Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg
30 MEI 2013
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
TEL. 0543313482
Duineveld op toplys
Aangewys as een van 25 beste openbare skole in die land Lizette Slabber en Lecrecia Prins DIE Hoërskool Duineveld is deur die tydskrif Fair Lady as een van die 25 top- openbare skole in SuidAfrika aangewys. Volgens Suzy Brokensha, redakteur van Fair Lady, het die departement van onderwys ’n lys van die 100 beste skole wat ’n 100%-slaagsyfer behaal het aan die tydskrif verskaf. Aan dié skole is ’n vraelys gestuur wat die skole moes beantwoord en dié inligting is gebruik om die 25 topskole in Suid-Afrika te kies. Die tydskrif het gekyk na kriteria soos ’n 100%-slaagsyfer die afgelope vyf jaar. Daarna is alle aspekte van die skool opgeweeg om by ’n punt uit 100 te kom: Akademie het 30% getel, skoolgeriewe 15%, vakke en buitemuurse programme 25%, die onderwyser-leerling-verhouding 10% en die geldsake van die skool 20%. Chelsea MacLachlan, joernalis wat ’n artikel oor die uitslag van die ondersoek geskryf het, sê slegs vyf skole van die Noord-Kaap het die top-100-lys gehaal. Dié skole is Duineveld, die Hoërskool Hopetown, die Hoërskool Douglas, Kimberley Girls’ High en die Hoërskool Namakwa. Van dié vyf skole het slegs Duineveld en Hopetown die top-25-lys gehaal. MacLachlan sê voorts dat dit nie vir hulle belangrik was om seker te maak dat die lys verteenwoordigend is van skole in al die provinsies nie. “Ons het streng volgens punte gewerk omdat dit ons ondersoek en databasis onder verdenking sou plaas as ons skole moes uitgooi net omdat ons alle provinsies wou insluit.” Rian van der Vyver, skoolhoof van Duineveld, sê hy is baie trots
DIE Hoërskool Duineveld is deur die tydskrif Fair Lady as 1 van die 25 topskole in SuidAfrika aangewys. op die benoeming en beskou dit as ’n eer. “Ons doen baie moeite met akademie. Ek is baie dankbaar dat
die kinders ook inkoop in die idee dat akademie nommer een is. “Die afgelope paar jaar hou ons
ná die September-eksamen ’n verrykingskool vir die kinders. “Die kinders woon dit toegewyd
Foto: Verskaf
by, maak nie saak watter tyd die klas is nie. Hulle is altyd bereid om hul bes te doen.”
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
Uitspraak verwelkom Lecrecia Prins DIE onderwyser wat onreëlmatig deur ’n skoolhoof per SMS afgedank is omdat sy nie met sy seun se punte wou knoei om hom te laat slaag nie, sê sy is bly oor die beslissing dat die onderwysdepartement haar moet vergoed. Arlene Nel was wiskunde-en-wetenskaponderwyser aan die Hoërskool Kakamas. Nel is in Januarie, ná haar Desember-verlof en terwyl sy hoog-swanger was, ingelig haar dienste by die skool is oorbodig. “Ek is bly oor die uitspraak. Die beslissing het bewys geen instansie is bo die wet verhewe nie. Dié voorval het my weer laat besef hoe mense in magsposisies hul mag misbruik. “Dit het nie my mening oor die onderwys verander nie, maar dit laat my wonder wat in die res van SuidAfrika se onderwys aangaan as iets soos dié op Kakamas gebeur het.” Die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) het gister beslis die departement moet vergoeding aan Nel betaal. Moira-Marie Kloppers, woordvoerder van Solidariteit, sê die vakbond is verheug oor die uitspraak aangesien dit ’n sterk boodskap stuur dat werkgewers wat hul werknemers vir eerlike optrede
wil straf, nie geduld sal word nie. “Ons lid het reg opgetree deur te weier om die leerling se punte aan te pas. Ravo het beveel dat Nel vergoeding moet ontvang aangesien daar ’n redelike verwagting gewek is dat haar kontrak hernu sou word. “Weens die ernstige vertrouensbreuk wat tussen Nel en die skoolhoof ontstaan het, het Nel intussen besluit om nie haar loopbaan by die skool voort te sit nie.” Kloppers sê volgens Ravo is die leerlinge se welstand nie in ag geneem toe besluit is om nie Nel se kontrak te hernu nie. “Daar is verder bevind die hoof het vyandig geraak teenoor Nel nadat sy geweier het om met sy seun se punte te knoei. “Ravo het bevind die voorval het ’n impak daarop gehad dat Nel se kontrak met die skool nie hernu is nie en dat die besluit nie op grond van meriete geneem is nie, maar weens die hoof se vete teen Nel.” Sydney Stander, woordvoerder van die departement, sê die departement het gister eers die beslissing van Ravo ontvang. “Die departement gaan dit bestudeer om te sien hoe Ravo tot sy beslissing gekom het. Daarna gaan ons besluit of ons die beslissing gaan betwis of nie.”
6/27
6/24
4/22
NO-5
NW-5
NW-5
Water getoets ná vyf se dood Charné Kemp VYF kinders jonger as drie jaar is die afgelope twee weke dood en 355 mense gehospitaliseer nadat ’n ernstige vorm van diarree op Upington uitgebreek het. Volgens ’n ingeligte was die Gordonia-hospitaal “propvol” siek pasiënte. Sowat 22 pasiënte is die naweek in die hospitaal opgeneem nadat etlike mense gister ontslaan is. Lulu Mxekezo, departementele woordvoerder, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Dinsdag ingespring om die departement van gesondheid te help met die vlaag gevalle en om die moontlike oorsake vas te stel. “Ons is baie ontsteld oor die dood van die vyf kinders. Hulle was almal jonger as drie jaar. Die meeste gevalle van diarree is van kinders jonger as vyf. “Die gebiede wat deur die siekte geraak is, is Rosedale, Pabalello, Progress, Louisvale en sommige dele van die middedorp. “Ons is nie seker wat die oorsaak is nie. Ons het verskeie monsters van die
water laat neem. Die uitslae word eers later die week verwag. Intussen vra ons dat mense streng is met hul higiëne. Hande moet gewas word voordat jy kos voorberei en voordat jy eet. Jy moet jou hande was nadat jy by die toilet was en babadoeke geruil het. Ons vra dat mense nie water uit onbekende bronne soos riviere en damme gebruik nie. “Ons laat die kraanwater ook toets. Ons is nie seker of dit die oorsaak is nie. As mense veilig wil speel, moet hulle ook die kraanwater kook totdat ons die antwoord het. “Wat ons veral bekommer, is die kinders. Kinders is baie kwesbaar. Ouers moet ’n wakende oog oor hul jongelinge hou. As daar enige tekens van ongesteldheid is, moet hulle die kinders dadelik na die naaste kliniek of hospitaal neem. Ontwatering is ons grootste vrees. Kinders moet onmiddellik behandel word.” ’n Plaaslike private dokter wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê hy het ook ondervind dat sy pasiënte met ’n maagvirus en dehidrasie die afgelope twee weke viervoudig
vermeerder het. “Gewoonlik het ek twee gevalle per dag gehad. Die laaste twee weke was daar sommer ses na agt gevalle per dag.” Hy sê die simptome is lyfseer, hoofpyn, diarree en braking. Kinders is kwesbaar omdat hulle vinniger ontwater. “Die ouers is ook nie altyd bedag op die simptome van maaggriep wat braking en diarree tot gevolg het nie. Hulle besef dus nie die kind ontwater nie.” Die klinieke is oorvol en personeel sien nie dadelik gevaartekens nie. Dit is gewoonlik die arm mense, wat nie private dokters kan bekostig nie, wat die ergste deurloop, het hy gesê. “Die Gordonia-hospitaal is ook oorval deur pasiënte. In sommige gevalle was dit waarskynlik te laat vir die kinders wat heeltemal ontwater was toe hulle daar aangekom het. Ek glo dit is ’n virale maaggriep wat hoogs aansteeklik is. Daarom moet mense let op streng higiëne. Gelukkig het my getal pasiënte nou afgeneem. Ek glo die ergste is verby.”
