Kalahari Bulletin 29 November 2012

Page 1

29 NOVEMBER 2012

VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG

GRATIS

TEL. 054­331­3482

Nog vyf parke opgerig Eskom wil 5 000 MW se krag hier opwek Lizette Slabber

Vonkel nou as Mnr. Twinklestar DIE nuwe Mnr. en Mej. Twinklestar is die naweek gekies. Lees volgende week se Kalahari Bulletin vir meer foto’s en gaan kyk ook op ons webtuiste, www.kalaharibulletin.co.za, se fotogalery vir ’n klompie foto’s. Van links is Rolan Louw (tweede prins), Kyle Barendse (Mnr. Twinklestar) en Vaughn Heydenreich (eerste prins). Foto: Anena Burger

UPINGTON gaan binne die afsienbare toekoms vyf gekonsentreerde sonkragparke (CSP) hê en nie net die een soos wat aanvanklik verwag is nie. Eskom beoog om drie gekonsentreerde sonkragparke te bou. Hulle is klaar besig met die beplanning van ’n CSP wat 100 MW sal opwek en in die middel van die gebied lê. Daar is egter reeds beplan vir twee CSP-parke wat in die toekoms aan weerskante van dié een gebou kan word. Die Spaanse maatskappy Abengoa het reeds met bouwerk aan sy park begin en die departement van energie beplan om aan die oostekant van die Eskom-park self ’n gekonsentreerde sonkragpark op te rig wat tot 1 000 MW sal opwek. Zitholele Consulting het ’n reeks openbare vergaderings van Kuruman tot op Kakamas belê om die omgewingsimpakstudies oor die sonparke en die kraglyne, wat die krag na

die Eskom-netwerk sal vervoer, onder die aandag van die publiek te bring. Volgens André Joubert van Zitholele Consulting is Eskom van plan om tot 5 000 MW met sonkrag hier op te wek. Die eerste van Eskom se drie gekonsentreerde sonkragparke sal ongeveer 100 MW opwek en behoort teen 2016 in werking te wees. Om al die krag na die Eskom-netwerk te vervoer, moet verskeie 400 kV-transmissielyne en 132 kV-distribusielyne opgerig word. Een 400 kVlyn kan ongeveer 1 200 MW hanteer. . ’n Gekonsentreerde sonkragpark bestaan uit ’n veld van spieëls wat hitte op ’n toring konsentreer. In die toring word die hitte gebruik om stoom te maak wat dan weer elektrisiteit opwek. Eskom se gekonsentreerde sonkragpark sal 800 ha groot wees, uit 15 000 sonpanele bestaan, met ’n toring van 300 m hoog. . Lees berigte oor die impak van dié kraglyne en sonkragparke op bl. 3.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

Eskom lig in oor hoër pryse Lizette Slabber

Verf skoolgebou vir 2013-skooljaar ’n SPLINTERNUWE sikspens wag op die leerlinge van die Gekombineerde Skool Rietfontein. Die departement van openbare werke verf die skoolgebou en herstel al die toilette. Daarby word meganismes aangebring om vandale en morsjorse te stuit. Foto: Verskaf

Twee gevonnis Anena Burger TWEE verkragters is in die streekhof op Upington onderskeidelik tot 15 en 8 jaar tronkstraf gevonnis. Luidens ’n verklaring deur die polisie het Piet van Wyk (56) verlede jaar ’n 32-jarige vrou van Raaswater buite haar woning verkrag. Hy is 15 jaar tronkstraf opgelê. In ’n ander geval het Demixolo Faku (36) in 2010 ’n 20-jarige vrou voor haar jong kinders verkrag. Hy is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir drie jaar.

ESKOM het Upington verlede week besoek as deel van ’n reeks openbare vergaderings om sy prysverhogings vir die volgende vyf jaar bekend te stel. Eskom het as deel van sy Multiyear Path Determination Path (MYPD3 – omdat dit die derde aanbieding is) voorgestel dat Suid-Afrikaners oor die volgende vyf jaar jaarliks 16% meer vir hul krag moet betaal. Die MYPD3 is aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) voorgelê en as Nersa dit goedkeur, sal dit van April 2013 tot in 2018 in werking gestel word. Volgens Lodine Redelinghuys van Eskom betaal die huidige kragpryse nie die volle koste om elektrisiteit te verskaf nie, maar Eskom besef dat prysverhogings veral klein ondernemings en die armste mense baie swaar tref. Daarom probeer hy om met dié 16%-verhoging ’n goeie balans te vind. Om klein ondernemings en arm

mense te beskerm is subsidies ingestel. Dit beteken nie almal sal ’n 16%-verhoging hoef te betaal nie. Munisipale tariewe sal met 13% jaarliks verhoog, stedelike, kommersiële en nywerheidseenhede sal 21% meer vir krag betaal, terwyl landelike en landbou-eenhede slegs ’n 15%-kragverhoging sal hê. Die laags besoldigde groep wat net 20 A gebruik, sal 1% minder vir krag betaal, terwyl gewone huishoudings ’n prysstyging van 14% sal ervaar. Een van Eskom se groot probleme is die meeste van sy kragopwekkingsgeriewe is al oud en die onderhoud daarvan raak baie duur. Daarom bou hy vyf nuwe kragopwekkingsgeriewe. Twee sal steenkool gebruik, een pomp water in lae kragverbruiktye op en laat dit deur turbines afhardloop in hoëgebruikstye. Die ander twee is herwinbare energieparke: ’n sonkragpark by Upington en ’n windkragpark in die Wes-Kaap.

Vrou wreed vermoor Anena Burger ’n VROU (22) van Rosedale op Upington het verlede Dinsdag omstreeks 05:30 aan haar beserings beswyk nadat sy vermoedelik met ’n mes en ’n hamer in die woonbuurt aangeval is. Roxanne Tieties, wat ’n werknemer van Elron Motors op die dorp was, is wreed aangeval. Luidens ’n verklaring deur kapt. Jacques September,

woordvoerder van die polisie, het ’n lid van die publiek die polisie ontbied. September sê Tieties het ook wonde aan haar gesig opgedoen. September sê die identiteit van die vermeende aanvaller is aan die polisie bekend en hy sal binnekort in hegtenis geneem word. “Die polisie het beslag gelê op wat moontlik die moordwapens kan wees: ’n hamer en ’n mes,” het September gister gesê.

