde vertroue waarvan die psalmdigters ook getuig in Ps 22:31–32: “Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag. Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet word van hierdie verlossingsdaad getuig: die Here het dit gedoen.” Ook Psalm 23:1: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” Ek en jy kan deel wees van die nageslag wat die Here dien en vertrou, wat niks kortkom nie, omdat ons weet Hy is in beheer. In droogtetye, tye van siekte en kommer oor baie dinge, weet ons die Here sal ons nie verlaat nie. Jesus Christus is ons waarborg. ) Ds. Pieter van Zyl is leraar van die NG kerk op Kuruman.
MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.
Reisigers wys almal is nie eenders Annerie Louw MET die afskeidnemery van die oorbekende steeds in my kop durf ek verlede Dinsdagaand op pad na Amsterdam die agterdog van die doeanebeamptes op die OR Tambo-lughawe aan. Alles verloop seepglad, behalwe vir die alarm wat afgegaan het omdat ek my selfoon in my sak vergeet het. My hele lyf pyn van die spanning, moegheid en alleenheid toe ek baie vroegtydig gaan wag by die hek waar ek vir my vlug aan boord moet gaan. Om die tyd om te kry hou ek maar die verskillende reisigers dop. Jy kry die reisiger wat vroeg op die lughawe aankom, vroeg bagasie laat kontroleer en vroeg deur die doeane gaan. Hulle loop met mening na die hek van vertrek en sit en wag langer as ’n uur met ’n verstarde blik op die bord wat die vertrektye aanwys. Hulle soek angstig na die bestemming, maar dié is natuurlik nog nie eens op die bord nie. Dan blaai hulle sonder belangstelling of konsentrasie deur ’n tydskrif terwyl hulle eintlik op die bewegings rondom hulle konsentreer. Die tweede reisiger kom laat by die lughawe aan, staan in die drukgang van
ander laatkommers en vroetel verward deur al die sakkies aan die buitekant van sy handbagasie of rugsak op soek na sy paspoort en instapkaart. Sy kleredrag lyk nevermaaind en hy rits die baie klein sakkies aan sy rugsak oop en toe. Hy het nooit nodig om te wag nie, want hy hou hom besig met die op-die-nippertjie-dinge waarvan ander reisigers vooraf dubbeld seker maak. Dan is daar die selfversekerde, gereelde reisiger wat rustig in ’n dik storieboek sit en lees – Engels – want dit gaan die voertaal van sy bestemming wees, maak nie saak watter land nie. Die reisiger het sy paspoort en instapkaart in een spesifieke sakkie wat hy behendig en betyds op die regte bladsy vir die beampte oopflits. By die doeana rits hy ’n ander sakkie oop en verklaar sy vloeistofbotteltjies in ’n deursigtige sakkie. Sy skootrekenaar glip uit sy sak, gaan oop en sy selfoon, bril, gordel en paspoort land blitsig in die plastiekbakkie by die doeane. Geen alarm wanneer hy deur die verklikker stap nie.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Dapper meisie wag op nierskenking Lynn-Mari Olivier
DANIELLE JASMINE BRINK
DANIELLE JASMINE BRINK is ’n dapper negejarige meisietjie wat dringend wag vir ’n engel om ’n nier aan haar te skenk. Danielle bly in Wrenchville, maar reis gereeld na Kimberley en Bloemfontein vir behandeling. Sy het in 2007 siek geword en is in 2010 gediagnoseer. Wanneer klein Danielle in Wrenchville by haar ouerhuis kuier, is dit haar ma, Juliette Meyer, wat die klein lyfie met die dialise help. Haar ouma, Louisa Brink, sê dat op die dae wat Danielle gesond voel, sy ’n baie vrolike meisietjie is. Danielle se gesondheid is van so aard dat skoolgaan nie ’n normale aktiwiteit kan wees nie en sy was vanjaar slegs een dag by die skool teenwoordig. Met haar ontslag uit die hospitaal is sy bekroon as koningin vir ’n dag en op dié dag is daar aan haar gevra wat sy eendag wil wees as sy groot is. Sy het geantwoord dat sy graag eendag ’n ballerina wil wees. So sê haar ouma Louisa Brink. Danielle en haar ondersteuningsnetwerk wil graag al die kerke, almal wat vir hulle bid, die Laerskool Wrenchville en die hoof van die niereenheid in Bloemfontein vir hul volgehoue ondersteuning bedank. Diegene wat ondersteuning wil gee of ’n skenking wil doen, kan Louisa by 072-583-9314 of Juliette Meyer by 079-709-1507 kontak.