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
Regstelling DIE Kalahari Bulletin het verlede week verkeerdelik berig dat Elanie Brand ’n leerling aan die Voorbereidingskool Fanie Malan is. Sy is ’n leerling aan die Laerskool Sentraal op Kakamas.
DIE Kalahari Bulletin is as een van die voorste drie gemeenskapskoerante in die land aangewys. Hier is al die finaliste van die Volksbladgroep se plaaslike koerante op Sanlam se MDDAtoekenningsgeleentheid. Van links is Christo van Staden (assistentredakteur: Volksblad), Susan Maré (Vrystaat), Lynda Greyling (Maluti) en Lizette Slabber (Kalahari Bulletin). Foto: Verskaf
‘Bulletin’ een van voorste drie DIE Kalahari Bulletin is Vrydagaand op ’n glansgeleentheid in Johannesburg as een van die drie voorste plaaslike koerante in Suid-Afrika aangewys. Die Sanlam MDDA Awards gee reeds die afgelope 22 jaar erkenning aan uitnemendheid in plaaslike koerante en radiostasies. Dit sluit klein kommersiële koerante en radiostasies in sowel as koerante en radiostasies wat
deur groot maatskappye besit word. Die Kalahari Bulletin is as een van die voorste drie koerante in die kategorie vir gratis koerante aangewys. Die kriteria waarvolgens koerante in dié kategorie beoordeel is, sluit in die verskeidenheid en gehalte van plaaslike stories, die gehalte van foto’s, sowel as tipografie, uitleg, drukwerk, produksie en die gehalte van die adverten-
sies. Daar was meer as 150 inskrywings in die kategorie beste koerant. Ainsley Moos, hoof van kommunikasie: Sanlam-groep, sê dit is wonderlik om te sien dat ongeag die moeiliker omstandighede waarin plaaslike koerante werk, baie goeie werk deur alle sektore gedoen word. Volksblad besit 13 plaaslike koerante waarvan die Kalahari Bulletin, Vrystaat en Maluti onder die topdrie in hul
Paar weke oor tot Spontaan DAAR is nog net ’n paar weke oor vir alle sangers om nader te staan om aan Spontaan, Volksblad se Plaaslike Koerante-groep se groot sangkompetisie, deel te neem. Vanjaar vind die Kalahari Bulletin se uitdunrondes vir die Spontaan-kompetisie op 20 Junie op Kuruman plaas. Daar is weer heerlike pryse wat gewen kan word: SpecSavers: Agt Infinitysonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die totale waarde is R5 200. Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n
CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Totale waarde vir al die finaliste is R40 000. PwC: gee vir die wenner: R1000 kontant, naaswenner: R700 kontant en derdeplekwenner: R300 kontant. ’n Totale prysgeld van R2000. Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. PCB Productions: ’n
Fotografie-sessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke deelnemer. Om aan die Kalahari Bulletin se oudisie vir die Spontaan 2013-kompetisie deel te neem moet sangers dié koerant en sy webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za dophou. Rig navrae aan die Upingtonkantoor by 054-331-3482, die Kuruman-kantoor by 053-712-1472 of die Kathukantoor by 079-831-5579.
onderskeie afdelings geëindig het. Susan Maré van Vrystaat het een van die drie topmensestories geskryf en Lynda Greyling van Maluti is as een van die drie topfotograwe vereer. ) Radio Riverside is as die beste gemeenskapsradiostasie op Sanlam se MDDA-toekenningsgeleentheid aangewys en het ’n tweede plek behaal in die kategorie vir indiepte-dekking van aktuele sake.
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
Op spoed om by te bly GLOBALISERING is ’n werklikheid wat elke mens op hierdie aarde raak. Dit is ’n verskynsel wat voor die 20ste eeu as byna onmoontlik beskou is. Maar, namate tegnologie gegroei het en die grense van kommunikasie verval het, het die wêreld as’t ware kleiner geword. Kleiner in dié sin dat alles vir enige mens oor die wêreld heen maklik bekombaar is, ongeag waar hy homself bevind. Handel van een land met ’n ander verloop seepglad, produksiebane oor die wêreld heen is gevestig, internasionale betrekkinge word aangeknoop, kommunikasie tussen kontinente vind onmiddellik plaas en die wêreld word ’n “global village.” Sommige meen dié verskynsel maak van die individu nie meer ’n landsburger van sy eie tuisland as sodanig nie, maar verander hom in ’n wêreldburger. En met die ontwikkeling van die internet en die koms van sosiale media soos Facebook en Twitter word nuus in ’n enkele sekonde oor die wêreld heen versprei en woed globalisering onverpoos voort. Maar is globalisering so voordelig soos die skyn wat dit voorsit? Of loop elke kultuur die gevaar om ’n nabootsing van die Westerse lande te word en alle individue ge-
sigloos en eenvormig? Almal dink tog af en toe terug toe die wêreld nog eenvoud geken het. Toe gesinne om ’n tafel kon sit en eet sonder ’n selfoon of iPad naby. Die tyd toe poskaarte en briewe aan elke familielid gestuur is wanneer vakansies kaalvoet op die strand deurgebring is. Toe ’n oproep van twee minute gou van ’n tiekieboks na geliefdes gemaak is. Die tyd toe daar meer stilte was. Hierdie nuwe era is egter onvermydelik en hoewel dit in baie opsigte ’n persoon se doen en late baie makliker maak, soos om ’n tou in die bank vry te spring deur gebruik te maak van internet-bankdienste, wonder ’n mens soms of die resies wat almal geforseer word om te hardloop, die moeite werd is. Want ’n gesprek met ’n geliefde word nou maklik vir ’n virtuele gesprek verruil. Daar is wel ’n tydelike oplossing voordat dié resies die wêreld weer in ’n heel ander rigting stuur. Dat die individu bewustelik, vrywillig en versigtig in ’n verhouding met globalisering staan – op eie terme. Sodat die mens self beheer daaroor kan uitoefen en self die uitkoms daarvan bepaal. En intussen hou almal net aan hardloop – net om by te bly.