22 / 32

22 / 28

21 / 26

NW – 20

NO – 30

NW – 35


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

3

Vergaderings skep bewustheid Lizette Slabber ZITHOLELE CONSULTING en Eskom het van 19 tot 21 November ’n reeks openbare vergaderings van Kuruman tot Kenhardt gehou om die impak van die beoogde sonparke en kraglyne wat die sonparke met die Eskom-netwerk gaan verbind, onder die publiek se aandag te bring. Die departement van energie beoog om ’n gekonsentreerde sonpark (CSP) van 1 000 MW net oos van die Eskom-CSP op te rig wat 100 MW kan opwek. Abengoa se CSP is net wes van die Eskom-CSP. Die Eskom-CSP en die departement van energie se CSP sal teen 2016 in produksie wees, maar die huidige kraglyne sal teen 2016 net ’n ekstra 150 MW na die Eskom-netwerk kan afvoer. Daarom is dit nodig om een 400 kV-kraglyn na die nuwe Nieuwehoop- (noordoos van Kenhardt) substasie te bou, sowel as twee 400 kV-kraglyne na Aries (suidwes van Kenhardt) en een 400 kV-kraglyn na Ferrum (Kathu). Daarby moet ’n nuwe substasie by die sonparke gebou word waarvandaan krag na die ander substasie afgevoer sal word. Verskeie 132 kV-kraglyne sal die sonparke met die sonpark-substasie en die Gordoniasubstasie verbind. Zitholele Consulting is al van Oktober 2011 besig om die impak van die sonparke, substasies en kraglyne op die omgewing, plantegroei, grond, diere- en voëllewe, water en mense te ondersoek. Om die impak so klein as moontlik te hou het Zitholele Consulting en Eskom vir elke 400 kV-kraglyn drie moontlike liggings voorgestel. Wanneer al die impakstudies klaar is, sal die posisie met die kleinste impak gekies word. In dié reeks vergaderings het hulle die publiek se vrese en gevoelens rondom die sonkragprojekte getoets om in hul verslae in te sluit. Hulle het ook die publiek se mening oor die beste ligging vir die kraglyne getoets. Dit sal ook in berekening gebring word met die finale besluit oor waar die kraglyne sal wees. Teen Junie 2013 sal die finale ontwerpe voltooi wees. Grondonderhandelinge behoort teen September 2014 afgehandel te wees waarna bouwerk in Oktober 2014 sal begin en twee jaar later voltooi sal wees.

DIE vyf gekonsentreerde sonparke (CSP) wat naby Upington gebou gaan word. Die Abengoa-CSP, die Eskom-CSP en die departement van energie se CSP is in geel gemerk. Die toekomstige twee Eskom-CSP-terreine is al geïdentifiseer, maar sal eers later ’n werklikheid word. Grafika: Johan de Beer

Impak kan groot wees Lizette Slabber DIE bou, instandhouding en bestuur van die sonparke, kraglyne en substasies kan ’n baie groot impak op die voël- en dierelewe, mense, plantegroei, grond en water van die omgewing hê. In Zitholele Consulting se omgewingsimpakstudie wat van 19 to 21 November in ’n reeks openbare vergaderings bespreek is, word daar egter ’n reeks versagtende maatreëls voorgestel waaraan Eskom moet voldoen om die impak te verklein. Van die probleme wat kan ontstaan tydens die bou en bestuur van die kragtorings is die verlies aan plantegroei en die blootlegging en kompaktering van grond. Volgens Warren Kok van Zitholele Consulting is hulle bewus daarvan dat die grond in dié omgewing baie vlak is en baie min nutriënte bevat en dat plantegroei nie van nature sal hervestig nie. Van die versagtende maatreëls wat hulle hiervoor voorstel, is om slegs plantspesies te verwyder wat ’n gevaar inhou vir die veiligheid van die kraglyne. Daarby is daar 23 soogdiere, 17 reptiele en 39 geleedpotiges geïdentifiseer wat in die om-

gewing woon. Van hulle is twee rooidata-spesies en is daar ook vier rooidata-plante wat hier voorkom. Daar is ook 18 rooidata-voëlspesies (meestal roofvoëls) wat hier woon. Van al dié spesies sal voëls die meeste beïnvloed word. Voëls vlieg in die drade vas en word doodgeskok. Volgens Kok het Eskom spesifieke tegnologie wat voëls daarvan weerhou om in die drade vas te vlieg en het hulle voorgestel dat dit geïmplementeer sal word. Die impak van ’n groot aantal konstruksiewerkers wat hierheen sal kom tydens die bou van die kraglyne en sonparke op die Upingtonse mense, kan egter veel groter wees. Hul studies het getoon dat buiten vir die groot druk op die dorp se infrastruktuur, lei ’n grootskaalse toename in mense tot verhoogde misdaadvlakke, afname in tradisionele waardes, die toename in seksueel oordraagbare siektes en die verlies aan werkers. Kok sê: “In die verlede het ons gesien mense los hul werk om by die nuwe projekte te gaan werk. Ná ’n jaar of wat is die projek voltooi en binne twee jaar is dié mense op welsyn.” Om die probleem op te los gaan hulle aanbeveel dat plaaslike mense aangestel word en slegs werklose mense.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

Geloofsanker hou jou positief

IN die veld op Sans Souci Safari’s, Alec en Lynette Whitehead se plaas in die Kalahari waar Elizma Theron onlangs getroud is. Foto: Stefan Louw

Waardeer die steun, gebede PIETER GROVÉ, Kuruman: EERSTENS, aan al die bekendes en onbekendes wat vir ons gebid het, en nog steeds bid, baie dankie. Aan my vrou, Dalene, ouma Kola en kinders, dankie vir jul ondersteuning en bystand. Aan Gerrit en oom Swannie wat Dalene met die veiling se voortbestaan help, dankie. Fanus, jou bystand die dag met die vonnis en daarna, baie dankie. Andries en Dorothy Kruger, julle is sterre. Hennie Booysen, as ek jou as persoon te na gekom het, vergewe my, asseblief, soos ek jou en almal vergewe het. Groete aan almal wat my ken. Jesus is met my. (Romeine 8:31-39)

volg ons die middeweg deur almal wat ons pad gekruis het te bedank. Nietemin wil ons graag aan die personeel, ouers en leerlinge van die Laerskool Kuruman dankie sê. Julle was ongelooflik en die ondersteuning wat ons van julle ontvang het, sal ons nooit vergeet nie – maar koester. Ons verlaat Kuruman met ’n seer hart. Dit ons wens om nie ’n formele of amptelike afskeidsgeleentheid te hê nie, omrede Kuruman nooit uit ons hart en gedagtes sal wees nie. Ons gebede vir die Laerskool Kuruman en gemeenskap is dat God met julle sal wees en dat daar vir Kuruman ’n bloeitydperk en vooruitgang sal wees. Ons groet julle.

