4 APRIL 2013
VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG
GRATIS
TEL. 0543313482
OWK verwag goeie oes Belofte van ’n 20% groter oes ná 2 maer jare wink Danie Keet DIE woorde ’n groter druiwe-oes klink soos musiek vir boere in die Oranjerivier-wynstreek. Die wyndruiwe-oes in die benede Oranjerivier-wynstreek het ná twee ondergemiddelde jare sy kop gelig en dit blyk dat 2013 se oes volume- en gehaltegewys ’n goeie oes sal wees. Die 2011-oes is swaar getref deur van die ergste vloede in dekades in die Oranjerivier. Verlede jaar se druiwe-opbrengs was steeds laer as gemiddeld, omdat die vloedbeïnvloede wingerde gesukkel het om van die skade te herstel. Volgens Henning Burger, bestuurder: wingerdkundige dienste van die Oranjerivierwynkelder (OWK), blyk dit dat die huidige parsseisoen aan almal se gunstige verwagtings voldoen. “Hoewel die amptelike algehele oesskatting van ons ses kelders – Upington, Keimoes, Kanoneiland, Kakamas, Groblershoop en Grootdrink – net oor die 135 000 ton is, hoop ons die eindtotaal sal nader aan 140 000 ton wees. “Die wingerde het ’n goeie ruskans gehad in ’n winter waar dit veral saans sommer lekker koud was. Die aanvang van die somer was ook koel, wat beteken die druiwe het stadiger ontwikkel ná ’n gelyke en eweredige bot-en-settydperk,” sê hy. “Hoewel geringe rypskade weens die koel lente voorgekom het, is die wingerde blakend gesond, een van die kenmerke van die Oranjerivier-streek.” Die eerste groot hoeveelhede druiwe is in die eerste week van Februarie ontvang en aangesien die weer warmer is, verwag Burger die kelderpersoneel sal moet bontstaan soos die druiwe vinnig ryp word. “ ’n Mens begin maar so ’n bottelnek bereik soos die vroeë wit kultivars en sommige rooies, soos pinotage, later rypheid bereik. Dan lei die hitte tot die vroeë rypwording van die rooi druiwe wat gewoonlik later is.” Burger sê die 20 000 ton tafeldruiwe wat vir die maak van sap aan die kelder gestuur is, is ’n onverwagte meevaller wat sal help om sapen konsentraatproduksie te verhoog. Een van die OWK se sterk punte is logistiek, sowel as beplanning en organisasie, wat die ses kelders in staat stel om die drukste tye te hanteer. “Volumes speel uiteraard ’n baie belangrike rol om ons markte te bedien en waarde vir ons
DIT is nie elke dag dat ’n Kalaharikind soos ’n Bolandse nooientjie kaalvoet in die reën kan speel nie. Lisa Lee (5) kon nie die versoeking weerstaan om in die water te plas nie. Altesaam 74,4 mm reën het sedert verlede Donderdag tot Sondag in die Upingtonomgewing uitgesak. In die Kalahari is plekplek tot by die 100 mm reën gemeet. Boegoebergdam het oor die tydperk 187 mm reën gekry. Foto: Anena Burger
lede te ontsluit, maar druif-en wyngehalte is van die grootste belang,” sê Burger. “Ondanks die hindernisse van die afgelope twee jaar wat die volumes ingeperk het, bly die gehalte van die druiwe wat die OWK van lede kry, van hoë gehalte wat jaar ná jaar verbeter. “Dit is die resultaat van uitstekende strategiese samewerking tussen die wingerdbou-
kundiges en lede. Daarom sien ’n mens nou goeie trosse met pH, suur en suiker wat in balans is, ideaal vir die maak van goeie wyn.” Volgens Koos Visser, bemarkingsbestuurder: OWK, is die nuus oor ’n groter oes behoorlik musiek in die ore van die bemarkingspan. “Danksy die uitbou van ons reputasie as gehalteprodusent en die ontwikkeling van nuwe
markte in Suid-Afrika en in die buiteland het die vraag na ons wyne oor die afgelope vyf jaar toegeneem. Kliënte soek nie net gehalte nie, maar ook die versekering dat jy die volumes het om hulle deurlopend te bedien. Daarom is vanjaar se oes, wat na verwagting 20% groter as verlede jaar s’n gaan wees, besonder goeie nuus vir almal betrokke.”
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
Familie platgeslaan ná moord Anena Burger ’n FAMILIE van Morning Glory is in skok gelaat nadat die lyk van hul niggie en peetkind, Catherine Blom (18), halfnaak in ’n ou begraafplaas ontdek is. Catherine, beter bekend as Patricia, se liggaam was slegs in ’n pienk hemp geklee toe haar lyk deur twee seuntjies van vyf of ses jaar oud ontdek is. Die seuns het in die begraafplaas gespeel. Volgens lt. Sergio Kock, woordvoerder vir die Noord-Kaapse polisie, het sy beserings aan die regterkant van haar kop gehad. Blom se lyk is verlede Saterdag omstreeks 14:00 ontdek. ’n Lykskouing is verlede Dinsdag uitgevoer, maar die uitslag was teen druktyd nog nie bekend nie. Blom se familie is gebroke. Haar niggies en vriendinne het, nadat sy nie huis toe gekom het nie, na haar gaan soek. Blom het by haar oupa, Jacob Philander (77), gewoon en hom versorg. Philander is ontroosbaar. Hy was die heel naweek bekommerd oor Patricia en het die heeltyd na haar gesoek. Hy het eers die Maandagmiddag, nadat sy kleindogters uit radeloosheid by die Rosedale-polisiekantoor aangeklop het en daar van Patricia se dood verneem het, van die voorval uitgevind. Patricia se niggies het haar gaan uitken en sê haar gesig was vol glasstukke en klippies. “Dit lyk asof sy gesleep is. In die begraafplaas is daar ook sleepmerke waar sy gekry is,” het Shirley Blom, ’n niggie, gister gesê. Patricia se peetma, Sabina Blom, sê sy het Patricia ná haar ma se dood aangeneem en grootgemaak. Patricia het, nadat sy skool verlaat het, besluit om weer by Philander te kom woon. Sabina sê Patricia was ’n stil
SABINA BLOM dui die plek aan waar haar peetkind, Catherine (Patricia) Blom, se lyk Saterdagmiddag ontdek is. Die ou begraafplaas is vervalle en bestrooi met glasstukke. Foto: Anena Burger kind wat baie behulpsaam en hardwerkend was. Shirley sê Patricia het Vrydagaand uitgegaan en eers by haar tante, Daleen Blom, gaan kuier. “Sy was so 15 minute by ons en toe loop sy weer. Dit was die laaste keer dat ons haar gesien het,” het Daleen gister gesê. “Die ding het ons diep getref. Ek het nie gedink ek sal my kind so verloor nie,” sê Sabina. “My twee seuns het oor die naweek vir my kom vra of ek gehoor het van die lyk wat in die begraafplaas gekry is. Ons het toe reeds na Patricia gesoek, maar ek wou nie glo dat dit dalk sy kon wees nie.” Volgens Kock ondersoek die Rosedale-polisiekantoor ’n saak van moord. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting word gevra om ao. Charles van Wyk by die Rosedale-polisiekantoor by 054-337-0126 te kontak.