Elke seisoen het doel Christo Jonck SES dae moet jy werk, maar op die sewende dag moet jy rus. Of dit nou ploegtyd of oestyd is, jy moet rus. Eksodus 34:21 Ons lewe, soos alle lewe, is onderhewig aan seisoene. Tans is die herfs omtrent verby en is die winter besig om al nader te kom. Buite is die mooiste herfskleure sigbaar. So weet ons watter seisoen dit is. Maar in watter seisoen is jou lewe? As jy die fase of seisoen waarin jou lewe is, kan raaksien, word ons lewe meer betekenisvol en kan ons met groter doelgerigtheid leef. Daar is sekerlik ook ’n stuk wysheid in die begrip vir hoe seisoene werk. Dit help ons dikwels om ons lewe beter te begryp. In die natuur is daar: Lente – die seisoen van verandering en voorbereiding vanweë verbeterende omstandighede. Somer – die seisoen van voordelige omstandighede lei tot produktiwiteit en groei. Herfs – die seisoen van inkrimping en verlies weens omstandighede wat verswak. Winter – die seisoen van lae pro-
duktiwiteit weens moeilike omstandighede en min geleenthede. Kan jy ’n gevoel kry van jou huidige seisoen of fase in jou lewe en dalk daarvoor ’n naam gee? Onthou, elke seisoen het sy doel. In die natuur is daar ’n seisoen vir groei en produksie, maar daar is ook ’n seisoen van rus. Tog is elke seisoen nodig, want die een dra tot die volgende by. Ons kan nie net produseer nie. Grond moet dikwels rus om weer goed te kan produseer. Werk en produksie moet afgewissel word met meer rus en herstel as wat jy dink. Jy sal heel waarskynlik stadiger moet leef. Kan jy glo dat die Here met jou in jou seisoen is? Hy het ’n doel met jou. Hy is besig met jou, al voel jy ook jy is tussen seisoene. Leef die seisoen waarin jy is. Doen wat dit van jou vra. En as die seisoen niks van jou vra nie, los dan die doenery. Laat gaan. ) Ds. Christo Jonck is ’n leraar aan die NG Oog-gemeente.
DIÉ pragtige sonsondergang is sowat 30 km uit Kuruman op die Vryburgpad vasgevang.
Foto: Vincent Ward
Derduisende plaatjies ontvang DUIWEL EN RIEN BARNARD, Kuruman: DANKIE. Dit is ’n klein woordjie, maar kan so baie sê en beteken net soos ons dankbaarheid teenoor al die mense op Kuruman, in Wrenchville en op Kathu vir die bymekaarmaak
van broodplaatjies (breadtags). Dit klink ’n onbegonne taak te wees, maar ons is nader aan ’n byna onmoontlike taak, naamlik
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e pos ontvang word, sal voorkeur geniet.
dat ons nou reeds 70 kg broodplaatjies weggestuur het. Sou u wonder hoeveel is 70 kg se plaatjies? Dit is ongeveer 231 000 plaatjies wat die gemeenskap van Kuruman bymekaargemaak het. Nogmaals dankie vir almal se ondersteuning en geesdrif.
Kuier saam in die kuberruim KALAHARI BULLETIN is nou ook op Facebook. Gaan na www.facebook.com/kbulletin. Li ke die blad om jou opinie te lug en vir meer nuus wat saak maak.
MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.
Amsterdammers begin al bekend lyk Annerie Louw MY kuier raak nou so lank dat die mense al vir my bekend begin lyk. En die kuier is so kort dat ek nie weet waar ek genoeg tyd sal kry vir als wat ek nog hier wou doen nie. Die lank en die kort is dat ek nog ’n wonderlike tyd in Amsterdam beleef. Dierbaarste en ek kom nou terug van ’n staptog van so 3 km na die Amstelpark al met die Amstelrivier langs. Ons kon die interessante boothuise op die rivier bekyk wat gesellig in die middagson lyk
en oral stap of draf mense om die lekker weer te geniet. Besoeke aan die parke is altyd ’n geestelike verkwikking wanneer jy die groen grasperke, bome en pragtige blomakkers kan indrink. Daar is voetpaaie, fietspaaie, kunsuitstallings, speelparke, restaurante en baie mense wat dit geniet. Die groen van nuwe groei lyk byna onnatuurlik mooi. Ons geniet dit, want ons weet in die Kalahari sal die groen al plek gemaak het vir die winter se wit. Ek en Dierbaarste het verlede week die trem na Museumplein gevat om die bekende Rijksmuseum
te besoek. Ons was so nuuskierig om te sien waarvoor die R4 miljard wat op verbeterings aan dié museum bestee is, aangewend is dat ons kans gesien het vir alleen reis op openbare vervoer. Mooiste het mooi verduidelik watter trem ons waar moet kry en waar ons moet afklim, maar soos alle mense wat ’n pad verduidelik, het sy ’n klein din-
getjie uitgelaat en ons klim toe twee stoppe te ver af. Die probleem was darem nie so groot soos die skrik en die onsekerheid nie. Dit het maar net ’n entjie se stap gekos en ons kán die oefening bekostig. Maar die reënweer met een sambreel was nie pret nie. Dit was op dié tog, langs ’n eksklusiewe kunswinkel, dat ek dog ek vir George Clooney sien. Ek merk teenoor Dierbaarste op die ou met die “attitude” dink natuurlik hy is Clooney. Tuis reken Mooiste dit kón hy gewees het, want dele van die fliek Oceans 12 is in Amsterdam geskiet.
Toe Mooiste sien ons kom reg met die trems, koop sy vir ons geskenkbewyse vir ’n spa-behandeling by ’n salon by die Rembrandtplein. Die behandeling behels toe ’n geknibbel van vissies aan die dooie velle van ons voete en enkels – wat ’n ervaring. Ons hande en voete is behandel en ons kon 20 minute in ’n masseerstoel sit om die spasmas uit die rug, nek en bene te verwyder – spasmas wat ontstaan het van baba sus, peuter in die speelpark laat swaai en gly en jou lyf gereeld moet oprol om tee in Prinses se klein tentjie te drink.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
‘Ek het ’n lang pad in die onderwys geloop om eindelik hier uit te kom.’ – Floyd Turner, nuwe skoolhoof van die Laerskool Kuruman.
DIE nuwe skoolhoof van die Laerskool Kuruman, Floyd Turner.