Groet hartseer Dankie vir hulp ná 31 jaar TOM VAN STADEN, Kuruman: GRAAG wil ek en my vrou, Elize, almal in die gemeenskap wat ons lief en leed gedeel het, selfs skouers geskuur het, groet en bedank vir ’n leeftyd met hoogte- en laagtepunte. Om ná 31 jaar jou wortels uit te trek gaan nie maklik wees nie, maar omstandighede het ons laat besluit om aan te beweeg en ’n nuwe toekoms elders te begin. Om iemand spesiaal te bedank gaan onregverdig wees. Daarom

DIANA, Kuruman:

NAMENS Herman en die kinders wil ek vir almal dankie sê wat op Maandag 19 November verbete geveg het om ons huis te red. Al het ons ons huis verloor, het daar soveel mense na vore gekom en gehelp. Dankie vir almal wat gehelp het dat ons weer ’n plek het om te bly, elke SMS, elke oproep, elke gebed, elke BBM. Dankie vir die drukkies. Dit is lekker om te weet dat ons in so ’n omgeegemeenskap bly.

HOE gaan ’n mens al die negatiwiteit kan hanteer? Elke leser van die koerant beleef daagliks negatiewe dinge om hom. Hy hoor en lees van diefstal, van moord, van korrupsie. Hy beleef daagliks misdaad – net in verskillende grade van verskrikking. Wanneer jou ou baadjie uit die motor gesteel word, is dit nie so erg nie. Maar wanneer jou motor se ruit uitgeslaan word en jou skootrekenaar met jou selfoon, persoonlike kaarte en kamera gesteel word, is dit ’n perd van ’n ander kleur. Of wanneer by jou huis ingebreek word en jou waardevolle besittings gesteel word. Of as iemand wat jy ken ’n onbesonne daad van diefstal pleeg, wonder jy wat het van die mens se waardes geword. Lesers neem gereeld van moord in

koerante kennis. Wanneer die moord deur ’n onbekende in ’n ander provinsie plaasvind, raak dit jou dalk nie so erg soos wanneer dit op jou eie dorp plaasvind met mense wat jy ken nie. Die hartseer wek negatiewe gevoelens. ’n Mens lees en hoor ook van molestering of van gesinsgeweld en die skokkende nuus laat jou in opstand kom. Dan hang daar daagliks ’n korrupsiewolk oor die land, oor die provinsie en oor die dorp. ’n Mens neem kennis van belastinggeld wat so onreëlmatig bestee word terwyl dienste heeltemal stilstaan. Van tenderbedrog, van skelm transaksies wat aangegaan is. Bestaan daar nog ’n begrip soos waardes? Hoe kan ’n mens nog enigsins positief bly? Net as jy aan ’n baie sterk geloofsanker vashou.

Drie weke Laat Kersfees mense om jou in hul fokus regkry te skryf André de Villiers

Annerie Louw SKRYWERS het nog drie weke oor om aan die skryfkompetisie van die Kalahari Bulletin deel te neem. Die kompetisie behels die skryf van ’n gedig van ses versreëls met die tema Kersfees. Die gedig moet oorspronklik wees en nie meer as ses versreëls nie. Faks inskrywings na 053-712-0303, e-pos dit na annerie.louw@volksblad.com of lewer die skryfwerk by die kantoor van die Kalahari Bulletin in Hoofstraat af. Die wenner wen ’n hardeband-eksemplaar van Kuier in ’n Plaaskombuis deur Nico Moolman (verkoopprys: R239,95.) KERS’WEES’FEES deur Pieter de Bruyn Is kersfees Kersfees? Of is kersfees Cristusfees ? Of is dit dalk Kers’wees’fees? Wie gaan almal by jou tuis wees? Is kersfees Kersfees of is dit Christusfees? Maak Kersfees weer Christusfees anders bly jy wees!

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

ELKE Kersfees is die kerke volgepak. Die vraag is: waarom daardie een dag? Wat doen Kersfees méér om op daardie dag tot mense te spreek? Irenaeus was ’n Katolieke priester en het tussen 115 n.C. en 200 n.C. geleef. Hy was een van die belangrikste teoloë van die vroeë kerk. Een baie bekende spreuk van hom was: The Glory of God is a human being fully alive. Hy beklemtoon dat dit vir God om die mens gaan. Hy wou sê wanneer die mens sy volle potensiaal ontwikkel, raak die wêreld opgewonde oor God se goedheid en grootheid en word Hy meer geëer, kry Hy al hoe meer die erkenning wat Hom toekom. Waarom is Jesus gebore? Waarom Kersfees? As ons die vraag vir Jesus sou vra, wat sou Hy antwoord? In Matt. 11:28 – 30 nooi Hy Sy navolgers om na Hom te kom en Hy sal hulle rus gee. Dit bedoel glad nie ’n passiwiteit nie. Die vertaling The Message stel dit pragtig: Matt. 11:28: Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. (29) Walk with me and work with me – watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. (30) Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly. Jesus wil ons help om waarlik “vry” te lewe; dit wil sê sonder sorge en laste, sonder dinge wat ons terughou, om die lewe ten volle te geniet. Ja, ons het ons verantwoordelikhede in die lewe, maar Jesus bedoel meer die dinge wat ons innerlik inhibeer. Daar is soveel dinge wat mense verhinder om voluit te lewe. Ons

verlede verhinder ons. Ons skaamte verhinder ons. Ons kulturele erfenis verhinder ons. Sommige (verkeerde) godsdienstige oortuigings verhinder ons. Om die mens te word wat waarlik vry is, het ons ’n algehele innerlike transformasie nodig. Weer uit The Message lees ons in Rom. 2:4 – God is kind, but he’s not soft. In kindness he takes us firmly by the hand and leads us into a radical life-change. Wat behels die lewensverandering? Ek noem enkele moontlikhede: . Geloofsvorming is ’n lewenslange reis saam met Jesus. Dit is nie net ’n oornag-bekering nie. Ons verander daagliks. . Geloofsvorming is ’n proses van radikale innerlike transformasie wat op diens aan die naaste uitloop. . Dit gaan oor ’n eerstehandse ervaring van Jesus, om eerstehands by Hom te leer. Dit gaan nie oor wat boeke van Jesus sê nie, of selfs hoe ander oor Hom getuig nie. Dit gaan oor ’n outentieke, persoonlike belewenis van Hom. . Ons moet ’n nuwe lewensritme en nuwe gewoontes aanleer. Ons moet breek met gewoontes wat ons verhinder om tyd met Jesus te bestee. . Dit is ’n lewenslange proses van in-oefening. Dit is soos ’n atleet wat baie ure moet bestee om eindelik sukses te behaal. Dit kom nie oornag nie. Mag die Kersfees my en jou weer help om te fokus op die lewensverandering wat ons moet ondergaan as navolgers van Jesus, die Koning, wat vir ons gebore is.