CATHERINE, beter bekend as Patricia, Blom saam met haar niggie, Shirley Blom. Hulle het soos susters saam grootgeword. Foto: Verskaf
JACOB PHILANDER (77) is ontroosbaar ná die dood van sy kleindog ter. Foto: Anena Burger
Psalm vertel van beskerming IN tye van nood en ook waar lesers op die besige paaie ry, ’n Griekwa-weergawe van Psalm 121 deur prof. Hans du Plessis:
12/29
15/31
15/31
N15
NW20
NW20
Ek slat my twee oge op; My kyk vang die verste kop Waarvanaf sal my hulp nou kom? My hulp is vannie Jirre, van Hom. Hy’t nou jimmel en Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voet klippers raak, Is Hy skoene agterrie skaap Sontyd is Hy hoed op jou kop. Innie nag hou hy gevaarlikheid dop Hy’s mos nou da om jou op te pas. Jou siel hou Hy tussen ribbes vas. Gan jy nou in of gan jy nou yt, Hy’s oor jou vir ewig en vir altyd.
Ongeluk eis vier Anena Burger VIER mense is dood en vyf is lig beseer in ’n grusame motorongeluk op die N14 net buite Upington. Volgens lt. Donald Mdhluli, die woordvoerder vir die Noord-Kaapse polisie, het die ongeluk Maandag omstreeks 05:10 sowat 5 km buite die dorp plaasgevind. Volgens Mdhluli het die motor waarin die oorledenes gery het, teen ’n aankomende voertuig gebots. Twee jong mans en twee jong vroue wat in hul motor vasgepen was, is op die toneel dood verklaar. ’n Familielid van die vyf, asook die insittendes van die ander motor, het slegs ligte beserings opgedoen. Hulle is vir behandeling en waarneming in die Gordonia-hospitaal opgeneem. Die kantore van die Noord-Kaapse polisie kon teen Dinsdag nog nie die oorledenes se name bekend maak nie. Volgens Mdhluli moes die naasbestaandes van die oorledenes nog opgespoor en ingelig word. Die Rosedale-polisiekantoor ondersoek ’n klag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
VOX POPS VOX POPS VOX POPS VOX POPS VOX POPS VOX POPS VOX POPS VOX POPS
Prices have consumers fuming Joanie Bergh EASTER ended on a bad note this year after the petrol and diesel prices increased last night.
BEN ELIMAN. What are you going to do? It happens every month and you just have to go on. We have a taxi business and pay more than R10 000 for petrol. You have no other choice. You’ve got to live. Photos: Solomon Jacobs
The Department of Energy released notices of the following increases: ) Petrol (95 grades) increased with 12 cents per liter ) Petrol (93 grades) increased with 10
PATIENCE PITSO: These increases are getting out of hand. Petrol prices go up, as well as food prices and electricity, but our salaries stay the same. How are we suppo sed to live? Children must use bicycles to get to school.
Literacy changes Jack’s life forever
JACK MOTHALE is a truck driver from the Northern Cape. Until 2007, Mothale could not read and he believed he would always be a gardener at Karstens Farm on Kanoneiland. At age 43, Mothale enrolled for an Adult Education and Training (AET) course and took charge of his future. “When I started, I couldn’t read or write
JACK MOTHALE’s life changed when he lear ned to read and write at the age of 43.
and I was dependant on others for assistance. Because I couldn’t speak or understand English, I started with Setswana Literacy Level 1. This gave me a solid foundation because I was taught in my mother tongue. I passed Setswana and am now busy with Numeracy Level 1 and it’s going well,” says Mothale. Mothale was born in Vryburg in the North-West Province and grew up with seven brothers and sisters. Although his parents loved their children, they did not have the means to send them to school. Mothale started working for Karsten Farms in 2003 as a seasonal worker and when his contract expired, the farm employed him as a gardener because he was a hard worker. He was able to obtain his Code 14 driver’s licence and was promoted from a gardener to a truck driver in 2011. On his first road trip to Prieska, Mothale was very excited because he could read the road signs and arrived at his destination without any problems. “I can read my Bible, send SMS’s on my cell phone and withdraw money from the ATM without assistance,” he explains. His first-born son is now in gr. 2 and he looks up to his father. Mothale encourages his son to do well at school because education is the key to success. Since he has learnt to read through Media Works’ AET programme, Mothale can now also help his son with his homework. “I want my children to achieve better things in life. My life has changed for the better. I am so happy and it is all because of the opportunity I was given to further my education,” Mothale says.
cents per liter. ) Diesel (0,05 sulphur) increased with 9,06 cents per litre ) Diesel (0,005 sulphur) increased with 10,06 cents per litre.
Motorists are once again angry at this increase and feel that this is becoming a way of life in South Africa. Kalahari Bulletin spoke to some of the motorists in Kuruman.
RICHARD SEETILE: These petrol increa ses are causing me a lot of problems. I have been a taxi driver for more than 25 years and I serve Kuruman and the surrounding areas. I think people are going to start to walk more often, because if the fuel price increases, my fare is going to increase.
JOHAN VISSER: We are a company situa ted in Potchefstroom. The company builds various sewerage constructions. The diesel increase is a tremendous punishment for us. We drive up to 5 000 km per month between our stations and at this moment we pay more than R20 000 per month for our diesel.