Foto: Joanie Bergh
Hoof tuis in NK Joanie Bergh
DIE Laerskool Kuruman het onlangs ’n nuwe skoolhoof aangestel om dié skool verder van krag tot krag te laat groei. Floyd Turner (49) is egter geen vreemdeling vir die meer as 800 kinders en die leerkragte nie. Verlede jaar is hy as die nuwe natuurwetenskaponderwyser aangestel. Dit is ’n vakgebied wat vir hom geweldig interessant en belangrik in die kurrikulum is. Met die intrapslag het 2013 vir hom ’n persoonlike hoogtepunt geword toe hy eers die pos as adjunkhoof beklee het en later eindelik as skoolhoof. “Ek het ’n lang pad in die onderwys geloop om eindelik hier uit te kom,” sê hy. “Maar ek het altyd stilweg ver-
troue binne myself gehad dat ek eendag daartoe in staat sal wees om ’n pos as skoolhoof doeltreffend te kan uitvoer,” sê hy. Vir Turner en sy vrou, Irene, ’n leerareabestuurder in wetenskap aan die departement van onderwys, en hul seun, Luke (4), was die skuif Kuruman toe een wat beslis die moeite werd was. Nadat hy sy graad in onderwys behaal het, het Turner in 1985 sy eerste pos as leerkrag aan die Laerskool Roodepan begin waar hy sy liefde vir biologie met leerlinge kon begin deel. Ná 14 jaar was hy eers by die St. Patrick-kollege in Kimberley voordat hy in ’n noord-westelike rigting gemik het en Kuruman toe verhuis het. Hy is by die Hoërskool Wrenchville en daarna die Hoërskool Gamaga-
ra op Deben aangestel voordat hy by die Laerskool Kuruman wortel geskiet het. En die trots wat Turner vir dié skool het wat reeds 105 jaar ’n opvoeding vir duisende kinders op Kuruman bied, is duidelik sigbaar. “Die skool vaar baie goed op akademiese, sport- en kultuurgebied en ek gaan probeer om die prestasies saam met my personeel verder uit te bou,” sê hy. Die skool het in 1996 dubbelmedium-onderrig begin nastreef en bly danksy die volgehoue ondersteuning van sy borge en ouers ’n veilige hawe vir kinders van alle rasse. Turner glo met sterk Goddelike beginsels en sy toegewyde personeellede “wat altyd die ekstra myl sal loop vir ’n kind”, die skool nie anders sal kan as om verder uit te styg nie.
Building, Painting or DIY - with
Cashbuild you can!
QUALITY BUILDING MATERIALS,TOOLS, PAINT & HARDWARE
197 stores and expanding throughout southern Africa Geyser
PAINT
TILING
DURAM WHITE ACRYLIC PVA
MELODY PVA
153.95
554.95
Burgundy 5 Litres
SKU: Various
43.95
SKU: 645057
136.95
5 Litres + Free Membrane
126.95
68.95 per m
PoWerTooLs from
1 330.70
6-PC BATH SUITE WITH PLASTIC CISTERN COMPRISING: WHITE SKU PRICE BATH 1,7 • With handles
5250
CISTERN PLASTIC ECOLUX
5328
P- PAN LL RAPIDO
5370
COURIER BASIN
5392
PEDESTAL FULL
5344
TOILET SEAT CONTRACT ELF 82
592101
569.95 186.95 118.95 188.95 208.95 56.95
2
MUKWA WOOD SKIL JIG SAW BOW HANDLE
6 PIECE BATH SUITE • White with Plastic Cistern
Ceramic Floor Tile • 35 x 35 • 2m 2 SKU: 301734
4003AA • 380W
69.95 per m
2
SKU: 972103
SKIL ANGLE GRINDER
267.95
9030AA • 600W
SKU: 972103
267.95
For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us on 0861 CASHBUILD (227 428 453) THESE PRICES VALID UNTIL SUNDAY 23 JUNE 2013
Ceramic Floor Tile • 35 x 35 • 2m 2
FREE Membrane
SKU: Various
bAThroom SKU: Various
MARULA BROWN
MEDAL WATERPROOF
Various Colours 1 Litre
FREE Membrane
SKU: 301730
SKU: 301732
DURAM FLEXIKOTE
2 189.95 2 039.95
MOPANE PEACH
SKU: 300002
SKU: 301224
SKU: 512633
SKU: 301731
20 Litres
20 Litres
SKU: 512632
MARULA MARBLE
49.95
179.95
150 Litres
SKU: 301726
SKU: 301331
SKU: 301223
FRANKE COMBISLIM SABS GEYSER
MOPANE MARBLE
White 5 Litres
White 5 Litres
100 Litres
www.cashbuild.co.za
57554 WK48 REDWORKS
SKIL IMPACT DRILL
SKIL 6002CA • 500W • Keyed Chuck ORBITAL SANDER 7003AA SKU: 972107 • 145W • Keyed Chuck
267.95
SKU: 972107
267.95
TYLON TILE ADHESIVE 20kg WB9
SKU: 628205
39.95
TYLON GROUT
5kg • White • Dove Grey & Light Grey SKU:628552/628560/628566
47.95
Please note that advertised products may differ slightly from that of the actual products in-store. RSA
E & O E. All prices include 14% VAT
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
SÓ moet ’n wenmuskadel smaak, sê Francois van Niekerk, depotbestuurder van Oranjerivierwynkelders. Dié wyn het ’n platinum en ’n goue oorkonde vir sy wit en rooi muskadel op Muskadel SA se 11de prysuitdelingsaand in die Paarl verower. Foto: Emile Hendricks
Platinum vir NK-wyn Charné Kemp
DIE Oranjerivier-wynkelders in die Noord-Kaap het gisteraand twee oorkondes op die 11de prysuitdelingsaand van Muskadel Suid-Afrika vir sy muskadelwyn verower. Muskadel SA, geborg deur Enartis SA, het die gala-aand in die Paarl aangebied. Die Oranjerivier-wynkelders het uit 26 inskrywings die enigste platinumeerbewys ontvang vir sy Rooi Muskadel 2012, asook ’n goue eerbewys vir sy Wit Muskadel 2012. Yolandi de Wet van Yolandi de Wet PR sê in ’n verklaring die Breederiviervallei-streek het ook sy reputasie as muskadel-kontrei gestand gedoen en drie goue medaljes ingeoes met die Rooiberg-wynkelder se Rooi
Muskadel 2012, Mooiuitsig-wynkelder se Oude Rust Rooi Muskadel 2012 en Du Toitskloof-kelder se Rooi Muskadel 2012. Volgens Henri Swiegers, voorsitter van Muskadel SA en wynmaker in die Breederiviervallei, verkies muskadelwyne droë en warm weerstoestande, maar ook genoeg water. “Dit lei tot ’n hoë suikerinhoud en lae pH-vlakke wat die sukses van ’n muskadel bepaal. Suid-Afrikaanse produsente is baie toegewyd en probeer altyd om die beste gehalte te lewer.” Die wyne word blind geproe en volgens ’n beproefde puntestelsel beoordeel. Die uniekheid van die verpakking speel ook ’n rol in die puntetoekenning. Die wenwyne kan in
winkels uitgeken word aan die Muskadel SA-plakker wat op die bottel aangebring word. “Vanjaar se inskrywings is besonder goed, met goeie kompleksiteit en diepte van geur,” sê Dave Biggs, beoordelaar en wynkenner. Enartis SA is reeds ses jaar by dié muskadelvereniging betrokke. “Muskadel is een van die beste wyne wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf jaarliks oplewer en die beste oor die wêreld heen. Die stigma dat muskadel net ’n soetwyn en ’n winterwyn is, is iets van die verlede. Enartis SA, in samewerking met Muskadel SA, het dit verander en sal in die toekoms daarop voortbou,” sê Steven Baard, verkoopsbestuurder van Enartis SA.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
DIE Jogebédbabafotokompetisie het op ’n heerlike Saterdagoggend tussen pragtige ballonne en met oranje en rooi kolwyntjies ten einde geloop. Die prysuitdeling het te midde van lekker vermaak vir al die kleingoed by die Waterfront gastehuis plaasgevind. Die Missio Deigroep van die Hoërskool Upington en van hul matrieknooiens het vermaak verskaf. Van links is Shavonne de la Fontaine (Missio Dei), Marianke May (matrieknooifinalis) met klein Riaan White en Willien Bezuidenhout (Missio Dei). Foto’s: Lizette Slabber
7
HIERDIE pragtige tweeling het met ’n hele paar pryse weggeloop on der meer vir mooiste foto saam met Ouma. Dina Pieters, trotse ouma, spog hier met Caleb (links) en Kendrick van der Westhuizen.