Hond se kind se toekoms berus nou by Belangrikste Annerie Louw “EK wil nie weer ’n hond hê nie,” was Dierbaarste se woorde toe ons weimaraner in September op 12-jarige ouderdom dood is. Seker omdat ons so lief vir haar was en ons haar einde moeilik verwerk. Ek hoor nou nog haar fyn tjankgeluidjies wanneer sy wil uitgaan of haar toonnaels trippel op die teëlvloer wanneer sy kos soek. Nou het Meneer aan die begin van November ’n hondjie by een van die leerlinge vir sy verjaardag

gekry. Die dierbaarste klein Jack Russell-foxterrierdingetjie in wit met ’n swart ring om sy stert. Hoewel Meneer erg beïndruk met die hondjie was, het hy tuis oor die gevolge gebrom. Nogtans het hy hom Frodo gedoop en slaap die hondjie heerlik op sy skoot. Frodo het sedertdien die hele huishouding omvergewerp. My

skoene kan ek nie meer uitskop en daar los nie, want sy skerp tandjies maak skade oral waar hy kou. So gaan dit met elke ding wat hy op die grond beetkry. Ek kyk nie meer televisie nie, maar vir Frodo dat hy nie plassies in die huis maak nie. Met ons kuier in die Kalahari Vrydagaand was Frodo saam ondanks Dierbaarste se teenkanting. Gelukkig het ek die Amsterdammers, Mooiste en Belangrikste, aan my kant gehad en kon Frodo se rooi neusie van groot genot op Vanzylsrus se rooi sandduin getuig.

Ek stem saam met Dierbaarste dat Frodo ons rondritsery na ander plekke sal demp, want óf hy moet by iemand agterbly, óf hy moet saamgaan, ’n keuse wat weer sy eie gevolge het. Almal dink nie altyd ’n ander mens se hondjie is so oulik nie. Veral as hy nog huismaniere moet leer. Natuurlik is Belangrikste se mening ’n faktor. Behalwe dat hy haar rokkie geskeur het toe hy met sy skerp tandjies daaraan gehang het, hou sy nogal van hom. Sy kan ook nie meer vir hom op die bank vlug

nie, want met sy skerp naeltjies hys hy hom teen die bank op. As hy egter eers bo is, lê hy doodstil langs haar asof hy weet hy is op verbode terrein. Sy knor en sy blaf verskaf die grootste vermaak. Hy blaf met sy hele vet lyfie en niemand kan die knor ernstig ag nie. Of hy in die Louws se huishouding gaan bly, hang alles van Belangrikste af. As sy vir Frodo wil hou, bly hy. Soos ek haar en Dierbaarste dophou, gaan Frodo bly.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

5

Musiek bring kerke byeen Annerie Louw PRAGTIGE blomme met kerslig het gemeentelede en besoekers in die voorportale van die kerk begroet. Die NG kerke, die Moedergemeente en Die Oog, het die afgelope Sondag hul gesamentlike Kerssangdiens gehou. Die pragtige sang van verskillende groepe het die stampvol kerkgebou gevul. Ou gunsteling-liedere is afgestof en smaakvol musikaal aangebied. Die twee predikante van die gemeentes het die sang met voorlesings afgewissel om saam met gemeentesang die geboorte van Jesus te herdenk.

ELMA VAN WYK begelei die Laerskool Seodin se junior koor. Die solis Kobus van Wyk het die jong stemme in die koor met sy pragtige stem aangevul. Foto’s: Annerie Louw

HENZEN DE KOK, koster van die NG Moedergemeente Kuruman, het vanjaar die blomme vir die Kerssangdiens gedoen. De Kok sê hy is lief vir verskillende kunsvorme. “My ma het my vertel dat ek my eerste kunskompetisie in ’n tydskrif op 6-jarige ouderdom gewen het”. Hoewel hy ’n rukkie saam met sy pa op Marchand geboer het, is hy in die gasvryheidsbedryf bekwaam. Hy het ’n diploma in hotelbestuur en ’n kleinsakebestuursertifikaat waarmee hy onder meer in Durban, Kemptonpark en Upington gewerk het. Hy het ook ’n beradingsertifikaat verwerf. Sedert Junie is hy ’n gelukkige Kurumaniet, want hy glo ’n plek is wat jy daarvan maak. Hoekom Kuruman? “As gelowige laat ek my deur my Skepper lei,” sê De Kok.

DIE kriptoneel is deur kinders in die Kinderkrans voorgestel onder die leiding van Dalene van den Berg, Hesta Jonck en Annemarie Louw.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

SPEEL-SPEEL is een van die kunswerke wat op die Kersuitstalling in Maud’s Place besigtig kan word. Foto’s: Verskaf

PIEKNIEK OP DIE DUINE is nog een van die kunswerke wat op die Kersuitstalling besigtig kan word.

Talle juweeltjies op uitstalling te vind

DIE Juweeltjies van Klein Kunswerkekunsuitstalling kan van Dinsdag 4 Desember tot in Januarie in Maud’s Place besigtig word. Die uitstalling is samevattend van die kunstenaars wat in 2012 in Maud’s Place uitgestal het. Die lekker verskil is dat die meerderheid kunswerke A4-grootte en kleiner gaan wees en dus vir daardie besonderse aankope vir Kersfees die sak pas. Van die kunstenaars gaan ook afdrukke en kaartjies van hul werk daar hê. Te siene gaan wees Jumari du Toit se baie gesogte Royal Albert-fynporseleinkoppies in raampies of net geblok, asook haar nuwe, klein, geraamde impressionistiese landskappies, uitgevoer met ’n paletmes. Kaartjies en afdrukke van haar skilderye op geblokte hout gaan ook te siene en beskikbaar wees. A4- en A3-afdrukke en kaartjies van Rita Weber se groot, kleurryke skilderye van kinders in verwondering wat die wêreld om hulle ondersoek en haar helderkleurige bosse blomme gaan op die uitstalling wees. Rita se tydlose skilderye raak toenemend in die kunswêreld in aanvraag. Foto-realisme is die genre waarin Terence Archibald sy kunswerk gestalte gee. Hy verbeeld die voëls en diere wat hy skilder met foutlose akkuraatheid in kleur en tekstuur wat sy kennis en begrip van sy onderwerp en temas weerspieël. Lida Eksteen se baie gewilde ekspressionistiese portretstudies en ander kunswerke, soos haar klassieke landskappe in waterverf wat haar veelsydigheid as kunstenaar bevestig, word uitgestal. Deon van Niekerk stal weer vir ons van sy pen-en-inksketse uit, asook sy kleurstu-