Sprekers inspireer op VLV-konferensie DIE jaarlikse VLV-konferensie (Vroue-Landbouvereniging) het onlangs op Vryburg plaasgevind. Dit was ’n spoggeleentheid waartydens Sirkel Kalahari se 80-jarige bestaan gevier is. Die sprekers Sheri Brynard en Susan Coetzer het die gehoor bekoor. Veral Brynard het emosie ontlok met haar pleidooi teen aborsie. As Down-sindroomkind het sy verskeie struikelblokke oorwin, ’n tersiêre kwalifikasie verwerf en hou tans as hulp-onderwyser by die Lettie Fouché-skool in Bloemfontein skool. ’n Rekordgetal van 25 lede van die VLV op Kuruman het die konferensie bygewoon en 12 lede het aan die kompetisies deelgeneem. Derde plekke is behaal deur Joeks Myburgh
vir blomme (75%), Tonna Delaney vir hekelwerk (80%) en Petro Spangenberg vir letterkunde (74%), terwyl ’n tweede plek deur Tilly Terblanche vir gebak (84%) behaal is. Tydens die geleentheid is Bessie Kriek van Kuruman vereer en bedank vir 50 jaar diens in die sirkelbestuur. Kurumanlede wat tans in die sirkelbestuur dien, is Tonna Delaney, Tersia Grobler en Petro Spangenberg as sameroepers van openbare sake, opvoeding en kultuur, asook landbou en tuinbou onderskeidelik. Die Kuruman-tak het die Liesbet Saaimantrofee vir betrokkenheid en die trofee vir algehele derde plek verower. Die Vryburgtak was in die tweede plek met Reivilo in die eerste plek as algehele wenner.
DIE droomtuin van Joeks Myburgh(81) van Kuruman wat binne ’n 60 cm x 60 cmruimte ge maak moes word. Sy het daarmee ’n derde plek behaal.
OP Saterdag 9 Maart is Lola Pieterse (née Engelbrecht) en Hansie Pieterse van Kuru man op die Santoshoofstrand op Mosselbaai in die huwelik bevestig.
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
FOCUS ON THE MINING INDUSTRY
PICTURED from the left are Llewellyn and Noleen Leibrandt, John Seretse and Nellie and Danny Leibrandt.
New business opens doors A BRAND-NEW laundry and dry cleaning business officially opened its doors on Friday, 1 March, in Kathu. Libra Laundry is one of Anglo American’s enterprise development arm Anglo Zimele’s projects aimed at providing financial and business assistance in creating sustainable small businesses in the community. The owner of Libra Laundry, Llewellyn Leibrandt, started with the business almost two years ago. His Anglo Zimele loan was approved at the end of 2010, but due to electricity shortages in town the business saw a lot of frustrations and unforeseen challenges. Llewellyn managed to start a laundry service in the Kathu industrial area, but only recently could set up a dry cleaning shop in the Shoprite Centre opposite Absa. With the guidance and mentorship of John Seretse, a local economic development practitioner of the Sishen Mine, the dream Llewellyn had of being a business owner became a reality. Says John: “Setting up a business is not child’s play. The business of business is a tough business. Despite
the stumbling blocks that crossed his path, Llewellyn has developed a lot personally and matured into a real businessman. He understands the art of patience to soldier on. I believe in Llewellyn and his business, just because I was there every step of the way and saw how he grew.” Libra Laundry offers laundry and dry cleaning services for mine apparel, leather products and duvet inners, to mention but a few. “My vision for this business is to be the best laundry and dry cleaning business in the region that provides friendly and efficient service. The opportunities that present itself within this region ensure that sustainable jobs will be created, we have increased from four employees, and currently we are at 20 employees,” says Llewellyn. According to John, it is the Sishen Business Hub’s mission to help Llewellyn obtain as many contracts as possible to keep the business sustainable. “Currently, Llewellyn has contracts with the Khumani Mine and the latest to be signed is with the Tshpi e’Ntle Mine which Libra Laundry started serving recently.