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
Só lyk dorp se eie Moria DIE Pase beteken vir elke individu iets anders, indien enigiets. Verskeie huisgesinne, kerke en kulture vier hierdie tyd op hul eie, besonderse manier na goeddunke oor die wêreld heen. Ateïste is nie hierby uitgesluit nie. Die vermaarde joernalis Barry Bateman van Eyewitness News wat bekendheid verwerf het met sy twiets uit die hof gedurende Oscar Pistorius se borgtogaansoek, ook self ’n uitgesproke ateïs, het Sondag opslae veroorsaak met sy twiet: “Don’t forget what today is really all about . . . caramel centred chocolate eggs.” Verskeie Christene het hierdie stelling van Bateman veroordeel en ander geloofsgroepe het dit graag beaam. Hoewel die inwoners van die Noord-Kaap nie soseer stem dik gemaak het op Twitter nie, het iets soortgelyks hier afgespeel. Op Kuruman én Kathu het die begin van die langnaweek en feesvieringe ’n stormloop van mense beteken. Vroegoggend het minibusse die dorpe reeds binne gevaar met massas mense, oorgehaal om die paar afdae te vier. Terwyl Christene kerkdienste bygewoon het om die kern van hul geloof te vier, het ander die
winkels ingevaar. Want, soos een inwoner gesê het: “Dit gaan oor chocolates, laat slaap en behoorlik kuier, man!” Verkeersopeenhopings en kragonderbrekings weens die onverwagse toeloop van mense het die publiek die Paastyd ingeneem. Paaseiers en -hase het van die rakke af verdwyn. Jy sou gelukkig wees as jy ’n enkele string nog êrens kon opspoor, terwyl personeel hulle moes haas met nuwe voorraad. Toue van etlike meters lank buite drankwinkels en KFC om gereed te maak vir die joligheid in die park oorkant die straat wat tot laataand aangehou het, het ander na die veiligheid van hul eie huise gedryf. Dit was Kuruman se eie Moria-saamtrek. So of jou Paastyd (wat vir sommige gelowiges meer waarde as Kersfees self het), ’n warboel van mense, kuiers en hope Paaseiers was en of dit bloot ’n kerkdiens was – mag jy êrens tot stilstand gekom het om jou persoonlike betekenis daarvan te herdenk. Dit was die Romeinse skywer en politikus, Marcus Cicero, wat immers gesê het: “To each his own.”
A message of change
EN toe bars die donderslae soos kanonskote bo Upington los. Ongeveer 13 mm reën het verlede Dinsdag aand op Louisvale buite Upington uitgesak. Donderslae en blitse het vir asemrowende tonele gesorg en van tyd tot tyd die landskap só verlig dat dit soos helder daglig gelyk het. Foto: Anena Burger
Oudleerling groet leerkrag, later kollega LYNN-MARI man:
OLIVIER,
Kuru-
JUFFROU ANNERIE LOUW, soos ek haar ken, het haar nuussak finaal neergelê. Tydens my skoolloopbaan was sy my Afrikaans-onderwyser. Meer onlangs was sy my leermeester en vriendin. Tot siens aan Kalahari Bulletin se nuusbringer. Dit is met ’n knop in my keel dat ek haar groet en sterkte toewens vir haar toekoms as gewone inwoner van Kuruman. Dit is met heimwee dat ek dink
aan al die lekker tye in die Bulletin se kantoor. Ek kan net dankie sê vir elke geleentheid aan my gebied en die wysheid wat sy oorgedra het. Ek is dankbaar dat ek ’n ander kant van haar kon leer ken. Dit is ’n hart van omgee en ’n gesindheid wat almal graag wil help wat ek leer ken het. Graag sou ek meer dae by haar wou gaan sit en gesels, maar weet
daardie geleenthede is nou iets van die verlede. Vervolgens sal ons in die dorp oor ’n koppie koffie moet kuier. Sou die see roep en sy en Meneer besluit om hul tone in die sand te rus, sal ek maar Desembervakansies dáár vir ’n koppie koffie moet aanklop. Intussen is dit Amsterdam vir drie maande en ek wens haar ’n heerlike reis toe en daarna ’n genotvolle kuier by ’n lieflingdogter en pragtige kleinkind. Dit is met ’n traan en ’n snik wat ek groet tot ons mekaar weer sien.
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per epos ontvang word, sal voorkeur geniet.
Chris van Staden But Ruth said, “Give up requesting me to go away from you, or to go back without you: for where you go I will go; and where you take your rest I will take my rest; your people will be my people, and your God my God.” (Ruth 1:16). We all know this story. Naomi left with her husband for a strange country and there her husband and both her sons died. They left from Betlehem which meant house of bread or house of God and moved to Moab. Why? He had a job opportunity and they settled in that country. The story of the Moabites is this. They were condemned. They couldn’t enter into God’s presence or enter into His temple. When looked at in hindsight, Ruth is about to walk in divine providence. God is about to interfere in her life in a big way. Ruth is walking away from a life of condemnation and shame. She’s making a decision to break the bondage that she was born into. There’s a couple of things that I see in this girl’s life that is outstanding. She is not a quitter I think too often we tend to give up on life when we get a bit of wind from the wrong side. Everything went wrong in this girl’s life, but she refused to give up. When we stand in life’s battles, sometimes we must endure a bit. God is on His way. She is willing to sacrifice When we serve other people, we tend to think we lose, but servanthood prepares us for greatness. Her ability to serve her mother-in-law was about to bring her great reward. You can’t serve somebody if you think about your own needs all the time. Here’s the great truth: By serving her mother-in-law God prepared provision for Ruth also.
She was not stubborn to obey, but she refused to forsake There wasn’t any reward that Naomi could offer her, but Ruth just realized she could not forsake her. So many times we do something for what we can get out of it. So many times when things do not work out we pack up and go and we never work through the situation. God promises us He will be with us no matter what we we go through. God will always reward a sacrifice that lifts others up in spite of what you experience When we read this story we find out that although Ruth was a Moabite, God brought her into the lineage of Jesus. The Moabites were a cursed nation. History tells us that the nation was conceived when Lot’s eldest daughter slept with her own father and the offspring were called the Moabites. God so much liked Ruth’s action that He brought her into the linage of Christ. She was born on the wrong side of the rails, but God’s interference lifted her up and out of her situation. God can change your situation overnight If we keep the faith and if we keep on serving with a good attitude, if we keep on loving, things will change. Ruth’s story is an excellent story to show us how God can change things for the beter. It is a story to show kindness and grace. It is a story that shows us that a good attitude and a heart to serve can change things around. If we embrace God’s love for us and if we are willing to trust Him regardless of our circumstances, He will help us. ) Pastor Chris van Staden is of the Kuruman Christian Church.
MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.