dies in pastelle of waterverf, waarin hy die onderskeie aspekte van dié mediums ondersoek en die tydlose karakter van sy geliefde bome meesterlik op papier vasvang. Die illustratief geskilderde kerkies, ’n genré wat ’n vinnig groeiende mark het, deur Nicolene Jordaan is ook te besigtig, asook skilderye van vrugte en aalwyne uitgevoer in haar meer klassieke styl van skilder in ’n palet wat aan die ou meesters herinner. ’n Beperkte aantal van Dawn Evans se gesogte keramiekblokke word uitgestal, asook miniature van haar abstrakte skilderytjies en klein blokkies skilderdoek wat gemonteer is op so ’n wyse dat dit in een kunswerkie en ook kaartjie is. Eugene Scheepers stal ’n klompie diverse werke uit. ’n Paar geraamde gesiggies, stillewes en ander besonderse temas, sowat 20 cm groot, word uitgestal. Dan sal daar ook kaartjies van sy werk beskikbaar wees, “van alles en nog wat” soos hy dit stel. Carina Schneiders se uitbeelding van die Kalahari se kameeldoringbome en plante, in miniatuurkunswerkies, gaan beskikbaar wees in kleurryke skilderye in verf en ook in beperkte weergawes van handgekleurde etse uitgevoer. Amanda Reyneke van den Berg beeld haar siening van die Kalahari ook in klein weergawes van etse uit en maak gebruik van verskillende palette en mediums om die storie wat elke kunswerk vertel handgeverf te voltooi. Op Saterdag 8 Desember is dit spesialekortingdag. Maak gerus ’n draai en ontmoet van die kunstenaars om ’n lekker storie saam met jou Kers-aankoop te kry. Rig navrae aan Amanda Reyneke van den Berg by 072-210-8640.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

Kom ken toerusting uit VERSKEIE rekenaars, drukkers, modems, luidsprekers, programme en elektriese kabels wat vermoedelik gesteel is, is in Paballelo gevind. Konst. Derick Steenkamp en sers. Linton Beerwinkel van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Paballelo het dié groot voorraad rekenaartoerusting gevind nadat hulle op inligting gereageer en ’n huis in Ralawestraat deursoek het. Die twee verdagtes (albei 25 jaar oud) het beweer die toerusting is daar omdat hulle dit herstel. Geen bewyse kon egter gelewer word om die bewerings te staaf nie. Hulle is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en het reeds in die hof verskyn. Die SAPD het op die toerusting beslag gelê en een van die rekenaars is reeds positief deur die eienaar uitgeken. Dit het aan ’n laerskool in Paballelo behoort waar vroeër vanjaar ’n inbraak was. Enigiemand wat met die ondersoek kan help, word versoek om die SAPD in Paballelo of die speurtak by 054-338-3960 te kontak. Ao. Wilna van den Heever ondersoek die saak en indien enige van die rekenaars bekend lyk of positief uitgeken kan word, kan sy by die speurtak gekontak word. Hier is ’n volledige lys van die rekenaartoerusting wat by die SAPD uitgeken kan word: Vier Proline-rekenaarskerms, een Mecer-rekenaarskerm, een Phillips-rekenaarskerm, een HP-

SERS. LINTON BEERWINKEL (links) en konst. Derick Steenkamp by die rekenaartoerusting wat vermoedelik gesteel is. Foto: Verskaf drukker, een Samsung-faksmasjien, een HP Office Jet All in One, een LG-sleutelbord, een Genisskandeerder, een Acer-sleutelbord, ses Math Blaster-CD’s (rekenaarprogramme), twee Proline-rekenaartorings, een groen

geverfde MSI-rekenaartoring, een Acer-rekenaartoring, een groen Duxbury-modem, een Smartlink-modem, een grys inbord, 14 rekenaarluidsprekers, ses Auditek-luidsprekers, 17 rekenaarmuise, een groen houer en

twee Roxpro-tablette. Voorts is daar een paar wit krieketbeenskutte, een grys lyfband, een bruin doos met rekenaarpunte, een drasak met rekenaarpunte en een wit emmer met rekenaarpunte.

9

Vonnisse opgelê DIE speurders van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Paballelo het die afgelope tyd verskeie suksesse met sake gehad en vonnisse is opgelê. . Sers. Enock Vundisa het nege maande lank ’n moordsaak ondersoek wat in Februarie 2009 naby Electronic Enginering plaasgevind het. ’n Sekuriteitswag is aangerand en is dood aan kopbeserings. Op 31 Oktober is die beskuldigde, Floyd Bennet Bosman (23), tot vyf jaar gevangenisstraf vir poging tot roof met verswarende omstandighede en 10 jaar vir moord gevonnis. Die twee vonnisse sal samelopend uitgedien word. . Ao. Pieter Venter het vonnisse op drie van sy sake gekry. Op 13 Augustus 2010 is ’n voetganger, Fytjie Booysen (50), in ’n motorongeluk in Kingstraat raakgery. Die bestuurder van die voertuig het weggejaag, maar is later opgespoor. Die beskuldigde, Kasaga Mafuta (47), is vir ses dae gevangenisstraf gevonnis, opgeskort vir een jaar met ’n R3 000-boete of 12 maande gevangenisstraf. . Abram Rooi (60) is op 5 September in die deurloop tussen Golden Cloud- en Brandstraat doodgesteek. Dit het glad nie gelyk asof die moord weens ’n roof plaasgevind het nie. Die oorlede het nog R250 in sy beursie gehad, sy polshorlosie was nog aan sy arm en sy bergfiets het daar naby gestaan. Ao. Pieter Venter het vinnig drie verdagtes aangekeer. Die saak teen twee van die verdagtes is teruggetrek en die beskuldigde CJ Drawer (18) is tot ses jaar gevangenisskap gevonnis. Dit is vir vyf jaar opgeskort. . Johanna Mienies (45) is op 15 Maart 2012 deur Solomon Beukes (41) doodgesteek. Hy het haar eers gesteek en daarna homself om dit te laat lyk asof hulle gebaklei het. Hy is tot 15 jaar tronkstraf vir moord gevonnis.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012 DIE negende ACSA-veertjietoekenningsgeleentheid was weer vanjaar ’n glansgeleentheid enig in sy soort. Eerbewyse is aan diensverskaffers toegeken wie se dienslewering vanjaar van uitstekende gehalte was. ACSA het ook vanjaar finansiële skenkings gedoen aan instansies wat die ondersteuning nodig het. Hier word ’n tjek van R150 000 aan die instansie Mispa-kinderhuis oorhandig. Van links is Suzette Janse van Rensburg van ACSA, Hester en Deon Nieuwoudt van die Mispa-kinderhuis en Anna Scholtz van ACSA.