Kleingoed stap met pryse weg
DIE wenners van die kategorie 2 tot 4 jaar is van links Rudolph en Tanya Greyling, Marilana, Willem en Chelsea du Plessis en Christelle en Michelle Dyer. DINA BEUKES en Jared Theron het ook ’n prys losgeslaan vir mooiste oumaenbabafo to.
DIE pa’s het skoonskip gemaak in die katego rie vir mooiste ouerenbabafoto. Van links is Terry en Meyer Louw, Tanya en Carl Greyling en Jacques en Jamie Venter.
DIE kategorie 0 tot 2 jaar was so skatlik dat ses wenners aangewys is. Phillip Strauss se oopmondlaggie het aan hom die eerste plek besorg. Sy oupa, Keppie Nel, het die prys namens hom ontvang. Van links is Lauren en Emily Bezuidenhout, Heinrich en Kendrick van der West huizen, Keppie Nel, Lana en Caleb van der Westhuizen, Lydia en Chander Dhlomo, Hildene en Liané van Zyl en Charlene en Danine Hobbs.
DIE wenners van die gelukstrekking is van links Eva van Wyk, Michael en Jaháziël Smith, Rachel Assegaai, Hazel en Matthew Smith en Angelique en Hazelique Smith.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
NK het die laagste vigssyfer André Botha DIE Noord-Kaap het tans die laagste vigssyfer in die land, het Mxolisi Sokatsha, LUR vir gesondheid, verlede week in sy begrotingsrede gesê. Die departement se begroting vir die nuwe geldjaar beloop nagenoeg R3,3 miljard. Dit is ’n toename van sowat 6% teenoor die vorige geldjaar. Sokatsha het gesê die uitslag van die jongste opname oor vigs, wat in Desember 2012 bekend gemaak is, het getoon dat die vigssyfer in die provinsie 17% is. Die Siyanda-distrik het die hoogste voorkoms in die provinsie, sowat 19%, en Namakwa die laagste, sowat 6%. Hy het gesê een van die grootste uitdagings vir die departement is stygende
gesondheidskoste, asook onvoldoende mediese personeel. Laasgenoemde se werklading sal met die herontplooiing van sowat 400 verpleegsters wat deur die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement beskikbaar gestel is, verlig word. Die nuwe hospitaal op Upington sal na verwagting in Augustus open. Dienste sal geleidelik ingefaseer word. Wanneer dié hospitaal ten volle op dreef is, sal dit byna dubbel soveel beddens as die huidige Gordonia-hospitaal hê. Streekhospitaaldienste sal dan aan die westelike deel van die provinsie gelewer kan word. Die Kimberley-hospitaal kan dan op die oostelike deel van die provinsie fokus en ook tersiêre dienste aan die hele provinsie lewer.
Vorder na halfeindronde van redenaarskompetisie VIER leerlinge van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas het na die halfeindronde van die ATKVrede naarskompetisie deurgedring. Dié halfeindronde is vanjaar deur HMO aangebied. Dié redenaars is van links Hananja Jordaan, Elzanne Myburgh, Christoff Loubser en JoMarie Hayes. Foto: verskaf
Leerlinge skitter in kompetisie DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas spog vanjaar met drie leerlinge wat aan die kykNET- Nasionale Toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge deelgeneem het. Ná ’n uitdunronde waarin meer as 500 leerlinge van oor Suid-Afrika heen meegeding het, is Jeandré Janse van Nieuwenhuizen, Charl Koortzen en Rian Rautenbach gekies om as deel van slegs 60 leerlinge aan die eindronde deel te neem wat in die Kunstekaap-teater in Kaapstad aangebied is. Tydens die eindronde het Rian en Jeandré tot die top-30-ronde van die
kompetisie deurgedring. Rian het die gesogte SAOU-studiebeurs gewen. Hy moes benewens die akademiese keuring ook ’n onderhoudsessie slaag. Hy is ook na aanleiding van sy optrede tydens dié kompetisie beoordeel. Rian beplan om in 2014 drama en onderwys aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Rian is ’n kranige toneelspeler en ’n veelsydige akteur wat al sedert laerskool aan verskeie landwye kompetisies deelgeneem het. Hy presteer ook op musiek- en dansgebied en is die kaptein van HMO se eerste rugbyspan.
RIAN RAUTENBACH het die gesogte SAOUstudiebeurs tydens die kykNET Nasiona le Toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge ontvang. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
AL die Velties saam met hul geliefde skoolhoof, Rian van der Vyver.
Foto’s: Rudy van Tonder
Hoof op dag vereer
RIAN VAN DER VYVER, skoolhoof van Duine veld, kom by die skool aan agterop die trekker wat spesiaal vir sy verjaardag deur ’n ereboog gery het.
DIE Hoërskool Duineveld het op 24 Mei behoorlik fees gevier. Rian van der Vyver, geliefde skoolhoof van Duineveld, se verjaardag word elke jaar op ’n besonderse wyse gevier. Verlede jaar het hy ’n helikoptervlug oor die skool gekry en vanjaar is hy met ’n tipiese plattelandse rit op ’n trekker bederf. Maar dis waar die tipiese plattelandse atmosfeer geëindig het, want die trekkerrit het te midde van sjokolade, blou en rooi ballonne en met ’n chauffeur gepaardgegaan. Leerlinge het ’n ereboog vir hom gevorm terwyl vreugdekrete en ballonne die lug ingestuur is. Met dié verjaardagvieringe spreek die leerlinge en onderwysers jaarliks hul groot waardering vir sy bekwame leiding en deernis met die kinders uit. Volgens Megan Loots, ’n onderwyser aan Duineveld, is dit glashelder die man agterop die trekker is aan die stuur van ’n skool met geesdriftige leerlinge en onderwysers.