Gooi Afrikaans in die vreemde Annerie Louw DIS 09:00 in Amsterdam. Ek en Mooiste het vir Anke by die kleuterskool afgesien en in ’n koffiekroeg teen die ysige wind skuiling gesoek. Terwyl ons musse, serpe en dik baadjies van ons lywe afstroop, verduidelik Mooiste kliphard in die mooiste Afrikaans aan my hoe die prosedure nou gaan volg. Ek is eers skaam omdat ons anders klink, die mense vir ons kyk en almal kan hoor ons is vreemdelinge. Dan besef ek meteens hoe wonderlik dit is om ’n vreemde taal te praat met niemand wat dit verstaan nie. Dit moet seker vir vreemdes mooi wees, dink ek by myself. En vir die Nederlanders veral omdat Afrikaans seker vir hulle amper bekend klink, maar hulle kan dit nogtans nie volg nie. Dit moet hulle tog interesseer – soos Nederlands vir my. En trots Afrikaans gooi ek die boeretaal en geniet die onderlinge aandag van die mense om ons. Ek en Mooiste kon sit en Engels praat as ons wil hê dat Europeërs ons
moet verstaan, maar ons het ook al ervaar dat Engels glad nie dieselfde gemeensaamheid in Europa ontlok as Afrikaans nie. Blykbaar weens die geskiedenis. Daarom praat Mooiste al “heel gemackelijk Nederlands” en ek gebruik slegs Engels “vir selfverdediging” soos die Namakwalanders in Suid-Afrika graag sê. Tog moet ’n mens hier en daar versigtig wees aangesien baie Nederlandse woorde met Afrikaans en selfs Engels ooreenstem. Dus, hoewel die sinskonstruksie en die spoed waarteen ons praat, veroorsaak dat hulle ons nie kan verstaan nie, kan hulle dalk agterkom waaroor ons praat. In ’n vreemde land ervaar ’n besoeker baie vreemde dinge: vreemde kosse, vreemde boustyle, vreemde kulture, maar die grootste ervaring bly die vreemde taal. Die vreemde klanke laat jou besef dit is nie jou land nie, maar dit hoef jou
nie te skaam te maak om te praat nie. Dit bly steeds een van die kultuurdinge van ons land wat my die trotsste maak: Ons eie taal. Die jongste taal in die wêreld en ons taal groei steeds. Met al ons jong mense wat in Afrikaans skryf, dig en sing en al die nuwe woorde wat nie net geskep word nie, maar ook gebruik word, sal Afrikaans steeds groot wees. Mooiste sê vir my die Nederlanders skep nie nuwe woorde vir byvoorbeeld computer of laptop nie, terwyl rekenaar en skootrekenaar darem bekende woorde in Afrikaans is. Ook praat ons darem van begroting, maar hulle praat van budget wat hulle uitspreek dat dit soos Nederlands klink. Is dit nie genade dat ons taal bly voortbestaan het ondanks die druk op ons voorouers om slegs Engels of Nederlands te praat nie? Ondanks die spottery met die taal en die verbod op die gebruik daarvan. Nou het ons die Vryheid om Afrikaans te praat, te sing, te skryf, te preek en toneel te speel. Is ons trots en dankbaar genoeg?
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
NÁ bykans 100 mm reën wat in die Kalahari uitgesak het, is die Kurumanrivier ’n skouspelagti ge toneel. Foto’s: Sone van Zuydam
5
IN die Groen Kalahari het dit ook bontstaan gekos nadat 74,4 mm reën hier geval het. Annelize en Gregory Lee, wat uit die Kaap ’n bietjie op Upington kom vakansie hou het, moes gou plan maak om met hul baba uit die nat weer te vlug toe hul bakkie in die modder vasgeval het. Foto: Anena Burger
Kalahari juig oor milde reën Anena Burger
MILDE reën het soos seën sedert Donderdag oor groot dele van die Noord-Kaap en Kalahari uitgesak. Die somerstof is afgewas en die veld vertoon sommer groener. Net duskant Louisvale, op pad na Upington, skitter die nederige nedersetting Leseding se dakkies blink in die namiddag son. Alles is vars in die Kalahari. Daar is ’n viering in die lug oor die gawe van reën. In die Kalahari, net neffens Andriesvale in die rigting van Mier, baljaar ’n ma en haar
18-jarige seun uitgelate in die eerste winterreëns in die Koopan-Noord. Betta Steyn en haar Siemon-kind prys die bykans 100 mm op hul eie spesiale manier. Op Upington het die kerf op 74,4 mm gestaan. Boegoebergdam spog met ’n allemintige 187 mm en die eerste keer in ’n lang tyd het die dam op Victoria-Wes se walle oorgeloop. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerburo se kantoor op Upington kan Noord-Kapenaars nou hul winterkas regpak met die koue wat nie ver weg is nie.
BETTA STEYN (links) en haar seun Siemon (18) swem en speel in die KoopanNoord ná die milde reën in die Kalahari.
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
Die Bloodhound SSC (supersoniese motor) Die Bloodhound-span wil in 2014 op Hakskeenpan in die Noord-Kaap ’n landspoedrekord van 1 600 km/h of selfs ’n raps vinniger opstel. Dit sal vinniger as die spoed van klank wees.
Teken ontwerp vir Green se valhelm Anena Burger
Neil Armstrong, die eerste mens op die maan, het verlede jaar sy steun aan die projek gegee. Die Brit Andy Green, wat ook ’n toetsvlieënier is, sal Bloodhound SCC bestuur. Hy het die vorige landspoedrekord in 1997 met Thrust SSC teen 1 220 km/h opgestel.
Vinnige feite
Lengte: 13,5 m Hoogte: 2,8 m Gewig: 7 786 kg (vol brandstof) Wiele: Aluminium 10 200 rpm Maksimum spoed: 1 690 km/h Teikenspoed: 1 610 km/h Totale afstand: 16 km in 100 sek.
Só vinnig: Hy versnel in 3.6 sek. van 0 tot 1 600 km/h. Dit is sowat 1,4 keer die spoed van klank, of vinniger as ’n Magnum .357.