INDUSTROSERVE CLEANING het vanjaar tydens die negende ACSA-veertjie-toekenningsgeleentheid ’n eerbewys ontvang vir voortdurende ondersteuning en uitmuntende dienslewering. Industroserve het ook tydens die Airport Service Quality- (ASQ) onafhanklike kliëntediensopnames ’n 4,8-uit-5-puntetelling ontvang. Van links is Chris Strydom (Industroserve), Johan Niemand (Industroserve), Esmaralda Barnes (ACSA), Lawrence Bosman (Industroserve) en André Vermeulen (ACSA).

Barnes laat diep spore Anena Burger “ONS sê: Sien jou weer, Es, maar nooit tot siens nie,” is die boodskap van ’n gemeenskap aan Esmaralda Barnes, lughawebestuurder van die Internasionale Lughawe Upington. Barnes, wat verlede week met ’n swaar hart en baie trane op die ACSA-veertjie-toekenningsgeleentheid haar personeel en lojale diensverskaffers gegroet het, sal geweldig gemis word. Sy het diep spore getrap in die bykans nege jaar wat sy aan die lughawe in Upington verbonde was. Onder Barnes se vlerk is die Internasionale Lughawe Upington herskep en tot op internasionale peil gebring. Die vele projekte wat onder haar toesig en insig hier posgevat het, is onder meer die Boesman-taalprojek wat haar na aan die hart lê. Vanjaar het ACSA aangekondig dat hy R1,5 miljoen gaan aanwend om ’n skool vir die Khomani-San op Upington op te rig. Die projek sal in werking kom wanneer ’n terrein vir die bou van die skool gekry kan word. Die geld word nie aan die Khomani-San oorhandig nie. Die vliegtuig-parkeerprojek is nog ’n projek wat in die toekoms volwaardige werkskeppingsgeleenthede tot gevolg sal hê en is dit ook ’n eerste vir Upington en Suid-Afrika. Die Internasionale Lughawe Upington het vanjaar ’n prys as beste streeklughawe in Afrika ontvang. Barnes se boodskap aan die gemeenskap van Upington was om die geleenthede wat hulle voordoen met al die groot ontwikkelings wat tans en in die toekoms op die dorp plaasvind aan te gryp en die beste daarvan te maak. “Ek wil graag oor ’n jaar terugkom en sien hoe goed dit met die mense van Upington gaan,” het sy gesê. Daar is geen geheim aan haar liefde vir die wêreld met sy rooi sand nie. “Toe ek hier aangekom het, is daar vir my gesê: ‘Jy huil as jy hier aankom, maar huil nog harder die dag as jy hier weggaan.’ Dit was die waarheid en ek gaan Upington en sy mense geweldig mis.”

ESMARALDA BARNES, lughawe-bestuurder van die Internasionale Lughawe Upington, sê tot wedersiens. Barnes sal van 1 Desember in haar nuwe pos as die bestuurder van die Internasionale Lughawe Bram Fischer in Bloemfontein intree. Barnes sal geweldig gemis word op Upington en dit was op die Veertjie-toekenningsgeleentheid weer duidelik toe baie mense nie hul trane kon keer nie. Foto’s: Anena Burger


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

11

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het aan dié kinders eerbewyse vir hul Academix lees, toegeken. Hier is, voor: Karolien Nel; van links, agter: Antoinette Lerm, Tersia Koortzen (rekenaaronderwyser) en Anneke Jordaan. Antoinette het die meeste woorde per minuut gelees: 410 woorde per minuut in Afrikaans op roete sewe met 100%-begrip en 380 woorde per minuut in Engels op roete sewe met 100%-begrip. Anneke het ’n eerbewys vir die hoogste vlak van lees in Afrikaans en Engels ontvang. Sy het 230 woorde per minuut in Afrikaans op roete agt met 90%-begrip gelees en in Engels 215 woorde per minuut op roete agt met 80%-begrip. Karolien Nel is as die belowendste leser in gr. 2 aangewys. Sy lees 120 woorde per minuut op gr. 2-vlak met 100%-begrip.

Lei leerlinge in 2013 DIE Laerskool Sentraal op Kakamas se nuwe leerlingraad vir 2013 is op ’n spesiale saalopeningsgeleentheid aangewys. Van links is, voor: Niel Becker, Mea Swart, Nina Ackerman, Shania Koortzen en Joline van Zyl; agter: Kyla Swiegers, Jeanne Dykman, Miké Bothma, Micke Engelbrecht, Leyellen Lodewyk, Carmi Rossouw en Franco Rossouw. Foto’s: Verskaf

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het sy trompoppieleiers vir hul werk in 2012 vereer. Van links is Mea Swart (hoofleier), Marna van Wyk (hoofvlagleier), Yolandi van den Heever (afrigter) en Danelle Crafford (hoofstokleier).

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het LaraMari Geldenhuys (links) as sy senior redenaar vir 2012 en Zandri Thirion as junior redenaar vir 2012 aangewys.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

Leerlinge bekoor op musiekaand DIE Laerskool Oranje-Noord se musiekleerlinge het saam met hul musiekonderwysers, Esther Kühn en Ina Nel, ’n treffende musiekaand aangebied. Van die kleinste beginners tot die gr. 7’s wat met trane in hul oë van hul geliefde onderwysers afskeid geneem het, het die gehoor

met pragtige musiek bekoor. Klavierduette is afgewissel met pragtige blokfluit-ensembles. Van prettige liedjies soos Punch and Judy tot meesleurende klassieke treffers soos Phantom of the Opera het getuig van die hoogstaande gehalte van musiek wat gehoor is.

VAN links is, voor: Sanri Fokkens, Simoné Lonte en Mia Visagie; agter: Esther Kühn.

DIÉ gr. 7-musiekleerlinge het moeilik afskeid geneem. Van links is Connie Conradie, Hesna Theron en Chané Luttig.

Foto’s: Amorine Strydom

AGTER die klavier is Johané Botha (links) en Ina Nel.

HIER is Lisa van der Steen (links) en Ina Nel.