“We are hoping to extend it in the near future to Hotazel, Kuruman, Deben, Dingleton, Olifantshoek and Postmasburg. Our involvement does not stop when his business starts operating; we have his best interest at heart and want to see him and the business thrive.” The business was officially opened by his father, Danny Leibrandt of Butterfield Kathu, a business that was also previously funded by Anglo Zimele. Pastor Charl Isaac of the AGS Church in Kathu also blessed Libra Laundry before the cutting of the ribbon. “I want to thank Rina Botha and John Seretse of the Sishen Mine Small Business Hub for their valuable input, business acumen and encouragement, as well as my family and friends that supported me throughout the process. I am so grateful for this opportunity and believe that I will make a success,” Llewellyn concluded. Anglo Zimele and Kumba Iron Ore has once again practically demonstrated their commitment to empower entrepreneurs through loans as well as mentorship and training.
Honey project makes life sweeter ONE of Anglo American’s Kumba Iron Ore’s Local Economic Development (LED) projects, the Heuningpot Cooperative, has gone from strength to strength – or rather from sweet to super sweet – in its four years of existence. Last year was a good one for the project, as it was the first year that the project’s Organic Swarthaak Honey was harvested, totalling 1 000 kg of honey. Currently the project employs nine permanent staff members. At the end of 2012 the project also moved house, now closer to Kathu on the farm Marsh, next to the airport. The goal of the project is to create a sustainable business in the community where jobs can be created, said Oduetse Kolberg, LED practitioner at the Sishen Mine. “A total of 150 bees will arrive end March from Limpopo and this year’s harvest is expected to be four times more. As a result, more jobs will be created, in fact, jobs will be created for the disabled men and women from Deben to assist with the honey bottling, sealing and labelling after this huge harvest.The big picture is to see the Co-Op being listed in the Pick n Pay retailer programme and distributing organic honey to the selected Pick n Pay stores nationally.” Under the caring wing of Organimark, that markets the honey in local supermarkets and facilitates the listing and participation of the Co-Op in the national Pick n Pay retailer programme, together with Kumba Iron Ore who provides business support,
LODEWYK MELOKWE (left) and Abraham November from Heuningpot. the project has changed the lives of the employees forever. “I have received excellent information and training through this project on how to manage a business and how to manage finances. “I have learnt a lot about nature as well, and this enriched my personal life very much,” says Lodewyk Melokwe, chairperson of the Heuningpot. Driver Abraham November agrees: “Through this project Kumba has enabled me to reach heights I never thought would be possible. I am now a business owner together with eight other partners, and this enables me to provide much better for my family.” The community supports this initi-
ative wholeheartedly because they know this will yield career and training opportunities for their children. “Just like the bees have to mature, this business also has to mature. I am looking forward to the Heuningpot standing on its own feet and operating totally independent,” said Melokwe. Abraham would like to transfer the knowledge and skills that he has acquired at Heuningpot to one of his children so that they can also become involved in the project. “We have a wonderful job. As long as we follow the rules and procedures, no harm will come to us. “Thank you, Kumba, for investing in our lives and making it sweet,” Melokwe concluded.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
PLUS EARN POINTS
WEEKLY WINNERS
Product has been styled for photography
2999
4499 Bulk Stewing Beef (Bone in) per kg
PnP no nameTM Frozen Chicken Braaipak 2kg