Hakskeenpan
Só verloop dit
Upinton
1 000 kg brandstof : waterstofperoksied en ’n katalisator F1-enjin dryf petrolpomp aan
1
Van 0 km/h tot 480 km/h
EJ-200-stralerenjin
2
500 km/h
Hibried-vuurpyl gevuur – eerste fase
3
650 km/h
Vuurpyl – tweede fase
4
Teikenpoed bereik
5
Twee valskerms ontplooi
Alle aandrywing stop
ELSABÉ BRITS, MORNÉ SCHAAP, Grafika24
Interessant om te weet . . . André Botha AS alles goed gaan, gaan wat nou net ’n uitgestrekte pan sonder water is, volgende jaar die tyd ’n miernes van bedrywighede wees wanneer Andy Green die eerste keer met sy Bloodhound-motor toetse op die pan uitvoer. Die projek lok reeds wêreldwyd belangstelling. Maar selfs al kry Green dit nie reg om sy eie wêreld-landspoedrekord te oortref nie, is die feite rondom die projek genoeg om wêreldgeskiedenis te maak. ) Hakskeenpan is gekies nadat satellietbeelde van 20 000 moontlike terreine bestudeer is. ) ’n Span van 317 werklose mense in die omgewing het reeds ’n wêreldrekord behaal deur sowat 22 miljoen vierkante meter skoon te maak sodat nie ’n enkele klip Green se aanslag kan fnuik nie. Sowat 6 000 ton klippe is verwyder. Die terrein is
1,3 km wyd en 20 km lank. Dit is gelykstaande aan 3 000 sokkervelde. ) Die Bloodhound-motor is ongeveer 13,5 meter lank en 2,8 meter hoog met twee voorwiele wat aan die binnekant van die motor ingebou is en twee agterwiele wat aan die buitekant is. Dit weeg meer as 7,5 ton. ) Die enjin produseer sowat 135 000 perdekrag, gelykstaande aan die krag van 180 Formule Een-renmotors. Die motor is ’n mengsel van motor- en lugvaarttegnologie. ) Die krag van die motor se EJ200 Eurofighter-enjin sal gebruik word om op te bou tot 400 km/h. Die beheerbaarheid van die straler-enjin sal hom kan laat stop as ’n probleem in die stadium opduik. Die hibriede Falcon-enjin sal dan in werking kom. Dit sal die motor tot ’n snelheid van 1 689 km/h aanvuur. Sowat 47 liter brandstof per se-
konde sal verbruik word. ) ’n Afstand gelykstaande aan vier en ’n half sokkervelde sal per sekonde afgelê word. Dit is vinniger as ’n koeël uit ’n Magnum .357, en die motor se eie lengte in minder as drie honderdstes van ’n sekonde. ) Die geprojekteerde koste van die projek is nagenoeg R260 miljoen. ) Die motor sal teen September of Oktober gereed wees. Die aanslag op die rekord sal na verwagting teen die einde van 2013 of die begin van 2015 gedoen word. ) Vir meer inligting gaan na www.bloodhoundssc.com. Op Facebook gaan na www.facebook.com/BLOODHOUNDSCC. Om na video’s te kyk gaan na www.bloodhoundscc.com/bloodhoundtv. Om Andy Green se dagboek te lees gaan na www.bloodhoundscc.com/ andygreen.
van sy oefenlopies in Brittanje en Suid-Afrika sal uitvoer. ’n OPWINDENDE kuns-en-ontDie algehele wenner sal uitgewerpkompetisie word deur die nooi word om Hakskeenpan te beBloodhound SCC-projek vir leersoek en die span te ontmoet. Hulle linge van die Noord-Kaap en Britsal hopelik ook sien hoe die motor tanje aangebied. loop. Die Bloodhound-projek beoog om Daarbenewens sal die skool van in 2014 en 2015 die wêreld-landelke wenner ’n besoek van die spoedrekord te verbeter. Bloodhound-opvoedingspan ontDie bestuurder van die motor, vang. So sal leerlinge van die skool Andy Green, is ook die huidige meer van die Bloodhound-avontitelhouer van die wêreld-landtuur kan leer. spoedrekord. Die inskrywings wat die kortlys Die Andy Green-valhelmkunsvir finale keuring gehaal het, maar kompetisie word in ’n vennootskap wat nie gekies is as vir die wen-ontmet die Noord-Kaapse onderwysdewerp nie, sal ’n plakkaat, geteken partement, die William Humdeur Andy Green, en ’n Bloodphreys-kunsgalery in Kimberley hound-pet ontvang. en die Bloodhound-opvoedingsproOntwerp riglyne en inhoud gram aangebied. ) Ontwerpe moet voltooi word met Die kompetisie word vir leerlinbehulp van slegs die A3-valhelmge van die Noord-Kaap en ook Britontwerp-sjabloon. Die sjabloon is tanje aangebied. Green sal self die beskikbaar op die Bloodhoundfinale besluit neem oor die weninwebwerf by http://www.bloodskrywing wat op sy valhelm verhoundssc.com/helmetdesign. toon sal word. ) Die ontwerp moet voltooi word Daar is drie afdelings waarin met potlood, ink of verf. Geen artileerlinge kan deelneem: ’n interkels mag met gom of kleeflint aan mediêre fase (gr. 4 tot 6), ’n senior die ontwerp geheg word nie. fase (gr. 7 tot 9) en ’n verdere onder) Leerlinge kan die Bloodhoundwys- en- opleidingsfase (gr. 10 tot webwerf vir inspirasie besoek. 12). Jou ontwerp moet: Daar sal een algehele wenner uit ) In pas wees met (of verenigbaar die Noord-Kaap en een algehele wees) met die Bloodhound SSCwenner uit Brittanje gekies word. kleure, blou en oranje. Net so opwindend is die pryse ) Identifiseer (op een of ander mawat die wenners sal ontvang. nier) die voertuig met Green as die Die twee algehele wenners se ontbestuurder. werpe sal op Green se valhelm ge) Die valhelm-vervaardiger, Arai, monteer word wanneer hy ’n paar se logo moet op die syaansig óf sjabloon geïnkorporeer word. Die valhelm is driedimensioneel. Die vorms en lyne sal rondom en bo-oor kurwes maak. ’n Vorm op die agterkant van die valhelm sal ook die kant en die bokant van die valhelm sigbaar wees. Sommige van die beste ontwerpe het slegs twee, drie of vier kleure. Probeer egter om verskillende skakerings van hierdie kleure te gebruik. Dit ANDY GREEN is hier by ’n skaalmodel van die beteken dat meer deBloodhound supersoniese motor waarmee hy tail gebruik kan word beoog om die wêreldlandspoedrekord te verbe sonder dat die valhelm te besig lyk. ter. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
7
VAN links is Elsabé Henning (afgetrede bestuurder van die Mimosahofouetehuis), Annemarie Kleynhans en Elsje Terblanché (albei inwoners). Foto: Lynn-Mari Olivier
Henning groet Mimosahof INWONERS van die Mimosahof-ouetehuis op Kuruman het onlangs van hul geliefde bestuurder van ses jaar, Elsabé Henning, afgeskeid geneem. Maar groet ook met die intrapslag vir Ronel du Plessis wat nou die leisels gaan oorneem. Lynn-Mari Olivier het met hulle gaan gesels. DIT is met ’n hart vol liefde en omgee en tranerige oë wat Elsabé Henning afstand doen van haar pos as bestuurder van die Mimosahof-ouetehuis. Henning was vir die afgelope ses jaar aan die stuur van sake by die ouetehuis. Haar passie vir die tehuis en sy mense is van so ’n aard dat dit bykans tasbaar is. Henning woon reeds sedert die 1960’s op Kuruman en die dorp is
deel van haar, net soos die sand deel is van die Kalahari. Wat het jy die afgelope ses jaar geleer? Die besef dat die afsterwe van ’n persoon nie die einde is nie, maar die begin van iets nuuts. Ek het ook geleer hoe om dit te hanteer. Ek kan eerlik sê dat my eerste ervaring van so ’n afsterwe baie erg was,
maar dat dit ’n nodige leerskool was. Ek het ook besef dat dit vir ’n bejaarde ’n groot aanpassing is om ouetehuis toe te kom, maar dat dit nie net negatief is nie. Daar is ook soveel lekker. Wat sal jy altyd onthou? Die waardering vir iets wat eintlik nietig is. Iets wat ek as ’n daaglikse plig uitgevoer het, is deur hulle as ’n liefdesdaad gesien. Dit was vir my ongelooflik en ek sal die daaglikse waardering altyd saam met my dra. Wat hou die toekoms vir jou in? Niks nuuts nie. Ek gaan steeds hier woon en beslis steeds by die ouetehuis betrokke wees. Ek wil net aan die Kuruman-gemeenskap baie dankie sê. Die gemeenskap dra die ouetehuis en dit is wonderlik hoe goed die gemeenskap vir Mimosahof is.