DIÉ twee sussies het ’n slag met die blokfluit. Hulle is Marisa (links) en Louise Smit.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

13

I.M. Shuping

LITTLE MIRACLES DAYCARE/Babies from 3 months to 4 years. R650 monthly. Phone Melanie 073 342 7152.

HILUX 2400, 1989, R28 500. Mazda B1600, 1994, R25 000. Phone Thinus 072 472 8686 Schweizer-Reneke.

HOEWE TE KOOP: 1 840 vk m. Klaar onderverdeel vir 6 woonstelle, werkende boorgat, bestaande huis wat in twee woonstelle verdeel kan word. Prys onderhandelbaar. Vir navrae, skakel Karel 082 651 2775.

ISUZU KB 280, 1998, R29 500. Mazda 2.2, 1997, R29 500. Phone 072 472 8686. ISUZU KB 280, 2000, D/Cab, R44 500. Mahindra D/Cab, 2006, R39 500. Phone 072 472 8686.

Duvenhage & Van Der Merwe Ing.

CARS WANTED FOR CASH OR BAKKIES: Below R30 000. Phone Muriel 082 068 0929. CONQUEST 160, 1992, R15 500. BMW 318, 1992, R12 500. Phone Thinus in Schweizer-Reneke 072 472 8686. COROLLA 160, 1999: R36 500. 2001 Mazda 130: R29 900. Phone Thinus Schweizer-Reneke 072 472 8686. OPEL 1300, 1990: R13 500. 1987 Nissan Langley 1500: R13 500. Phone Thinus Schweizer-Reneke 072 472 8686. SENTRA 1600, 1991, R21 500. Uno, 1999, R21 500. Phone Thinus 072 472 8686 Schweizer-Reneke.

VAKANSIEKUNSKLASSE: Vir die wat nie kunstig is nie. Waskunsprente word gemaak met Encautic-yster en byewas. Geen ondervinding is nodig nie. Encautic Artprodukte word verkoop. Klasse vir almal vanaf 5 jaar oud. Verskeie kunsklasse word aangebied vanaf R60. Skakel Kay 083 254 3120.

2-TON-ENKELAS-sleepwa. Kan deur bakkie of trekker gesleep word. R4 000. Nie op pad geregistreer nie. Toegeboude sleepwaentjie (soos Venter-sleepwaentjie), R4 500. Skakel 082 461 9002.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

V-TEC TRAILERS Spesiale somerpryse op alle sleepwaentjies en onderdele, deur V-Tec verskaf - 10% korting. Nuut op die mark. 'The African Wagon Cattle Trailer Range'. Het 'n 5-mmhoofonderstel met alle ekstras wat op sy soort wat daar gestel is om by te kom vanaf V-Tec. 15% korting. Hobsonstraat 10, Kuruman. Skakel Louwrens 083 310 0272. V-TEC TRAILERS KURUMAN: Verkoop van nuwe trailers. Verskaf ook 4 x 4kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10 Kuruman

ARIBA-SKADUNETTE: Vir die oprig van skadunette in enige vorm asook staalafdakke, die maak van diefwering en veiligheidshekke. Skakel Zelda 079 941 5057.

053 712 1961 053 712 2068

HUIS TE HUUR/HOUSE TO LET: R7 500 p.m. Water en ligte ingesluit. Skakel 082 082 5488. COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

EK HET 5 TWEESLAAPKAMER studentewoonstelle, ten volle gemeubileer (beddens, stoof, yskas, mikrogolf, TV, wasmasjien, lessenaar, rusbank, betaalkrag, onderdakparkering, tuimeldroër) met uitstekende sekuriteit in die Uniloftblok. Loopafstand vanaf UV. Ek wil dit verkoop: R750 000 elk. Skakel Andre Badenhorst 082 461 8544.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. GORDONS SKOONMAAKDIENSTE: Stoomskoonmaak van matte, banke en matrasse. Skakel Dot by 083 578 3977. HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. LAPAS: Bou en herstel van grasdakke. Skakel Wynand 079 595 6458 of Annette 076 650 0618. MacDonald Pool: November Spesials 5x4 Pool R28 000 6x4 Pool R30 000 5x4 Pool+6x4 Lapa R40 000 6x4 Pool+7x4 Lapa R44 000 Call Brandon 082 763 7991

Selfsorg Woonstelle Parow Noord.Kaapstad Naby Canalwalk Panorama Hosp. Leona 083 339 6939

SOEK, KOOP, VERKOOP

ADMIN-DAME BENODIG: Op soek na 'n betroubare dame tussen ouderdom 26 en 32 met ondervinding in Debiteure en Krediteure. So gou moontlik diens aanvaar. Salaris onderhandelbaar. Faks of e-pos CV met afskrif van ID na 053 712 2523 of e-pos k.e.s.@vodamail.co.za.

EENMANWOONSTEL te huur: R4 000 p.m. krag ingesluit. Baie lekker sentraal geleë. Skakel 084 800 7779.

BESIGHEIDSERF: 2 141 vk m. Leonardstraat, Daniëlskuil. 3-slk-huis, dubbelm/h, boorgatwater en munisipale water. Heelwat vrugtebome. Skakel Frikkie Meiring 083 232 2439 of George Meiring 082 567 1511.

INSTRUCTOR FOR driving licence needed. Code C1 and B. Phone Claudine's Driving School 072 043 0258. PRAKTIESE OPLEIDING in die gasvryheidsbedryf en sjef. Hotelposte. Inwoning en toelaag. Skakel 072 132 6094. SECURITY GUARDS NEEDED with PSIRA grades. Only men neede. Fax CV to 086 773 6409.

BLM Makhaleme

In die boedel van wyle Itseeleng Moses Shuping, identiteitsnommer 480322 5647 083, getroud binne gemeenskap van goed, met nagelate eggenote Mosadiwakgang Georginah Shuping, identiteitsnommer 530622 0816 082, woonagtig te Huis No AE14, Nanana Seksie, Batlharos, distrik Kuruman. Boedelnommer 710/2012 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 30 November 2012. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

S.J.L. Swanepoel

In die boedel van wyle Sophia Johanna Lodewika Swanepoel, voorheen woonagtig by Albuttstraat 15, Kuruman. Boedelnommer: 3501/2010. Kennis word hiermee gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (een en twintig) dae vanaf 29 November 2012. JORDAAN & MANS ING Prokureur vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091