2099 Each
Enterprise Back Bacon 250g
While Stocks Last
Equal to
2667
per 200g
Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg
7499 Bols Brandy 750ml
21
4000
49 Each
DairyBelle Choice Butter Salted 500g
Nescafé Classic Flexi Bag 150g
CASE PRICE
13699
Carling Black Label Non-returnable Bottles 24 x 340ml or Cans 24 x 330ml
NOW ONLY
15
79
BUY 2 FOR
BUYANY 2 FOR
2400 Fanta, Sprite or Stoney Assorted 2 litre
2899 SAVE 6.00
PnP 1 Ply White Toilet Tissue 9s
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Always there for you PRICES VALID 26 MARCH - 1 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERS IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES. smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88
(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1176547B_E
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Solo-uitstalling eerste in reeks DIE eerste solo-uitstalling van 2013 getiteld Gesprekke van Amanda Reyneke van den Berg hang nou in Maud’s Place in Schröderstraat en kan tot 13 April besigtig word. Gesprekke is ’n uitstalling van tekeninge uitgevoer in multi-mediums en minimalistiese palet, asook helderkleurige etse, ’n nuwe genrE waarmee sy onlangs begin eksperimenteer het. Die kunswerke op die uitstalling bevat ’n ‘storie-vertel’-gehalte wat daarop gemik is om die toeskouer aan te por om deelnemend sy of haar storie om die temas van die kunswerke te weef en sodoende deel van die gesprekke om die kunswerke te raak. Reyneke van den Berg se uitstalling is die eerste van nege solo-uitstallings wat elke maand in Maud’s Place gaan hang. “Om ’n solo-uitstalling te hou is moeilik. Buiten vir die ooglopende dat dit baie tyd en koste behels verg, dit ook moed, toewyding en ondersteuning van jou mense,” sê Ryneke van den Berg ’n Solo-kunsuitstalling maak inbreuk op roetines en stel eise aan ’n leefstyl. “As kunstenaar gaan jy deur emosionele fluktuerings, vertwyfeling en bevraagteken jy jouself, jou talent en jou vermoëns. Selfs jou oortuigings.” Dapper ontbloot die kunstenaar sy of haar siel aan die toeskouer en staan alleen voor die mening van die ingeligte en oningeligte enersyds. Daar is nie ’n groepsverband wat die kunstenaar beskerm nie of waarbinne sy of haar werk regverdig kan word nie. As kunstenaar gaan die mens deur groei wat slegs kan gebeur wanneer die pad van blootstelling gestap word. “Tog maak ’n solo-kunsuitstalling van ’n mens ’n afgeronde kunstenaar, dit bring verskuiwings in ’n mens se selfbegrip en moedig ’n
EEN van Amanda Reyneke van den Berg se kunswerke getiteld Vantage Point. mens aan om buite die grense van vorige idees, ondervindings en oortuigings te dink. Kuns bied ’n mens die geleentheid om uitdrukking te gee aan jou eie waarheid en oortuigings en daarvoor in die openbare oog te staan. “Kunstenaars skep ’n visuele rekord van lewenservarings ter herdenking aan die onvergeetlike en die alledaagse en gee ’n onsterflike gehalte aan mense, plekke en gebeurtenisse. “Om kreatief te wees is ’n intellektuele en emosionele stimulant. ’n Kunstenaar bevorder en stimuleer denke van verandering in hul onmiddellike omgewing, kultuur en beskawings deur uitdagende gedagtes, introspeksie en besprekings. “Onderwerp, kleur en tekstuur word gebruik om gevoelens te ont-
lok. Op die manier dien kuns as ’n katarsis of help ons om onderliggende gevoelens te ontbloot. Jou kunswerke stel jou in staat om perspektief te gee en begrip te verkry vir emosionele wroegings deur die abstakte gestald te gee na buite, op doek of papier. Verder moet ’n mens jou kuns geniet. Jy kan dit vermaaklik, uitdagend en insiggewend vind. Wanneer dit by die kunste kom, koop mense meer as net ’n skildery of ’n tekening. Hulle koop ’n ervaring, ’n assosiasie, ’n herinnering. Daarom kan die kunstenaar hom of haar nie emosioneel distansieer van die kunswerk wat as ’n verkoopbare produk aangebied word nie. Hulle deel ’n ervaring met die koper, nie net ’n geldelike transaksie nie.” Bel Reyneke van den Berg by 072210-8640.