RONEL DU PLESSIS, die nuwe bestuurder van die Mimosahofouetehuis.
Foto: Lynn-Mari Olivier
Mense haar passie RONEL DU PLESSIS het pas die leisels as bestuurder van die Mimosahof-ouetehuis oorgeneem. Haar oë blink van opwinding en sy is slaggereed vir die nuwe uitdaging. Du Plessis sê dit is nou wel nie haar eerste ontmoeting met Kuruman en sy mense nie, maar dat die vlaktes, sonsondergange en die egte Kurumanse vriendelikheid haar nog altyd soos ’n magneet aangetrek het. Toe die pos as bestuurder van die Mimosahof-ouetehuis geadverteer is, het sy nie twee keer gedink nie. Wie is Ronel du Plessis? Ek is ’n mense-mens. Ek is dol op mense. Ek sou sê mense is my passie. Ek is ook ’n algehele organiseerder. Ek hou van lees, stap, om mosaïekwerk te doen, krale te maak en naaldwerk te doen. Wat is jou droom vir die ouetehuis? My droom is dat die ouetehuis vir die inwoners ’n verlengstuk van hul ou wonings
sal wees. Hulle moet tuis en veilig voel hier. Hulle moet steeds hul lewe hier kan voortbou. Ek wil dit ’n kinder- en dierevriendelike ouetehuis maak. Die bejaardes moet hul plante en troeteldiere na dié nuwe woning van hulle kan saambring. Ek sien baie uit na die uitdaging, maar weet dat ’n mens nie dinge dadelik kan verander nie en dat tyd nodig is. Wat is jou leuse in die lewe? As jy iets wil doen, dan kan jy dit doen. Jy moet dit maak werk. Is daar iets wat jy met die lesers wil deel? Ja, ek gaan op die perseel bly en wil hê dat mense vir enigiets by my sal kom aanklop. Ek is nie hier om net in kantoorure te werk nie; ek is nie tydgebonde nie en ek sal altyd beskikbaar wees.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
PLU EAR POI
2149
2899
4499
7999
BOEREWORS
per kg
per kg
PnP Fresh Whole Chicken
Rainbow Mama’s Nine Nine Frozen Chicken Braai Pack 1.15kg
Duck Farm Frozen Duck
Product has been styled for photography
Sponsored by
5699 per kg
Product has been styled for photography
Bulk Lamb Forequarter Pack (Consists of: Baai Chops & Stew Cuts)
Product has been P styled for photography st
Bulk Lamb Braai Chops
per kg
Product has been styled for photography
Ultimate Braai Master Boerewors
2999
2899
4999 per kg
per kg
per kg
Bulk Beef Mince
Frozen Marinara Mix 700g nett
Frozen Whole Yellow Tail
Product has been styled for photography
Product has been styled for photography
74
5699
per kg
Product has been styled for photography
99 Each
Wellington VO Brandy 750ml
CASE PRICE
NOW ONLY
8
99 100 6499
per case
SAVE 35.00
Hunter’s Dry 24 x 330ml Cans or Nonreturnable Bottles
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Always the
PRICES VALID 2 - 7 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES
IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWA smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We striv liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper program
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
WEEKLY WINNERS
S N NTS
999 per kg
PnP Pears Loose sell
999
PnP Mini Italian Tomatoes 250g
1499 PnP Soft Citrus 1/2 Tray
BUY 2 FOR
2500
PnP White Mushrooms 250g
BUY 2 FOR
2500
PnP Golden Delicious Apples 1.5kg
BUY ALL FOR
2500
PnP Crisp Lettuce Head, English Cucumber & Carrots 1kg
Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g
Each
KOO Baked Beans in Tomato Sauce 410g
BUY ALL FOR
4000 PnP Washed Potatoes 2kg, Onions 2kg & English Tomatoes 1kg
DairyBelle Fruits of the Forest, In Shape or Plain Yoghurt Assorted 1kg
G창teaux Cake
549
Avocados
Each
Each
Each
2000
1499
4999
1779
BUY 4 FOR
3999 Each
BabySoft 2 ply Toilet Tissue Assorted 9s
ere for you
, MINIMARKETS AND HYPERS
ZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.
to ensure all printed information is correct, but will not be e, please see in store or go online for more details.
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CUSTOMER CARE
TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
1177023B_E
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
Prentjiemooi
’n WA staan verlate op die rand van ’n wingerd terwyl gure weer op die agtergrond broei.
’n SONSONDERGANG oor die Groen Kalahari net voor die milde reën wat gedurende die Paasnaweek oor die streek geval het. Foto: Anena Burger
Foto: Anena Burger
SONSONDERGANGE in die Kalahari, veral oor die Oranjerivier, is besonders. Toeriste kom van heinde en ver net om hierdie asemrowende tonele af te neem. Foto:Anena Burger
IBISSE vlieg in ’n Vformasie reguit na die sonsondergang oor Upington.