T.E. Sechogela In the estate late of BLM Makhaleme of House 1378, Steve Biko Street, Boichoko, Postmasburg. Estate number: 3423/2010 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 30 November 2012, at the office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Postmasburg. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460 P.J. v/d Walt In die boedel van wyle Petrus Jacob van der Walt, identiteitsnommer 340612 5005 088. Boedelnommer: 1352/2012 Alle persone wat vorderings het teen bogemelde oorledene en/of sy boedel, word hiermee versoek om sodanige vorderings binne 'n tydperk van dertig (30) dae vanaf publikasie by die eksekutriese te ondergemelde adres in te dien. AC VAN DER WALT Posbus 20194 Noordbrug 2522

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Tshadinyane Elsie Sechogela, identiteitsnommer 260210 0317 081, getroud binne gemeenskap van goedere met Reboeng Danger Sechogela, identiteitsnommer 240404 5586 080, in lewe van Huis No 40E, Gatshikedi, distrik Kuruman. Boedelnommer: 3063/2012 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 30 November 2012. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

BETREKKINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

BETREKKINGS

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

19

Wen silwermedalje

VOOR is Anya Bruwer; van links, agter: Franco du Plessis, Riana Oberholzer, Erna Theunissen, Ansuné Smit en Theuns Theunissen. Foto: Cindy Theron

VAN links is Zia Klaasen, Nadia Goussard, Cornel Slabber, Elmé Slabber, Arina van Wyk, Jana Olivier en Monya Dippenaar. Afwesig: Georgia Februarie. Foto: Lizette Slabber

Giminas vereer VERSKEIE van die Kalahari-Giminas-gimnastiekklub op Upington se gimnaste het aan die Sentrale sone-gimnastiekbyeenkoms in Pretoria deelgeneem. Dié byeenkoms is slegs vir mans- en vroue-artistiekegimnastiek van vlak een tot vlak drie. Nege provinsies het deelgeneem en die gimnaste het volgens hul gemiddeld ’n goue, silwer- of bronsmedalje ontvang. Op vlak een het die volgende gimnaste deelgeneem: In die ouderdomsgroep sewe jaar en jonger was Riana Oberholzer elfde. Sy het ’n goue medalje ontvang en was vierde op die balk. Zia Klaasen was dertiende. Sy het ’n goue medalje ontvang en was vyfde met die spronge. In die ouderdomsgroep agt jaar en jonger was Ansuné Smit 25ste en het ’n silwermedalje ontvang. In die ouderdomsgroep 10 jaar en ouer was Monja Dippenaar vyftiende en het ’n goue

medalje ontvang. Theuns Theunissen was 21ste en het ’n silwermedalje ontvang. Hy was eerste op die vloer. Op vlak twee het die volgende gimnaste deelgeneem: In die ouderdomsgroep sewe jaar en jonger was Cornel Slabber 45ste en het ’n bronsmedalje ontvang. In die ouderdomsgroep agt jaar en jonger was Nadia Goussard 35ste en het ’n bronsmedalje ontvang. Georgia Februarie was 40ste en het ’n bronsmedalje ontvang. In die ouderdomsgroep 12 en jonger was Erna Theunissen 23ste en het ’n silwermedalje ontvang. Sy was derde op die rekstok. In die ouderdomsgroep 10 en jonger was Franco du Plessis 26ste en het ’n silwermedalje ontvang. Rig navrae aan Lanie van der Merwe by 082-683-3563 of lanievdmerwe@webmail.co.za.

JOLIZE SWANEPOEL, ’n leerling aan die Voorbereidingskool Fanie Malan, het ’n silwermedalje in die afdeling gr. 1 tot gr. 3 op die STA-tennisakademie se tennistoernooi vir beginners gewen. Sy was eerste in haar groep en het toe met 3 – 2 teen Bernice Nel van Keimoes verloor. Sy is in gr. 2 en word deur die ANTA-tennisakademie afgerig. Foto: Verskaf

CARLI BRAND is as die Laerskool Sentraal op Kakamas se beste meisiestennisspeler vir 2012 aangewys. Frikkie van Tiddens is as die beste seunstennisspeler aangewys. Van links is Carli, Karlien van Schalkwyk (afrigter) en Frikkie. Foto: verskaf


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 NOVEMBER 2012

Gimnaste sit beste voetjie voor TIEN gimnaste van die Kalahari-Giminas-gimnastiekklub op Upington het aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Pretoria gaan deelneem. Gimnaste van nege provinsies het die kampioenskappe bygewoon. Slegs die eerste drie plekke op die apparate het medaljes gewen. Op vlak vier, tien jaar en jonger, was Anya Bruwer 63ste van 96 deelnemers. Minette Swart was 87ste van 96 deelnemers.

CHRISTOF DU TOIT het uitsonderlik gepresteer. Op die Suid-Afrikaanse kampioenskappe was hy tweede op die vloer, tweede op die rekstok en derde op die ringe. Foto: Cindy Theron

Op vlak vier, 12 jaar en jonger, was Mari Slabber 36ste van 77 deelnemers. Al-delene Grewar was 39ste van 77 deelnemers. Op vlak vier, 18 jaar en jonger, was Gitte Jonas 33ste van 36 deelnemers en Almë Venter 31ste van 36 deelnemers. Op vlak vyf, 10 jaar en jonger, was Bernedette van Zyl 38ste van 43 deelnemers. Op vlak vyf, 18 jaar en jonger, was Nianke van Blerk 35ste van 40 deelnemers. Op vlak vyf, 14 jaar en jonger, was Christof du Toit vyfde van 18 deelnemers. Hy was tweede op die vloer, tweede op die rekstok en derde op die ringe. Hendré Louw was 13de van 18 deelnemers. Hy was sesde op die brug en vyfde op die vloer. Rig navrae aan Lanie van der Merwe by 082-683-3563 of op lanievdmerwe@webmail.co.za.

VAN links is Minette Swart, Bernedette van Zyl, Nianke van Blerk, Gitte Jonas, Al-delene Grewar, Mari Slabber, Almé Venter, Christof du Toit en Hendré Louw. Foto: Lizette Slabber

WIN a e Ch vrolet

EN

To the benefit of the Free State Youth Care Centres

W

EN

W

For OUR CHILDREN PROJECT (Engo Child and Youth Care)

Buy a ticket for only R20 and stand a chance to win a Chevrolet Spark Lite worth R100 000. Tickets are available at Engo sub programmes, Tickets available at all NGSS sub programmes: Mimosa Mall info desk, Imperial GM Bloemfontein Free State Youth Care Centres, KMD offices and Aged care facilities in the Free State. and Frontier Inn and Casino in Bethlehem Contact 051 407 7301 for more information. Terms and Conditions apply Skakel 051 407 7301 vir meer inligting. Terme en voorwaardes geld

Frontier Inn

Dihlabeng Community Trust GEMEENSKAPSKOERANTE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.