The t n e d n indepe e h t f o voice y t i c r e Riv
Foto’s: Verskaf
AMANDA REYNEKE VAN DEN BERG
EEN van Amanda Reyneke van den Berg se kunswerke getiteld Made some Space.
Verf vrolik sentrum op PERSONEEL van die Small Enterprise Employers of South Africa (Seesa) (Edms.) Bpk. het op 15 Maart
die ACVV se Klenasobi-sentrum opgevrolik. Die Klenasobi-sentrum in Freedom
MONIQUE MÖLLER verf opvoedkundige in ligting op ’n vullisdrom.
Square bied verskeie dienste aan inwoners. Die naam Klenasobi is saamgestel uit die woorde KLEuterskool, NAsorgsentrum, SOpkombuis en BIblioteek en dit verduidelik presies wat in die sentrum gebeur. Seesa het swaaie, vullisdromme en tafels van die sentrum met helderkleurige verf opgevrolik om só aan die gemeenskap terug te gee.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
9
DIE personeellede van Seesa het soms self onder die verfkwas deurgeloop. Van links is Monique Möller, Tinus Jansen van Vuuren, Veruschka van Zyl, Kal Louw, Beané Struwig en André de Beer. Foto’s: Verskaf
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
DIE SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington groet genl. Riah Piyega, nasionale polisiekommissaris, op ’n tradisionele Vendamanier in hul tradisionele Vendadrag. Foto: Anena Burger
Kulture só uitgebeeld OP die nasionale Polisiedagviering wat op Upington plaasgevind het, moes elke gebiedsafdeling ’n tradisi-
onele Suid-Afrikaanse kultuur uitbeeld. Daar was 16 kultuur-uitbeeldings
AO. MARINA BREWIS (links) en lt.kol. Ronell Visagie groet genl. Riah Piyega (regs). Foto: Verskaf
en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington het die Vendakultuur uitgebeeld. Die Upington-gebiedsafdeling se taakspan het sonder ophou aan die kultuurdag gewerk. Daar was uitbeeldings van kleredrag, ornamente, gebruiksartikels en ook tradisionele kos. Verskeie Upingtonners wat van Limpopo af kom of met mense van Limpopo getroud is, het die SAPD gehelp om die kultuur, kleredrag en tradisies reg voor te stel. Veral Erasmus Nengome, sy vrou, Cecilia Nofemela, en hul twee kinders het ’n groot bydrae gelewer. Cecilia het baie gehelp om tradisionele drag in die hande te kry en die SAPD-lede met hul danspassies gehelp. Ndivhuwo Grace Rakhalaru van Paballelo het die SAPD met die voorbereiding van die tradisionele kos gehelp. Danksy haar kundigheid het hulle van gewone pap tot suurpap, marog met neute, gesmoorde mopaniewurms met tamatie-en-uiesmoor, pampoen met pap, tradisionele bier, gebraaide neute, grondboontjies, gekookte mielies en stampmielies voorgesit. Daarby is lekker vars vrugte soos lietsjies, mango’s, piesangs, avokado’s en lemoene bedien. Die groot hoogtepunt was egter die Venda-“biltong” . . . mopaniewurms. Die Venda-tee, die lietsjiesap en die mopaniewurms het baie mense na die stalletjie gelok.
DIE tradisionele Vendageregte wat met die hulp van Ndivhuwo Grace Rakhalaru voorgesit is. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
PRIVATE HOME SALE: Modern. Yard 1 200 sq m. 3 bedr, 2 bathr kitchen, scullery, TV/dining-room with lounge. Swimmingpool, brand-new lapa/enter. Plus big flat with R7 500 income. Phone 053 712 0246.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
OP SOEK NA 'N betroubare huishulp wat kan kook en huishoudelike pligte kan verrig. Moet kan inslaap. Buitekamer met stort beskikbaar. Moet bankrekening in eie naam hê. Skakel 072 482 5406 na 17:00. SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.
Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
LABRADOR-/GREAT DANE-KRUISING: Dierbaar, 5 maande oud. R500. Skakel 084 651 3000.
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. SUKKEL JY? BEL VIR TOBIE! Noem dit en ek doen dit! 'Dry walls', plafonne, teëls, verf, muurpapier, plaveisel, ens. Skakel 072 056 6504 of 053 712 2338. junox109@gmail.com
DE HOEK OORNAGKAMERS KURUMAN. R300 per nag. Skakel Dirk 079 877 7134.
VW CADDY BAKKIE: 1998 model. Very good condition. 18" mags and sound. Phone 074 222 8369 or 084 219 6605.
TOYOTA COROLLA 1.6 GLS, 2006. 120 000 km. Skakel 082 438 3960.
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10, Kuruman.
42-VK M-stoor. Industriële gebied, Kuruman. Huur R1 600 p.m. Skakel 083 524 4995.
1-SLAAPKAMER-woonstel te huur teen R5 000 p.m. Water en ligte ingesluit. Skakel 083 448 9125. BACHELOR FLAT (large), suitable for 2 adults. Only R4 500 p.m. Phone 079 573 6003. Upington: Middelpos. 2 slk, lugr, enkelpersoon, geen troeteldiere. R3 000 p.m. (elek. uitgesl) plus dep. 076 195 9475. WOONSTEL te huur: R4 900 p.m. krag en DStv ingesluit. Sentraal geleë en loopafstand van dorp. Skakel 084 800 7779.
SOEK, KOOP, VERKOOP
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
13
Juffrou groet DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) neem hartseer afskeid van Karlien van Schalkwyk, een van die skool se geliefde onderwysers. Juffrou Karlien het die afgelope nege jaar aan die LSK skoolgehou en het ’n passie vir wat sy doen en ’n liefde vir haar kollegas en leerlinge. Sy gaan haar nou op Upington vestig en die LSK-leerlinge is dit eens sy gaan baie gemis word.
KARLIEN VAN SCHALKWYK met die blomme en bal lonne waarmee sy voorspoed toege wens is.
DIE gr. 7leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas saam met hul geliefde juffrou, Karlien van Schalkwyk.
Foto’s: Verskaf
Klub se uitstappie bring pure plesier DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) se LSKklub hou elke kwartaal ’n heerlike leer-en-kenmekaaraktiwiteit.
In die eerste kwartaal het die leerlinge die somerson op Lake Grappa vir ’n bietjie pret en plesier aangepak. Hulle het meer oor
VAN links is Ke nielwe Kaptein, Anyah Cloete, Oteng Nouse en Michaelar Barlett tydens een van die Bybellesse.
God geleer en die belangrikheid daarvan om Hom eerste in jou lewe te stel. Daarna was dit tyd vir ure se plesier in die water.
DIE onderwysers van die LSKklub het hul eerste vuurdoop – of is dit nou skuimdoop – gehad. Chrismari Visser (links) en Nicolene Olivier het heerlik saam met die leerlinge gebaljaar. Foto’s: Verskaf
DIE LSKklub word vir al die gr. 4 tot gr. 7leerlinge aangebied en dit is elke kwartaal ’n hoogtepunt op die skool se program.
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Markdag baie vermaaklik DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het se gr. 6-leerlinge het in die eerste kwartaal hul markdag gehou en allerlei interessante eetgoed verkoop.
WAT skuil alles in Franco Engels (links) en Dawie Hayes se “Lucky Boxes”?
LARAMARI GELDENHUYS (links) en Miandele Joubert is nes goeie verkoopsdames uitgevat vir ’n oggend van dolle verkope. Foto’s: Verskaf
HIERDIE narre lyk dalk snaaks, maar vir hulle is hul verkope ’n ernstige ding. Van links is Braam Nel, Nelius de Jager en Marceau Olivier.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
15
Jan-Willem nederig oor sy sukses As sportster aangewys
JANWILLEM NEL in aksie op die atletiekbaan.