Foto: Anena Burger
Polisie vind dagga – en ’n dikgevrete pofadder Anena Burger DIE Paballelo-polisiekantoor het gedurende die Paasnaweek ’n groot slag geslaan deur dagga ter waarde van R171 000 te konfiskeer. Volgens a.o. Marina Brewis, sektorbestuurder, het sy inligting uit die gemeenskap ontvang dat dagga na bewering by ’n woning in die Mkweta-plakkerskamp in Pabalello versteek word. Brewis en haar span het met hul aankoms op die toneel, wat deur ’n informant uitgewys
is, ’n donker huis, wat toegesluit was, aangetref. Die perseel is deur die polisie ondersoek. Gedurende die ondersoek het die span hulle in ’n onplesierige verrassing vasgeloop. A.o. Cornelius Kruger het ’n tafeldoek in die slaapkamer opgelig en skielik teruggespring toe ’n yslike pofadder na hom pik. Hy het saam met konst. Derick Steenkamp die slang in ’n bak gevang en ver van die woning af vrygelaat. “Dit was baie vreemd dat ’n slang in die wo-
ning was en boonop kon ’n mens waarneem dat hy pas prooi moes gevang het. Die slang was dik gevreet,” het Brewis gesê. Onder die tafels in die slaapkamer sowel as in die kombuis is vier dromme uitgehaal. Dagga is in die dromme aangetref. Die eienaar het erken dat dit sy dagga was. Daar is op die dagga beslag gelê en die verdagte is in hegtenis geneem. Die gewig van die dagga was 16,8 kg met ’n straatwaarde van R84 000. Saterdag het Brewis weer inligting uit die
gemeenskap ontvang van dagga wat by die voerkrale versteek is. Brewis en Kruger het weer hul gedugte span bymekaar geroep. Na bewering sou die dagga in ’n kraal versteek gewees het. Die kraal is deursoek. Brewis en Kruger het saam met konst. Sebake ’n mat agter ’n drom opgetel waaronder ’n blou drasak versteek was. Dagga met ’n gewig van 17,35 kg en ’n straatwaarde van ongeveer R86 750 is in die sak gevind.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
Karre en bakkies gesoek vir kontant.R10000 tot R50000. 072 472 8686 071 967 0285. 053 963 1409
ISUZU-3-TON-TROK: Puik toestand. Verkoop met padwaardigheidsertifikaat. Skakel 082 450 1077 of 072 486 3617.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens. Verskaf ook 4 x 4-kampeer- en bagasiewaentjies. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072. Hobsonsingel 10, Kuruman.
Labrador/great dane- kruising. 5 maand oud, opgelei, reun. R550. Skakel 084 651 3000
053 712 1961 053 712 2068
1-SLAAPKAMER-woonstel te huur teen R5 000 p.m. Water en ligte ingesluit. Skakel 083 448 9125. COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
Columbia Carpets/ Blinds
42-VK M-stoor. IndustriĂŤle gebied, Kuruman. Huur R1 600 p.m. Skakel 083 524 4995.
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. Florcare-matte en blindings:Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse.Aubrey 072 747 1991
Eenslaapkamer, stapafstand van besigheid. DSTV ingesluit. R4 400 p.m. Skakel 084 651 3000.
Jong dinamiese persoon benodig as verkope klerk om so spoedig as moonlik pos te aanvaar.moet hardwerkend en eerlik wees. Faks of email CV'S na 053 712 2523 k.e.s@vodamail.co.za
HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. Hydro Clean:Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon maak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991
A.J. Nel
DE HOEK OORNAGKAMERS KURUMAN. R300 per nag. Skakel Dirk 079 877 7134.
1996 Hi-Lux, 2400,diesel,longbase,new tyres,new seats,many extras,excellent,R49500. 072 472 8686. 1997 Hi-Lux 2200,R37500,2005 Ford Bantam, 1400,R34500.072 472 8686 071 967 0285 2003 Isuzu 250,diesel, longbase,excellent,R50000, 2005 Ranger,250d, R44500.072 472 8686 Bakkies:1992 Caddy canopy,R20000,1987 Cortina,R19500,1980 Peugot,R16500.072 472 8686
1990 Golf,R19500,1990 BMW,R19500,1997 Uno,R18500.072 472 8686. 071 967 0285 1992 Toyota Super 16 kombi,4y-engin. R48500.072 472 8686. 071 967 0285 1994 Toyota Tazz 160,16v,mags,cd,towbar, boot spoiler, R30000.071 967 0285. 072 472 8686 1996 Jetta ,R25500,2001 Mazda,R23500,1992 Opel,R22500.072 472 8686. 053 963 1409 VOLVO B18 SEDAN: 1963. Puik toestand, een eienaar. Met registrasiedokumente. Skakel 082 450 1077 of 072 486 3617.
In die boedel van wyle AnneBianca Jaqueline Nel, voorheen woonagtig te Hoofstraat 11, Kuruman. Boedelnommer: 573/2014 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 5 April 2013. JORDAAN & MANS ING Prokureur vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 anneli@jorman.co.za
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.
The t n e d n indepe e h t f o voice y t i c r e Riv
SMALLS NOTICE
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
April die mooiste maand Tharine Geldenhuys SOOS die bessies uit hul nate wil bars, blare in die herfs se kleurespel verdiep en rose vir ’n laatsomerblommeprag gereed maak, is April die Suid-Afrikaanse tuinier se mooiste maand. Dít as jy in die jaar jou deel gedoen het om jou tuin te voed en vertroetel. ’n Wyse heer van Kroonstad het eendag vertel as die mis soggens in die laatsomer begin verskyn, kan jy maar tel: Oor drie maande kan dit kwaai begin ryp. Plant nou bome Dit is nou die ideale tyd om bome en struike in gate van minstens ’n halfmeter by ’n halfmeter te plant. Hou die bogrond apart en meng dit met goed verrotte kompos, twee hande vol beenmeel en ook sowat twee hande vol superfosfaat. Sprei die wortels uit en plant hulle na buite. Maak goed nat en ondersteun met stutstokke. Moet die res van die seisoen geen verdere voedsel gee nie, behalwe as dit nie gesond en lewenskragtig groei nie.
Grasperke Dooie kolle en spikkels op jou grasperk kan aan ’n swam toegeskryf word. Vee die aangetaste deel weg en vernietig dit. Wend ’n bietjie bemesting aan en plant vars lote of sooie in die kolle. Maak deeglik nat. Dagtemperature is steeds uitsonderlik hoog. Lig die grassnyer se snylemme om te verhoed dat gras se wortels brand. Aarbeie Plant lopers aarbeie op ’n ander plek as dié seisoen in goed bemeste grond oor. Waak daarteen om tamaties langs aarbeie te plant. As dreinering nie goed is nie, maak ’n verhewe bedding. Vrugtebome Om te verhoed dat bome skade met erge hitte kry, maak wortels twee keer per week goed nat. Pronkertjies Snywurms is lief vir pronkertjies en as jy dit plant, moet jy eers die saad oornag in koue water week. Plaas snywurmlokaas waar jy pronkertjies wil plant. Jaarplante Verdeel die jaarplante soos agapante, Michaelmas-daisies en ander voor die koue. Gooi siek plante weg. Kannas Die blomstele van kannas moet met ’n skerp pluk verwyder en weggegooi word.
PELARGONIUMS, ook bekend as malvas, kan maklik van steggies gekweek word. Dit is wys om die steggies ’n dag of twee te laat verwelk voordat dit ingelê word. Foto: Green Scene
Steggies Wees betyds om steggies nou van margrietjies, pelargoniums (malvas), krismisrose en ander plante te maak.