9
RIAN VAN DER VYVER waai vir die leerlinge terwyl hul vreugdekrete en ballonne die lug ingestuur word.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
Dag vir kinders, ouers beplan DIE Ou Skool-gastehuis op Neilersdrift bied op 8 Junie ’n dag spesiaal vir kinders aan. Die Onse Kindersdag by dié gastehuis word spesiaal vir alle kinders aangebied sodat hulle ’n lekker dag van pret en plesier saam met hul ouers kan geniet. Vir die kinders gaan daar skattejagte, gesigverf en springkastele wees, asook dwergbokkies, hoenders en skape wat hulle kan voer. Vir ouers is daar stalletjies en ’n koffiewinkel waar hulle lekker kan ontspan terwyl die kinders die hindernisbaan aanpak of na die stories luister. Die doel van die dag is om as deel van die gemeenskap iets mooi en lekker aan die kinders van die gemeenskap te bied. Daarom is toegang gratis en is die kinders van Jogébed en die Mispa-kinderhuis ook genooi. Al die uitstallers gaan ook ’n ietsie ekstra vir kinders bied wat enigiets van boeklees, kleispel tot
storievertel insluit. Buiten vir al die stalletjies wat Vadersdaggeskenke, dekorartikels en handgemaakte produkte te koop aanbied, sal daar ook verskeie uitstallers wees wat veral op kinders fokus. Die nuutgestigte Animal Welfare Society van Upington sal kinders meer oor diereversorging leer, Pienkvoet-Pret bied ’n hindernisbaan aan, daar sal opvoedkundige speelgoed te koop wees, spookasem en opgeleide personeel van Educare sal kinders met opvoedkundige aktiwiteite besig hou. Maar moenie dink Pa gaan afgeskeep word nie. Bezalel gaan seker maak daar is Vadersdaggeskenkpakke en wyn, mampoer en brandewyn om aan te proe. Carin Strydom, bestuurder by die gastehuis, sê hul doel met die kinderdag is om ouers en kinders nader aanmekaar te bring op ’n prettige manier wat elke lid van die gesin kan geniet.
DIE Ou Skoolgastehuis bied op 8 Junie die Onse Kindersdag aan.
Foto: verskaf
Perfek vir troues
DIE personeel van die Ou Skoolgastehuis is van links, voor: Sylvie Isaks, Michael Langley en Estelle Lubbe; agter: Carin Strydom, Nicolene van Rooi en Dorien Botha. Foto: verskaf
Oudleerlinge onthou nog skool “SO rustig, kalm en verfrissend soos die atmosfeer nou by dié gastehuis is, so rustig en kalm was die atmosfeer toe ons nog hier skoolgegaan het.” Dit is van die kommentaar wat besoekers aan die Ou Skool-gastehuis lewer wanneer hulle hul alma mater besoek en dit nou as ’n gastehuis aantref. Die Ou Skool-gastehuis was eers die Primêre Skool Neilersdrift, maar dié skool se deure is al in 1970 gesluit. Al die kinders van Rooikopeiland, Skanskopeiland, Brakboseiland en Neilersdrift het na die plaasskool gegaan voordat die departement van onderwys
besluit het om die skool te sluit. Die skool is weens ’n gebrek aan geld gesluit omdat die nabyheid van Keimoes die skool se bestaan beïnvloed het. Tog vertel oudleerlinge graag staaltjies van streng onderwysers, fliekaande in die binnehof wanneer die onderwysers ’n groot doek gespan het waarop die fliek vertoon is en natuurlik kattekwaad wat aangevang is. Johannes Möller, president van AgriSA, was juis een van die kinders wat hier op skool was. Dorien Botha, een van die bestuurders van die gastehuis, sê oudleerlinge is altyd dankbaar dat
AS jy nog altyd op soek was na ’n klein, intieme troue onder die sterre met kersliggies wat jou lok na beloftes onder palmbome, dan is die Ou Skool-gastehuis die ideale plek vir jou troue. In dié gastehuis se binnehof, met wingerde omring en onder die perfekte palmlaning, kan enige bruid die troue van haar drome hê. Die Ou Skool-gastehuis kan alles van die huweliksplegtigheid tot die onthaal aan bruide verskaf. Troues is al onder die gazebo en in die palmlaning aangebied en groter troues kan ook in die binnehof plaasvind. ’n Onthaal van tot 90 mense kan maklik in die binnehof of op die grasperk aangebied word. Vir die bruid en haar gevolg verander die personeellede die boekwinkel in ’n skoonheidsalon waar ’n haarkapper en skoonheidsdeskundige verseker dat die dag rustig deurbring kan word terwyl die
bruid, ma’s en die gevolg hul hare en grimering kan laat doen. Volgens Carin Strydom, een van die bestuurders van die gastehuis, het ’n bruid gesê dié drie uur wat sy saam met haar familie en vriendinne in die skoonheidsalon deurgebring het, was maklik die beste drie uur van haar troudag. Die restaurant kan ook die spyseniering van die onthaal verskaf en hulle voldoen aan alle spesiale eetvoorkeure. Daar word egter nie net troues aangebied nie, maar ook spesiale verjaardae, ooievaars- en kombuisteepartye, konferensies en reünies is al daar gehou. Die restaurant kan ook soet- en soutborde verskaf en hulle lewer af. Daar word ook spesiale akkommodasietariewe gegee vir groot groepe, pensioentrekkers en verkoopsmense, en kinders onder twee bly gratis.
die skool gebruik word en dat dit nie verval het nie. “Hulle vertel die palmlaning was net kophoogte en stry oor waar presies watter klaskamer was,” sê sy. “Die meeste mense sien die ou skoolvensters en vra of ons nog ’n vensterstok het . . . en ja ons het nog een.” In 2010 het die laaste st. 5-klas van die skool hul 40ste reünie by die gastehuis kom hou. Die skoolgebou is in die 1980’s deur ’n boer gekoop wat dit in woonstelle omgeskep het. In 2008 het Ilse-Marie Rossouw, die huidige eienaar, dit gekoop en in ’n gastehuis omgeskep.
Kry gevoel van nostalgie ’n GEVOEL van nostalgie begroet jou as jy na die voordeur van die Ou Skool-gastehuis op Neilersdrift, net buite Keimoes, stap. Dit lyk soos die voorportaal van ’n plaasskool wat ’n nuwe baadjie aangetrek het. En dis presies wat gebeur het, ’n ou skool is in ’n eiesoortige gastehuis verander met goeie diens, heerlike kos en herinneringe aan jou skooldae. Nege van die tien kamers loop op ’n binnehof uit waar ’n laning palmbome die ideale kuierplek verskaf, ’n replika van die ou skool hoog op ’n paal ’n lekker tuiste vir ’n uilgesin is en erdmanne en meerkatfamilies ook soms kom kuier. Om die tiende kamer te bereik neem ’n mens ’n kronkelende pad by ’n watervaltrap af, deur die palmlaning, tussen wingerde deur tot by die Sopkombuis waar toentertyd se kinders se trappies teen ’n 200 jaar oue bloekomboom nog bewys lewer van lekker speel.
Die Sopkombuis is die wittebrood-suite en nes al die ander kamers herinner die name van die kamers aan die doel van die pragtige ou gebou. Jy kan jou tuismaak in die Musiekkamer, die Houtwerkkamer of in die St. 4-kamer. Die Ou Skool-gastehuis kan 26 mense in die gastehuis en tot 20 mense op die kampeerterrein huisves. Elke kamer het DStv en lugversorging. Daar is veilige parkeerplek en vier kampeerterreine met elektriese kragpunte, braai- en ablusiegeriewe. Daar is ook ’n kroeg en Coffee Shop, ’n padstal met plaaslike kunstenaars se tuisgemaakte produkte en dekorartikels met ’n unieke Keimoeskarakter en ’n boekwinkel. By die Ou Skool-gastehuis eindig alle kuiers met ’n tuisgekweekte malvaplantjie wat aan elke vroulike gas gegee word om só herinneringe van jou skooldae en die ou skooltji te vervleg.