Lizette Slabber JAN-WILLEM NEL (15) van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas is as Kalahari Bulletin en SuperSport se Let’s Play Sportster van die Maand gekies vir sy puik prestasies in atletiek en skiet. Hy blink ook in rugby en tennis uit. Jan-Willem is ’n uitmuntende skut – hy het in 2011 Suid-Afrikaanse kleure in dié sportsoort verwerf. Hy het in 2013 in atletiek gepresteer. Hy het aan die NoordKaapse atletiekkampioenskappe deelgeneem waar hy ’n bronsmedalje in die 100 m en ’n goue medalje in die 200 m ontvang het. Hy is ook as lid van die NK-span vir deelname aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Oos-Londen (en verkry dus provinsiale kleure vir atletiek) gekies.
Foto: verskaf
Louise Steenkamp, sportorganiseerder aan die HMO, het die volgende oor die jong man te sê: “Ons ervaar JanWillem as ’n baie nederige sportman wat glad nie met sy prestasies te koop loop nie. “Hy is baie entoesiasties oor sy sport. Hy is uiters gedissiplineerd en oefen baie getrou. Dit getuig van sy uithouvermoë en selfdissipline. “Hy is ’n baie aangename leerling wat altyd vir sy medeleerlinge tyd maak en het die hoogste agting en respek van die personeel. Hy is gelief onder sy medeleerlinge, koshuismaats en personeel.” Jan-Willem se leuse is: Oefen en werk hard. Bly nederig en onthou dat jou Skepper groter is as enige van jou teenstanders en dat jy slegs deur in Sy naam te kompeteer die wenstreep, sowel as jou sukses, kan be-
haal. Stuur jou sportsterbenoeming vir leerlinge tussen ses en 18 jaar vandag (benoemings wat voor die 20ste van elke maand ontvang word, sal in daardie maand se keuse ingesluit word). Jy kan jou benoeming faks na 086-552-4922 of e-pos na supersport@zpr.co.za. Inskrywings is gratis. Bel Lynne Landman van Z PR by 051-430-3027.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 MAART 2013
Verskeie skole op kliniek Lizette Slabber
JANWILLEM NEL
Foto: verskaf
Jan-Willem na SA’s JAN-WILLEM NEL, ’n leerling van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas, is gekies om as deel van die Noord-Kaap-atletiekspan aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap deel te neem. Jan-Willem gaan aan die 200 m vir seuns o.15 deelneem. Hy is een van slegs vier atlete van die Siyanda-distrik wat vir dié span gekies is. Hy het op die Noord-Kaap-byeenkoms in Kimberley die goue medalje in die 200 m gewen sowel as ’n bronsmedalje in die 100 m, seuns o.15.
DRIE leerlinge aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas is gekies om as deel van die NoordKaapse tennisspan aan die SuidAfrikaanse tenniskampioen skappe deel te neem. Al drie dié spelers het reeds voorheen hul provinsie verteenwoor dig. Van links is JoMarie Hayes, Gerber van Rooyen en Carli Brand. Foto: Verskaf
DIE derde Elsie Coetzer-hokkiekliniek is verlede week van 20 tot 23 Maart op die Hoërskool Upington se hokkievelde aangebied. Die Hoërskool De Aar, die Hoërskool Namakwaland op Springbok, die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas, die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington, sowel as ’n gekombineerde laerskolespan van Upington, het die kliniek bygewoon. Die eerste drie dae is werksessies oor afrigting, die rol van die doelwagter en spanbou aangebied. Daar is elke middag wedstryde gespeel. Saterdag is afgesluit met die topspelers wat gekies is om in twee spanne die eindstryd teen mekaar te speel.
EEN van die Hoërskool Upington se spanne wat die hokkiekliniek bygewoon het, is, voor: Chantelle van Niekerk; van links, middel: Raquelle Steenkamp, Veronique Vorster, Marina Goussard en Guanita Bok; agter: Madelein Victor, Lindsy Loots, Ciske van Niekerk, Carla Kuys, Elandie Hanekom, Liné du Plessis en Maralé Hoft. Foto: Lizette Slabber