’n VOORBEELD van die FotoFindermasjien.
Kansa toets gratis vir velkanker
Die gewilde FotoFinder-masjien is van 1 April tot 31 Mei terug in die Kalahari. Die masjien sal Kansa help om mense bewus te maak van velkanker deur toetse te doen en pasiënte betyds na dermatoloë en spesialiste te verwys indien daar enige gevaartekens is. Die diens word gratis gelewer en sal in
April op Upington en in Mei in die Kathu–omgewing gedoen word. Op 20 April word ’n spesiale dag saam met Prieska se Sanlam-Kansa-gholfdag en ook die rolbalklub op Prieska gehou. Vir navrae en afsprake bel die kantoor op Upington by 054-332-4937 of Kathu by 053-7231326.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
15
Kansa doen gratis toetse DIE gewilde FotoFinder-masjien is van 1 April tot 31 Mei terug in die Kalahari-streek. Die masjien sal Kansa help om mense van velkanker bewus te maak. Kansa sal die masjien gebruik om toetse te doen en pasiënte betyds na dermatoloë en spesialiste te verwys indien daar enige gevaartekens is. Die diens word gratis gelewer en sal in
April op Upington en in Mei in die Kathuomgewing gedoen word. Op 20 April word ’n spesiale dag saam met Prieska se Sanlam-Kansa-gholfdag en die rolbalklub aangebied. Vir navrae en afsprake skakel die volgende nommers: Upington by 054-332-4937, Kathu by 053-723-1326 of op Prieska vir Hilda van der Riet by 073-305-9165.
DIE Kansakomitee op Rietfontein ontvang hul hulpmiddels. Van links is Martha du Plessis (finansies), Meris Kocks (voorsitter) en Malie Burden (voorsitter, pasiëntesorg). Foto: Verskaf
Hulpmiddels nou vir pasiënte beskikbaar KANKERPASIËNTE van Rietfontein het onlangs welkome hulpmiddels ontvang. Kansa poog om op elke dorp ’n voorraad hulpmiddels beskikbaar te hê vir die gratis gebruik deur kankerpasiënte wat by die Kankervereniging van Suid-Afrika geregistreer is. Hierdie hulpmiddels sluit duur artikels soos hospitaalbeddens, eierdopmatrasse, mobiele toilette, rolstoele, looprame en bedpanne in wat pasiënte se lewe baie gemakli-
ker kan maak. Hulpmiddels word deur die Kansa-verteenwoordiger op elke dorp aan die pasiënte geleen wanneer dit nodig is. Hulpmiddels soos hierdie is op Rietfontein, Askham, Upington, Prieska, Kakamas, Keimoes, Kathu, Olifantshoek, Postmasburg en Kuruman beskikbaar. Skakel die streekkantoor by 054-332-4937 of kontak die satellietkantoor op Kathu by 053723-1326.
Neem aan atletiekkampioenskappe deel DIÉ vier leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas het as deel van die Siyanda atletiekspan aan die NoordKaapse atletiekkampioenskappe in Kimberley deelgeneem. Van links is Duwayne de Wee (verspring, 80 m en 100 m), Evander Kasimbinque (150 m), Elanie Brand (gewigstoot, bronsmedalje) en Marna van Wyk (150 mhekkies, silwermedalje en verspring, goue medalje). Foto: Verskaf
Clemens Mans tree by kerk op CLEMENS MANS, aanbieder van die televisiekanaal Kruiskyk, sal Upington Vrydag besoek. Die optrede vind om 18:30 in die Volle Evangeliekerk plaas.
Toegang is gratis en een en almal is welkom. Navrae kan gedoen word by die VEK-kantoor by 054-331-1689 of by Dekker Stadler jr. by 082-690-6257.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 4 APRIL 2013
Kolhou 12-jarige se 1ste Lizette Slabber
WILLEM GRESSE (12), ’n kranige gholfspeler van die Private Skool Cum Laude op Grootdrink, het aan die Vrystaat/NoordKaapgholfproewe op Bloemfontein deelgeneem en op die agtste putjie ’n kolhou geslaan.
’n KOLHOU op 12 jaar. Die prestasie is op 9 Maart vanjaar in Bloemfontein deur die 12-jarige Willem Gresse van Gariep behaal. Willem, ’n kranige gholfspeler van die Private Skool Cum Laude op Grootdrink, het aan die Vrystaat-enNoord-Kaap-gholfunie se proewe op Bloemfontein deelgeneem toe hy op die agtste putjie ’n kolhou geslaan het. Die kolhou het hy met ’n nege-yster behaal en hy beskryf die besondere prestasie skaam: “Dit was baie lekker”. Volgens sy ma, Charlene Gresse, was nie sy of haar man daar om die kolhou te sien nie. “Willem stap alleen deur sy rondes, want as ons by is, raak hy gespanne. “Hy verkies om self te besluit met watter stok hy watter houe gaan aanpak.” Hy het egter later vir haar vertel hoe hy die bal dopgehou het. “Die bal het gehop en weer gehop en toe is hy net weg. Die volgende oomblik het almal begin gil en op en af spring.” Charlene vertel laggend hoe die omstanders later vertel het hoe Willem hande en voete in die lug opgespring het. Om die groot prestasie te vier kry Willem op 6 April in ’n gholftoernooi in Kimberley ’n sertifikaat om sy kolhou te vier. Willem gaan dan as deel van die Vrystaat-en-NoordKaap-span aan die gholftoernooi deelneem, want hy het die span gehaal. Op die vraag hoe hulle sy kolhou gevier het, antwoord Willem: “My ma en pa het dadelik teruggery middestad toe om vir my ’n rocketball stage 2- (RBZ) stok te koop.” Volgens Charlene is die klein gholfspeler al klaar baie lief vir die spel. “Hy glimlag altyd selfs al speel hy ’n slegte hou. “Sy houding op die baan bly altyd dieselfde.”
Voorste roeiers gaan meeding Anena Burger DIE Suid-Afrikaanse nasionale kanosnelroei-uitdunrondes word van 12 tot 14 April op die Vanderkloofdam aangebied. Kanovaarders van oor die land heen sal hier bymekaarkom in ’n poging om vir hulself ’n plek in die Suid-Afrikaanse roeispan oop te roei. Volgens Ethel van der Walt, organiseerder, is dit die eerste jaar dat hierdie gesogte en belangrike geleentheid op die jaarlikse kanokalender in hierdie omgewing plaasvind. Van der Walt sê die ligging van die Vanderkloofdam maak dit vir deelnemers van oor Suid-Afrika heen makliker om te bereik. Deelnemers hoef nie meer sulke lang afstande te reis om aan die uitdunrondes deel te neem nie.