VELE bruide het al hul troubeloftes onder die palmlaning afgelê. Agter dié bruid kan ’n mens die name van die verskillende kamers sien, wat ’n mens altyd herinner aan die kinders wat in dié kamers op die skoolbanke gesit het. Foto: verskaf
DIE binnehof van die Ou Skoolgastehuis vra woordeloos vir lang kuiers waar tyd vergete raak. Foto: verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom met 'n 9 000-volt- gemoniteerde elektriese heining! Vir geakkrediteerde professionele installasie teen bekostigbare pryse, skakel First Defence vir 'n gratis kwotasie. Francois072 156 4035 of Okker 082 829 0292.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
HEKMOTORS en GARAGEDEURMOTORS: Vir nuwe installasies of die herstel van bestaande motors, skakel First Defence. Ons is geakkrediteerde Centurioninstalleerders, met uitstekende naverkope- diens. Al ons nuwe installasies het 'n 2-jaar- waarborg op die motor! Ons gee gratis kwotasies. Skakel Okker 082 829 0292 of Francois 072 156 4035.
1,2-m-MIELIERESTEBALE beskikbaar. R120 per baal. Schweizer-Reneke-/ Wolmaransstad-distrik. Louis 083 225 8815/Tom 083 656 2330.
NUTSMAN: Alle herstelwerke in en om die huis. Loodgieters-, staal-, elektriese en houtwerk, teëls, plaveisel, ens. Skakel 082 752 1600.
BRUCE POOLS AND THATCH ROOFS MAY SPECIAL: 4 x 3 pool and 4 x 3 lapa, R29 600 5 x 3 pool and 5 x 3 lapa, R32 000 8 x 4 pool and 8 x 6 lapa, R48 000 Phone Bruce 076 088 8595.
053 712 1961 053 712 2068
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
Columbia Carpets/ Blinds
PARKERING TE HUUR: Vervoer u personeel van Kuruman na hul werksplekke en is op soek na parkering vir hul voertuie? Ons bied 'n oplaai-/aflaaipunt met veilige parkering en sekuriteit. Skakel 082 948 2017.
KAMER BESKIKBAAR IN meenthuis: R3 000 p.m. Skakel Francois 072 156 8035. VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. Skakel Dirk 079 877 7134.
CORSA 1700, 2001: R25 500. 1997 Hilux 2400, rails: R48 500. Phone 071 967 0285.
ASTRA 1400, 1995: R21 500. 1987 Conquest: R16 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. FORD FIESTA: 1998. R22 500. Uno 2000: Excellent. R19 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. JETTA 1.6: 1988. R9 500. 1980 Ford Granada 2.0: R13 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. JETTA 3 1600, 1996: R22 000. 1988 Corolla 1300: R20 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. TAZZ 1600i 16V, 2002 Twin Cam, mags, CD: R28 500. NOT neg. Phone 072 472 8686.
V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en ook tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de/h Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272 / 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.
2-SLAAPKAMER-HUIS te huur, R9 000. Skakel 082 376 1091. KURUMAN: 3 slk, badk, sitk, eetk, kombuis, toegeboude stoep met wasarea, garage, buitek met toilet en 'n afdak. Koopkrag en waterheffing uitgesluit, teen R9 000. 084 209 5536.
KURUMAN Te huur Meenthuis 2 slaapkamers Enkelbadkamer R6 600 3 slaapkamers 2 badkamers R9 900 – R11 500 Baie netjies Huise 3 slaapkamers 2 badkamers R9 900 3 slaapkamers 3 badkamers Dubbelmotorhuis R14 850 Skakel Elretha 083 561 6705 Lizette 083 273 3852
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
1-SLAAPKAMER- WOONSTEL met kombuis en badkamer. R3 500 p.m. W en l ingesluit, met DStv. Skakel 083 784 7629. BACHELOR FLAT, brand new. R3 500 p.m. No smokers and kids, please! Phone 072 492 4144. EENMANWOONSTEL: Gemeubileerd, DStv, lugreĂŤling, onderdak-parkering, koopkrag. Beskikbaar 1 Junie 2013. Skakel 072 634 6880 EENMANWOONSTEL te huur. Krag en water ingesluit. R2 500 p.m. Tel. 084 651 3000. WENDY-HUIS TE HUUR in Wrenchville, krag en water ingesluit, R2 500 p.m. Skakel Penny 083 366 9473 of Brian 084 245 1782. WOONSTEL TE HUUR vanaf 1/06/2013. Kuruman. Skakel Nico 072 537 2449.
AIDA KURUMAN: HUISE 1. 3 slk, 2 badk, 1-slk- woonstel en swembad. R2 505 000. 2. 4 slk, 2 badk, 2 m/h, TVkamer, kantoor. R1 350 000. TE HUUR 4 slk, 2 badk. R15 000 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422.
KURUMAN: 2-slaapkamermeenthuis. Oopplan, 2 badk, ingeboude braai. Enkelm/h. Slegs 4 eenhede in kompleks. Eie tuin. Alarmstelsel en outomatiese sprinkelbesproeiing. Skakel 082 923 8165.
RECRUITING NOW IN KURUMAN Full sales training offered to sucessful candidates. No experience required. Must be energetic and selfmotivated. Must work well in a team. Own transport an advantage. Income from R5 000 - R10 000 p.m. Extra bonusses and incentives for top performer. Phone 053 712 0612 now to arrange a personal interview. SOEK NA EERLIKE EN BETROUBARE kantoordame met glas- en windskermondervinding. Faks CV na 086 524 8534. Teach English in Thailand.Relocation cost apply.linda@teachnet.co.za TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone Hester 082 578 5215. It can change your life.
M.J.P. Louwrens
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Matines Jacobus Petrus Louwrens, distrik Kuruman. Boedelnommer: 2615/2011 Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lĂŞ by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die kantoor van die Landdros, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 31 Mei 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8300 S.R. Oats
In the estate of the late SR Oats, identity number 410423 0261 089 of House G338, Itereleng Street, Magojaneng Village. Estate number: 3461/2012 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 31 May 2013 at the office of the Master of the High Court, Mmabatho and
the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
FYNGESLYP met Jannie Moolman waarin Bloemfonteinse topkunstenaars onder hande ge neem is, is een van vele kontemporêre musiekkonserte wat op die Vryfees aangebied gaan word. Foto: Verskaf
Fees bied iets vir elke kunssmaak Braam Muller
DIE Vryfees vind vanjaar van 9 tot 14 Julie in Bloemfontein plaas en bied weer ’n verskeidenheid van toptoneel- en -musiekproduksies aan. Onder die 12 kabaret-, musiekteater en klassieke musiek-aanbiedings is ’n Kabaretmania wat gehore gaan bekend stel aan die muse met die mes: kabaret. Die Bloemfonteinse stadsorkes gaan groot klank aan die musiek van Andrew Lloyd Webber verleen; en vir die manne is daar ware burlesk-poppies wat in Big Top Burlesque sing en dans. Luister jy fyner is daar Zorada Temmingh se orrelspel, André van Daalen se hobo, Magdalene Minnaar en Zanne Stapelberg se sopraanstemme en Charl du Plessis se Bachjazz. Heeltemal anders – in die trant van mu-
sikale, pittige Victor Borge – skerts die Australiese pianis David Scheel. Die kontemporêre musiekprogram bied nuutjies soos Chris Chameleon saam met die Bloemfonteinse Kinderkoor, Fyngeslyp met Jannie Moolman waarin Bloemfonteinse top-kunstenaars onder hande geneem is vir ’n konsert aan, die feestreffer en gala-openingskonsert Liedjie vir jou met onder andere Laurika Rauch, die 78-jarige Dorothy Masuka en Karen Zoid, Steve Hofmeyr kom vier 25 jaar op die verhoog in die Callie Humansentrum en Dana Snyman kom saam met musiek stories vertel. Bekendes wat weer terug is, is Mathys Roetz, Lize Beekman, Jak de Priester, Kurt Darren, Romanz en Nianell saam, Ses Snare, Sarah Theron, Radio Kalahari Orkes, Koos Kombuis en Piet Botha.
Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks a specialist to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Maintenance Fitter (Ref. MF 112614)
The incumbent will be responsible for executing maintenance activities within the Engineering Maintenance section. Responsibilities: • Maintaining conveyors, crushers, vibrating screens and feeders and slurry pumps • Performing any other reasonable ad hoc duties as and when requested from time to time • Adhering to SHEQ and legal standards and procedures within the relevant section and assisting line management in the maintenance and improvement thereof • Managing spares and performing cleaning and good housekeeping duties in the department • Conducting root cause analysis, identifying corrective action, implementing corrective action within span of control and reporting appropriate corrective and/or improvement actions • Managing the performance of the work team to achieve specific asset care objectives, including effective communication of job status and team needs • Operating and maintaining fixed and mobile maintenance equipment and tools, according to procedures and standards • Applicants for this position must be prepared to work shifts, overtime and be on standby as and when required. Minimum requirements: • Grade 12/Matric • Trade certificate as Fitter and Turner • A minimum of NTC2 • Three to five years’ relevant post-qualifying operational experience in plant maintenance • A high sense of responsibility • A valid Code B/EB driver’s licence • A certificate in Basic Rigging will be an added advantage • System orientated (procedures, etc.) • Fit and healthy – prepared to undergo physical examination by medical practitioner. Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability to work under pressure and be independent • System knowledge and relevant policies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHEQ knowledge • Administration skills • Statutory knowledge of relevant legislation. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 14 June 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 112614
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
Duathlon binnekort gehou DIE eerste duathlon in die Upington Crusaders se winterreeks vind op 8 Junie van die Riva Resort op Louisvale plaas. Deelnemers kan individueel of in spanne aan dié nuwe roete deelneem. Die formaat is dieselfde as verlede jaar en deelnemers moet 6 km draf, 26 km bergfiets ry en dan weer 2,5 km draf. Almal is welkom en as mense draf- of fiets-
rymaats soek om ’n span mee te vorm kan hulle Kobus Liebenberg by 082-784-1522 bel. Elke deelnemer ontvang ’n medalje, asook ’n worsbroodjie en koeldrank, en daar is ook verskeie gelukstrekkings. Die duathlon is die ideale manier om deur die winter fiks en aktief te bly. Inskrywings vind om 07:00 by Riva Resort
plaas en deelnemers spring om 08:30 weg. Die inskryfvorms kan vooraf by Cycle City en Upington Cylcle and Outdoor gekry word. Die inskrywings kos R60 per individu en R120 per span. Besoek ook www.upingtoncrusaders.blogspot.com of stuur ’n SMS aan Kobus met ’n faksnommer en hy sal die inskryfvorm aan deelnemers faks.
DIE skuts van die Hoërskool Duineveld is van links Adriaan Viljoen, Claire du Plessis, Zander Beyleveldt, Janika Daubern, Juan Pretorius, Heloise Drotskie en Johan van Blerk. Foto: Megan Loots
Skuts blink uit in liga DIE skuts van die Hoërskool Duineveld het aan SANSSU se NoordKaapse skietligabyeenkoms op Prieska deelgeneem en verskeie medaljes losgeskiet. In die o.21-sporter-klas het Zander Beyleveldt ’n goue medalje in die 10 m- en ’n silwermedalje in die drieposisie-kategorie gewen.
In die o.21-veergeweerklas het Claire du Plessis goue medaljes in die 10 m- en die drieposisie-kategorie gewen. In die o.16-sporter-klas het Lenika Daubern ’n silwermedalje in die 10 m- en ’n goue medalje in die drieposisie-kategorie gewen. Juan Pretorius het ’n goue me-
Ingesluit in rugbyspan LUAN AGENBAG (links) en André van Zyl van die Laerskool Sentraal op Kakamas is in die o.12GriekwalandWesse rugbyspan in gesluit. Hulle het reeds wedstryde in Welkom en Bloemfontein gespeel. Foto: Verskaf
dalje in die 10 m- en ’n bronsmedalje in die drieposisie-kategorie gewen. In die o.16-veergeweerklas het Adriaan Viljoen ’n silwermedalje en Heloise Drotskie ’n bronsmedalje in die 10 m-kategorie gewen. Johan van Blerk het ’n silwermedalje in die drieposisie-kategorie gewen.
PATRICIA MECWI en Micke Engelbrecht, leerlinge aan die Laer skool Sentraal op Kakamas, is in die o.13NoordKaapse Robyne netbalspan ingesluit. Hulle gaan van 1 tot 4 Julie in die All Ages toernooi op Margate deelneem. Twee van dié skool se afrigters is ook deel van die span. Van links is Marscha Britz (o.13afrigter), Patricia, Micke en KarenMarie Engelbrecht (o.14afrigter). Foto: Verskaf
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 30 MEI 2013
Voluit doellyn toe DIE o.13Arugbyspan van die Laerskool Seodin het die eerste span van die Laerskool Post masburg met ’n stewige 720 geklop. Hier is Riaan de Klerk in aksie op pad om een van sy drie drieë te druk. Riaan is ná ’n onlangse oefenkamp in Kimberley in die o.13AQuriqua span ingesluit.
Klop span in kragmeting op netbalbaan DIE o.13Anetbalspan van die Laerskool Seodin het tydens ’n kragmeting die Laerskool Post masburg met 219 geklop. Die span is van links, voor: Lauwmari Lambrecht en Junel Odendal; middel: Marjohandi Espach en Rose Kgamo; agter: Stefani Louw, Chanel Burger en Bianca Brits. Foto: Mariete Strauss
DIE netbalspanne van die Laerskool Seodin het weer hul vernuf op die baan gewys. Die o.12Anetbalspan van Seodin het Postmas burg met 93 geklop. Die o.12Bspan het die Laerskool Kuruman met ’n naelskraapse 76 gewen en die skool se o.13netbalspan het Kuruman met 123 geklop. Hier is Rianette Moller (links) in aksie. Foto: Mariete Strauss